Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die ‘Ek Is’ Beginsel

Die ‘ek is’ beginsel – God se teenmiddel teen minderwaardigheid.

Die mees belangrikste uitspraak in jou lewe begin met: “Ek is…”. Jesus se versoeking het die “ek is” uitspraak in Sy lewe bevraagteken: “As jy dan regtig die Seun van God is…” (Mat 4:3). As die vyand ons onkant betrap rondom ons identiteit, dan vang Hy ons in Sy strik van leuens om uiteindelik sy wil te doen (2 Tim 2:26).

Dit is wesenlik belangrik dat ons elkeen moet weet ‘wie’ ons is. Jou skeppingsdoel is in werklikheid Christus (Rom 8:29). Alhoewel ons nooit fisies soos Jesus kan wees nie, wil God dat ons soos Hy sal dink, optree en leef. Hy is die beste manier om te leef. Sy waardes en motiewe is suiwer! Hy is die volmaakte wil van God. Ons is dus die mooiste mense, wanneer ons die meeste soos Hy is. Die basis van ‘belief therapy’ wat in tronke en rehabilitasie sentrums gebruik word is: Wat jy oor jouself glo, bepaal jou gedrag en keuses.

Maar ons skeppingsdoel gaan ook verder as dit. God het ‘n plan met elkeen van ons, en sodra ons daardie plan verstaan kan ons ‘n lewe van sin en betekenis leef (2 Pet 1:10). Die “ek is” het eerstens nie te doen met wat ons kan doen en vermag nie. Because God created us as ‘Beings’ not ‘Doings’! Mense wat deur trauma gaan wil net iemand teenwoordig hê, jy hoef niks te doen nie. Ouer mense wat teen die einde van hulle leeftyd nie meer al die dinge wat hulle eers kon doen meer vermag nie, is nie nou minder werd en belangrik nie. Hulle teenwoordigheid, wie hulle was is vir ons belangrik! Jy is eerstens ‘n gees mens. Wie jy in die Gees is, jou teenwoordigheid, jou gesindheid is bepalend. Iemand met ‘n verkeerde gees, kan ‘n hele vertrek mense negatief beïnvloed. Die teendeel is ook waar! Iemand met ‘n positiewe ingesteldheid kan geskiedenis verander!

Kyk na die rots waaruit jy gekap is:
Dis waarom Paulus die broeders vermaan: “Want let op julle roeping, broeders” (1 Cor 1:26). Hulle moes onthou hoe God hulle geroep het. Hulle was nie vername mense nie. “Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.” Isa 51:1. Jou redding en die manier hoe God jou red, kan betekenisvol wees om jour roeping te verstaan.

Die man wat die bekende EE3 Evangelisasie tegniek en kursus ontwikkel het, het juis deur die twee diagnostiese vrae tot bekering gekom: Waarvan het die Here jou verlos?, en hoe het Hy jou verlos wat ook nou vir ander van hulp wees? “Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword.” (Heb 5:8-9). Selfs Jesus het ‘n liggaam nodig gehad wat hom voorberei is deur generasies heen (Heb 10:5). Selfs jou ouerhuis en omstandighede waarin jy gebore is, is belangrik. Moet nie dit as ‘n vloek sien nie.

Vind Jouself in die Woord:
Johannes die doper moes homself in die Woord sien, om sy roeping te verstaan (Mal 3:1 vergelyk Mar 1:2). Paulus het geglo dat hy deur spesiale roeping lewendig gemaak is (Gal 1:1 Sien hoe Paulus sy roeping sien en verstaan: “Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig.” (Gal 1:15-16).

Profetiese Woord en Openbaring:
“Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak.” (Jer 1:5.) So het die Here vir Abraham, Moses, Samuel en nog baie ander geroep om vir Hom te werk. Wanneer ons God ontmoet, kry ons ons identiteit. Ons is juis identiteitloos omdat ons Hom nie ken nie.

Adam en Eva het in ongehoorsaamheid die verhouding wat hulle met God gehad het verbreek en weggestap en sodoende hulle identiteit verloor. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag (Gen 25:34). Ons eie drange en vleeslike begeertes mislei ons. Ons dink ons is die somtotaal van ons drange en begeertes. God het ‘n hoër doel met ons as mens, daarom het Hy ons geskape met goddelike vermoëns.

Paulus was eers op ‘n verkeerde pad, omdat hy in die tradisies van sy voorvaders geloop het en nie geweet het wat hy doen nie (Han. 9:3-6). Hy het ook deur profetiese woord van Ananias sy roeping ontvang (Han. 9:15-16).“Maar deur die genade van God is ek wat ek i.s” Paulus maak hierdie kragtige stelling in (1 Kor 15:10). Hierdie is ‘n diep geestelike paradoks: Om self te verloën (Mat 16:24; Rom 2:20) en uiteindelik net jouself te wees.

Madame Guyon het dit verduidelik dat God soos met ‘n slang die gif uit ons ‘self’ wil haal om ons uiteindelik onsself gesond terug te gee. Die selfsug, ambisie, selfregverdiging, passiwiteit, trots, van die eie-ek verwoes ons lewe. As ons egter sterf tot hierdie self, gee Hy ons ‘self’ terug om in nederigheid, ootmoed, gehoorsaam aan Hom te lewe. Daar is ‘n unieke deel van die beeld van Christus in ons elkeen opgesluit. (Philemon 6)

Categories
Sermons

Wie sê ek is ek?

Identiteitsdiefstal is nie net ‘n fisiese probleem of elektroniese misdaad probleem nie, die ‘n wesenlike geestelike krisis! Mense weet nie wie hulle bestem is om te wees nie. Mense maak en vorm hulle eie idee van wie hulle is, en mis sodoende hulle Godgegewe roeping en skeppingsdoel.
Sonde is identiteitsdiefstal – jy is na God se beeld geskape. Gen 1:27 | Rom 8:29.
Sonde: “Hamartia” – Verkeerde identiteit (Mike Wood)
Mense verklap hulle identiteit onbewustelik op vele maniere, soos met bufferplakkers, nommerplate, profielopskrifte en beskrywings op sosiale media. Die manier waarop ons aantrek en ons hare stileer en die besluite wat ons daagliks neem is vooraf bepaal deur ons identiteit soos ons dit sien. Tatoes word gekies om identiteit uit te druk en ’n beeld te vorm: Wie is ek?

Hoe sal jy jou identiteit beskryf? Wat glo jy oor jouself?

As jy jouself met een woord moet identifiseer en beskryf, wat sal jy kies: soos met gepersonaliseerde nommerplate. ‘convict’? ‘gangsta’? ‘wild1’? ‘sexymom’? Bufferplakkers soos “Mom’s Taxi”, “Villain” en selfs vloekwoorde word gebruik om die eienaar van die voertuig te beskryf.
Paulus het die Nuwe-Testamentiese gelowiges aangespreek as geheiligdes, heiliges, (1 Cor. 1:2; Rom. 1:7), gelowiges, geroepenes, medewerkers! Dit lyk makliker om jouself as ’n sondaar, verloorder, mislukking te beskryf eerder as om op te staan en aan jouself te dink as ’n heilige, geheiligde, geroepene. Tog is dit presies wat gebeur wanneer jy ’n navolger van Christus te word. Jou identiteit verander (2 Cor. 5:17). Jy is ’n nuwe skepsel.

Ons lewens is in Christus verborge

Ons skeppingsdoel is om soos Christus te wees. (Rom 8:29). Dit is vir die méns onmoontlik om soos Christus te word, maar vir God is alles moontlik. Ons kan nie soos Jesus wees met ons eie krag en vermoë nie. Indien ons dit sou regkry, wil ons as mens verheerlik word. Die ryk jongman het al die vereistes vd wet vervul, maar kon nie die Here gehoorsaam om alles te verkoop en Hom te volg nie. (Matt. 19:26) Ons moet onsself verloën, deur aan Hom gehoorsaam te wees in alles wat Hy ons beveel. (Mat 16:24) Wanneer ons sterf vir die ou self, dan rig Hy ons op in Christus. (Phil 3:10) Ons identiteit is opgesluit in Christus. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God (Col. 3:3).. [E]n julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper . . . (Col 3:10). Dit is die groot geheimenis wat nou bekend gemaak is – dat God se heerlikheid in en onder ons openbaar gemaak word (Col 1:27). Ons is die mooiste mense wanneer ons die meeste soos Jesus is.
Om soos Jesus te word is die sleutel tot ʼn vervulde en gelukkig lewe. Jy sal die beste huweliksmaat wees om mee te leef, die beste sakeleier of werker wees vir enige sakeonderneming, die beste tipe vriend, die beste ouer. Die hoogste ideaal vir elke mens se bestaan is Jesus.
Die waarheid van die Jesus Lewe is ʼn universele beginsel – Die mense wat oor die eeue die mees langlewende afdruk op die mensdom gemaak het, was diegene wat die meeste volgens Jesus se lewe geleef het. Moeder Teresa, Ghandi en Mandela. Alhoewel die persone nie noodwendig ʼn intieme verhouding met God gehad het nie, en ook nie noodwendig belydende Christene was nie, het hulle lewe die meeste indruk gemaak op die mensdom omdat hulle bereid was om radikaal Jesus se lewe te leef.

Wat het Jesus Homself genoem? Die Ek-is-beginsel

Jesus sê self Hy is die Christus, die Messias – die Gesalfde.
Joh. 4:25-26 Sien ook Matt. 23:10; 26:63-64; Mark. 14:61-62; Joh. 10:24-25
Die “Ek is”uitsprake in die Evangelie van Johannes
Joh. 8:58 Sien ook:
Joh. 6:35 die brood van die lewe
Joh. 8:12; 9:5 die lig van die wêreld  
Joh. 10:7-10 die deur
Joh. 10:11-14 die goeie herder
Joh. 11:25 die opstanding en die lewe
Joh. 14:6 die weg en die waarheid en die lewe
Joh. 15:1-5 die ware wynstok
Jesus het meestal na Homself as die Seun van die mens verwys. Luk. 19:10 Sien ook Matt. 11:19; Luk. 5:24; Joh. 3:13; 6:53.  Jesus identifiseer dus meestal met sy aardse, menslike identiteit om ons voor te gaan, in die Jesus lewe. Dat dit moontlik is as mens om soos Christus te wees, en die wil van God te doen.
Jesus het uiteindelik gesterwe omdat Hy erken het dat Hy die Seun van God, die Messias, die Koning van die Jode is. Satan self het Hom in versoeking probeer lei: “As U die Seun van God is . . .” (Matt. 4:3). Selfs Johannes die Doper het getwyfel en sy dissipels aangesê om Hom te gaan vra (Matt. 11:3). Sy eie gesin en die mense van Sy tuisdorp het getwyfel (Mark. 6:3-5).
Mense kan nie jou identiteit sonder jou toestemming vorm nie. Kultuur, ouers, onderwysers en leiers het ’n sterk invloed op ander. Mense kan jou goedkeur en aanvaar of jou verwerp, maar hulle kan nie jou identiteit steel as jy hulle nie toelaat om dit te doen nie. Ons moet al die stemme stilmaak en op ons Vader se stem inskakel om ons ware identiteit te ontdek.
Net so het jy alleen die mag om wie God sê jy is te ontvang en te aanvaar. Soms wag ons vir ’n pa of ’n leier om ons te kwalifiseer; maar jy moet jouself eerste kwalifiseer en ken en liefhê.
Jesus het Homself dikwels uitgedruk as “Ek is”. Dit is na alles Sy Naam. Hy was seker van wie Hy is, wat hulle teen Hom hou en die rede waarom hulle Hom gekruisig het (Joh. 10:31-39; Luk. 22:70). Hoe sekerder jy word van wie jy is, hoe meer gaan jy vervolg word.
Jou lewe in Christus begin met ’n geloofsverklaring:  “Ek is ’n kind van God” (Rom. 10:9-10). Al die “IN CHRISTUS”-beloftes is “Ek is”-verklarings (Phil 4:13; Ef. 1:7; Rom. 8:31, 37).
As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding (Rom 10:9–10).
Because if you acknowledge and confess with your lips that Jesus is Lord and in your heart believe (adhere to, trust in, and rely on the truth) that God raised Him from the dead, you will be saved.  For with the heart a person believes (adheres to, trusts in, and relies on Christ) and so is justified (declared righteous, acceptable to God), and with the mouth he confesses (declares openly and speaks out freely his faith) and confirms [his] salvation (Rom 10:9–10).

Sien jouself in die Woord

Johannes die Doper moes homself in die Woord sien (Isa 40:3) en dit glo. Hy het sy eie doel in die lewe geken en gesê: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn . . . (John 1:23). Hy het ook verskeie profesieë oor sy lewe uitgespreek (Luk. 1:15).

Wanneer jou identiteit getoets word, is dit ’n Kairos-oomblik  om in die Gees verhoog te word:

Nadat die kerk in Antiochië gevas en gebid het, het hulle Barnabas en Paulus afgesonder (Acts 13:2). Barnabas word hier eerste genoem, want hy was op daardie stadium meer prominent. In Salamis het hulle toegang gehad tot goewerneur Sergius Paulus, ’n intelligente man (Acts 13:7). ’n Valse profeet en towenaar, Bar-Jesus, ook bekend as Elimas, het hulle egter teengestaan. In vers 9 word Paulus eers Saulus genoem om aan sy ou identiteit te herinner. Maar Paulus, vervul met die heilige Gees, het hom in die openbaar tereggewys en bestraf.  Van daardie oomblik af verdwyn Barnabas vd toneel en is Paulus se identiteit bevestig en verseker.
Wanneer ons met die Heilige Gees vervul is, is ons met die Gees van Christus vervul. Dan volg Sy heiligheid, Sy krag, Sy vrugbare karakter met tekens en wonders in ons lewe. (Acts v 11)
Ons vorm en verstaan ons innerlike identiteit deur ons sintuie en innerlike en uiterlike stemme. Ons onderskei ons geestelike identiteit deur God se Woord te hoor en ons geestelike “sintuie” te ontwikkel. (Heb. 5:12-14)

Die geestelike betekenis van ’n naam

Uit die Skrif: Isa. 44:28; 45:1, 3, 4, 10. Dit is 100 jaar voor Kores se geboorte reeds deur Jesaja geprofeteer. Hier is ’n goeie voorbeeld waar God mense roep nog voordat hulle gebore is. Behalwe dat dit ’n persoon uitken, staan ’n naam ook vir roem, bekendheid, reputasie en die verkryging en uitdrukking van karakter. Jy kan nie ’n intieme verhouding met ’n groep mense hê nie, net met individue.
Die Bybel noem ’n paar voorbeelde van individue wat by die naam geroep is.
Jesaja – Die Here het my geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem (Isa 49:1)
Jeremia – Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak (Jer. 1:5).
Israel (Jakob) – Maar nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees  nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep, jy is Myne (Isa. 43:1)
Paulus – Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur Sy genade geroep het . . . (Gal. 1:15).
Dawid – Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is U werke! En my siel weet dit alte goed. My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. U oë het my ongevormde klomp gesien; en in U boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie (Ps 139:13-16).
Jesus – Daarom sal die Here self aan julle ’n teken  gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en Hom Immanuel noem (Isa. 7:14)
Verskeie mense in die Bybel se name is verander: Abram na Abraham, Jakob na Israel, Naomi na Mara, Simon na Petrus, Saulus na Paulus, ensovoorts.
[E]lkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het (Isa. 43:7.) Elke mens is na die beeld van God geskape en dra dus Sy Naam en identiteit (Gen 1:26). Moenie jou bestaan en wese vloek nie.  Ellende wag vir hom wat vir sy pa sê: “Waarom verwek u ’n kind?” of vir sy ma: “Waarom bring u ’n kind in die wêreld?” (Isa. 45:10 – 1983-vertaling).

Behou jou identiteit in Christus

Deur sonde (verkeerde identiteit) het ons ons identiteit verloor en satan en die wêreld se slawe geword. Maar deur Christus, wat vir ons sonde gesterf en sonde se houvas op ons verbreek het, het ons ’n nuwe identiteit gekry. Ek sal aan hulle in My huis en binnekant My mure ’n gedenkteken en ’n naam gee wat beter is as seuns en dogters; ’n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie (Jes. 56:5) En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met ’n nuwe naam genoem word wat die mond van die Here sal noem (Isa. 62:2)
Christus in ons is ons ware en oorspronklike identiteit wat ons deur sonde verloor, maar deur geloof in Hom weer teruggekry het. Soos die kennis van Christus in ons toeneem, so begin ons al meer soos Hy lyk en dink.  Col 1:9
Jesus is die Woord wat vlees geword het. God het geen fout gemaak toe Hy ons geskape het nie; daar is ’n deel van Christus in ons almal. Deur getrou te wees aan wie ons is en te aanvaar wie ons, stel ons Christus bekend sonder dat ons eens probeer. Ambisie, tweedrag, trots en onvergenoegdheid is die vrug van innerlike onsekerheid. En dit is ’n seker teken dat ’n persoon nog nie die waarheid aanvaar het dat Christus se natuur reeds in hom/haar is nie. Dis binne, nie buite nie!
Jou roeping en identiteit is jou platform, waardeur God Sy seën en guns wil kanaliseer. Elke keer wat jy nie jou roeping en identiteit nie uitleef nie, kan die seën en genade wat God bestem het om deur jou na die mensdom te vloei nie gebeur nie.  Dis hoekom daar so ‘n sterk opposisie en teenstand is teen die vervulling van jou roeping.
2 Pet 1:10 Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.
So baie mense verkoop en gee hulle geboortereg te maklik op soos Esau. (Gen 25:31; Heb 12:16) Ons laat mense se woorde en indrukke ons identiteit bepaal. Iemand behandel jou sleg, en ons reageer in ‘n negatiewe manier terug, om hulle terug te betaal.  Ons kan nie ons verkeerde optrede regverdig op iemand anders se verkeerde gedrag nie, Want dit sê wie ons is! Behou jou identiteit in Christus! Tree op in die teenoorgestelde positiewe/geesvervulde wyse!