Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Right-wiseness: Hoe om reg te dink in tye van krisis

https://youtu.be/0HbncUqNR-M

Mense vra: Is die oorlog in Oekraine die begin van die einde en moontlik die aanloop tot ‘n derde wêreld oorlog? As die antwoord ja is, wat gaan jy aanpas en doen in jou lewe? Die Bybelse, Jesus-manier van dink oor ‘n krisis is nou nodig.  

Daar is sekerlik nie ‘n mens wat al meer as 80-jaar oud is, wat nie al oorloë en wêreld tragedie beleef het nie.  Die mens staan inderdaad broos teen ‘n lewe vol van tragedie, pandemies, natuurrampe, en menslike degradeerde kulture en sosiale ekosisteme.  Siekte, verderf, agteruitgang wedywer meestal met die oorhand oor goeie nuus, liefde, en behaaglik genot.  

Persoonlike Verantwoordelikheid 

Jesus slaan heeltemal ‘n nuwe koers in deur ‘n appèl te maak op die individu om die hemel, en Utopia binne homself te soek en nie in ‘n utopiese staat of regering nie  (Luk 17:21). Enersyds moet ons natuurlik ook die kwaad, sonde en verkeerd ook eers in ons eie hart soek. Sien die balk in jou eie oog (Mat 7:3-5). Boosheid begin in jou eie hart (Mat 12:35). 

Oorwin dus eers die oorlog in jou eie hart, dan in jou huis, dan jou straat, woonbuurt, dorp en dan sal jy gesag ontvang om ‘n hoër vlak invloed uit te oefen.  Ons kan nie nou wat in die Oekraine verander nie, maar ons kan hier waar ons invloed het, begin om vrede te bewerk, versoening te bring, kos en klere te gee, iemand in jou huis in te neem.  

Gaan hierdie oorlog soos met die Covid-19 Pandemie op ons ‘n impak hê? Verseker! Ons wat hier lewe se lewens is onlosmaaklik met mekaar verbind op ekonomiese, emosionele, kognitiewe, sosiale, geestelike, nasionale omgewings vlak en nog baie meer.  Dit is daarom dat ons juis hier lokaal moet begin om so waardig moontlik elke krisis te trotseer. Ons kan dit nie ontvlug nie.  Ons kan daaruit leer, om toekomstige krisisse te voorkom of beter hanteer. Maar dit wat ons nie nou hanteer nie, eskaleer en groei, en gaan later uiteindelik hanteer moet word.  

Jesus se manier van dink is nie om te probeer om krisisse te ontkom nie.  Inteendeel Jesus voorspel allerhande onheil:  “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is ’n begin van die smarte.” (Mat 24:6-8).  

Praktiese wysheid is: Wanneer tussen mense, fokus op mense. Wanneer alleen is, fokus op binnewêreld. Ons kry dit soms verkeerd. Ons is alleen en dink aan alles wat die mense sê. Wanneer ons tussen mense is ons selfbewus.  Wees dus algeheel teenwoordig in ‘n bepaalde situasie.  

Moenie fokus op wat jy nie kan verander nie, gaan wees die verandering waar jy ‘n verskil kan maak. 

Waar Staan God in Lyding? 

Die onwillekeurige vraag is: As God dan Liefdevol en almagtig is hoekom soveel boosheid toelaat? 

  • God is almagtig
  • God is liefdevol

God is egter ook: 

  • God is al-wys
  • God is Ewig

En moenie vergeet nie: Satan en boosheid bestaan.  

Dit beteken ons weet nie alles nie.  God se tydlyn verskil, Hy is gister, vandag tot in ewigheid dieselfde, maar Hy is ook die Alfa en die Omega nou in hierdie oomblik – die ewige-nou.  God is alyd Liefde, en God is altyd Genesing, maar Hy is ook altyd oordeel en waarheid.  

Behou Ewigheids Perspektief 

“Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.”  (Joh 14:1-2). In hierdie vers rig Jesus sy dissipels se perspektief op die ewige, hiernamaals.  (Matt. 5:12, 46; 6:1, 2, 5, 16; Mark 9:41; Luke 6:23, 35; John 4:36; 1 Cor. 3:14; 9:17, 18; 2 John 1:8; Rev. 11:18; 22:12)

Ons het Pyn, lyding en tragedie nodig

Om nie pyn te kan ervaar nie is lewensgevaarlik.

Om nie emosionele pyn te voel nie is gewetenloos. 

Jesus verstaan lyding, en leer ons nie om dit te probeer ontwyk of vermy nie, maar eerder deur die lyding ons geloof te behou.  

“Daarom dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.”  Heb 12:2-3 (O.A.V.) 

Vir geloof om blywend te word in jou lewe, moet jou geloof getoets word. Geloof of liefde wat nog nooit getoets is nie, hou nie.  “Hulle laat dit egter nie in hulle wortel skiet nie en hou nie lank uit nie. As hulle daarna ter wille van die woord verdruk of vervolg word, word hulle gou afvallig.” Mar 5:17.

As ons afvallig word verloor ons die ewigheid, en die rykdom wat God vir my in Christus bestem het. Hierin is sy volkome liefde geopenbaar.  Ons het lyding nodig, dit is vir ons goed. “maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.” Ps 66:12 

In Hebreërs 5:8 lees ons: “Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het.” Hy is ons leidsman op hierdie weg.  Beteken Hebreërs 5:8 dat Jesus vol sonde was? Sommige beleef lyding maar a.g.v. hulle eie sondige dade, en keuses. Christus het egter gelei alhoewel daar geen sonde in Hom was nie (Heb 4:14; Heb 7:26; Heb 9:14).  Maak ‘n duidelike onderskeid tussen sonde en tragedie. 

Lyding Is Wins 

Paulus hom selfs verbly in lyding (Vgl. Rom 5:3; 2 Cor 12:9; Col 1:24). 

 Meer nog, hy roep ook die gemeente daartoe op (Phil 4:4; 1 Thes 5:16). 

Paulus roem in hulle volharding in lyding (2 Thes 1:4) 

Wie veroorsaak Lyding? 

1. My sonde: 

2.Iemand anders se sonde: Jer 32:19 

3.Die sondigheid en gevolglike gebrokenheid van die mensdom en Aarde: 

4.Lyding wat God direk toelaat as tugtiging: Heb 12:5-11 

5.Lyding agv sataniese vervolging: Ons goeie dade is nie ons veilige net, dat ons nie vervolg word, al doen ons goed nie.  Phil 1:29; 1Pe 3:17 

Soms wil ons vir regerings, presidente ens. Kwaad word oor wat hulle doen of nie doen nie. Dit is algehele tydmors.  Fokus op die mense wat jy raak, en wat jou raak. 

Leer om te alle tye te probeer om nooit ‘n leuen te vertel nie. Wees eerlik. Staan op vir jouself.  

Ons almal beleef tirannie op een of ander tydstip in ons lewe.  Werk aan die nodige vaardighede om sonder reaksionêre tirannie, die situasie te ontlont, en wat verkeerd is reg te maak.  Wees te alle tye so eerlik as moontlik, sonder om aanstoot te gee.  Verkeerd word gehandhaaf omdat iemand of onkundig is of arrogant.  Beide kan deur die regte feite reggestel word.  Stilbly is nie ‘n oplossing nie, buiten as ‘n tussenpose om reg te praat.  

HOE MOET ONS LYDING HANTEER?

“Soms lyk dit vir my of God aan ons wat apostels is, die heel agterste plek in die prosessie toegeken het. Ons is soos terdoodveroordeeldes wat in die arena moet sterf, ’n skouspel waarmee die hele wêreld spot – engele sowel as mense.  Ons toewyding aan Christus laat ons dwaas lyk, maar julle is mos die Christene wat weet! Ons is broos, maar julle is die sterkes. Julle is die mense van aansien, maar ons is die veragtes. Tot nou toe ly ons honger en dors, ons is skamel aangetrek; ons word geslaan en het geen tuiste nie. Ons moet swoeg deur met ons eie hande te werk. Ons seën dié wat ons uitskel. Ons is geduldig met hulle wat ons vervolg. Ons bly vriendelik wanneer ons beskinder word. Ons het die uitvaagsels van die wêreld geword, almal se sondebokke. En so is dit nog steeds.”  1 Kor. 4:9–13. 

“Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.  Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie. Ons dra altyd die sterwe van Jesus in ons liggaam saam sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam. Gedurig word ons wat nog lewe, ter wille van Jesus aan die dood uitgelewer sodat die lewe van Jesus ook in ons sterflike liggaam sigbaar kan word. Gevolglik is die dood in ons aan die werk, maar in julle die lewe.”  2 Cor. 4:7–12.    

“In elke opsig laat ons ons ken as diensknegte van God, ook in ons volharding en swaarkry, ontbering en nood. In die tronk, onder katshoue, onder swaarkry, in oproere, in hongersnood het ons met nougesetheid opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid, deur betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die boodskap van die waarheid en in die krag van God. Ons tree op met die wapens van geregtigheid in ons regter- en linkerhand, in eer en oneer, in veragting en aanprysing; soos verleiers, en tog is ons opreg; soos onbekendes, soos mense wat sterwend is, en kyk, ons lewe; soos swaar gestrafdes, en tog is ons nie doodgemaak nie; soos hartseer mense, en tog is ons altyd blymoedig; soos bedelaars, maar ons verryk baie mense; soos mense wat niks besit nie, en tog besit ons alles.”  2 Kor. 6:4–10. 

“Wat harde werk betref, uitermate; wat tronke betref, uitermate; wat katshoue betref, in die oortreffende trap; in doodsgevare was ek dikwels. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry; drie maal is ek met stokke geslaan, en een keer is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een van daardie kere het ek ’n dag en ’n nag op die oop see oorleef. Ek was dikwels op reis; in gevare van riviere; van rowers; van my volksgenote; van heidene; gevare in die stad en in verlate gebiede; gevare op see en gevare onder vals medegelowiges. Ek weet van harde werk en swaarkry, van baie nagte se wakkerbly, van honger en dors; van dikwels sonder kos te moet klaarkom, van koue en sonder klere wees. Behalwe al dié dinge, was daar nog elke dag die bekommernis oor al die gemeentes.” 2 Kor. 11:23–28.

LYDING AKTIVEER GROTER OUTORITEIT EN GEESTELIKE GESAG: 

Jesus word outeur, dus ‘n gesag om te kan praat of skryf agv dit wat Hy tydens Sy gehoorsaamheid geleer het  (Heb. 5:8-9). Ons sien dit ook in die lewe, dat mense wat Jesus bly volg het, en gedoen het wat Hy sê tydens lyding, geestelike gesag dra. Mens kan dit letterlik aanvoel as hulle praat.     

Lyding gee jou diepte. JY groei afwaards, en word gegrondves.  

Jesus se dood en opstanding het Hom die naam bo alle name gemaak  (Ef. 1:20-21). 

Sy lyding het hom sekere geestelike gesag gegee.  Die ding wat gee jou gesag in die lewe gee is die hoeveelheid lyding wat jy in sit het.  Ons luister na sprekers omdat hulle ‘n sekere gesag toon oor ‘n onderwerp. Hoe het hulle daardie gesag kry?  Hulle bestudeer lang ure en betaal die prys van tyd en moeite, en groot finansiële koste.  Niks kom sonder ‘n prys!  

Ons sukkel met goed, en ons soek antwoorde.  Ons probeer en probeer weer.  Ons volhard soms sonder om enige resultate sien.  Ons misluk, en probeer iets anders.  Ons leer, ontdek, ons analiseer, ons groei!  Dit is hoe God met ons werk.  Die pad op is die pad af.  Eers die fondamente, (die onsigbare, nie interessante, onder grond deel van die konstruksie) en dan die sigbaar en heerlike gebou.  As die fondasie nie solied en sterk is nie kan die gebou nie bly staan nie, veral nie tydens stormwinde nie.    

1.Lyding 

2.Wag 

3.Gehoorsaam

4.Vervolmaking 

5.Outeur 

“Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”  (2 Kor. 4:17-18) 

Josef se lyding het hom die kapasiteit gegee om in een dag koning te word.  

Paul se lyding het hom die diepte gegee om die meeste van die NT te skryf.

Behou Perspektief

Wees Dankbaar vir wat nie gebeur het nie!! 

Doen vergelykings.  Hoekom het hierdie onheil tragedie my getref? Hoekom nie, wil jy hê dit moes iemand anders tref.  Niemand kry ‘n gelyke pakkie in hierdie lewe nie.  Ons almal begin met verskillende talente, persoonlikheid, familie struktuur, welvaart, intelligensie ens.  Wat ons maak met die hand wat ons gedeel is, is belangrik.  Ons kan onsself jammer kry, die blaam skuif. Maar niemand gaan ons pakkie namens ons dra nie. Elkeen sukkel met sy eie pakkie.  

Ons almal beleef “resentment” van tyd tot tyd, maar iewers moet ons opgroei, en ons pakkie optel en met dit begin woeker, dit wat ons ontvang het vermenigvuldig! Maak resentment jou vriend deur, dit te gebruik om juis te fokus op wat jy nodig het om te konfronteer.  Wat jy nie konfronteer nie, word jy ‘n van ‘n slaaf.  Jy is nie ‘n slagoffer nie, jy is nie uitgelewer nie.  Wanneer jy die inherente positief in jou negatiewe belewenis ontdek, kan jy die negatief uitkanselleer.  

1 Thes 5:18 “In everything give thanks”

We do not thanks God for the hardship, but in the midst of it, in spite of.

Net dit wat Koninkryk van God is, kan nie geskud word nie. 

“Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ’n verterende vuur.”  Heb 12:26-29.  

Deur die eeue is dit bewys, dat in tye van oorlog, die Jesus lewe die beste manier is om te lewe.  In tye van krisis, veg en help die armes.  Leef eenvoudig met min geestelike, emosionele, en fisiese bagasie.  Leef lig.  Die koninkrykgerigte lewe en beginsels is standhoudend en volhoubaar. 

Siende ons oor “right-wiseness” gesels … van Chantal 

Since nuclear threats are rising again, I love the perspective offered here by C.S. Lewis in 1948 almost 75 years ago, but as relevant as ever.

“In one way we think a great deal too much of the atomic bomb. ‘How are we to live in an atomic age?’ I am tempted to reply: ‘Why, as you would have lived in the sixteenth century when the plague visited London almost every year, or as you would have lived in a Viking age when raiders from Scandinavia might land and cut your throat any night; or indeed, as you are already living in an age of cancer, an age of syphilis, an age of paralysis, an age of air raids, an age of railway accidents, an age of motor accidents.’

In other words, do not let us begin by exaggerating the novelty of our situation. Believe me, dear sir or madam, you and all whom you love were already sentenced to death before the atomic bomb was invented: and quite a high percentage of us were going to die in unpleasant ways. We had, indeed, one very great advantage over our ancestors—anesthetics; but we have that still. It is perfectly ridiculous to go about whimpering and drawing long faces because the scientists have added one more chance of painful and premature death to a world which already bristled with such chances and in which death itself was not a chance at all, but a certainty.”

Ek love dié deel : let’s be busy with sensible and human things! 👏👏

This is the first point to be made: and the first action to be taken is to pull ourselves together. If we are all going to be destroyed by an atomic bomb, let that bomb when it comes find us doing sensible and human things.

—praying, working, teaching, reading, listening to music, bathing the children, playing tennis, chatting to our friends over a pint and a game of darts—not huddled together like frightened sheep and thinking about bombs. They may break our bodies (a microbe can do that) but they need not dominate our minds.”

Honours to the origin!

“You will keep him in perfect peace, whose mind is stayed on You, because he trusts You.” Isaiah 26:3 NKJV