Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Wat verwag God van ONS?

Soos bome in ‘n woud kompeteer vir die Son, en hulle takke en kroon uitreik na die son, so soek ons die Son, Jesus Christus met genesing in Sy strale! Ons hunkering is na Hom. Hy is die middelpunt van ons bestaan, en uit Hom, deur Hom en in Hom vind ons, ons bestaan! Die gemeenskap van gelowiges wie se bestaan gegrondves is in Christus Jesus ons Here, ondervind ‘n sekere geestelike simbiose: uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. (Eph 4:16) Sien ook (1 Cor 12:12-26) Paulus verstaan die werkinge van die kerk soos die werkinge van al die organe, en ledemate in ‘n mens se liggaam. En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,

wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. (Eph 1:21-23) 

Die mens het kerk gereduseer tot ‘n organisasie, ‘n denominasie, ‘n kerkraad, ‘n gebou. Die kerk, bruid, tempel, volk, nasie, liggaam van Christus is baie meer kompleks, en funksioneer op soveel veelvoudige vlakke en werkinge die absolute genialiteit van God! Daarom moet Hy die kerk bou. (Mat 16:18) Dieselfde mistieke, misterieuse, bonatuurlike heerlikheid wat in die godheid bestaan, word in Sy liggaam gedemonstreer wanneer ons EEN is met Hom. (Joh 17:21) sien pastor J. John se snaakse refleksie oor die kerk. “Global Interprise” https://www.youtube.com/watch?v=L6TGxKvSqH8

Maar wat is God se plan met Sy liggaam? Wat moet ons vir Hom doen? Hoekom is ons hier? 

GENESING!! 

Die Here wil ‘n kollektiewe genesing van skaal in die wêreld bewerk deur Sy liggaam! Ons sien hierdie beeld baie duidelik wanneer ons die skrifte oor die kinders van God as bome vergelyk.

3Hulle is soos bome

geplant langs ’n rivier,

wat vrugte dra

op die regte tyd.

Hulle blare verwelk nie;

in alles wat hulle doen,

is hulle voorspoedig.[1] Ps 1:2-5 

Maar gelukkig is dié mense

wat op die Here vertrou

en hulle verwagting

in Hom stel.

8Hulle is soos bome

wat langs ’n rivier staan,

hulle wortels reik diep

tot by die water.

Hitte bedreig hulle nie,

hulle blare bly groen.

Lang maande van droogte

pla hulle ook nie,

hulle hou nie op

om vrugte te dra nie.[2] Jer 17:5-8

12Allerhande soorte vrugtebome sal aan weerskante van die rivier groei. Die blare van hierdie bome sal nooit verlep nie en daar sal altyd vrugte aan die takke wees. Daar sal elke maand ’n vrugte-oes wees, want die bome kry hulle water van die rivier wat uit die tempel vloei. Die vrugte sal kos wees en die blare sal genesing bring.”[3] Eze 47:10-12

Hulle sal genoem word:

Bome van Redding,

’n plantasie van die Here

om sy roem te vermeerder.[4] Isaiah 61:1–3,

Herlewing is die belewenis waar mense ontwaak tot die eenheid en eenheid wat in God vir ons opgesluit lê: Sien die wonderlike dinge wat gebeur wanneer ‘n gemeente een is van hart, en sinne: Acts 1:14; Acts 2:1; Acts 2:46; Acts 4:24, 32; Acts 5:12; Acts 8:6; Acts 15:25. Hierdie eenheid kan ons nie bewerk nie, ons word wel dikwels vermaan om hierdie eenheid te handhaaf en te beskerm. (Eph 4:1-50; Phil.1:27; 2:2-3; 5:11,14; Eph.4:3; 1Thes.5:13; 1 Cor 1:10; Eph. 4:13; Col. 3:14) 

Ons is dus saam ‘n habitat, en ‘n ekosisteem van genesing! Dis verstom en verbaas my, hoe die Here elkeen in die liggaam se behoeftes versorg in die liggaam. Ek as die pastor, is nie die enigste oplossing en genesing instrument nie. Elkeen speel ‘n rol in die genesingssiklus. Net soos in ‘n hospitaal, waar daar verskillende mense werk wat direk met die pasiënte werk, maar ook talle in die agtergrond funksioneer; is ons in die liggaam van Christus met mekaar verweef. 

Hierdie eenheid is geestelik: 

dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. (Joh 17:21) Ons eenheid is ons Bruto Binnelandse Produk! In hierdie wêreld van wanorde, verdeeltheid, selfsug, eie-geregtigheid is die ware eenheid van die kerk ‘n rariteit!  
Ons is interafhanklik van mekaar

En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. (1 Cor 12:26) 

Gelyke sorg

sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. (1 Cor 12:25) 

ondersteuning wat elke lid gee

ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. (Eph 4:16) 

Nie gebonde tot ‘n fisiese plek

Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus. (Col 2:5) 

Voorwerpe vir besonder gebruik en ander vir alledaagse

In ‘n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en klei. Sommige is vir besondere gebruik en ander vir die alledaagse. As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy ‘n voorwerp vir besondere gebruik wees. Dan sal hy vir die eienaar afgesonder en bruikbaar wees, voorberei vir enige goeie diens. (2 Tim 2:20) 

Jou Lyding te wille van die liggaam. 

NOU verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is; (Col 1:24) 

HOU JOU TUIN SKOON

Elkeen het dus ‘n verantwoordelikheid om nie net te funksioneer in die roeping waaroor God jou aangestel het nie. Bo alles moet ons soos ‘n boom, onsself beskerm teen parasiete, swamme, en investering van die bose.  

Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.  (Prov 4:23-27) 

Leer om bevryding op jouself te doen.  Indien jy ‘n verkeerde gesindheid, verontregting, onvergenoegdheid in jouself gewaar; bely en laat die Heilige Gees jou was en lei in waarheid.  Moet nie mense bespreek nie, bid vir hulle. Moenie probleme bespreek nie, wees die oplossing! Moenie op ‘n distansie oordeel nie, konfronteer die valsheid direk met die persoon.  Moenie aanstoot neem nie, vermaan die oortreder in liefde. Moenie kritiseer nie, leef in verbondenheid met Christus! 


[1] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, (Vereeniging, Suid Afrika: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006), Ps 1:3.

[2] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, (Vereeniging, Suid Afrika: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006), Je 17:7–8.

[3] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, (Vereeniging, Suid Afrika: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006), Eze 47:12.

[4] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, (Vereeniging, Suid Afrika: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006), Is 61:3.