Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Sermons

Die kwaliteit van jou verborge lewe, bepaal jou publieke lewe.

Die gedagte van ‘n lewe van verborgenheid, druis lynryg teen die kultuur en sosiale tendense van ons tyd. Mense wil juis gesien word, ge’like’ word, ‘celebrities’ wees.  Die strewe om minder privaat te wees, en meer openlik te wees is ‘n goeie kant van wat op sosiale media gebeur. Maar die gehalte, en diepte, en waarde van dit wat jy uitgee, word bepaal deur wat in jou hart aangaan, die orde in jou binne wêreld.

‘n Ysberg is ‘n groot stukkie varswater-ys wat van ‘n gletser afbreek en vrylik in oop water dryf. Ongeveer 90% van ‘n ysberg is onder die oppervlak van die water. So word die sigbare 10% van ons lewe bepaal deur die 90% dinge wat ons doen, wat mense nooit sien nie.  Dis hoeveelheid vet wat sigbaar om ons heupe begin sit, word bepaal deur wat ons eet. 😉 Ons oefen program. Ons hoeveelheid TV tyd. is alles bepalend tot of ons gewig optel, en gesond leef. Net so in die gees. Die kwaliteit van ons gebedstyd, tyd in die Woord, intimiteit met die Heilige Gees bepaal of ons geestelike gesag en outoriteit het.

Die kwaliteit van ons karakter word bepaal deur die kwaliteit van ons verborge lewe – die lewe wat ander mense nie sien nie.  

Josef is in gevangenskap voorberei om ’n groot leier te word, hy het as ’n slaaf gewerk en is uiteindelik in die tronk gegooi.  Moses het ’n groot leier geword nadat hy 40 jaar lank in die woestyn as ’n skaapwagter gelewe het.

Too many sounds, appointments and conversations. Too much haste, anger and wanting. Too little silence, joy and power. Koos van der Merwe

JESUS HET ’n VERBORGE LEWE GELEI

Jesus het 90% van Sy lewe in verborgenheid geleef.

Volgens die mees onlangse opgrawings in Israel was daar net sowat 50 huise in die dorpie Nasaret. Die gebied was kleiner as 1,6 hektaar. In  Johannes 1:47 word gevra: Kan daar uit Nasaret iets goeds wees?

Hy het in Sy pa se skrynwerkerswinkel geleer om werk te voltooi (Mark. 6:3).

Hy het deur Sy lyding gehoorsaamheid geleer (Heb. 5:8).

Maar ons verbly ons ook in swaarkry, want ons weet swaarkry lei tot volharding; volharding lei tot ’n egte geloof en egte geloof lei tot hoop (Rom. 5:3, 4).

Toe Jesus deur satan roem, vernaamheid en bekendheid aangebied is, het Hy dit van die hand gewys (Matt. 4:3-9).

Jesus het mense gewaarsku om stil te bly oor Sy werke: Matteus 9:30; 12:16; Markus 1:44; 3:12; 8:30

Joh. 12:36 Dit het Jesus gespreek en Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg.

Joh. 8:59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.

Joh. 11:54 Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode gewandel nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn, na ’n stad met die naam van Efraim. En daar het Hy vertoef met Sy dissipels.

Lees in Matteus 6:1-8 wat Jesus self gesê het oor vertoonsug en vertonerigheid voor mense.

Jesus het steeds uit die kollig gebly toe Sy broers voorgestel het dat Hy die fees gebruik sodat skares mense Hom kan raaksien (Joh. 7:3-5).

 

Van al die soogdiere vat mense se kinders die langste om gereed te wees om die wêreld alleen aan te durf – 18 jaar!

Ons kultuur leer ons dat mense wat eenkant lewens leef iets misloop. Moenie te gou beroemd raak of beroemdheid najaag nie – leer eers hoe groot die mag van tevredenheid en nederigheid is. Ons promiveer geensins isolasie agv vrees, woede, seer, of bitterheid nie. Ons praat hier van gesonde eenkant wees. Dis ‘ok’ om nie orals deel te wees nie en in alles saam met die stroom te gaan nie.

 

Waardeer die onbesonge helde in jou lewe:

Elke belangrike en beroemde persoon het die volle ondersteuning van ’n geliefde, ’n ouer, ’n sekretaresse, ’n assistent, ’n afrigter, wat hulle gehelp het om sukses in die lewe te behaal.

 

DIE WEG VAN DIE KONINKRYK IS VERBORGE

Verder is die koninkryk van die hemele soos ’n skat wat verborge is in die saailand, wat ’n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand (Matt. 13:44).

Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word  (Kol 3:2-4).

Moenie goeie werke doen sodat mense dit raaksien nie. Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat die regterhand doen nie, sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde (Matt. 6:1-4).

En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes (skynheiliges) nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde (Matt. 6:5-6).

Moenie die aandag na jouself, jou geloof of jou vroomheid trek nie. Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde (Matt. 6:17-18).

 

Die Koninkryk se boodskap is die teenoorgestelde van die wêreld se boodskap

– as jy wil lei, dien die mense

– as jy eerste wil wees, gaan staan laaste

– as jy meer hê, gee meer

– as jy beroemd wil wees, verberg jouself

 

Selfs Jesus se finale oorwinning was in geheimenis gehul – 2½ dae in die graf (Ef 4:8-10).

 

Dit is die oorwinnings wat ons in ons verborge lewens behaal wat die mate van ons oorwinning in ons openbare lewe bepaal.

Die dinge wat ons in die geheim reg doen, maak ons wat ons is. Dit word INTEGRITEIT genoem.

Die lofprysing wat ons op ons eie, alleen, na God bring, maak Hom blyer. Dit is waar Dawid geleer het om God te loof en te prys – en hy het ’n man na God se hart geword.

Die dinge wat ons in die geheim perfek maak, dra by tot die absolute grootsheid van die finale produk.

 

Ons oorkom die verborge dinge wat ons in skaamte gedoen het deur dit na die lig te bring.

 

Mag die Here se teenwoordigheid die alleen tye, eenkant tye, en privaat worsteling tye van ons lewe vul, en ons harte vervul in ons diepste wese.