Categories
Social Relevance

Wat Maak HRCO Anders?

’n Kerk waar die Heilige Gees die Here is, funksioneer heeltemal anders en is ook heeltemal anders. Die teenwoordigheid van die Here en Sy heerskappy kan nie net gesien word in spesifieke wonders, tekens en manifestasies nie, maar in die manier hoe die kerk funksioneer.

Die werking van die Heilige Gees in die kerk vandag is met die doel om God se skeppingsdoel te verwesenlik met die kerk. Dat die kerk tot volle wasdom sal kom as bruid van Christus.

Dan sal die kerk en die Gees uitroep; “Kom Here Jesus kom!”.

Die werk van die Heilige Gees is belangrik om te verstaan met betrekking tot ons persoonlike roeping en lewe as individue, maar meer nog moet ons tot begrip en kennis kom van die werk van die Heilige Gees in Sy Kerk.

Wat Maak Harvester Reformational Church Olifantsriviervallei Anders?

Van passasierskip mentaliteit tot vliegdekskip funksionaliteit.

Kerke bestaan nie meer vir die gerief van die lidmaat nie, maar vir die opleiding, toerusting, opvoeding en geestelike fiksheid en uitstuur van elke gelowige.

Van piramiede strukture tot planetêre stelsels waarin elkeen weet hoe om in sy wentelbaan te bly.

Kerkstrukture is dikwels saamgestel uit mense wat geen belang het by ’n gegewe saak nie. Hierdie vergaderings belemmer dikwels groei in die gemeente. In reformerende kerke word ’n meer funksionele model gebruik; leiers word geïdentifiseer op grond van ’n persoonlike roeping wat hulle beleef en nie volgens aanstelling of verkiesings nie. Vergaderings is kort en prakties van aard. Die behoefte om te beheer en te kontroleer deur ’n hoër raad, word as oorbodig beskou.

Van humanisme tot godsvrug. 

Godsvrug gebeur spontaan in mense se hart omdat hulle God ontmoet en ’n begeerte het om reg te leef. Stand- houdende verandering in mense gebeur nie deur motiverings en selfhelp tegnieke te preek nie, dit is die akkurate prediking van die Woord van God gelei deur die Heilige Gees wat die transformasie werk in ons doen. Ons preek geloof en nie om mense skuldig te laat voel nie. Ons preek nie die wysheid van mense nie, maar Christus Jesus se manier van lewe.

Van mensgerigte aktiwiteite tot Godgerigte fokus. 

Kerk kan soms baie mensgerig raak en sekere kerke word selfs geskoei op die sekere soeker sensitiewe model. Met die oogmerk om mense te bereik en die evangelie meer toeganklik te maak, kan ons in die gevaar beland dat ons nie mense wil afskrik nie en nie die volle evangelie verkondig nie. Kerk is nie vir ons gerief nie, maar vir God s’n!

Van selfgesentreerdheid tot bereidheid om te ly en op te offer. 

Soms kan ons so besig raak met mense se behoeftes en nood, dat die boodskap wat ons verkondig net gerig is op wat God vir ons kan doen, in stede van die fokus op wat ons vir God moet doen, en dan sal Hy in elk geval na ons behoeftes omsien.

Van konsentrasie op geboue en vaste bates tot die bemagtiging van die lidmaat. 

Party kerke se jaarboeke gaan oor die instandhouding van geboue en strukture, in stede daarvan dat God se Koninkryk uitgebrei word. Ons eerste verantwoordelikheid is die mens as kerk en nie geboue nie. Geboue moet die kerk dien, en nie ons geboue nie.

Van ’n ontsnappings tot voleindiger mentaliteit.

Sommige teoloë se fokus is om uit die Woord aan te dui hoe God ons gaan laat ontsnap van verdrukking en vervolging, terwyl God ons oproep om dit wat Hy ons beveel het klaar te maak! God se genade is vir ons genoeg, of Hy nou ons laat ontsnap of nie, daar is werk om te doen. Dit beteken raak betrokke, maak jou hande vuil, betaal die prys en wees gehoorsaam.

Van lokale tot globale perspektief. 

Ons kan partykeer so besig raak om skape in die kraal bymekaar te maak en te versorg, dat ons Sy roeping aan ons almal vergeet naamlik om te gaan. Gaan, waarheen? Nasies! Dis ’n apostoliese mandaat! Daar gebeur iets wonderlik in ’n mens wanneer jy buite jou wêreld na ’n ander nasie of kultuur uitreik.

Van selfgesentreerde lofprysing tot lofprysing wat God behaag. 

So baie lofprysingsliedere het heeltemaal te veel “my” woorde in die lirieke. Ons sing ook nie net van God nie, maar direk sing ons tot Hom. Van “die Here is lief vir my” na “ek is lief vir u” liede. Lofprysing in die Bybel gaan gepaard met ’n spontane emosionele en fisiese reaksie omdat ons ’n lewende God aanbid, en Hy nou hier by ons is! Wanneer God waarlik in die gees vir jou ’n realiteit en werklikheid word, sal jy hom anders aanbid. Dit is in wese wat Jesus bedoel het met die skrif: Ons moet Hom in Gees en Waarheid aanbid. (Joh 4:24)

Van onkunde tot volwassenheid in die geloof. 

My volk gaan ten gronde aan ’n gebrek aan kennis. Paulus spreek die gemeente aan omdat hulle nog deur iemand geleer wil word in stede daarvan om ander te kan leer. In reformerende gemeentes is daar ’n geweldige groot klem op opleiding en toerusting van die lidmaat, met die doel om elkeen ’n medewerker te maak en nie net ’n naam op die gemeente register nie.

Van wettisisme tot vryheid in die Gees. 

Die reëls en kode waar- volgens ons leef is die openbaring van Christus se bedryfstelsel en lewe in ons hart, nie die oorgedraagde wette van mense nie. Vryheid en vreugde is van die eienskappe van ware Christenskap en geloof in Christus. Alles wat ons doen is deur die geloof wat Hy in ons hart werk en waarin Hy ons dan die krag gee om opdragte uit te voer. Ons is dus vry van die val en opstaan bestaan van selfopgelegde godsdiens wat nie vrug dra nie.

Van statiese tot organiese groei. 

Die groei in ’n gesonde gemeente is beide kwaliteit en kwantiteit groei, en nie die een ten koste van die ander nie. Sommige gemeentes groei so vinnig dat Godsvrug en geestelike groei in die slag bly, ander groei weer net in kennis maar geen nuwe mense kom tot die geloof nie. Ware godsvrug sal altyd lei tot getalle groei.

Van leë toekomsbeloftes tot “dit is wat.” 

Mense is moeg om te hoor dat hulle moet bid, en hulle moet dit of dat. Mense wil leer hoe om dit te doen. Sommige kerke laat mens voel asof jy nooit godsvrug en geestelike karakter sal kan bereik nie, dit voel eenvoudig te ver en onmoontlik. Terwyl waar die evangelie van die koninkryk verkondig word, ervaar mense dat God naby gekom het. Ons prediking is nie net in woord nie, maar ook in daad.

Van Charismaties en gereformeerd tot reformerend. 

God se werk in ons hou nooit op nie, die hart van die eerste reformasie deur Luther was dan ook “Ekklesia reformans semper reformata”, die kerk moet aanhoudend reformeer. Ons dank God vir die kennis en begrip wat ons alreeds ontvang het, maar ons bly ingestel op wat God nou besig is om vir die kerk te sê.

Van sigbare manifestasies tot inwaartse hartsverandering. Sommige gelowiges is vasgevang in hul fokus op uiterlike sigbare manifestasies, as hierdie manifestasies nie gebeur nie, dan voel hulle verwyder van God en teneergedruk. Ons bediening is net in gehoorsaamheid aan God, en daarop rus Sy guns outomaties. Daarom hoef daar nie inisiële manifestasies te gebeur nie, wanneer Sy woord aangeneem word en toegepas word, sal daar vrug wees wat Hom eer bring en nie ’n mens nie.

Van vals tot eg. 

Omdat ons nie meer langer van die boom van kennis se vrugte eet nie, beskou ons nie ons foute en swakhede as negatief nie. God gebruik ons ten spyte van ons swakhede. In ’n atmosfeer van egtheid en eerlikheid is dit baie moeilik om vals te wees, inteendeel dit wys te maklik. Saam leer ons uit ons foute, en prys God vir Sy genade!

’n Nuwe perspektief op gebed:

Gebed moet beantwoord word met inspraak van God, anders het jy nog net met jouself gepraat.

Gebed is meer as rympies opsê aan tafel en snags voor ons gaan slaap. Gebed is nie ’n lys van behoeftes wat aan God deurgegee word vir Sy aandag nie.

Gebed is nie om God in te lig van jou probleme asof Hy dit nie weet nie. Gebed is om Sy wil te verstaan en daarvolgens te bid.
Gebed is om deur te dring in die geestelike dimensie en dinge vanuit Sy perspektief te sien.

Gebed is nie ’n program wat die kerk aanbied nie, maar die rede hoekom die kerk bestaan.
Gebed in al sy aspekte is die belangrikste oefening vir enige gelowige se strewe na godsvrug.

Ons hele lewe is ’n gebed, en elke asemteug ’n uitreiking van ons gees om kontak te maak en te bly met Syne.
Gebed is bloot die vorm van kommunikasie en verhouding in al sy fasette met ’n lewende nabye God.

Vas en gebed, en die vurige gebed van die regverdige, meditasie, intersessie, waak en wag is verskeie vorme van gebed om dieper met God in verhouding te staan. Elke gelowige behoort geoefen te wees in al hierdie aspekte van gebed.

Chuck D. Pierce in sy boek, The future war of the Church, beklemtoon die volgende verskille tussen die tradisionele kerke se perspektief op gebed en die nuwe apostoliese reformerings gemeentes se perspektief.

In tradisionele gemeentes is gebed ’n bykomstige omstandigheid, terwyl in apostoliese gemeentes gebed sentraal staan.
In tradisionele gemeentes is gebed ’n roetine, terwyl in apostoliese gemeentes is dit spontaan. Menigte kere sal jy hoor; “Kom ons stop en bid” gevolg deur ’n onbeplande en ernstige gebedsessie.

In tradisionele gemeentes is gebed nou en dan, terwyl in apostoliese gemeentes is dit dikwels, tydens die aanbidding, tydens prediking, te midde van geselskap.

In tradisionele gemeentes is gebed passief, terwyl in apostoliese gemeentes aggressief en onbeskroomd. Daar word werklik ’n antwoord op gebed verwag.
In tradisionele gemeentes is gebed stemmig en stil, terwyl in apostoliese gemeentes is gebed uitbundig. Die hele gemeente sal sommer by tye in gesamentlike luide gebed ingaan waar almal tegelykertyd saam bid.

In tradisionele gemeentes is gebed eerbiedig, terwyl in apostoliese gemeentes gebed uitdruklik en ekspressief is. Mense bid met hulle oë oop, sommige kniel of loop.

In tradisionele gemeentes is gebed emosieloos, terwyl in apostoliese gemeentes gebed baie emosievol is. Wanneer daar vir ’n saak ingetree word kan trane en weeklaag verwag word.

’n Nuwe perspektief op aanbidding:

Die herbou van die tabernakel van Dawid is ’n model van lofprysing vandag. Nuwe liede en sang geïnspireer deur die Gees, dans, hande klap en juig, bewegings gefokus om Hom in Gees en in waarheid te aanbid. Aanbidding gefokus op die realiteit van Sy teenwoordigheid hier en nou. Aanbidding wat wag en reageer op Sy inisiatief en liefdesteenwoordigheid. Aanbidding waar die hele gemeente jonk en oud saam beweeg en reageer op profetiese inspraak.

Aanbidding wat ’n lewenstyl word en in alles wat ek doen Hom verheerlik. Akkurate en seker bewegings in die geloof, nie los betekenislose rituele nie.

In ons lofprysing word daar nie ’n onderskeid getref tussen ou en nuwe liede nie, ook nie ’n voorkeur van ’n spesifieke styl nie. Musiek moet die hart van God op daardie spesifieke oomblik reflekteer. Ware lofprysing is nie ’n spesifieke styl of noodwendig sang nie, dis ’n hart wat uitroep na God.

’n Nuwe perspektief op Kerkstruktuur:

Die erkenning en aanvaarding van die vyf genadegawes wat deur Christus gegee is om die kerk toe te rus vir hulle dienswerk: Apostels, Profete, Evangelis, Herder, Leraar.
Gemeenskap van gelowiges waar elke lid sy bediening ken, verstaan en uitleef.

Fokus om elkeen se funksie te verstaan en te erken sonder dat enigiemand hom/haarself ’n posisie toe-eien. Geen struktuur waar enige iemand bo (meer belangrik) die ander verhef is nie. (Piramides)
Strukture is daar om funksioneel te wees en nie struktureel te beheer nie. (Planetêre stelsels)

Kerk is die gimnasium waar elke gelowige hom/haarself in die godsvrug kan beoefen terwyl hy of sy uitgaan en dissipels gaan maak.

’n Nuwe perspektief op Bediening:

Elke gelowige het ’n roeping en bediening om te vervul in samewerking met die gemeente.
Dit is die kerk se verantwoordelikheid om die hele gemeenskap te bedien en te versorg, armes te voed, dié wat siek is gesond te maak, dié wat vasgevang is te bevry, dié wat moed verloor het te bemoedig en te versterk, en dié wat rigting verloor het perspektief te gee.

Die kerk se verantwoordelikheid lê verder daarin om die gemeenskap op te voed, te leer en te rig in godsvrug, en mense te help om geestelik te groei deur voorbeeld en geïnspireerde Woord verkondiging.

’n Kerk is ’n liggaam waar elke deel van die liggaam bydra tot die versorging en versterking van die ander. Daar is geeneen wat enigiets kortkom nie, nie fisies, emosioneel of geestelik nie. Elke behoefte word deur die liggaam gediagnoseer, behandel en opgelos.

Mens gaan nie kerk toe nie, jy is kerk en het elkeen dus ’n funksie om te vervul in terme van woordverkondiging, getuie wees en bediening.

’n Nuwe perspektief op Leierskap:

Leierskap is nie posisie nie maar ’n funksie. Dis deur God gegee as gestuurde om ’n sekere taak te vervul.

Die leier dien die gemeente deur die mense hoër te ag as hom/haarself en sy/haar lewe vir die gemeente te gee.

Die gemeente dien die leierskap deur te doen wat hulle sê, opdragte uit te voer en sodoende die werke van God te vervul.

’n Nuwe perspektief op Christen karakter en leefstyl:

Die Bybel moet ’n realiteit word in ons lewe, deurdat ons deur die Gees gelei, die Woord toepas en leef in elke faset van ons lewe.
Self verloëning is die begin en einde van hierdie proses, deurdat self sterf en die individu deur die opstandingskrag van God begin om te leef in die volle karakter van Jesus Christus. Hierdie is ’n daaglikse proses waarin self sterf en die persoon elke dag meer en meer verander word om soos Jesus te wees.

Egtheid, eerlikheid, integriteit en waarheid word die basis waarop alle ander godsvrug geopenbaar word. Om jouself te wees, natuurlik te wees, eg te wees, is die voedingsaar van heilig wees.

Die vrug van die Gees en goddelike karakter word dan deel van jou natuur en menswees wat natuurlik na vore kom alvorens die self verdwyn. Volwassenheid in die Here beteken dan ook verder dat ek in terme van God se natuur soos ’n kind word en die goddelike eienskappe van kindwees beleef as deel van my identiteit en menswees.

Om gevul te wees met Sy Woord en Sy Gees daagliks en sodoende in die Gees te wandel, te dink en op te tree is my fokus elke dag, want hier lê ware vrede en blydskap.

’n Nuwe perspektief op ons mandaat en die Groot opdrag:

Ons is almal geroep om dissipels te maak en die woord te verkondig, aan alle nasies, hulle te doop en te leer aangaande die leer van die koninkryk. Elke gelowige het dus ’n rol om te vervul in terme van uitreiking en bediening, om ’n voorbeeld te wees in Godsvrug om sodoende dissipels te kan maak.

Bediening is vanuit die uitgangspunt dat Jesus alreeds in mense is, Hy stuur, ons preek, Hy roep, iemand glo en roep uit na redding. Ons werk is dus om saam met God te werk, en dié wie se hart hy alreeds voorberei het te help om tot die volle lig te kom.

Prediking, verkondiging, proklamering, lering, teregwysing, redenering is die gereedskap wat God gebruik om mense tot inkeer te bring. Ons verkondig net die goeie nuus dat die koninkryk van God naby gekom het.

’n Nuwe perspektief oor ons finansies:

Elke gelowige wat ’n inkomste verdien is geseën om te kan gee. As God se rentmeesters behoort niks aan ons nie, ons is bloot die instrumente waardeur Hy kies om te werk.

Maar dit wat geld vir die individu geld ook vir die kerk, wat moet gee en help om eerstens die evangelie te verkondig, dan die weduwee en die wees te versorg, die arme te voed en die lyding van die medemens te verlig.

Wanneer die kerk dus sy funksie vervul, kan die rentmeesters en regeer- ders ook hulle taak vervul deur die kerk te help om dié taak uit te voer. Die kerk en die besigheidslui is dus in vennootskap tot die uitvoering van bogenoemde behoefte.

Die gee van finansies in die kerk is nie bloot om ’n predikant se salaris te betaal en sodoende alle geestelike verantwoordelikheid op sy skouers te plaas nie. Maar die kerk in sy totaliteit word bloot die agent van hulpver- lening en uitreiking na die gemeenskap, waarin elke lidmaat ’n funksie vervul in terme van bydraes in persoon of in finansies.

Categories
Preke

Herontdek Ons Genesing Mandaat

Hoekom doen HRCO wat ons doen? 

Wat is die grondliggende motief wat ons dryf om te doen wat ons doen? 

Ek wil voorstel dit is GENESING!  

Michael Jr, die bekende komediant vertel hoe daar gesê word: “Gee ‘n man ‘n vis en jy het hom vir ‘n dag gevoed, leer ‘n man hoe om vis te vang en jy voed hom vir ‘n leeftyd” Volgens Michael is dit maar bra ingewikkeld, want dan moet jy ‘n visstok, lisensie, boot en plek met visse soek, om die man te leer. Wat daarvan as jy hom leer, waarom hy moet visvang, en hy maak dit sy werk om self te leer? Michael Jr se ‘waarom’ is om mense deur middel van humor te inspireer om hulle skeppingsdoel te leef.  Vandat hy sy ‘waarom’ ontdek het, is dit ‘wat’ hy doen nie meer so belangrik nie, want dit vloei alles uit sy ‘waarom’ uit.[1]  

Simon Sinek verduidelik ‘n eenvoudige, maar kragtige model vir hoe leiers optrede inspireer, aan die hand van ‘n goue sirkel en die vraag “waarom?” as die kernpunt. Sy voorbeelde sluit in Apple, Martin Luther King en die Wright-broers – en as ‘n kontrapunt Tivo, wat sukkel. Die goue sirkel se kern is, Waarom? Hoe? en dan Wat? Die bogenoemde 3 voorbeelde van sake ondernemings is individue wat hulleself bemark en dryf vanuit die kern “waarom”. Apple bemark hulleself altyd eerstens as innoveerders wat onder andere rekenaars vervaardig. Volgens Simon is die “waarom” ons dinge doen, die mees basiese bestanddeel wat ons na mekaar toe aantrek. Ons groepeer natuurlik rondom mense met die selfde “waarom”.[2]

Dit bring my by die kern vraag rakende ons gemeente: Waarom bestaan ons? Die antwoord het onverwags een dag in my gees op gekom, en skielik het alles in hulle plek geval. As aangenome valerige identiteitsoekende 13 jarige seun, was my soeke na aanvaarding. Met my ontmoeting met Jesus 35 jaar gelede, het Hy my op reis geneem om Sy identiteit te ontdek. Hoe meer ek Hom leer ken, en doen soos Hy lei, hoe meer ontdek ek my identiteit. Sedertdien het ek, genesing as persoon op soveel vlakke beleef, en myself begin beywer om die wêreld om my gesond te maak. Gesonde mense, verhoudings, gemeenskappe, werksplekke, en ekonomie.

In 1989 het ek Dr Andre Pelser gesien die “Miracle Man” een-man verhoogstuk opvoer van John G Lake se lewe. Ek was diep ontroer en geïnspireer om genesing vir die totale mens te soek.  Bykans 10 Jaar later in 1998 het ek deel geword van Harvester, en al hoe meer begin sien hoe God mense volkome na gees, siel en liggaam genees. Jesus genees en herstel eerstens ons gebroke verhouding met God. Dan neem Hy ons op ‘n reis van self-verloëning, om ons gedagtes te vernuwe deur Sy Woord. Gevolglik hanteer ons mense anders, en leer Hy ons om met vrede met alle mense te lewe, sonder om te kompromeer. Deur onsself verantwoordbaar aan Sy familie-liggaam-gemeente te maak, word ons gedrag, en gewoontes hervorm.  Uiteindelik vind ons elkeen ons funksie in die liggaam, en word ons Sy instrumente van genesing, terwyl hy nog steeds genesing in ons bly bewerk. 

Vir ‘n paar jaar, het die Heilige Gees ons gelei om Jesus Christus ons visie en missie te maak. In 2019 het ons gefokus op ‘n ontwaking tot Sy geregtigheid. Stelselmatig het die Here ons dieper en dieper gelei om Sy groot “waarom” te ontdek.  Jesus is ons fokus, maar waarom Jesus? Waarom het Jesus mens geword, vir ons sonde gesterf, opgestaan uit die dood en vir ons redding bewerk? Die antwoord is nou voor die hand-liggend. 

Jesus wil ons genees, versoen, herstel, restoureer, hervorm en bevry om weer Sy skeppingsdoel voluit te kan leef. 

‘n Boom is gemaak om smaakvolle vrugte te dra. So het God die mens geskape in Sy beeld om goddelike goeie vrug te dra. Sonde het ons misvorm, om verwoesting te saai. As gevolg van die mens se ongehoorsaamheid en misrekende identiteit het ons wêreld al hoe meer stukkend en gebroke geraak.  Siekte, krankheid, ongesteldheid, onvolkomenheid, pyn, ongemak, en beperkings verhoed ons om Sy skeppingsdoel te kan uitleef.  Ons uitroep is dus vir genesing! Ons is almal op soek na volhoubare, werklike, diepgaande, volkome genesing! 

Siekte is ‘n obstruksie, inhibisie of beperking van ons natuurlike vermoëns.  ‘n Gesonde baba het ‘n bepaalde funksionaliteit m.b.t. beweging, vermoëns, en intellek. Siekte of krankheid plaas ‘n beperking op hierdie funksionaliteit.  Dis dalk hoekom, Jesus verklaar dat ons moet soos kinders word om die Koninkryk te beërwe. (Mark 10:15) ‘n Kind is onskuldig, reken geen wraak toe nie, is nie selfbewus nie, het nie vooraf opgestelde beoordeling van mense nie, het onvoorwaardelik lief, is ongekunsteld, het ‘n onversadigbare begeerte om nuwe dinge te leer en te ontdek.  Hierdie is alles eienskappe wat ons met geestelike volwassenheid vergelyk.  Ons kyk na ‘n nuutgebore baba, en noem hom of haar perfek! 

Hoekom is ons siek? Wat maak ons siek? 

Daar is al biblioteke vol geskryf oor die oorsake van siekte, ek noem net ‘n paar: Sommige siektes toestande is geneties of viriel oordraagbaar, en dus as gevolg van eksterne oorsake. Sielkundiges suggereer dat 85% van alle siektes ‘n emosionele, psigosomatiese oorsaak het.  Lewenstyl keuses, in terme van dieet en oefening speel ook ‘n groot rol ten opsigte van ons algehele gesondheid.  ‘n Misrekende identiteit, en gevolglike geloofsoortuigings, wat ons wêreldbeskouing vorm kan lei tot dramatiese beperkings.  Dr Paul Carlin het na 20 jr se werk in die Texas gevangenis die “belief therapy” program ontwikkel, want volgens hom: “Mense doen wat hulle doen omdat hulle glo wat hulle glo”. Uiteindelik raak hierdie oortuigings ‘n godsdiens-tradisie, en ‘n kultuur wat mense vasgevang hou en inperk om nie hulle natuurlike potensiaal te bereik nie. Dink maar aan godsdienste, wat die rol van die vrou en die kind inperk en marginaliseer.  Uiteindelik is sonde direkte  ongehoorsaamheid aan die Woord en wil van God.  God se Woord is soos ouerlike beskerming, leiding en rigting om ons te weerhou van seerkry, ongeluk en verdriet, maar die mens wil sy of haar eie koers inslaan, en self besluit wat reg of verkeerd is.  

Tans beleef ons ‘n radikale inligting-revolusie. Daar vind 3.5 Biljoen Google soektogte per dag plaas. Omtrent 1,3 Biljoen mense is op YouTube geregistreer en word daar bykans 300 ure se videomateriaal per minuut gelaai. Die meeste van hierdie soektogte en inligting is gerig rondom gesondheid en self-verbetering. Daar is tans meer as 250000 toep applikasies beskikbaar om jou gesondheid te monitor. Nuwe slim horlosies meet allerhande aspekte van jou fisiese gesondheid: Slaap patrone, hartklop, bloeddruk, suikervlak, en hartritme inligting kan jou dokter help om ‘n baie meer akkurate diagnose te maak. Nuwe aanlyn webtuistes soos ‘Hello Dr” kan jou in ‘n oomblik in kontak bring met mediese professionele raad.[3]  

Mense is dus gevolglik fisies gesonder. Mense leef in die algemeen langer! Maar is ons werklik gesond? Ons word van die een ding gesond gemaak, en oormore is ons weer siek van iets anders. Gesondheid is tog nie net bloot ‘n fisiese aspek nie. Ons word almal ouer, en dus funksioneer ons liggame nie meer optimaal nie. Wanneer jy met die versorgers in ouetehuise praat sal hulle jou gou sê: “Moeilike jongmense raak dramaties moeiliker ou-mense.”  Gesondheid kan ook nie ‘n selfsugtige net-na-myself-kyk oorlewing wees nie. Gesonde mense, wil ook graag ander gesond maak.  

Die totale mensewees bestaan uit: 

  • Gees – Konneksie, bewussyn. 
  • Emosies – Gevoelens. 
  • Intellek – Denk Patrone, waardes, wêreldbeskouing.
  • Gedrag – Gewoontes.
  • Sosiale interaksie – Verhoudinge.
  • Liggaamlik – Fisiologies.
  • Identiteit – Eie-Ek. 

In ons reis met Jesus het ons uitgevind, gesondheid is nie net die genesing van ‘n spesifieke fisiese siekte toestand nie, maar ‘n algehele omvattende gesonde lewenstyl van die totale mens. 

Derduisende kure, diëte, aanvullings, wondermiddels, terapie en operasies mag dalk doeltreffend wees, maar dit deel almal net met een aspek van ons gesondheid. Jy kan fisies 100% gesond wees, maar sielsongelukkig as gevolg van stukkende verhoudings. Jy kan ‘n goeie mens wees, met talle prestasies en nog steeds voel daar kort iets in jou lewe, want jy het nog nie met God vrede gemaak nie.  Jy kan fisies gesond wees, intellektueel briljant, maar as jy nog genees is van die eie-ek, die egoïstiese, self-gerigte selfsug en soeke na selfbeskikking nie, is jy bedremmeld en betreurenswaardig. Dink maar aan die eie-waan van ‘n Hitler, en yoga ghoeroes soos Bikram Choudhury wat sy volgelinge mislei het.  

Jesus Is Ons Genesing

Totale genesing is net in Jesus Christus te vind. Jesus is genesing en gesondheid! Toe ons ontwaak tot die realiteit van Sy persoon, waardes, denke, gewoontes en manier van leef, het ons die sentripetale kernpunt van alle geneeskunde ontdek. Sonder Jesus is daar nie volhoubare gesondheid en welstand nie. Want, Hy maak nie net een aspek van ons menswees gesond nie. Hy steek Sy hand uit, en vra ons om Hom te volg. Terwyl ons Hom volg, en doen wat Hy sê, word ons tree vir tree meer gesond, op elke vlak, om ook ander te help om gesond te word.  Daar is immers geen siekte in die hemel nie. Daarom is Jesus se hart, Sy waarom, om ons gesond te sien. 

Om soos Jesus te word is die sleutel tot ʼn vervulde en gelukkig lewe. Jy sal dan die beste huweliksmaat wees, die beste sakeleier, en die beste werker wees vir enige sakeonderneming, ook die beste tipe vriend en die beste ouer. Die volwasse karakter, waardes, ingesteldheid, etiek, gewoontes, houding en lewenstyl van Christus is soos ’n standaard, ’n toonaangewer, ’n rigtinggewer om die volmaakte lewe te leef. Ons is die mooiste mense wanneer ons die meeste soos Christus leef.  Met ander woorde, ons is die beste mense as ons die meeste soos Hy is, as ons soos Hy doen wat reg is, Sy etiese en morele voorbeeld volg, Sy onbevlekte karakter nastreef en ons lewens daaraan wy om die mensdom te dien. Om soos Jesus te leef is die beste manier van leef! Die Jesus-lewe is ’n universele waarheid, ’n uitgangspunt, ’n bloudruk en basis vir lewe. Christus is volmaak, blaamloos, die regte standaard en mediaan van moraliteit. 

In ons reis saam met Jesus, ontdek ons Sy goddelike paradoksale waardes: Geregtigheid en billikheid, onpartydigheid en respek vir alle mense, nie-reaksionêre kreatiwiteit, revolusionêre pasifisme, diensbare leierskap, bonatuurlike mens-mens-wees, alleen-groep-mens, en nog soveel meer! 

Die oomblik wat ons Sy lewe ontvang en daarvolgens begin leef, verander alles. Ons verhoudings, denkwyses, werk en leefstyl word gesond, en genesend tot ander.  

Hoekom het Geloofsgenesing ‘n Slegte Naam?

Enige vorm van geneeskunde het ‘n sekere bepaalde sukses faktor presentasie.  Waarom het geloofsgenesing so ‘n onreëlmatige sukses faktor? Waarom het net sommige individue redelike sukses? Hoe blywend is hierdie sukses? Iemand wat siek is, is desperaat vir ‘n oplossing enige redelike kans selfs 50/50, sal ‘n desperate lyer nuwe hoop gee. Maar ‘n vorm van geneeskunde met so ‘n swak sukses, sal en moet mos verwerp word.  Selfs natuurlike medikasie het ‘n baie meer beduidende sukses faktor.  Om vir mense te bid vir genesing en dit as God se liefde te beskryf is problematies, want hoekom word sommige gesond en ander nie? 

Die vraag is nie óf God mense genees nie, maar eerder hoekom Hy nie almal genees nie.  

In verskeie vraelyste is bepaal dat die meeste mense, sowel as doktors glo dat gebed voordelig is vir siek mense. Daar is talle opgetekende, lyste van mediese verifieerbare goddelike genesings. Die vraag was ook gevra vir ‘n paneel van geloof-geneeshere, die antwoord was: Om die integriteit en die hart van die Evangelie te bewaar word almal nie gesond nie, die wat gesond word gebeur nooit op dieselfde manier nie, en ook nie deur dieselfde persoon nie.[4]  Die rede: Wanneer ‘n sekere persoon of metode 100% suksesvol is om elke moontlike siekte gesond te maak, is dit in die mens dat ons die persoon en die metode sal aanbid, dit sal kapitaliseer, sonder om die wonder en diepte van God te besef. Dit is baie makliker vir die mens om enige wonderkuur of middel te probeer, sonder die harde werk van gedragsverandering.  Dikwels is dit ons gedrag wat die siekte veroorsaak het. 

Om genesing toe te skryf aan ons geloof, of tekort daarvan is ook problematies, want alhoewel geloof ‘n rol gespeel het by die meeste genesings, het die Here sommige genees sonder enige geloof van hulle kant af.  As geloof die redding bring, genees ons mos onsself? Moet ons onsself dan red ook? Ek verstaan dat redding ‘n geskenk is, en dat ons geloof in God uiteindelik redding meewerk. Tog is daar baie mense wat werklik glo, en werklik in geloof selfs tot ‘n aksie oorgegaan het, en nog steeds nie genesing ontvang het nie.   Om te bid vanuit die wete dat God wil altyd genees is voorwaar moeilik as dit wel nie gebeur nie. Hoekom nie? Satan? Te min geloof? Nie aangehou nie? Dan is óns die probleem. Dit bring min troos, veral as jy al jou geloof, gebede, opgebruik het om genesing te bid vir iemand vir wie jy lief is. Alhoewel ons moet glo, het dit nie gewerk nie. Alhoewel ons deernis moet hê, was dit skynbaar nie genoeg nie. Alhoewel ons beloftes uit die woord en profesie ontvang het, is dit nie vervul nie. Waar laat dit ons? 

Genesing is inherent wie God is, die aarde en die skepping het ‘n self-genesing vermoë.  Dis juis die wonder van die skepping, die medisinale natuurlike middels wat in die natuur opgesluit lê.  God het ons geskape om gesond te maak, en gesond te wees.  

Siekte en krankheid is simptomaties nie net m.b.t. ons liggame nie. Ons ekonomie is siek. Die wêreld is moreel siek. Siekte is simptomaties van ‘n hele samelewing wat van God verwyder is.  As die hele samelewing die Here waaragtig dien deur te doen wat Hy sê, en alles toeëien wat Hy vir ons beskikbaar gestel het, en dan soos Jesus goed doen aan die mense om ons. Sal daar nog siekte wees? 

Siekte se oorsprong is: 

  1. Sonde
    • Verkeerde gewoontes en gedrag: Mirjam (Num 12:10), Gehasi (2 Kon 5:27), Ussia (2 Kron 26:16-23) en Elimas (Hand 13:11). “dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.” (Spr 3:8) 
    • Jou woorde: “Die tong het mag oor dood en lewe” (Spr 18:21).  “Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens.” (Spr 16:24) 
    • Onvergifnis maak mens bitter en sieklik, soos iemand wat gefolter word. (1 Kor 11:28-30; Matt 18:21-35) 
    • Jou denke:  “’n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; hartstog vreet ‘n mens op.” (Spr 14:30) “’n Vrolike mens is ‘n gesonde mens.” (Prov 17:22)
    • Nie alle siekte is a.g.v. sonde nie. (Job 42:7-8)
  2. Die duiwel 
    • Demone:  Matt 17:18; Matt 9:25, 42; Matt 4:35; 4:39
    • Mag van die Duiwel:  “Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom”. (Hand. 10:38)
    • Gees van krankheid (Luk 13:11, 16)
  3. Die Here, God is soewerein: “Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie.” (Deut 32:39) Gen 12:17, Exo 4:11, 15:25, 1 Sam 25;37-38; 2 Sam 12:15, Deut 28:15-68, 32:39, 2 Kon 15:5, 2 Kron 21:18, 19, 26:20-21 Hand 12:22, 23; 13:8-12 asook Job 5:18. 
  4. Indirek ander mense: Dit is duidelik dat ek kan deur iemand aangesteek word, bakteriese infeksies, ‘n bakleiery waar onskuldige mense slagoffers word.  Iemand anders se sonde en oortreding kan dus ook soms die oorsaak wees van siekte en krankheid. 
  5. Die gebroke natuur: “Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe — nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het…” (Rom 8:18-22) Hittegolwe, plae, droogte, tsunami’s, ens. Soms gebeur daar bloot dinge, ek struikel en val, en breek my arm. 

Alhoewel dit belangrik is om die oorsaak van siekte weet, is die meer belangrike vraag hoe word ek gesond? Uiteindelik is dit God se hart dat ons gesond sal lewe: Deut 11:26. 

God se Hart Agter Genesing

Al ooit gewonder hoekom het Jesus dikwels mens ferm vermaan om nie te gaan vertel wat met hulle gebeur het nie? Was dit dan nie die punt, dat almal in Hom sal glo nie?

Jesus het nooit enige genesing op dieselfde manier gedoen nie, maar vir Hom was genesing meer as bloot die gesondmaking van die simptome. HY wou altyd deel met die oorsaak. Daarom word die melaatse man gevra om na die priester toe te gaan, sodat die kwarantyn opgehef kon word, en hy weer toegelaat word om deel van die gemeenskap te wees.  “Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg. Jesus sê toe vir hom: “Jy moet dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het.”  (Matt 8:1-5)

“Baie mense het saam met Hom gegaan, en Hy het hulle almal gesond gemaak, maar hulle belet om in die openbaar oor Hom te praat.”  (Matt 12:16) Hier het Jesus ‘n skare mense genees, tog kapitaliseer Hy nie op die bonatuurlike om nog meer mense te trek nie.  Dit is duidelik soos vroeër verduidelik: Jesus is nie net ‘n wondermiddel of wonderpersoon wat alle siekes genees nie! Want dan sou ons hom gebruik om gesond te word, sonder om te deel met die oorsake van hoekom ons siek geword het in die eerste plek. 

Jesus vra Sy dissipels, wie sê julle is ek? Nadat Petrus openlik verklaar en erken dat Hy die Messias is, word hulle beveel om dit nie oor te vertel nie.  Is dit dan nie die doel dat mense sal weet dat Hy die Messias is nie? Dis tog waaroor redding gaan, dat elke mens sal glo dat hy die Christus is? Toe het Jesus sy dissipels beveel om vir niemand te sê dat Hy die Christus is nie.  (Matt 16:20) Die raaisel verdiep nie waar nie? Die beginsel is: Jesus wil nie net hê ons moet Hom aanbid nie! Hy wil hê ons moet Hom volg. Dis ons gehoorsame navolging van die persoon Jesus Christus, wat genesing bring vir die totale mens. 

Die verheerliking op die berg, is ‘n klinkklare bewys van Sy goddelikheid. Mense is natuurlike twyfelaars.  Hoekom net ‘n paar dissipels toelaat om dit te beleef? Sou die Fariseërs, en al sy vyande nie dan tot inkeer kom, as hulle sou sien wat hier gebeur het nie? Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.” (Matt 17:9) Jesus kapitaliseer nie op die oomblik van Sy goddelike verheerliking en openbaarmaking nie. Dink aan mense wat al deur die eeue by plekke van goddelike verskynsels bymekaar kom, en die verskynsel soos robotte aanbid. 

Een van die mees skouspelagtige wonderwerke wat Jesus gedoen het was die genesing van die doofstom man.  Die man het nie net sy gehoor ontvang nie, maar God het sy spraak in een oomblik herstel.  Al sou iemand se gehoor herstel, sou dit ‘n spraak terapeut maande neem om die persoon te help om korrek te praat.  “Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat. Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meer het hulle dit verkondig.”  (Mark 7:36) Hier is een van die mees sprekende wonderwerke, wat as jy vandag se bemarking tegnieke van getuienis oorvertel gebruik, ‘n getroue navolging verseker. Jesus doen hierdie wonder in privaatheid.  

Baie mense het gewonder oor Jesus, maar die duiwels het presies geweet wie Hy was. Is daar nie ‘n groter bewys van Sy bediening en egtheid as dat die duiwels Hom herken nie? Maar Jesus het hom skerp aangespreek: “Bly stil en gaan uit hom uit.”  (Mark 1:25). Tog laat Hy hulle nie toe om te spreek nie. 

Jesus het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Die genesing in die geheim verrig, en toe boonop vir hom “belet om dit vir iemand anders te vertel.”.  (Mark 8:26, 30)

Die egtheid van die evangelie skrywers se getuienis, is die nuttelose inligting wat nie weggelaat is nie. Die feit dat Jesus vir hulle opdrag gee om vir die kind iets te ete te gee, het geen doel nie. Tog maak dit die stories, eg en geloofwaardig.  Weereens ‘n perfekte geleentheid om mense te oortuig. Jesus maak nie gebruik om met grootheidswaan, mense te beïndruk nie.  “Haar ouers was stom van verbasing, en Jesus het hulle verbied om vir iemand te vertel wat gebeur het.”  (Luke 8:56)

Die klimaks van Jesus se populariteit is toe Hy die skare kos gee. “Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.” (Joh 6:14-15)

Weereens vlug Jesus van die aanstelling van mense, die aanbidding van mense.  Hy wil ons bewus maak dat daar iets dieper is as genesing, wonderwerke, en voedselvoorsiening.  Al hierdie dinge is tydelik, maar daar is meer wat God ons wil gee. Hierdie tekens en wonders is presies dit, tekens. Dit is soos padwysers, rigtingewers na ‘n groter realiteit. Wonderwerke is inderdaad belangrik. “Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.” (1 Kor 2:4-5) 

Wat is die groter realiteit wat Jesus wou hê hulle moes raaksien? Jesus antwoord hulle: “Dít verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig gewordhet. Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.” Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het. (Joh 6:26-29)  Jesus is die geskenk van genesing, nie die genesing op sig self nie. As ek dus Jesus ontvang is ek gesond, want ek het die Geneesheer ontvang! “…want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou.” (Exo 15:26).  

Jesus wil ons herstel, genees, hervorm, restoureer, versoen met ons skeppingsdoel: Om soos God, goddelike, goeie, opbouende, positiewe, vrug te dra.  Die aanbidders wat met waserige oë ‘n goddelike verskynsel aanbid, besef nog nie hulle eie goddelikke skeppingsdoel van godsvrugtigheid nie. Hulle wag en smeek vir ‘n wonderwerk van bo af. Hulle besef nie die wonderwerk Christus, wil in ons kom woon, en deur ons wonderdade en regdoen verrig nie. 

Die genesing wat Christus in ons wil werk is ook meer as net die fisiese genesing. Hy wil ons hele menswees genees. Hy wil God se skeppingsdoel vir ons, in ons restoureer.  “Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun” (Rom. 8:29) In al hierdie verhale waar Jesus mense vermaan het om nie oor te vertel nie, was die mense verbaas, verstom en beïndruk met Jesus. Hulle wou Hom dus aanbid, maar Hy het dit nie toegelaat nie, Hy soek meer as ons aanbidding, Hy soek ons geloofsgehoorsaamheid! 

Daar is 2 verhale waar Jesus beïndruk was. Die een was die genesing van die offisier se slaaf (Matt. 8:5-13; Luk. 7:1-10; Joh. 4:43-54). Hierdie man het ook genesing kom soek by Jesus, maar hy het Jesus gesien. Hy noem Jesus Here. Hy sien Jesus is ‘n man van gesag soos hy. Daarom vra Jesus om net ‘n woord te spreek. Jesus se reaksie is: Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy sê vir die mense wat agter Hom aan gekom het: “Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so ‘n groot geloof teëgekom nie. Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel. Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.” (Matt 8:10-12). Lees hierdie vers deeglik deur. Jesus maak ‘n geskiedkundige, waterskeiding, omkeer verklaring! “Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel” Van wie praat Jesus hier? Van diegene, wat Hom sien, waarlik sien! Mense van elke volk en nasie en taal wat Jesus sien vir wie Hy werklik is, nie hom nie net sien as ‘n ‘argetipe’ onpersoonlike masjien wat mense gesond maak nie.  Die ander verhaal is van die Kanaänitiese vrou. Wie Jesus eers nie wou help nie.  “Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond.” (Matt. 15:28). Sy het nie Jesus se weiering aanvaar nie, en aanhou glo.  

Ons sien dat Jesus ook graag wou hê Sy dissipels moes Hom regtig sien, Hom verstaan. Is dit nie die soeke van enige leermeester, leier, of voorganger nie? Sommige is daar net vir die aansien, die geld, die roem, die posisie, die genesing, die wonderwerk.   Jesus wou uiteindelik hê dat hulle moes doen wat Hy doen. Hulle moes net soos Hy in die geloof wonderwerke verrig. (Luk 10:19; Mat 10:8) 

Drie wonderwerke waar Jesus Sy frustrasie met die dissipels wys, dat hulle nog nie sien nie: 

  1. Jesus maak die storm stil. “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” (Mark 4:40) 
  2. Die vermeerdering van die brood. “Gee julle vir hulle iets om te eet.” (Mark 6:37) 
  3. Petrus is die eerste dissipel wat iets begin sien. Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” “Kom!” sê Hy. (Matt 14:28-29) Tog begin hy vinnig twyfel toe hy na die branders kyk. Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” (Matt 14:31) 

“The purpose of Jesus is not only to save men from their sins, but by the grace of God to begin in the souls of men that marvelous development in the nature and mind and understanding of God our Father, until by the grace of God we are able to take our place and our part in the kingdom of Jesus Christ and bear our share of responsibility.” ― John G. Lake,

Die Mees Gesondste Mense Glo Reg 

“…enigiets wat ‘n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde.” (Rom 14:23) “As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” (Heb 11:6) 

Hoeveel van ons besluite, keuses, gewoontes, is gegrondves in ‘n geloofsoortuiging? Hoe ons die wêreld sien, wat ons koop? Hoekom ons koop? Waar ons bly, en werk is alles gegrondves in wat ons glo oor onsself, God en die toekoms. 

Jesus het mens geword, fisies gedemonstreer wat Hy gepreek het, en uiteindelik gesterwe vir ons sonde, om ons met God te versoen, opgestaan uit die dood, opgevaar en gaan sit aan die regterhand van God, en toe die Heilige Gees gestuur om in ons te regeer! Waarvoor wag ons? Wat op aarde moet God nog doen? Hy het alles volbring sodat ons deur Hom, dit is deur Sy bekragtiging Christus te leef in elke plek waar Hy ons roep!  

As ons dus reg sien! Werklik sien! Sien wat Hy gedoen het! Wie Hy is! As ons dit daadwerklik, met oortuiging glo, sien ons die wêreld skielik in ‘n hele ander lig. Terwyl ons aanhou om presies te doen wat HY ons beveel om dit te doen, verander die lewe heeltemal vir ons. Ons sal ‘n heeltemal ander perspektief hê en ‘n nuwe houding teenoor die lewe, dinge en mense hê! Ons is gesond, na liggaam, siel en gees. 

Jesus Genees die Hele Mens 

John G. Lake het geglo dat Jesus se genesingswerk drieledig is: Hy bevry ons van boosheid, sodat ons geestelik gesond, en vol kan wees van die Heilige Gees. Ons kommunikeer en beleef verbondenheid met God deur ons gees. Tweedens, genees die Here ons siel, ons konneksie met mense. Omdat ons vrede met God gemaak het, genees die Here ons siel. Ons siel is hoe ons verbind is met die mensdom om ons.  Sielsus en vrede met self en die mense om my, is genesing! 

Jesus was altyd bekommerd oor die hele mens en nie net die simptome van siekte nie.  Hy het dikwels eers die geestelike aspekte hanteer.  Sy gesprek met die Samaritaanse vrou by die put het gefokus op die basiese konflikte in haar persoonlikheid.  Vir Jesus is gesondheid meer as net die afwesigheid van fisiese en geestelike siektes – dit gaan oor die hele mens. 

God wil ons genees, maar meer nog: Hy wil ons moet ander genees! “En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan—uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees. (Eze 47:12)

“Die Here sal hom bystaan in sy siekte. As hy siek is, sal U hom genees.”  (Ps 41:4) 

Jesus Genees op Verskillende Maniere 

God nie net besorg oor die genesing van ons liggame nie. Hy wil ook hê dat ons ’n sekere regte gesonde lewenswyse aanleer.  Jy self is verantwoordelik vir jou gesondheid.  Van die 35 wondertekens wat Jesus gedoen het, was 26 genesings.  In 6 gevalle is bose geeste uitgedryf.  

  1. Bely julle sonde: (James 5:16) 
  2. Ouderlinge salf met olie: (James 5:14-15)
  3. Dokters: Geneeshere is vir die siekes (Mat 9:12; Mark 2:17; Luk 5:31) Daar word na Lukas verwys as die “geliefde geneesheer” (Col 4:14)
  4. Mediese versorging: die barmhartige samaritaan verbind die man, en salf sy wonde. (Lukas 10:33–34)
  5. Alternatiewe geneeskunde: Gebruik bietjie wyn vir die ontsteldheid met die maag. (1 Tim 5:23) 
  6. Ons teenwoordigheid bring genesing: Die blare van die boom is tot genesing van die nasies’ (Openbaring 22:2; Ps 1:2-3; Eze 47:12; Jer 17:8)
  7. Die Woord van God genees. (Luk 4:4)
  8. Toe Jesus hulle geloof sien: (Mar 2:5; Mat 9:29)
  9. Vergifnis: (Mat 18:34-35)
  10. Vereenselwig deur die Nagmaal met Sy lyding:  (1 Kor 11:28–30)
  11. Lofprysing: “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees”. (Psalm 103:1–3)
  12. Lappies en doeke wat gesalf is: (Acts 19:11-12)
  13. Hande Oplegging: (Mar 6:5, 13; 16:15, 17–18)
  14. Duiwels uitgedryf: (Mar 9:14-29; Matt. 17:14-20; Luk. 9:37-43)
  15. Dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. (Spr 3:8) 

Die slotsom is: Christus is gesondheid. Wanneer ons die meeste soos Jesus is, is ons die mees gesondste mense op die planeet! 

Dit is ook moontlik om ‘n gesonde lewe te lei: 

  1. Wanneer al my verhoudings met God, self, mense en die natuur gesond en heilsaam is. 
  2. Ek gereeld oefen, slaap, en ‘n gebalanseerde gesonde dieet volg. 
  3. Werk kan genesend, en stimulerend van aard wees. 
  4. My denke is soos ‘n tuin, wat ek plant, bepaal hoe ek dink, en hoe ek lewe. 
  5. Om vir ander te gee, te help en te dien is genesend.  
  6. Om soos ‘n kind te wees, en sommer net lekker gesonde pret te hê is ‘n wonderkuur! 
  7. Deur gasvry te wees, en vir mense lekker kos te maak is genesend! 
  8. Deur ‘n vredemaker te wees, en versoening te bewerk tussen mense bring genesing. 

God Se Geskenk Van Genesing Aan Die Wêreld Is Sy Gesonde Liggaam die Kerk 

HARVESTER SAMEKOMSTE 

Samekomste skep atmosfeer vir genesing: 

Ons glo gemeente wees, het iets te doen met ‘n helende tuin, die herstel van Eden. Alles wat ons doen, in heilige diversiteit, komplekse eenvoud, interafhanklikheid, skep ‘n genesende habitat, waar mense kan gesond word op elke vlak.  Die Bybel gee ons geen tyd aanduiding van presies wanneer gelowiges bymekaar gekom het nie. Ons lees gereeld van ‘daagliks’, ‘eerste dag van die week’, gemeenskaplike maaltye.  Dit wil sê: Kerk-wees gebeur in die saamwees! Ons hou van saamwees! Ons geniet mekaar se geselskap, en om in ons verhoudinge diepgaande geesgenote te word! Ons hou dus verskeie byeenkomste, vir kinders, volwassenes, mans, vrouens, geskeides, vir Afrikaanse maar ook Engelse mense, vir ou mense en jong mense, vir sakemense en boere, vir geskeides maar ook getroudes! Die lys gaan net aan en aan! 

Ons hou allerhande tipe byeenkomste vir alle soorte mense, sodat elkeen Jesus kan ontdek en leer om hom te volg! 

Ons fokus dat al ons byeenkomste die volgende elemente bevat: 

  1. Ons byeenkomste fokus op skrifgebaseerde, leerstellige gebalanseerde, akkurate Jesus-gesentreerde prediking. 
  2. Ons byeenkomste is spiritueel en maar ruimte vir geestelike en bonatuurlike gebeure, waar ons vir siekes bid en hulle die hande op lê, en duiwels uitdryf, en floreer in die toepassing van die gawes van die Heilige Gees. 
  3. Ons byeenkomste fokus op lofprysing en aanbidding wat God behaag.  
  4. Ons byeenkomste maak ruimte vir getuienisse, wedersydse opbouende insette. 
  5. Ons byeenkomste is deelnemend van aard. 
  6. Ons byeenkomste is verrassend, relevant, en kreatief. 
  7. Ons maak ruimte in ons byeenkomste vir gebed, meditasie en saam-luister wat God wil sê. 
  8. Ons herdenk die Here se nagmaal so gereeld as wat ons kan.  
  9. Ons bied gereeld vir mense die geleentheid om te gee soos die Here dit op hulle harte lê. 
Genees ons verhoudinge

HARVESTER HUISKERKE

Ons glo in groot byeenkomste wat impak maak, maar verhoudinge groei dieper alleenlik in die kleingroep. Ons huiskerke moet naby genoeg wees, sodat daar werklike ondersteuning kan wees in tye van nood. Daarom wil ons huiskerke aanbied in elke dorp in die Olifantsvallei en Matsikama omgewing. Die huiskerk is jou geestelike familie, omgee groep. Dis hier waar ons leer om ons geestelike gawes te ontwikkel. Dissipelskap, verantwoordbaarheid, en dissipline gebeur in die liefdevolle intimiteit van die kleingroep familie.  

Harvester Huiskerk Leiers:

  1. Jan & Celna Genis (Clanwilliam/Graafwater) 
  2. Willie & Wena Botha (Clanwilliam)
  3. Audrey & Dave Botes (Clanwilliam) 
  4. Dirkie & Lezel Mouton (Clanwilliam) 
  5. Francois & Bertina Engelbrecht (Lambertsbaai) 
  6. WP & Karien vd Merwe (Citrusdal) 
  7. Tom & Haneke Ferreira (Citrusdal) 
  8. Owen & Cherisse Burger (Citrusdal) 
  9. Neil & Olivia Hall (Citrusdal) 
  10. Van Rhynsdorp
  11. Vredendal
  12. Lutzville  
  13. Eendekuil
  14. Graafwater
Genees ons denke 

HARVESTER BYBELSKOOL 

“Want soos hy in sy siel bereken, so is hy.” (Spreuke 23:7) Jesus het mense se manier van dink, gedurig gekonfronteer en uitgedaag. Die Woord van God is ‘n raamwerk, en platvorm, ‘n riglyn om te leer om reg en nugter te dink. In ‘n onlangse studie wat deur die “Bible Engagement Centre” gedoen is met 40000 mense, is bevind dat mense wat die Bybel aandagtig vier keer per week bestudeer en lees, merkwaardig meer gesond is.[5] Ons “Miracle Bible Training Centre” kurrikulum is dan gefokus om sistematies deur die Bybel te werk, en die Bybel in die lig van Christus reg te verstaan.  Ons bied ook ‘n wye verskeidenheid praktiese vakke aan.  

Die mees belangrike kursus wat elkeen in die gemeente deurgaan in die begin is die Fondasie kursus wat fokus op die ses fondasie leerstellinge in Hebreers 6 asook: Onderskei God se stem, Lofprysing & aanbidding, Gebed, Vyfvoudbediening, Dissipelskap, en Offergawes.  Die Bybelskool is nie vir sommige mense nie. Dit is vir almal! Want dit is die primêre metode om genesing in mense se lewens te werk.  Die doel is om jou Bybel/woord fiks te maak. Daarom is die bybelskool nie eenrigting kommunikasie nie, daar is deelname, vrae-vrae tyd, en huiswerk betrokke sodat elkeen die Woord vir hom of haarself kan verstaan.  

Genees ons werk en gedrag

HARVESTER AKADEMIE 

Ons bied spesifieke programme aan om mense wat hulle eie besighede besit, te help om hulle besigheid so te organiseer dat die mense wat daar werk deur hulle werk betrokkenheid ook gesond kan word! Tweedens help ons ook die spesifieke werker, om ‘n beter werker te word en sodoende ook genesing in die werksplek te werk.  Die verwagting en persepsie van baie mense oor werk is dat dit vleeslik, aards, sekulêr, teenoor-geestelik, ‘n straf, en vloek is. Tog wanneer mense aftree en nie hoef te werk nie, dan werk hulle meer as ooit.  Wanneer ons sterf dan sê ons “rus in vrede” asof die persoon nooit in die ewigheid gaan werk nie.  

Soos ons Jesus volg, leer Hy ons Sy manier en beginsels om te leef. Hy skenk ons Sy genade, en werk die vrug van die Gees in ons karakter. Ons morele kompas verander rigting: getrouheid, eerlikheid, waarheid, hou by jou woord, betaal elkeen wat hy toekom, wees ’n goeie rentmeester ensovoorts word die nuwe werkswyse.  Ons begin regeer! Rom 5:17 “reign in this life” Ons oorwin ons swakhede, slegte gewoontes, verkeerde humeur, verslawings.  Ons interaksie met mekaar in die liggaam, saam besigheid doen, vir mekaar werk het skadukolle geopenbaar in almal van ons. Werkswyses wat nie die Here eer bring nie is aan die lig gebring.  Mense het vir jare in die kerk hulle verkeerde leefstyl weggesteek, want ons kan in die kerk Sondag een mens wees, maar Maandae in die werk is ons iemand anders. Vir ons is werk deel van ons aanbidding. 

Genees alle nasies/etos 

HARVESTER SENDING 

Die Jesus lewe is eintlik eenvoudig: Wag op die Here en spandeer tyd in gebed, mediteer met ‘n oop Bybel, kry ‘n openbaring en instruksie vir jou lewe, en gaan voer dit dan uit.  

Communion- Commission-Commission

Relational-Missional-Encarnational

Love-Faith-Hope

Father-Son-Holy Spirit.

Dit beteken dat elkeen in die gemeente ‘n goddelike roeping het om te vervul.  Dat elkeen weet wat om te doen, nie omdat hulle aangesê is deur ‘n organisasie om te doen nie, waar deur die Heilige Gees gemotiveer en bekragtig. Dit beteken ook prakties, ons maak dissipels. Ons vermenigvuldig. Ons gee en deel wat ons ontvang het.  Die gemeente maak dus gesamentlik ‘n impak op die kultuur van die gemeenskap.  Want elkeen funksioneer en bring genesing, herstel en versoening in die 5 primêre regering sektore: Regering, Ekonomie, Opvoeding, Gesondheid, en Wet & Orde. Maar ons maak ook ‘n verskil deur die saambindende katalisators soos: Sport, die Kunste, Rekreasie ens.  Ons is sout en lig! Ons bring genesing en versoening na elke nasie, en etos in ons samelewing waar Hy ons na toe stuur.  


[1] https://www.youtube.com/watch?v=RqhidTrkfrw&t=1760s

[2] https://www.youtube.com/watch?v=qp0HIF3SfI4

[3] https://www.netwerk24.com/Sake/Ikt/digitale-revolusie-help-dokters-20181007

[4] https://www.youtube.com/watch?v=0MOJBxaKWXo&list=LLC7-ErbIS3FNtXIam108ffQ&index=35&t=265s

[5] https://www.youtube.com/watch?v=wNWvxexMri0