Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die vyeboom in die wingerd

#getuig #dravrug #voorbeeld #anders #lig #sout #geur 

Luke 13:6-9 Die Gelykenis van die VYEBOOM in die WINGERD 

Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: “’n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie, sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’ Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.”

“Beige must be your least favourite colour, for we are called to stand out not blend in.” 

Het jy al gevoel ‘nou waarom is ek tussen dié mense?’ Sedert die ontstaan van Israel staan God se mense soos ‘n vyeboom in ‘n wingerd. Abraham, Isak, Jakob, Josef in Egipte, Daniel in Babilon, Ester in Persië, Paulus in Rome. Wanneer ons, onsself skielik in die vreemde, tussen vreemde mense bevind. Moet ons vrug dra! Watter vrug soek die Here by ons as gelowiges, in ‘n wêreld wat toenemend hulle geloof grondves op die wetenskap, modernisme, populisme en self-beskikking.  As sout en lig (Mat 5:13-14) preserveer ons die samelewing teen verrotting en totale verval… nou is die tyd vir strategiese posisies van invloed en  gesag.  

Die gelykenis word vertel om ‘n appél te maak op God se uitgekiesde mense: Saam met die voorreg van kindskap, nasie-wees, kom die verantwoordelikheid om vrug te dra, anders kap die Here jou af of uit. ‘Kap hierdie vyeboom uit! Dit is nou al drie jaar dat ek aan hom kom vrugte soek en ek het nog g’n enkele vy gekry nie. Dis ’n vermorsing van goeie grond!’ ” Hierdie tema word ‘n paar keer herhaal, en daarom baie belangrik om op ag te slaan.  

Jesus vervloek die vyeboom Mark 11:13-4; 20-23; Mat 21:19 

Jesus stel Homself dus voor as die goeie landbouer, as Sy bome nie vrugte dra nie lê die fout by die boom, nie landbouer, saad, of grond nie. Soos die gelykenis van die Saaier ook verduidelik. Die vrugbare grond van die hart bepaal die opbrengs van die vrug. (Mat 13:1-16)

“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.” Joh 15:1-10

“Die byl lê klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.” Mat 3:10 

“Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.” Mat 7:17-19 

Die vraag is watse vrug soek die Here aan die Boom?? 

In hierdie skrif gedeelte is Jesus se aanklag teen die Jode gemik, Sy mense. Hy was 3jaar op aarde besig om Sy mense te bedien.  “Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.” (Mat 15:24) Wat kan ons uit die meerderheid Jode se vrugteloosheid leer, in terme van die vrug wat ons vandag moet dra?  

  1. Hulle het hulle nie bekeer nie (Joh 3:13). Bekering is ‘n daaglikse wyse, waar die Here ons rig en lei, soos om ‘n motor op die pad te hou, om in Sy geregtigheid te wandel en te leef. Dra dan vrugte wat by die bekering pas. (Mat 3:8) en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem (2 Cor 9:10) vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God. (Phil 1:10) 
  2. en het nie die tekens van die tye besef nie (Mat 16:3). Vrug dra is nooit werke en “performance” nie. Vrug is om op die regte tyd op die regte tyd te wees. Bid vir reën in die tyd van reën. (Sag 10:1) Samuel kan bid vir reën omdat die Here vir Hom gesê het om daarvoor te bid. (1 Kings 17 & 18) 
  3. en glo ook nie in die een wat God gestuur het nie. (Joh 6:29). ‘n persoonlike openbaring en nabyheid met Jesus self, om te doen wat Hy jou eerstehands sê is die bron, van ons vrugbaarheid. Mense wat by Jesus was en is dra altyd vrug. 
  4. God se mense se tempel/ekosisteem verteenwoordig nie God se tempel nie. “Die liefde vir u huis verteer my.” (Joh 2:13-21; Matt. 21:12-13; Mark. 11:15-17; Luk. 19:45-46)
  5. Hulle lewe demonstreer nie Sy koninkryk nie, dis vals, skynheilig, en dood. “Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom.” (Mat 23:36)

Die Jesus beweging het binne die bestek van vier eeue die dominante godsdiens van die Romeinse Ryk geword het. Hoe is dit moontlik dat ‘n klein geestelike oplewing in Galilea, Juda so gou oor die wêreld heen versprei het? Die vroeë kerk het Waardes soos barmhartigheid, wedersydse ondersteuning, selfbeheersing, respek vir lewe en liefde het talle mense oortuig dat die Christelike geloof van waarde is 

  • Boosheid soos diefstal, bedrog en jaloesie te vermy.
  • Gasvryheid te betoon aan vreemdelinge.
  • Mekaar te versorg en hulle kos met mekaar te deel.
  • Barmhartigheid teenoor alle mense te bewys.
  • Versorging en verpleging van siekes te behartig.
  • Huishoudings getuig van waardigheid, verantwoordelikheid, pligsbesef,
  • eerbaarheid en gehoorsaamheid.
  • Etniese verskeidenheid word aanvaar.
  • Vroue, kinders en slawe word met respek behandel.
  • Respek vir lewe voorkom aborsie en kindermoord.
  • Martelaarskap en die bereidheid om ‘jou kruis op te neem’

Die vyeboom in die wingerd storie is ‘n oproep tot die INDIVIDU om sy roeping as bousteen in die liggaam gebou van God ernstig op te neem. Die werk van die EEN bepaal die GEHALTE van die GEHEEL! Niemand in God se gebou/liggaam, kan verantwoordelikheid oorskuif na iemand anders nie! Ons moet elkeen ons heilige roeping In Christus vervul en vrug dra, daar waar God ons geposisioneer het!