Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Reg Geposisioneer vir Seën

So baie mense voel deesdae, ek is in die verkeerde werk, familie, lyf, huwelik, kerk, dorp! “Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.” Lelies groei omdat hulle in die regte habitat geposisioneer is!! 

Ons huidige lewensrealiteit is geskep deur TWEE INVLOEDE:

(1) Interne biologiese faktore en eksterne invloede soos kultuur, opvoeding, taal, godsdiensoortuigings

(2) Ekonomiese stand.  

  • Ons kan nie ons LIGGAME “inruil” nie, net beter na dit kyk!  
  • Jy het nie jou bloed FAMILIE gekies nie, maar jy kan deel word van ‘n geestelike familie waar jy floreer!
  • Ons het egter ons HUWELIKSMAATS self gekies, en elke dag kies ons weer en weer om OF dieper te bind, of weg te trek.  
  • Jy het jou WERK gekies, niemand forseer jou om daar te wees nie, maak jouself óf onmisbaar óf soek ander werk.  
  • Jy het nie die DORP van jou herkoms gekies nie, maar jy kan kies hoe jy jouself gaan ontwikkel en daar bly of ander plekke eksploreer. 

GROEI daar waar jy GEPLANT is! 

Die punt is: Jou POSISIE Bepaal Jou!  

In enige storm soek mens skuiling by ‘n plek van veiligheid. Jou gegewe posisie bepaal uiteindelik of jy die storm gaan oorleef of nie.  

Daar kom soms wonderlike geleenthede oor mens se pad net omdat jy op die regte tyd en plek die regte mense ontmoet.  

In ‘n hindernisbaan moet mens deurentyd die beste posisie of roete soek om die hindernisse die beste manier oor te steek.  

In muurbal veg die spelers vir die “middel-T” op die baan, die beste posisie om die spel te oorheers.  

Een van die mees belangrikste elemente van langafstand fietsry, is jou posisie op die fiets, wat presies volgens jou liggaamsbou bepaal word.  

Die Regte WEG!

Is Bybelse taal vir die beste posisie van lewe.  

U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig. Ps 16:11 

Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! Ps 139:24

Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. Mat 7:13-14

In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree; Pro 4:11

Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie. Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby; Spr. 4:14

Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe. Spr. 4:18

Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid. Spr. 4:26-27

Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. Prov 16:25

Elke weg van ‘n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte. Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers. Pro 21:2-3 

Every decision has an outcome, and every path has a destination.” 

― Andy Stanley

Die Gawe van Geregtigheid 

Kom ons definieer die beste POSISIE van lewe, uit al hierdie skrifte wat ons sover behandel het. 

  1. ONTVANG en EIEN Sy geregtigheid as jou ware posisie:  
    • Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Mat 6:33; 
    • Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. 2 Kor 5:21;
    • Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. Rom 5:19 
    • sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here. Rom 5:21 
  2. Die VRUG van hierdie regte posisie is: Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Rom 8:17 
  3. Omdat ons God se WIL verstaan, en Sy wil ken, kan ons die lewe reg BENADERDaarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig — Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. Kol 1:9-14 
  4. Uiteindelik is ons beste en regte posisie: GEHOORSAAMHEID! Ons doen net wat Hy ons sê om te doen.  Daarin vind ons rus, vrede, blydskap, en ryk vervulling! Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, n bewerker van ewige saligheid geword. Heb 5:8 

Deur gehoorsaamheid aan die Here:

  • Het 120 dissipels eendragtig hulleself geposisioneer in ‘n bovertrek en die uitstorting van die Heilige Gees ontvang. “En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.” (Han. 2). 
  • Deur gehoorsaamheid aan die Here het Ananias vir Saulus gaan bid en salf (die gevreesde martelaar van gelowiges) wie die skrywer van die NT sou word (Han. 9:10-16).
  • In gehoorsaam aan die Here om sy roeping van God na die heiden nasies te vervul het Paulus die storm op die see oorleef (Hand. 27:13-36). 

Transformering in Posisionering

In hierdie lewe blyk dit uit die geskiedenis dat die mensdom nie altyd toegee tot wat reg en waar is nie.  Verder is gewisse dood die einde van elke mens.  Om ‘n lewe te leef van betekenis en ‘n doelgerigte skeppingsdoel transformeer hierdie donker negatief in ‘n heerlike positiewe lig.  

Wanneer ons iemand se lewe vier, tydens ‘n gedenkdiens ontvang ons berusting as die persoon ‘n vol lewe van diensbaarheid en deernis vir ander geleef het! 

Posisioneer jouself:

  • vir optimale GROEI en SEËN vir andere! 
  • in gehoorsaamheid in die PLEK waar die HERE jou roep en jy sal moeiteloos groei en floreer!!
  • in REGLEEF en REGDOEN as die beste posisie van lewe! 

Vyfvoud-Bediening Bloodstelling

In ons gemeente sien ons mense die meeste geestelik floreer wanneer hulle gereeld aan die vyfvoud-bedieninge blootgestel word (Ef. 4:11):

  1. Bybelskool – Leraar
  2. Huiskerk – Herder
  3. Sending/bedieninge – Apostel
  4. Gebedsaande – Profeet
  5. Mentor iemand of word deur iemand gementor – Evangelis

“And [His gifts to the church were varied and] He Himself APPOINTED some as apostles [special messengers, representatives], some as prophets [who speak a new message from God to the people], some as evangelists [who spread the good news of salvation], and some as pastors and teachers [to shepherd and guide and instruct], 

12 [and He did this] to fully EQUIP and perfect the saints (God’s people) for works of service, to build up the body of Christ [the church]; 

13 until we all reach ONENESS in the faith and in the KNOWLEDGE of the Son of God, [growing spiritually] to become a mature believer, reaching to the measure of the fullness of Christ [manifesting His spiritual completeness and exercising our spiritual gifts in unity]. 

14 So that we are no longer children [spiritually immature], tossed back and forth [like ships on a stormy sea] and carried about by every wind of [shifting] doctrine, by the cunning and trickery of [unscrupulous] men, by the deceitful scheming of people ready to do anything [for personal profit]. 

15 But speaking the TRUTH in love [in all things—both our speech and our lives expressing His truth], let us grow up in all things into Him [following His example] who is the Head—Christ. 16 From Him the whole body [the church, in all its various parts], JOINED and knitted firmly together by what every joint supplies, when each part is WORKING properly, causes the body to GROW and mature, BUILDING itself up in [unselfish] love. – Eph. 4:11 (Amp.)

Categories
Preke

10 Geestelike oorlog strategieë in tye van angs en onsekerheid

‘n Briljante oorlogstrateeg beskerm sy voorsieningsnetwerk. ‘n Goeie generaal weet dat ‘n honger soldaat niks werd is nie. Gewere kan nie ‘n skoot afvuur sonder ammunisie nie, so kan geen tenk, vliegtuig of helikopter vlieg sonder brandstof nie. Die weermag se krag hang nie net af van hulle aanval tegniek en algehele vaardigheid in die voorlinies nie, maar die algehele logistiek en administrasie van hulle voorsieningsnetwerk. Omdat almal dit weet, word die voorsieningsnetwerk gewoonlik ook eerste aangeval, daarom moet ekstra pogings aangewend word om die voorsieningsnetwerk te beskerm. Deur die eeue is oorloë gewen of verloor op sterkte van die krag van die voorsieningsketting. [1]‘n Land, sakeonderneming en gemeente is so sterk soos die doeltreffendheid van hulle voorsieningskettingbestuur. [2] Die fokus op die voorsieningsnetwerk is dus nie vrees-gebaseer nie, maar ‘n strategiese geloofsfokus om die oorwinning te behaal. In tye soos hierdie is dit noodsaaklik dat ons as gesin, aan die werk moet spring, almal moet deelneem, almal moet verantwoordelikheid neem om saam te dink, saam aan oplossings te werk, en ons voorsieningsnetwerk ten alle koste te beskerm. Die ware helde van die dekade gaan die sakeleiers wees wat die meeste werk kan skep. Die koninkryk van God se vooruitgang en vordering werk geheel en al anders as aardse regeringstelsels. Wanneer mense oorlog voer met mekaar gaan dit oor grondgebied en die magsbeheer oor voorsieningskanale. Om hierdie beheer te bekom, word lewens op die spel geplaas, vyande gemaak, verwoesting gesaai, totdat iemand oorgee. In God se koninkryk gee ons al in die begin die beheer oor ons hele lewe aan die Here oor. In hierdie geestelike stryd soek God die grondgebied van mense harte. In die Here se oorlog word harte versoen, vrede gemaak, harmonie verkry en vrede aangekondig! Die oogmerk van elke volgeling-van-Jesus-soldaat is om soveel as moontlik mense te genees – die volkome genesing van die totale mens. Die koninkryk van God is nog altyd sonder ophou in ‘n worstel stryd met bose regerings, onregverdige ekonomiese stelsels, en ongelyke lewensomstandighede. (Gal 4:29) Daniel, Nehemia, Ester, Esra, en feitlik al die profete is geskryf onder die druk van ‘n vyandige regering. Veral in Jesus se tyd, asook die lewe van die apostels en die vroeër kerk was geensins maklik nie. Die teologie van die vroeë kerk is nie in sinodes of rade gebore nie, maar in direkte sonlig van bloeddeurdrenkte kolossale en katakombes, die donker bedompig reuk van die dood. Gelowiges is op ongelooflik wrede maniere vermoor. Sommige is soos skape keelaf gesny, ander met teer gesmeer en aan die brand gesteek, ander met klippe doodgegooi, ander doodgeslaan, ander in stukke gesaag, ander onthoof, ander verdrink, ander vasgemaak om in die son dood te brand, ander vir wilde diere gegooi, ander aan wilde diere vasgemaak om verskeur te word. Vroue en dogtertjies is voor hul geliefdes verkrag en soms ook deur bendes verkrag tot hulle dood is. Ander is uitgehonger of as slawe verkoop.[3] Sien (Heb 11:37-39) Ten spyte van hierdie uiters moeilike omstandighede het die kerk besonder vinnig gegroei. Die Christelike geloof het binne die bestek van vier eeue die dominante godsdiens van die Romeinse Ryk geword het. Die Jesus-beweging, wat in ’n afgeleë deel van die Romeinse Ryk ontstaan het, het in ’n relatief kort tyd tot ’n belangrike godsdiensgroepering ontwikkel. Miljoene Christene, vanaf Indië in die ooste tot Brittanje in die weste, van Duitsland in die noorde tot Ethiopië in die suide, het ’n al groter rol in die Romeinse Ryk gespeel. Die feit dat elke gelowige en volgeling van Jesus onder hierdie moeilike omstandighede waardes soos barmhartigheid, wedersydse ondersteuning, selfbeheersing, respek vir lewe en liefde betoon het vir alle mense het die geloof aantreklik gemaak. [4] Die kernbasis van hoe God enigiets doen is: Familie en Geloof. God plant ‘n saad van geloof in die eerste aartsvader Abraham, en ‘n geestelike geloofsfamilie, volk en nasie kom tot stand. God stuur Sy enigste geliefde Seun en deur die wat in hom glo, kom ‘n hele nuwe familie-nasie tot stand. God se werkswyse het nog nooit verander deur die geskiedenis nie. Daarom is die oorlog strategie wat God gebruik dikwels in die teenoorgestelde rigting as die van die wêreld.

1)Ons is alreeds ryk in God. Die Here sal Sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen, te seën. Dan sal jy aan baie nasies kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie. (Deut 28:12) as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles. (2 Cor 6:10) Ons bedien, leef en gee dus vanuit Sy volheid. Ons waarde is nie in ons vermoëns of prestasies, besittings of regte nie. Ons leef nie meer nie, ons is saam met Jesus gekruisig. Ons waarde lê in Sy geregtigheid, heiligheid, godsvrug, genadegawes wat Hy ons gratis sonder verdienste skenk het en in ons werk. (Philemon 1:6)

2)Gees van Samehorigheid Goddelike eenheid, verbondenheid en samehorigheid vloei uit ’n gedeelde geestelike ervaring, naamlik dat Christus ons waarheid is. “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh. 14:6, NAB). Op die geloofspad wat ons saam aandurf en beleef, word hegte bande van samesyn gesmee. Sien: (Acts 1:12–14; 2:5–13; 2:42–47; 4:32–37; 2 Cor 9:8–15; Rev 14:12)

3)Gees van wysheid en insig. “En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.”Isa 28:26Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid. (Isa 28:29) En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak (Exo 31:6; 35:34) Praktiese wysheid is om te weet, wie wat om die regte tyd moet doen. Ons gaan al hoe meer van hierdie Jesus-wysheid sien. Hy is die teenwoordigheid van wysheid en insig in ons.

4)Genesing MandaatJesus is genesing: Dit is hoekom Hy mens geword het, gesterf het en opgestaan het! Omdat Hy ons liefhet en gesond wil sien![5]en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. (1 Cor 2:5) Sien ook: (Acts 10:38; Mark 16:17)

5)Herderlike verantwoordelikheid Jesus se liefdes opdrag aan Petrus is om ‘n herder te wees. Seker te maak dat hy sy skape en lammers voed, en versorg. (John 21:15-17)Ons het elkeen ‘n verantwoordelikheid teenoor die mense om ons. In Christus se voorbeeld het God die gees van Kain in ons uitgewis. Hy bied ‘n verskoning: “Is ek dan my broer se oppasser?” Jesus het onskuldig ons sonde aan ‘n kruis verduur, sodat ons verlossing kan ontvang. Dit is die absolute hart van die gelowige, ons is mede verantwoordelik vir mekaar. (Gal 6:2) sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. (1 Cor 12:25)

6)Belê in verhoudingsnetwerk Die onregverdig bestuurder, wetende dat hy sy werk gaan verloor, gaan koop die guns van sy eienaar se skuldeiser deur van hulle skuld vry te skeld. (Luk 16:1-13) Dit is een van die primêre manier hoe ons die voorsieningsnetwerk stabiliseer en oophou. Goeie gesonde, mooi verhoudings. Regverdig: beide betaal, beide gee iets op.

7)Wat is in jou hand “Please bring me a morsel of bread in your hand.” (1 Kings 17:11) Die vermenigvuldiging van die brood en vis (Mark 6:30–44; Luke 9:10–17; John 6:1–14)God se mense het altyd iets in hulle hande. Ons harte, gesondheid, gesindheid, ingesteldheid is nuutgemaak. Ons kan altyd iets gee.

8)Deel wat jy het. “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat nie het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.” (Luk 3:11) Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees. (1 Joh 3:17) Sien ook: (Acts 2:42, 45; 1Tim 6:18; Heb 13:16) Verniet het ons ontvang, verniet gee ons uit. Dit is die vrug van ‘n hart wat nuutgemaak is in Christus – vrygewigheid. Geen mens wat ‘n duur geskenk ontvang, is suinig nie. Jy wil graag dit met jou vriende deel. Christus is die pêrel van groot waarde, die onvervangbare onskatbare geskenk van ewige lewe.

9)Diversifiseer Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug.Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die aarde; of ‘n boom nou suid of noord val, dit bly lê waar dit geval het. Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. “die volk was met hulle hart in die werk” (Eccl 11:1-4)

10)Die mense se hart was in die werk. Die mense se hart was in die werk. (Neh 4:6) Ons bid en vertrou dat die Here deur die virus, ‘n baie dieper kanker uit die mensdom gaan uitsny, en dit is die gees van “entitlement”. Dis ‘n gees van die Antichris, wat wil hê waarvoor hy nie gewerk het nie, en nie voor aangestel is nie. Ware geneeskunde is met die oog om mense te herstel om weer optimaal te kan funksioneer.

[1] https://alu.army.mil/alog/issues/novdec08/spplyline_war.html

[2] https://www.sdcexec.com/home/article/10289998/the-art-of-war-and-supply-chain-management-applying-sun-tzu-to-supply-chain-management

[3] Riekert Botha, Openbaring ontsluit: ‘n verrassende perspektief op die laaste boek in die Bybel.

[4] Wim. A Dreyer. Praktiese ekklesiologie en kerkwees in die 21ste eeu. Bl 65

[5] https://www.hrco.co.za/4651-2/