Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

VOORDELE om Ten Spyte van LYDING Aan Te Hou Om Die Here Te Dien

Sondag 12 Maart

Die VOORDELE om ten spyte van Lyding die Here steeds lief te hê

Iemand vra die vraag: “Hoekom kry die kinders van die Here so swaar?” 

Waarheid is paradoksaal en ‘n antinomie:

  • God is Liefde, maar God is Regverdig.  
  • Jesus was volkome mens soos ons, maar Hy was ook God.  
  • God wil hê ons moet ons bekeer, maar as kan nie onsself red nie, redding is ‘n genadewerk.  
  • Die oorvloedsteologie staan in kontras met lydingsteologie, en blyk op geen manier versoenbaar te wees nie. Die een groepering verheerlik voorspoed as die hoogste vorm van spiritualiteit, die ander armoede.  
  • Vele gelowiges se fisiese situasie is soms benard, armoedig, sieklik en vol swaarkry en teenstand.  In teenstelling is daar net soveel gelowiges wat wel getuig van bonatuurlike genesing, voorsiening, voorspoed en deurbrake!  
  • Uit ervaring sien ons ook, dat sommige goeie mense meer lyding verduur as ander? Hoe dan nou? Doen hierdie mense iets verkeerd? Is hulle vervloek? Sommige sal ja antwoord op hierdie vrae, en dan ‘n oorsaak en gevolg teologie propageer, wat ook na nêrens lei nie.  

Die ouens wat net oorvloed teologie preek, sukkel om swaarkry reguit in die oë te kyk, daaroor eerlik te wees, en te erken dat hulle swaarkry.  “Jy kan dit nooit doen nie”, sê hulle, want dan praat jy teen jou geloof.  Dan was Paulus sekerlik nie deel van die geestelike eliteklub van triomfalisme nie!  

Daarenteen is diegene wat leer dat “lyding, siekte en swaarkry God se wil is om ons karakter te ontwikkel”, ook in die moeilikheid want Abraham, Isak en Jakob was nie arm nie, en regleef en regdoen lei uiteindelik na finansiële voorspoed.  Moet ryk gelowiges dan eerder alles verkoop en die pad van armoede loop om werklik God se wil te doen?  Die Bybel vra dit nie. 

Om Die Seën in Swaarkry Te Besef

Die waarheid is dat daar in beide VOORSPOED en LYDING ‘n voorsiening en seën vir ons in opgesluit is.  Beide voorspoed en seën het ook inherente gevare, wat mens op ‘n dwaalspoor kan lei, ten koste van jou siel.  

Die oorlog is om jou geloof te behou – beide lyding en voorspoed kan daartoe ly dat sommige afvallig raak.  Die sleutel is om die HERE VOLUIT TE BLY DIEN ten spyte van voorspoed of lyding.  

Met seisoene kom voorspoed en seën soms albei op een dag voor, die oggend beleef ons ‘n moeilike ondraaglike situasie, om die middag ‘n wonderlike positiewe belewenis te hê.  Verder weet ons: daar inderdaad ‘n seën in elke sleg opgesluit lê, en ‘n moeilike offer in elke seën. Iemand wat nou-net ‘n groot som geld ontvang, het nou nuwe bekommernisse om dit te behou, en beskerm teen mense se hebsug.  

Ons moet derhalwe die voorsiening in lyding raaksien, om God se beplande voordeel vir ons te verstaan.  Ons moet ook verstaan, dat ons leiding nie alleen van God kom nie. Soms ontbeer ons lyding as gevolg van andere se sonde. Ander kere ontbeer ons lyding a.g.v. ons eie sonde en ongehoorsaamheid. Lyding oor die aarde is soos golwe wat soms in intensiteit groter is as op ander tye.  

Die voordele van LYDING is alleenlik beskore vir die wat vir die Here liefbly, en nie hulle harte teen die Here verhard nie: En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, (Rom 8:29) 

Lyding Produseer: 

  • Lyding produseer Sy VRUGTE van GEREGTIGHEID.  “maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.” (Rom 5:1-2) 
  • Lyding bewerk ‘n onverganklike gewig van HEERLIKHEID. “Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” (2 Kor 4:16-18) 
  • Lyding maak ons HEILIG. AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. (Jak. 1:2-4) 
  • Lyding wat enduit verduur word VERHEERLIK die Here. Ons word die Here se juwele deurdat die Here sy werk in ons voltooi.  Daarin verheug julle jul, al word julle nou — as dit nodig is — ’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus. (1 Pet 1:6-7) 
  • Lyding leer ons God se ONTSNAPPINGSROETE. Iemand wat deur lyding gehoorsaamheid geleer het, ontvang antwoorde en sleutels, wat self getoets en beproef is in die lyding, en derhalwe ons gesag gee om ander te help. Ons word dus outeurs, skrywers en voorgangers van God se oplossingsplan. “Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword.”  (Heb 5:8) 
  • Eerste-handse ERVARINGvan God se troos. Om die troos wat van die Here kom ook met ander te deel.  “God, die Vader van ons Here Jesus Christus, word geprys! Hy is die Vader van meelewing en die God wat in elke opsig bemoedig4In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het. 5Net soos ons ’n oorvloed ontberings ter wille van Christus deurmaak, só beleef ons ook oorvloedige bemoediging deur Christus se bemiddeling. 6As ons dus swaarkry, is dit ter wille van julle bemoediging en verlossing. Want as ons God se bystand beleef, is dit sodat ons julle weer kan bemoedig. So kan julle met volharding die ontberings trotseer wat ons ook moet deurstaan. 7En ons verwagting wat julle betref, staan op stewige bene: Ons weet dat net soos julle deel het aan die ontberings, julle ook só deel het aan die bemoediging. 8Ons wil nie hê dat julle, liewe broers en susters, oningelig moet wees oor ons swaarkry in die provinsie Asië nie. Om die waarheid te sê, ons is ver bo ons kragte belas, met die gevolg dat ons selfs moed verloor het om te bly lewe. 9Dit het eintlik vir ons gevoel of ons die doodsvonnis ontvang het sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op dié God wat die dooies opwek. 10Dit is Hy wat ons van só ’n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Hý is ons verwagting; Hy sal ons altyd weer red. 11Daaraan werk julle saam deur ook vir ons te bid. Die gevolg is dat die gebede van baie mense ’n genadegawe vir ons bring en dat daar ook baie mense is wat Hom vir ons dank.” (2 Kor 1:3-11)
  • Lyding verander ons WAARDES. Lyding maar ons meer bewus van dade met ewigheidswaarde. “Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.” (2 Kor 4:7-10) 
  • Lyding leer jou om God se gereedskapskis en arsenaal van geestelike WAPENS te gebruik.  “En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie. Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil. Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie; maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede; in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly; in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde; in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter- en linkerhand; deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig; as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie; as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.” (2 Kor 6:1-10)
  • Lyding maak ons bewus van ons behoefte vir GEMEENSKAP.  Ons leef nie in isolasie van mekaar nie.  Alhoewel pyn mens na binne gerig maak, en jou isoleer, is die pad van genesing om jou pyn te deel en weer met ander te skakel.  “Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is. (Kol 1:24) 
  • IN lyding ontdek ons die KONINKRYK van God. “Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.” (Hand. 14:22) En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ’n verterende vuur.” (Heb 12:27-29) 

Maar alle lyding wat nie lei tot ‘n verdieping van jou geloof nie, kom tot niks! Lyding rig ons terug na God se skoot, en Sy omhelsing! Want net Hy kan troos, en ons die geskenk van geloof gee… waarsonder ons nie kan voortbestaan nie. 

Die hele Bybel is mense se geloofstories van lyding, waar mense deur die geloof God se voorsiening, genesing, bevryding en verlossing in hierdie lewe verkry het:  

  • Gebede wat beantwoord word is brandstof vir ons geloof.  
  • Oorwinning en uitkoms getuienisse versterk mens innerlik om aan te hou reg doen. 
  • Die bewys van ons geloof is die triomf, oorwinning, deurbrake, en voorsiening dat ons ‘n lewende betrokke-in-ons-lewens God aanbid.  
  • Lyding produseer die karakter om rykdom en geestelike gesag reg aan te wend.  
  • Rykdom en voorsiening is die Glorie van God hier op aarde soos wat dit in die hemel is, maar met God in die middel op die troon! 
  • Die punt van die loutering is die goud op die einde.  God se heerlikheid absorbeer lyding, en gee ons lewe ware betekenis.  

Uiteindelik hou ons aan om die Here te dien, goed te doen, te gee, lief te hê, te dien en ons lewe Hom LOF en EER te bring!!