Categories
Jesus die beste lewe

Die lyding van Jesus Christus

Jesus verstaan lyding en leer ons nie om dit te probeer ontwyk of vermy nie, maar eerder deur die lyding ons geloof te behou.

Ons kan nie help wat met ons gebeur nie, maar ons kan besluit hoe om oor ʼn gegewe situasie te dink en dit positief, met insig en goddelike perspektief, te hanteer.

VYF ABSOLUTE WAARHEDE:

  1. God is almagtig
  2. God is liefdevol
  3. God is al-wys
  4. God is ewig
  5. Satan en boosheid bestaan

Ateïste en ongelowiges stop gewoonlik by die eerste twee ewige waarhede, naamlik dat God almagtig en liefdevol is, en vra dan die vraag: “Hoekom doen ʼn almagtige en liefdevolle God nie meer om die seer, pyn en lyding in die mensdom te verlig nie? Met hierdie denkwyse kom hulle tot die gevolgtrekking dat God nie bestaan nie. Tog erken hulle dat boosheid bestaan. As boosheid dan bestaan, sonder ʼn persoonlike God, sou die wêreld mos oorweldig word deur boosheid?

ONS HET PYN EN LYDING NODIG:

Om nie pyn te kan ervaar nie, is lewensgevaarlik.

Om nie emosionele pyn te voel nie, maak mense gewetenloos.

Sonder pyn word ons nie sterker nie en bou ons nie kapasiteit op nie. Dit word mooi geïllustreer in die animasiefilm, WALL-E. In die fliek doen robotte alles vir die mensdom terwyl mense net in hulle stoele lê, gewig optel en TV kyk.

Jesus verstaan lyding en leer ons nie om dit te probeer ontwyk of vermy nie, maar eerder deur die lyding ons geloof te behou. ʼn Man van lyding wat pyn geken het(Jes 53:3). Die Skrif som Jesus se lyding en oorwinning so op: DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie(Heb 12:2-3).

Vir geloof om blywend te word in jou lewe, moet jou geloof getoets word. Geloof of liefde wat nog nooit getoets is nie, hou nie. Hulle laat dit egter nie in hulle wortel skiet nie en hou nie lank uit nie. As hulle daarna ter wille van die woord verdruk of vervolg word, word hulle gou afvallig(Mark 5:17). As ons afvallig word, verloor ons die ewigheid en die rykdom wat God vir ons in Christus bestem het. Hierin is sy volkome liefde geopenbaar. Ons het lyding nodig. Dit is goed vir ons: Maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe (Ps 66:12).

In Hebreërs 5:8 lees ons: Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het.Hy is ons Leidsman op hierdie weg. Beteken Hebreërs 5:8 dat Jesus vol sonde was? Nee! Sommige beleef lyding, maar dis a.g.v. hulle eie sondige dade en keuses. Christus het egter gely alhoewel daar geen sonde in Hom was nie (Heb 4:14; Heb 7:26; Heb 9:14).

  1. Lyding
  2. Wag
  3. Gehoorsaamheid
  4. Vervolmaking
  5. Outeur

LYDING IS WINS:

Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ʼn kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus (1 Pet 1:6-9).

Paulus verbly hom selfs in lyding: En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is (Rom 5:3).

My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon (2 Kor 12:9).

NOU verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is (Kol 1:24).

Paulus roem in hulle volharding in lyding:

. . . sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur(2 Tess 1:4).

Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg (Matt 5:12).

Julle geloof is ʼn offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly. Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees (Fil 2:17).

Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. In al ons sorge is ek vol moed en oorstelp van blydskap (2 Kor 7:4).

Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid (2 Kor 8:2).

Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid (1 Pet 4:13).

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom (Jak 1:2).

 

Die apostels het van die Raad af weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly (Hand 5:41).

 

Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed (Rom 12:12).

GOD IS SOEWEREIN:

 

Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.

Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien (Job 42:2).

Nou hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is (Rom 9:16).

Want die wêreld is myne en sy volheid (Ps 50:10-12).

God is in beheer van alles, maar Hy beheer nie alles nie.

Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie (Deut 32:39).

Die Here maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom. Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy (1 Sam 2:6-8).

Alles wat die Here behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde(Ps 135:6).

. . . wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die Here, is dit wat al hierdie dinge doen(Jes 45:7).

Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is (Rom 9:14-24).

Josef sien uiteindelik dat Sy lyding ’n voorsiening van die Here was:

Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle ’n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot ’n groot verlossing(Gen 45:4-8).

Alles het die Here gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil(Spr 16:4).

SO sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die Here wat alles volbring(Jes 44:24-28).

Sal daar ’n onheil in die stad voorval as die Here dit nie bewerk het nie?(Amos 3:6).

Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring(Hand 2:22-23).

. . . om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind(Hand 4:23-30).

LYDING WORD VEROORSAAK DEUR:

  1. My sonde (Rom 3:23)
  2. Iemand anders se sonde (Jer 32:19)
  3. Die sondigheid en gevolglike gebrokenheid van die mensdom en Aarde (Rom 8:20)
  4. Lyding wat God direk toelaat as tugtiging (Heb 12:5-11)
  5. Lyding a.g.v. sataniese vervolging: Ons goeie dade is nie ons veilige net sodat ons vervolging, verdrukking en swaarkry vryspring al doen ons goed nie (Fil 1:29; 1 Pet 3:17)

Om te weet wat die oorsaak van my lyding is, neem nie die lyding weg nie, ek kry moontlik net meer perspektief oor om herhaling te voorkom. tyd moet dus maksimaal gebruik word om eerder praktiese oplossing in die Here te vind.  “Wat wil u hê moet ek doen, Here”.

HOE MOET ONS LYDING HANTEER?

Vier Apostoliese gebede:

Soms lyk dit vir my of God aan ons wat apostels is, die heel agterste plek in die prosessie toegeken het. Ons is soos terdoodveroordeeldes wat in die arena moet sterf, ’n skouspel waarmee die hele wêreld spot – engele sowel as mense.

Ons toewyding aan Christus laat ons dwaas lyk, maar julle is mos die Christene wat weet! Ons is broos, maar julle is die sterkes. Julle is die mense van aansien, maar ons is die veragtes. Tot nou toe ly ons honger en dors, ons is skamel aangetrek; ons word geslaan en het geen tuiste nie. Ons moet swoeg deur met ons eie hande te werk. Ons seën dié wat ons uitskel. Ons is geduldig met hulle wat ons vervolg. Ons bly vriendelik wanneer ons beskinder word. Ons het die uitvaagsels van die wêreld geword, almal se sondebokke. En so is dit nog steeds  (1 Kor 4:9-13).

Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie. Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie. Ons dra altyd die sterwe van Jesus in ons liggaam saam sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam. Gedurig word ons wat nog lewe, ter wille van Jesus aan die dood uitgelewer sodat die lewe van Jesus ook in ons sterflike liggaam sigbaar kan word. Gevolglik is die dood in ons aan die werk, maar in julle die lewe (2 Kor 4:7-12).

In elke opsig laat ons ons ken as diensknegte van God, ook in ons volharding en swaarkry, ontbering en nood. In die tronk, onder katshoue, onder swaarkry, in oproere, in hongersnood het ons met nougesetheid opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid, deur betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die boodskap van die waarheid en in die krag van God. Ons tree op met diewapens van geregtigheid in ons regter- en linkerhand, in eer en oneer, in veragting en aanprysing; soos verleiers, en tog is ons opreg; soos onbekendes, soos mense wat sterwend is, en kyk, ons lewe; soos swaar gestrafdes, en tog is ons nie doodgemaak nie; soos hartseer mense, en tog is ons altyd blymoedig; soos bedelaars, maar ons verryk baie mense; soos mense wat niks besit nie, en tog besit ons alles(2 Kor 6:4-10).

Wat harde werk betref, uitermate; wat tronke betref, uitermate; wat katshoue betref, in die oortreffende trap; in doodsgevare was ek dikwels. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry; drie maal is ek met stokke geslaan, en een keer is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een van daardie kere het ek ’n dag en ’n nag op die oop see oorleef. Ek was dikwels op reis; in gevare van riviere; van rowers; van my volksgenote; van heidene; gevare in die stad en in verlate gebiede; gevare op see en gevare onder vals medegelowiges. Ek weet van harde werk en swaarkry, van baie nagte se wakkerbly, van honger en dors; van dikwels sonder kos te moet klaarkom, van koue en sonder klere wees. Behalwe al dié dinge, was daar nog elke dag die bekommernis oor al die gemeentes(2 Kor 11:23-28)

LYDING AKTIVEER GROTER OUTORITEIT EN GEESTELIKE GESAG:

Jesus word outeur, dus ʼn gesag om te kan praat of skryf a.g.v. dit wat Hy tydens Sy gehoorsaamheid geleer het (Heb 5:8-9). Ons sien dit ook in die lewe: Mense wat Jesus bly volg het en gedoen het wat Hy tydens lyding gesê het, dra geestelike gesag dra. Mens kan dit letterlik aanvoel as hulle praat.

Lyding gee jou diepte. JY groei afwaards en word gegrondves.

Jesus se dood en opstanding het Hom die naam bo alle name gemaak (Ef 1:20-21).

Sy lyding het Hom sekere geestelike gesag gegee. As jy deur jou lyding volhard, jou geloof behou, en doen wat die Here sê om daardeur te kom, lei dit tot geestelike gesag. Ons luister na sprekers omdat hulle ʼn sekere gesag toon oor ʼn onderwerp. Hoe het hulle daardie gesag verkry? Hulle studeer lang ure en betaal die prys van tyd, moeite en groot finansiële onkoste. Niks kom sonder ʼn prys nie!

Ons sukkel met die lewe en ons soek antwoorde. Ons probeer en probeer weer. Ons volhard soms sonder om enige resultate sien. Ons misluk en probeer iets anders. Ons leer, ons ontdek, ons analiseer, ons groei! Dit is hoe God met ons werk. Die pad op is die pad af. Eers die fondamente (die onsigbare, oninteressante, ondergrondse deel van die konstruksie) en dan die sigbare en heerlike gebou. As die fondasie nie solied en sterk is nie, kan die gebou nie bly staan nie – veral nie tydens stormwinde nie.

Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig (2 Kor 4:17-18).

Josef se lyding het hom die kapasiteit gegee om in een dag koning te word.

Paulus se lyding het hom die diepte gegee om die meeste van die NT te skryf.

Moenie jou lyding verag nie. Moet ook nie probeer ontsnap en ontvlug nie. Leer watter lyding jy moet aanvaar en jou aan die proses moet onderwerp, en watter jy nie moet aanvaar nie. Laat die Heilige Gees jou lei. Uiteindelik is die oplossing Jesus! Behou die Jesus-denke, -perspektief, -handeling, -karakter en morele standaard te midde van jou krisis.

 

Pain and suffering

My two companions

The agents of change

God is placing in my life!

I want to allow Him

to do this work in me

through them

Why then is it so tough?

Don’t I trust?

Oh, to submit to the process of God in my life … to let go of

the past

To partake of the new …

To allow the Holy Spirit

To be the interior decorator

of my heart

Why is it so difficult?

What is holding me back?

Fear and pride, they are no friends of mine,

Have come to visit once again

I think I would like to trade them for humility and meekness …

In them there is a rythm of grace

Where we will be safe

The cost is high … It’s everything … denying of self … death to self and my own will …

I consider the cost … let it be with me according to Your word,

Your will!

 

Chantál

2 Julie 2014 om 21:51

Categories
Preke

Vind Sy Vreugde in Tye van Terreur

Ons almal word geraak deur die geweld van moord in ons land. Elke groepering in SA prioritiseer die terreur waar dit hulle die diepste raak. Die bende geweld in die Kaap, Studente moorde in Stellenbosch, die moorde in plakkerskampe, en natuurlik plaasmoorde. Die onlangse slagting in Texas, waar een man vanuit sy hotelkamer op mense begin skiet het, dui daarop dat die terreur nie net in SA plaasvind nie. Dan is daar die voortslepende terroriste aanvalle in London, Parys en Duitsland.

Die plaasmoorde raak ons as landbou gemeenskap sekerlik die diepste, omdat ons boere is, en afhanklik is van die landbou.  Flip Buys, voorsitter van Afri-forum skryf: “Plaasterreur raak ons harte Moordenaars het my grootworddorpe se name met bloed besmeer. Boerebloed. Sannieshof, Ottosdal, Leeudoringstad, Wolmaransstad. Hierdie name klink soos klippe op die sinkdak van my kindertyd se plaashuis as ek die moordnuus hoor. Rampokkers verbrand my herinneringe aan geboue in Lichtenburg, Coligny en Schweizer-Reneke. Delareyville en Bloemhof verval van verwaarlosing. Hierdie dorpe is my grootwordplekke: gebore op Delareyville, laerskool in Sannieshof, “dorp toe” gegaan in Lichtenburg. Die hartseer nuus maak seer. Die ergste is die wreedaardige moorde, veral op weerlose plaasvroue en oumense. Dit laat mens rooi sien.”[1]

Die #stopdiemoorde sosiale media veldtog versprei soos ‘n veldbrand, want ons het versadigingspunt bereik. Dis is nou genoeg.  Die vraag is natuurlik, wat gaan ek doen?

Want die kantelpunt in ons geskiedenis kan oorval na verder geweld en ‘n burgeroorlog, of geestelike herlewing.

Moord en slagting is nie vreemd in die Bybel nie.  Inteendeel in die NT was die uitmoor van Christene algemeen, en niemand is nie daardeur geraak nie.  Oor die 20 eeue van die Christelike geloof is sowat 70 miljoen Christene vermoor. En hierdie getal groei steeds in die nuwe millennium, aangesien meer as 400 nuwe martelare elke dag vermoor word. [2]

Bill Johnson se preek, “The discipline of Joy[3]” wys ons daarop, dat God se manier om ons te versterk te midde van tye van swaarkry is – VREUGDE.  Inteendeel die mate van jou vreugde, bepaal die mate van jou sterkte.  Die opdrag maak glad nie sin vir die natuurlike mens nie. Tog weet ons instinktief die inhoudelike waarheid.  Die Bybel is volop met voorbeelde van hoe ons moet optree in die teenoorgestelde gees. Dit beteken nie dat ons  nie ook hartseer of kwaad is oor wat besig is om te gebeur nie, dit beteken bloot dat ons, ons harte, siel en emosies in ‘n ander rigting stuur. Dis ‘n geestelike offensief.

Dit beteken nie ons is ligsinnig nie, en ons gaan nie ligtelik met die omvang van mense se trauma om nie. Soos enige mens is ons diep geraak deur die Terreur, maar ons kies om ons hart te vul met hoop, geloof en liefde. Dan kan ons tot aksie oorgaan met ‘n ander gees. Nie in reaksie en in protes nie.  Ons tree op vanuit ‘n ewige mandaat van God se liefde en goedheid.

Hab 3:18 vreugde, ‘gil’ (geel); Strong’s # 1523: Om bly te wees, vol blydskap en vreugde. Gil bevat die voorstel om vir vreugde te dans of om vreugde te spring, aangesien die werkwoord oorspronklik bedoel het om met intense beweging te draai. Dit veronderstel die idee dat die Bybelse konsep van vreugde nie net ‘n stil, innerlike gevoel van welsyn is nie. “God dans vir vreugde oor Jerusalem en oor sy volk” (Isa 65:19; Zeph 3:17). Die regverdige Messias sal bly wees in God se verlossing met ‘n intensiteit dat die psalmis geen woorde kan vind om te beskryf nie (Ps 21: 1). Op sy beurt is sy verloste burgers vreugdevol in hulle Koning; hulle loof Hom met danse, instrumente en sang (Ps 149: 2, 3). Alhoewel alles in Habakkuk se eksterne wêreld verkeerd is, spring hy van vreugde oor sy gemeenskap met Yahweh. [4]

Bill verduidelik verder na gelang van Nehemia se hervormings en die herbouing vd muur is ‘n metafoor van elke lewe se herstel en reformasie in die Here.  Nuwe gelowiges moet ook die muur om hulle lewe herstel en opbou saam met ander gelowiges. Die eerste taak van die nuwe bekeerling is egter die studie van God se Woord. (Neh 8) Die woord van God word deur die meeste tydgenote van Nehemia vir die eerste keer gehoor. Die mense het onder ‘n diepe gees van verootmoediging en berou gekom, omdat hulle nou hoor of hulle lewe op-lyn met God se wil of nie.  Dan doen Nehemia en Esra die priester ‘n merkwaardige ding: Hulle roep ‘n feesdag uit. Hulle beveel die mense om nie te treur nie, maar om bly te wees.

“Vandag is ’n besondere dag wat aan die Here julle God toegewy is en daarom moet julle nie huil en treur nie. 11Gaan nou huis toe en maak vir julle ’n spesiale ete klaar met lekker kos en drinkgoed, want dis ’n feesdag van die Here. Gee ook van julle kos vir die wat nie het nie, want dit is ’n dag van groot blydskap en niemand mag treur nie. Julle blydskap oor wat die Here gedoen het, sal julle weer nuwe krag gee.” (Neh 8:10–11) [5]

Dis ook interessant dat die wetenskap die krag van vreugde, en blydskap erken. [6]

Skrifte wat duidelik die krag van vreugde aanmoedig:

(Mt 5:12) Rejoice and be exceedingly glad, for great is your reward in heaven,(Ac 20:22–24) so that I may finish my race with joy, and the ministry which I received from the Lord Jesus, to testify to the gospel of the grace of God.(Phil 2:17) I am being poured out as a drink offering on the sacrifice and service of your faith, I am glad and rejoice with you all.(Col 1:24) I now rejoice in my sufferings for you, and fill up in my flesh what is lacking in the afflictions of Christ, for the sake of His body, which is the church(2 Cor 7:4) I am filled with comfort. I am exceedingly joyful in all our tribulation.

(2 Co 8:2)  that in a great trial of affliction the abundance of their joy and their deep poverty abounded in the riches of their liberality.

(1 Pet 1:6) In this you greatly rejoice, though now for a little while, if need be, you have been grieved by various trials,

(1 Pet 4:13)  but rejoice to the extent that you partake of Christ’s sufferings, that when His glory is revealed, you may also be glad with exceeding joy.

(Jam 1:2) count it all joy when you fall into various trials,

(Acts 5:41) rejoicing that they were counted worthy to suffer shame for His name.

(Rom 12:12) rejoicing in hope,

Dis baie duidelik as mens deur hierdie verse lees, dat ons aanvalswapen van verdediging vreugde is.

Jesus het “ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur.” (Heb 12:2). Die vreugde in sy hart het hom dus die krag gegee om die lyding van die kruis te kon verduur.

Hoe kry mens dié vreugde?

Vreugde te midde van swaarkry is ‘n uitdrukking van jou geloof. Mens kan dit nie namaak of vervals nie. Dit is alleenlik in die Here te vinde. Daarom wag ons op die Here, ons rig ons harte na hom toe, en wanneer Hy ons antwoord met ‘n Woord, ontvang ons saam met die Woord, die krag en vermoë om aanhou aan te hou.  Dit is die bron van ons vreugde, ons het die einde gesien. U het ons met ’n net gevang, ’n sware las op ons geplaas. U het mense oor ons laat ry, ons deur vuur en vloed laat gaan, en tog gebring waar daar oorvloed is.  (Ps 66:11–12).

Jesus het probeer om sy dissipels te wys wat Hy sien, maar hulle het eers later begin sien. “Moenie ontsteld wees nie. Hou net aan om op God te vertrou en vertrou ook ten volle op My. In die huis van my Vader is daar sommer baie kamers.” (John 14:1–2). Jesus het hulle die ewige realiteit probeer wys. Sien dat die aardse, fisiese dinge tydelik is. (2 Cor 4:16-18) Alles word tans geskud, dit is dan vir ons voorspel deur Jesus en die profete. Al wat gaan staande bly is die koninkryk.  26 Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. 27 En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. 28   Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. 29 Want onse God is ’n verterende vuur.  (Heb 12:26–29).

Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. (Ro 14:17). Mag die Here vandag jou geestelike oë oopmaak dat jy kan sien, die wat saam met ons is, is meer as die wat teen ons is. (2 King 6:16; Rom 8:31) Daar is meer mense in Suid Afrika, wat reg doen, en reg leef as die boosheid. Sien dat daar meer mense is wat alreeds wit, bruin en swart aanvaar het, en in vrede saamleef as die rassiste.  Sien dat daar meer mense is wat goed doen, as die wat sleg doen.  Sien die deurbrake en vordering wat al gemaak is in samewerking en voorspoed vir almal. Sien ‘n herlewing van God se Gees wat in mense se harte werk om meer te bid, en hulleself aan die Here toe te wy.  Sien tydens die droogte die hande wat help, en bydraes maak. Sien die Here se voorsiening.

Mag die vreugde van die Here jou hart vul, met blydskap en onverskrokke geloof. In sy vreugde werk ons, en glo ons!

Krag om ‘n verskil te maak in Donker Wêreld

Uiteindelik is die rede hoekom Sy vreugde ons krag gee, is om ons roeping uit te leef. Krag en sterkte is nie net vir jou eie voortbestaan nie.  Sy krag is om Sy getuie te wees, en mense om jou hoop te gee.  “The time is now”! Die tyd is nou, die kerk staan voor ‘n wonderlike geleentheid om Sy lig te skyn, sout te wees, en deel te word van die oplossing.  Ons loop met ‘n misterieuse glimlag in ons binneste, ons uitkyk en ingesteldheid is een van hoop en geloof.  Dit beteken nie ons lewe in ontkenning nie, ons raak ook kwaad en hartseer wanneer die gevaar naby ons lyf kom. Tog rig ons, ons harte en draai na die Here.  Ons neem eerder ons wapens van die gees op, as die wapens van die vlees wat net nog meer bloedvergieting te weeg sal bring.

Mag die Woord van die Here vandag jou hart en gemoed in lyn bring met Sy Woord. Terwyl ons op die Here wag, en Hy ons bedien met Woord, verander ons uitkyk. Hy open ons geestelike oë, en help ons om te sien soos Hy sien.  Vreugde ontspring in ons harte soos die Heilige Gees ‘n Woord in ons hart bevrug.  Ons kry hoop as ons staan op die Woord van die Here.  Nehemia en Esra het die mense beveel om visies te gaan feesvier. Deel met dié wat nie het nie, sodat almal kan deel in die vreugde.  Nou is dit die tyd, terwyl ons ook self swaarkry, om in Sy teenwoordigheid te bly, en te beleef hoe Hy ons vul met vreugde.  Sy vreugde laat ons ryk en vergenoegd voel, om dan ander se nood raak te sien.

Vreugde, Vrede en Genade!

 

[1] https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/plaasterreur-raak-ons-harte/

[2] World Christian Trends  AD 30-AD 2200, David B. Barrett Todd M. Johnson, 2001

[3] http://podcasts.ibethel.org/en/podcasts/the-discipline-of-joy

[4] Wordwealth – the Spirit-filled Bible

[5]  Die Lewende Bybel. (1982). (Ne 8:10–11)

[6] http://www.medicaldaily.com/health-benefits-laughter-and-smiling-how-expressing-joy-affects-your-physical-411681