Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Inbeperking Koors? Word vol vd Heilige Gees

Dit is net deur alomteenwoordige Gees van God, waardeur ons vanoggend gemeenskap, samesyn, nabyheid, omgee en liefde kan ervaar. Ons het nie vandag ‘n orkes, mooi kerk gebou, of fisiese saamwees wat ‘n warm atmosfeer van God se teenwoordigheid kan skep nie. Die Heilige Gees is God se teenwoordigheid! Hy woon in ons! Ons is vandag in die Gees bymekaar! Ons word tans oorweldig deur inligting, opinies, waarskuwings en voorspellings, maar niemand weet verseker nie! Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God. Watter mens ken die verborge dinge van ‘n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God. (1 Cor 2:10-11) Laat ons dan onsself eerder wend na die Heilige Gees, as die bron van ons lewe. Waarvan is jy vol vandag? Vol van kennis? Vol van vrees? (Luk 21:26) Vol van vertwyfeling en ongeloof? (Heb 3:19) Vol van leuens en bedrog? (Nahum 3:1) Vol van jouself? (Ps 59:12)

Inbeperking Koors

Waarvan jou hart van vol is: “Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart. (Mat 12:34-35) For out of the fullness (the overflow, thesuperabundance) of the heart the mouth speaks. Baie mense worstel tans met die Inbeperking Koors: “lockdown fever” Onnodige argumente, rusie, woedebuie, negatiewe gesindheid, sélf-gerigtheid, trots, luiheid, selfsug, self-absorbed, kort humeure, frustrasie. Ons voorliefde vir gemak, en gerief is nou versteur! Ons wil kos koop, wat vir ons gemaak is. Ons wil eet wat vir ons voorberei is. Ons wil in gaste huise bly waar die beddens vir ons opgemaak word. Ons wil bedien word. Ons wil nie werk nie. Ons koop graag items wat ander mense gemaak het, maar ons kan self niks maak nie. Hierdie self-gerigte lewenstyl word tans dramaties versteur, en ons word geforseer om na ons self om te sien, self kos te maak, self ons huise skoon te maak, self te was en stryk, self tuin te maak, self kunstig te raak! Kospakkies, besittings, posisies, gerief, gesondheid of siekte is alles tydelik. Jy kom naak in die wêreld in, en gaan naak uit hierdie wêreld uit! Die grootste tragedie vir die mens, is om te sterf sonder om God se liefde te ken! Jesus het wel brood en vis vermenigvuldig, maar hy het nie ‘n voedsel program begin nie. Ons is wel besig om te help dat mense kos het om te eet, maar kos gaan nie van jou ‘n ryk, suksesvolle, entrepreneur maak nie. Mens kan nie kos en geld na armoede gooi en dit probeer oplos nie. Armoede is ‘n kwessie van die hart. Jesus het wel die mens se fisiese nood aangespreek: kos gegee, siekes genees, melaatses skoon gemaak, dooies opgewek, besetenes bevry. Maar met die doel om aan hulle die evangelie te verkondig! (Mat 11:5) Regerings kom en gaan. Die ekonomie gedy soos die branders van die see. Die natuur en diereryk is salig onbewus van ons internasionale krisis. Hulle lê en bak in die son op die pad, wat eertyds in besige toerisme seisoene eerder vermy moes word.

Word vol van die Heilige Gees.

“Doping in die Heilige Gees”Die woord “doop” in hierdie geval is “Bapto” wat beteken, onderdompel, soos ’n boot wat sink en in die binnekant vol water raak. Doop is ’n oorvloedsbegrip. Dit dui daarop om ondergedompel in, of oorspoel met iets te word; in hierdie geval met die Heilige Gees. Om in die Heilige Gees gedoop te word, is om met Hom oorspoel te word. Die volgende begrippe kan ook hierop dui en verduidelik die effek op iemand wat met die Gees gedoop word.Mense wat gedoop is met die Heilige Gees vergelyk die ervaring met soos water:“uitgestort” (Acts 2:33) is oor iemand; jy iets “ontvang” (Hand 8:15,17) soos ‘n geskenk; die Heilige Gees “oor julle kom” (Acts 1:8) soos ‘n wolk of bonatuurlike krag; ‘n voorwerp “vol van die Heilige Gees” (Acts 6:3) tot oorlopens toe vol gemaak word; “Heilige Gees op hulle geval” (Acts 11:15) soos ‘n kombers, lap of sagter voorwerp oor jou gegooi word. Hierdie woorde verduidelik baie mooi: dat hier ‘n duidelike ervaring, belewenis met die bonatuurlike gebeur het. Mens gebruik tog nie dié bogenoemde woorde om jou opgewondenheid oor die verstaan van ‘n nuwe skrif begrip te omskryf nie? Die doping met die Heilige Gees is baie duidelike bonatuurlike sintuiglike gebeurtenis in ‘n mens se lewe. Jesus belowe hierdie oorvloedbegrip vir almal: Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. (Joh 7:37-39) Strome is weereens ‘n oorvloedsbegrip! Mens voel oorweldig, ekstaties, eufories, opgewonde, oorstelp van vreugde alleenlik wanneer jy ‘n diep betekenisvolle ervaring met die Heilige Gees gehad het! Alhoewel die intellektuele dimensie van ons spirituele verhouding met God belangrik is, kan dit nie ten koste van ‘n emosionele ervaring wees nie. Die Gees (ervaring) en Woord (kennis) behoort mekaar te komplimenteer. Onderskeid tussen die fontein in jou binneste en strome van lewende water wat uit jou binneste uitvloei. Jesus tref ’n onderskeid toe Hy die Samaritaanse vrou antwoord: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die waterwat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.” (Joh 4:13-14) Hier is die woord “fontein” in die enkelvoud terwyl die woord “strome” in Joh 7 in die meervoud is. In Johannes 4 verwys Jesus na bekering of dan wedergeboorte, wat soos ’n innerlike fontein van lewe in ’n mens borrel en jou individuele dors behoefte voorsien. In die verwysing na die huttefees, is daar strome wat uit die persoon vloei tot die voordeel van ander se dors. Dis ’n mooi onderskeid en verduideliking van hierdie twee gebeurtenisse in ’n gelowige se lewe. Wedergeboorte les jou persoonlike dors en behoefte na God, terwyl die doop in die Heilige Gees jou laat oorloop om ook ander se dors te les. Eers kom woon God in jou deur Sy Gees, maar dan kom vul Hy jou en oorspoel jou met Sy krag en heerlikheid om Sy getuie te wees vir die Wêreld. vervul” met die Heilige Gees en “Vol” van die Heilige Gees Die woord “vervul”, “Pletho” in die Bybel, beteken om soos ’n spons weer en weer gevul te word. Dis soos iemand gevul met iets (soos om ’n glas met water te vul, die water uit te gooi en weer te vul). Teksverse waar hierdie woord gebruik word, is byvoorbeeld: Profesieë oor Jesus se lewe – (Luk 1:15; 1:41-42; 1:67-69) en die spesifieke verwysing waar mense gevul is of gedoop is in die Heilige Gees. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. (Hand 2:4) Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel (Acts 4:8) En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek. (Acts 4:31) En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop. En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was ’n paar dae saam met die dissipels in Damaskus. En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is. (Acts 9:17-20) Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: (Acts 13:9) ‘n Ander woord is “Pleroo” of “Plesres” wat die volgende beteken: om te deurdrenk, te vervul, vol te maak, tot volheid te bring, volledig; letterlik ’n net vol te maak sodat dit span; versadig te wees, klaar te maak, iets af te handel, perfek en volmaak. (Luk 4:1; Acts 6:3, 5; 7:55; 11:24; 13:52; Eph 5:18) Hierdie verwysings dui meer op ’n diep innerlike werk wat aanhoudend duur, en nie bloot ’n eenmalige of selfs meermalige gebeurtenis nie. Dit dui meer op ’n toestand as ’n spesifieke gebeurtenis. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; (Acts 6:3) Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God. (Acts 7:55) want hy was ’n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ’n aansienlike skare is aan die Here toegebring. (Acts11:24) En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees. (Acts 13:52) Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. (Eph. 5:18)Laat ons dan ons harte rig na die Ewige, Heilige Gees van God! Hy is nou hier teenwoordige om elke honger leë hart te vul met Sy heerlikheid en krag! Ons het nou nodig om geestelike krag te ontvang vir die werk wat voorlê! Ons het almal nodig om vervul te word met Sy oorvloed, wysheid, geloof, inspirasie, en kragdadigheid! Word vervul met die Heilige Gees!