Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die Wil van God – Vloei

Die Wil Van God is soos… ‘n vloei; ‘n rivier; ‘n stroom; ‘n energie; ‘n wentelbaan; ‘n frekwensie. 

Om die Here te dien is ‘n bepaalde ritme van regleef en harmonie wat genesend vir self en vir ander is.  Hierdie vloei kan ook beskryf word as ‘n genade. Wanneer jy in hierdie vloei is, is dinge makliker, is jy gefokus, en gebeur alles natuurlik. Vloei is energie of beweging – dit is dus geloof in aksie. “Getting into the flow” beteken ook daar is grense, ‘n fokus, ‘n konsentrasie. Soos ‘n aansluiting op ‘n snelweg, probeer mense die spoed van die verkeer meet en dan saam integreer. Hierdie vloei kan ook beskryf word as liefde. Liefde is ‘n vloei, ‘n positiewe energie. Eenheid is ‘n vloei. Behou die eenheid. 

Die vyand sal alles doen om hierdie harmonie te versteur, te onderbreek wat uiteindelik lei tot ‘n siklus van verwoesting en uiteindelik die dood.  Godsdiens is dood, en sal altyd die vloei van die lewe probeer keer. 

Ons lewens draai letterlik om verskillende multivlak siklusse: reeksgebeure wat gereeld in dieselfde volgorde herhaal word. Daar is honderde verskillende soorte siklusse in ons wêreld en in die heelal. Sommige is natuurlik, soos die verandering van die seisoene, jaarlikse dieremigrasies of die ritmes wat ons slaappatrone beheer. Ander is mens-geproduseer, soos die groei en oes van gewasse, musikale ritmes of ekonomiese siklusse. 

Meganiese dinge beweeg in ‘n reguit lyn. So kan ‘n masjien wanneer dit voldoende aangedryf is in ‘n sekere rigting stuur. Maar prosesse soos geskiedenis en ekonomie behels mense, en wanneer mense betrokke is, is die resultate veranderlik en siklies.” 

Daar is verskillende energievelde waarin mense funksioneer. Soos magnetiese strome van krag wat jou aantrek of wegstoot.

Alles Is Vloei van Energie 

Jou liggaam: Die bloed in jou are, menstruasie siklus, biologiese horlosie, slaappatrone, die suurstof toevoer in jou longe. 

Die Lewe: die klankgolwe wat ons hoor, die voertuie wat na die middestad in en uit beweeg, die omgang van transaksies wat die ekonomie lewend hou. 

Die Kosmos: Wentelbane, sentripetale en sentrifugale kragte. 

Seisoene: van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie. (Gen 8:22)

Die Natuur: Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer. (Pred. 1:7)

Die Ewige Nou:  Parallelle siklusse in die Bybel. “Different sections ascribe the same duration to the period described Rev 12 compared to Rev 20.” [1]

Generasies: Daar is seisoene van nabyheid, en van stilte (Rigters) 

Ons lewe is siklus van op en af: Josef 

Bepaalde tyd vir alles: Pred 3:1-11 

Die sewe feeste wat volgens die Landbou en seisoene bepaal is: Lev 23

Siklusse van 7: Die Bybel bevat baie verwysings na siklusse van sewe – die getal van volledigheid. Benewens dié van die Shmita-jaar – die sewende jaar van elke sewe jaar – toe God die heelal geskep het, het Hy ses dae geneem en op die sewende gerus. Net so geniet ons Shabbat – ‘n dag van rus – op die sewende dag van die week. Tussen Pasga en Pinkster is daar ‘n siklus van sewe weke – die Fees van Weke. Op ‘n groter skaal is daar siklusse van sewe Shmita-jare (sewe siklusse van sewe jaar) wat lei tot die 50ste  jaar – die Jubeljaar. 
Politieke Seisoene: Hy verander tog die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het; (Dan 2:21) 

Ewige Vloei van Voorsiening 

Toe God die mens geskape het, het God vir hom voorsiening gemaak. Die hele skepping is ‘n netwerk en biosfeer van voorsiening: die sogenaamde “circle of life”. So was daar grond om te bewerk. (Gen 2:17). Die Here het ‘n rivier gegee, wat vier vertakkings gehad het. “where there is gold. And the gold of that land is good” (Gen 2:11b-12a) 

Daar is genoeg voorsiening vir die mens gemaak op die aarde, met geen tekorte nie, maar dan moet ons volgens God se voorskrifte die grond bewerk, die vrugbaarheid deel, ingedagte dat ons rentmeesters is, moet ons die grond oppas. Dit laat rus, sodat dit optimaal kan bly voorsien aan ons behoeftes (Sien herlewingslandbou). Sakeleiers moet reg met werknemers en kliënte werk om vloei van inkomste te verseker.  ‘n Gesonde geloofsgemeenskap is ‘n vloei van voorsiening deur diepgaande verhoudinge en wederkerige deelname. 

“The world has enough for everyone’s need, but not enough for everyone’s greed.” ― Mahatma Gandhi

God se voorsiening aan ons is nie beperk nie, en word nooit bevraagteken nie. Om God se voorsiening te bevraagteken is so absurd as om die son te bevraagteken as ons dit nie sien tydens die nag nie, en as die wolke die hemelruim oorskadu nie.

Behou Die Vloei

Vloei spreek van voorsiening en orde: Lug vir ons longe, minerale vir ons spiere en organe, stimulasie vir ons brein, voedsel vir ons siel. ‘n Goeie bestuurder probeer in die momentum van die verkeer bly, om sodoende brandstof te spaar, maar ook om nie die insittendes naar te maak met te vinnige stop/wegtrek bewegings nie. 

‘n Fikse persoon se toevloei van suurstof is beter as iemand wat nooit oefening doen nie. 

‘n Goeie toespraak vloei gemaklik van insiggewende feite na finale klimaks, en ‘n appèl om iets te doen. 

‘n Gesonde besigheid beheer die vloei van tyd, produktiwiteit, en kostes tot ‘n winsgewende roetine. 

In die positiewe sielkunde is ‘n vloeitoestand, ook bekend as die sone (“the zone”), die geestestoestand waarin ‘n persoon wat ‘n aktiwiteit doen, ten volle gedompel is in ‘n gevoel van energieke fokus, volle betrokkenheid en genot tydens die aktiwiteit. In wese word vloei gekenmerk deur die volledige opname in wat ‘n mens doen, en ‘n gevolglike transformasie in ‘n mens se gevoel van tyd. [2]

Onderbreking van Vloei 

Daar is mense wat ingeprop is in ‘n vloei van selfsugtige ambisie, korrupsie, self-vergelding, onvergifnis, jaloesie, selfsug, eie-waan wat die vloei van seën verbreek (Joh 10:10) as gevolg van:

1) Onkunde

BID tot die HERE om reën in die tyd van die laat reëns. (Zech 10:1) 
Elia het profeties God se wil verstaan en daarvolgens gebid. (1 King 18) 
in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die HERE tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was. (Dan 9:2) 

Die trekooievaar ken sy tye van kom en gaan, die tortelduif, die swaeltjie en die kraanvoël kom op ‘n vaste tyd terug, maar my volk wil nie weet wat die Here vir hulle vasgestel het nie. (Jer 8:7) Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. (Mark 1:15; Gal. 4:4; Efés. 1:10) 

Die vloei van genade is soms reg hier by jou, en mens sien dit nie raak nie.  Ons kan nie reën maak nie, slim landbouers weet om water op te vang, die seisoene reg te lees, en te weet wanneer om te plant. Alles is tydsberekening.  

Die ebvloei van finansiële markte en spandering tendense.  In elke krisis is daar ‘n geleentheid. Wanneer die see terugtrek, kom daar ‘n brander.  Die meeste wins word gemaak wanneer jy hierdie beweging rek kan lees, en weet wanneer om te koop en te verkoop.  

Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. (1 Thes 5:1-11)

2) Nalaat Om Goed/Reg Te Doen  

En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. (Gal 6:9) Reg doen is ‘n bepaalde energie, ‘n gravitasie.  Gee, en aan julle sal gegee word. ’n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. (Luk 6:38) Dit is eenvoudig, bly in die vloei, hou aan beweeg. Moenie kyk na hoe die Here iemand anders seën en jy het nog niks nie. Hou aan, jou beurt kom. Bly in die vloei.  Mens moet liefde gee, om liefde te ontvang. Glimlag en jy ontvang ‘n glimlag.  Wat jy saai sal jy maai.

3)    Vergifnis of Onvergifnis 

(Mat 18: 15-35) In tye van oorlog verf mense hulle gesigte of sit maskers op, om nie langer hulleself of die vyand as ‘n groeiende ontwikkelende geïntegreerde persoon te sien nie, maar ‘n statiese beeld van boosheid.  Wanneer ons te nagekom voel, vorm ons statiese beelde van mense, en ons begin in ons gedagtes met hierdie drogbeeld veg, terwyl die oortreder intussen vloei, en ontwikkel.  Ons haak vas by hierdie beeld in ons gedagtes, en ondervind allerhande wrok en wraak gedagtes. Die vloei van die verhouding is onderbreek. Die dialoog van gesprek en luister is gestaak, en daar vind dus nie langer ontwikkeling plaas nie. Vergifnis herstel die vloei. Ons almal het vergifnis nodig, en moet dit gee om dit te kan ontvang. 

4)   Voorsiening of Slegte Rentmeesterskap 

  • Vrees – Mat 25:26
  • Luiheid – (Prov 19:15; 31:27; Eccl 10:18)
  • Armoede mentaliteit en minderwaardigheid – Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. (Lk 19:26). Jy moet verantwoordelikheid neem vir jou eie vloei. Jou eie gebedstyd, aanbidding, gehoorsaamheid, gesindheid bepaal jou spoed en beweging, wanneer jy saam met ander gelowiges tyd spandeer bou dit die momentum.  

5) Ontrekking en Isolasie 

Isolasie stop die vloei van genade wat deur die samesyn van gelowiges vir jou, stig, opbou, en laat groei (Ef 4:16; Rom 14:19; 15:2; 1 Kor 14:3, 5, 12, 26).

Moenie die prop uittrek nie. Moenie onttrek nie! Daar is ‘n reuse voorsiening in die liggaam van Christus, en te veel mense bly in isolasie.  Keep engaging! Moenie jou hart wegdraai nie. Bly in die vloei van die liggaam.  Die samekomste van die gelowiges is ‘n vloei, wanneer jy een byeenkoms gemis het, is jy nie meer in die vloei nie.  Kies jou stroom! Jy kan nie in talle kerke se stroom inhaak nie, jy gaan deurmekaar raak, en kan selfs hulle stroom deurmekaar maak. Sien die vloei van waar God jou wil gebruik! Beweeg saam in die vloei. As almal nou dans, dans saam! As almal bid, bid saam. Bly in die vloei. Mense wat vir te lank geïsoleer is, sukkel met sosiale integrasie en vloei.  


[1] Hendriksen, William. More than Conquerors: An Interpretation of the Book of Revelation. Grand Rapids, MI: Baker Books, 1967. Print.

[2] https://exploringyourmind.com/positive-psychology-a-flow-state/

Categories
Preke

Strome van Genesing – Vloei

Hoe om dit te kry, en daarin te bly. Genade, genesing, salwing, liefde, eenheid, voorsiening, is ‘n vloei. Hoe om dit te kry, en daarin te bly. Alles in die lewe is ‘n vloei van energie. Die bloed in jou are, die suurstof toevoer in jou longe, die klankgolwe wat ons hoor, die voertuie wat na die middestad in en uit beweeg, die omgang van transaksies wat die ekonomie lewend hou. Vloei spreek van voorsiening en orde: Lug vir ons longe, minerale vir ons spiere en organe, stimulasie vir ons brein, voedsel vir ons siel. ‘n Goeie bestuurder probeer in die momentum van die verkeer bly, om sodoende brandstof te spaar, maar ook om nie die insittendes naar te maak met te vinnige stop/wegtrek bewegings nie. ‘n Fikse persoon se toevloei van suurstof is beter as iemand wat nooit oefening doen nie. ‘n Goeie toespraak vloei gemaklik van insiggewende feite na 1 punt, ‘n appèl om iets te doen. ‘n Gesonde besigheid beheer die vloei van tyd, produktiwiteit, en kostes tot ‘n winsgewende roetine. In die positiewe sielkunde is ‘n vloeitoestand, ook bekend as die sone, die geestestoestand waarin ‘n persoon wat ‘n aktiwiteit doen, ten volle gedompel is in ‘n gevoel van energieke fokus, volle betrokkenheid en genot tydens die aktiwiteit. In wese word vloei gekenmerk deur die volledige opname in wat ‘n mens doen, en ‘n gevolglike transformasie in ‘n mens se gevoel van tyd.[1] Daar is egter ook mense wat ingeprop is in ‘n vloei van selfsugtige ambisie, korrupsie, self-vergelding, onvergifnis, jaloesie, selfsug, eie-waan wat tsunami’s van geweld en gebrokenheid veroorsaak. (Joh 10:10)

God is die oorsprong van alle gesonde vervullende vloei!

Toe God die mens geskape het, het God vir hom voorsiening gemaak. Die hele skepping is ‘n netwerk en biosfeer van voorsiening. Die sogenaamde “circle of life”. So was daar grond om te bewerk. (Gen 2:17) Die Here het ‘n rivier gegee, wat vier vertakkings gehad het. “where there is gold. And the gold of that land is good” (Gen 2:11b-12a) Daar is genoeg voorsiening vir die mens gemaak op die aarde, met geen tekorte nie, maar dan moet ons volgens God se voorskrifte die grond bewerk, die vrugbaarheid deel, ingedagte dat ons rentmeesters is, moet ons die grond oppas. Dit laat rus, sodat dit optimaal kan bly voorsien aan ons behoeftes. (Sien herlewingslandbou) Sakeleiers moet reg met werknemers en kliënte werk om vloei van inkomste te verseker. ‘n gesonde geloofsgemeenskap is ‘n vloei van voorsiening deur diepgaande verhoudinge en wederkerige deelname.
“The world has enough for everyone’s need, but not enough for everyone’s greed. ― Mahatma Gandhi

God se teenwoordigheid word verduidelik aan die hand van ‘n rivier metafoor.

(Ezek. 47:1–12) God se voorsiening aan ons is nie beperk nie, en word nooit bevraagteken nie. Om God se voorsiening te bevraagteken is so absurd as om die son te bevraagteken as ons dit nie sien tydens die nag nie, en as die wolke die hemelruim oorskadu nie. God is our refuge and strength, A very present help in trouble. Therefore we will not fear,Even though the earth be removed, And though the mountains be carried into the midst of the sea; Though its waters roar and be troubled, Though the mountains shake with its swelling. There is a river whose streams shall make glad the city of God, The holy place of the tabernacle of the Most High. God is in the midst of her, she shall not be moved; God shall help her, just at the break of dawn. (Ps 46:1-5) God voorsien vir Sy volk water selfs uit ‘n rots. (Num. 20:8, 10, 11; Ps 78:16) Then the lame shall leap like a deer, And the tongue of the dumb sing. For waters shall burst forth in the wilderness, And streams in the desert. The parched ground shall become a pool, And the thirsty land springs of water (Isa 35:6-7) Dit is Jesus se hele betoog tydens een van Sy eerste preke: (Mat 6:25-34) Die tekort aan voorsiening is nie God se toedoen nie. Dit is die mens se eie toedoen, dat ons wegbeweeg het van God se vloei van voorsiening. God se liefde, genade, vrede, salwing, voorsiening is ‘n ewige liefde rivierstroom wat nooit ophou vloei nie. Ons as mens verloor of rebelleer teen die vloei, of ons probeer dit manipuleer, of ons probeer ons eie vloei skep, wat ons uiteindelik droog en uitgehonger laat. My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie. (Jer 2:13) In hierdie deurmekaar wêreld, wie wil nie hierdie tipe geestelike vloei van die Heilige Gees se salwing en teenwoordigheid beleef nie? Hoe om dit te kry

HOOF TEKS GEDEELTE: (Isa 55)

Israel span hulleself op ’n verkeerde manier in om lewensbevrediging te kry: hulle betaal vir iets wat nie brood is nie en werk vir iets wat nie kan versadig nie. Maar hulle kan hulle diepste lewensbehoefte bevredig “sonder om iets te betaal” – deur te luister na wat die Here vry en uit genade aanbied. Dit omvat die hele lewe, stoflik en geestelik, en is iets blywends, ’n ewige verbond. Waarom gee julle geld uit vir kos wat ’n mens nie kan versadig nie? Julle verdienste gaan vir dinge wat nie werklik bevredig nie. (Isa 55:2)Billy Graham vertel hoe hy eendag een van die rykste persone in die wêreld ontmoet het. Die persoon kan enige iets koop wat sy hart begeer, en het sy eie Boeing besit, met talle wonings die een groter en pragryk as die ander, en nog steeds het hierdie persoon getuig dat hy een van die “mees mistroostige” mense op aarde is. Net die volgende week het Billy en sy vrou Ruth ‘n jong pastoor met ‘n klein kerkie in ‘n afgeleë dorp ontmoet. Die energieke jong pastoor het vrypostig vertel, dat hy niks geld het nie, maar homself as een van die mees bevoorregte en gelukkigste mense op aarde beskou. Die Here bied ons ‘n verhouding. Ons is op soek na kos en water, en tydelike vervulling. Hoe om in die vloei te bly

Maar verbondsverhouding met God is nie sommer soos enige verhouding nie:

· As julle mooi luister wat Ek sê (Is 55:2) · Luister wat Ek sê en kom na My toe (Is 55:3)· Luister, dan sal julle werklik lewe. (Is 55:3) · Kom na die Here toe, aanbid Hom, want Hy is nou by ons (Is 55:6)Verhouding, vriendskap, verbondenheid met God word beskryf in terme van ‘n dienskneg wat sy hele bestaan, eer en trots laat bestaan om te weet wat sy of haar meester wil hê, nog voordat hulle vra. Sien die “butlers guilt code of honor”[2]

Die ewige sikliese stroom van God se Woord:

(Isa 55:10-11) God se Lewende geopenbaarde Woord in Gees, is ewig! God se Woord hou die aarde in stand. (Heb 11:3) Dit kan nie leeg na Hom toe terugkeer nie. ‘n Paar maande gelede was ons in ‘n huiskerk byeenkoms waar twee persone vir die eerste keer besoek het. Ons het met groot verwondering gehoor hoe die getuienis van die jonger paartjie en wat hulle in die geloof vermag het, die presiese vervulling was van die ouer persoon, vir wie die Here 20 jaar tevore sekere beloftes oor ‘n plaas, en gemeenskap gegee het.
Man shall not live by bread alone… At the loss of possessions, status, freedom, companionship, and money; only the eternal living Word of God can sustain one’s heart to remain at peace, full of joy, and deeply content.Die lang lys van martelare wat vir hulle geloof, gely het en uiteindelike gesterf het is bewys van die bogenoemde stelling. Broeder Yun, die hemelse man. [3]Madame Guyon [4]Corrie ten Boom [5] Het Jy Jesus, of het jy HOM nie? As jy Jesus het, sal jy vrede, vreugde en vergenoegdheid beleef te midde van elke storm. Die geheim is om ons oë op Jesus te hou. (Heb 12:2) Petrus loop op die water (Mat 14:29-31)

Uiteindelik wil God die stroom van goddelike verbondsverhouing deur ons laat vloei, om die wêreld ‘n tuin van eden te maak.

12Julle sal in blydskap wegtrek en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal juig en die bome in die veld sal hulle hande klap! 13Waar daar eers net dorings was, sal daar nou sipresse groei. En in die plek van ’n dissel sal daar nou mirtebome groei. Dit sal wees tot eer van die Here, ’n blywende teken wat vir altyd sal bestaan.” (Is 55:12–13)But let justice run down like water, And righteousness like a mighty stream. (Amos 5:24) Strome van lewende water (Joh 7:36-39) As volgelinge van Jesus is ons strome van genesing, versoening, voorsiening, vrede, liefde, kreatiwiteit, en standvastigheid vir elke honger en dors persoon wat Jesus nog nie ken nie! Tans terwyl ons nie as kerk kan byeen kom nie, is ons mense strome van versoening en genesing op soveel plekke en maniere!! Dankie Jesus U is ons vloei van voorsiening! [1] https://exploringyourmind.com/positive-psychology-a-flow-state/
[2] https://www.butlersguild.com/staff/executive-membership/the-guilds-code-of-honor/
[3] The Heavenly Man: The Remarkable True Story of Chinese Christian Brother Yun by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B004SBF7OQ/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_BYwYEbDWK6QSS
[4] Experiencing the Depths of Jesus Christ by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B075QN44WF/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_dZwYEbWDVFZAG
[5] Experiencing the Depths of Jesus Christ by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B075QN44WF/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_dZwYEbWDVFZAG