Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die Ekstase van die normale Christelike Lewe.

4Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!” 5Laat almal sien hoe bedagsaam julle lewe. Onthou: Die Here kom binnekort! 6Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. 7As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat ’n mens ooit kan dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ’n veiligheidswag oppas. 8Ten slotte, liewe broers en susters beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. 9En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.(Phil 4:4-9) 

Hierdie Skrifgedeelte is gelaai met praktiese riglyne vir REGLEWE te midde van moeilike tye. Die lewe was nog nooit maklik nie. Elke dag is vol uitdagings, wat ons moet oorkom. Baie mense probeer die LEWE ontsnap op vele maniere… om later te ondervind ons vlugtog het net sake vererger… Die Jesus KULTUUR en LEWE ontsluit ‘n innerlike geluk en vreugde wat mens anker en versterk te midde van die moeilikste van tye.  

Die ekstatiese ontvlugting wat Vader God vir ons bied, is nie ‘n oomblik of ervaring van ONVLUGTING NIE maar ‘n leefwyse waar ons te midde van moeilike omstandigheid vreugde en welgeluksaligheid beleef. 

11Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees. (Joh 15:11) 

8Hom het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie. Al sien julle Hom nou nie, vertrou julle op Hom; julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie. 9Julle ervaar hierdie blydskap, want julle is reeds besig om julle finale redding, wat die doelwit van julle geloof is, te verkry. (1 Pet 1:8-9)

13“Ek is nou na U toe op pad. Ek sê hierdie dinge terwyl Ek nog in die wêreld is sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulleself kan ondervind. (Joh 17:13) 

God het bedoel dat ons hierdie ekstase vind in Hom (Ps 119:16; Job 22:25-26), jou huwelik (Prov 5:18) en die Liggaam van Christus (Joh 17:21). 

Wanneer ons ons hart wend en fokus op enige goedkoop alternatief, raak ons een met ʼn objek (substance) en verloor ons ons menslike en goddelike eienskappe.  Dit is die kern van alle tipes van verslawing.  Ons diepste begeerte in verhoudings is om met iemand een te word, ʼn sielsgenoot te vind met wie ons kan oud word.  Ware geluk is nie geluk as dit nie met iemand gedeel kan word nie.  Verslawing lei tot diepe eensaamheid en ʼn konstante verwydering van sulke sinvolle verhoudings.  God het ons dan ook geskape om in eenwording ekstase te ondervind.  

Spiritual ecstasy is an altered state of consciousness characterized by greatly reduced external awareness and expanded interior mental and spiritual awareness which is frequently accompanied by hallucinations and emotional/intuitive (and sometimes physical) euphoria.  Eksase bring mee dat ons “invincible” voel, ons voel kragtig en “bold”, jy kan onthou, jy het helderheid, beleef euphoria, en jy is ontspanne.  

Ons natuurlike soeke in tye van nood is ontsnapping en ontvlugting.  

Omdat ons nie hierdie ekstase eerstens in Hom kry nie, (Mat 6:33) en ook nie in ons maats nie, soek ons dit op ander plekke, en  vul die honger in ons hart met musiek, seks, dwelms, voorskrifmedisyne, alkohol,  sport, en kos.  Alhoewel daar opsigself niks boos is omtrent enige van hierdie “substances” nie, is dit bedoel as aanvullers en nie die kern en wese van ons ontvlugting nie.  Hierdie dinge offer kortstondige  ontvlugting en ons “voel” tydelike beter, maar hierdie middels bied nie die krag, vermoë en genade om ons probleme te oorkom nie.  Dit kan net die Here doen! Buite die raamwerk van intimiteit en eenwording in ons verhouding met God, ons maat, en die liggaam, word die einste middel wat ons gebruik vir ontvlugting ons tronksel.  Ons wat geskape is na God se beeld, raak slaaf van geskape middels.  Jesus is pure vreugde! 

Die voorhangsel is geskeur (2 Cor 3:7-4:6) Die heerlikheid en glorie wat net vir die hoë priester bedoel was het nou in ons kom woon.  Soos wat ons vanuit hierdie diepe intimiteit met Hom leef, is daar deurentyd momente waar Sy vreugde tasbaar in ons word.  

Diagram Description automatically generated
Toe Johannes nog in sy moeder se baarmoeder in Jesus se teenwoordigheid kom, het hy met vreugde opgespring.  Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring. Lukas/Luke 1:44 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal weesLukas/Luke 2:10 Elke keer wat ons Jesus ontmoet, Hom beleef, die Woord vir ons duidelik word, Hy met ons praat, ons lei, ons wys deur iemand anders wat Jesus leef, in die alles vind ons ware vreugde!!! 

Kyk net na die volgende “mindmap” en sien die vrymaking en verlossing van jou redding! 

Die koninkryk van God (hemel, vrede, vreugde) het gekom, en tuiste in ons hart gevind!  (Luk 17:21) Hierdie koninkryk is nie ʼn destinasie nie, maar ʼn bedryfstelsel.  Soos wat ons in gehoorsaamheid in Sy genade leef, vul Hy ons lewe met vreugde, nie net subjektiewe ervarings van vreugde nie, maar vreugde wat ander lewens raak.  

  1. Die Heilige Gees vul ons met vreugde!

Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.Romeine/Romans 14:17 En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige GeesHandelinge/Acts 13:52

  • Dis beter om te gee as om te ontvang.

dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid. 2 Korintiers/Corinthians 8:2 

  • ‘n Gelukkige huwelik! 

Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet… 

Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug — Pred 9:9 die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees. Spreuke/Proverbs 5:18

  • Die vreugde van om ‘n siel te wen.

En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.  Handelinge/Acts 15:3

  • Eenheid is vreugde!

maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe.  Fillipense/Philippians 2:2 Ek doen ’n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging.  1 Korintiers/Corinthians 1:10

  • Geniet die gawe van jou werk! 

Kyk, wat ek as ’n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel.  18 Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit ’n gawe van God.19 Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie, omdat God hom laat besig wees met die vreugde van sy hart. Prediker/Ecclesiastes 5:17

  • Die euforie van goed doen. 

Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. (Eph 2:10) Wanneer ons goed doen aan ander, laat dit ons goed-voel, en kry die lewe weer betekenis.  

LEWE ELKE OOMBLIK IN DIE VREUGDE VAN SY NABYHEID!