Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Uncategorized

Jesus, Die Beste Lewe Ooit Geleef

Jesus, die beste lewe ooit geleef

Jesus, Die Beste Lewe Ooit Geleef

PDF Weergawe vd Boek: 

FACEBOOK Groep: Ons het ‘n privaat groep-blad, om alle nuus, terugvoering en saampraat saam te geniet. 

YOUTUBE Speellys: 

GOOGLE Klaskamer:
Class Code: U7XTIDS 

Waaroor gaan die boek?

Gratis pdf van die boek, wanneer jy registreer vir die kursus.

JESUS was die perfekte mens! Sy spiritualiteit, denke en nugterheid, emosionele intelligensie, leefstyl en gewoontes, verhoudingeweredigheid en identiteit is die praktiese beste ideaal vir ‘n gesonde lewe. In hierdie studiegids gaan jy nie net Jesus op ‘n vars nuwe manier leer ken nie, jy gaan ook jou skeppingsdoel ontdek, en die krag en genade ontvang om hierdie onmoontlike goddelike standaard te leef. 

Jesus demonstreer nie net die maatstaf vir ‘n perfekte lewe nie, Hy kom vat ons hand en werk die vermoë in ons om reg te doen, en reg te leef! Jesus is soos ’n linieaal, ’n rigsnoer, ’n waterpas wat jou lewe reguit trek. Jy kan Hom nooit net neersit en dink jy kan aanhou bou sonder om Hom gereeld te gebruik nie. Hy is soos die musiekinstrument-instemmer wat gereeld gebruik moet word om seker te maak ons is nog op die noot.

38 Temas / Weke 

1. HOEKOM JESUS?

2. TE WEES SOOS JESUS

3. AGTERGROND

4. ONTWAAK TOT DIE WARE JESUS CHRISTUS

5. JESUS IS GOD

6. DIE HEILIGHEID VAN CHRISTUS

7. CHRISTUS SE “EK-IS” UITSPRAKE

8. JESUS EN DIE VADERHART VAN GOD

9. CHRISTUS EN SY KONINKRYK

10. JESUS EN DIE GEESTESWÊRELD

11. JESUS DIE MENS-MENS

12. JESUS SE GEHOORSAAMHEID

13. DIE BONATUURLIKE JESUS

14. DIE REDELIKHEID VAN JESUS

15. DIE REGVERDIGHEID VAN JESUS

16. JESUS, DIE REGTE OORDEEL VAN GOD

17. JESUS TEENOOR VALSE GODSDIENS EN DIE GEES VAN DIE WÊRELD

18. DIE INKLUSIWITEIT VAN JESUS

19. DIE RIDDERLIKHEID VAN JESUS

20. DIE BROEDERLIKHEID VAN JESUS

21. DIE BLYMOEDIGE SPELERIGHEID VAN JESUS

22. JESUS SE GESONDE HUMEUR

23. JESUS SE DOELGERIGTHEID

24. JESUS DIE ARM, RYK MAN

25. DIE ROETINES EN GEWOONTES VAN JESUS

26. JESUS DIE TUINIER

27. JESUS DIE MEESTER VAN KREATIWITEIT

28. JESUS DIE AANBIDDER

29. DIE ALLEENHEID VAN CHRISTUS

30. JESUS DIE LEWENSREDDER

31 JESUS DIE GENEESHEER

32 JESUS DIE BEDIENDE

33. JESUS SE DIENSBARE LEIERSKAP

34. DIE LYDING VAN JESUS CHRISTUS

35. JESUS SE PASIFISME

36. JESUS DIE REWOLUSIONÊR

37. JESUS: APOSTEL, PROFEET, EVANGELIS, LERAAR EN HERDER

38. DIE LIGGAAM VAN JESUS

Wat Sê Ander Geestelike Leiers Van Die Boek?

“Jan Oosthuizen is ‘n man van baie talente. Hy is spesifiek ‘n geroepene van die Here Jesus Christus. Ons ken mekaar al lank en ons is medewerkers in die wingerd van God. Hy het deel geword van Harvester International Ministries sowat 22 jaar gelede en soos ek, is hy afkomstig uit die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika. Die ywer wat Jan aan die dag le, is ‘n besondere kenmerk in sy en Chantal se lewens. Hulle beywer hulle ook op ander gebiede in hulle gemeenskap om oplewings werk te doen en om die land se probleme te probeer verlig. Hulle invloed op die Weskus is algemeen aanvaar en waardeer, veral onder die boere-gemeenskap. Ek kan waarlik getuig dat Jan getrou was in die minste en dat die Here hom oor baie meer aangestel het. In die tyd waarin ons leef, word al hoe meer pogings aangewend om Jesus te verdink, verkleineer en weg te wys as die Seun van God. Dit gebeur in die media en selfs ook in kerke. Die gedagte wat Jan voorle dat Christene moet ophou probeer om soos Jesus te wees en meer tyd by Hom te spandeer, met ander woorde, in Sy teenwoordigheid, in die Heilige Skrif en tussen gelowiges, is ‘n goeie wegwyser vir die soekende siel wat smag na geregtigheid.  Dr. Roy M. Gray, wat my leermeester was in Miracle Valley, Arizona, het gese: ‘you become what you observe.’ Die historiese oorsig aan die begin van die boek dek ‘n groot deel van die geskiedenis met die oog op die bestaan van Christus en is ‘n gepaste inleiding vir die boek. Die volledige indeks van verwysingskemas gee getuienis dat daar goeie navorsing gedoen is en baie nadenke, voordat pen op papier geplaas is. Soos Lukas twee boeke geskryf het om een man, Theophilus, te oortuig van die waarheid aangaande Christus, so het Jan hom toegewy om die waarheid aangaande Sy Verlosser, Jesus Christus, aan ons oor te dra. Dit is nog ‘n bewys van die bestaan en werklikheid van die Seun van God op aarde, waarsonder niemand gered kan word nie. Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Niemand kom tot God, behalwe deur Hom nie. (Johannes 14:6).”

~ Dr. Andre Pelser ~ Apostoliese Leier van Harvester International Minstries en Reformational Churches.

“Naas die Bybel is hierdie boek een van die beste ‘onthullings’ van Jesus se diversiteit, dog Sy harmonieuse gesentreerdheid in Homself. Die akkurate gedetailleerdheid waarmee Jan Jesus as voorbeeld voorhou, maak van Hom die begeerlikste standaard om na op te leef. Dit moedig intimiteit met die lewende Jesus aan sowel as ‘n gevoel van ‘bevoorregtheid’ om geassosieer te word met die Persoon wat histories die grootste impak op die wêreld gemaak het.”

Dr Arno van Niekerk ~ The Christen Konsensus, Mighty Families

“Hierdie is beslis nie ’n lekkerlees boek vir lui “studente” nie.  Maar as jou hartsbegeerte is om Jesus beter te leer ken – lees die boek!  Die kern van die Goeie Nuus is opgeteken in Kolossense 1:27 – “Christus IN ons”!  In hierdie boek fokus Jan op die omvattende identiteit en bediening van Christus, maar ook op die lewensverandering wat plaasvind wanneer Jesus in ons leef.  Om as burgers van die Koninkryk hier en nou radikaal anders te leef (dis ons roeping), is slegs moontlik wanneer die Koning sý lewe in en deur ons kom lewe.   Jesus Alléén!  Alléén Jesus!”

Hennie Viljoen ~ Amos Agrimin  (Living and Farming God’s Way)

“Die oomblik nadat ek die laaste woord gelees het, wou ek onmiddelik van voor af begin en dit weer deurlees.  Hierdie is ‘n studiegids wat oor en oor gemyn kan word.  Die woord self doen die praatwerk en Jan lei die leser op ‘n opwindende ontdekkingsreis.  Die segmente is kort en bondig, verduidelikings glas-helder en onomwonde, sonder onnodige mors van woorde.  Hierdie aanslag laat ‘n mens voel asof die skrywer geensins in die pad kom van die openbaring van Jesus se lewe nie.  Hierdie studiegids raak aan elke belangrike aspek van dissipelskap op ‘n vreeslose, volledige en gebalanseerde manier.  Ons waardeer Jan se dissipline wanneer dit kom by die suiwerheid van die waarheid en die heiligheid van die Woord van God en leer graag  by iemand wie se liefde vir die Here te alle tye so sigbaar en prakties uitgeleef word.  Ons onderskryf volhartig hierdie kosbare werk en beveel dit aan vir jong Christene sowel as uitgelese gelowiges.  

Mornè Bailey en Nadia Smith ~ Into the Garden Church Bloubergstrand

 

KOSTE: 

Deelnemers is welkom om ‘n maandelikse Donasie te maak aan HRCO
1. Aflaaibare pdf: Gratis

2. Gedrukte weergawe: R250

Bestel by Adele Visser  vi*******@gm***.com en verskaf u posadres en u betalingsbewys.

Gee asb 2 tot 3 weke dat die boek u bereik.

Kerkrekening
Rekeningnaam: Harvester
Nommer: 2430142782
Tak: 334411
Bank: ABSA Citrusdal