Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

AANBID in Gees en in Waarheid

So seker as wat daar ’n fisiese wêreld is, is daar ook ’n geesteswêreld. God is immers ’n Gees (Joh. 4:24; 2 Cor. 3:17). Die geestelike bonatuurlike wêreld is baie meer deel van ons daaglikse lewenservaring as wat die meeste mense ooit sal besef. Ons praat van iemand met ’n verkeerde gesindheid as iemand met ’n verkeerde gees. Ons praat van entoesiasme as geesdrif! Iemand met ’n sterk karakter word beskryf as iemand met ’n sterk teenwoordigheid van gees. In die sportwêreld word ’n diep, ernstige spiritualiteit al hoe meer verwelkom omdat gelowige deelnemers se verhoudingswêreld en gewoontes dan gewoonlik meer gesond is.  Die meeste mense het egter nog nooit die geestelike dimensie van hulle menswees ontwikkel nie. 

Die profetiese bediening is gefokus op: Wat is die wil van die Here? Hoe ontwikkel mens ‘n oor vir die stem van die Here? Lofprysing & aanbidding, asook intersessie gebed.  

Antwoorde op jou vrae

Gebed is ‘n noodsaaklike deel van elke gelowige se geestelike groei.  Alleenlik deur meer tyd met die Here in gebed te spandeer, kan ons Hom meer intiem leer ken en nader aan Hom groei. 

In die Bybel is daar duidelike riglyne en karaktertrekke van hoe mens ‘n valse profeet kan onderskei. Die Woord van God is ‘n onderskeier. (Heb 4:12) 

5 Maniere om seker te maak ek het God se stem reg gehoor. Die probleem is nie dat God nie genoeg praat nie, dit is ons wat nie luister en doen nie. 

There are many variations of passages of Lorem Ipsum available, but the majority have suffered alteration