Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

DONASIE | BETALING

Yoco Logo - Harvester
PayFast Logo Colour
Visa
Instant EFT by Payfast
bitcoin
masterpass 1

Opwindende Nuus! 🌟 Harvester Gemeente Cederberg het ‘n Nuwe Banknommer!

Liewe Harvester familie! Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons amptelik ons kerk geregistreer het as ‘n Nie-winsgewende Maatskappy (NPC), wat beteken dat daar ‘n paar administratiewe veranderinge plaasgevind het, insluitend ‘n nuwe bankrekening. 

Hoekom die verandering, vra jy? Wel, om ‘n NPC te word, stel ons in staat om ons gemeenskap beter te dien deur ‘n art 18a-status inkomstebelasting-insentief te verkry, ons fedusiêre verantwoordbaarheid te verstewig en meer doeltreffend te funksioneer.Hier is waar ons jou ondersteuning benodig  Van vandag af vra ons vriendelik dat jy ons nuwe banknommer gebruik vir alle finansiële bydraes.

🔹 Nuwe Banknommer: 🔹

Harvester Gemeente Cederberg
4107732514
ABSA
632005

Dankie vir jou begrip en samewerking gedurende hierdie oorgangstydperk. Ons waardeer jou voortgesette toewyding aan die Harvester Cederberg Familie. As jy enige vrae het of hulp nodig het, moenie huiwer om direk met ons in verbinding te tree nie.

In Sy Liefde

Jan en Chantál Oosthuizen

Exciting News! Harvester Church Cederberg has a New Bank Number!
 
Greetings Harvester Church family! We are thrilled to announce that we have officially registered our church as a Non-Profit Company (NPC), which means some administrative changes have occurred, including a new bank account.
 
Why the change, you ask? Well, becoming an NPC allows us to better serve our community by acquiring art 18a status income tax incentive, expanding our fiduciary accountability, and operating more efficiently in fulfilling our mission.
So, here’s where we need your support: please update your payment details for tithes and offerings! 
 
Starting today, we kindly request that you use our new bank number for all financial contributions. This will help us ensure a smooth transition and avoid hiccups in processing your generous donations. 
 
🔹 New Bank Number: 🔹
 
Harvester Church Cederberg
4107732514
ABSA
632005
 
Thank you for your understanding and cooperation during this transition period. We greatly appreciate your ongoing dedication to the Harvester Church Cederberg family. If you have any questions or need assistance, please don’t hesitate to contact us directly.
 
In His Love
 
Jan en Chantál Oosthuizen

JOU ONDERSTEUNING MAAK ONS STERK!

Ons as kerk het geen reg of aanspraak op iemand se bydrae nie. Ons beskou dit ‘n eer en voorreg as iemand in ons bediening ‘n finansiële belegging maak. Ons elkeen sal voor die Here rekenskap gee oor ons rentmeesterskap. Ons verplig of manipuleer nie mense om te gee nie.  Jou geldelike ondersteuning is ‘n hartsaak en ‘n geloofsaak. 

Geloof is nie woorde of oortuigings in ons gedagtes nie, ons dade sal wel bewys of ons geglo het of nie.  Om fisies van ons inkomste te gee, is dus ‘n reuse daad van geloof! “enigiets wat ‘n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde” (Rom 14:23) Ons weet egter ook dat geloof uit die gehoor is, en die gehoor is deur die Woord van God. Daarom maak ons ruimte vir mense om tydens ons samekomste, te getuig wat die wonderlike seën dit is om te GEE.  Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening. Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is, ’n lieflike geur, ’n welgevallige offer, welbehaaglik by God En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.” (Phil 4:19)

“Jou lojale finansiële ondersteuning verander die wêreld!

Dankie vir elkeen se getroue bydrae, dit maak ons sterk, om weer op ons beurt te gee.
Kerkrekening Rekeningnaam: 

Harvester Gemeente Cederberg
4107732514
ABSA
632005

Verskillende maniere van GEE: Sien meer inligting hieronder! 

Betaal gereeld jou tiende: As jy die Bybelse seën van tiende wil verstaan bestudeer gerus die Bybelstudie: hrco.co.za/sermons/die-tiende-vraagstuk/

Deur jou Tiende betaal ons,

Heeltydse bedienaars
Jan & Chantál Oosthuizen
Deeltydse bedienaars
Jolanda Basson
Weduwees: 2 Persone
Sendelinge 3 Persone

Deur jou offergawes betaal ons die uitgawes van geboue, huur, brandstof, telefoon, internet, alle gebruiksartikels vir diens. Offergawes is waar mense voel om vir ‘n spesiale behoefte of nood te gee, soos wat dit duidelik word. Bou projekte en instandhouding, klanktoerusting, rekenaars, uitsaai en opneem toerusting, digitale tegnologie, sagteware, internet toegang.

Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê. En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het. (Act 4:34)

In ons droom om ‘n gemeente te wees soos die vroeë kerk in Handelinge – het ons die volgende stelsel in ons gemeente geïmplementeer: Vir elke gemeentelid se beskerming het die Here uit Sy woord vir ons ʼn manier van gee geleer. Geen individue gee van geld of items direk aan mense nie. Dit word aan die leierskap (apostels Handelinge 4:32-35) oorhandig wat dit dan aan begunstigde oorhandig. Sodoende is daar beskerming vir al die partye, soos in die Handeling gemeente. Somtyds wil mense graag gee waar daar nood is, maar hulle weet nie waar en wie nie. As leiers is ons meestal op hoogte van wie watter spesifieke nood het. Gelde wat vir die apostoliese fonds gemerk word, word uitsluitlik vir die doel gebruik – Eerstens die nood van gemeentelede, dan nood in die gemeenskap. Merk jou betaling asseblief “Apostoliese fonds” en laat ons weet na wie die betaling moet gaan. (Hierdie is ‘n direkte distribusie, geen fooie word gehef nie)

Hieraan sal die wêreld weet dat ons Sy dissipels is, ons liefde.

Die Bybel praat op verskillende plekke van ‘n finansiële gawe of geskenk aan die een waarvan jy lering en mentorskap ontvang. Iemand wat onderrig ontvang in die woord van God, moet sy leermeester laat deel in al die goeie dinge wat hy het. (Gal 6:6-19)  As ons vir julle die geestelike saad gesaai het, is dit dan te veel gevra as ons van julle die stoflike lewensonderhoud sou inoes? (1 Cor 9:11)

Sien ook (Mat 10:41-42)

Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee, want die Skrif sê: “Jy mag nie ‘n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie,” en ook: “Die arbeider is geregtig op sy loon.” (1 Tim 5:17, 18)

Daar was ook diesulkes wat voorsien het aan Jesus se behoeftes. (Luk 8:1-3)

Hierdie is ‘n sporadiese, deur die Gees gelei, geskenk direk aan die betrokke bedienaar, of leraar. Dit is nie ‘n maandelikse salaris tipe toelaag nie, maar bloot ‘n seën geskenk soos die Here dit in iemand se hart werk.  Bedienaars sal nie skimp of aandag op hulle nood op mense plaas nie, wat ‘n daad van ongeloof en vleeslike manipulasie sou wees.  Die leeraargawe is bloot ‘n geloofsdaad offer aan iemand soos die Here lei.  

Die gemeente is betrokke by verskillende diens organisasies, maar finansier nie direk hierdie projekte nie.  Die gemeente help deur vrywilligers beskikbaar te stel, en te help waar hulle kan om die bedieninge meer doeltreffend te maak. Dit is sakelui se verantwoordelikheid om deel van hulle winste aan ‘n sekere organisasie te skenk, en die organisasie sal dienoorkomstig artikel 18a belasting vryskelding briewe oorhandig vir skenkings.

Ons gemeente ondersteun tans die volgende Organisasies:

HUG Help us Grow

ACT – Actions for Community Transformation 

Hebron (Community Projects)

Clanwilliam Liefde Diens

Work4ALiving

Foundations For Farming

Amos Agrimin

Foundation for Cross-cultural Education

Ons gemeente is betrokke by sending op die volgende maniere:

Ons ondersteun Apostel Dr. Andre Pelser se missie om nasies te besoek, met ‘n man van vrede verhouding te bou, vir toekomstige sending inisiatiewe wat kan volg.

Ons ondersteun HARVESTER UGANDA.  Apostel John Mugisha, is die gemeente leier van Masaka Family Church, asook leier oor al die Harvester Gemeentes, en verder is hy behulpsaam op ons eie bediening op die plaas Lake Birinzi.  Ons besoek gereeld die leiers, hou seminare en konferensies, versterk netwerke en lei pastore op.  

Ons ondersteun ook graag Dr Brian Adams as evangelis, wat na die geringste klein kerkies regoor die wêreld die evangelie preek en demonstreer.

Donasie Opsies

PayFast Logo Colour
Visa
Instant EFT by Payfast
bitcoin
masterpass 1