Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

LEEF JOU LEWE IN
oorvloed!

Raak Betrokke!

Dankie dat jy die skakel “RAAK BETROKKE” gedruk het. ​

Die koninkryk van God is nie vir toeskouers en bewonderaars nie!

Jy moet inklim en deelraak! Soos rugby spelers in ‘n scrum, jy moet saam stoot. 

Ons is onbeskryflik dankbaar vir ‘n gemeenskap en familie van gelowiges, wat deur hulle omgee, dissipline, en voorbeeld mense inspireer om Jesus na te volg!

Ons is opgewonde om jou eersdaags te ontmoet, en lekker saam met jou te kuier, mekaar beter te leer ken, en te sien hoe jy kan inskakel.

Genade en Vrede




Jan & Chantal Oosthuizen

Jan & Chantál Oosthuizen

'n Lokale Geestelike FAMILIE is God se PLAN vir Algehele WELHEID vir JOU!

Die mens as ’n multi-dimensionele wese verlang om GEESTELIK vervuld, EMOSIONEEL tevrede en gelukkig, INTELLEKTUEL ingelig, SOSIAAL betrokke, FISIES fiks, in IDENTITEIT koersvas, EKONOMIES bemagtig en ‘n goeie rentmeester van ons HULPBRONNE te wees.  Harvester bied ‘n liefdevolle genesende GESIN-EKO-SISTEEM gesentreer rondom die lewe en persoon van Jesus Christus om die LEWE saam in oorvloed te LEEF. 

Die Volkome Genesing van die Totale Mens

Te veel mense leef in verwydering en soms in konflik met God, hulself, familie, gemeenskap en die beskikbare natuurlike hulpbronne. Harvester bied ‘n liefdevolle eko-sisteem van gemeenskap deur Jesus Christus se waardes te leef, en te handhaaf in elke faset van ons lewe.  Die volkome genesing van die totale mens. 

Kinders is vir ons almal baie belangrik!!! Daarom is elke kind in ons gemeente ONS kind. Ons kinders se opvoeding is ONS ALMAL se verantwoordelikheid. Die beste manier om ons kinders te bedien is nie ‘n aparte program iewers in ‘n lokaal nie.  Ons daaglikse lewe en saamwees is deurentyd ‘n bediening.  Ons bied spesiale progamme, dagkampe en gefokusde opleiding van tyd tot tyd aan. 

Nêrens in die NT of selfs OT word aparte programme vir die kinders aangebied nie.  Kinders is integraal deel van ons bedieningsmodel, daarom kan kinders soms huil en woel tydens ‘n byeenkoms. Want hulle is ONS kinders, en volwaardige deelnemers in die liggaam van Christus. Ons wil nie hê hulle moet enigsins uitmis op wat die Here besig is om in ons midde te doen nie!! 

Die naam ‘kerk’ het in baie mense se denke ‘n negatiewe persepsie, en in sommige ‘n afwersie en stigma verkry. 

So baie mense beleef dat “KERK” 

  • nie regtig iets vir hulle beteken nie.
  • net vol skynheiliges sit.
  • veroordelend is teenoor hulle bepaalde lewenstyl.
  • nie die vermoë het om regtig te help wanneer dit nodig is nie.
  • selfs nadelig vir jou is.
  • nie betrokke genoeg is in lokale maatskaplike uitdagings nie.
  • nie genoeg standpunt inneem nie.
  • geensins bygedra het tot hulle eie geestelike ontwikkeling nie.
  • nie antwoorde het op hulle vrae oor die Bybel nie.
  • outyds en irrevant geraak het.
  • besig is met ‘vreemde’ dinge wat mens nie verstaan nie.
  • nie liefdevol genoeg is nie.
  • hulle seergemaak of teleurgestel het.

Die KERK wys daaroorteen weer vinger na die Moderne Samelewing wat al hoe meer  verbruikers georiënteerd, narsisties, net ingestel op hulself geraak het.  Mense wil vandag ten alle koste onafhanklik op hulle eie  funksioneer.  

Baie beleef  ‘n diep honger op soek na dinge om die honger te stil: “As ek iets nodig het, dan sal ek daarna soek en ek sal dit kry op verskillende plekke en maniere”.

“Kerk” is egter nog altyd GOD se plan vir jou! 

Omdat daar deesdae so baie huwelike in die egskeidingshof eindig, beteken nie dat die HUWELIKVERBOND nie God se plan en droom vir ons is nie? 

Daar is geen perfekte HUWELIK nie, en ook nie een perfekte KERK nie.  Daar is agter diegene wat dit regkry deur God se genade om iets van God se droom vir familie en gesinwees hier op aarde te verwesenlik!  Kliek die SKAKEL op die titel van hierdie paragraaf om HRCO se geloofsreis na ‘n meer GELOOFWAARDIGE, Christus-gesentreerde gemeente te verstaan.  

Ons is só intens bewus dat Jesus Christus ALLEEN Sy Kerk Bou, en dat ons bloot lewende stene is wat Hy besig is om in te messel in hierdie glorieke tempel, tabernakel, nuwe Jerusalem, Sy Bruid, Sy Heerlikheid, Sy Liggaam! Bou U Kerk Here Jesus! Koning Here! 

 

RAAK BETROKKE! 

Daar is so baie afleidings en prioroiteite wat ons tyd en aandag verg. Aktiewe betrokkenheid in ‘n gemeente is goed vir jou siel, en geestelike ontwikkeling.  

‘n Mens groei nie deur ‘n touskouer te wees nie.  Jou DEELWEES is vir ons belangrik, en ons wil graag sien hoe elke persoon as ‘n lewende steen in God se KERK ingemessel word! 

DEEL gerus met ons jou talente en vaardighede waarmee die Here jou geseën het. Vul asb die volgende vorm in, dan leer ons jou beter ken.  

 

Vul ondergaande vorm in, sodat ons meer van jou kan leer, jou talente, bediening fokus, en belangstellings. 


Vul ondergaande vorm in sodat ons jou korrekte kontak besonderhede kan stoor.

Ons stelsel is onderhewig aan POPI regulasies, en is deur eksterne Instansie nagegaan vir regstellings.  

Jou Groei pad as 'n HARVESTER

Preke
Jan Oosthuizen

Wanneer God Stil Is

Hoekom voel dit soms asof God gans afwesig is?  Ons weet Hy is alomteenwoordig, en altyd DAAR, maar HIER voel ek nou alleen! Ons lees en hoor van herlewings en voel opgewonde vir ‘n oomblik, soos ‘n boer tydens droogte hoop op reën wanneer hy die eerste wolke sien saampak.  God is soms STIL waar Hy is nooit AFWESIG nie.  Kom ons leer uit God se Woord, wat ons te doen staan in hierdie tye van STILTE.

Lees Verder »
DOOP in Water - Harvester Gemeente | Olifantsriviervallei
Jan Oosthuizen

#2 DOOP in Water

DOOP in Water Doop versinnebeeld die aflegging van die ou mens en die opstaan van ’n nuwe skepsel met ’n nuwe natuur in Christus. Doop

Lees Verder »