Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

HRCO Video: Jan Oosthuizen | Wanneer God Stil Is | 11 September 2022 | Harvester Citrusdal

“Andrew Peterson se liedjie “the silence of God” praat met mens se hart, oor die rou oomblikke waar God ons gebede en versugtinge antwoord met stilte.

Hierdie juk is sag, maar die las is bitter swaar.  Hoekom voel dit soms asof God gans afwesig is?  Ons weet Hy is alomteenwoordig, en altyd DAAR, maar HIER voel ek nou alleen! Ons lees en hoor van herlewings en voel opgewonde vir ‘n oomblik, soos ‘n boer tydens droogte hoop op reën wanneer hy die eerste wolke sien saampak.  God is soms STIL waar Hy is nooit AFWESIG nie.  Kom ons leer uit God se Woord, wat ons te doen staan in hierdie tye van STILTE.

Die Bybel geskiedenis leer ons van talle voorvalle waar God stil geraak het.  Die sleutel woord vir die Boek Rigters is siklusse. Hoeveel siklusse was daar? Sewe. Na die verowering van Kanaän, duik Israel in ‘n tydperk van 350 jaar van nasionale agteruitgang. ’n voorspelbare maar dodelike siklus ontwikkel: Die mense verval in sonde; God dissiplineer hulle met vreemde volke se onderdrukking; die volk kom tot bekering; God wek ‘n verlosser op; vrede word herstel. Hierdie vyf-stap siklus – sonde, diensbaarheid, smeking, redding, stilte – word altesaam sewe keer in Rigters herhaal. Maar God, altyd getrou aan sy verbondsvolk, strek sy genade keer op keer uit deur leiers “Rigters” soos Debora, Gideon en Simson te stuur. En tog lees die boek se hartseer grafskrif: “In daardie dae… het elkeen gedoen wat reg was in sy eie oë” (Rigters 21:25).

Die naam van God kom glad nie in die boek Klaagliedere voor nie.  Terwyl die volk vir die 70 jaar in Ballingskap verkeer, is God stil. 

Dit is belangrik om te weet dat ons in hierdie tye nie skynheilig hoef te wees nie.  Ons hoef nie ons smart, ongelukkigheid, frustrasie vir die Here weg te steek nie.  As Kain maar eerder met die Here gepraat het oor die feit dat sy offer afgekeur is. Ons kanaliseer eerder ons woede op die onskuldige mense naaste aan ons, in plaas daarvan om dit direk te konfronteer. 

Regdeur die Psalms sien ons Dawid se rou eerlikheid met die Here, wanneer hy uitdruklik sy frustrasies, ongelukkigheid en smart uitpraat. 

VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?

Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?  Aanskou tog, verhoor my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie; sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie. Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.  (Ps 13:1-6)

Wanneer jy regtig met die Here eerlik bid, antwoord Hy jou met goddelike perspektief en wysheid.  Sommige Christene probeer nostalgies vashou aan die positiewe, en  weier om oor die negatief te praat – triomfalisme. Alles is net wonderlik en reg.  Onthou die Here toets nie ons emosies nie, Hy toets ons geloof.  en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 1 John 5:4. 

Ons soeke en vertroue is om GELOOF te vind, die wete om die regte ding op die regte tyd te doen.  Geloof is soos om daagliks manna op te tel.  Jy het gedurig nuwe geloof nodig wat relevant is tot jou situasie.  Ons is soos ‘n radar masjien – ons luister met fokus gedurig vir die inspraak van die wil van God.  Sodat ons kan weet wat om te doen.  Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;

en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword Heb 5:8

Soms is God Stil Oor Die Volk se Sonde

Daar is so baie kinders van die Here wat teruggeval en weggedwaal het van die Here.  Hulle dink met heimwee terug aan hulle kinderdae, en die wonderlike tye wat hulle in die kerk gehad het, hoe die Gees van die Here gewerk het, hoe lekker hulle saamgesing het en deelgeneem het.  Nou is hulle alleen, “alienated in their mind”, hulle het hulle vrymoedigheid verloor, hulle bid en sing nie meer nie.  Hulle praat net nie meer met die Here nie!  Ons almal verloor soms ons pad en verdwaal, maar ons bly nie op die verkeerde pad nie! Ons keer terug, ons maak reg, ons versoen met ‘n nederige gebroke gees.

Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom. Ps 34:19

Die Volk Roep Uit Na God… 

Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.  Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom. Ps 28:1-2

Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan. Job 30:20

Soms is Dit Nodig Dat Ons Op Hom Wag In Stilte

Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil. Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie. PS 62:2

“Wees en stil en weet ek is jou God”. Ps 46:10

“ In the silence of Who You are, there I find peace. Ps 46:11

Bedaar en weet Ek is God. Nie die maklikste plek om in jou lewe te wees nie, maar ek glo as jy daar kan bly is jy in God se veilige Hande. God werk agter die skerms.