Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Bybelskool

Harvester Gemeente Bybelskool

Waarom is julle dan vir My kwaad omdat Ek ’n mens op die sabbat HEELTEMAL GESOND gemaak het? (Joh 7:23) Die Lewende Bybel.

"die volkome genesing van die totale mens"

BYBEL STUDIE wat jou LEWE VERANDER

Praktiese en Relevante Bybel-gefundeerde, Christusentriese deurleefde metodes en lesse om Geestelik te groei en fiks te raak! 

Net soos met jou liggaam, moet jy jou besig hou met spirituele praktyke, oefeninge, en dade om geestelik optimaal te funksioneer. Jesus se dissipels moes nie net onder Jesus se lering sit en luister nie, hulle moes ook meedoen, om in net 2 ½ jaar gereed te wees om die leiers van ‘n nuwe geestelike beweging te word! 

The CULTURE WAR - how to stand for TRUTH without losing HEARTS

📢 Announcing Our New Online Bible School! Join us and Equip Yourself for Today’s Changing World! 🌍

Are you a Christian seeking to navigate the complexities of our rapidly changing world? Do you wish to deepen your understanding of crucial topics like marriage, family, gender, sexual expression, group identity, abortion, penal punishment, and economic redistribution of wealth? Look no further!

🗓️ Starting Monday, 24th July 2023
⏰ 19:30 (GMT/UTC)

At our Online Bible School, we are committed to providing you with the necessary tools to touch hearts bu challenge parasitic destructive non-biblical ideas! Join our diverse community of believers as we delve into thought-provoking discussions, explore biblical perspectives, and seek to understand God’s heart in today’s challenging times.
✨ What to expect:
📚 Engaging Bible teachings and Well-researched Notes
🌟 Interactive ZOOM group discussions
🗣️ Insightful guest speakers
💡 Practical application tips
🙏 Meaningful Interaction and Bonding with your spiritual family.

Jan & Chantál Oosthuizen will guide you through relevant scriptures, providing you with biblical wisdom and empowering you to address these critical issues with grace and compassion.

Don’t miss this opportunity to equip yourself for the journey ahead! Come, learn, grow, and connect with fellow believers who are passionate about understanding and living out God’s truth.

Feel free to share this invitation with your friends, family, and church community. Let’s embark on this transformative journey together!

 
 

God se Hart vir Sy Kerk?

Wat is Kerk? Wie is kerk? Hoekom kerk? Is daar ‘n regte ware kerk? Hoekom is Kerk hoegenaamd goed vir my? 

Konflikhantering

Ontdek die verlore kuns van luister, hoe om nie aanstoot te neem of te gee nie, hoe om al die hindernisse in kommunikasie te oorkom. 

Gebed

Leer hoe om God se stem te hoor, Gebed wat God se hart ontsluit, intersessie en vele meer…

Hoe Werk Jou Geloof

Geloofsoortuigings is kragtig, deurdringend en blywend. In hierdie kursus wil ons probeer  verstaan hoe oortuigings gebore, gevorm, gevoed, versterk, uitgedaag, verander en uitgedoof word. 

Algehele Welheid

8 Dimensies van Welheid. Die volkome genesing van die totale mense. GEESTELIK vervuld; Betekenisvolle VERHOUDINGS; Koersvaste IDENTITEIT; Goeie RENTMEESTERSKAP; FISIES gesond; EMOSIONEEL tevrede; nugter DENKE; EKONOMIES bemagtig. 

Verstaan die Koninkryk v God

7-Weeklikse Aanlyn kursus. Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees (Romeine 14:17). Ons kyk na: Wat is die Koninkryk? Waar is die Koninkryk? Hoe verkry ek die Koninkry? En vele meer.

Huwelik Seminaar

“Die Heiligheid van die Huweliksverbond!!” Groot gewigte woorde, maar die enigste manier om getrou te bly aan jou huweliksmaat. Ontdek saam met ons God se plan en maatstaf vir die huwelik.

Aanlyn Bybelskool - Rigtingwysers van die Profete

Rigtinggewers vir ‘n Nasie.  Wys ons nie net die toekoms nie, maar hoe om God se toekoms te realiseer. Ons gaan sistematies deur al die kleiner profete werk, en antwoorde soek vir Suid Afrika se uitdagings. 

Aanlyn Bybelskool - Jesaja & Jeremia

Geen profeet het meer ‘n dieper insig en profetiese visie gehad soos die Profeet Jesaja nie. Nie net sien hy die Goddelike Plan van die Lydende Dienskeg van God die Messias nie, maar die einde van tyd, en komende Oordeel. Moenie hierdie klas misloop nie!!  

Jesus, die beste Lewe ooit Geleef (Afrikaans & Engels)

Jesus demonstreer nie net die maatstaf vir ‘n perfekte lewe nie, Hy kom vat ons hand en werk die vermoë in ons om reg te doen, en reg te leef! Jesus is soos ’n linieaal, ’n rigsnoer, ’n waterpas wat jou lewe reguit trek. 

Fondasie Kursus

Bemeester die 6 fondasie stene van ons geloof in Hebreërs 6.  Bekering, Geloof, Doop, Oordeel, Opstanding, en Hande-Oplegging.  Hierdie kursus is ‘n absolute MOET-doen studie om jou geloofslewe te grondves. 

AANBIEDERS

Aanbieders

Jan Oosthuizen geestelike leier van Harvester Gemeente Olifantsriviervallei (Citrusdal & Clanwilliam), skrywer van verskeie boeke.  Gemeenskap brugbouer en sosiale entrepreneur, en weeklikse spreker vir “Brugbou” en “dagbreek” op Radio Namakwaland. 

Jan oosthuizen

Chantál bied graag vroue dae en kampe aan wat inspireer! Sy is lief vir mense en is ‘n aanmoediger en bemoediger van menige moeë en bedroefte hart.  Haar borrelende lewensvreugde is aansteeklik, veral as sy haar spesiale hartsgedigte deel.  

Chantal oosthuizen