Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

LEER ken die Woord en Wil van God

Mense gaan 12 jaar skool, studeer vir ‘n beroep, en doen dan nog vele kursusse om hulleself te bekwaam vir die lewe. Die Woord van God, en die voorbeeld van Jesus wat hierdie Woord kom vlees maak het, is die beste manier om die lewe te leef.  Mense het vraagstukke oor dele van die Bybel wat hulle nie verstaan nie, maar die Bybel wil geleef word, sodat ons guns by God en mens sal ontvang. 

 

Die Fondasie Kursus (Video Kursus)

Die Fondasie kursus is jou wegtrek plek as gelowige op jou geestelike pelgrimsreis met Jesus. Daar is nog baie dinge wat ek hieroor wou sê, maar dit sal moeilik wees om te verduidelik, want julle is nie meer gewillig om te luister nie. 12As ’n mens kyk na die jare wat julle nou al in Christus glo, dan moes julle nou al vir ander kon leer. (Heb 5:11-14) Ek glo dat soos ek jy nie graag onder dieselfde kam geskeer wil word nie, as die mense met wie die Hebreers skrywer praat nie. In Hoofstuk 6:1-2 noem die skrywer die 6 temas wat elke gelowige nie net moet ken nie, maar ook instaat moet wees om ander te leer.

Jesus die beste lewe ooit geleef Aanlyn Bybelkursus

JESUS was die perfekte mens! Sy spiritualiteit, denke en nugterheid, emosionele intelligensie, leefstyl en gewoontes, verhoudingeweredigheid en identiteit is die praktiese beste ideaal vir ‘n gesonde lewe. In hierdie studiegids gaan jy nie net Jesus op ‘n vars nuwe manier leer ken nie, jy gaan ook jou skeppingsdoel ontdek, en die krag en genade ontvang om hierdie onmoontlike goddelike standaard te leef. Jesus demonstreer nie net die maatstaf vir ‘n perfekte lewe nie, Hy kom vat ons hand en werk die vermoë in ons om reg te doen, en reg te leef! Jesus is soos ’n linieaal, ’n rigsnoer, ’n waterpas wat jou lewe reguit trek. Jy kan Hom nooit net neersit en dink jy kan aanhou bou sonder om Hom gereeld te gebruik nie. Hy is soos die musiekinstrument-instemmer wat gereeld gebruik moet word om seker te maak ons is nog op die noot.

Miracle Bible Training Centre

Dr. Andre en Nola Pelser het Miracle Bible Training Centre in Kaapstad (MBTC) gestig na baie jare se studie, lewenservaring en kerkplanting in meer as 30 lande oor die hele wêreld. Hulle het 'n behoefte gevoel aan 'n opleiding sentrum te stig wat gelowiges ten volle sou toerus vir 'n akkurate lewensstyle in die Koninkryk van God. Die meeste Bybelinstellings lei mense slegs vir voltyds bediening op en vergeet die ander 90% van die kerkmag. As hulle glo dat almal tot die bediening geroep word, maar in verskillende rolle en hoedanighede, het elkeen opledining nodig vir hul spesifieke bedieningswerk.

Bybel Interpretasie

Die meeste kerke, en self valse leraars gebruik die Woord om hulle opinies en openbaringe te staaf. Die Vaders van die Reformasie wou die Woord toeganklik maak vir elke mens om self te lees en te verstaan. Daarom die verskillende vertalings wat ons vandag het. Die Woord is die Basis van alle leerstelling en gebruike in die Kerk. Sola Scriptura - Die Woord alleen! Elke gelowige moet dus leer om verantwoordelik met die Woord om te gaan. Sien die pdf om meer te leer oor Bybel Interpretasie.

Hier is 'n paar boeke wat uitdruk uit is, maar waardevol en relevant vir vandag!