Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Ons Geloofbelydenis

DIE VISIE

Te veel mense leef in verwydering en soms in konflik met God, hulself, familie, gemeenskap en die beskikbare natuurlike hulpbronne. Harvester bied ‘n liefdevolle eko-sisteem van gemeenskap deur Jesus Christus se waardes te leef, en te handhaaf in elke faset van ons lewe.  Die volkome genesing van die totale mens.

Ons glo dat die belangrikste effek van enige bediening moet wees om toe te sien dat “Christus vorm aanneem” in die lewens van diegene wat ons bereik en bedien. 

OPDRAG OM TE GAAN!

Matteus 28:19-20

GAAN leer al die nasies

GAAN Doop in die naam van die Vader en die seun en die Heilige Gees

GAAN leer hulle om alle dinge wat ek jou beveel het, te onderhou. In die opdrag om Jesus te gaan het belowe om altyd met ons wees selfs tot aan die einde van die wêreld.

BEVEEL OM LIEF TE HÊ

Johannes 13:34-35Johannes 15:12-14;  Jakobus 2:8

Ons moet mekaar liefhê soos Christus ons liefgehad het.

Mense sal weet ons is dissipels van Jesus deur ons liefde vir mekaar.

Ons vervul die koninklike Wet van God deur ons naaste soos onsself lief te hê. Jesus sê: “jy sal goed doen”

Die Missie

Ons missie is die groot opdrag om te gaan en dissipels van alle nasies te maak deur Apostoliese Sendingreise. Ons vervul ‘n profesie dat ‘n vuur in Kaapstad sal begin en deur Afrika na Europa, dan Asië en uiteindelik die Amerikas sal versprei. Ons poog om plaaslike gemeentes te vestig in elke vasteland regoor die Wêreld, wat strategies sentreer rondom ‘n Bybelskool en Huiskerke. Harvester gemeentes het ‘n gesonde liggaam, familie, gesin DNS.  

Die Boodskap

Daar is slegs een ware evangelie en dit is die evangelie van die Koninkryk van God. Dit is wat Jesus verkondig het en dit is wat die apostels verkondig het. Daar is baie sogenaamde Evangelies, maar daar is slegs een ewige evangelie – die evangelie van die Koninkryk van God. Rom 14:17 verduidelik dat dit eienskappe is wat beskryf word as geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees.

ONS VOORREG is dan om saam met Christus te heers en deur geloof in die Koninkryk in te gaan. Ons is gemaak om “saam te sit in die hemelse plekke in Christus Jesus”. Ons moet dus in alles meer as oorwinnaars wees. Sonde sal dus nie oor ons heers nie. Sonde, siekte en Satan word verban uit die glorieryke Realm waarin God se kinders geroep word om te lewe. Jesus is ons KONING, ons is sy Koninkryk. SY wil is ons hoogste begeerte en die uitbreiding van Sy Koninkryk ons uitsluitlike fokus. Uiteindelik sal alles bygevoeg word aan ons. Ons beroep is heerskappy, nie verslaenheid nie! 

Verklaring van Geloof

Daar is een God, ons Skepper, ewig bestaande uit drie persone: Vader, Seun en Heilige Gees.

Jesus is die seun van God en Saligmaker van die wêreld. Hy is uit ‘n maagd gebore, het ‘n sondelose lewe geleef en God het hom gesalf om die siekes te genees en die dooies op te wek. Sy dood, liggaamlike opstanding en Hemelvaart waar HY aan die regterhand van God die Vader is vir ons net so werklik soos Sy fisiese en naderende wederkoms.

Die Bybel is die lewende Woord van God geskryf deur Heilige mense wat geïnspireer is deur die Heilige Gees en onderrig ons om heilig te lewe. 

Die Heilige Gees is ons Leidsman en Trooster. Die vrug van die Gees is ‘n geestelike oes van Sy saad gesaai in ons harte.  Die gawes van die Gees word aan elke lid gegee om ander gelowiges aan te moedig om ongelowiges bewus te maak van die werklikheid van Jesus Christus in die kerk, die liggaam van Christus vandag.

Ons is Christus se ambassadeurs tot ‘n geestelik donker en verlore wêreld wat smeek om met God versoen te wees deur Jesus Christus. Die bloed van Jesus Christus het die prys betaal vir hulle versoening en almal wat in hom glo, sal gered word en Hy sal hulle sondes vergewe.

Die doop van die Heilige Gees is ‘n noodsaaklike geskenk vir alle gelowiges wat die Here gehoorsaam en gedoop is in water deur volle onderdompeling in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Die aanvanklike bewys van die Doop in die Heilige Gees is die vermoë soos die Gees dit gee om in ander tale te praat net soos die dissipels gedoen het in die boek handelinge. Die ander gawes van die Gees volg na die doop. Almal wat Jesus erken as Here het die Gees binne omdat geen mens kan sê Jesus is die Here behalwe deur die Heilige Gees.

Ons glo in die Sakramente van die Here se nagmaal om ons te herinner aan sy dood en opstanding en om te leer om die liggaam van Christus onder ons te onderskei waarvan Hy die hoof is. Ons glo ook in die Sakrament van die waterdoop as simboliese handeling deur onderdompeling om ons identifisering met Christus Jesus se dood en opstanding te demonstreer. Ons seën die klein kindertjies net soos Jesus gedoen het en vind geen skriftuurlike bewyse vir besprinkeling of doop van babas wat geen keuse het ten opsigte van hulle eie geloofsbelydenis nie. Ons doop gelowiges wat Jesus Christus as hulle Here bely, kan getuig van wedergeboorte waar die Here die Bybel die rigsnoer maak van hulle harte en gevolglike deelword van die kerk as hulle geestelike familie.

Ons glo in die korporatiewe reiniging van sonde van die liggaam van gelowiges wanneer ons gemeenskap met God die Vader, seun en Heilige Gees en met mekaar het wanneer ons saamkom om ons God te aanbid. Ons glo ook in die was van water van die woord wat die harte van gemeentelede suiwer wanneer die Woord verkondig word. Jesus het gesê, ‘ jy is rein vanweë die woorde wat ek gespreek het ‘. Dit laat elke lid toe om in die kerk te funksioneer sonder enige skuld of veroordeling en om vervulling te vind en tot die groei van die kerk te voeg.

Ons glo in die korporatiewe seën van verlossing, Goddelike genesing, voorsiening en beskerming, net soos Israel versorg is in die Wildernis onder die wolk en die vuurkolom. Daar was niemand swak onder hulle nie en hulle het fisieke lewensmiddele van manna uit die hemel en water ontvang uit ‘n rots wat hulle gevolg het. Christus is ons brood uit die hemel en die rots van eeue.

Ons glo in die Apostoliese seën van genade en vrede vir die kerk wat die Apostoliese bediening en ons Apostoliese opdrag erken. Ons is almal uitgestuur om in die hele wêreld in te gaan en die evangelie van die Koninkryk te verkondig en dissipels te maak van alle nasies. Ons groot gebod is om God en ander lief te hê soos ons ons self liefhet, omdat hy ons eerste liefgehad het om ons ‘n voorbeeld te gee om na te volg.

Ons glo ons het reeds gekom tot die berg Sion, die hemelse Jerusalem, tot ‘n groot menigte van engele en die geeste van regverdige mense volmaak gemaak, aan die ouderlinge in die hemel, aan Jesus die middelaar van die nuwe verbond gebaseer op ‘n beter beloftes en God die Vader en oordeel van ons almal. Dit is die ware kerk genaamd die kerk van die eersgeborene waarvan ons ‘n integrale deel is. Dit is ‘n huidige werklikheid en nie ‘n veraf hoop nie.

Ons is Nuwe Testamentiese gelowiges en die Koninkryk van God is ‘n huidige werklikheid met ‘n uiteindelike vervulling wat op ons wag. Die Koninkryk van God is binne-in ons en ons hoef dit nie deur geweld en werke in besit te neem nie. Dit is ons Hemelse Vader se goeie behae om die Koninkryk (Sy geregtigheid) aan ons te gee.