Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Die Leeraar Gawe

Die Bybel praat op verskillende plekke van ‘n finansiële gawe of geskenk aan die een waarvan Jy lering en mentorskap ontvang. Iemand wat onderrig ontvang in die woord van God, moet sy leermeester laat deel in al die goeie dinge wat hy het. (Gal 6:6-19)  As ons vir julle die geestelike saad gesaai het, is dit dan te veel gevra as ons van julle die stoflike lewensonderhoud sou inoes? (1 Cor 9:11)

Sien ook (Mat 10:41-42)

Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee, want die Skrif sê: “Jy mag nie ‘n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie,” en ook: “Die arbeider is geregtig op sy loon.” 1 Tim 5:17, 18)

Daar was ook diesulkes wat voorsien het aan Jesus se behoeftes. (Luk 8:1-3)

Hierdie is ‘n sporadiese, deur die Gees gelei, geskenk direk aan die betrokke bedienaar, of leraar. Dit is nie ‘n maandelikse salaris tipe toelaag nie, maar bloot ‘n seën geskenk soos die Here dit in iemand se hart werk.  Bedienaars sal nie skimp of aandag op hulle nood op mense plaas nie, wat ‘n daad van ongeloof en vleeslike manipulasie sou wees.  Hierdie is bloot ‘n geloofsdaad soos die Here lei.