Categories
Jesus die beste lewe

Die Bonatuurlike Jesus

Jesus was volkome mens, maar Sy lewe was ook bonatuurlik: Sy geboorte deur ʼn maagd (Luk 1:34, 35; Jes 7:13-16; Matt 1:22-23), al Sy wondertekens en kragtige dade (Matt 11:20; 13:54; Mark 6:2), en Sy opstanding (Matt 16:21; 17:9, 23; Matt 20:19; 26:32; Mark 14:28; Luk 9:22; 14:14; Joh 2:19-22; 5:21; 6:39-40; 11:1-44; 14:20; 21:14).

Volgens die ‘Synoptic Gospel’, is daar 83680 direkte woorde van Jesus opgeteken, waarvan 31426 oorspronklik is, en nie herhalings is nie. ‘n Mens praat gemiddeld 125 – 150 woorde per minuut. Teen 130 woorde per minuut kan Jesus se Woorde in net so onder die 4 ure gelees word. Dus het Jesus nie so baie gesê nie.  Jesus se Woorde wil geleef word. Dis nie kennis nie, dis kennis met wysheid en waarheid gemeng. Derduisende boeke en kommentare is al geskryf oor Jesus se woorde. Maar dit baat mens niks as jy nie Sy woorde begin leef nie.  Die krag van Jesus se Woorde was Sy demonstrasie daarvan.

Hoe sou die kerk vandag daar uitgesien het as ons nooit die bonatuurlike demonstrasie van die krag van God beperk en verloor het nie? Veronderstel iemand wat nog nooit in ʼnkerk was nie kom tot bekering en bestudeer dan die Evangelies saam met Handelinge? Sênou ons stuur dan die persoon in vandag se kerke in –sou ons kerke vandag vir hom dieselfde boodskap kan demonstreer? Sou die persoon beleef hy stap in die bladsye van die Skrif in terwyl hy in ons midde verkeer?

Indien jou soeke is om meer soos Jesus te leef, kan jy nie Sy bonatuurlike bediening ignoreer nie. Dit staan sentraal tot wie Hy op aarde was. Ons verkies egter altyd die dele van Jesus se lewe waarvan ons hou en wat ons dalk self kan regkry! Ons vermy die onmoontlik-vir-self aspekte! Dit is juis hierdie dele van Sy lewe wat deur die eeue die meeste kontroversie veroorsaak het. Sommige vervals die bonatuurlike en gebruik dit, soos die geldwisselaars, om mense te trek en meer geld te maak. Die verdraaiing, vervalsing en uit verband trek van die bonatuurlike is waarom sommige kerke en gelowiges dit eerder vermy.

The secret is, there is no formula, no mathematical progression, no tradition that can reproduce the supernatural all the time. We have to get it by faith from the spiritual realm according to the plan and purposes of God the Father and of our Lord Jesus Christ, communicated to us through the blessed Holy Spirit.

Dis die vyand se eeue oue strategie om ons weg te draai van God se voorsiening. Omdat ons dan uitgehonger raak vir Sy volheid, soek ons versadiging op ander plekke en op ander maniere. So is seksuele intimiteit ʼnwonderlike, vervullende voorsiening vir ʼnman en vrou in die huwelik. Deur satan se verdraaiing, besoedeling en onbehoorlike gebruik van God se voorsiening, draai ons teen hierdie voorsiening, ons verwerp dit, ons raak onkundig en onbeholpe, en veroorsaak nog meer skade. Goddelike, vaderlike, heilige leierskap is ʼnwonderlike voorsiening vir die mensdom, maar die korrupsie van vals leiers bring verskrikking en verwoesting. Beplanning, administrasie en harde werk is ʼnwesenlike deel van God se voorsiening, maar ons verdraai dit in absolute beheer en slawerny.

Ons het veral nodig dat Christus weer die plek en verstaan van die bonatuurlike goddelike element van die evangelie in ons harte sal benadruk, ons sal reformeer en geloof in ons harte sal bewerk omdat Hy graag met ons wil saamwerk.

We are all immersed in a vast sea of unseen forces. Can you see radio waves? Or, for example, the magnetic fields by which the stars keep their ancient places? All around us, even going through our very bodies, are powerful emissions which we can detect only by instruments. Some radiation could destroy us before we ever felt it. Human perceptions are very limited. Even your cat can hear what you can’t. A snake can sight its prey in the pitch darkness. The first words Jesus said to His disciples were “Come and see!” (John 1:39). He came to make us see, and see in the dark. The great theme in John’s Gospel is “inner sight”, seeing more than meets the eye. Spiritual reality belongs to a different order. Physical eyes can’t discern the spiritual. John mentions that some witnessed Christ’s miracles and made nothing of them. The visible displays invisible – “the heaven’s declare the glory of God”, but not to those without faith. Another thing is that at present the world lies in wickedness and spiritual darkness. The unseen is doubly unseen. Faith in God is like a lamp, which is of no use in daylight. The only chance faith will ever get is now, in a world of darkness, sin and trouble. It can’t operate in heaven where the Lamb is the light. “Now we see through a glass, darkly, but then face to face, (but) now remains faith” (1 Corinthians 13:12,13). God bless you. REINHARD BONNKE

JESUS SE LEWE WAS BEWESE BONATUURLIK!

Genesings, wonderwerke en bevryding van die bose was deurentyd deel van Sy bediening!

Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak. Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg (Matt 4:23-25; Luk 6:17-19).

Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring. Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom. Hy het baie siekes wat allerhande kwale gehad het, gesond gemaak en baie bose geeste uitgedrywe. Hy het die bose geeste nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het wie Hy is. Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ‘n eensame plek en daar gebid. Simon en dié wat by hom was, het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal soek U.” Maar Hy antwoord hulle: “Laat ons êrens anders heen gaan, na die nabygeleë dorpies toe, sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom.” Hy het toe gegaan en dwarsdeur Galilea in hulle sinagoges gepreek en bose geeste uitgedrywe(Mark 1:32-39; Matt 8:16-17; 4:23; Luk 4:40-44).

Met sononder het almal hulle siekes, wat aan allerhande kwale gely het, na Hom toe gebring. Hy het hulle een vir een die hande opgelê en hulle gesond gemaak. Ook bose geeste het uit baie uitgegaan terwyl hulle skreeu: “U is die Seun van God!” En Jesus het hulle skerp aangespreek en hulle nie toegelaat om sulke dinge te sê nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus is (Luk 4:40-41).

. . . met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was (Hand 10:38).

Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak. Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ‘n wagter het nie. Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes”(Matt 9:35-38).

Hulle het toe vertrek en van die een dorp na die ander gegaan om oral die evangelie te verkondig en siekes gesond te maak (Luk 9:6).

Aangesien Ek dus deur die vinger van God bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom(Luk 11:20).

SY DISSIPELS IS BEVEEL OM DIESELFDE TE DOEN:

Gaan verkondig: “Die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet (Matt 10:7-8).

DIE BOODSKAP MOET MET DEMONSTRASIE GEPAARD GAAN:

Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God (1 Kor 2:4-5).

Mense plaas hulle geloof in metodes, resepte, tegnieke, mense, godsdiens en eiegeregtigheid eerder as om hulle hoop volkome en alleenlik in Christus te plaas! HY soek ons hart, nie ons godsdiens-speletjies nie! Sommige predikers gebruik aanhalings van bekendes, slim stories met power point-voorstellings, maar dit het geen mag en vermoë om mense, vasgevang in sonde, vry te maak nie! Jou prediking moet gepaardgaan met ʼnbewese demonstrasie en aktivering van geloof in mense se harte. Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God (1 Kor 2:4-5). Die koninkryk van God is immers nie ʼnsaak van praatjies nie, maar van krag(1 Kor 4:20).

Inligting verander nie mense se gedrag nie. Dit kos ʼnradikale ingryping van verlies, siekte enʼnkonfrontasie met Waarheid. Mag die Heilige Gees Jesus in ons midde openbaar en ons lei na die Vader. Beide die prediking van die Woord en die demonstrasie van die Gees is noodsaaklik. Die een kan nie sonder die ander nie. Die Woord bied die grondmateriaal en die Gees bied die lewe.

Die Woord sonder die Gees is dood (2 Kor 3:6). Maar die Gees sonder die Woord, lei tot wanorde en selfgerigtheid (1 Kor 14).

Ek sal dit nie waag om oor iets anders te praat as oor wat Christus deur my tot stand gebring het om heidennasies aan God gehoorsaam te maak nie. Dit het Hy deur my gedoen met woord en daad, deur kragtige tekens en wonders, in die krag van die Gees van God(Rom 15:18-19).

Want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging. Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het, en dít om julle ontwil. En julle het ons voorbeeld gevolg en volgelinge van die Here geword. In baie moeilike omstandighede het julle die woord aangeneem met ʼnblydskap wat van die Heilige Gees kom (1 Tess 1:5).

Hierdie saligheid is immers deur die Here verkondig, deur wie dit sy oorsprong het, en is aan ons bevestig deur dié wat dit gehoor het. Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil (Heb 2:3-4).

God bevestig nie die persoon nie, Hy bevestig Sy Woord. Die woord van ons getuienis (Op 12:10).

Die verkondiging van die evangelie van verlossing wek geloof vir mense om gered te word. Op dieselfde manier wek ons getuienisse van genesing, geloof in mense vir hulle eie genesing en bevryding.

DIE HERE WERK SAAM MET ONS

Hulle het toe die evangelie oral gaan verkondig, en die Here het met hulle saamgewerk en hulle prediking bekragtig deur die wondertekens wat daarop gevolg het(Mark 16:20).

“En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig(Hand 4:29-31).

Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil(Heb 2:4).

DIE KRAG VAN JESUS WORD OP VYF MANIERE GEDEMONSTREER:

  • Die krag van Sy woord. Hulle was verbaas oor sy leer, want Hy het met gesag gepraat (Matt 7:28, 29; Matt 7:28; 13:54; 19:25; 22:33; Mark 1:22; 6:2; 7:37; 10:26; 11:18; Luk 2:48; 4:32; 9:43). “Verslae”; “verslae”; “baie verslae”; “verslae”; “verslae”; “verslae”; “uitermate verslae”; “uitermate verslae”; “verslae”; “verslae”; “verslae”; “verslae”; “verslae” (OAV). Verslaentheid is sonder uitsondering die reaksie. Die woord eksplessomaibeteken: “Ek is verstom/oorbluf, verbysterd” (Souter). “Verwonderd . . . oorweldig (lett. uit jou verstand uitgeslaan)” (Arndt en Gingrich).
  • Die krag van Sy belofte. Die transformerende krag van Jesus om ons nuwe mense te maak. Jesus verander water in wyn. Dit wat jare neem om te verouder en kwaliteit aan te neem, doen die Here in ʼnsekonde toe hulle Hom gehoorsaam (Joh 2).
  • Die krag van Sy aanraking. Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg(Matt 8:3). En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak(Luk 6:19). Jesus het ook self onmiddellik geweet dat daar van Hom krag uitgegaan het. Hy het Hom in die gedrang omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?” (Mark 5:30).
  • Die krag van Sy vergifnis. Jesus vergewe die vrou wat in die daad van egbreek gevang is (Joh 8:10,11). Toe Jesus die geloof van die mense sien wat die verlamde man deur die dakteëls laat sak sê Hy: “Mens, jou sondes is jou vergewe”(Luk 5:20). Die vrou wat ʼnsondige lewe gelei het, kom breek duur albaste fles met olie op sy voete (Luk 7:36-50). Jesus sê: “Jou sonde is vergewe!”(v. 48)
  • Die krag van Sy voorsiening. Vermeerdering van die brode: Met vyf brode en twee vissies voed Hy 5 000 mans en 12 mandjies bly oor (Mark 6:35-44). Met sewe brode voed Hy 4 000 mense en daar was sewe mandjies oor (Mark 8:1-10). Jesus betaal Sy en Petrus se tempelbelasting deur ʼnmuntstuk gevind in ʼnbek van ʼnvis (Matt 17:26-27).

WAT ONTSLUIT DIE BONATUURLIKE WERKING VAN DIE GEES?

Deernis (compassion):

The Bible says, “And when Jesus went out He saw a great multitude; and He was moved with compassion for them, and healed their sick” (Matt 14: 14). Notice that the miracle of healing was a by-product of compassion. This is the Greek word splagchnizomai, which means to be “moved in one’s bowels” or “seat of love”. Compassion is the divine ability to empathize with the pain and suffering of others. Jesus always walked in compassion.

Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak (Matt 14:14).

Geloof:

Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word (Mark 16:17).

These signs will follow those WHO BELIEVE (Mark 16:17)

Nabyheid (proximity):

Nabyheid, gebed, gehoorsaamheid, samehorigheid, eenheid. Bly in my (Joh 15). Allerhande wonderwerke het gebeur deur die handelinge van die apostels, omdat daar eenheid was (Hand 1:14; 2:1; 46; 4:24, 32; 5:12; 8:6; 15:25).

And the power of the Lord was [present]with Him to heal them (Luk 5:17).

Jesus Genees op verskillende maniere:

God nie net besorg oor die genesing van ons liggame nie. Hy wil ook hê dat ons ’n sekere lewenswyse aanleer.  Jy self is verantwoordelike vir jou gesondheid, en moet in die geloof handel, na noukeurige ondersoek.

  • Bely julle sonde: James 5:16
  • Ouderlinge salf met olie: James 5:14-15
  • Dokters: Geneeshere is vir die siekes Mat 9:12; Mark 2:17; Luk 5:31. Daar word na Lukas verwys as die “geliefde geneesheer” Col 4:14.
  • Mediese versorging, die barmhartige samaritaan verbind die man, en salf sy wonde. Lukas 10:33–34.
  • Alternatiewe geneeskunde: Gebruik bietjie wyn vir die ontsteldheid met die maag. 1 Timotheus 5:23
  • Ons teenwoordigheid bring genesing: Die blare van die boom is tot genesing van die nasies’ (Openbaring 22:2; Ps 1:2-3; Eze47:12; Jer 17:8.
  • Die Woord van God genees. Luk 4:4
  • Toe Jesus hulle geloof sien: Mar 2:5; Mat 9:29
  • Vergifnis: Mat 18:34-35
  • Vereenselwig deur die Nagmaal met Sy lyding:  1 Korintiërs 11:28–30
  • Lofprysing: “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees”. Psalm 103:1–3
  • Lappies wat gesalf is: Acts 19:11-12
  • Hande Oplegging: Markus 6:5, 13; 16:15, 17–18.
  • Duiwels uitgedryf: Mar 9:14-29; Matt. 17:14-20; Luk. 9:37-43

OUR PRAYER: 

God, grant us the humility to contain a greater measure of Your glory. The fearless radical faith to pursue the full promise and reality of your Kingdom. Let our hearts be pure, and our lives blameless. Glorify Yourself through and in us, so that people may believe Your Word is true and that the message of the Kingdom/cross really works and is reliable to trust and follow as the only way to live life.

May our lives inspire and encourage co-pilgrims to continue in the Way. May our lives be a sign, an evidence, and a proof of the power of Your grace, the completeness of your deliverance, and the  depth of your love. Grant us the power and the means of grace to become more like Jesus, in thought, speech, actions, values and habits so that whether consciously or not we may reveal Christ to the world. Inhabit our bodies, our minds, our dreams, our lives with your holy presence. Let us execute your will in everything we do.

Lead us into a deeper and more directed prayer life. Our strength and purpose is seeing your joy. Your joy, pleasure and approval is our purpose. Lead us to the place where obedience is rewarded with friendship, your instructions becomes our purpose, and you finish your will in us. Make us ever more sensitive, responsive, leaning towards your voice, concerning everything. Keep us in this place of total surrender.

Purify us, oh God, of any double standards, compromise and duality. Make us steadfast in the knowledge of your abiding righteousness. Lead us into longer periods of fasting, separation, fleeing the things of the world. Let us live settled in the rhythms of your grace and sufficient provision.  Lord, our heart cries out to You for help! We need You! This region needs You! Manifest the fullness of Christ in us, the hope of Glory.

Categories
Preke

Oorwin die gees van vervreemding

Die Gees van vervreemding :
Spirit of alienation!

“Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen” Kol 1:21

“Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel.” KOLOSSENSE‬ ‭1:21-22‬ ‭AFR83‬‬

Soms beleef ‘n mens ‘n gebeurtenis intens, en dan sien jy soms ‘n prentjie om beter perspektief te kry. Ek het ‘n prentjie gesien, ‘n dier, soos ‘n Seekat, met baie tentakels. Die ‘seekat’ kom met kettings waarmee hy ons bind! Een vir een sit hy ‘n tentakel om jou (gedagtes) waarmee hy ons bind. ‘n Gedagte waarmee jy saamstem (agree) omdat jy glo dat dit jou eie gedagte is, (kan jou vasbind aan ‘n leuen, wat vervreemding bring), want die gedagte is werklik vd bose is! Dit is belangrik om te verstaan dat hierdie gevoelems satanies van aard is. Soos twyfel, is satan self die agent en oorsprong van hierdie gedagtes en gevoelens.

Die uiteinde van hierdie gees is : totale isolasie, verwydering van God se rykste voorsiening aan jou, Sy liefde, Sy kerk, Sy liggaam, soms ook jou eie familie of jou eggenoot. Die gees van vervreemding wil jou afsny van geestelike groei tot volwassenheid.

Thoughts of this spirit can be :

• I don’t belong …
• Estranged – (caused to be unloved)
• Self banished
• Temporary resident (don’t belong)
• Alienation = seperation (hostility)
• Anti Christ and His provision
• Anti love , hope , provision
•Anti family
• Anti husband/wife …

Sy houvas op jou is om te glo hierdie gedagtes is jou eie, en dat dit die waarheid is, (juis omdat jy al hierdie gevoelens voel)!

Reasoning is beclouded, it makes the truth less visible ; unclear!

Their moral understanding is darkened and their reasoning is beclouded. [They are] alienated (estranged, self-banished) from the life of God [with no share in it; this is] because of the ignorance (the want of knowledge and perception, the willful blindness) that is deep-seated in them, due to their hardness of heart [to the insensitiveness of their moral nature]. (‭Ephesians‬ ‭4‬:‭18‬ AMP)

“The eyes are like a lamp for the body. If your eyes are sound, your whole body will be full of light; but if your eyes are no good, your body will be in darkness. So if the light in you is darkness, how terribly dark it will be! (‭Matthew‬ ‭6‬:‭22-23‬ GNB)

The light of the body is the eye: if therefore thine eye be single, thy whole body shall be full of light. But if thine eye be evil, thy whole body shall be full of darkness. If therefore the light that is in thee be darkness, how great is that darkness! (‭Matthew‬ ‭6‬:‭22-23‬ KJVA)

And although you at one time were estranged and alienated from Him and were of hostile attitude of mind in your wicked activities, Yet now has [Christ, the Messiah] reconciled [you to God] in the body of His flesh through death, in order to present you holy and faultless and irreproachable in His [the Father’s] presence. (‭Colossians‬ ‭1‬:‭21-22‬ AMP)

How to overcome this spirit :

• Remember Jesus and what He has done
• Repent of wrong thoughts
• Repent of hard heart
• Repent of wilfull blindness
• Repent : hostile attitude of mind
• Kom met geloof, Hy ontvang jou graag
• Ontvang Sy geregtigheid
• Maak jouself deel – Kol 1:27
• Aanvaar Sy volkome werk
• Neem beheer oor jou gedagtes
• Ontmasker satan se plan –
• (2 Kor 10:4-6 ; Matt 4:1-10)
• bely “I am well-accepted in the beloved” Efe 1:6
• Ek is wat ek is deur die genade van God (1 Kor 15:10)

“Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.”
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭15:10‬ ‭AFR83‬‬

His word is a shield that protects me.

As for God, His way is perfect; the word of the Lord is tried. He is a Shield to all those who trust and take refuge in Him. (‭2 Samuel‬ ‭22‬:‭31‬ AMP)

The Lord is my Rock, my Fortress, and my Deliverer; my God, my keen and firm Strength in Whom I will trust and take refuge, my Shield, and the Horn of my salvation, my High Tower. [Heb. 2:13.] (‭Psalm‬ ‭18‬:‭2‬ AMP)

For the Lord God is a Sun and Shield; the Lord bestows [present] grace and favor and [future] glory (honor, splendor, and heavenly bliss)! No good thing will He withhold from those who walk uprightly. O Lord of hosts, blessed (happy, fortunate, to be envied) is the man who trusts in You [leaning and believing on You, committing all and confidently looking to You, and that without fear or misgiving]! (‭Psalm‬ ‭84‬:‭11-12‬ AMP)

[Then] He will cover you with His pinions, and under His wings shall you trust and find refuge; His truth and His faithfulness are a shield and a buckler. (‭Psalm‬ ‭91‬:‭4‬ AMP)

He faitfulness is like a buckler to intercept blows on my behalf (an armor carried on the arms to intercept blows)!

Lift up over all the [covering] shield of saving faith, upon which you can quench all the flaming missiles of the wicked [one]. And take the helmet of salvation and the sword that the Spirit wields, which is the Word of God. Pray at all times (on every occasion, in every season) in the Spirit, with all [manner of] prayer and entreaty. To that end keep alert and watch with strong purpose and perseverance, interceding in behalf of all the saints (God’s consecrated people). (‭Ephesians‬ ‭6‬:‭16-18‬ AMP)

Staan sterk in die geloof. Jesus Christus het gekom om ons vry te maak van elke mag van sonde, en om die vloek en houvas van satan oor ons lewe te breek!

Genade en vrede!

Categories
Jesus die beste lewe

Die broederlikheid van Jesus

Die broederlikheid van Jesus

“there is no unity of diversity without Christ at the center”

Jesus het gekom om die mens se eerste oortreding teen ’n ander mens te kom herstel. Kain se traak-my-agtige, ek-gee-nie-om-nie, is-nie-my-broer-se-versorger-nie, “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?” (Gen 4:9) word vervang met Jesus se woorde aan ’n kruis: “Vader, vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie” (Luk 23:34). “Ek sal vir hulle verkeerde dade betaal en verantwoordelikheid vir hulle sonde neem.”

Jesus kies niemand vanuit sy grootword-vriendekring nie, maar jongmanne wat Hy een vir een uitverkies om die eerste getuies te wees van die Waarheid – Sy lewe. Jesus herstel “the brotherhood of mankind”-eenheid, maar nie soos ’n mens nie. Hy was daar toe die mens uit ambisie en eersug ’n toring wou bou om “so maak ons vir ons ’n naam” te vestig (Gen 11:4). God moes hierdie mens-gerigte ambisie en eenheid verwoes deur mense se tale te verwar.

Jesus roep ’n oordeel uit oor Herodes se glorieryke tempel wat dieselfde motief te harte gehad het: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.”

Die Jode sê toe: “Ses en veertig jaar lank is daar aan hierdie tempel gebou, en u sal hom in drie dae oprig?” Met “hierdie tempel” het Hy egter sy liggaam bedoel  (Joh 2:21–22). Jesus praat van die tempel van Sy liggaam (vgl. 1 Kor 3:16; 6:19) wat na drie dae opgewek sou word. Eers ná Sy opstanding het die dissipels weer aan Jesus se antwoord in vers 19 gedink en is hulle geloof versterk (Joh 20:31).

Jesus wil ’n nuwe familie (broederskap) daarstel vir die mens, nie gesetel in politieke mag, aardse konings en koninkryke nie. Hy verkondig ’n koninkryksboodskap: ’n nuwe tipe regering en verbondenheid tussen mense. Kerk, koninkryk, broederskap, familie, bruid, liggaam is alles metafore wat wys op hierdie nuwe radikale goddelike ingryping. God en mens word verenig in ’n heilige eenheid en verbondenheid waar Hy die Hoof, Koning, Bron en Heerskappy is.

Jesus kies dus sy volgelinge vanuit ’n diverse agtergrond: gewone ambagsmanne, doeners en nie praters (teoloë) nie. CS Lewis – needs both the women and the scientist to make birthing easier. The experiential and the reason.

Our quest is not only to be one with the Father, but also one with each other (John 17:21). There cannot be unity with the one, without unity with the other (1 John 4:20).

Die Bybel is ’n boek oor verhoudings. God is in wese ’n drie-enige verhouding. Sonde is die dade wat verhoudings skade aandoen en verwoes. Sonde het hoofsaaklik vier verhoudings verwoes: ons verhouding met God, met onsself, met mekaar en met die skepping. Christus is God in mensvorm om ons te wys hoe om al hierdie verhoudinge te herstel. Hy is die bemiddelaar en tussenganger wat ons verhouding met God herstel het deur Sy eie lewe as offer te gee vir ons sonde en oortredinge. Die hele skepping is in verhouding met al die dele van die skepping. Die skepping is dus een groot verhouding van verhoudings! As een lid weggeneem word, affekteer dit die geheel. God is dus ons antwoord en bloudruk vir verhoudings. Hoe meer ons nader aan Hom leef, en in dieper verbondenheid met Hom leef, hoe gesonder en meer reg is ons verhoudings. Om die Here te dien maak ons mooier mense: die vrug van die Gees en Jesus se voorbeeld wys ons hoe om in vergifnis en waarheid te leef.

God laat die eensames woon in ’n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in ’n dor land (Ps 68:6).

Daarom gee Jesus pertinent riglyne en instruksies oor hoe om hierdie verhoudinge in stand te hou, byvoorbeeld:

  • Jy moet jou vyande liefhê – Matt 5:44
  • Konflik hantering – Matt 18 en Luk 17
  • Laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe – Matt 5:24

Koninkryk, familie, bondgenootskap en broederskap in Jesus se tyd op aarde was wesenlik tot oorlewing en voortbestaan. Die Romeinse ryk, die ryk Joodse families, die Fariseërs, Sadduseërs, skrifgeleerdes, priesters, belastinggaarders, ambagsmanne en arm mense het almal as ’n spesifieke klas en groepering bestaan wat sekere mag oor die mense uitgeoefen het. Jy kon nie deel word van enige van hierdie groeperinge sonder die regte “credentials” nie. Jesus kies om nie die amptelike pad van die rabbi’s te loop en hulle opleidingskool by te woon nie. Hy verkies om in Nasaret tussen gewone en meestal arm mense groot te word. Sy opleiding was die beoefening van God se wet en wil in die daaglikse lewe. Wanneer Hy dus praat, “praat Hy met gesag”. Mense verstaan, en hoor, en besef: “Hy weet waarvan Hy praat.” (Matt 7:28, 29; 13:54; 19:25; 22:33; Mark 1:22; 6:2; 7:37; 10:26; 11:18; Luk 2:48; 4:32; 9:43; en Hand 13:12.) Jesus steek Sy hand uit en wil ons nooi om deel te wees van God se familie (Matt 4:17).

Jesus se radikale boodskap verskuif die norme en standaarde van hoe jy deel word van God se familie.

“Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”(Joh 3:3)

“Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.”(Luk 17:20)

“Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God.”(Matt 6:20)

“Hoe moeilik is dit tog vir mense wat ryk is, om in die koninkryk van God te kom.”(Luk 18:24)

“As julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie.”(Matt 5:20)

“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.”(Luk 13:21)

Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan. (Hand 14:22)

God sien die mensdom as Sy familie sedert die skepping van die mens. Ons een-wees versinnebeeld die eenheid wat in die Godheid is: “Nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie” (Gen 11:6).

MAAR: God se familie is ’n geloofsfamilie (Rom 4:5). Abraham is die vader van die geloof (Rom 3:30; 4:1-2; 4:16; Heb 6:15). Sarah, Ragel en Rebekka kon nie kinders hê nie. Hulle moes God se belofte aan Abraham – van ’n groot nageslag – vertrou en sien hoe God bonatuurlik ’n nageslag voorsien. Die verbond se seën op Abraham was van die begin af ’n generasie-erfenis van gesinne (Gen 12:1-3).

Nie een van die aartsvaders se eersgeborenes uit die vlees het die seën van die eersteling ontvang nie. Abraham se eersgeborene was Ismael, maar Isak gebore van Sarai word die seun van belofte (Gen 17:18-21). Isak se eersgeborene is Esau, maar Jakob, wie se naam later verander word na Israel, verkry die belofte (Gen 27:20-29). Jakob se eersgeborene was Ruben en hy het nie ’n seën ontvang nie, maar in plaas daarvan: “Jy sal nie uitblink nie” (Gen 48:3-4). Ruben se onsedelikheid met sy pa se byvrou Bilha (die moeder van sy broers Dan en Naftali) word aangeteken in Genesis 35:22. Josef ontvang die seën as die oudste seun van Ragel, Jakob se eerste liefde. Later het Benjamin die stam-seën ontvang en nasie-leier geword. Selfs Josef se eersgebore seun, Manasse, ontvang nie die seën nie. Jakob kruis sy hande en seën Efraim (Gen 48:1-20). Dit is dus baie duidelik dat God nog nooit ’n politieke, vleeslike of nasionalistiese nasie vir Homself gesoek het nie. God soek van die begin af ’n geestelike familie.

Die Joodse regeringstelsel word ’n teokrasie genoem waar God die Koning is. Dit was nie God se oorspronklike plan dat Israel ’n aardse koning as heerser oor hulle moet hê nie. Jakob waarsku hulle dat hulle besluit negatiewe gevolge inhou (1 Sam 8:1-21). Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want hulle het nie jou verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie (1 Sam 8:7).  

Toe God die eerste koning van Israel aangestel het, het Hy die koning verkies soos die mens verkies het – “’n magtige man van krag”. Daar was onder die kinders van Israel geeneen mooier as hy nie: van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk(1 Sam 9: 1-2). Dawid, die jongste, onbekende skaapwagter-seun van Isai, was God se keuse (1 Sam 16:13).

God wil hê dat ons Sy kinders, mense van geloof, moet wees volgens Sy insettinge en wil. Dit is waarom sommige mense wat nooit in die koninkryk aanvaar sou word nie, weens hul geloof ingesluit word in Jesus se geslagsregister. (Lees Matt 1:3-6.)

  1. Tamar – Genesis 38
  2. Ragab – Josua 2:1-14,
  3. Rut – Rut 4:8
  4. Batseba – 2 Samuel 11:3

Die tweede en derde was nie-Joodse, heidense vroue en miskien die vierde een ook. Ragab was van twyfelagtige karakter, maar het met ’n Joodse prins getrou en ongetwyfeld ’n deugsame vrou geword. Rut was ’n edelvrou. Tamar se optrede in haar verhouding met haar skoonpa is onortodoks in ons oë, alhoewel nie die gevolg van wellus van haar kant af nie, maar omdat die begeerte na kinders op onregverdige wyse deur haar skoonpa verhinder is. Sy het in elk geval ’n voorouer van Dawid geword. En Batseba was ’n egbreker (2 Sam 12:24).

God ag die waarde van familie baie hoog. Familie is God se manier om ons in volwassenheid te bring. Fisioloë en opvoeders kan die negatiewe gevolge van ’n gebroke familie, afwesige ouers, kindermishandeling weens slegte ouerlike rolmodelle en arm familiestrukture opnoem. Ons kan aanneem dat die meeste van die sosiale probleme wat ons vandag ervaar weens ’n gebroke familie-eenheid is. Vyf en sestig persent van die kinders in ons land word nie by beide biologiese ouers groot nie!

Kerk is God se familie-voorsiening aan die wêreld:

Wanneer die kerk die waarde en belewenis van familie verloor, het ons ons bruikbaarheid verloor.

Daar is drie verse in die NT wat verklaar dat ons die tempel van die Heilige Gees is (1 Kor 3:16; 6:19; 2 Kor 6:16). Wanneer ʼn mens hierdie skrifgedeeltes in konteks lees, dan praat Paulus elke keer met ʼn ander gehoor. In 1 Korintiërs 3:16 praat Paulus met die Korinte-gemeente oor sektarisme en divisie, m.a.w. die kerk in die lokaliteit, omgewing, spesifieke plek.In 1 Korintiërs 6:19 praat Paulus met die individu wat hoereer. In 2 Korintiërs 6:16 praat Paulus weer met die gemeente van Korintiërs, maar hy is eintlik besig om met die universele kerk te praat om hulle te weerhou van afgodery en heilig te wees.

By die Fees van Tabernakels lig die priester ʼn etrog (sitrusvrug) in sy hand op en wys dit in die vier windrigtings, hemel en aarde, en verklaar die heerskappy van God oor alles.  ʼn Etrog is ʼn unieke vrug, want dit is ʼn sel binne-in ʼn sel, binne-in ʼn sel. Die Jode verduidelik dat die etrog ʼn simbool is van die kerk – Jood en heiden saam verenig in ʼn nuwe entiteit.

Kerk is dus: Jy as individu. Maar jy is deel van ʼn liggaam in jou gebied of dorp en saam is ons kerk in die universele liggaam. Wanneer ons die een misken, is daar nie meer eenheid nie.  ’n Gemeente waar mense lidmate is sonder dat hulle waarlik weergebore is, lei tot ’n sakralistiese sisteem. ʼn Gemeente wat hulself isoleer van die groter liggaam van Christus staan die gevaar om sektaries te word.  ʼn Individu wat hom of haar van ʼn plaaslike liggaam isoleer is sonder beskerming en veiligheid. Elke gelowige moet hom/haar onderwerp en deel wees van ’n liggaam wat nie perfek is nie, want in die proses groei ons geestelik. Om vir welke rede ook al jouself te isoleer, is ʼn vorm van trots en meerwaardigheid, en ʼn soeke na eie gewin (Spr 18:1). Die groei vind plaas wanneer ons deur ons verskille werk en voortdurend kies om by mekaar te bly.

Een van God se primêre voorsienings aan ons, behalwe die uitstorting van die Heilige Gees, is die Liggaam van Christus. Vir God om mens te word, het Hy ’n liggaam nodig gehad (Heb 10:5). Die Alomteenwoordige, Almagtige en Alwetende God kom woon in ’n menslike liggaam! Dis Sy eerste groot liefdesdaad aan ons! Sy inkarnasie! (Heb 4:14-15.) Hy het ’n liggaam nodig gehad om goed te kan doen aan die mensdom, siekes te genees, die mag van die bose te verslaan en vir die wees en die weduwee en armes om te gee. Geen enkele mens kan vandag volledig Jesus alleen wees nie. Indien daar wel weer so iemand is, sal ons die persoon verheerlik. Jesus word vandag vlees deur Sy kerk. Die kerk is Sy liggaam. Die volheid van God is geopenbaar in Sy liggaam (Ef 4:11-16; Ef 5:30; Ef 2:19-22; 1 Kor 12:12). Ons het ook ’n liggaam nodig om God se wil te doen. Ons kan nie die Koninkryk van God op aarde laat kom soos wat dit in die hemel is sonder ’n liggaam nie.

Net soos Jesus moet ons onsself verneder en die gedaante van ’n dienskneg aanneem en mense begin dien (Fil 2:1-4) en deel word van ’n liggaam. Elke mens het ’n liggaam gekry wat ons moet versorg en oppas. Hierdie liggaam is só wonderlik dat dokters jare moet studeer om een deeltjie te verstaan. Ons reduseer die liggaam van Christus tot ’n Sondagbyeenkoms. Kerk is God se genialiteit. Ons sal eers in die ewigheid werklik die volheid van Sy liggaam ten volle verstaan. Sommige mense is oorgewig, oefen glad nie, eet verkeerd, werk te hard en gee hulleself oor aan verslawing. Hulle liggame gaan derhalwe vinnig agteruit en affekteer hulle beweeglikheid. Hulle kan later nie meer doen wat die liggaam voor gemaak is nie. Hulle sien nie die waarde van hulle liggame in nie. Baie gelowiges maak dieselfde fout omdat ons nie Sy liggaam onderskei nie (1 Kor 11:29).

Verhoudinge is gekompliseerd (“messy”). Verhoudinge verg aandag, tyd, opoffering, deelname, harde werk. “’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees.” Ons het ook ’n gesonde liggaam/kerk/gemeente nodig om geestelik gesond te wees. Hierdie is so ’n diep geheimenis en die vyand weerhou ons ook om dit te sien! Want ons voorsiening en gesondheid is opgesluit in ’n liggaam. God het nooit bedoel dat die geestelike leier alleen die versorging van die kerk moet dra nie (Ef 4:14-16; 1 Kor 12:25). Ons gee om vir mekaar!

Die heerlikheid van die liggaam is diversiteit. Elkeen het ’n ander bediening, fokus en bestaansreg, maar alles ter wille van die liggaam. Die oog bestaan om te kan sien ter wille van die liggaam. Dis juis hierdie andersheid wat die meeste groei in ons bewerkstellig. Rick Joyner vertel die storie van ’n sekere man wat hom teen hulle bediening uitgespreek het. Hy het selfs ’n webtuiste teen hulle bediening begin. Die Here oortuig hom toe om vir die man te begin bid. Die Heilige Gees sê dat hy die Here moet begin dank vir die man. Maar hoekom? Hoe is dit moontlik? Toe besef hy: Sedert die man se teenkanting het hulle bediening meer bedag geraak op wat hulle sê en hoe hulle dit sê. Soms is die persoon wat jy die minste van hou, die werktuig wat God gebruik om jou die meeste te verander. Soms wil die oog die liggaam oordeel omdat hulle nie sien nie, maar hulle het bes moontlik ’n ander funksie. Laat elkeen sonder murmurering hulle funksie vervul. Ons voel soms “net ek maak opofferings”. Moet eerder nie vergelykings tref nie – dien jy net die Here (Joh 21:22). Daar is geen manier hoe jy jou van die liggaam kan afskei en distansieer nie. Alleenlik sonde, iemand wat verdeeldheid saai en van die gesonde leer afwyk, kan vermy word.

Geen sel in die liggaam kan buite die liggaam bestaan nie. Ons het mekaar nodig. Lees gerus hierdie pragtige artikel. Dis ’n opsomming van een van die hoofstukke in Malcolm Gladwell se boek, Outliers, oor die Rosetta-effek. Dit handel oor ’n klein Italiaanse gemeenskap in New York. http://yocuzlawyers.com/2011/06/the-roseto-effect-the-valley-of-the-roses/Die waarde van familie en gemeenskap kan fisies bereken en gesien word.

God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid (Kol 1:27 – NV). Die woord “julle” is ’n kollektiewe voornaamwoord en kan vertaal word as “Christus onder julle en in julle”.  Christus is in jou, maar daar sal nooit weer ’n Christus in Sy volheid in een persoon gemanifesteer word nie. Christus se volheid kan alleenlik deur ’n liggaam van mense verheerlik word. Die kerk is Sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul (Ef 1:23). “As the new wine is found in the cluster, and one says, ‘Do not destroy it, for a blessing is in it’” (Jes 65:8).

Daar is net een liggaam (Ef 4:4). Die heerlikheid van God is alreeds opgesluit in Sy liggaam. Ons kan net in die volheid van hierdie heerlikheid leef wanneer ons die Christus in mekaar raaksien en die gawes in mekaar ontsluit. Soos Jesus gebore is in ’n liggaam wat moes opgroei alvorens die tyd sou aanbreek vir Sy bediening, so is die kerk in ’n proses van voorbereiding tot die finale uur van haar glorie! Net soos mense Hom nie wou erken of aanvaar nie en uiteindelik sou kruisig, sal die kerk haar grootste heerlikheid bereik in haar donkerste uur. Mag God jou oë soos Petrus s’n open om die verlossing in Sy kerk raak te sien!

Question: Can I be a Christian without joining the church?

Answer: Yes, it is possible. It is something like being:

A student who will not go to school.

A soldier who will not join an army.

A citizen who does not pay taxes or vote.

A salesman with no customers.

An explorer with no base camp.

A seaman on a ship without a crew.

A businessman on a deserted island.

An author without readers.

A tuba player without an orchestra.

A parent without a family.

A football player without a team.

A politician who is a hermit.

A scientist who does not share his findings.

A bee without a hive.

Jy is deel van die liggaam as jy:

  • wedergebore is in Christus
  • ’n leefwyse leef van voortdurende selfverloëning
  • iemand dien
  • jou deel bydra ter wille van die koninkryk
  • jou roeping uitleef
  • vermenigvuldig

Hierdie broederskap en familie-wees is baie dieper as dienste bywoon en lidmaatskapskaartjies. 

  • As een lid ly, ly die hele liggaam (1 Kor 12:26; Kol 1:24)
  • Gelykes sorg vir mekaar (1 Kor 12:25)
  • Goddelike konneksies (Petrus en Kornelius, Hand 10; Ananias en Paulus, Hand 9:10-12; Filippus en die hofdienaar van Ethiopië, Hand 8:26)
  • Ken mekaar na die Gees: Jesus sien Nataniël (Joh 1:47); Ananias profeteer wat Paulus gaan ly (Hand 9:10-15)
  • ’n Geestelike eenheid wat nie tot ’n spesifieke gebied beperk is nie (Kol 2:5)

The number 150

In a recent study done by Dr Dunbar, he has found that there is a direct relationship between the size of a mammal brain and the size of the social group of that mammal. He even came up with a scientific formula, based on studies of animal behaviour, that suggests in relation to the size of the brain and specifically the neo-cortex of a certain mammal, the maximum size of the social group of this mammal.  The maximum number for humans is 147.8 or 150. In anthropological studies this number pops up everywhere, in what scientists say is the ideal functioning size of a group. When a group or unit gets bigger than 150, complicated hierarchies, rules and regulations is needed to maintain cohesion and loyalty.

Jesus had 12 disciples, He send forth a team of 70 (Luk 10) and 120 gathered in the upper room, waiting on the promise of the Holy Spirit (Acts 1:5). Large crowds often followed Jesus, 5 000 were fed, and 3000 got saved on Pentecost. It is thus difficult to determine a specific magic number biblically. But what we do know, when it came to preaching the gospel large crowds were drawn, but when they met as a church, they met in houses. Although the church grew quickly, it seemed that the apostles kept the units small to preserve the unity and natural dynamics of a small group. It is easy to hide in a big congregation and to fall into the trap of just attending services. But the growth that the body supplies according to Ephesians 4:16 is seriously lacking. People grow spiritually more in a small church, because people know one another, and cannot hide, and they rely heavily on each other, so there is no passivity.

Ek dank God dat Hy Sy kerk bou en dat ons die realiteit sien van wat hierbo verduidelik is! Regoor die wêreld word ware Bybelse, akkurate kerke en maatskappye van mense opgewek, aangesien ons met ’n onthulde gesig, wat Hom soos in ’n spieël beskou, verander van heerlikheid tot heerlikheid in Sy volheid.

God bou die kerk … ’n kerk wat nie deur die mens beheer word nie, en nie deur die mens beskerm word nie, maar deur Sy Gees beheer word!

Laat almal wat ’n oor het, hoor wat die Gees van die Here sê!

Gees van vervreemding:

Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen(Kol 1:21).

Een van die grootste hindernisse vir mense om deel te voel van die liggaam van Christus, is vervreemding. Ons voel nie tuis nie. Ons pas nie in nie. Dit of dat is nie volgens ons smaak nie. Ek is tussen mense, maar voel nog steeds alleen. Hierdie gevoelens is gebaseer op ons eie sonde en tekortkominge, of dié van oortreders wat ons alreeds baie seer gemaak het.

Dit is van wesenlike belang dat ons reg van die begin af verstaan dat hierdie gevoelens satanies van aard is. Ja, soos twyfel, is satan self die agent en oorsprong van hierdie gedagtes en gevoelens. Jy dink dit is wat jy voel, maar dit is ’n aanslag van die vyand om jou juis te verwyder van God se rykste voorsiening aan jou. Ons voorsiening, maar ook ons groei in volwassenheid, is in Sy liggaam, Sy familie, opgesluit.

John Ortberg wrote about a world where everybody did what they should all the time. It would be a world where “all marriages would be healthy and all children would be safe …” Israeli and Palestinian children would play together on the West Bank. Their parents would build homes for one another … Disagreements would be settled with grace and civility … Doors would have no locks; cars would have no alarms. Schools would no longer need police presence or even hall monitors … Churches would never split … Divorce courts and shelters for battered women would be turned into community recreation centers. Every time one human being touched another, it would be to express encouragement, affection and delight. No one would be lonely or afraid.”

Die waarheid is: Ons almal droom oor hierdie perfekte wêreld, maar niemand van ons is gehoorsaam om reg te doen en te leef nie.

Neem geestelike outoriteit oor hierdie gedagtes (2 Kor 10:4-6). Soos wat Jesus satan se leuens verslaan het met die Woord (Matt 4:1-10), ontmasker jy satan se plan en bely die Woord, soos “I am well-accepted in the beloved” Ef 1:6.

  • Jy gaan dan in die geloof en maak jouself deel daarvan op grond van Sy geregtigheid en die feit dat Hy jou alreeds deur die kruis versoen en deel gemaak het (Kol 1:27).
  • Dien iemand met dit wat jy van Jesus ontvang het. Deel uit! Gee! “Verniet het jy ontvang, verniet moet jy weer gee”(Matt 10:8). Ons het alreeds die vrug van die Gees ontvang. Hierdie vrug raak meer, hoe meer ek dit deel en uitgee. Dieselfde geld die gawes van die Gees. Die gawes is nie vir jou nie, maar vir dié in nood rondom jou.
  • Ons soek nie die erkenning, aanvaarding, eer van ’n mens nie, maar van God (1 Kor 4:1-5).
  • Ek is wat ek is deur die genade van God (1 Kor 15:10).

 

 

Categories
Jesus die beste lewe Preke

5 Maniere om seker te maak jy het God se stem reg gehoor.

“Die probleem is nie dat God nie genoeg praat nie, dit is ons wat nie luister en doen nie.”

Daar is twee primêre maniere hoe God met die mensdom praat – direkte openbaring en algemene openbaring. God was nog nooit stil wat Sy algemene openbaring betref nie. Hy praat deur die skepping (Ps 19:1-4). Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ’n mens nie met die oog kan sien nie(Rom 1:19-20).

Ons sonde het ons harte verdonker en dit maak dat ons nie meer Sy stem hoor of onderskei nie (Rom 1:21). Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie(Matt 13:15).

Ons is geskape om te hoor

Selfs ná Adam en Eva se sonde kon hulle nog steeds die Here hoor praat (Gen 3:8-10). Die primêre manier waarop God se direkte openbaring aan die mens geopenbaar word, is deur ons gees. The spirit of man is the candle of the Lord(Prov 20:27). Verder leer Paulus in die NT: Watter mens ken die verborge dinge van ’n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God. Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom(1 Kor 2:11). Die begrip is baie duidelik verwoord in die vers: dat die inwonende Heilige Gees tot ons gees die waarheid rakende God kommunikeer. Ons gees kan besoedel word (Luk 9:55-65 en 2 Kor 7:1). Daarom is dit die Heilige Gees in ons gees wat ons lei in die volle waarheid (Joh 16:13).

Die skuld, skaamte en verwydering van sonde maak dat ons nie vrymoedigheid of sekerheid het of ons God reg gehoor het nie. Hoe harder ons in die vlees en deur metodes probeer om God se stem te hoor, hoe meer lei dit tot verdere mislukking en onsekerheid. Geregtigheid: toegang, sekerheid, regspraak, vergifnis, kindskap, versoening en nabyheid is ’n geskenk wat ons in Christus ontvang. Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus (Rom 5:17). Hy maak ons waardig om voor God in Christus se geregtigheid te staan. Dit is van wesenlike belang om hierdie vers ter harte te neem en toe te laat dat die Heilige Gees hierdie waarheid in jou hart openbaar. Dis ons vertrekpunt, dis ons posisie, ons toegang om voor God te staan (Heb 10:19; Heb 4:16).

Jesus het alle kommunikasie-versperrings tussen ons en God verwyder. Dit is in wese die verskil tussen lewe in die Ou Testament en huidige lewe in die Nuwe Testament: Christus is die nuwe lewende weg en toegang na die troon van God. Die voorhangsel is geskeur! (Heb 10:19.) ONS lewe IN Christus, is ook ons toegang om in Sy nabyheid te lewe as Sy tempel en woonplek (1 Kor 3:16-17; 1 Kor 6:19; 2 Kor 6:16). Dit is ons geboorte-voorreg om Sy stem te kan hoor. My skape hoor my stem(Joh 10:27). Dis ook een van die eerste kentekens van wedergeboorte, dat ons wel Sy stem kan onderskei (Rom 8:14).

Mens sien hierdie beginsel baie duidelik as jy die Psalms bestudeer. Dawid se versugtings, vrae, gebede en ook pleidooie word alles gereken as God se Woord. Jy kan duidelik in sommige Psalms opmerk hoe Dawid homself in sy gebed beantwoord, en hoe God deur sy gebed met hom praat. Sien Psalm 103. Nadat Dawid God se lof besing en sy siel opdrag gee om die Here te loof, antwoord hy homself vanuit die Skrif: Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie(Ps 103:9). Hierdie skrif is ’n aanhaling van Moses in Eksodus 34:6. Terwyl Dawid dus met die Here praat, onthou hy die Woord en maak die Heilige Gees die Skrif lewendig in sy hart. Luister na die Heilige Gees in jou hart en in jou gees.

Die begeerte om te hoor is my geestelike oor.

Hoe meer jy tyd maak om op die Here te wag en Sy wil te soek, hoe meer sal jy die stem van die Here hoor. Dis hoe ons ons afhanklikheid van die Here bewys. Jesus, die Seun van die mens, kon niks uit Sy eie doen nie. Alhoewel Hy God was, het Hy die kleed van ’n dienskneg aangetrek en Hom soos ’n dienskneg ondergeskik gestel: eers aan aardse ouers, maar primêr Sy Vader.

Die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so.v30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het (Joh 5:19-20, 30).

Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het(Joh 6:38).

Uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is(Joh 8:28).

Die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek(Joh 12:49).

Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.v24 Die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.v31 Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het(Joh 14:10, 24, 31).

Nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil(Matt 26:39).

Dis ook belangrik om moeite te doen om dit wat die Here jou sê neer te skryf. Die Woord van God wat in mense se harte geskryf is, sou verlore gegaan het as hulle dit nie neergeskryf het nie. ’n Persoonlike gebedsjoernaal is onontbeerlik vir jou geestelike reis met die Here.

Rig ’n monument op (Eks 17:14).

Skryf op jou deurposte (Deut 6:9).

Skryf ’n lied (Deut 31:19).

Skryf vir die toekomstige geslag (Jes 30:8).

Skrywe alles wat Ek jou sê (Jer 30:2).

Skryf jou visie neer  (Hab 2:2).

Skryf om te kan onthou (2 Pet 3:1).

God se stem is onderskeidbaar en uniek.

Jy weet dat jy weet dat jy God se stem hoor. Net soos jy iemand bekend se stem onmiskenbaar onderskei op radio of in ’n gehoor. So is God se stem onmiskenbaar, uniek en bepalend tot wie Hy is in karakter, fokus, wêreldbeskouing, teologie en gesindheid.

  • Nie-rassig
  • Nie-gewelddadig
  • Nie-reaksionêr
  • Nie-diskriminerend
  • Nie-eksklusief

God se stem eggo die Skrif. Dit wil sê, hoe meer jy God se woord leer ken, hoe beter gaan jy Sy stem onderskei. Die prediking van Jesus was uniek. Sy koninkryk is vir die mens ’n onderstebo, agterstevoor koninkryk! As jy wil eerste wees, moet jy bereid wees om laaste te wees. As jy wil lei, moet jy leer om te dien. As jy meer wil hê, moet jy meer begin gee. As jy waarlik wil lewe, moet jy jou selfgerigte lewe opgee. As jy wil baklei, kom eers in Sy rus en liefde, en bid vir jou vyande. God praat nie boekdele nie. Al Sy gelykenisse kan in minder as vyf minute oorvertel word. Selfs die bergpredikasie is ’n groepering van kort preke.

Wanneer God dus praat, is dit meestal net ’n woord, ’n gedagte, ’n een-sin-waarheid, altyd in saadvorm. Wanneer ons egter die saad-woord ontvang, dit glo en daarvolgens begin handel, lewer dit ’n menigvuldige oes (Mark 4:20). God se woord is prakties en uitvoerbaar, want elke belofte in God se woord kom met voorwaardes. God se inspraak is van goddelike aard – God dink en reageer nie soos ’n mens nie (Jes 55:9). God se woord resoneer altyd die vrug van die Gees. Toets die Gees van die woord. As iemand kom met arrogansie, veroordeling en negatiewe kritiek sonder om die geloof en ondersteuning te gee tot die oplossing, is dit nie die gees van God nie. Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is(1 Joh 4:1).

Toets of dit werklik die Here is

Jy mag seker maak dat dit wel God is wat praat. Gideon het vir Hom gesê: “As U so vriendelik wil wees, doen tog vir my ’n wonder dat ek seker kan wees dit is U, Here, wat met my praat!” (Rig 6:17). Gideon was nie ongelowig om te vra dat die Here Sy woord bevestig nie. Hy wou bloot net seker wees. Dis wyse raad! ONS baseer ons hele lewe op ’n opdrag van die Here. Ons moet seker wees dit is Hy. Die Skrif praat van twee of drie getuies (2 Kor 13:1; 1 Tim 5:19; Matt 18:16). Geloof is seker, soos iemand wat die titelakte van die nuwe eiendom ontvang het alhoewel hy nog nie op die grond woon nie  (Heb 11:1). Daar is geen twyfel nie! Jy weet net! Dit is die Here. Daarom ervaar ons vrede wanneer ons ’n woord van die Here ontvang. Ander volwasse gelowiges sal ook saamstem en die woord bevestig, want die Heilige Gees woon in ons almal. Wat die profete betref, twee of drie kan aan die woord kom, en die ander moet beoordeel wat hulle sê (1 Kor 14:29).

’n Mens kan nie altyd die bewys sien dat jy reg gehoor het nie. Maar met verloop van tyd word God se wil bekend en dan kan jy duidelik die wysheid van God sien. Volgens Deuteronomium 13:1-5 en 18:20-22 moet profete wie se woord nie waar word nie, doodgemaak word, veral as hulle namens hulleself of ander gode praat. Die boom sal aan sy vrugte geken word (Matt 7:20). ’n Mens kan nie maklik twee lyne langs mekaar waar die een minder as 1% skeef is raaksien nie, maar oor ’n afstand is die dwaling duidelik. Die toets van tyd het al menige valshede ontbloot. Waarheid staan vanself – sonder hulp en ondersteuning. Iemand wat sê die Here het hulle gelei om dié rigting in te slaan, en na ’n  tyd weer heeltemal in die teenoorgestelde rigting te gaan, is waarskynlik nie die Here nie. Want die Skrif leer dat elke persoon wat Hy geroep het se hele lewe gerig is tot die voleinding van hulle roeping. Jesus, Dawid, Paulus het hulle resies, wedloop, roeping volbring. Deur rond te spring en nie iets klaar te maak nie, is nie hoe God werk nie. Dis ons ongehoorsaamheid, onwilligheid en onsekerheid wat ons laat draaie loop, soos Jona. Die volk Israel se omswerwinge in die woestyn was as gevolg van hulle murmurering. As ek hierdie gedagte moet uitvoer, gaan die Here verheerlik word? (1 Kor 10:31.) Gaan dit bou of afbreek? (1 Kor 14:26.) Gaan dit enigiets verander? Is dit uitvoerbaar? (Jak 1:22, Doers of the Word.) Wat is die uiteinde? Wat is die vrug? Wat is die uitkoms? Ontstaan die geloof by die luisteraar? Is dit skriftuurlik? Is dit versoenbaar met die Heilige Gees?

Christus is kommunikasie

Woorde en taal is beperkend om dit wat mens werklik soms in jou gees voel, uit te druk. Ons is in Christus verweef met die Vader, deur die Heilige Gees. Daarom praat God nie net met ons deur woorde nie, Hy praat deur drome en visioene, gebeure, mense, kosmiese gebeure, diere, engele, prediking, getuienisse, indrukke en nog baie meer!

Uiteindelik rig al die openbaring tot die openbaarmaking van die Een – Christus Jesus.

Ons wil, denke, begeertes, waardes en emosies is vervleg met die Godheid. In ons aardsheid is ons geneig om alles in kompartemente te groepeer. Christus, die groot Middelaar, versoen ons met die Vader: gees, siel en liggaam. Hierdie versoening of eenwording is net moontlik in Christus. Dis alleenlik ons sonde wat ’n intieme huweliksverhouding vernietig. Hoe meer ons soos Christus is, hoe nader is ons aan mekaar en hoe meer hou ons van mekaar, want Hy maak ons siel-aantreklik. Sonde is om Christus te mis. Jy het reg gehoor as jy Christus reg hoor. 

Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte. Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig(2 Pet 1:19-21). Wat ’n pragtige bevestiging van die Godheid, Vader, Seun en Heilige Gees, betrokke in die openbaring van God. God is Een (Gal 3:20). Alle kommunikasie van God is dus met die oog op Christus sodat ons meer en meer gelyk sal word aan Hom (Rom 8:29).

Omdat ons nie uit ons eie die lewe van Christus kan naboots nie, moet ons op die Here wag totdat Hy geloof in ons harte opwek vir die deel van Christus wat Hy vandag in jou wil aktiveer of laat opstaan. Iemand gee vir iemand ’n motor of ’n huis. Iemand anders word deur die Here geroep om alles te verkoop en in ’n ander land sendingwerk te gaan doen. ’n  Ander persoon word gelei om ’n nuwe besigheid op te rig, of om in predikers se behoeftes te voorsien. Deur hierdie kollektiewe Christus-dade is God besig om Sy heerlikheid oor die aarde te versprei (Hab 2:14).

Categories
Jesus die beste lewe

Die Ewige Christus

Die Ewige Christus

You must live in the present, launch yourself on every wave, find your eternity in each moment.   Henry David Thoreau

Mens kan nie die ewigheid verstaan, vanuit ‘n liniêre tydsbegrip nie.  Die storie van die voëltjie wat elke dag sy bekkie slyp op die diamant so groot soos die aarde, is ‘n liniêre storie met ‘n begin en ‘n einde. Die ewigheid het nie ‘n begin of einde nie.  Alhoewel daar ‘n tydsverloop is, is tyd ook soos dimensies bo op die ander. Verlede, hede en toekoms te selfde tyd.  Die skepping is volgens Einstein se relatiwiteit teorie ‘n onlosmakende verhouding tussen ruimte en tyd.

Die Bybel praat telkemale van ‘n realiteit ‘voor die skepping’. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.Eph 1:4Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom.1 Pet 1:20Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die skepping van die wêreld af geskrywe staan in die boek van die lewe.

EWIGHEID IN SY NAAM:

Die werkwoord in die naam van God kan op verskeie manier interpreteer word. “Ek is wat ek sal wees,” “Ek is wat ek was,” “Ek is wat ek is.” Exo 6:7; Isa 43:10. Jesus beklemtoon die woordspeling: John 8:24, 28, 58;“Dít verseker Ek julle: Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is.”

Daar is twee sienings onder Christene oor tyd en ewigheid. Augustinus sien die ewigheid as ‘n tydlose en Nie-lineêre realiteit. Newton sien die ewigheid as lineêre tyd met geen begin en geen einde nie.  CS Lewis verduidelik ewigheid pragtig deur ‘n lyn op ‘n stuk papier te trek. Die papier is God, net soos die lyn in die papier ook in God is.  Dus is beide perspektiewe waar.

Let op die werkwoord in die sinnetjie waar Jesus oor Homself praat: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.Joh 7:34Jesus leef dus alreeds in ‘n ewige realiteit, terwyl Hy ook op aarde in ons tydvlak ruimtelik geleef het. Die gebed: “Laat u koninkryk kom en U wil geskied, hier op aarde soos wat die in die hemel is” is ‘n gebed dat die ewigheid realiteit van God ons aardse

JESUS IS EWIGE GESONDHEID:

Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte — dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.Isa 53:4en wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.1 Pet 2:24  Soek die gesondmaker, nie die gesondmaking.  Om by Jesus te wees, en Hom te ontvang, is om gesondheid te ontvang. Ons is die meeste gesond, wanneer ons die meeste soos Jesus leef.  Van die mees gesondste mense wat ek ken, het ‘n fisiese gebrek.

JESUS IS DIE EWIGE LAM GESLAG:

Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt. Gen 3:15

 ‘The Lamb slain from the foundation of the World’.(Rev 13:8 )

omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil, julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.1 Pet 1:18-21

DIE EWIGE KARAKTER VAN GOD

Ek het jou ’n vader van baie nasies gemaak — voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.Rom 4:17

Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;Isa 46:9-10

EWIGE WYSHEID

“Die Here het my geskep, Hy het met my begin;

ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede.

Ek is lankal daar, van die begin af,

voor die aarde daar was.

Ek het gekom toe die groot waters nog nie daar was nie,

toe daar nog nie fonteine vol water was nie.

Voor die berge hulle plek gekry het,

voor die rante het ek al gekom,

voor die Here die aarde met sy vlaktes gemaak het,

voor Hy selfs die eerste grond gemaak het.

Ek was daar toe Hy die hemelgewelf opgerig het,

toe Hy die horison oor die see afgemerk het,

toe Hy die wolke daarbo gesit het,

die fonteine onder die diep water laat uitborrel het.

Ek was daar toe Hy vir die see sy grens vasgestel het,

die waters aan sy wil onderwerp het,

toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het.

Ek het my kennis by Hom gekry,

ek was elke dag sy vreugde;

die hele tyd het ek dit by Hom geniet.

Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het,

die mense was vir my ‘n vreugde. Proverbs 8:22–31

Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,1 Cor 2:7

DIE EWIGE NOU:

Hy is aan die begin en die einde op dieselfde tyd. Soos een teoloog dit stel “God is onmiddellik en terselfdertyd bewus van alle gebeure. God beleef die ‘verlede’, die ‘teenwoordige’, en ‘toekoms,’ as een.’ ” Dit gooi vars lig op die verklarings in Openbaring dat Jesus Christus die begin en die einde, die Alpha en die Omega, en Eerste en die laaste is. Rev. 1:8; 2:8; 21:6, 13.Dit is nie dat Christus eerste is die Alpha en dan later die Omega. Dit is dat Christus die alfa en Omega, die begin en die einde, alles op dieselfde oomblik is. Hoe? Want die lyn van tyd bestaan binne hom.

DIE EWIGE KERK:

die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken isHeb 12:21-24

‘N EWIGE EVANGELIE:

’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.Rev 14:6

SY EWIGE WERKE:

alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.Heb 4:3

EWIGE KONINKRYK:

beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.Mat 25:34Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ’n verterende vuur.Heb 12:26-29

EWIGE BESTEMMING EN SKEPPINGSDOEL:

soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,Eph 1:4We are His workmanship, created in Christ Jesus for good works, which God prepared from the beginning of the World, that we should walk in them’.(Eph 2:10)

Afleidings en gevolgtrekkings:

– Jesus is nie ’n reddingsboei wat einde ten laaste in die water gegooi is nie.

– Jesus se boodskap en lewe is ewig… deurstaan die tyd toets.

– Onveranderlike Karakter van God. “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.”  Heb 13:8

 

Hierdie Ewigheid is ook in ons:

Wanneer Jesus die ewige in ons woon, maak Hy ons lewe, tydloos, onverganklik, en gee ons ewige lewe. ‘maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ’n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.’1 Pet 3:4-17

want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ’n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,

maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.1 Pet 1:23-25

Met wedergeboorte begin ons ewige lewe, en is sterwe vir ons wins. Dood het sy angel verloor.  Mense is behep om hulle verganklikheid te probeer regmaak met plastiese chirurgie, laser behandeling en wat nog meer. Tog is daar geen middel wat jou ewige lewe gee nie.  Onverganklikheid is in Christus alleen!

WAT MOET EK DOEN OM DIE EWIGE LEWE TE BEËRWE?

Die ryk jongman:

EN daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?(Mat 19:15-30; Mark. 10:17-31; Luk. 18:18-30.) En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort — gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volgMy.Mark 10:21

Die Wetsgeleerde:

EN daar het ’n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?Luk 10:25 Jesus vertel aan beide die persone die groot gebod: Jy moet die Here liefhê met jou hele hart siel krag en verstand, en jou naaste soos jouself. Daarna toets die Here hulle liefde, deur te verwys na hulle dade. Jesus antwoord die wetgeleerde met die storie van die barmhartige samaritaan.

DUS: Die Here soek ewigheid in ons harte. Soos wat hy Homself gee as die EWIGE GEWER, wil Hy hê ons moet ook soos Hy liefhê en onsself gee. Die EWIGE LEWE is meer as ‘n destinasie, dis ook ‘n leefwyse, van lewe gee.  Die ryk jongman moes alles verkoop en sy lewe gee. Die wetsgeleerde, fariseër, en Leviet loop by die man verby, en regverdig hulle distansie agv die feit dat die man ‘n samaritaan is. Hy is soos wat Christene vandag teenoor Moslems voel. Jesus wil vir ons die EWIGE LEWE GEE.

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.Joh 3:16

Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom. Joh 3:36

Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.  Joh 5:39-40

JESUS IS DIE EWIGE LEWE – HY IS LEWE.

Johannes se Evangelie beklemtoon 21 keer Jesus as die Ewige Lewe.  En in feitlik al die verwysings, word geloof gehoorsaamheid as voorwaarde voorgehou. AS jy Jesus leef raak jou lewe onverganklik.

So word Maria onthou vir haar liefde aan die Here, toe sy, Sy voete salf met olie.

(Joh 12:1-7; Matt. 26:6-13; Mark. 14:3-9) Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot ’n gedagtenis aan haar. Mat 26:13  Die Bybel is ‘n versameling verhale van mense wat hulle lewe in gehoorsaamheid aan die Here oorgegee het, en wie se stories ons vandag nog onthou en bespreek.

Deur Jesus te gehoorsaam, en presies te doen wat Hy sê, raak ons aan onverganklikheid.  so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.Isa 55:11

 

Categories
Jesus die beste lewe

Die politieke tafel gedek vir die openbaarmaking van Christus (400VC – 27vC)

Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur (Gal 4:4). Die geskiedenis wys ons presies hoe God die tafel gedek het vir die openbaarmaking van Sy Seun, en die verder mobilisering van Sy Liggaam, die Kerk.

Soos ons die heilsgeskiedenis van die Bybel bestudeer, is dit merkwaardig om te sien hoe God Sy verbondsvolk Israel reg in die middel van wêreldmoondhede se bedrywighede posisioneer: eers Josef in Egipte, toe Daniël in Babilon, Nehemia en die Persiese koningskap.

In 336 v.C. word ’n 16-jarige jongman wat deur die beroemde filosoof, Aristoteles, opgelei is koning in Macedonië, Griekeland – Alexander die Grote. Hy het die strydende Griekse stadstate verenig en binne nege jaar die Persiese Ryk (Persië) en Antieke Egipte verower tot by die grense van Indië.

Griekeland word beskou as die wieg van die Westerse beskawing, die geboorteplek van demokrasie, Westerse filosofie, Westerse letterkunde, historiografie, politieke wetenskap, wetenskaplike en wiskundige beginsels, Westerse drama, sowel as die Olimpiese Spele. Die Antieke Grieke het vroeg begin om kolonies rondom beide die Middellandse See en die Swartsee te stig en handel te dryf. Vroeë kulturele sentrums sluit in Athene, Sparta, Thebe, Thessaloniki, Alexandrië, Smirna en Konstantinopel. Die Grieke is bekend vir hul bydraes tot die wêreldtaal van die tyd en die vertaling van die Hebreeuse Bybelse OT in Grieks, die Septuagint. Verder vind die vergrieksing van die wêreld plaas deur die kultuur, kuns, verkenning, letterkunde, filosofie, politiek, argitektuur, musiek, wiskunde, wetenskap en tegnologie, besigheid, kookkuns en sport. Die Griekse mitologie is een van die bekendste en het die latere Romeinse mitologie sterk beïnvloed.

In Alexander se optog om die wêreld te verower, kom hy voor Jerusalem te staan. Volgens Josefus het die hoëpriester van die tyd, Jaddua, wat Godvresend en wys was, Alexander buite die stad met ’n groep priesters tegemoet gegaan. Alexander het blykbaar net die vorige nag ’n gesig gesien van priesters in wit geklee wat hom ontmoet. Die hoëpriester het toe vir hom die skrifte uit Daniël voorgehou (Dan 7).

Hier word gepraat van vier diere wat dui op vier koninkryke: die leeu en arend is die Babiloniese Ryk, die beer is die Mediërryk, die luiperd is die Persiese Ryk en die vierde dier is die Griekse Ryk.

Die vier koppe is moontlik die vier Persiese konings. Die klem val egter op die vierde dier. Die aandag word aan die begin van vers 7 spesiaal daarop gevestig met die waarnemingsfrase wat lui: My nagtelike visioen het voortgeduur en toe ek weer sien, was daar ’n vierde dier … Dit is nie ’n gewone dier nie. Dit het buitengewone eienskappe. Dit verteenwoordig die Griekse Ryk, Alexander die Grote (336-323 v.C.). Toe Alexander homself in die antieke skrifte raaksien, het hy Jerusalem in vrede gelaat. Na sy dood word sy ryk tussen sy vier generaals verdeel.

Teen 203 v.C. word Antiogus die Grote Koning oor Sirië, noord van Palestina. Sy broer, Antiogus IV Epifanes, neem oor en word algemeen beskou as die antichris van die OT. Die Jode het geweldig onder hom gely. Hy het die Jode gedwing om hom en sy gode te aanbid. Hy het op ’n keer die stad binnegeval, ’n vark op die altaar geslag en die hele tempel met die bloed besprinkel. Dit was ’n verskriklike ding vir die Jode. Die optrede van Antiogus word in stygende orde van sy verwaandheid herhaal om die klem daarop te plaas: die daaglikse offer in die tempel deur heidene; die skrikwekkende sonde om ’n verbode dier te slag; en die “gruwel van verwoesting” (in 11:31; 12:11), naamlik die beeld van Zeus.

Daniël verklaar dat die heiligdom na twee duisend drie honderd aande en oggende herstel sal word, met ander woorde, kulties gereinig sal word. Die aande word vóór die oggende vermeld omdat die aandoffer die nuwe dag inlui wat om sesuur die aand begin. Dit beteken dat dit in dae bereken 1 150 is, die helfte van bogenoemde getal, wat naastenby drie en ’n halwe jaar is (vgl. 7:25).

Volgens een van die apokriewe boeke van daardie tyd (1 Makkabeërs 1:54) het die ontheiliging van die tempel op 15 Kislev, dit is in Desember 168 v.C., en die herstel op 25 Kislev of Desember 165 v.C. (1 Makkabeërs 4:52) plaasgevind. Dit was die belangrikste winspunt van die Makkabese opstand wat tot in dié stadium kortliks soos volg verloop het: ’n Siriër het eendag op die dorpie Modin, in die Efraimsberge, ’n Jood gedwing om ’n offer op ’n heidense altaar te bring. Mattatias, ’n priester, het so kwaad geword dat hy die Siriër doodgeslaan het. Daarmee het die Jode se opstand teen die Seleukiede begin. Mattatias, sy vyf seuns en ander wetsgetroue Jode het deur die land getrek en die heidense altare omgegooi. Judas het sy pa, Mattatias, ná dié se dood opgevolg. Judas se bynaam was Makkaab, wat “hamer” beteken. Daarna het hy Jerusalem binnegetrek, die Zeus-kultus uit die tempel verwyder en die tempeldiens in 165 v.C. herstel. (Hierdie gebeurtenis word jaarliks deur die Jode op hulle Ganukkafees herdenk. In Johannes 10:22 word dit die fees van die tempelwyding genoem.)

Nou het die Jode weer godsdiensvryheid geniet. In dié tyd floreer Israel deurdat daar feitlik in elke dorp ’n sinagoge opgerig word. Die Jode het net een tempel in Jerusalem waar al die offers gebring is. Die sinagoge is opgerig vir gebed, samekoms, armoedeverligting en onderrig in die wet. Die godsdiensvryheid het bykans 130 jaar geduur totdat die politieke vryheid deur die Romeine ontneem is en die Romeinse keiser in 27 v.C. beheer geneem het van die gebied.

Alhoewel hulle godsdiensvryheid beleef het, was die Griekse invloed so sterk dat, teen die begin van die 2de eeu v.C., vergriekste Jode in beheer van die priesterdom gekom het. Hulle was ook die rykstes onder die Jode, veral die Onias-familie waaruit die hoëpriesters gekom het. Hulle het die tempeldiens beheer en selfs ’n bank in die tempel bedryf.

Die Romeinse Ryk was een van die grootste ryke in die wêreldgeskiedenis en die bevolking het gegroei tot ’n geskatte 50 tot 90 miljoen. Gebiede wat deel van die ryk was, het gestrek vanaf Brittanje tot Egipte en het vele nasies en kulture ingesluit. Die Romeinse Ryk het ongeag die verskeidenheid van sy volke, tale en godsdienste tot ’n gemeenskaplike staat, lewensvorm en universele staatsidee ontwikkel, wat as ’n imperium sine fine (“’n ryk sonder grense”) gedefinieer is. Handel, kuns en kultuur het in die tydperk van die Romeinse Ryk in baie van sy gebiede ’n eerste bloeitydperk beleef en die lewensgehalte, die vlakke van geletterdheid en die bevolkingsyfers in Europa  het eeue lank ongeëwenaar gebly. Die Romeine het veral daarop gefokus om handelsroetes, paaie en hawens te ontwikkel, wat natuurlik beweging in daardie tyd geweldig vergemaklik het. Dit was noodsaaklik vir die uitbreiding van die kerk en Paulus en ander se sendingreise.

Een geldverhandelingseenheid word ingestel, alhoewel die tempel in Judea belasting gehef het volgens die Joodse geldeenheid van die tyd. Daarom het Jesus die geldwisselaars uit die tempel gedryf.

Herodes die Grote (omtrent 73 v.C. tot 4 v.C.) was koning van Judea van 73 v.C. tot 4 v.C. In 40 v.C. val die Parthers Palestina aan. Herodes trek terug na die berg Masada en vra Marcus Antonius om hulp. Die Romeine erken hom as die nuwe koning van Judea. Ná ’n magstryd van drie jaar teen Antigonus word hy met Marcus Antonius se hulp koning. Cleopatra vra die Romeine om Judea aan haar te gee, maar hy weier. Na die dood van Marcus Antonius en Cleopatra probeer Herodes – self ’n Romeinse burger – om Octavianus te oortuig dat hy ’n betroubare bondgenoot is. Die nuwe keiser gee hom selfs ’n groter gebied en gee hom die kopermyne van Siprus, ’n ryk bron van inkomste. Hy is ’n ryk man wat ook in die buiteland bekend is vir sy filantropiese geskenke. Die skeepvaartbedryf van Rhodos en die Olimpiese Spele word byvoorbeeld deur hom gesteun.

Die Jode is nie daarmee tevrede nie omrede Herodes se koninkryk daardeur nog meer ’n Hellenistiese karakter kry, hoewel Herodes self ’n Jood is en hy die wette en rituele van sy geloof in ’n mate volg om aansien in Judea te behou. In 20 v.C. besluit Herodes om die tweede tempel van Jerusalem (Zerubbabel se tempel) te herbou en uit te brei. Hierdie tempel was moontlik net ’n paar jaar voltooi toe dit in 70 ná Christus onder keiser Titus verwoes is.

  • Koning Herodes is veral bekend deur die Kersverhaal in dieBybel (Matt 2), die besoek van die Drie Konings en die kindermoord wat daarop gevolg het. Dit het baie kunstenaars geïnspireer om dit uit te beeld.
  • Herodes die Grote is nogtans nie die enigste koning met hierdie naam wat in die Bybel genoem word nie.
  • In Matteus 2:22 word Herodes Archelaus genoem, ’n seun en opvolger van Herodes die Grote wat koning was toe Josef, Maria en Jesus uit Egipte terugkeer na Judea.
  • Die Herodes tydens diekruisiging van Jesus (Luk 23:7-13) was ’n ander seun, Herodes Antipas.
  • InHandelinge 12:1-23 word van Herodes Agrippa I melding gemaak. Hy was ’n kleinseun van Herodes die Grote. In Handelinge 25 en 26 lees ons van sy seun, Herodes Agrippa II, die agterkleinseun van Herodes die Grote.

 Raad, ook genoem die Joodse Raad, is in die NT ’n weergawe van die Griekse woord sunhedrion,vandaar “sanhedrin”, ’n algemene term vir allerlei rade: administratief, juridies, polities, godsdienstig. Uit die NT is baie min bekend oor die aard en opset van ’n sanhedrin terwyl buite-Bybelse bronne ook nie baie duidelik is nie. Die Misjna, ’n Joodse geskrif oor reëls en regulasies van die Rabbyne, meld in die traktaatSanhedrinwat oor geregshowe gaan (vgl. Matt 10:17; Mark 13:9, *grondteks “sanhedrins”) dat die groot Sanhedrin in Jerusalem 71 lede het, kleineres op die platteland 23, en dat hulle lede uit die invloedrykstes van die betrokke gebied bestaan. In die NT word met verskeie oorvleuelende terme na die lede van die Raad verwys: priesterhoofde, skrifgeleerdes, familiehoofde (Mark 15:1; Luk 22:66). Vgl. “priesterhoofde en die hele Joodse Raad” (Matt 26:59; Mark 14:55; Hand 22:30) wat ook as “priesterhoofde en al die ander” verstaan kan word. Vgl. ook Hand 4:5, “die raadslede, die familiehoofde en die skrifgeleerdes” waar eersgenoemde die laaste twee insluit. Vgl. Hand 5:21 waar “die leiers van Israel vir ’n volle vergadering van die Joodse Raad” ’n weergawe is van “die sanhedrin en al die leiers van die Israeliete” in die grondteks. Hand 5:34; 23:6 meld Fariseërs en Sadduseërs, en Joh 11:47 priesterhoofde en Fariseërs as lede van die Raad.

By die Jode was die Raad in Jerusalem die eintlike gesag oor Joodse sake, maar hulle moes uit die Romeinse oogpunt waarskynlik ook orde handhaaf deur aan die Romeine verantwoordelik te wees. Daarom het Kajafas voorgestel dat Jesus tereggestel word sodat die volk nie deur die Romeine van opstand verdink kon word nie (Luk 23:2, 5; Joh 18:14. Vgl. Matt 26:66; Mark 14:63-64).

In Hand 4:15 is “raadsaal” ’n weergawe van “sanhedrin” in die grondteks.[1]

Fariseërs is die naam van die lede van ’n Joodse godsdienstige party wat in die tyd van die NT en ook daarvóór en daarná ’n belangrike rol gespeel het. Die Fariseërs is gekenmerk deur ’n nougesette gehoorsaamheid aan alle godsdienstige wetsvoorskrifte en navolging van die voorvaderlike tradisies, genoem “die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte” (Matt 15:2; Mark 7:3). In hulle strewe om die wetsvoorskrifte van toepassing te maak op die hele Joodse samelewing, het hulle self ook talle voorskrifte gemaak wat ’n noukeurige uitleg van die wet van Moses moes gee en moes verseker dat die wet nie oortree word nie (vgl. Matt 23:13-28). Hulle lê besondere klem op die onderhouding van die sabbatdag (Matt 12:2) en op kultiese *reinheid (Matt 23:25-28). Anders as die *Sadduseërs het die Fariseërs geglo in die *opstanding uit die dood en in *engele (Matt 22:23; Hand 23:8). Hulle het ook ’n toekomstige tyd op aarde verwag waarin die ryk van Dawid herstel sou word. Die *Christus sou volgens hulle verwagting uit die geslag van Dawid wees en sou koning word van ’n vry en onafhanklike volk Israel (Matt 22:42).

Sadduseërs is die naam van die lede van ’n Joodse party wat in die tyd van die NT ’n belangrike rol gespeel het. Die lede van die party was hoofsaaklik afkomstig uit vooraanstaande priesterfamilies en uit die invloedryke lae van die samelewing. Hulle het hulle baie meer as die *Fariseërs bemoei met politieke sake en waar hulle kon, hulle invloed by die owerheid probeer uitoefen. Hulle het op belangrike punte van die *Fariseërs verskil. Hulle glo nie aan die bestaan van geeste en engele of aan die opstanding nie (vgl. Matt 22:23; Mark 12:18; Luk 20:27; Hand 23:8) omdat die wet van Moses volgens hulle oortuiging niks hieroor sê nie.

Skrifgeleerde is die benaming vir invloedryke godsdienstige leiers van die Joodse volk. Op grond van hulle noukeurige en toegewyde studie van die Skrif, veral van die *wet van Moses, en van die oorgelewerde godsdienstige gebruike van die voorgeslagte, is hulle beskou as gesaghebbende uitleggers van die Skrif wat die voorskrifte vir die godsdienstige lewe van die volk moes bepaal. Esra is die eerste persoon in die Bybel wat ’n skrifgeleerde genoem word (Neh 8:14). In Esra 7:6 word hy genoem “’n geleerde man, kundig in die wet van Moses”. In die Nuwe-Testamentiese tyd was van die skrifgeleerdes ook lede van die party van die *Fariseërs (Mark 2:16; Hand 23:9; maar vgl. Matt 5:20; 12:38; 23:2; Mark 7:1; Luk 5:21).

[1]Verwysingsbybel 1983-Vertaling(Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998).