Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

DIEN jou wêreld met Jesus in jou.

Sending: God is ʼn God van beweging, van sending. Of, soos Dr. Pelser gereeld sê: “Twee-derdes van die woord God is ‘GO’.” Almal is hier in opdrag. Almal is op ʼn missie. Almal is ʼn sendeling. Elke Christen het ʼn mandaat om te vervul. Die eerste woord van die “Groot Kommissie” is “Gaan”. Die Bybel gee ons net minder as 200 keer die opdrag: “Gaan!” Nie een maal sê die Bybel vir ons “kruip weg” nie. En dit sê net 13 keer dat ons moet “bly”. Die “bly”-opdrag beteken dat ons naby Jesus moet bly. En ons moet net “bly” terwyl ons op instruksies van Jesus wag sodat ons die beste kan “gaan”.  Die apostoliese bediening fokus jou op jou sending. Wat is jou roeping?  Hoe dra jy by tot die vestiging van God se koninkryk hier op aarde? 

“The only true voyage of discovery, the only fountain of Eternal Youth, would be not to visit strange lands but to possess other eyes.” — Marcel Proust.

“the greatest journey to undertake is the journey into another man’s heart” – Michael Wood 

Kies jou volgende uitreik.

Bediening

Genees die Wêreld om jou met Sy liefde

Sending

Gaan maak dissipels van alle Nasies

Waarheid

Verdedig die Waarheid en leerstellings

Hoekom moet die kerk aanhou reformeer?

Die kerk van die Reformasie moet voortdurend reformeer. Die leuse van die Reformasie was immers “Ekklesia Reformans semper Reformata”. Verandering is konstant.

Wat is die voordele en kentekens van 'n reformerende gemeente?

Om deel te wees van ‘n apostoliese, profetiese, geesvervulde, reformerende gemeente is ‘n uitdaging en nie maklik vir die vlees nie want jy is hier om jou gees te oefen. 

Die Waarheid omtrent kerk wat deur Jesus gebou word.

Daar is niks wat ons kan doen om enigsins meer toegang tot God te verkry as wat alreeds vir ons in Christus Jesus verkry is nie. (Heb 10:19) Die geheim lê opgesluit in ons begrip van wat kerk werklik is.

Wat is die vyfvoudbediening?

Die ideale kerk en gemeente word in Eph 4:11-16 beskryf, die manier om hierdie ideaal te verwesenlik is blootstelling aan die vyf gawes van Christus om die gemeente toe te rus vir hulle dienswerk. 

Is daar nog so iets soos hedendaagse apostels?

In hierdie studiestuk word die hedendaagse relevante rol, plek en funksie van die apostoliese bediening skriftuurlik verduidelik. 

Piramides of sfere? Hoe regeer God die Kosmos?

Die meeste mense se pyn in kerk, is strukture wat besluitneming kortwiek of vertraag. Almal moet bydrae, maar is nie altyd deel van die besluitneming nie.  

Ons DNS

COMMUNION - COMMISSION - COMPASSION
Leef vanuit intimiteit
Leef as gestuurde
Maak Jesus teenwoordig