Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

LEEF JOU LEWE IN
oorvloed!

Die Volkome Genesing van die Totale Mens

'n Lokale Geestelike FAMILIE 
is God se PLAN 
vir Algehele WELHEID 
vir JOU!

Die mens as ’n multi-dimensionele wese verlang om GEESTELIK vervuld, EMOSIONEEL tevrede en gelukkig, INTELLEKTUEL ingelig, SOSIAAL betrokke, FISIES fiks, in IDENTITEIT koersvas, EKONOMIES bemagtig en ‘n goeie rentmeester van ons HULPBRONNE te wees.  Harvester bied ‘n liefdevolle genesende GESIN-EKO-SISTEEM gesentreer rondom die lewe en persoon van Jesus Christus om die LEWE saam in oorvloed te LEEF.

Hier is hoe jy saam met ons kan groei! #Geestelike Welheid

#1 Ek wil jesus here maak van my lewe

Ontwaak, erken, bely en sien dat Jesus Christus is wie Hy sê Hy is!

Word vandag:
‘n volgeling ->
‘n dissipel ->
‘n kind van God ->
deel van Sy Liggaam en Familie ->

#2 Ek wil meer leer oor jesus

Wie was Jesus regtig? Wat sê Hy oor Homself? Watse tipe persoon was Hy? Wat was Sy gewoontes? Wie was Sy vriende en familie? Wat was vir Hom belangrik en waardevol? Wat was Sy temas van prediking? Is dit nog relevant vandag? Wat was Sy wêreldbeskouing? Waaroor was Hy passievol? 

Sien ons 40 Weke Aanlyn Bybel Kursus oor die beste lewe ooit geleef… 

#3 EK IS REG VIR DIENS

In ons gemeente is daar geen toeskouers nie, want mens groei nie geestelik deur te kyk hoe ander mense Jesus gehoorsaam nie. 

Jy moet self “hoor en doen”. Jy is dus óf besig om ‘n bediening te lei, óf te ondersteun. Jy word óf deur imand gementor, óf jy mentor iemand in hulle geloof. Volg die skakel hieronder as jy deel van Harvester wil word.

Waaroor is jy passievol! 

Gemeenskap Ontwikkeling | Berading | Leierskap | Vrywilligers | Gasvryheid | Media 

#4 Ek wil GEE

Kies hoe jy tiende, offerhandes en bydraes gee. Sien al die opsies hoe jy kan bydra tot die volkome genesing van die totale mens. 

Geestelik – Emosioneel – Intellektuel – Gedrag – Sosiaal – Liggaamlik – Identiteit.

Sedert 1995 bedien Harvester Kerk mense reg oor die wêreld. Sending werk na meer as 120 nasies, kerkplanting, bybel-skole en geestelike ondersteuning van gemeente leiers. Ons is nie gereformeerd nie, maar reformerende, want ons glo Christus is nog tans besig om Sy kerk te bou en ons nuwe goed te leer. Ons vind ‘n Christus-gesentreerde middeweg tussen gereformeerde en charismatiese/pinkster teologie. 

HARVESTER: 'n persoon of masjien wat 'n saaioes insamel

“Maar ek sê vir julle: 
Kyk daar, 
kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes.” 
Johannes 4:35 

Ons visie, missie en begeerte is om te sien hoe Christus vorm aanneem in mense se manier van leef, gewoontes, karakter, waardes, en denkpatrone.

ONS IS BEVEEL OM LIEF TE HÊ, AFGEVAARDIG OM UIT TE REIK

“COMMANDED TO LOVE, COMMISSIONED TO GO”

VOLG HIERDIE SKAKEL OM ONS GESKIEDENIS TE LEES

Harvester Gemeentes Wêreldwyd

Kaapstad | MoreesburgPaarlWellington | Khayelitsha

Pretoria | Kimberley | Heidelberg | Mbombela | Sandton

Port Elizabeth 

Birmingham | Halifax 

Uganda | Philippines | Zimbabwe 

VOLG HIERDIE SKAKEL OM ONS GELOOFSBELYDENIS TE BESTUDEER

Jan & Chantál Oosthuizen

Visionêre Leiers

Jan en Chantál se bediening is gekenmerk deur ‘n diepgewortelde passie om as brugbouers die gemeenskap te dien en die boodskap van die Koninkryk van God in Christus Jesus te verkondig. Hulle bediening fokus op: pastorale werk, Bybelse geletterdheid en gemeenskap ontwikkeling. Met ‘n hart vir die plaaslike gemeente het hulle al verskeie gemeentes geplant, asook verskillende lande besoek om praktiese ondersteuning aan pastore te bied. Hulle passie is om ‘n gemeenskap van gelowiges te sien floreer soos hulle in Jesus Christus geestelik volwasse word.  Jan probeer MTB bergfiets ry as die tyd dit toelaat, en is lief vir musiek, tuinbou en fotografie.  Chantál is ‘n tuisteskepper, digter en mooi-maak-mens! 

Getuienisse van ons MENSE

Vredendal Kampus

Parc De Lauzanne 

Vrolike Vinkies Kleuterskool

Sondae: 09:30 

Kontak Jan-Hendrik Kleynhans 

‭(083) 232 9599‬

Clanwilliam Kampus

Blommekerk in die Hoofstraat

Sondae 9:30 

Kontak: Jan Oosthuizen

(083) 230 8804

Citrusdal Kampus

Pomario Privaatskool

R303, Citrusdal 

Sondae 17:00

Kontak: Chantál Oosthuizen

(076)213-1506