Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Sermons

Die Jesus Lewe

Om soos Jesus te word is die sleutel tot ʼn vervulde en gelukkig lewe. Jy sal die beste huweliksmaat wees om mee te leef, die beste sakeleier of werker wees vir enige sakeonderneming, die beste tipe vriend, die beste ouer. Die hoogste ideaal vir elke mens se bestaan is Jesus. Mense vergeet die wenners van die Olimpiese spele, die beste akteurs van die jaar, en selfs die mees beroemdste mense verval later in vergetelheid. Maar om Jesus te leef elke dag van my hele lewe, maak ʼn ewigheidsverskil in my lewe sowel as die mense wat ek aanraak.

Die uitkoms van alle geestelike aktiwiteit behoort Jesus Christus te wees.

Of jy ‘n belewenis gehad het soos Paulus, (hy sê nie sy naam nie) om in die derde hemel opgeneem te wees, of jy bloot nuwe betekenis in ‘n teksvers ontdek het, dit moet alles jou meer soos Jesus laat klink en lyk. Ons karakter, gesindheid, waardes, denkpatroon, lewenstyl en identiteit moet alles in lyn wees met Jesus. Die fokus van gebed is uiteindelik om meer soos Jesus te word. God het nie ons lofprysing nodig nie. Lofprysing is God se werktuig in ons lewens om ons te vorm om soos Hy te wees. Dit wat jy op fokus en aanbid, word jy. Prediking, vermaning, korreksie, Dissipelskap, lering, alles is gerig om ons te vorm na die beeld van Jesus. Die sukses van ʼn bediening is dus nie net die grote van die skares en geboue nie, maar in watter mate die mense soos Jesus begin te leef en handel. Hoe meer ons een raak met Jesus, hoe meer een sal ons raak met mekaar, en sal die Wêreld glo dat ons van God is. (Joh 17:21)

Misty Edwards sing oor Jesus in “a beautiful heart” hoe perfek en rein Jesus se hart is.

There is no shadow of turning in You

No rebellion or pride

You don’t know greed or envy or strife

Your intentions are pure and holy

Delighting to do the Father’s will

You don’t have a thought against Him

But humbly You live in perfect restraint

Waiting for promises given

Chorus:

Jesus, You have a beautiful heart

Jesus, You have a beautiful heart

Verse 2:

You’re gentle, You’re meek,

yet Your heart is strong

Jesus, Your gladness is contagious

You are not selfish,

You can’t compromise

You are the truth, You can’t lie

You don’t hold a grudge or have a cynical eye

Bitterness has no part of You

But You’re quick to forgive,

let me back in again

Your kindness is so liberating

God wil uiteindelik hê dat al Sy kinders net so ʼn mooi hart soos Jesus sal hê.

Hoe meer ons konformeer en transformeer om gelykvormig te word met hierdie eienskappe hoe meer vind ons vervulling in ons eie skeppingsdoel. (Rom 8:29) Want ons is geskape met die potensiaal om soos Hy te kan wees. Hierdie potensiaal is in elke mens, maar is deur sonde verdraai. Ons fokus soms so in ons teologie op die verdorwenheid van die menslike natuur dat ons vergeet waarom God die mens geskape het. Die skrif is duidelik ons is geskape:

  • Om aan God toegewy te wees (2 Tim 1:9)
  • Om sy kinders te wees (Efe 1:5) ‘Kinders’ spreek van afstammeling, soos Hy, beelddraers, dieselfde karakter eienskappe. Kinders weerspieël natuurlik die eienskappe van die ouers.
  • Om heilig en onberispelik voor Hom te wees. (Efe 1:4)
  • Om alles onder een hoof te verenig naamlik Jesus (Efe 1:10)

Ons verheerlik God die meeste, wanneer ons soos Jesus leef en handel. Sy heerskappy dui bloot op Sy manier van leef, volgens Sy wil. Hoe meer my lewe onder Sy heerskappy kom, hoe meer reflekteer ek Sy karakter. As die doel hoekom God ons geskape het Christus is, dan beteken dit dat die potensiaal om Jesus te wees alreeds in ons opgesluit is.

Fokus op die Jesus wat alreeds in ons is.

Die Here het my jare gelede geleer: “baie mense probeer om hulle Jesus in mense af te druk, in plaas daarvan om die afdruk van Jesus wat alreeds in elke mens is te ontdek.” Dis tog baie duidelik: Die templaat/afdruk van die mens is nie die duiwel nie, maar Jesus. Ons is geskape in God se beeld nie satan se beeld nie. Hierdie beeld word egter geskend deur sonde, en hoe meer ons aan sonde blootgestel word en self begin deelneem, hoe meer word Jesus se beeld in ons verdraai. Net soos daar sleg in elke mens is, of sonde in elke mens is (Rom 3:23) net so is daar ‘n afdruk van Jesus in elke mens. Ons kies om oor tyd ons ledemate al hoe meer aan sonde en satan te wy. (Rom 6:15-23) Sodoende het ons kinders van satan geword, toegewy om sy wil te doen. Wanneer ons egter tot bekering kom en omdraai, begin die pad van toewyding aan God. Die sondige natuur is nie ‘n keuse nie, dit kom soos ‘n siekte saam met ons geboorte in hierdie wêreld. (Efe 2:3) Daarom moet ons weergebore word, om ons goddelike natuur terug te kan ontvang. (Joh 3:2; 1 Pet 1:23)

Wanneer ons weergebore word, neem God weer Sy regmatige plek van heerskappy in ons lewens in, en leer Hy ons om te leef volgens Sy bloudruk – ons skeppingsdoel. Die verderf en verwoesting om teen Sy wil te leef is duidelik. Kyk maar net hoe ʼn stukkend en verskriklike plek die wêreld geword het omdat mense leef volgens hulle eie raadsbesluit. Die teenoorgestelde is ook waar, wanneer almal sal leef volgens Jesus se gedragskode en waardes sal dit hemel wees op aarde. ‘n Wêreld sonder ambisie, bitterheid, wraak, haat, selfsug, eiegeregtigheid, selfverryking, rassisme, egosentrisme, onreg, ongehoorsaamheid.

Net so natuurlik as wat sonde kom vir die mens wat nog nie weergebore is nie, so natuurlik en spontaan kom heiligheid vir die weergebore persoon. Paulus verduidelik hierdie bestaan baie raak in Rom 7:19: “Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek” Maar die teenoorgestelde gebeur vir die weergebore gelowige: Ons dink soms daaraan om sleg te doen maar dan wanneer dit by doen kom dan doen ons die regte ding voor ons dink. Ons natuur het verander. (2 Kor 5:17) Ons is met God verenig en Hy lewe nou deur ons, soos ons Hom toelaat.

Vir die apostels was die einddoel van alle hulle bediening altyd Christus.

  • Totdat Christus volkome in julle gevorm word – Gal 4:19
  • Om elke mens volmaak in Christus Jesus te stel – Kol 1:28-29
  • Julle aan een man verbind, om julle as ʼn rein maagd aan Christus voor te stel – 2 Kor 11:2
  • Niks anders onder julle te weet as Jesus Christus en Hom as die gekruisigde – 1 Kor 2:2
  • Nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van ons Here Jesus Christus nie – 2 Pet 1:8
  • Eenheid van geloof en kennis van die Seun van God, tot ʼn volwasse man, tot die mate van die volle grote van Christus – Efe 4:13

Die vrug van geregtigheid wat by gelowiges pas is die lewe en karakter van Jesus opgesom in die vrug van die Heilige Gees as ons nuwe natuur. (Gal 5:20-22) Dit beteken ook dat die einddoel van al die gawes en werk van die Heilige Gees ook die natuur en lewe van Christus is. Volheid van die Heilige Gees is om gevul te wees met die karakter van Jesus Christus. Hoe voller ek van die Gees is, hoe meer sal ek die natuur en karakter van Jesus openbaar. Heiligheid is dus nie hoe eksentriek ek kan wees nie, maar of ek die natuur, hart, en persoon van Jesus openbaar. Heiligheid beteken bloot dat ek vol is van God se teenwoordigheid! Wanneer jy baie tyd met iemand spandeer, veral as die persoon ‘n baie sterk karakter het, dan begin mens al hoe meer soos die persoon klink, praat, en lyk. Ons menswees boots spontaan die sterkste karakter waaraan ons blootgestel word na. Wanneer Jesus verwys na die vrug wat ons dra, verwys hy na die karakter eienskappe van God in ons lewens.

Die waarheid van die Jesus Lewe is ʼn universele beginsel – Die mense wat oor die eeue die mees langlewende afdruk op die mensdom gemaak het, was diegene wat die meeste volgens Jesus se lewe geleef het. Moeder Teresa, Ghandi en Mandela. Alhoewel die persone nie noodwendig ʼn intieme verhouding met God gehad het nie, en ook nie noodwendig belydende Christene was nie, het hulle lewe die meeste indruk gemaak op die mensdom omdat hulle bereid was om radikaal Jesus se lewe te leef.

Om Jesus se lewe te leef, gaan jou lewe kos!

Dis die raaisel en misterie van die Jesus lewe, jy kan nie sy lewe naboots en soos ‘n selfhelp ghoeroe probeer om in stappe te verdeel nie. Sy lewe gaan jou lewe kos. Mat 16:24
Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom. Sy lewenstyl is reguit in teenstelling met die lewenstyl van die Wêreld. Matteus 5 – 6 is die moeilikste hoofstukke in die Bybel om te leef, daarom is ons lief om daaroor te praat en te debatteer, want die doen is gans onmoontlik vir die eie ek. Elke daad wat hier bespreek word en beveel word, kos jou alles. Dit kos dat jy jou regte opgee, jou drome, ambisie, jou eie wil – alles! Dit is hoekom so min mense die ware karakter van Jesus openbaar, want alhoewel ons by tye reg doen en goed doen, is Sy lewe alleen moontlik wanneer ons ‘n algehele oorgawe maak om ons self te verloën, en Sy wil te doen. Dit raak ‘n lewenstyl – dit is nooit maklik nie, en dit hou nooit op nie. Elke ware kind van God, word daagliks uitgedaag om dinge ‘ anders’ te doen.

  • As jy jou lewe wil vind, moet jy dit verloor.
  • As jy mense wil lei en voorloop, dien mense.
  • As jy meer wil hê, gee meer weg.
  • As jy aansien wil verkry, steek jouself weg.
  • As jy vry wil wees, spreek ander vry.

Dit is heeltemal in kontras met wat self wil doen. Daarom moet elke mens by die plek kom, om te glo in Jesus of nie. Gaan jy Sy lewe leef of nie? Daar is nie ‘n middeweg wat volhoubaar is nie. Kompromie werk vir ‘n kort tydjie, maar deurstaan nie die toets van tyd en vervolging nie. Sommige kan probeer om al die mooi goed te doen vir die aansien van mense, maar wanneer vervolging en verdrukking oor ons pad kom, dan kom self-oorlewing sterk na vore. Iemand wat sy lewe in Christus verloor het, skyn Sy lewe juis te meer onder druk. Dis juis dan wanneer Sy lewe in ons die helderste skyn! Deur die eeue is daar menigte heiliges wat hierdie lewe geleef het, hulle lewe skyn deur die eeue vandag nog Sy heerlike lig! Lewens van selfopoffering, hulle het nie hulle lewe as kosbaar geag nie, maar was bereid om bo alles aan God gehoorsaam te wees. Hulle lewe roep ons op om hierdie reis saam met hulle te voltooi. Mag die kerk van die laaste dae, nog te meer Sy lig en lewe deur ons laat skyn.

Mense wat oorgelewer is aan Hom sal Sy karakter openbaar: vergenoegdheid, nederigheid, vol van geloof, vorstelik en onbeweeglik ten opsigte van wat reg en waar is, sagmoedig, liefdevol, vol van lewenslus en passie, inskiklik en gemaklik met hulleself, vreugdevol en gelukkig, innerlike vrede en rustigheid, sensitief wees vir menslike nood maar iets doen daaraan. Mense wat deur hulle dade getuig van Jesus. Jy kan dus Jesus se lewe in hulle dade opmerk. Volwassenheid van karakter om selfs onder opposisie steeds nie reaktief te lewe nie, maar dan juis Sy manier van doen te openbaar.

Hierdie lewe kom nie vanself nie – Dit is nie in die mens nie. (Jer 10:23) Dis alleenlik wanneer ons, ons eie lewe neerlê en in die geloof Sy lewe ontvang. (Gal 2:20) Ons reken onsself dood. (Rom 6:11) en as ‘n daaglikse lewenswyse offer onsself as lewende heilige offers om Sy wil te doen. (Rom 12:1) Soos ons op Hom wag vir Sy manier, kom wys die Heilige Gees die weg en lei ons in die waarheid. Hy leer ons om ons vyande en vervolgers te vergewe, die wat ons beroof het vry te spreek en te seën, en te bid vir die wat ons misbruik.

Paulus som hierdie lewe op soos volg: 1 Corinthians 4:10-15; 2 Corinthians 4:8-18; 2 Corinthians 6:3-10; 2 Corinthians 11:23-28

Being reviled we bless

Being persecuted we endure

Being defamed we entreat

Much patience

By purity

By knowledge

By long-suffering

By the Holy spirit

By sincere love

By the word of truth

By the power of god

By the armour of righteousness

Wat Paulus hier vir ons wys, is dat hy in elke krisis ʼn goddelike antwoord en strategie ontvang het om te oorwin en staande te bly. Hy is nooit ʼn slagoffer van slegte omstandighede nie, maar het deur Jesus se leefwyse antwoorde verkry om elke uitdaging te oorwin.

Hoe word ons meer soos Jesus?

Jy kan nie ‘n toeskouer van hierdie lewe wees nie. Die enigste manier om die seën van Sy lewe te ontvang is om dit te leef. Jy kan dit dus nie deur iemand ontvang nie. Hy self is die bron, anders eet ons weer van die boom van kennis van goed en kwaad. Niemand kan dit vir jou doen nie, en namens jou die prys betaal nie. Jy moet self jou eie lewe opgee, en in die geloof Sy lewe ontvang, en dan werk Hy Sy lewe in jou.

En moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God Kol 3:9-10

Jy moet Hom ontvang. Jy neem Sy lewe aan as jou eie. Jy trek Hom as te ware aan as jou nuwe identiteit. Om te strewe om soos Hy te wees, bly ʼn strewe soos ʼn wortel voor ʼn donkie se neus aan ʼn stok. Strewe is nie genoeg nie. Dis soos ʼn nuwejaarsvoorneme wat nooit realiseer nie. NEE, Jy neem Sy lewe aan in die GELOOF. Ek is saam met Jesus begrawe en Hy is elke dag besig om meer en meer in my op te staan soos ek in die geloof Hom gehoorsaam. Hoe meer bewus ek raak van Jesus in my, en begin fokus op dit wat Hy alreeds in my is, hoe meer raak ek soos Hy. Hoe kry jy die lug uit ʼn glas? Deur dit vol water te maak. Hoe oorwin jy sonde in jou lewe? Om vol te wees van Jesus. Ons fokus is nie sonde nie, ons fokus is Jesus en die werk wat Hy vir ons gedoen het aan die kruis.

Om soos Jesus te wees is gans onmoontlik vir die mens. As ek net dink aan al die karaktertrekke van Jesus, weet ek nie waar om te begin nie. Dank God die Heilige Gees lei ons en help ons in alle waarheid. Hy lei ons elke dag. Hy gee ons daaglikse instruksies, en lei ons om Hom te vertrou. Vir elkeen gee Hy ander opdragte en bevele, want Hy is met ons elkeen op reis na die selfde doel – Jesus. Soos ons hoor en gehoorsaam, voel dit soms dat ons ook soos Jesus wil vra: “Laat hierdie beker my verbygaan, Here!” Hy werk egter die vermoë en genade in ons om die opdrag uit te voer, en soos ons dit doen ervaar ons ʼn heerlike opstanding in ons. Genade is nie eenmalig gegee nie, maar is die kragtige werking van God wat daagliks in ons werk. (Fil 2:13) Hoe weet jy of jy in genade leef óf nie? Jy weet dat dit nie jy is nie, maar genade. Jy het duisend keer probeer en gefaal, hierdie keer is dit Hy wat die werk in jou doen. Dis nie hoe hard jy probeer nie, maar hoe hard jy glo in Sy werk.

Die uitkoms!!!

Mag elke persoon wat God aan ons gegee het, om deel te wees van hierdie deel van die familie van Christus, groei in volwassenheid en Jesus-vrug! Mag ons getuienis onder mense van hierdie omgewing wees dat ons;
Liefdevolle, sagte spontane mense is. Mense wat geestelike diepte het en standvastig is in hulle geloof. Mense wat jy kan vertrou, en deur wie God se Gees kragtig werk. Betroubare, getroue en opregte mense op wie jy kan staatmaak. Pilare in die gemeenskap wat hulle invloed gebruik ten bate van die wat onderdruk en minder bevoorreg is. Mense wie se karakter en woorde 100% op-lyn en waar daar geen valsheid te vinde is nie. Mense wat jou nie net seën met hulle woorde nie, maar wat daadwerklik jou help en ondersteun totdat jy weer op jou voete is. Mense wie se besigheid en werksaamhede getuig van godsvrug: op tyd wees, deugsaamheid, netheid, kreatiwiteit, gehalte werk en akkuraatheid. Mense vol van genade, geloof en vryheid! Tog spreek hulle lewe van eenvoud, innerlike tevredenheid en kalmte. Jy hou daarvan om by hierdie mense te wees want hulle is gemaklik, uitgesorteer en volwasse. Hulle geniet die lewe sonder om te sondig en leef die lewe voluit! Hulle is vrygewig en heg meer waarde aan ewigheidsgoed as aardse besittings, roem of aansien. Hulle rykdom is in Jesus se karakter wat elke dag meer en meer duideliker word in elkeen. Hulle is nie te trots om saam met kinders op die vloer te speel en uitbundig te lag nie. Hulle is kinderlik, spontaan en het weinig vrese of inhibisies. Hulle erken gou hulle foute en menslikheid sonder skaamte, want hulle weet hoe afhanklik hulle van die Here is. Hulle is “bold” en passievol oor hulle geloof, en is nie skaam oor God se liefde en nabyheid nie. Hulle teenwoordigheid maak jou veilig voel, en hulle bring Goddelike perspektief en wysheid na elke moeilike situasie. Hulle is konstant en gebalanseerd maar tog nie vervelig nie. Hulle ingesteldheid getuig van lewenslus en geloof in die onmoontlike, hulle is optimisties maar nie ligsinnig of oppervlakkig nie. Hulle grappies getuig van goeie smaak en eerbied vir alles mense. Hulle is in alles dankbaar en godvresend, meer as wat hulle bang is vir wat die mense gaan sê of dink. Hulle is nie ingestel op die opinies en sake van mense nie, en praat nooit oor mense wat nie teenwoordig is nie. Hulle is bidders en ken en verstaan die wil en hart van God. Hulle is op frekwensie met wat die Gees van die Here tans mee besig is in die Wêreld. Jy sal dieselfde fokus optel by gelowiges regoor die wêreld, want hulle leef in die Wil van God. Jy voel altyd ʼn beter mens as jy van hulle weggaan. Jou geloof is gebou en jy voel opgebou en gestig om ook meer soos Jesus te lewe. Hulle is aangename en vriendelike mense, sonder veroordeling en kritiek, negatiwiteit en gemeenheid. Tog is daar geen kompromie by hulle te vind nie, en voel dit asof die ligte aan is wanneer jy by hulle is. Wanneer hulle jou bedien is dit met liefde, maar ferm en in waarheid. Sonder bybedoelings of selfsugtige motiewe. Hulle lewe daag passiwiteit en valse verskonings uit. Hulle bring dinge aan die lig, sodat daar lig en groei kan kom. Hulle is wetsgehoorsaam, en wys respek en eerbied vir alle mense. Hulle neem verantwoordelikheid vir die foute wat hulle maak en maak reg waar verbrou is. Hulle lewe spreek van orde en dissipline sonder om rigied of wetties te wees. Hulle handhaaf gesonde roetines en gewoontes in hulle private sowel as publieke lewe. Hulle is eerlik en sonder fieterjasies, ongekunsteld en vol van die teenwoordigheid van die Here. Hulle is ‘kerk’!

Categories
Sermons

Geskep om te regeer

God het ons oorspronklik geskape om te heers. Genesis 1:28
En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Selfs oor sonde. Genesis 4:7
Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jý moet daaroor heers. Romans 6:12 Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Romans 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.

Ons moet oor ons liggame heers. 1 Corinthians 9:27 27 Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

REIGN IN LIFE THROUGH THE ONE, JESUS CHRIST. Romans 5:17

Ons as individue kan nie God se gesag in onsself alleen vestig en uitvoer nie. Daarom in die NT lê die gesag van God in SY kerk. Mat 16:18 “build my church and the gates of hell” Alle gesag is onder die voete van Sy Kerk en liggaam. (Efe 1:22-23) Die kerk maak die heerlikeheid van God bekend aan die geestelike owerstes en maghebbers. (Efe 3:10) Oh what a foolishness to try to attain victory over satan in your life without the church!!! PLEASE WAKE UP!

Jesus het ons as voorbeeld vooruit gegaan, en vir ons gewys dit is moontlik om as mens te regeer oor die volgende:

  • Oor Boosheid: Matthew 8:16 Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met ‘n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak. Colossians 2:15 Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.
  • Oor satan: John 14:30 Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie,
  • Oor voorsiening: Vermeerder die brood Joh 6; Vang baie vis deur nette aan die ander kant in te gooi Joh 21:6-13; muntstuk in die vis se bek. Mat 17:27
  • Oor die natuurlike elemente: Maak die storm stil Mt 8:26-27; Loop op die see Mt 14:25; Vervloek die vyeboom Mt 21:19
  • Oor elke tipe krankheid en siekte: Acts 10:38 Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom.
  • Oor die dood: Romans 6:9 Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.
  • Oor sonde: Matthew 9:4–6 Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê vir hulle: “Waarom het julle sulke slegte gedagtes in julle harte? 5 Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes word vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’? 6 Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.” Hy sê toe vir die verlamde man: “Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”

In die Woord is al die sleutels opgesluit om oor elke saak en situasie te heers:

Leierskap – Wees die minste en dien (Mat 10:27)

Grimmigheid – sagte antwoord (Spr 15:1)

Tekort – gee (Die weduwee Mark 12:42-43; Gee en vir jou sal gegee word Luk 6:38)

Sonde – dood (Rom 6:6)

1 Corinthians 4:8–13 8 Julle het mos klaar alles wat julle begeer! Julle is al klaar ryk! Julle regeer al klaar soos konings! Ons nog nie. As julle tog maar werklik konings was, sodat ons saam met julle kon regeer. 9 Dit lyk vir my God het aan ons, die apostels, die laaste plek in die ry gegee asof ons mense is wat tot die dood in die arena veroordeel is. Ons het ‘n skouspel geword vir die wêreld, vir engele sowel as vir mense. 10 Ons is dwaas ter wille van Christus, julle is verstandig in Christus; ons is swak, julle is sterk; julle geniet aansien, ons word verag. 11 Tot op hierdie oomblik ly ons honger en dors, ons is armoedig aangetrek en word mishandel. Ons swerf rond 12 en werk hard met ons eie hande.

  • Ons word uitgeskel, en ons antwoord met seënwense;
  • ons word vervolg, en ons verdra dit;
  • 13 ons word beledig, en ons bly vriendelik.

Ons het die uitvaagsels van die wêreld, die skuim van die samelewing geword, en dit is nou nog so.

 

2 Corinthians 6:6

  • by purity,
  • by knowledge,
  • by longsuffering,
  • by kindness,
  • by the Holy Spirit,
  • by sincere love,

 

2 Corinthians 6:10

  • as sorrowful, yet always rejoicing;
  • as poor, yet making many rich;
  • as having nothing, and yet possessing all things.
Categories
Sermons

Verstaan die wet van God se voorsiening

Ons hoef niks te doen om die voorsiening van die Here te verkry nie. Saam met die voorsiening van asem, kom die voorsiening vir die lewe.

Daar sal altyd seisoene wees, en saad vir elke seisoen. Gen 8:22
22″So lank as die aarde bly bestaan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, ook nie koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie.”

Luke 12:6–7
6″Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. 7Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Mat 6:25-34
25″Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? 26Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 27Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? 28En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. 29Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. 30As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? 31″Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. 32Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. 33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. 34″Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

God se bonatuurlike voorsiening:

Eks 16:11-14 – God voorsien Kwartels vir die volk Israel

Rigters 15:18-19 – God voorsien water vir Simson

1Kon 17:5-6 – God voorsien dmv kraaie vir die profeet by die spruit Kedron

2Kon 4:42-44 – God vermeerder die Eerste vrug offerhande vir almal om te eet.

Mat. 14:13–21; Mar 6:31–44; Luk 9:11–17; Joh 6:1-13 – Jesus vermeerder die brood.

Die feit dat daar ʼn appèl gemaak word om tevrede te wees met kos en klere. Is omdat dit altyd daar sal wees. Dis deel van God se basiese voorsiening aan die mens. 1 Tim 6:6-8
6Die godsdiens is ‘n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, 7want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. 8As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.

Die Here trek Adam en Eva aan. Gen 3:21
21Daarna het die Here God vir die mens en sy vrou velklere gemaak, en hulle dit aangetrek.

Self in tye van hongersnood en gebrek, sal daar voorsiening wees. Ps 37:19, 25
19In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie, in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê. 25Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ‘n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.

Ps 136:25
25Hy gee voedsel aan al wat lewe. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Voorsiening is deel van God se karakter, dis wie Hy is. Kyk hoe mildelik voorsien God deur Sy skepping vir ons. Abraham glo dat God self die ram gaan voorsien. Genesis 22:13
13Toe Abraham weer kyk, sien hy agter hom ‘n skaapram wat aan sy horings in ‘n bos vasgevang is. Hy het die ram gaan vat en hom in die plek van sy seun as brandoffer geoffer. 14Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.”

Die probleem van voorsiening lê nie voor God se deur nie. Hy voorsien! Ons is nie altyd goeie rentmeesters van God se voorsiening nie, en verloor die reg en toegang tot hierdie voorsiening. Ons verloor toegang tot God se voorsiening deur:

  • Nie na ons liggame te kyk nie.
  • Nie die natuurlike hulpbronne te beskerm nie.
  • Toe te laat dat sonde oor ons heers.