Die mens as ’n multi-dimensionele wese verlang om GEESTELIK vervuld, EMOSIONEEL tevrede en gelukkig, INTELLEKTUEL ingelig, SOSIAAL betrokke, FISIES fiks, in IDENTITEIT koersvas, EKONOMIES bemagtig en ‘n goeie rentmeester van ons HULPBRONNE te wees.Harvester bied ‘n liefdevolle genesende GESIN-EKO-SISTEEM gesentreer rondom die lewe en persoon van Jesus Christus om die LEWE saam in oorvloed te LEEF.
Hier is hoe jy saam met ons kan groei! #Geestelike Welheid
#1 Ek wil jesus here maak van my lewe
Ontwaak, erken, bely en sien dat Jesus Christus is wie Hy sê Hy is!
Word vandag: ‘n volgeling -> ‘n dissipel -> ‘n kind van God -> deel van Sy Liggaam en Familie ->
Wie was Jesus regtig? Wat sê Hy oor Homself? Watse tipe persoon was Hy? Wat was Sy gewoontes? Wie was Sy vriende en familie? Wat was vir Hom belangrik en waardevol? Wat was Sy temas van prediking? Is dit nog relevant vandag? Wat was Sy wêreldbeskouing? Waaroor was Hy passievol?
Sien ons 40 Weke Aanlyn Bybel Kursusoor die beste lewe ooit geleef…
In ons gemeente is daar geen toeskouers nie, want mens groei nie geestelik deur te kyk hoe ander mense Jesus gehoorsaam nie.
Jy moet self “hoor en doen”. Jy is dus óf besig om ‘n bediening te lei, óf te ondersteun. Jy word óf deur imand gementor, óf jy mentor iemand in hulle geloof. Volg die skakel hieronder as jy deel van Harvester wil word.
Sedert 1995 bedien Harvester Kerk mense reg oor die wêreld. Sending werk na meer as 120 nasies, kerkplanting, bybel-skole en geestelike ondersteuning van gemeente leiers. Ons is nie gereformeerd nie, maar reformerende, want ons glo Christus is nog tans besig om Sy kerk te bou en ons nuwe goed te leer. Ons vind ‘n Christus-gesentreerde middeweg tussen gereformeerde en charismatiese/pinkster teologie.
HARVESTER: 'n persoon of masjien wat 'n saaioes insamel
“Maar ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes.” Johannes 4:35
Ons visie, missie en begeerte is om te sien hoe Christus vorm aanneem in mense se manier van leef, gewoontes, karakter, waardes, en denkpatrone.
ONS IS BEVEEL OM LIEF TE HÊ, AFGEVAARDIG OM UIT TE REIK
Jan & Chantál is sedert 1992 in die bediening. Hulle hart is om ‘n gemeenskap van gelowiges te sien floreer soos hulle in Christus geestelik volwasse word.
Jan-Hendrik & Monica wil sien dat elke mens ‘n volgeling van Jesus word deur hulle te onderwerp aan Sy heerskappy en gevolglik deelword van Sy Koninkryk Gesin en Leefwyse.
Om deel te wees van HRCO is vir my veilig, rigting-gewend, genesend. Ons bou diep Gees-vriendskappe o.l.v. volwasse leierskap!
Leon & Liebenette BurgerHumefert Vertilizer
Ons is 'n geestelike huisgesin waar ons saam groei-leer-vorm, mekaar ondersteun en Jesus prakties ervaar.
Tobias & Ansofie BassonNamawaland Farms
Om deel van HRCO te wees, is om veiligheid te ervaar tussen familie wat lief is vir mekaar, die Here, Sy Woord en dit graag wil demonstreer in al die verhoudinge om ons.
Willie & Wiena BothaMr fix it / Work4aLiving
By HRCO is ons deel van 'n Jesus-gefokusde alle-nasies-familie van liefde, omgee, vergifnis en blymoedige samesyn.
Danie & Elna Pretorius Goedehoop Sitrus
The love of Jesus is tangible through sincere compassion, caring and Holy Spirit inspired messages.