Categories
Jesus die beste lewe

Die ridderlikheid van Jesus

Chivalry, bravery, gallant, courageous, boldness.

Ridderlikheid, braafheid, hoflikheid.

Hierdie besondere en merkwaardige karaktereienskap van Jesus is meer as net om braaf, moedig of sterk te wees. Dis om, soos die kruisvaarders en ridders van ouds, vir die belang van die swakkes en weerloses jou lewe af te lê.

Hierdie goddelike eienskap is mooi saamgevat in Openbaring: Wie is waardig om die seëls oop te maak; die leeu en die lam (Op 5:3).

Hy is ’n vryheidsvegter, maar Hy veg nie met swaarde en stokke nie. Hy veg met ’n stille weerstand teen die uitbuiting deur die godsdienstige leiers:

 •      Courage is not the absence of fear; it is the mastery of it.

 •      William Penn: “Right is right, even if everyone is against it, and wrong is wrong, even if everyone is for it.”

 •      Oh, do not pray for easy lives. Pray to be stronger men. Do not pray for tasks equal to your powers. Pray for powers equal to your tasks.

Unieke kenmerke:

Hierdie dapperheid is nie ’n doellose geraas nie, maar berekende (intentional) fokus en akkuraatheid.

Hierdie dapperheid is nie ’n charismatiese persoonlikheidstipe nie, maar ’n versigtige afhanklikheid (meekness) van die Vader.

Let op, Ek stuur julle soos weerlose skape onder die wolwe in. Wees dan skerp soos die slange, maar terselfdertyd opreg soos die duiwe (Matt 10:16).

Hierdie dapperheid kan nie ’n kompromis aangaan nie, maar staan onverskrokke by die waarheid.

Hierdie dapperheid is nie ’n geheime soeke na erkenning en aansien nie, maar is ’n opregte soeke om die weerloses en swakkes te sien opstaan.

Hierdie dapperheid is nie net ’n periodieke heldedaad nie, maar ’n daaglikse lewe van gehoorsaamheid en geloof in God alleen.

Dapper ridderlikheid in die OT

Wees sterk en dapper. Jy moet hierdie volk lei om die land wat Ek met ’n eed aan hulle voorouers beloof het, in besit te neem. Wees sterk en baie dapper! Voer al die opdragte uit wat Ek vir my dienaar Moses gegee het. Moenie links of regs daarvan afwyk nie. Jy sal dan suksesvol wees in alles wat jy doen. Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor nasodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees. My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die HERE jou God is saam met jou in alles wat jy doen (Jos 1:6-9).

Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n kromswaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy beledig het. Vandag gee die Here jou oor in my mag (1 Sam 17:45-47).

Dapper ridderlikheid in die NT

Die raadslede was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se waagmoed sien, want hulle het besef dis gewone mense sonder enige besondere opleiding. Hulle het hulle ook herken as mense wat saam met Jesus was (Hand 4:13-20).

En nou is ek op pad Jerusalem toe, gebind deur die Gees. Wat dáár met my gaan gebeur, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging voorlê. Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie: Om die Goeie Nuus te verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te  verdien (Hand 20:22-24).

Gebruik dan al die wapens wat God ons gegee het sodat julle julle kan verdedig as julle aangeval word, en as die geveg verby is, sal julle nog onoorwonne wees (Ef 6:14).

Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd (1 Kor. 15:58).

Geloof maak jou dapper en vreesloos:

Deur die Bybel het mense geloof ontvang om bonatuurlik dapper dinge te doen (Heb 11).

Abel:

Henog:

Noag:

Abraham:

Isak:

Josef:

Moses:

Wat meer moet ek nog sê? Dit sal veels te lank neem om nog te vertel van die geloof van Gideon, Barak, Simson, Jefta, Dawid, Samuel en die profete. Hulle het deur te glo koninkryke verower, die reg herstel, verkry wat God beloof het, leeus se bekke toegestop, die gloed van vuur geblus en aan die swaard ontkom. Hulle het krag in hulle swakheid ontvang, was magtig in die oorlog en het vreemde leërs op die vlug laat slaan. Vroue het selfs hulle geliefdes uit die dood terugontvang. Ander weer is gemartel, maar wou nie die prys vir hulle vrylating betaal nie omdat hulle die opstanding tot ’n beter lewe wou verkry. Party moes bespotting en géselingverduur, ook arrestasie en gevangenskap. Hulle is met klippe doodgegooi, in twee gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgegaan in skaapvelle en bokvelle, honger en verdruk en mishandel. Hulle was te goed vir hierdie wêreld; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge in grotte geskuil en in gate in die grond.

En alhoewel daar oor hulle almal op grond van hulle geloof met soveel lof getuig is, het nie een van hulle ten volle verkry wat God beloof het nie (Heb 11:32-39).

Gemeenskap van gelowiges maak jou dapper.

Die gelowiges in Rome het van ons gehoor, en party van hulle het ons by die Appiusmark kom ontmoet en ander by die Drie Herberge. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep (Hand 28:15).

Ridderlikheid in daaglikse ooreenkomste en kontrakte

Ons lewe bestaan uit duisende transaksies, onderhandelinge, ooreenkomste en verbintenisse. Hierdie transaksies word vanuit die Bybelse perspektief as heilig gesien. Die lewe is ’n versameling kontrakte. Verhouding impliseer ’n verbintenis, ’n kontrak, ’n lojaliteit teenoor mekaar. Geestelike gesag impliseer dat ons die orde van die lewe verstaan en met goddelike wysheid handel en doen wat reg is.  

Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle (Matt 18:19).

Die Bybel is inderwaarheid God se liefdeskontrak met die mens.

Jesus het die kontrakbreuk van die mens herstel en nagekom deur Sy lewe te gee as offer en betaling vir ons straf.  

Die Bybelse begrippe van kontrakte is:

1. Die Wet – Civil Law: Eksodus 21:18 – 23:9.
2. Verbond – Die woord kom 272 keer in die Bybel voor.
3. Eed – Die woord kom 255 keer in die Bybel voor.

Wanneer ’n mens die wette in die OT bestudeer, is daar ’n duidelike skeidslyn tussen opsetlike en onopsetlike verkeerde gedrag. Dit het bepaal in watter mate ’n persoon aanspreeklik was en wat die restitusie, terugbetaling, sal wees.

Die Bybel gee verskeie voorbeelde van kontraksluiting:

Gen 23:3-16 Abraham koop na haar dood wettig vir Sarah ’n graf by die Hettiete.

Gen 25:29-34 Jakob koop Esau se geboortereg.

Gen 29:19-30 Jakob se transaksie vir Ragel met Laban, en die misleiding met Lea.

Wanneer ’n samelewing die krag van ’n ooreenkoms goedkoop maak, verval daardie samelewing in selfvernietigende anargie.  

Geloof is ’n vorm van ’n kontrak. Petrus vra: Here, kan ek ook op die water loop?” Jesus stem in en antwoord: “Kom!” Petrus reageer op die uitnodiging en breek die wet van verplasing. Hy kan net op die water loop omdat daar ’n ooreenkoms gesluit is met die Hemel wat naby gekom het.  

Besigheid is die skep en handhawing van ooreenkomste, ruiltransaksies en verbintenisse. Om jou woord gestand tedoen en lojaal te bly aan ’n ooreenkoms, is die paaie waarvolgens allerhande goedere hande verruil. Deur ons ooreenkomste te verbreek, met valse skale te weeg en sonder meer hierdie transaksies te verbreek, verwoes ons die toegangsweë van ons eie voorsiening.  

In Jesus se bergpredikasie, is Hy voorskriftelik oor verskeie kontrakte en verbintenisse:

1. Hy het nie gekom om die wet ongeldig te maak nie, maarom dit dieper betekenis te gee (Matt 5:17).
2. Versoen ’n regsaak deur te skik (Matt 5:25-26).
3. Egskeiding bly getrou aan jou huwelikskontrak (Matt5:31-32).
4. Wellus en egbreek kan gesien word as om die huwelikskatvan naaktheid en seksuele intimiteit te vat sonder om daarvoor wettig te betaal (Matt 5:27-30).
5. Die aflê van ’n eed (Matt 5:33-37). Laat jou ja eenvoudig ja wees. Hou jou woord. Die eerbaarheid van jou woord is die konsekwentheid waartoe voorsiening na toe vloei (Jak5:12).

Wettigheid, mandaat, is wesenlik tot sukses in die lewe. Jesus kon nie begin handeldryf met wat die hemel bied totdat dit vir Hom gegee is nie. (Die bruilof in Kana; Joh 2)

Jy kan nie namens enige organisasie geld insamel sonder ’n wettige mandaat nie. Jy kan nie namens enige groepering praat sonder hulle instemming nie.

Ons beleef tans so baie chaos in ons samelewing omdat mense ’n bestaan probeer maak uit aannames, veronderstellings, onbevestigde verwagtings en hoorsê. Jesus kan duiwels uitdryf omdat Hy die wettige gesag van God is. Jesus is die hemelse Wetstoepasser van God die Vader, die Koning.  

’n Groot deel van verhoudingsprobleme is as gevolg van ’n onwettige basis en fondament. Wie het jou aangestel? Wie het jou die reg gegee? Daarom, wanneer ons iemand wil korrigeer, behoort ons toestemming te vra, buiten waar die reg alreeds bestaan of toegestaan is. Soos met ’n ouer-enkindverhouding, ’n werknemer-en-werkgewerverhouding,ens.  

Vele probleme ontstaan omdat ons onwettig buite die raamwerk van orde en gesag beweeg. In die hemel is daar orde: . . . verwerp hulle die gesag van die Here en beledig hulle die hemelwesens. Nie eens die aartsengel Migael het so iets gedoen nie. Toe hy met die duiwel gestry het oor die liggaam van Moses, het hy hom dit nie veroorloof om die duiwel te beledig en te veroordeel nie, maar hy het vir hom gesê: “Die Here sal jou straf.” Maar hierdie mense praat lasterlik oor dinge waarvan hulle geen kennis het nie (Judas8-10).

Sommige gebruik die feit dat ons lewe vanuit die geregtigheid in Christus Jesus ontvang het om voorbarig te wees. Paulus gebruik nie sy reg op ’n inkomste nie: 1 Korintiërs 9:12. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel omkwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien. Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser (1 Pet 2:16-17).

Erken en respekteer gesag in vergaderings. Gee erkenning aan die voorsitter en vra toestemming voor jy ’n punt maak. Volggoeie orde:Meneer die Voorsitter . . .” Bly by die punt en vra toestemming om buite die punt te beweeg.

Misbruike:

Sommige mense misbruik ’n gegewe oorspronklike verbintenis deur die doelpale die heeltyd te skuif, sonder om die kontrak op te dateer. Herbevestig en hersien gereeld die kontrak.  

Dubbele standaarde: Gebruik die regte gewigte en maatbakkesodat jy ’n lang lewe mag geniet in die land wat die HERE jou God vir jou gee. Mense wat met oneerlike gewigte en maatbakke kul, is veragtelik vir die HERE jou God (Deut25:15-16). Goddelose plek, moet Ek die verkeerde maatlyn blyverdra, of die vals inhoudsmaat wat Ek so haat? Moet Ek die eienaar van ’n onbetroubare weegskaal vryspreek, een met ’n sak vol vals gewigte? (Miga 6:10-11).

Groepsdruk: Moenie agter die meerderheid aangaan en ook verkeerd doen nie. Wanneer jy in ’n hofsaak getuig, moet jy nie agter die meerderheid aanhardloop en die waarheid verdraai nie. Jy mag ook nie jou getuienis verdraai ter wille van iemand net omdat hy of sy arm is nie (Eks 23:2-3).

Misleiding: Jy mag ook nie in ’n hofsaak die reg verdraai bloot net omdat iemand arm is nie (Eks 23:6).

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus se aardse pasifisme en toekomstige straf

“I cannot serve. I cannot do evil. I will not be a soldier of this world. I am a soldier of Christ.” St. Maximilian

“Jy moet jou vyande liefhê” en “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie” (Joh 18:36) eggo deur die geskiedenis ʼn ander manier van leef, ʼn gans anderse lewensbeskouing, ʼn goddelike hantering van ons moeilikste verhoudingskwessies.

Deur die eeue is hierdie moeilike vraagstuk al op verskeie maniere gedebatteer. Ek gaan my nie uitgee as die finale antwoord hieroor nie, maar elkeen behoort self die Woord van God en gepaardgaande leesstof te ondersoek om self tot insig en wysheid te kom oor presies hoe ons die teenwoordigheid van boosheid in lewens gaan hanteer.

Die onwillekeurige vraag is:

Mag die kerk wapens opneem?

Die antwoord is nie óf nie, maar wie mag wapens opneem? Uit die ondergaande uitleg van skrifgedeeltes gaan ons sien dat dit NIE die kerk se amptelike rol of funksie is om wapens op te neem en militêre mag te gebruik nie. Christene mag wel geroepe voel om in die weermag te dien, soos enige ander beroep. ‘n verdere dieper vraag is: Kan ons onsself beskerm sonder om ‘n ander lewe te neem?  Die teenvraag is dan: Hoekom ʼn wapen aanskaf as ek nie dit kan gebruik om ʼn lewe te neem nie? Aan die ander kant moet ons nugter wees oor die boosheid van ons tyd, en toelaat die Heilige Gees ons duidelik lei. Verder is die duidelik dat dit die regering se verantwoordelikheid is om sy burgers teen wetteloosheid te beskerm (Rom 13:1-4; 1 Pet 2:13-17; 1 Tim 2:1-2). Dis immers hoekom ons belasting betaal. Christene moet ook die regering verantwoordbaar hou tot hierdie plig. Verder moet ons ook ons wetstoepassers ondersteun, vir hulle bid, en hulle op elke manier probeer bystaan.

Die kerk se rol is om vredemakers te wees (Mat 5:9), versoeners (2 Cor 5:18), mense wat vol van die Gees (Hand 1:8), en die gesag van Christus duiwels uitdryf (Luk 10:19), siekes gesond maak en die evangelie aan die armes verkondig (Mark 16:17-20). Ons verkry hierdie gesag van die Gees en nie die sterk arm van die vlees nie. (Zech 4:6). Op ʼn onlangse FB-berig is die opinies teenstrydig. Wat interessant is, is dat dié wat vir wapens stry ʼn soort arrogansie het, ʼn “kom-ek-sal-jou-wys”-gesindheid. Diegene wat al in sulke situasies was, sal vir jou sê dinge gebeur te vinnig. Selfs die geoefende skut was al onkant betrap. Ons moet meer voorkomend dink: waar ons ry, watter tyd van die nag ons op die paaie is, die veiligheid van ons huise, en ʼn gebeurlikheidsplan hê. Volgens SAPS, is die beste beskerming ‘n veiligheids hek binne die huis, wat inwoners in hulle slaapkamers beskerm sou inbrekers in die huis inkom in die nag.

My eie pa was bedag van die hoë misdaad van die plek waar hy gewerk het, en a.g.v. sy ervaring in die spoorweg polisie, ervare met vuurwapens. Hy is in Fillipie in die Kaap, helder oordag doodgeskiet in sy motor terwyl ‘n 357magnum revolver in sy hand oorgehaal was. ‘n Jaar tevore het hy ‘n burgerlike arrestasie by die einste stopstraat gedoen, toe rowers hom probeer kaap het. Hierdie keer was hy egter nie so gelukkig nie.  Dus maak ek nie die stellings ligtelik nie, ons moet meer as ooit onsself beveilig, maar ons moet ook harder werk aan voorkomende oplossings.

God gebruik regerings om straf uit te oefen:

God gebruik aardse regerings om oortreders van die wet te straf.

LAAT elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang. Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf. Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete. Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is. Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom (Rom 13:3-4).

Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here — of dit die koning is as opperheer, of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys. Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring, as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ’n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God. Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer (1 Pet 2:13-17).

Toe die soldate Johannes vra wat hulle moet doen na hulle bekering, het hy hulle nie gevra om hulle diens te verlaat nie. Ook soldate het hom uitgevra: “En ons, wat moet ons doen?” Hy antwoord hulle: “Moet van niemand deur geweld of vals aanklag geld afpers nie, maar wees tevrede met julle betaling” (Luk 3:14).

Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid (1 Tim 2:1-2).

Paulus herhaal Jesus se sentimente baie duidelik aan die Christene in Rome, in ʼntyd waar hulle nie kon staatmaak op die heidense regering van die dag se beskerming nie. Kyk na die onlangse film, Apostle Paul. Inteendeel, Christene is op die wreedste maniere denkbaar vervolg. Dit maak die vers net nog meer betekenisvol.

Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,”sê die Here. “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.” Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie (Rom 12:17-21).

Geen boek in die NT gee duideliker riglyne as Petrus nie. Christene behoort vervolging te verwag. As lede van ʼngeestelike weermag, veg ons nie met aardse wapens nie (2 Kor 10:3-5). Ons worstelstryd is ook nie teen vlees en bloed nie (Ef 3:12).

Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees (1 Pet 2:19).

As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God (1 Pet 2:20).

Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ’n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry (1 Pet 3:9).

Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as ’n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie (1 Pet 3:14),

As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen (1 Pet 3:17).

Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid (1 Pet 4:13).

Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is ’n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, op julle bly (1 Pet 4:14).

Maar wanneer iemand ly omdat hy ’n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draer van daardie naam moet hy God verheerlik (1 Pet 4:16).

Daarom moet dié wat ly omdat God dit wil, hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper, en aanhou goed doen (1 Pet 4:19).

Die vroeë kerk het ook nie staat gemaak op gewapende selfverdediging nie (Hand 4:29-31; 5:40-41; 8:1-3; 9:1-2; 12:1-5).

Sommige wil die volgende vers gebruik om die aankoop van wapens te regverdig: Maar nou, wie ‘n beursie het, moet dit saamneem, en net so ook ‘n reissak. En wie nie ‘n swaard het nie, moet van sy klere verkoop en een aanskaf(Luk 22:35-38). Dit is duidelik dat Jesus nie hier sy dissipels beveel om hulleself te bewapen nie. Twee swaarde is genoeg, antwoord Hy. Later veroordeel Hy die gebruik van ʼnswaard om die hoë priester se dienskneg se oor af te kap (Luk 22:49-51), en meer direk: “Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom” (Matt 26:51).

Hacksaw Ridge

Daar is die buitengewone ware verhaal van die gewetensbeswaarde Desmond T Doss wat, sonder om ʼnenkele skoot te skiet, 75 mans in Okinawa gered het tydens die bloedigste slag van die Tweede Wêreldoorlog. Hy het geglo dat die oorlog geregverdig was, maar ook dat doodmaak nogtans verkeerd is. Hy was die enigste Amerikaanse soldaat in die Tweede Wêreldoorlog wat sonder ʼn wapen in die voorste linies geveg het. As medikus het Doss eiehandig die gewondes naby die vyand se gebied ontruim –hy het die vyand se geweervuur getrotseer en sy eie lewe op die spel geplaas. Hy was die eerste gewetensbeswaarde ooit wat die Congressional Medal of Honor[1]ontvang het.

JESUS PREEK EN LEEF BAIE DUIDELIK PASIFISME:

Maar Ek sê vir julle dat julle ’n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe (Matt 5:39).

Dan sal daar vir julle ‘n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is (Luk 6:35-36).

Daar het ʼnsituasie ontstaan om ʼnvrou wederregtelik te veroordeel volgens haar sonde en die wet. Sy het owerspel gepleeg en is op heterdaad betrap. Jesus voltrek nie aardse oordeel nie: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie” (Joh 8:1-11).God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word (Joh 3:17).

Oorwin die kwaad deur die goeie (Rom 12:21).

Jesus vergelyk iemand wat vir sy broer kwaad is met ʼn moordenaar (Matt 5:21-22).

Die goue reël: Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen (Matt 7:21).

Die kerk se opdrag is duidelik: maak dissipels, doen goed, genees, onderrig, bou, voed, seën, bemagtig, versorg. Die kerk kan nie bogenoemde doen en terselfdertyd die instrumente van straf wees nie.

Hierdie pasifisme is nie ingee tot swakheid nie. Allermins! Ghandi het deur pasifisme Indië bevry van Britse Imperialisme. Daarom die spinwiel vandag nog op die vlag.

Ons veg net baie slimmer: Sien “Nonviolent Communication. A language of life. Create your life, your relationships, and your world in harmony with your values” Marshal B Rosenberg PhD. Ons wag ook nie passief vir boosheid om te realiseer nie. Elke gehoorsame gelowige demonstreer elke dag God se liefde en goedheid, waar ons ook al gaan (Hand 10:38).

JESUS SE TOEKOMSTIGE MILITÊRE REGVERDIGE OORDEEL EN REGTER OOR ALMAL SE VERKEERDHEID.

In teenstelling met Jesus se aardse pasifisme en vereenselwiging met swakheid, nederigheid, genade en liefdevolle barmhartigheid, is Sy wederkoms. Hier verskyn Hy met ʼn hemelse weermag om te kom oordeel. (Matt 26:53).

Alhoewel Jesus nie gekom het om te oordeel terwyl HY op aarde is nie (Joh 3:17; Joh 5:18-29), kom daar wel ʼn baie duidelike oordeel in die hiernamaals. Toekomstige oordeel (1 Kor 3:8-16; 2 Kor 5:10; Wit-troon-oordeel, Op 4:10-11).

Jesus waarsku dat daar definitiewe gevolge is indien die mens Hom verwerp: Hulle sal in die buitenste duisternis gewerp word (Matt 8:12; 22:13; 25:30), asook die hel (Matt 5:22; 29; 30; 10:28; 22:13; 23:33; 25:30; 2 Pet 2:4).

Jesus waarsku oor hierdie ewige straf. Daar sal verskriklike lyding wees (Matt 13:42, 13:50; 22:13; 24:51; 25:30).

Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners (Matt 8:12).

Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son (Matt 13:40-43).

So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners (Matt 13:49-50).

Toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar ‘n man wat nie bruilofsklere aanhet nie, en hy sê vir hom: “Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder bruilofsklere aan?” Maar die man kon niks antwoord nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: “Bind sy hande en sy voete vas en gooi hom uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners” (Matt 22:11-13).

Die eienaar van daardie slaaf sal op ‘n dag kom dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur wat hy nie vooraf weet nie. Dan sal sy eienaar hom laat doodmaak en hom die lot van huigelaars laat deel. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners (Matt 24:50-51).

Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners (Matt 25:29-30).

Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe (Matt 25:45-46).

Volgens Luk 17:1-3 het Jesus het aan sy dissipels gesê: “Dit is onmoontlik dat dinge wat mense laat struikel, nie oor julle pad kom nie. Groot ellende wag egter op hulle deur wie dit veroorsaak word. Dit is voordeliger vir sulke persone as ’n maalklip om hulle nek vasgemaak en hulle in die see gegooi word, as dat hulle vir een van hierdie geringes ’n struikelblok sou wees. Gee ag op julleself. As jou broer aanhou sonde doen, wys hom tereg, en as hy tot inkeer kom, vergewe hom.” Dit is weereens duidelik dat daar ‘n baie sekere oordeel wag op die watander te na kom. Die einde van die vers is egter nog meer betekenisvol: Gee ag op julleself. As jou broer aanhou sonde doen, wys hom tereg.  Hoeveel verkeerd laat ons toe, wat ons nie Bybels konfronteer nie? (Mat 18) Hoeveel misdaad is as gevolg van die tekort aan dissipline?

Jane Mc Gregor – “the emphaphy trap: understadiing anti-social personalities, haal die studie van Rifkin aan oor jong olifante se gewelddadigheid in die Kruger Wildtuin.  Toe hulle die 2 ouer volwasse olifante terugbring in die kudde, het die anti-sosiale gedrag verdwyn.

DISSIPLINE EN ORDE HERSTEL BEGIN IN DIE HUIS

Oordeel die wat binne is. Jy kan nie ʼnvis skoonmaak voor dat jy dit nie eers gevang het nie. Ons kan waarsku, maar ons kan nie die wat buite is straf nie. Straf is vir opvoedkundige doeleindes vir die wat binne is. In Ysland is daar ‘n dramatiese afname in tiener dwelm en alkohol misbruik verkry, toe daar strenger wetgewing en straf is vir kinders wat na 11:00nm op straat is. Kinders word ook op nasionale skaal besig gehou van 15:00 – 18:00 met sport en die kunste. [2]

  • Die Bybel leer nie dat ons nie mag oordeel nie, maar dat ons moet oppas dat ons verkeerd oordeel (Matt 7:1; Luk 6:37, 38, 41, 42). BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie (Gal 6:1). Sien ook: 1 Kor 4:21; 2 Tim 2:25.
  • Oordeel sonder direkte konfrontasie:Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Die wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ʼndader van die wet nie, maar ʼnregter (Jak 4:11).
  • Jy wat ander oordeel, doen dieselfde dinge: Rom 2:1-8. “You become what you judge.”
  • Oordeel ander sonder om die verkeerde in jouself te erken (Matt 7:1).
  • Moralisering: veralgemeen.
  • Etiketteer: name noem (Matt 5:21-24).
  • Vergelykings: Niemand kan die toets wen nie.
  • Te vinnig oordeel: Nie al die inligting hê nie (Pred 7:9).
  • Iemand sonder regspraak oordeel (Matt 5:22).
  • Demoniseer: Maak iemand net sleg, boos.
  • Blameer: Verontskuldig myself terwyl ek ander blameer.
  • Forseer en beheer: reg tot eie besluit.
  • Stemtoon: hart se ingesteldheid.
  • Vuil taal (Kol 3:8).

Die NT-insident van ʼnman wat met sy stiefma soos man en vrou saamleef, word deur Paulus beoordeel.  Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid. Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie —  dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan —maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie? Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit (1 Kor 5:6-13).

Die uitkoms van hierdie harde straf word later gebalanseer toe Paulus sy volgende brief skryf. As iemand droefheid veroorsaak het, is dit nie vir my wat hy hartseer maak nie, maar vir julle almal, of, om nie te oordryf nie, ten minste ‘n deel van julle. Vir so iemand is die bestraffing deur die meerderheid swaar genoeg. Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom(2 Kor 2:5-8). Hier word die skuldige vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Dit is met dien verstande dat die persoon sy sonde bely het, en dit gestaak het. Tog glo ek dat dit ook ʼnmaatstaf vir ons is, dat die kerk se aardse tug tydelik is. Die straf en tug wat die kerk toepas, is om iemand te beweeg van punt A na punt B. Hierdie dissipline word nie net lukraak op almal toegepas nie. Straf gebeur altyd direk binne ʼnverhouding. Daarom die wyse raad in Judas: Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met versigtigheid ontferm; en verafsku selfs die klere wat deur hulle sondige luste besmet is (Judas 22).

Die NT is baie duidelik daaroor dat ons mense wat hulle aan die volgende oortredings skuldig maak uit ons gemeenskap moet verwyder, hulle soos heidene moet behandel, nie saam met hulle moet kuier of eet nie. Net soos in die OT, het hierdie mense se gedrag hulle skuldig gemaak aan die verontagsaming van die familie, die gesin.

Die Bybel se definisie van reg en verkeerd, dié wat regverdig is en dié wat veroordeel word, strek verder as net dade en lewenstyl. Daar is ʼn definitiewe BINNE- en BUITE-narratief wanneer dit gaan oor God se verlossingsplan met die mens. Die tuin van Eden, die Ark, die Rooi See, die besnydenis, die bruilof, die maagde, die skape teenoor die bokke, is almal deel van die binne- en besliste buite-narratief. Gehoorsaamheid uit die geloof en, volgens die NT, die besliste vraag: “Is jy beklee met Jesus se geregtigheid?” is die duidelike voorwaarde tot insluiting. Die wat BINNE is, vorm een familie, liggaam, kerk, bruid, Sion en nuwe Jerusalem. Die insluiting gebeur deur wedergeboorte, deur die geloof in Christus se volkome versoeningswerk aan die kruis.

Daarom is daar definitiewe tug- en strafmaatreëls wanneer binne-mense hulle skuldig maak aan die volgende sondes en oortredings:

1 Kor 5:11-13 –  hoereerders, gierigaards, rowers of afgodedienaars;

Rom 16:17 –wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het;

Tit 3:10-11 –ʼn man wat tweedrag verwek;

2 Tess 3:6 –wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie;

2 Tess 3:14-15 – iemand wat aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie;

1 Tim 6:3  –as iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie;

Tit 1:10-11 –wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is.

BYBELSE VORME VAN STRAF:

ʼn Deel van die probleem is dat, al het ons die beste planne en wette in die wêreld, die mens ʼn geneigdheid na sonde, gebrokenheid en selfvernietiging het. Terwyl ons nog in hierdie dispensasie leef, moet ons verlief neem met die boosheid wat in elke mens sluimer. [i]

Soos Billy Grahamsê: “Die mens met al sy moderne uitvindsels kon nog nie die morele sonde-probleem van die mens oplos nie.” “The depravity of mankind is the most undeniable empirical fact, but intellectually most resisted” –Ravi Zacharias. Selfs die selferkende ateïs en vorige president van American Psychology, Hobart Mowrer (January 23, 1907 – June 20, 1982), erken dat deur die mens se verdorwenheid as siekte toe te reken, ons ten diepste die mens onthef van aanspreeklikheid. Mense wat nie aanspreeklik of verantwoordbaar is nie, voel hulleself geregtig, “entitled”, om met die sondepad van verwoesting voort te gaan.

Is tronke die Bybelse manier om gedragsaanpassings te maak?

Is tronke nodig as die Bybelse roete van straf toegepas sal word? Daar word tans ʼn wêreldwye debat gevoer oor die funksionering en effektiwiteit van tronke. ʼn Federale regter Prosecutor and Deputy Commonwealth Attorney Alejandra Rueda het in 2017 besluit om vandalistiese, rassistiese, aggressiewe jeugdiges op ʼnander manier te vonnis as om hulle na ʼn aanhoudingsentrum vir jeugdiges te stuur. Dit was duidelik uit die graffiti teen die muur dat hulle geen benul gehad het wat die swastika en ander rassistiese simbole beteken nie. Sy het ʼn opvoedingsgeleentheid gesien. Hulle moes 12 boeke per jaar lees en oor elkeen ʼn breedvoerige opstel skryf. Boeke oor slawerny, die Joodse Holocaust en geweld teen die mensdom, byvoorbeeld My name is Asher Lev deur Chaim Potok, The Kite Runner deur Khaled Hoseini, The Color Purple deur Alice Walker, I Know Why the Caged Bird Sings deur Maya Angelou,  en Cry The Beloved Country deur Alan Paton.[3]

Die slagoffer is direk betrokke by die strafgee:

Die Bybelse manier om teen oortreders op te tree binne die sirkel van die gesin, familie en stam. Dit is presies wat restitusionele geregtigheid probeer vermag. Om die oortreder daartoe te bring om die slagoffers direk in die oë te kyk (Matt 18:1-31; Luk 17:1-5). Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom (Luk 17:3).

Sonde is kommunaal, en kommunale straf:

Die neerlaag teen Ai en die straf van Akan (Jos 7:1-5). Sy hele familie is saam veroordeel (Jos 7:22-26). Sonde is toegereken tot in die derde en vierde geslag (Eks 20:5; 34:7; Deut 5:9-10). Die grootste motiveerder vir geweld of oorlog is ter wille van die veiligheid van die gesin en familie. Die teendeel is dat die moontlike straf en lyding van my gesin, as gevolg van wat ek verkeerd gedoen het, ʼn baie sterk afskrikmiddel is vir voortdurende oortredings. So het ʼn sekere maatskappy beter resultate verkry toe hulle foto’s begin plaas het van kinders wat ly a.g.v. van rook.

Elkeen toerekenbaar vir sy eie sonde:

Deut 24:16; 2 Kon 14:6; Jer 31:29-30; Eseg 18:1-4; Eseg 18:20.

Restitusie:

Verder moet die oortreder die verkeerde regmaak volgens die ooreenkoms wat met die slagoffer bereik is. Indien jy iets van iemand gesteel het, moet jy dit terugbetaal (Eks 22:1-4; Eks 22:7; Lev 6:4-5). As jy nie kon betaal nie, is die persoon as slaaf verkoop om die skuld te betaal (Eks 22:1).

Niemand gaan aan straf ontkom nie.

Sonder enige uitsondering sal hulle wat verkeerd doen, inderdaad daarvoor boet (Kol 3:25).

Doodstraf:

Doodstraf word gesien in die lig daarvan dat iemand se dade die dood verdien.

Sonde teenoor God:

Misleiding om valse gode aanbid (Deut. 13:6-10);

God se naam ydel gebruik, laster (Lev 24:13-16, 23);

Heksery (Lev 20:27);

Die Sabbat breek (Eks 31:14-15; Num 15:32-36).

Oortredings teenoor mekaar:

Moord (Gen 9:6; Eks 21:12);

Ontvoering (Eks 21:16; Deut 24:7);

Rebellie teenoor ouers (Eks 21:15,17; Deut 21:18-21; Lev 20:9-21; Matt 15:4);

Rebellie (Deut 17:12; 21:18-21).

Seksuele oortredings:

Egbreuk (Lev. 20:10; Deut 22:22);

Bloedskande (Lev 20:10-17);

Verkragting (Deut 22:25-27);

Homoseksualiteit (Lev 20:13).

Agter al die oortredings is ʼn totale miskenning van die welstand, vrede, welvaart en samesyn van die groep. Die lewe van die EEN staan teenoor die lewe van die FAMILIE/VOLK. Ek het dus my eie behoeftes bo dié van die groep gestel. Ek is belangriker as die familie.

Dis belangrik om daarop te let dat die metode van straf, naamlik steniging, baie persoonlik was. Die slagoffer is direk betrokke by die straf. Ons kan nie straf of oordeel aanskuif op ʼn ander nie. Sonde impliseer ʼn direkte oortreding teenoor iemand en moet direk herstel word. Die van aangesig tot aangesig beginsel is dus deurslaggewend.

GESAG WAT VAN DIE BOSE (ONDER) KOM.

Die heerskappy van boosheid loop deur die Bybel –ʼnbebloede lyn van geweld, verwoesting, moord, magsug, verdrukking. Die oproep tot vredevolle oplossings word van die begin van tyd af teengestaan deur ʼnsataniese drie-eenheid: 1) Lucifer, satan, die draak, geestelike boosheid, demone; 2) nasionale selfbeskikking ten koste van ʼnander, die dier uit die see; 3) die dier uit die aarde, godsdienstige valse wêreldbeskouings, die anti-chris, valse profeet.

Adam en Eva se ongehoorsaamheid teenoor God lei tot die eerste moord en selfbeskikking van die mens teenoor ʼnander en die daarstel van ʼn valse aanbidding van valse gode.

Kus was ook die vader van Nimrod. Hý het begin om ’n geweldenaar op aarde te wees. Hy was ’n geweldige jagter voor die aangesig van die Here. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ’n geweldige jagter voor die aangesig van die Here. En die begin van sy ryk was Babel (Gen 10:8-10).

Die klimaks van selfbeskikking word vertel deur die verhaal van die toring van Babel: Kom ons bou vir ons ‘n stad met ‘n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons ‘n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie (Gen 11:4). Hierdie sataniese soeke na heerskappy oor die mens, word talle kere in die Bybel herhaal: Die boek Rigters illustreer hierdie punt mooi: sewe siklusse van sonde, slawerny, petisie, redding en stilte.

Toe die Joodse nasie tot stand kom, gebruik God verskillende goddelose koninkryke om Sy kinders te oordeel: Egipte, Assirië, Babilonië, Persië, Grieke, Romeine.

Hierdie oordeel bring ons oor onsself omdat God se kinders wegdraai van die Here af en gevolglik ongehoorsaam raak aan Sy gebooie. Seën as ons Sy gebooie uitleef, en straf indien ons wegdraai. Seëninge en strawwe (Deut 28).

Die sataniese drie-eenheid geopenbaar:

Satan kom net om te steel, te slag en uit te roei (Joh 10:10). Sy planne is aan ons bekend. Hy het nog nooit van plan verander nie. Jesus is vermoor deur hierdie sataniese drie-eenheid. Die Romeinse Ryk en die godsdiens van die dag.

Openbaring 13: Die dier met die 10 horings, met die gesig van die Luiperd, Beer en die Leeu:

Die see is dikwels ’n simbool van die nasies van die aarde. Die kerk as nasie van God (1 Pet. 2:9) staan teenoor die nasies van die aarde. In die nasie van God werk die Gees van God, maar in die nasies van die aarde werk die gees van die draak. Die regerings van die nasies staan teenoor die regering van God. “Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps. 2:1-3). Tien horings – tien krone (13:1). Die dier het volledige mag (tien horings en tien krone). Dit verteenwoordig die regerings van die aarde. Dit strek van Nimrod in Genesis 10-11 tot by die regerings van vandag. In 1 Samuel 8:7 sê God vir Samuel: “Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.”

In Daniël 7 sien Daniël ’n soortgelyke gesig. Hy sien die see in beroering en vier groot diere daaruit opklim (Dan. 7:1-3). Die een soos ’n leeu, die ander soos ’n beer, die derde soos ’n luiperd en die vierde dier “vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad” (v. 7).

Die dier uit die AARDE:

Twee horings soos ’n lam (Op 13:11). Net soos die eerste dier eerder ’n sisteem is as ’n individu, so is die dier uit die aarde ook eerder ’n sisteem en nie ’n individu nie. Hy het slegs twee horings en nie tien soos die dier uit die see nie. Dit is ’n aanduiding van sy ondergeskiktheid aan die dier uit die see. Hierdie dier het beperkte magte. Hy lyk soos ’n lam, maar as hy praat, praat hy met die stem van die draak.

Die draak-lam se modus operandi en doel word duidelik uitgespel: “En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid.

Die draak-lam het hoofsaaklik ’n godsdienstige rol om te vervul. Hy maak daarop aanspraak dat hy die waarheid verteenwoordig en onskadelik is, maar sy spraak gee hom weg as gesant van die Satan. In ʼnsekere sin is die draak-lam ’n antichris of pseudo-christus. Hy doen hom voor as ’n alternatiewe of “ander” Christus.

In 95 n.C. het vals godsdienste die mense bedwelm in samewerking met die keiserlike beamptes. Die keiser is aanbid met groot seremonie onder toesig van die regeringsbeamptes. Die draak-lam rokkel die mense se fokus van God af en plaas dit op die wêreldstelsel van die dag. Dit is nie ongewoon om die vergodsdiensing van regerings te sien nie. Die Britte sing: “God save our gracious Queen / Long live our noble Queen / God save the Queen / Send her victorious / Happy and glorious / Long to reign over us / God save the Queen.” Die Russe verwys na “Holy Mother Russia”. Om ’n Slawiër te wees, is om Russies-Ortodoks te wees. Om ’n Slawiër te wees en nie Ortodoks nie word gesien as verraad teenoor die Slawiese kultuur. In die ou Suid-Afrika het ons gesing: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika.” In Ierland is die oorlog tussen die Protestante en Katolieke ’n diepgewortelde bitterheid. Die draak-lam het rooi kruise geverf op die skilde van soldate in die Middeleeue en die regerings ondersteun terwyl hulle die verskriklikste wreedhede gepleeg het. (Riekert Botha, Openbaring ontsluit, ‘n verrassende perspektief op die laaste boek in die Bybel.)

GESAG WAT VAN GOD (BO) KOM:

Anders gestel: Daar is ʼnmag en outoriteit wat van God afkomstig is: Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig(Fil 4:8).

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal 5:22-23).

Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God (Kol 3:2-3).

Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak (Jak 3:17-18).

Die uitdaging van ons tyd is om in die volheid van hierdie goddelike wysheid en insig te leef. Sommige maak die afleiding dat pasifisme passief is, maar dis allermins! Dit kos meer energie, moeite en ongerief om ʼnverkeerdheid reg te leef! Martin Luther King het gesê:

‪Hate is a cancerous disease which distorts the personality and scars the soul. To return hate for hate only intensifies the existence of hate in the universe. Hate seeks to annihilate rather than convert. It destroys community and makes brotherhood impossible. We must learn that it is possible to stand up courageously and positively against an evil system and yet not resist it with physical weapons and inner feelings of hatred. (Martin Luther King)

“Do all the good you can, by all the means you can, in all the ways you can, in all the places you can, at all the times you can, to ALL THE PEOPLE you can, as long as ever you can.” -Unknown

 

BRONNE

[1]https://en.wikipedia.org/wiki/Hacksaw_Ridge

[2]https://www.theatlantic.com/health/archive/2017/01/teens-drugs-iceland/513668/

[3]https://www.bbc.com/news/stories-47936071

Zimbardo, Phillip. The Lucifer Effect – How good people turn evil.

Marshal B Rosenberg PhD. “Nonviolent Communication” A language of life. Create your life, your relationships, and your world in harmony with your values.

Jamin Goggin and Kyle Strobel, The Way of the Dragon or the Way of the Lamb: Searching for Jesus’ Path of Power in a Church that Has Abandoned It

Walter Rauschenbusch (1861- 1918) A Theology for the Social Gospel (1917)

Howard Thurman (1899-1981) Jesus and the Disinherited (1949)

André and Magda Trocmé (1901- 1971, 1901-1996) Jesus and the Nonviolent Revolution (1961)

Hélder Câmara (1909- 1999) Spiral of Violence (1971)

William Stringfellow (1928-1985) An Ethic for Christians and Other Aliens in a Strange Land (1973)

Dorothee Sölle (1929- 2003) The Silent Cry: Mysticism and Resistance (1997)

Lisa Sowle Cahill (1948- ) Love Your Enemies: Discipleship, Pacifism, and Just War Theory (1994)

Traci C. West (1959- ) Wounds of the Spirit: Black Women, Violence, and Resistance Ethics (1999)

George Kalantzis, Caesar and the Lamb: Early Christian Attitudes on War and Military Service

SIM, David C.. The pacifist Jesus and the violent Jesus in the Gospel of Matthew. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, [S.l.], v. 67, n. 1, p. 6 pages, apr. 2011. ISSN 2072-8050. Available at: <https://hts.org.za/index.php/hts/article/view/860/1416>. Date accessed: 20 apr. 2019. doi:https://doi.org/10.4102/hts.v67i1.860.

https://www.missioalliance.org/weapons-violence-and-peace-according-to-a-fourth-century-bishop/

https://www.paxchristi.net/sites/default/files/documents/4-our_nonviolence_tradition.pdf

https://www.desiringgod.org/articles/should-christians-be-encouraged-to-arm-themselves

Categories
Jesus die beste lewe

Die regverdigheid van Jesus

Wanneer ʼn regverdige man ʼn posisie van outoriteit beklee, juig die mense (Spr 29:6)

To do righteousness and justice is more acceptable to the Lord than sacrifice. (Prov 21:3-14)

Maatskaplike geregtigheid is die middelpunt van Jesus se lewe en evangelie. Hy voed diéwat honger is. Hy verdedig dié wat onderdruk word. Hy staan op vir vroue se regte. Hy is lief vir die uitgeworpenes, die veragtes, die verwerptes en die sondaars. Hy doen ʼn beroep op die rykes en magtiges om hulle geld vir die armes te gee en in die behoeftes van magteloses te voorsien. ― John Piper

Geregtigheid is die toestand wat bestaan wanneer daar gelykheid, balans en harmonie in verhoudings en in die samelewing is. Ongeregtigheid is die toestand wat bestaan wanneer onregverdige mense vrede geweld aandoen en ongelykheid, wanbalans en dissonansie skep. ― Ken Wytsma, Pursuing Justice: The Call to Live and Die for Bigger Things

Volgens my sou dit ideaal gewees het as 100% van mense geboer het. As elke mens ʼnkwart akker gekry het, dus 1¼akker virʼngesin van vyf, sou dit meer as genoeg grond gewees het om die gesin vir ʼnhele jaar te onderhou. As daar op ʼnnatuurlike manier geboer word, sou ʼnboer ook genoeg tyd gehad het vir ontspanning en sosiale aktiwiteite in die dorpsgemeenskap. Ek dink dis die mees direkte manier om hierdie land ʼngelukkige, aangename land te maak. ― Masanobu Fukuoka, The One-Straw Revolution

Billikheid beteken nie almal kry dieselfde nie. Billikheid beteken elkeen kry wat hy nodig het.  ― Rick Riordan, The Red Pyramid

Daar is ook geen Hebreeuse woord vir “billik” (fair) nie –dis nog ʼnbetekenislose woord wat die Here se taal nie erken nie. Niks is billik nie. Want billikheid bestaan nie. Daar is verpligtinge. Daar is reëls. Daar is stelsels. Daar is billike verspreiding van goedere en lone en dienste, maar dit word nie volgens enige stelsel van redelikheid gedoen nie. Goedere en dienste word met geld gekoop, en geld moet verdien word. Jy het nie enige reg op geld nie. Jy moet dit verdien. Daniel Lapin,  Business Secrets from the Bible: Spiritual Success Strategies for Financial Abundance

 Jesus is God se standard van reg:

DAAR is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ’n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring. Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie. Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring(Jes 42:1-3). Hierdie skrif is letterlik in Sy kruisdood deur Christus vervul (Matt 12:18) deurdat Hy ons skuld/onreg/sonde op Hom geneem het, en die geregtelike doodstraf vir ons uitgedien het sodat ons vry kan wees.

Geregtigheid vir almal is deel van Jesus se sending:

Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig(Luk 4:18-19).

Jesus het nie geveg sodat mense goed verniet moes kry nie.

Alhoewel die evangelie verniet is, en Jesus die skare gevoed het, en siekes genees het sonder om enige geld te vra, het Hy nooit ʼnappèl gemaak op die regering of die kerk vir “free hand-outs” nie. Inteendeel, inherent aan Sy bediening van genesing is ʼnpersoonlike opdrag wat die persoon in die geloof moes uitvoer: “Neem op jou bed”, “Steek uit jou hand”, “Gaan was jou”, “Gaan toon jou aan die priesters”.

 Jesus het nie die regering verantwoordelik gehou vir die versorging van die armes nie.

Wanneer die regering intree namens een bevolkingsgroepering, is dit altyd ten koste van ʼnander groepering. Armoedeverligting, deur die verkondiging van die evangelie en die kweek van ʼnregte lewenstyl, is die verantwoordelikheid van die Kerk (Matt 25:31-46; Hand 6:1-7; Gal 2:1-10; 6:10; Jak 1:27).

REG EN GEREGTIGHEID ʼn SKAARS KOMMODITEIT IN VANDAG SE LEWE.

To do righteousness and justice Is more acceptable to the LORD than sacrifice(Prov 21:3) NKJV. Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers(Spr 21:3). Ons lewe in ʼn wêreld van onreg, dubbele standaarde, mense se woord beteken niks, elkeen doen wat reg is in sy eie oë. Kinders lei onder die onreg van hulle ouers. Mense word gebruik en misbruik sonder dat ons skuldig voel, want ons regverdig onsself en troos onsself deur die goed wat ons soms doen. Mense is gebroke, stukkend, ontnugter, bitter, seergemaak, te na gekom en verontreg omdat iemand nie REG gemaak het nie.

ʼn Ander woord vir sonde is onreg, verkeerd doen, wetteloosheid en goddeloosheid. Ons is almal opsoek na reg! Die vraag is, wie se reg?

Salomo het spesifiek vir wysheid gevra om regspraak te kan lewer (1 Kon 3:11). Soos sy pa, Dawid, wou hy doen wat reg was (2 Sam 8:15).

Bybelse fundering van verskillende hedendaagse begrippe:

Geregtigheid EN onpartydigheid (“justice and equity”).

Justice: the quality of being just; righteousness, equitableness, or moral rightness: geregtigheid; regverdigheid; justisie, regspleging

Equity: the quality of being fair or impartial; fairness; impartiality: billikheid, onpartydigheid

Teenoor:

Gelykheid, gelykvormigheid.

Is almal gelyk in die Bybel? Nee, almal is nie gelyk nie. Is almal gelykvormig? Nee, almal is nie gelykvormig nie. Kyk na die skepping. Daar is duidelike orde. Daar is heersers en daar is volgers. Albei is belangrik en in wese afhanklik van mekaar. Sien die wonder van ʼnmier- of byekolonie. Diversiteit in eenheid, maar met ʼnduidelike kollektiewe bewussyn, soos pragtig uiteengesit deur Eugene Marais in Die siel van die mier. In Matteus 20 lees ons dat die werkers wat net een uur gewerk het dieselfde verdien het as die ander wat heeldag gewerk het. Is julle jaloers omdat ek vrygewig is?(Matt 20:15). Die Bybelse manier om gelykheid te bring is vrywillige vrygewigheid. Almal het alles in gemeen gehad in die Handelinge-kerk, nie omdat iemand hulle forseer het nie, maar omdat mense hulle harte na God bekeer het en vrywillig begin gee het (Hand 2:44).

Nierassig

Geen mens behoort as gevolg van ras bevooroordeel word nie. Trevor Phillips was vir 15 jaar die hoof van die gelykheidskommissie in Engeland. In ʼn onlangse dokumentêr wys hy die ernstige tekorte van die beleid uit. Geen persoon hou daarvan om a.g.v. jou ras of kleur geoordeel te word nie. Maar politieke korrektheid kan te ver gaan omdat die polisie se statistieke duidelik bewys dat sekere kriminele dade meer onder sekere groeperinge voorkom as ander. [1]Hoekom, as ʼn sekere onreg meer onder seker mense plaasvind, hou daardie groepering nie self daardie oortreders toerekenbaar nie? Veral teen die lig dat die oortreders die groepering ʼn slegte naam gee, en juis die interne verhoudinge manipuleer. Dissipline begin tog altyd eerste in die huis! (1 Pet 4:17).

Nierassig beteken ook nie noodwendig rasintegrasie, -vermenging of rasmiskenning nie. Inteendeel, die Bybel veroordeel ondertrou met ongelowiges (Deut 7:3; Jos 23:12; Esra 9:14). Tog is daar ʼnduidelike erkenning van elke nasie se bestaanreg en “redemptive purpose”. Uit een mens het Hy elke nasie van die mensdom gemaak, om oor die hele aarde te woon. Hy het die tye van hulle bestaan bepaal, en die grense van hulle blyplek. God se doel met die nasies was om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Nie dat Hy ver van enigeen van ons af is nie. Dis tog juis deur Hóm dat ons leef, beweeg en bestaan (Hand 17:26-28). Die Bybel getuig regdeur die skrif van gemeenskappe van “mutuality” (onderlinge wederkerigheid en samewerking; goeie buurmanskap). Wanneer ons as ʼngemeenskap volwasse genoeg geword het om ons verskille juis te gebruik en te ontgin vir die gemeenskaplike beswil, binne die raamwerk van menswaardigheid en persoonlike verantwoordelikheid, word ons almal voorspoedig.

Binne en buite / In en uit

Die Bybel se definisie van reg en verkeerd, diéwat regverdig is en diéwat veroordeel word, strek verder as net dade en lewenstyl. Daar is ʼndefinitiewe IN- en BUITE-narratief wanneer dit gaan oor God se verlossingsplan met die mens. Die tuin van Eden, die Ark, die Rooi See, die besnydenis, die bruilof, die maagde, die skape teenoor die bokke, is almal deel van die binne- en besliste buite-narratief. Gehoorsaamheid uit die geloof en, volgens die NT, die besliste vraag, “Is jy beklee met Jesus se geregtigheid?”, is die duidelike voorwaarde tot insluiting. Die wat BINNE is, vorm een familie, liggaam, kerk, bruid, Sion en nuwe Jerusalem. Die insluiting gebeur deur wedergeboorte, deur die geloof in Christus se volkome versoeningswerk aan die kruis. Daarom kan daar weliswaar net rassediversiteit IN die liggaam van Christus plaasvind omdat ons vanuit een Gees gebore is, en roep tot een Vader (Ef 4:1-8).

Wees onpartydig

(Lev 19:15 en Jak 2:4)

Kapitalisme en sosialisme

Daar is geen skrif in die Bybel waar armoede die gevolg is van eksterne faktore nie. Armoede is die gevolg van twee hoofredes: luiheid (Spr 6:6-11; 10:4-5; 12:24; 22:13; 26:14) en

hebsug, gierigheid, inhaligheid (Spr 15:27; 28:8,25; 29:4).

Nie kapitalisme of sosialisme hanteer die kernprobleem van hebsug, gulsigheid, begerigheid en inhaligheid of luiheid nie. Daarom is suiwer kapitalisme en sosialisme nie volhoubaar nie, en dit het nog nooit deur die geskiedenis gewerk nie. Die Bybelse model is: vergenoegdheid met kos en klere, werk wat tot seën vir die hele mensdom is, vrygewigheid, persoonlike verantwoordelikheid, en rentmeesterskap van dit wat vrylik ontvang is.

Die Bybel onderskryf dat ons sal woeker en dit wat ons ontvang het, sal vermeerder (Matt 25:15; Luk 19:11-28). Die Bybel is nie teen rykdom nie, maar vra dat rykdom gebruik sal word om goed te doen en die mensdom te dien (1 Tim 6:17-19; Jak 2:6-7; 5:1-5). Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?(1 Joh 3:17). Rykdom gaan jou nie in die hemel bring nie, en mens moenie jou vertroue in rykdom plaas nie. In Jeremia 17:5-6 sê God: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.

Sedert Karl Marx Das Kapitalgeskryf het, is baie aandag gegee aan die spesiale probleme van ekonomiese geregtigheid. Marx het dit as selfsprekend beskou dat die rykdom wat verkry word wanneer goedere verkoop word, net die arbeid van die een wat die goed vervaardig het moet vergoed. Marx het ook aangeneem dat mense oorspronklik alles gemeenskaplik besit het en daarom vereis verdelende regverdigheid dat die hele orde van privaatbesit, wat openbare eienaarskap van die materiaal en produksie betref, hersien word om te verseker dat die arbeider die volle vrug van sy arbeid ontvang.

Marx spreek egter nie die hart van die mens aan nie. Volgens George Orwell hou sosialiste nie eens van arm mense nie, want dan sou hulle die leefstyl van armoede aangegryp het soos sommige monnike en geestelike ghoeroes. Hulle is egter woedend teenoor rykes. Dwarsdeur Afrika is hierdie magstryd al hoeveel kere herhaal waar bestaande rykdom net hande verruil, maar nuwe rykdom nie geskep word nie. [2]

Werk is ʼngawe van God

Werk is nie ʼnstraf nie, maar ʼnmanier om persoonlik tot seën vir die mensdom te wees. Werkvervulling is die fontein van selfwaarde, identiteit, trots, gesondheid en algemene welgesteldheid. Elke Joodse kind word van kleins af geleer om te werk en iets te verrig wat die wêreld ʼnbeter plek sal maak. Die Nobelprys is al aan 900 individue oorhandig, waarvan 20% Jode was. Dit is merkwaardig as jy in ag neem dat die Jode net 2% van die wêreldbevolking uitmaak en al ʼnpaar keer amper uitgewis is deur hulle vyande. Wanneer mense hard werk is daar minder tyd vir booshede en verkeerd doen. ʼnMan en vrou wat saam hard werk het nie tyd vir buite-egtelike verhoudings nie. Werk is terapeuties. Dit laat jou bruikbaar en menswaardig voel. Ons is geskape om te skep en te heers en te vermenigvuldig (Gen 1:28).

Baie mense se verwagting en persepsie van werk is dat dit vleeslik, aards, sekulêr, teenoor-geestelik, ʼnstraf en vloek is. Tog, wanneer mense aftree en nie hoef te werk nie, dan werk hulle meer as ooit. Wanneer ons sterf dan sê ons “rus in vrede”, asof die persoon nooit in die ewigheid gaan werk nie. Jesus het vir 17 jaar gewerk voor Hy Sy voltydse bediening begin het. (Vanaf ouderdom 13 – 30.)

Soos ons Jesus volg, leer Hy ons Sy manier en beginsels om te leef. Hy skenk ons Sy genade en bewerk die vrug van die Gees in ons karakter. Ons morele kompas verander rigting: getrouheid, eerlikheid, waarheid, hou by jou woord, betaal elkeen wat hulle toekom, wees ’n goeie rentmeester, ens., word die nuwe werkswyse. Ons begin regeer! Romeine 5:17 –“reign in this life”. Ons oorwin ons swakhede, slegte gewoontes, verkeerde humeur, verslawings.

Die seën van God in ons lewe is nie geld en goud nie, maar die vermoë om te “reign in this life”. Sedert die eerste dag toe Jesus ons totale wese laat ontwaak het, word ons elke dag meer en meer soos Hy. Hy skenk ons die genade en bewerk in ons die wil en begeerte om soos Hy op te tree, selfs as ons nie altyd daarna voel nie.

Christus is God se liefdesgeskenk aan ons, maar Sy lewe en handeling in en deur ons is ons liefdesgeskenk aan God.

Die vrug van die Gees is Jesus se karakter en gesindheid in ons, ons onverganklike rykdom en waarde: liefde (Love), vreugde (Joy), vrede (Peace), geduld (Longsuffering), nederigheid (Gentleness), goedheid (Goodness), geloof (Faith), ootmoed (Meekness) en selfbeheersing (Temperance).

Moenie rykdom moraliseer of kriminaliseer nie.

Deur rykes meer te belas, ontmoedig jy winsgewendheid. Deur die rykes te dreig, jaag jy hulle weg en skep vrees. Die suurstof wat ʼnekonomie nodig het om te floreer is geloof. Jy kan nie die ekonomie bevry deur dreigemente en geweld nie, dit skep vrees, en vrees is sleg vir die ekonomie. Geloof kan nie bestaan in die aanwesigheid van vrees nie. Vrees vernietig geloof. Dit is wat markte in duie laat stort.

Bybelse regverdigheid in die ekonomie:

  • Aanspreeklikheid en regverdige straf.
  • Regverdige beloning vir werk en dienste (Luk 10:7; 1 Tim 5:18). Betaal jou mense wat reg is (Kol 4:1).
  • ALMAL moet werk skep en waarde toevoeg.
  • Sferiese leierskapstrukture, funksionele, wedersydse en wederkerige diens aan mekaar.
  • Beskerming van inherente waarde. Elke mens is geskape na die beeld van God (Gen 1:27).
  • Deurlopende beleggings in mense-kapitaal en sosiale kapitaal. (Maatskappye wat in hulle mense en hulle gemeenskappe belê behoort ʼnverdere aanmoediging, aansporing en dryfveer te verkry in terme van belastingrabatte en BEE-graderings wat nog meer fondse ontsluit.)
  • Onbeskaamd etiese werkspraktyk. Doen reg in besigheid (Lev 19:36; Deut 25:15; Eseg 18:8, 9). A righteous man walks in His integrity(Spr 20:7). Individuele karakter en hoë morele standaarde is ons getuienis.
  • Dit is die Kerk se rol om die ongelyke wegspringplek tussen individue en groeperinge uit te skakel. Elke persoon behoort dieselfde soewereine wegtrek-geleentheid te hê in terme van familie en opvoeding. Ons kan nie kies wie ons ouers is nie, ons kan nie ons ras of kleur kies nie. Ons is so gebore. Ons kan ook nie ons verskillende inherente fisiese en intellektuele vermoëns kies nie. Ons kan dit net verder ontwikkel. Die Kerk is geroep om die mens te ontwikkel en te bemagtig, besighede is geroep om ʼnseën te wees vir die mensdom en derhalwe wins te maak. Die Kerk bied goeie, hardwerkende mense van sterk karakter. Die besighede bied die finansies.
  • Die regering se rol is nie die van ouer en opvoeder nie. Primêre opvoeders is die ouers, die kerk en dan die skool. Die regering se rol is om deur goeie regering platforms, infrastruktuur en hulpbronne te skep en te beskerm waardeur mense hulleself kan laat geld. Beskerming deur wetstoepassing is die primêre rol van die regering, sonder vooroordeel.
  • ʼnRegverdige sorg vir sy diere (Spr 12:10).
  • ʼnRegverdige haat leuens (Spr 13:5).
  • ʼnRegverdige laat ʼnerflating vir sy kinders (Spr 13:22).

WAT IS BYBELSE REGVERDIGHEID?

Die HERE verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe (Miga 6:8).

Liefde en trou sal mekaar ontmoet. Regverdigheid en vrede sal mekaar omhels! Waarheid sal uit die aarde ontspring, en geregtigheid uit die hemel. Die HERE sal voorspoed gee, en ons land sal oeste oplewer. Regverdigheid sal Hom vooruit gaan en vir sy koms die weg berei(Ps 85:11-13).

Laat Ek vir julle sê hoekom! Dis omdat julle op vasdae doen wat julle wil, en die mense in julle diens nog harder laat werk. Julle vas eindig in twis, rusie en vuisgevegte. Op hierdie manier kan julle nie vas en dan verwag dat dit in die hemel gehoor sal word nie(Jes 58:3-4).

Nee, is die vas wat Ek wil hê, dan nie: om mense wat onregverdig in die tronk is, vry te laat,

om die juk van mense af te haal en elke juk te breek nie? Is dit nie om jou kos te deel

met dié wat honger is, om aan die arme en swerwer kos en blyplek te gee, om klere te gee vir mense wat dit nodig het, om nie weg te draai van medemense wat jou hulp nodig het nie? (Jes 58:6-7).

Moenie agter die meerderheid aangaan en ook verkeerd doen nie. Wanneer jy in ’n hofsaak getuig, moet jy nie agter die meerderheid aanhardloop en die waarheid verdraai nie. Jy mag ook nie jou getuienis verdraai ter wille van iemand net omdat hy of sy arm is nie (Eks 23:23).

Jy mag ook nie in ’n hofsaak die reg verdraai bloot net omdat iemand arm is nie (Eks 23:6).

Gebruik die regte gewigte en maatbakke sodat jy ’n lang lewe mag geniet in die land wat die HERE jou God vir jou gee. Mense wat met oneerlike gewigte en maatbakke kul, is veragtelik vir die HERE jou God(Deut 25:15-16).

Goddelose plek, moet Ek die verkeerde maatlyn bly verdra, of die vals inhoudsmaat wat Ek so haat? 11 Moet Ek die eienaar van ’n onbetroubare weegskaal vryspreek, een met ’n sak vol vals gewigte? (Miga 6:10-11).

Want die HERE is regverdig en het regverdige dade lief. Hulle wat doen wat reg is, sal Hom sien (Ps 11:7).

Respekteer owerhede: Onderwerp jou aan gesag (Rom 13:1-7; 1 Pet 2:13-17).

In al die dorpe wat die Herejou God vir jou gee, moet regters en amptenare aangestel word. Hulle moet oor die hele land die volk regverdig regeer. Jy mag nie die reg verdraai of partydig wees nie. Moet nooit ’n omkoopgeskenk aanvaar nie, want omkoopgeskenke verblind die oë van wyse mense en verdraai die woorde van die regverdige. Laat geregtigheid geskied en geregtigheid alleen. So sal jy bly lewe en die land in besit neem wat die Herejou God vir jou gee (Deut 16:18-20).

JULLE vermoei die Here met julle woorde. Nogtans vra julle: Waarmee vermoei ons Hom? Deurdat julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van die Here, en in hulle het Hy ’n behae; of waar is anders die God van die reg? (Mal 2:17).

RADIKALE GEREGTIGHEID

Romeine 3:23-16.

As julle geregtigheid nie meer is as die van die skrifgeleerdes en Fariseers nie(Matt 5:20). Op die meetstok van geregtigheid was hulle heel bo aan die lys. Tog soek God ʼnmeer radikale geregtigheid. Die ryk jong man het alles in die Wet onderhou, nogtans kon hy nie die Here gehoorsaam en glo nie (Matt 19:16-22). Jesus is perfekte radikale geregtigheid. Hy het sonde en dood oorwin, Hy genees alle siektes, en duiwels gehoorsaam Hom. Hy wil ons ook bekragtig met Sy bonatuurlike geregtigheid (Jes 45:24). Jesus is ons vrymaking, wysheid van God en regverdigheid (1 Kor 1:30). Geregtigheid beteken godsaligheid teenoor goddeloosheid. Reg teenoor onreg. Wanneer ons dus Sy geregtigheid ontvang, verkry ons Sy goddelike natuur (Rom 5:21; 2 Pet 1:4). Hierdie heerlikheid is nou permanent en nie tydelik van aard nie (2 Kor 3:9-18).

Jesus het mense genees van siektes wat deur die mense as God se oordeel beskou is, en daarom is mense verstoot en as te ware in kwarantyn gehou. Melaatsheid, bloedvloeiing en blindheid. Die bevryding van demone kan ook in die dieselfde lig gesien word. Demoniese verdrukking is gesien as God se straf vir verkeerde dade en omdat jy jouself besoedel het met die bose. (Die aanrakingswette.)

Die geregtigheid wat Jesus preek, is versoening met jou naaste, teen kontrakbreuk t.o.v. egskeiding, jou woord is jou woord, en oneweredige skale.

REGTE EN VERKEERDE OORDEEL

Bestudeer Matteus 7:1-6; Lukas 6:37-38, 41-42. ʼnDeel van die probleem is dat, al het ons die beste planne en wette in die wêreld, die mens ʼngeneigdheid na sonde, gebrokenheid en selfvernietiging het. Soos Billy Graham sê: “Die mens met al sy moderne uitvindsels, kon nog nie die morele sonde-probleem van die mens oplos nie.” “The depravity of mankind is the most undeniable empirical fact, but intellectually most resisted” –Ravi Zacharias. Selfs die selferkende ateïs en vorige president van American Psychology, Hobart Mowrer (January 23, 1907 – June 20, 1982), erken dat deur die mens se verdorwenheid as siekte toe te reken, ons ten diepste die mens onthef van aanspreeklikheid. Mense wat nie aanspreeklik of verantwoordbaar is nie, voel hulleself geregtig, “entitled”, om met die sondepad van verwoesting voort te gaan.

Daarom kan ons nie oor Jesus se geregtigheid praat sonder om oor Sy oordeel te praat nie.

Toekomstige oordeel:

Alhoewel Jesus nie gekom het om te oordeel terwyl HY op aarde is nie (Joh 3:17; Joh 5:18-29), kom daar wel ʼnbaie duidelike oordeel in die hiernamaals. Toekomstige oordeel – 1 Kor 3:8-16; 2 Kor 5:10; Wit-troon-oordeel, Op 4:10-11.

Jesus waarsku dat daar definitiewe gevolge is indien die mens Hom verwerp: Hulle sal in die buitenste duisternis gewerp word (Matt 8:12; 22:13; 25:30), asook die hel (Matt 5:22; 29; 30; 10:28; 22:13; 23:33; 25:30; 2 Pet 2:4).

Huidige oordeel

Oordeel word meestal in ʼn negatiewe lig gesien. Ons konnotasie met die woord bring ander woorde tot ons gedagtes: finaliteit, verwerping, afskryf, verwydering, straf en hel. Ons weet ook dat ons dit nie moet doen nie … maar tog doen ons almal dit selfs sonder dat ons weet. Skinder is ʼn vorm van oordeel, want ek het alreeds ʼn waarheid/oordeel oor iemand gevorm sonder dat die persoon ooit die geleentheid gekry het om hulleself te verdedig. Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Die wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ʼndader van die wet nie, maar ʼnregter(Jak 4:11).

Spreek die waarheid in liefde: Efesiërs 4:15.

Die wat daarvoor veg om nie te oordeel nie, oordeel die wat oordeel.

Die grootste rede waarom die kerk sy stem verloor het om ʼn morele kompas vir die wêreld te wees, is omdat ons nie eenstemmigheid het oor dissipline en oordeel nie. Ouers verloor ook op dieselfde wyse hulle gesag oor hulle kinders wanneer die een sag is en die ander hard, en later baklei hulle met mekaar oor die dissipline-proses. Dit verwar die kind. Tog is die Skrif duidelik oor die saak: Ons moet net eers ons eie voorbehoude en opinies uit die weg ruim. Soms is ons negatiewe perspektief oor dissipline ons eie subjektiewe seerkry-ervarings waarvoor ons nog nie genesing gekry het nie.

Maar wat is oordeel nou eintlik?

Uiteindelik is ons aardse oordeel net ʼn beoordeling en nie ware oordeel nie. Uiteindelik is God die enigste Een wat oor ons almal gaan oordeel. Maar ek kies om God se oordele in my lewe nie te verontagsaam nie (Ps 119:4, 15, 27, 40, 45, 56, 63, 69, 104, 128, 134, 173). Dis beter om eerder nou geoordeel te word terwyl ons almal nog ʼn kans het om reg te maak, as die ewige oordeel en ewige straf. Geen straf is sonder ʼn mate van oordeel nie. Daarom voel die persoon veroordeel. Oordeel en straf is onlosmaaklik deel van mekaar. ʼn Ouer wat sy kind die heeltyd waarsku maar nooit sover kom om sy kind te straf nie, verloor gesag in daardie kind se lewe.

Die kerk se straf en oordeel is die van ʼn mens en tydelik. 

Byvoorbeeld: Die uitdeel van die straf (1 Kor 5:1-13) en die herstelproses as die persoon hulle bekeer (2 Kor 2:3-11).

Wanneer God finaal straf is daar geen uitkomkans nie. Dan is daar nie meer kans vir bekering nie. Menslike straf is altyd met die hoop op herstel en bekering! Wanneer die hele Christenkerk in eenheid kan kom met God se prosesse in ons lewens, kan ons meewerk tot genesing en herstel.

Dink gou aan die volgende scenario: Jou beste vriend kom vertel jou in die geheim, en neem jou in sy vertroue, dat hy op pad is om moord te pleeg. Hoe sal jy dit hanteer? Gaan jy hom paai en hom barmhartig wees? Gaan jy sy sonde toe maak? Of gaan jy bereid wees om ʼn vriend te verloor om ʼn lewe te red? Hoe ondersteun jy ʼn vermeende moordenaar sonder om ʼn medepligtige te word? Hoekom verbreek jy kontak? Hoekom gee jy jou vriend oor aan die gereg? Want uiteindelik wil jy hom/haar red van doodstraf en jy wil ook die persoon red wat hy/sy wil vermoor.

Regte oordeel

Die kwessie is nie óf ons moet oordeel nie, maar hóéons moet oordeel. Daar is net twee tipes oordeel: regte oordeel en verkeerde oordeel. Om iemand te oordeel sonder dat jy al die feite het, betrokke is by die saak en eerstehandse getuienis het, is soos om jouself regter oor ʼn saak te maak en die saak het nooit voorgekom nie. Regte oordeel is wanneer ons ʼn saak en persoon direk konfronteer en na ʼn proses tot ʼn beslissing kom.

Verkeerde oordeel

Verkeerde oordeel gebeur wanneer ons iemand anders se gesag en hantering oordeel wat nie aan ons gegee is nie. Soos om ʼn pa wat sy kind straf te oordeel bloot omdat ek nie van dissipline hou nie. Jy is nie betrokke in die verhouding en geskiedenis van ʼn saak nie. Paulus verduidelik dat ons nie iemand anders se hantering van sy dienskneg kan oordeel nie (Rom 14:4). Kerke is soos gesinne en families –wanneer ʼn sekere kerk een van sy familielede korrigeer en aanspreek, moet ander kerke die proses respekteer.

Wanneer ons iemand wat onder dissipline is jammer kry en simpatiseer, misken ons die agent wat verandering en redding in daardie persoon se lewe moet bring. Dan begin die oortreder fokus op die sogenaamde verkeerde strafproses sonder om die oorsaak van die straf te hanteer. Soos ʼn ma, kan so ʼn persoon liefde wys maar nie die straf in twyfel trek nie. Versterk eerder die proses en lei die persoon met sagtheid om hulle fout raak te sien. As almal saamwerk in die strafproses, is daar nie dubbele standaarde en onsekerheid nie. Elkeen kan op verskillende wyses hulle onderskeie gawes gebruik om so ʼn persoon te help om tot hulle sinne te kom. Die herder troos, maar is ferm om nie op die pak te fokus nie maar om die oorsprong van die sonde te vind. Die profeet vermaan oor komende oordeel. Die apostel spreek die saak prakties en direk aan, denkende aan die invloed wat sonde op die groter liggaam het. Die evangelis wys daarop dat so ʼn persoon hul invloed as getuie verloor. Die leraar wys op die skrifte en God se hart en hantering van die saak. Indien elkeen hulle rol in die restourasieproses verstaan, is die kans dat so ʼn persoon gered kan word mos soveel groter. En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is(Judas 21-23).

Ons kan nie vanuit ʼn toeskouerrol oordeel, veroordeel en straf toepas nie. Jy moet betrokke wees en as te ware lisensie/gesag/mandaat hê, aangestel wees, om te oordeel. Is die saak aan jou gegee? Almal het ʼn opinie oor ʼn saak, maar Bybelse oordeel soek altyd een uitkoms: Redding! Selfs toe Paulus die sonde van ʼn gemeentelid in Korinte geoordeel het, was dit met dié doel in gedagte: Om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, SODAT DIE GEES GERED KAN WORD IN DIE DAG VAN DIE HERE JESUS(1 Kor 5:5).

Soos ʼn pa sy kind straf en ʼn pakslae gee om hom te red van onheil, so word oordeel gebruik as ʼn laaste uitweg om iemand tot sy/haar sinne te bring. Dit is vir die ouer geensins aangenaam om sy/haar kind te straf nie, inteendeel, dis soms traumaties. Maar juis omdat ons ons kinders liefhet, en wil voorkom dat hulle in dwaasheid en in rebellie tot hul einde kom, straf ons ons kinders (Heb 12:5-11).

Dis tog algemene professionele praktyk om nie mekaar se sake te bespreek en opinies daaroor te lewer alvorens ek nie aangestel is en al die feite voor my het nie.

Jy kan nie oordeel sonder dat jy die Bybelse pad met iemand gestap het nie.EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar(Matt 18:15-17).

Vinnige oordeel is nooit goed nie. Gee dit tyd en stap die pad van dissipline uit. Die uitsondering is wanneer mens regtig deur die Heilige Gees gelei word, soos toe Paulus die waarsêergees in ʼnvrou bestraf het (Hand 16:18). Maar dit het tot haar vrymaking gelei. Jy beplan dit nie, en die saak wat jy oordeel het niks met jou as persoon te make nie. Dis die Heilige Gees wat deur jou werk om orde in die kerk te bring (1 Tim 5:20; 4:2; Tit 1:13; 2:15).

Wanneer jy iemand bestraf of berispe (rebuke), is dit korrek omdat dit direkte konfrontasie is. Jesus se styl van bediening was direk, nooit met ompaaie en mooipraatjies nie. Ek glo dat as ons selfvernietigende gedrag reguit konfronteer en sake reguit met mekaar uitpraat, daar baie meer vrede in die huis van die Here sal wees. Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom(Luk 17:3).

Ons is soms so bang vir konflik en om iemand te na te kom dat ons nie besef dat ons stilswye op die ou end baie meer skade veroorsaak nie.

Lees Matteus 23:1-31. Jesus spreek Hom uit teen die Fariseërs en skrifgeleerdes. Hy maak baie kras en harde uitsprake: Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, blinde leiers, dwase, gewitte grafte, slange, addergeslag!Die feit is: Dit is die waarheid. Jesus voeg nie by of oordryf nie. Hy sê dit presies soos dit is. Hy maak ook nie die oordeel as reaksie uit bitterheid of omdat hulle Hom nie ontvang nie. Enige kind ontvang sy pak wanneer hy weet hy was verkeerd. Wanneer hulle egter onregverdig of onskuldig gestraf word, maak dit hulle opstandig. Daarom is dit so belangrik om nie te vinnig ʼn oordeel te vel nie. Kry eers al die tersaaklike inligting voor jy oordeel en konfronteer. Wanneer jy iemand konfronteer, werk net met eerstehandse inligting en dit wat die Heilige Gees aan jou openbaar.

Om nie regte oordeel toe te pas nie, het gevolge:

Sou ons as kerk nie die sonde in ons midde oordeel en hanteer nie, word die hele gemeente uiteindelik besoedel met die sonde. Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ʼnbietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? (1 Kor 5:6).

Die laaste uitweg wat niemand graag wil doen nie:

Om iemand vir wie jy eens lief was te vermy en die verhouding te verbreek oor sonde, is geen maklike taak nie. Hierdie hantering van die verkeerde druis regstreeks in teen populêre opinie en die gees van die wêreld. Tog is dissiplinêre optrede alledaags in die werksplek. Wat laat ons dink dat dissipline nie ook in die kerk geld nie? Toe priesters hulle skuldig gemaak het aan seksuele misdrywe, wou ons nie graag hê dat daar opgetree word teen hierdie individue nie? Die oordeel hoef nie in gevangenisstraf te eindig nie, maar die verkeerde moet aangespreek en hanteer word.

Die Bybel is baie duidelik daaroor dat ons mense wat hulle skuldig maak aan die volgende oortredings uit ons gemeenskap moet verwyder, hulle soos heidene moet behandel, nie saam met hulle moet kuier of eet nie.

1 Kor 5:11-13: hoereerders, gierigaards of rowers of afgodedienaars;

Rom 16:17: wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het;

Tit 3:10-11: ʼnman wat tweedrag verwek;

2 Tess 3:6: wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie;

2 Tess 3:14-15: iemand wat aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie;

1 Tim 6:3-5:3: as iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie;

Tit 1:10-11: wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is.

Soos met enige vorm van straf is daar bitter min mense wat hulle sonde onmiddellik erken en bereid is om dit reguit en eerlik in die oë te kyk en ʼn pad van restourasie te soek.

Tog is dit die enigste pad. Hoeveel huwelike het misluk en die partye het nog steeds nie ʼn benul van wat verkeerd gegaan het nie? So stap ons met ons foute en tekortkominge van die een verhouding na die ander. Daar vind nie groei plaas nie, want ons regverdig onsself verkeerd, ons verskuif die blaam en ons is nie eerlik met onsself nie.

Wanneer die Kerk iemand tugtig is daar vele uitroepe wat sê: Wie is julle om te oordeel? Het julle nie ook sonde nie? Is alle sonde nie dieselfde nie? Daar is ʼn reuseverskil tussen mense wat deur die geloof en Sy genade deurentyd wegstap van sonde, en diegene wat doelbewus en vasberade hulle oorgee aan sonde. Al het ons die grootste moontlike sonde gedoen, kan ons met ons sonde na die troon van genade kom en vergifnis ontvang (Heb 4:14-16). As ons sonde bely is Hy getrou … om ons te vergewe (1 Pet 1:9). Vir die vrou wat op heterdaad betrap is in haar sonde, was daar genade. Jesus se woorde, “Gaan en sondig nie meer nie”, was haar uitkomskaart na ʼn nuwe lewe. Sou sy egter nie gehoor gee nie en terugdraai na sonde, sal sy nie aan oordeel ontkom nie. Wanneer ons as Kerk sonde oordeel, sê ons nie ons is sonder sonde nie. Inteendeel, die lig van God skyn tydens oordeel op almal se harte, en ons buig almal ons harte na die Here om ons te ondersoek. Ons tree nie uit hoogmoed op en oordeel nie. Ons verneder onsself voor die Here en laat juis toe dat Hy ons was. Ons staan inderwaarheid almal onder die Here se oordeel. Die Kerk is net die Here se stem.

Is dit dan nie die Kerk se verantwoordelikheid om mense te vertel van God se genade EN oordeel nie? Ons sal mos nie die waarheid praat as ons net die een kant verkondig en swyg oor die ander nie?

Jesus waarsku die Fariseërs teen komende oordeel oor hulle valsheid (Matt 23:14). Laster teen die heilige Gees sal nie vergewe word nie (Mark 3:29). Dit sal op die oordeelsdag draagliker wees vir Tirus en Sidon as vir diéwat Hom nie ontvang het nie (Luk 10:14). En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. Die wat glo en doen sal die oordeel vryspring wat kom oor die hele aarde (Joh 5:24).

Die voordele om dissipline en korreksie te ontvang:

(Gal 6:1.) Oordeel herstel in ʼn groot mate die vrees van die Here in ʼn huis. Net soos met enige familie, bring dit orde in die hele huis wanneer die pa ʼn sekere kind straf. Almal is sommer meer bewus van reg doen en reg leef. Paulus vertel dat hy sekere dinge gely het ter wille van die liggaam (Kol 1:24). Soms is een se korreksie ʼn geleentheid vir die wat nog wik en weeg om tot inkeer te kom. Daarom moet sekere sondes, soos Dawid se owerspel, oopgemaak word sodat ons vandag nog kan leer uit sy foute.

Wanneer mens korreksie ontvang, bespoedig dit die prosesse van God in jou lewe. Ons kan nie onsself verander nie, maar een van God se agente van verandering is korreksie (Heb 12:8). Deur dit te weier en aan te hou om jouself te regverdig, kan keer dat die verandering wat in jou nodig is plaasvind (Heb 12:8). Jou smaak bly dieselfde (Jer 48:11). God het ons genesing en herstel, ons restourasie, in gedagte sodat ons uiteindelik volkome in Christus sal wees en Hy volkome in ons (Kol 1:27).

Nog nooit was ons meer in gebed, meer voor die Here se lig en oë op ons lewens nie. Almal se harte word ontbloot by die straf van sonde. Mag die Here ons almal genadig wees en genade skenk sodat ons goddelike berou sal ontvang en wegdraai van dit wat sleg en verkeerd is (2 Kor 7:7-10).

[1]Phillips. Trevor, confronts some uncomfortable truths about racial stereotypes, as he asks if attempts to improve equality have led to serious unwanted negative consequences. https://www.youtube.com/watch?v=Tb2iFikOwYU&t=3334s

[2]Africa, altered states, ordinary miracles. Richard Dowden. Africa has been Richard Dowden’s life: from the formative experience as a young volunteer teacher in Uganda, to Africa Editor at the Economist, through to his current role as director of the Royal African Society. Africa has been fighting and competing to overtake the same palace, and never pursued building new ones.

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus en die Vaderhart van God.

Van die 989 318 babas wat in 2018 in SA gebore is, het 61,7% geen inligting van die vader op hulle geboortesertifikaat nie. Volgens die Geesteswetenskaplike Navorsingsraad word 64% van die kinders nie by hulle biologiese ouers groot nie. Statistiek SA verklaar dat daar volgens die 2016-sensus 21 890 600 kinders onder 19 jaar in Suid Afrika is. Dis 39% van ons bevolking van 55 653 654 mense. Daar bestaan oorweldigende studies dat vaderloosheid die belangrikste bydraende faktor is by selfmoord, verkragting, gedragsprobleme, afwesigheid, geweldsmisdaad en algemene misdaad.

Vrouens word swanger gemaak deur mans, in plaas van vaders.

Die Goeie Nuus-evangelie spreek hierdie probleem direk aan in woord, voorbeeld en daad. 

Die openbaarmaking van Jesus is die openbaring van die hart van die Vader. Jesus se hele bediening was daarop gerig om die Vader te verheerlik (Joh 4:34; 5:30; 14:13).

 

En deur die eeue roep Hy ons as Sy kinders om die Vader te verheerlik:

Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik(Matt 5:16).

Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees(Joh 15:8).

Dit is duidelik dat ons die Vader die meeste verheerlik wanneer ons Sy wil doen, Sy vrug dra en doen wat reg is!

 

Hierdie regdoen en regleef is egter gegrondves in ons fokus op Christus, en Hy openbaar die hart en wil van die Vader. Jesus is die perfekte wil van die Vader. Hoe meer ons soos Jesus klink, doen en leef, hoe meer word die Vader deur ons verheerlik. Dit is die vrug van ʼnJesus-gesentreerde lewe – ons openbaar Sy hart en wil – Jesus!

Een van die eerste openbarings van Jesus is dat Hy God “Vader” noem. Hierdie aanspreekvorm moes aardbewings in die geesteswêreld veroorsaak het, want die Jode het ʼngroot saak gemaak van hoe jy God aanspreek. God se primêre naam is nooit uitgespreek nie: Jhwh – Jahweh. Die vrees was om nooit God se naam ydellik te gebruik nie. Die idee dat God die Vader is, was nie die probleem nie maar die feit dat iemand God direk as Vader kan aanspreek, was ongehoord.

Deur die Bybel is die begrip van “God as Vader” redelik algemeen, maar tog is daar net 15 direkte verwysings na die benaming “Vader”. Die begrip en verstaan van die vaderskapsrol van God neem ʼndramatiese wending met Jesus, want “Vader” was Sy gunsteling term vir die aanspreek van God. In die Sinoptiese Evangelies sêHy dit 65 keer en in Johannes meer as 100 keer. Die intieme Aramese woord vir vader of pappa, kom drie keer in die NT voor (Mark 14:36; Rom 8:15-16; Gal 4:6).

God se interaksie met die mens en die grondlegging van die geloof begin met Abraham en die belofte van vaderskap. Dan die God van Abraham, Isak en Jakob. Die rol van die vader staan dus sentraal tot ons geloof. Die vader bepaal as te ware die pad en rigting waarin die familie loop. Die chaos in ons wêreld van vandag kan in ʼngroot mate toegeskryf word aan die afwesigheid van vaders.

Ons moet nie ons heil soek in aardse vaders nie. 

Daar is ʼnrede hoekom aardse vaders ons faal: God wil ons eerstens herenig met ons hemelse Vader. Gevolglik word ons gedrag en optrede natuurlik bepaal deur ons hemelse Vader. Ons kry ons DNS van die Vader (1 Joh 3:9). Ons is uit Hom gebore (Joh 3:4-5) deur onverganklike saad (1 Pet 1:23). Ons ken die Vader en Sy weë(1 Joh 2:13). Aardse vaders is beperk in hulle voorsiening van die volheid van ʼnVader. Daarom moet ons nie ons vertroue op mense stel nie (Ps 118:8-9). Goeie aardse vaders rig ons om God die Vader raak te sien en van Hom afhanklik te wees.

Let op die vermaning in Matteus 23:9: Moet niemand hier op aarde as “vader” aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel!Sekerlik bepaal ons siening en ervaring van ons aardse vaders hoe ons God sien en beleef. Maar ons moenie dat dit ons langer gevange hou nie. Geen aardse vader, biologies of geestelik, kan God vervang of aan Hom gelyk gestel word nie. Hulle swakheid en onvolkomenheid moet ons juis oortuig om na God te kyk as ons Vader.

Dis primêr waarom Christus gekom het –om deur Sy geregtigheid aan ons die geskenk van kindskap en toegang tot God te gee sodat ons Hom kan ken as Vader. Hoe meer God as Vader vir jou ʼnwerklikheid word, hoe meer sal Hy jou laat opgroei in volwassenheid en die vervulling van Sy wil. Jesus, die Seun van die mens, het vir ons gewys hoe om dit te doen. Hy was geheel en al aangewese op die Vader.

Die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so. Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het(Joh 5:19-20, 30).

Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het(Joh 6:38).

Uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is(Joh 8:28).

Die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek(Joh 12:49).

Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het. Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het(Joh 14:10, 24, 31).

Die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig(Joh 16:13).

Nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil(Matt 26:39).

Al die NT-teksverse waar God as Vader voorkom, verwys na ons verhouding en verbondenheid met Hom. God se koninkryk is ʼnfamilie. Daar is ʼnonbybelse fokus op God as ons “lover”, maar ken jy Hom as Vader? Vader impliseer dissipline en grootword na volwassenheid. Die Vader bepaal die eindbestemming se pad waarop kinders loop. Soveel mense het nie rigting nie, want hulle ken nie die Vader nie. Kan ons die Vader vertrou? Want Sy weëis nie ons weënie. Jesaja 55:8 sêHy is nie ons gelyke nie, tog is Hy naby ons.  Die feit dat ons God Almagtig soos ʼnkind mag Pappa noem, spreek van die kinderlike vertroue en band wat ons met die Vader het.

Die Vader bepaal ook die protokol en wyse waarop gesinslede teenoor mekaar optree. Die Vader se hart word uiteindelik die hart van die familie. Skeiding en verdeeldheid kom in die kerk as ons ons vasmaak aan aardse vaders se harte. Veral as die vaders hulle eie koninkryk bou (1 Kor 15:24). God is die opperste regering. Selfs aardse vaders is ondergeskik aan Sy regering. Ware volwasse vaders wat hulleself verloën, leef onder God se gesag en heerskappy. Hulle openbaar dan ook dieselfde hart as die Vader (1 Kor 4:15).

Daarom die waarskuwing aan aardse vaders om nie oor hulle kinders te heers om hulle te breek nie (Ef 6:4 en Kol 3:21). God die Vader se hart vir ons is wasdom en volwassenheid in Christus (Gal 4:19). Aardse vaders wil hulle kinders klein en afhanklik hou om hulle te kan gebruik tot die vader se voordeel.

IN Jesus skenk Hy ware kindskap direk met die Vader.

Ons is uit Hom gebore:

Ons ontvang ʼnnuwe DNS: Ons is uit God gebore, gewederbaar as nuwe skepsel vanuit Sy saad (1 Pet 1:23; 1 Joh 3:9; Joh 3:1-10; 2 Kor 5:17). Ons kan dus nie probeer of daarna strewe om meer soos Sy kinders te probeer wees nie. Ons is Sy kinders of nie. Ons het Sy kinders geword, nie deur werke nie, maar deur ons geloof (Rom 4:5) en Sy groot genade (Ef 2:8). Sien Joh 1:12.

Hy antwoord ons gebede:

En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen(Joh 14:13-14).

Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee(Joh 15:16).

En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees(Joh 16:23-24).

Ons het vrymoedigheid en toegang tot die Vader:

Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op ‘n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ‘n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het(Heb 10:19-23).

Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is (Rom 8:14-16).

Erfgename:

Ons is saam met Christus mede-erfgename van die heerlikheid en genade van God (Gal 4:1-7 en Rom 9:15-17). Mens kan net jou erfporsie toe-eien wanneer die testateur dood is. Jesus het gesterwe, en weer opgestaan! Ons het dus deel aan die erfporsie en deel aan die persoon! Hierdie erfporsie se kern lê in die werk van die Heilige Gees in ons, wat ons die vrymoedigheid gee om die God en Skepper van die heelal “Pappa” te noem.

En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid(Rom 8:17). Mag die Here ons geestelike oë oopmaak om hierdie ryk erfenis te kan toe-eien (Ef 1:17-23).

Nuwe bedryfstelsel:

Ware kinders van God leef volgens ʼngoddelike koninkryksbedryfstelsel. Omdat ons uit God gebore is, doen ons dinge anders as die kinders van die wêreld. Ons doen dinge in die teenoorgestelde gees, want ons het en is besig om aan self te sterf. Ons het ons vyande lief, ons seën die wat ons vloek, en ons bid vir die wat ons misbruik (Luk 6:35 en Matt 5:43-48).

Die leiding van die Heilige Gees:

Ware kinders van God laat hulle lei deur die Heilige Gees, hulle hoor self God se stem en leef daarvolgens. Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders (Rom  8:14). Jesus sê Sy voedsel is om die wil van die Vader te doen(Joh 4:34). Vir ons is daar geen ander lewe as om Hom te gehoorsaam in alles wat ons doen nie. Ek leef nie meer vir myself nie, daar is niks wat ek meer begeer of wil hê as om net Sy wil te doen nie.

Kindskap impliseer korreksie en tugtiging:

Ware kinders van God verwelkom korreksie. En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie(Heb 12:5-11).

As Sy kinders kan ons getuig dat ons satan oorwin.

Ware kinders van God kan getuig dat daar areas in hulle lewe is waar hulle satan se houvas oorwin het. Omdat julle sondes vergewe is, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar was, omdat julle die Bose oorwin het, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly.(1 Joh 2:12-14). Ons strewe is om uiteindelik soos Jesus te kan verklaar: Die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie(Joh 14:30).

Verbondenheid met die liggaam:

. . . totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde(Ef 4:13-16).

Die hart van die Vader:

Daar is ʼnduidelike biologiese, maar ook psigologiese onderskeid en verskil tussen man-wees en vrou-wees, en tussen vaderskap en moederskap. Die wêreld wil hierdie onderskeid vernietig. Maar God is die Skepper en Ontwerper. Hy weet wat Hy in ons geskep het. ʼnMa kan nie die rol van die pa heeltemal oorneem nie, en die pa ook nie diévan die ma nie. Die twee rolle komplementeer mekaar omdat die volheid van Christus nie in een rol vervul kan word nie. Die rol van die res van die familie is net so wesenlik belangrik.

Rol van die ma:

Maar ons was vriendelik onder julle soos ’n pleegmoeder haar kinders koester(1 Tess 2:7).

Rol van die pa:

. . . hoe ons, soos julle weet, net soos ’n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het(1 Tess 2:11-12).

Die voorbeelde waar Jesus verskillende vrouens “dogter” noem, is spesiaal en wys die hart van die Vader (Mark 5:34); dogtertjie (Luk 9:22).

Die vader is nie soos ons aardse vaders nie:

Vader God kan nooit vergelyk word met ons aardse vaders nie –Hy is ver beter, wyser, sterker en meer liefdevol.

As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra? (Matt 7:11).

Ons vaders het ons wel ʼnkort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel(Heb 12:10).

Afrigter tot volwassenheid:

Die rol van die Vader is tweeledig: bemagtiging, afrigting tot volwassenheid en beskerming. Daarom, toe Jesus sy volgelinge kies en hulle begin leer en afrig, sien ons die volgende afrigtingsformule herhaaldelik in Jesus se bediening.

  • Wys hoe.
  • Gaan doen jy dit.

Hierdie resep word mooi geïllustreer in Markus 6:35-44 waar Jesus vir hulle vra om die skare kos te gee. Maar Hy sê vir hulle: “Gee julle vir hulle iets om te eet.”Toe wys Hy hulle wat om te doen en Hy leer hulle die dieper waarheid (Joh 6:1-15).

Rites tot volwassenheid:

Die Joodse tradisie van Barmitswa is die gebruik dat kinders afgesonder word wanneer hulle die ouderdom van 13 bereik. Daar word dan vir hulle gebid, hulle kry sekere familie-erfskatte, en van dan af word hulle aanspreeklik gehou vir hulle dade. Die plaaslike gemeente behoort hierdie tipe beskerming vir hulle lidmate te bied sodat kinders deur die uitgebreide familie aangeneem word, en elke kind almal se kind word.

Die Vader kies nooit kant nie:

Jesus se onpartydigheid is baie duidelik. Hy behandel vrouens met dieselfde respek en gelykheid as die mans. Die Samaritaanse vrou by die put (Joh 4); die vrou wat aan bloed-vloeiing gely het (Matt 9:18-22, 32-33); die Griekse vrou wat van Siro-Fenisië afkomstig was (Mark 7:24-30). Die plek en rol van die vrou word herstel: Maria salf sy voete (Joh 12:1-8); ʼnvrou salf Jesus se voete (Matt 26:6-13; Mark 14:3).

Geen onderskeid tussen die werkgewer en werknemer nie: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen(Joh 13:16).

Selfs toe partyskappe voor Hom gebring word, maak Hy die veld oop: Die wat nie teen ons is nie is vir ons (Mark 9:38-40).

Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?”(Luk 12:13-14).

Die Vader GEE:

As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra(Luk 11:13).

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het. . . (Joh 3:16).

Die Vader se liefde is ondeurgrondelik:

Die eerste realisering van die hart van die Vader is Sy deurdringende, ondeurgrondelike liefde: Want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag(Ps 100:5).

God het almal lief. God het nie vyande nie, want Hy het dié wat rebelleer ook lief. Daar is niks mooier as wanneer iemand wat vasgevang is in die donkerste, afskuwelikste sonde, God se liefde ontmoet nie! Die verlore seun se storie is ʼngoeie voorbeeld van die Vader se liefde wat ewig vas staan en wag dat ons terugdraai na Hom toe!

Maar totdat ons terugdraai na Hom toe kan Sy liefde nie in ons volbring word nie. Ons wegdraai en aanhoudende wegstap het ongelukkig bittere gevolge omdat ons wegdraai en wegstap van die beskerming en ryke vervulling in Sy liefde.

God se liefde is ewig, maar wel voorwaardelik:

Hy het Sy Seun gegee; die wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie maar sal die ewige lewe hê.

Soos ʼnvader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien(Ps 103:13).

Liefde om te red, te genees en te bevry sodat ons Sy skeppingsdoel kan bereik (Rom 8:29). ʼnPa se hart juig wanneer hy sien sy kinders ontwikkel tot hulle volle potensiaal.

Ons wil so graag hoor en weet dat God ons liefhet, maar gaan voort om roekeloos ons eie hart te volg. Knowing that the goodness of God leads you to repentance(Rom 2:4).