Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Nederigheid is ‘n goddelike eienskap, want God self is die beste voorbeeld van nederigheid. (Phil 2:6-8) Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.
Sy voorbeeld wys ook wat Nederigheid is: Dis nie om mense se vloerlap te wees nie. Dit beteken nie om leeg en swak te wees nie. Inteendeel God het Homself arm gemaak om ons te kom dien. Ware goddelike nederigheid se oorsprong is die volheid van God in jou.  Nadat jy die geskenk van Sy geregtigheid ontvang het, die pêrel van groot waarde, (Mat 13:46) die goddelike vermoë om Sy kind te wees (Joh 1:12) dien jy die mense om jou vanuit Sy volheid. Verniet het ons ontvang verniet gee ons dit weer uit. (Mat 10:8)
Iemand wat God regtig ontmoet het en ken, kan nie anders as om nederig te wees nie.  Niemand kan voor God staan nie.  Arrogansie, trots, self-waan verdwyn soos mis voor die Son, wanneer ons voor Hom staan en Sy heerlikheid aanskou.  Daarom is gebed die eerste eienskap wat Daniel laat floreer het in Babilon, vanuit Sy intieme gebedslewe het nederigheid natuurlik gekom.
“Humility is having a true and sane estimation of yourself”
“Pride/arrogance is on overestimation of self and an underestimation of others.”
“Inferiority is an underestimation of self and an overestimation of others.”
Soos God, is dit ook belangrik dat jy uit jou eie uit jouself sal verneder. “Humble thyself” (James 4:10) Anders sal God jou verneder maar dit gaan nie mooi wees nie.
“God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade” (1Pet 5:6) Jesus wys ons ook dan om dienskneg te wees, en soms die werk te doen van die geringste soos voete was, ons nederig hou en ons voete stewig op die grond. John 13: 1–17 Deesdae is daar ‘n program op TV undercover Millionaire, waar die eienaars van besighede tot nuwe insigte kom wanneer hulle meng met die mense op grondvlak. “Associate with the humble” Rom  12:16 Hoeveel mense wat arm is, is vriende op jou selfoon, Facebook, en kuier jy gereeld met hulle? Dis waar Jesus sou gewees het, tussen die armes!
Daar is ook ‘n belofte is: As jy jouself verneder, sal God jou op die regte tydstip verhoog.  Dis
nie hoekom ons dit doen nie.  Ons is bereid om soos Paulus uitgegiet te word vir Sy heerlikheid, (Phil 2:17) ons beloning is die Here. “I am your shield, your exceedingly great
reward.” (Gen 15:1) Ons sien die belofte ‘n paar keer in vervulling kom in Daniel se lewe, maar die verhoging was ook tot God se eer.  Drie heidense Konings erken dat Daniel se God, die Ware God is.  (Daniel 2:47; 6:20; 10:12)
LEER VAN DANIEL HOE HY FLOREER IN BABILON DEUR NEDERIGHEID.
Daniel se nederigheid was nie ‘n onkenning en vervalsing van sy goeie hoedanighede nie. Hy was nie skaam oor wie hy wel was nie. Kyk hoe mooi beskryf Daniel homself en sy vriende:  Jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer Daniel 1:4 Nederigheid is die nugter en ware siening van wie ek is. Ons spog nie oor ons goeie hoedanighede nie. Self nie ons geestelike ervaringe nie. Paulus kies om eerder in sy swakhede te roem, as om te roem in die verruklike geestelike ervaring wat hy gehad het. (2 Cor 12:2-6) Mense soek aansien: Of deur studies en Grade, Posisies en aanstellings, hoeveel mense hulle ken, en wié hulle ken.  Jesus het self nie die eer en aansien van mense gesoek nie. (Joh 5:40) Nederigheid is nie ‘n swak selfbeeld en miskenning van wie ek is nie.  Nederigheid is ’n ware, juiste en goddelike estimasie en siening van self. Ons dink nie meer van onsself as wat ons behoort nie. (Rom 12:3) Hy wat sê hy iets is maar dit nie is nie mislei homself.  (Gal 6:3–4) Maar deur die genade van God is ek wat ek is (1 Cor 15:10)
Reg in die begin van Daniel se lewe in Babilon sien ons, hy was mooi opgevoed. Daniel 1: 8–16 “Daniel vra vergunning.” Dis ‘n duidelike bewys van sy hartgesindheid en toon sy nederigheid.  Hoe mooi is die eienskap nie? Kinders vra hulle ouers eers vergunning voor hulle iets gaan doen.  Dit wys respek en eerbied. Nederigheid is dus ‘n gesindheid van die hart.  Ondergeskiktes in die werksplek kan soveel verder kom, om hulle griewe in ‘n mooi gesindheid te kom bespreek met hulle werknemers. Gesindheid Wen! Wanneer jy dit verloor en ‘n vloermoer gooi, wys dit nie vinger na die persoon wat jou kwaad gemaak het nie, dit wys op jóú karakter.
Selfs toe die vriende die koning teengaan om nie te buig nie, is daar geen sprake van arrogansie, rebellie, of ongeskiktheid in hulle spraak nie.  “dan sal Hy
ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos” Dan 3:16–18 Nederigheid is absoluut en altyd ons gesindheid selfs wanneer ons iemand teengaan.  Gehoorsaamheid is
voorwaardelik. Toe die dissipels deur die Sanhedrin gevange geneem word, bly hulle gesindheid nederig, maar hulle gehoorsaam nie die bevel om nie Jesus verder te verkondig nie.  Acts 4:19-20
Daniel 2:48–49 Daniel vergeet nie Sy vriende toe hy ’n promosie kry nie, hy sorg dat hulle ook beter posisies beklee.  Dis weer ‘n mooi voorbeeld van sy nederigheid om reg te doen, en nie sy eie belang bo die van sy vriende te stel nie. Dis dieselfde gesindheid wat Jesus gehad het, en wat Paulus pleit ons ook moet hê.  In nederigheid die ander hoër ag as homself Phil 2: 3–5 Ons sien nog ’n mooi voorbeeld in Abraham se lewe. Abraham laat Lot die beste deel kies, en uiteindelik verhoog die Here hom. Gen 13: 1–18 Die 2 seuntjies stry oor ‘n roomys.
Mamma kom tussen by en leer hulle dat Jesus die roomys vir sy broer sou gegee het. Die eerste seuntjie trek weg en sê: “Ok wees jy eerste Jesus!”
Toe Daniel die oordeel van God ontvang teenoor Nebukadnésar verlekker hy hom nie in die wrede goddelose koning se lot nie. Daniel 4: 19 Hy spreek nog steeds die woord van die Here, maar bly respekvol.  Daniel het die Koning gedien, nieteenstaande die koning se boosheid. Dis ‘n merkwaardige eienskap wat Jesus ons ook kom leer het in Sy bergpredikasie:
Wees gou goedgesind teenoor jou teëparty Mat 5:25
dat julle ’n slegte mens nie moet weerstaan nie Mat 5:39
Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg Mat 5:44
Uiteindelik bely die trotse arrogante koning. “Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel” Daniel 4: 34–37
Dan 6:25–28 Toe Daniel in die leeukuil gegooi word, murmureer en stribbel hy nie tee nie, hy is vreesloos in God se verlossing. Sy vriende het dieselfde geloof gehad Daniel 3:16-18, Mat 16:24-25 Hy wat sy lewe wil wen sal dit verloor. Nederigheid is ‘n goddelike sterkte. Daniel het geleer om sy bekommernis op die Here te werp. 1 Pet 5:5-7 Iemand wat sy eie bekommernisse dra, en daaroor nagte wakker lê, is eintlik trots. Ons probeer self alles oplos en uitwerk. Daniel se vaste vertroue dat die Here gaan red, en as God hulle dan ook nie red nie, dan is dit reg so. Hierdie optrede wys Sy afhanklikheid en vreeslose vertroue in die Here. Daniel “retaliate” nie een keer, al was Hy valslik beskuldig en veroordeel. Soos Moses Num 12:3. “The most humble man on earth” Hoekom word dit van Moses gesê? Omdat hy hom nie verset het, of probeer verdedig het teen Aaron en Miriaam se aanklagte nie.
GOD GEE GENADE VIR DIE NEDERIGES
Prov 3:34
James 4:6
1 Pet 5:5
Hierin is ‘n wonderlike geheimenis in opgesluit. Wanneer ek my afhanklikheid van God erken, en bely dat ek hom nodig het, want ek ken my beperkinge, en ek ken Sy almag, ontsluit ek die genade/krag/vermoë van God in my lewe. Sien in Daniel se lewe die vele wonderwerke waar God vir Daniel gehelp het. Hoekom? Want hy was nederig! Nederigheid is een van die mooiste eienskappe wat ‘n mens kan hê, veral as jy ryk is, baie slim is, iets merkwaardig bereik het. “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” Mat 5:3

  • Nederige mense is leergierig, en oop vir korreksie.
  • Nederige mense praat nie die heeltyd oor hulleself nie.
  • Soek nie hulle eie belang nie.
  • Soek nie die roem en eer van mense nie.
  • Vererg nie hulleself as hulle nie erkenning kry nie.
  • Nederige mense is gehoorsaam en pligsgetrou.
  • “Willing to yield”
  • Hulle is kalm, rustige, vriendelike en vreedsame mense.
  • Vergeld nie die kwaad met kwaad nie.
  • Is gemaklik in baie invloedryke sowel as die mees geringstes se geselskap
  • Is nie ambisieus om aandag op hulle-self te trek nie.
  • They are the unsung Heroes of our time!

Die volgende skrifgedeelte van Apostel Paulus som Daniel se lewe vir my mooi op. Dis hoe ons vandag ook kan floreer ten spyte van moeilike omstandighede.
“Be of the same mind toward one another. Do not set your mind on high things, but associate with the humble. Do not be wise in your own opinion. Repay no one evil for evil. Have regard for good things in the sight of all men. If it is possible, as much as depends on you, live peaceably with all men. Beloved, do not avenge yourselves, but rather give place to wrath; for it is written, “Vengeance is Mine, I will repay,” says the Lord. Therefore “If your enemy is hungry, feed him; If he is thirsty, give him a drink; For in so doing you will heap coals of fire on his head.” Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.” Rom 12:16-21