Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Wat is die karaktertrekke van ‘n diep vriendskapsband?

Deesdae het ons honderde en sommige het duisende sosiale media platvorm vriende, maar fisies is daar niemand wat jou in ‘n krisis kan kom bystaan nie.  Ons het al almal die vernietigende pyn beleef van ‘n vriend wat ons verraai, verlaat, of teen ons draai.  Aan die ander kant is ons die som totaal van ons diep betekenisvolle vriendskap bande.  

13Dis nie ’n vyand

wat my spot nie –

dit sou ek kon verdra.

Dis nie my vyand

wat teen my grootpraat nie –

ek sou vir hom

kon wegkruip.

14Maar nou is dit jy,

’n man soos ek,

my goeie vriend en my metgesel.

15Watter goeie kameraadskap

het ons geniet!

Ons het saam gegaan,

na die huis van God!  (Ps 55:12-14)

In Latyns is daar hierdie uitdrukking: sine qua non – sonder dit niks. 

Sonder familie wat gegrondves is in betekenisvolle wedersydse vriendskap is ons niks.  Dit is die mees absolute voorwaarde tot ‘n vrugtevolle bestaan.  Om te lewe nie net vir jouself nie, maar vir ander! 

Bybelse Vriendskap

Dit is egter nodig dat ons “vriendskap” Bybels definieer, sodat ons nie mislei word in ‘n wêreld van selfsug, voorgee, en valse voorwendsels nie! 

1. Ons is GEHOORSAAM

14Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.  Joh. 15:12-15.

Aktiewe gehoorsaamheid is om mekaar se wense te vervul nog voordat mens vra.  Dit gaan oor fyn luister en doen.  Die wesenlike probleem met ongehoorsaamheid is vervreemding of “disconnect” (alienation of the mind) — jy is van die hart van ‘n persoon vervreemd, en daarom gebruik jy “witchcraft” (eie-self-ego) om die gaping te vul.  

2. Ons HELP mekaar 

9Twee is beter as een, want hulle het ’n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid. 10Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar ’n tweede is om hom op te tel. 11Verder, as twee bymekaar lê, kry hulle warm; maar hoe kan een allenig warm word? 12En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en ’n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.  Klaag. 4:9-12.

Daar is genoegsaam navorsing gedoen om die voordeel van samewerking in sinergie te bewys.  Agt manne wat saam in ‘n skrum druk, is eksponensieel kragtiger as agt manne wat een-vir-een teen ‘n voorwerp druk.  Dink span! Doen dinge saam! 

3. Ons LOS NIE

24’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer.  Spr. 18:24

Die beginsel is: ONS LOS NOOIT NIE! Dit is wel mense se keuse om ons te los.  Ons DAAR-WEES vir mekaar vleg ‘n kragtige band in tye van nood. 

4. Ons STEM oor die selfde goed saam 

Can two walk together, unless they are agreed?  Amos 3:3.

Dit is moeilik om met iemand vriende te wees, as ons oor alles verskil.  Ons kan sekerlik verskil van tyd-tot-tyd, maar ons moet te minste dieselfde vertrek punt hê.  Dit is wat die beteken om een van Gees, hart en verstand te wees.  

5. Ons is in VERBONDENHEID met Christus 

Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul.  Kol 2:6-7.

Hierdie eenheid van Gees, is opgesluit in ons kennis en verbondenheid met Christus – Ef. 4:13. Daar is geen werklik volhoubare eenheid, of verbondenheid sonder dat beide partye:

  • geanker in Christus is
  • toenemend na Sy beeld hervorm word nie.  

6. Ons DRA mekaar se laste 

2Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Gal 6:2.

Ons maak mekaar se swakhede vol.  In sekere areas, soos ons persoonlikheid, sal ons nooit verander nie.  Dit is wie ons is.  Deur ons vriendskap, vul ons mekaar se leemtes, om ‘n natuurlike manier.  

7. Ons korrigeer mekaar 

5Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.  6Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ’n vyand is oorvloedig.  Spr. 27:5-6.

‘n Ware vriend is nie ‘n ja-broer nie! Elkeen van ons het vriende nodig, wat met ons eerlik is, en ons genoeg liefhet om ons te korrigeer.  

8. Ons bring die BESTE uit mekaar uit 

17Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander. Spr. 27:17.

Ware vriendskap bring die beste uit mekaar uit!  Jy word ‘n beter mens, met beter vaardighede, wat konstant saam bly ontwikkel en groei.  

9. Ons kan onafhanklik staan en kies WYSE vriende 

20Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.  Spr. 13:20.

Die keuse van vriende is so belangrik!! Kies vriende en mense wat slimmer, sterker, en meer suksesvol is as jy.  Dan sal hulle jou optrek!  Die binnekring van die mense met wie jy die meeste tyd spandeer, bepaal jou menswees. 

10. Ons is mekaar se FAMILIE – jou mense is my mense. 

want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God. 17Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die Here so aan my doen en so daaraan toedoen—net die dood sal skeiding maak tussen my en u. Rut 1:16-18

Ons is nie net individuele vriende nie, ons mense is mekaar se mense! Ware vriende is ook vriende met jou ouers, en wyer familie.  Ons vriendskappe bou uiteindelik ‘n nuwe nasie, ‘n Christus kultuur! 

Vir meer Inligting oor die onderwerp. [1]


[1] https://letterpile.com/religion/bible-verses-about-friendship-and-fellowship