Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Webjournale - Harvester Gemeente | Olifantsriviervallei

Ons is die produk van ons gewoontes! Daar is goeie en slegte gewoontes. Ons gewoontes bekragtig ons IDENTITEIT, wie is ek!

Ons is tans besig met ‘n 50-dae “Verbeter Jouself” fokus. Sommige is al besig met nuwe goeie gewoontes, en al sterk op pad na ‘n NUWE JY! Ander voel vasgevang in ‘n siklus van ongesonde en verwoestende omstandighede! 

So baie mense is vasgevang deur (positive feedback loops) van ongesonde gewoontes, of herhaaldelike verhouding konflik, of ekonomiese mislukkings, of die tirannie van een of ander baas of eggenoot! BOSE SIKLUSSE wat mens laat voel jy loop om dieselfde berg, of soos ‘n hond vasgeketting aan ‘n boom. 

Jesus bied die HUPSTOOT en KRAG om te verander! JESUS IS THE ULTIMATE CHAINBREAKER

Geestelike Bevryding: Die Besetene Van Die Geraseners 

Agtergrond van die Geraseners

Gergesa, ook Gergasa of die Land van die Gergesenes, is ‘n plek aan die oostelike (Golanhoogte) kant van die See van Galilea wat op ‘n afstand na die antieke Dekapolis-stede Gadara en Gerasa geleë is. (sien Markus 5:1-20, Lukas 8:26-39, Matteus 8:28-34).

Tien stede (deka – tien en polis – ‘n stad) ‘n distrik aan die oostekant en suidooste van die See van Galilea wat “tien stede” bevat, wat hoofsaaklik deur Grieke bewoon is.  Hierdie stede was Skitofpolis, d.w.s. “stad van die Skitiërs”, (antieke Bethshean, die enigste van die tien stede aan die westekant van Jordanië), Hippos, Gadara, Pella (waarheen die Christene gevlug het net voor die vernietiging van Jerusalem), Philadelphia (antieke Rabbath-ammon), Gerasa, Dion, Canatha, Raphana en Damaskus. Toe die Romeine Sirië verower het (v.C. 65) het hulle herbou en toegerus met sekere voorregte, hierdie “tien stede”, en die provinsie het met hulle verbind wat hulle “Dekapolis” genoem het.  

Die invloed van Hellenisme 

Alexander die Grote het ‘n missie gehad: Hy wou hê dat die hele wêreld onder die invloed van die Griekse kultuur in godsdiens, taal, filosofie, politieke struktuur en waardes moes wees. Hy het gesterf voordat hy sy droom ‘n werklikheid kon maak, maar sy opvolgers het sy doel tot ‘n groot mate bereik. Baie van die bekende wêreld, waaronder baie van die mense van die land Israel, het Griekse weë aangeneem, hoewel hulle dit met plaaslike oortuigings verander het. Griekse kulturele instellings is in baie stede gestig, waaronder Jerusalem. Teaters het algemeen en gewild geword. Die rabbi’s van Israel het die bywoning van hierdie teaters verbied omdat hulle dramas die mites van Griekse en Romeinse gode uitgebeeld het, erotiese temas bevat het wat algemeen in Hellenisme algemeen was en in verband met heidense godsdiensfeeste uitgevoer is, wat offerandes aan die gode ingesluit het. 

Gimnasiums, of Griekse opvoedkundige instellings, het in baie stede verskyn, waaronder Jerusalem, nie ver van die Tempel af nie. In die gimnasium is die Griekse ideaal om mense se liggame en gedagtes op te lei, in werking gestel. Studente het die filosofie van klassieke Griekeland bestudeer, atletiekopleiding ontvang en kaal aan atletiekbyeenkomste deelgeneem.  Die Griekse onderwysstelsel was merkwaardig doeltreffend en het Griekse ideale by hele geslagte jong Joodse mense ingeboesem. 

In sy kern was Hellenisme humanisme. Dit het mense bo alle ander wesens verheerlik en die menslike liggaam uitgebeeld as die uiteindelike in fisiese skoonheid. Die waarheid kon slegs deur die menslike verstand geken word, en plesier was ‘n belangrike doel in die lewe.

Wat se tipe mense was die Geraseners?

Bargil Pixner, ‘ n bekende geleerde oor Galilea, het ‘ n eertydse godsdienstradisie uitgewys wat help om die Joodse beskouing van die heidense Dekapolis te verduidelik. Hy het opgemerk dat die mense van hierdie gebied in die Talmoed en in die geskrifte van die kerkvaders beskryf is as deel van die sewe heidense Kanaänitiese nasies wat deur Josua en die Israeliete uit die Beloofde Land verdryf is (Jos. 3:10; Handelinge 13:19). Hierdie nasies het Baäl aanbid en varke geëet (en geoffer) (Jes. 65:3-5, 66:3). Blykbaar was die heidense gebruike van die mense van die Dekapolis en hul anti-God-waardes voortsettings van die gebruike van die Kanaäniete, wat seksuele perversies en selfs kinderofferandes in hul aanbidding gebruik het.[1]

Verder word die Decapolis breedvoerig ondersoek in Lee maxwell se Doctorale tesis.[2] IN hierdie studie leer ons dat van hierdie stede baie goed beleer was, en moeilik om te verslaan. Dit het Elexxander die grote 10 mde geneem om die stede te verower.  Herodus het 25jr lank oor die area geheers, maar nie sonder probleme nie, daar word vertel van verskeie wreedaardige slagtings waar ‘n 1000 jong mans in een nag vermoor is, en van die stede afgebrand is. Die leiers van die 10 stede het ook ‘n paar keer klagtes by Agrippa gebring oor Herodus se tirannie, en in protes het van hulle manne hulleself keelafgesny en in die rivier gespring. 

In hedendaagser tye is die grafte van Gadara deur argeoloë opgegrawe, en daar was verslae van ongelukkige mense wat weer in hulle gewoon het, net soos hulle gedurende Christus se bediening gedoen het.

Jesus se Bediening aan die Geraseners

Weer eens, vertrek uit die gebied van Tirus en Sidon, het Hy deur die middel van die gebied van Dekapolis na die See van Galilea gekom. En hulle het een wat doof was en ‘n belemmering in sy toespraak gehad het, na Hom gebring, en hulle het Hom gesmeek om sy hand op hom te sit. En Hy het hom van die skare af weggeneem en sy vingers in sy ore gesit, en Hy het gespoeg en sy tong aangeraak. Toe Hy opkyk na die hemel, sug Hy en sê vir hom: Efrata, dit wil sê: Word geopen! Mark 7:31-37

Die daaropvolgde gebeurtenis was die voeding van die 4000. In dié dae toe daar ’n baie groot menigte was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Jesus sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê: (Mark 8:1) 

Nog ‘n gebeurtenis wat in die Dekapolis gebeur, was die voeding van die 4000, om nie verwar te word met die voeding van die 5000 nie. Markus stel ‘n doelbewuste vergelyking tussen die twee wonderwerke op wat net sin maak as jy weet waar hulle plaasgevind het. Toe Jesus die 5000 (Markus 6) gevoed het, was hy in Israel. Daarna het die dissipels 12 mandjies oorskiet opgetel, ‘n beduidende getal wat Jode aan die 12 stamme van Israel herinner het, asof Jesus gesê het: “Ek is die brood van die lewe, voldoende vir die hele Israel.” Wanneer hy die wonderwerk vir 4000 herhaal (Markus 8), is hy in die Dekapolis. Daarna tel die dissipels 7 mandjies op. Toe die Israeliete die eerste keer in die land ingekom het, het hulle 7 nie – Joodse nasies uitgedryf, waarvan baie in hierdie algemene gebied was. Jesus het gesê: “Ek is die brood van die lewe, ook genoeg vir al die heidene.”

Dit is moontlik dat die “verre” land waarna Jesus verwys het in sy gelykenis van die verlore seun die Dekapolis was (Lukas 15:11-32). Dit was beslis ver in sy waardes en oortuigings. Dit was beslis ‘n plek vir “wilde lewe”, en dit het baie varke gehad wat gevoer moes word. Vir die seun sou dit net ‘n kort wandeling van die Dekapolis terug by die huis na sy vergewensgesinde vader wees. 

Hierdie man se demoonbesit was moontlik die gevolg van wat met sy volk gebeur het. Die gruweldade en vernietiging van die mens laat ‘n merk. Hierdie man is gepynig deur demone, as gevolg van die trauma. Geen persoon word met demone gebore nie, ons laat demone in ons lewens toe, as gevolg van onvergewensgesindheid, wrok, haat, bitterheid, selfveragting, skuld, skaamte, ons heidense opvoeding en kultuur. 

Les 1: Onderwerping aan Jesus se Heerskappy! 

Jesus loop op die water en maak die storm stil. (Luk 8:22-25) Toe die man Jesus sien erken hy: “Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie” Dat ‘n totale heiden, van Griekse hellenistiese agtergrond Jesus erken as die Seun van die allerhoogste God is merkwaardig. Hulle het geglo in verskeie goddelike entiteite, maar ook dat die Keiser God is! Hy verklaar dus Jesus se heerskappy oor almal, en homself! Hy het natuurlik ‘n heeltemal verkeerde persepsie van God, en Jesus. Hy dink hy gaan gepynig word! Sommige mense wat nog nooit in ‘n kerk was nie, glo dit ook!

Maar JESUS doen presies die teenoorgestelde: HY BRING WARE VRYHEID!! Die Romeine het vrede verkry deur verowering, demokrasieë handhaaf vrede deur dialoog en kompromieë, Jesus bring vrede in mens se gemoed, ten spyte van uiterlike oorlog en onstabiliteit. Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. (Joh 16:33) Sien (Phil 4:7) 

Ons is almal slawe van sonde.  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie — òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. (Rom 6:14-19) 

1ste Wet van Vrymaking: Nuwe IDENTITEIT

Nadat ons vrygemaak is, verander ons IDENTITEIT – van ‘n besetene, naak en onbeheerbaar tot ‘n man aangetrek en by sy regte verstand. terwyl hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy verstand. (Luk 8:35) Die sinnetjie om by ‘n Rabbi se voete te sit, beteken jy is aanvaar as die Rabbi se student. Die Leermeester het dissipels gesoek om hulle plek eendag as hulle dood is oor te neem. Die sondige Maria het as vrou ook by Jesus se voete gesit. Sy was dus gereken as een van Sy dissipels, in wie Hy genoeg vertroue gehad het om Sy plek in te neem as Hy weg is.  Die Here het so vas geglo in hierdie nuwe WEERGEBORE (in ‘n oomblik water in wyn Joh 2 en 2 Cor 5:17) transformasie dat hy hom nie eers toelaat om hulle as Joodse dissipels te vergesel nie.  Gaan terug na jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan en deur die hele stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het. (Luk 8:39)  Volgens James Clear se boek ATOMIC HABITS is dit die absolute mees belangrikste beginsel om enige gewoonte te verander. 

 “I’m terrible with directions.”  “I’m not a morning person.”  “I’m bad at remembering people’s names.” “I’m always late.”  “I’m not good with technology.” 

The ultimate form of intrinsic motivation is when a habit becomes part of your identity. It’s one thing to say I’m the type of person who wants this. It’s something very different to say I’m the type of person who is this.[3]

Die feit dat hierdie man vir ander moes vertel wat met hom gebeur het “ek was ‘n besetene en nou is ek gesond en by my volle verstand” is die praksis van hoe hy deur die hele omgewing gegaan het en ander vrygemaak het. Want toe Jesus ‘n tyd later weer by hierdie gebied besoek afgelê het was daar ‘n skare. (Mark 7:33) Latere Christene het skuiling en beskerming in hierdie streek gevind, toe Jerusalem vernietig is.  Dissipels wat deur hierdie man se getuienis tot inkeer gekom het. 

Hierdie man se getuienis was genoeg toerusting en voorbereiding om aan sy volk terug te stuur.  Jou getuienis is die kragtigste en belangrikste bate in ons geestelike wandel met God.  

2de Wet van Vrymaking: Maak Sonde ONAANTREKLIK 

Legioen dui op ‘n Romeinse Legioen, wat enigiets van 3000 tot 6000 man was. In Markus se verhaal lees ons van 2000 varke wat teen die berg af in die see in is.  (Mark 5:13) Varkvleis was vir die Jode onrein, en hierdie geeste word ook onrein geeste genoem.  Jesus het gekom om ons van alle onreinheid (wat deur God verdoem is) te bevry.  Mens mag nie aan dit wat onrein is geraak het nie.  Onreinheid is soos ‘n soort van pes gesien, dit kan jou aansteek en jou dood kos! 

‘n Tweede sleutel tot bevryding is om jou eertydse verslawing en afgod van verslawing as iets boos en sleg te sien, en dit te sien verdwyn.  

Jy dink jy hou iets op, maar jy hou niks op nie, want sigarette doen niks vir jou nie. Jy dink rook is iets wat jy moet doen om sosiaal te wees, maar dit is nie. Jy kan sosiaal wees sonder om te rook. ■ Jy dink rook gaan oor die verligting van stres, maar dit is nie. Rook verlig nie jou senuwees nie, dit vernietig dit.[4]  

Deur jou sonde en verkeerde dade met afgryse te bejeen, kry jy oorwinning daaroor. 

Abhor what is evil. Cling to what is good. (Rom 12:9) 

Soms voel mens totaal oorweldig oor die skaal en oormag van ekonomiese druk, of kulturele norms, of terminale siekte! Maar sien die HERE JESUS se algehele oorwinning wat net met ‘n woord die BOSE ONREIN GEESTE in die varke stuur.  

AL IS DIE OORMAG IN JOU LEWE ‘n LEGIOEN!! Jesus maak jou vry in ‘n oomblik!  

Jesus maak hierdie OORMAG tot NIKS.  

Dit is betekenisvol hoe hierdie hele BEVRYDING net met WOORDE gedoen is! 

Jesus (GOD) skep deur Sy Woorde ORDE in die CHAOS.  (Soos wat Hy sedert die begin van die skepping gedoen het) 

3de Wet van Vrymaking: ‘n NUWE OMGEWING

Die man se woning was die grafte! Sommige mense woon in dooie godsdiens, en in die as van die verlede. Al die verwyte van gister se foute en mislukkings. Vasgevang in die man van gister.  Sommige is vasgevang in die grafte van mense se oortredings, dislojaliteit, en verraad. Die grafte van teleurstellings, blaam en bitterheid! Ons kan niks doen aan dit wat verby is nie, ons kan net vandag iets doen om beter te maak! 

Ons is die somtotaal van die mense met wie ons tyd spandeer.  

4de Wet van Vrymaking: Nuwe INPERKING en GRENSE  

Niemand kan hom vasmaak nie.  

Sommige mense dink hulle is VRY deur ongebonde en sonder grense te leef, om dan vasgevang te raak deur die ellende en gevolge van hulle onbeperkte besluite.  ‘n woning, ‘n familie, ‘n gesin, ‘n kerk en ‘n dorp word uiteindelik die inperking wat jou ware vryheid gee.  


[1] https://www.thattheworldmayknow.com/a-far-country-decapolis

[2] https://scholar.csl.edu/cgi/viewcontent.cgi?article=1117&context=thd

[3] Clear, James. Atomic Habits (p. 33). Random House. Kindle Edition.

[4] Clear, James. Atomic Habits (p. 126). Random House. Kindle Edition.