Jan Oosthuizen – Die gawes van die Gees is nog vir vandag en vir almal!

Die meeste ernstige gelowiges sal erken dat een van hulle grootste begeertes is, dat ons die dinge wat ons in die Bybel lees, in ons eie lewe sal sien gebeur.  Groot groepe mense kom tot bekering en word gedoop! (Hand 2-3) Wonderwerke, genesing, duiwels word uitgedryf, dooies opgewek, verskillende kulture en nasionaliteite word volgelinge van Jesus, gepaardgaande met die liefdesdiens, samehorigheid, gemeenskap deel alles onder mekaar, en ‘n radikale toewyding aan die Here!! 

Die gawes van die Gees, of Charismata is kontroversieel vir verskillende redes: moontlik oor die misbruik, stigma, die karakter van die persoon nie altyd strook met die gawe nie, vreemdheid vir sommiges wat nog nooit daaraan blootgestel was nie, oordrewe dramatisering vir persoonlik aansien, en gebrek aan egtheid by sommige.  

Dit is my ervaring dat die voorsiening van die Here wat die meeste seën inhou, deur die vader van leuens verdraai of deur ‘n goedkoop namaaksel verwring word, wat by mense ‘n afstoot gee. Mense verwerp dan die eintlike seën van die Vader wat bedoel is om geestelik te versterk, op te bou, te voed, en te stig, en die mense begin dan uitgehonger in enige blik krap vir voedsel. 

MAG DIE HERE ONS HELP DAT ONS EG SAL BLY, want die Gees van die Here is ‘n Heilige Gees! Die gawes van die Heilige Gees is dus heilig, en sonder menslike besoedeling.  

Die leer van ophouing: 
In een van die proponente van hierdie leerstelling Nico van de Walt se kritiek teen die gawes verklaar hy dat God Homself as te ware uitgepraat het in die Woord, en dat ons niks kan byvoeg tot die Woord nie. Hy gebruik Heb 1:2-3 om sy punt te argumenteer dat spesifiek profesie nie meer nodig is nie. Nou as ons werklik tegnies wil raak, moet ons verstaan dat 1 Tim 3:16 en Heb 4:12 en ander skrifgedeeltes waar daar na die belangrikheid van die skrif verwys word en dan ons nie ʼn jota of tittel mag weglaat of byvoeg nie eintlik die OT bedoel word. Want die nuwe Testamentiese boeke was nog nie almal geskryf nie, en die apostels het nie hulle eie woorde gelyk gestel met die OT geskrifte nie. Die NT kanon het ontstaan omdat Marcion geredeneer het dat net die woorde van Jesus gesaghebbend is, en omdat die God van die OT en die NT só verskil, en die Jode die kerk vervolg gebaseer op hulle verstaan van die OT, het hy meestal die OT verwerp. Hy het ʼn versnipperde weergawe van die huidige NT boeke as gesaghebbend aanvaar. Dit het daarnatoe gelei dat die kerk vaders bymekaar gekom het om die Ou en Nuwe Testament boeke te selekteer vanuit ander geestelike literatuur (Apokriewe boeke) wat beskikbaar was. Die kriteria van hierdie seleksie is vir my belangrik vir vandag. Want ons kan nie die skryf van nuwe geestelike openbaring keer nie, hetsy bonatuurlik (Heilige Gees geïnspireerd) of Wetenskaplik teologies. Ons moet leer om te onderskei wat van God af kom en wat nie! Ons moet opgroei in ons begrip en verstaan van die Here om nie meer deur verskillende winde van lering rondgegooi te word nie.

Die Kreteria wat gebruik is: apostelskap; ortodoksie; oudheid; gebruik. Die soeke was of die boek in lyn was met die Gees en Persoon van die Woord! Ek glo hierdie kriteria geld nog vandag in ons onderskeiding van alles wat ons hoor en lees.

Dit bring my by die kwessie van die gawes van die Heilige Gees: Die gawes van die Heilige Gees is nie om nuwe openbaring wat teen die skrif en gees van die skrif indruis te openbaar nie, maar om vandag nog soos in die 1ste 400jr van die kerk die Woord te bekragtig en te ondersteun. Dis immers die fokus van die Heilige Gees om ons te herinner aan wat Jesus gesê het; om ons te lei in die waarheid, en die waarheid is ʼn persoon. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. (Joh 16:24)

Misbruik

As die Here dan nie meer deur profesie, en ander gawes vd Gees praat nie. Wie bekragtig dan die vinnigste groeiende kerk in die wereld? Die duiwel? Die bonatuurlike was nog altyd ʼn debat punt oor die misbruik. 

Interessant dat met al die groot herlewings, selfs die 1880 herlewing in die Kaap onder Murray, hy gekies het om soos Whitfield te verklaar; “if you try to stamp out the wildfire and remove what is false, you will equally and simultaneously remove what is real.” Moet ek dan my tale verwerp omdat iemand se taal nie sin gemaak het of verkeerd was? As tale dan nou nie van die Here is nie, deur wie en hoe praat ek dan in tale saam met die ander 640 miljoen mense tans op aarde wat in tale praat? IS God dan verdeel? Vir sommige seën Hy met die gawe, maar vir ander leer Hy om maar eerder daarvandaan weg te bly? O die kritiek van iemand wat van buite inkyk!!! Wanneer jy eers hierdie heerlike gawe ontvang het; verval al die teenargumente, want gepaardgaande met die ware doping en vervulling met die Heilige Gees, is die vreugde in die Heilige Gees, groter ‘boldness’ en die oopsluit van die bonatuurlike werking van God se Gees in my tot die stigting van ander! 

UITEINDELIK ons sal geken word aan ons vrug… Dis interessant dat die kerk wat die vinnigste groei regoor die aarde Pinkster en Charismatiese kerke is, waar daar geglo word en gehandel word in die Gawes! Wat wel waar is, is dat daar baie misbruik en onkunde oor die gawes is, en dat gawes jou nie heilig maak voor God nie, dit doen Hy deur Sy Woord en Gees. Gawes is bloot vir bediening! 

My vraag is: wat is die werklik rede hoekom die leer van ophouding ontstaan het? Is dit dalk om die natuurlik mens te regverdig, en van enige skuldgevoelens te bevry as hulle nog nie in hierdie gawes vloei en opereer nie? Weliswaar is daar in kerke wonderlike gelowiges wat in karakter waarlik die vrug van die Gees openbaar in toewyding, geloof en Bybelse erns vir die Waarheid! 

LET WEL die gawes van die Gees is gereedskap vir bediening, nie ‘n ‘nice to have’ ekstra vir jou geestelike vertoonvenster nie. As die gawes geestelike gereedskap is vir lewensreddende werk, hoekom nie toegang tot al die gawes hê nie? Noodreddingswerkers kan tog nie lewens red sonder hulle belangrike gereedskap om mense uit motor wrakke te sny nie!! Hierdie werkers sal jou ook hartseer stories vertel dat hulle nie ten spyte van al die toerusting nie altyd almal kan red nie. Soms probeer hulle die verkeerde instrument, en kos dit ‘n lewe. Maar dit beteken nie hulle doen afstand van hierdie gereedskap nie?

Gebedstaal is vir almal!

Is die lering dat almal in tale kan bid dus ‘n misleiding? Indien dit is, hoe kry ons dit reg? Is dit die duiwel? Die teenargumente is gebou op “naturalism en reductionism” en wil bonatuurlike dinge natuurlik en wetenskaplik verklaar, nie almal nie net sommige kan in tale praat. So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. (1 Cor 2:13) Mens kan nie geestelike dinge met die natuurlike denke probeer uitredeneer nie.

Die gebedstaal is vir almal, en stigting vir self. (Bestudeer 1 Cor 14)

  1. Tale is vir God, om met Hom te praat (1 Cor 14:2)
  2. Hierdie woord is geheimenis “mysterion”
  3. My verstand is onvrugbaar, my gees bid. (v14)
  4. Ek kan met my verstand bid/sing en met my gees (V15) Die onderskeid is in v14 verduidelik dat wanneer ek in my gees bid, is my verstand onvrugbaar. Dis dus nie in ‘n bekende taal nie, maar in my gebedstaal. “Gees bid” word ook op ander plekke genoem: Jud 20, “praying in the Holy Spirit” en Eph 5:19 “Geestelike liedere” selfs jou verwysing na Rom 8:26 word deur pinkster mense gesien as wat gebeur as ek in tale praat, is dit die Heilige Gees in my wat met God praat onuitspreeklike sugtinge.
  5. As die taal nie uitgelê kan word nie, praat eerder by jouself (stilletjies) (v28)
  6. Moenie mense verhoed om in tale te praat nie. (v39)
  7. Paulus bid meer in tale as hulle almal (v18) kan nie verwysing wees na spreek in tale in die vergadering nie want hy sal eerder 5 woorde met sy verstand bedien as stigting vir almal as 1000 woorde in ‘n taal.
  8. Tale is ‘n teken vir ongelowiges… dit bind ons as gelowiges saam teenoor die ‘vloekende tale’ van ongelowiges.
  9. Tale as gebed stig jouself (v 4)

As daar vir mense gebid word, en jy het alles gedoen om te glo en te ontvang, en daar gebeur niks… is ‘n reuse teleurstelling!! Dit lei tot skuldgevoelens? Is ek nie goed genoeg nie? Wil God dit net nie vir my gee nie? Is ek nie nie uitverkore om dit te ontvang nie? Dalk is dit nie vir almal nie??? Yeah nou voel ek beter. Dit terwyl daar allerhande ander blokasies en hindernisse kan wees… (‘n nuwe bespreking punt) die punt hier is!! God wil dit vir almal gee, want dit hou ‘n seën en opbouing vir almal in. Hoekom die lekkergoed net vir sommige gee?

Die gawes is net vir sommige gelowiges? 

Die 9 gawes is soos verduidelik anders in aard as al die ander gawes omdat dit so suiwer bonatuurlik is, en net deur die Heilige Gees bewerk kan word. My gewone vraag is: “Die gawes van die Gees is ons beste wapen in verkondiging aan ongelowiges.” Paulus sou nooit ingang met die rowwe Galasiers (Obelix en Asterix mense) gemaak het as dit nie gepaard gegaan het met bonatuurlike werkinge nie. (Gal 3:1-5)

Paulus se algehele gedagte in 1 Cor 12 (Die hele hoofstuk) is wedersydse samewerking en agting vir mekaar – funksioneering soos ‘n liggaam in eenheid teenoor een ubermens wat al die gawes besit.  Dit veronderstel natuurlik dat sekeres uitmunt in verskillende gawes, maar nie ten koste van ander nie. Almal moet deelneem! Die NT gemeente het nie gesentreer om ‘n predikant of formele liturgie nie. Almal het deelgeneem, daarom Paulus se moeite om nie die werkinge te stop nie, eerder te administreer.

Die “elephant in the room” is die wat inkyk en nog nie een van die gawes ontvang het nie… vs … die wat daarin vloei en floreer. Het God dan soos met “Calvinistiese redding gedagte” net sekere uitverkies vir sekere gawes, en as jy dit nie ontvang het nie, moet jy maar gedwee dit aanvaar… “you have not been chosen?” Dit is sekerlik nie die geval nie, alles is beskikbaar!!! 

Die wat in die gawes floreer sal erken dit is natuurlik die Gees wat die gawe bewerk… want jy weet dit kom nie uit self nie… maar dit was ons honger om hierdie gereedskap te soek en te begeer wat uiteindelik die deurbraak gebring het. Die ‘net vir sommiges’ redenasie maak die mens ‘n passiewe ontvanger… terwyl Paulus se redenasie gegrond is op ‘n aktiewe soeker.  As dit net vir sommige is hoekom soek, as God dit nie wil gee nie?? Hoe weet ons wie hierdie sommiges is? 

Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. (I Cor 12:8-11

Die eenvoudige interpretasie is goeie orde, nie sekere eksklusiewe seleksie nie. Die hele liggaam moet leer om saam te werk, en nie toe te laat dat een alles doen nie. Dit is die hoofbetoog van hierdie hele hoofstuk 12 se diskussie oor die verskillende werkinge van ‘n liggaam wat saam as ‘n eenheid saamwerk. Die klimaks: Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? 30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? (1 Cor 12:29-30

Hoekom die werking van die Heilige Gees met oorvloed terminologie beskryf as dit nie vir almal is nie? 

Inderdaad is Paulus se betoog wesenlik belangrik, want dit is juis waar die gawes al in onguns verval het, wanneer een sekere individu en pastoor floreer in die gawe van wonderwerke en genesing, word hierdie persoon sonder dat mens dit kan keer, vergoddelik.  Dit is hoe mense is. Jesus wil ‘n funksionerende liggaam van mense bewerkstellig wat almal deelneem en floreer in die gawes van die Gees. Dan kan niemand die eer vir hulleself neem nie. 

Vervulling en gepaardgaande gawes van die Gees word in oorvloedsterme verduidelik. 

“Doop met die Heilige Gees” Ons lees die eerste keer van hierdie begrip in die Bybel toe Johannes Jesus gedoop het. Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar Hy wat ná my kom, is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. (Mat 3:11Mar 1:8Luk 3:16 en Joh 1:32-34) Die eerste keer wat ons weer van hierdie begrip hoor is toe Jesus na Sy opstanding, toe Hy na die hemel opvaar, die dissipels beveel om op die Heilige Gees te gaan wag. “Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” (Hand 1:5) Niemand is dus al op hierdie tydstip gedoop met die Heilige Gees nie; die doop met die Heilige Gees is dus ’n gebeurtenis wat nog moet plaasvind. Die woord “doop” in hierdie geval is “Bapto”, wat onderdompel beteken. Soos ’n boot wat sink en in die binnekant vol water raak. Die woord Doop is dus ’n oorvloed begrip. Dit dui op onderdompel ín, of oorspoel mét iets – in hierdie geval met die Heilige Gees. Om met die Heilige Gees gedoop te word, is om met die Heilige Gees oorspoel te word. Dit is baie duidelik dat hierdie gebeurtenis plaasvind ’n paar dae later in Jerusalem toe die dissipels ’n bonatuurlike Goddelike ervaring gehad het. (Hand 2:1-13) Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat. (Hand 2:4) 

“ Vervul” Lukas, die skrywer van Handelinge sê nie die dissipels is gedoop met die Heilige Gees nie, hy gebruik weer ’n nuwe term; “Hulle is vervul met die Heilige gees.” (Hand 2:4) Hierdie is ook ’n redelik nuwe begrip, waarvan ons vir die eerste keer lees tydens Maria se swangerskap. En hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af. (Luk 1:15) Later is Elisabet vervul met die Heilige Gees toe sy by Maria gaan kuier en vir die eerste keer sien Maria is swanger met Jesus. (Luk 1:41) Tydens Johannes se besnydenis en toewyding is Sagaría vervul die Heilige Gees nadat hy vir ’n tyd nie kon praat nie. Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer. (Luk 1:67) Ons kan nie veel wys word oor presies wat gebeur het met hierdie mense toe hulle vervul is met die Heilige Gees nie, behalwe dat beide Elisabet en Sagaría se ervarings bonatuurlik was. Hy kon weer praat en het geprofeteer en die kind wat in haar buik was, het opgespring. Die woord “vervul”, “Pletho” in die Bybel beteken om soos ’n spons weer en weer gevul te word. So word iemand gevul met iets, soos om ’n glas met water te vul – die water uit te gooi en weer te vul. 

Teksverse waar hierdie woord gebruik word, is byvoorbeeld: Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel. (Hand 4:8) En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek(Hand 4:31) 

En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word. En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop. En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was ’n paar dae saam met die dissipels in Damaskus. EN hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is. (Hand 9:17-20) 

Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: … (Hand 13:9) 

In hierdie verwysings kan ons duidelik sien dat die persone vervul is om iets te doen. Elke keer wanneer iemand vervul is met die Heilige Gees het hulle een of ander bonatuurlike daad verrig! Terug by hierdie gebeure wat in Handelinge 2 bespreek word. Wat het hier gebeur? Wat gebeur met mense wat gevul word met die Heilige Gees? Daar was ’n rukwind, tonge van vuur en die plek is geskud. Wat het met die mense gebeur? Hulle was gevul met die Heilige Gees en het in ander tale begin spreek en in so ’n mate onder die invloed en beheer van die Heilige Gees, dat omstanders gedink het hulle is dronk van wyn. (Hand 2:4, 13) 

Ons kom dus weer by dieselfde gevolgtrekking, dat die doping met die Heilige Gees verband hou met mense wat bemagtig word om bonatuurlike dinge te doen en te ervaar. 

Wanneer Petrus op Pinksterdag opstaan en verduidelik wat so pas met hom en die ander persone wat in die bovertrek was gebeur het, gebruik hy weer ander nuwe terme om die gebeure te verduidelik.

“Belofte van die Heilige Gees” “uitgestort” (Hand 2:33) en “Gawe van die Heilige Gees” (Hand 2:38) Waarna verwys die sogenaamde belofte? Wat sal gebeur as ek die belofte kry? Wat is die belofte? Petrus verduidelik self wat hierdie “belofte” is, deur te verwys na Joël 2:28-29: “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.” 

Weereens sien ons die vergelyking na water “uitgiet” en die bemagtiging tot bonatuurlike vermoëns. Dit is duidelik dat die werk van die Heilige Gees in ons lewe in al bogenoemde terminologie gerig is tot ons getuiewees in hierdie wêreld. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. (Hand 1:8) 

“Ontvang” (Hand 8:15, 17) en “Heilige Gees op hulle geval” (Hand 11:15) Die Heilige Gees se werk in ’n mens word in hierdie verwysings vergelyk met water. Jy stort immers water uit oor iemand of dit val op ’n persoon. Dis soos iemand wat nat geword het, oorspoel is met water, óf soos ’n kan wat gevul is, óf vol water is. Hierdie vergelyking met water is ’n direkte heenwysing na wat Jesus tog belowe het. Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. (Joh 7:37-39

Toe Paulus in Efese kom, ontdek hy ’n aantal dissipels vir wie hy gevra het: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” “Ons het nog nie eens gehoor of die Heilige Gees al gekom het nie,” het hulle geantwoord. (Hand 19:2) 

Toe Paulus sy hande op hulle sit, het die Heilige Gees op hulle gekom en hulle het in ander tale gepraat en geprofeteer. (Hand 19:6) Weereens word daar ’n duidelike onderskeid getref tussen tot geloof kom en die Heilige Gees ontvang. Toe Petrus moes bewys lewer en verduidelik wat met die heidene gebeur het, verduidelik hy ook die gebeure aan die hand van die Skrif in Mattheus 3:11 “Ek het net begin om die Goeie Nuus aan hulle te vertel, toe kom die Heilige Gees op hulle net soos op ons in die begin. 16) Toe dink ek aan die woorde van die Here toe Hy gesê het: ‘Johannes het wel met water gedoop, maar júlle sal met die Heilige Gees gedoop word.’ 17) Aangesien God dan dieselfde geskenk aan die nie-Jode gegee het as aan ons toe ons tot geloof in die Here Jesus Christus gekom het, watter reg het ék om God te keer?” (Hand 11:15-17)

Die antwoord op die vraag wanneer is ek gevul met die Heilige Gees is dus om dieselfde ervaring te gehad het as wat die dissipels op Pinksterdag beleef het. Die dieper vraag is egter: “Hoeveel mense het al regtig dieselfde ervaar as wat op Pinksterdag beleef is?” Die verskillende terme sover bespreek is almal wisselterme van dieselfde gebeurtenis. En hierdie gebeurtenis is baie duidelik ’n bemagtiging en bekragtiging tot die bonatuurlike gawes van die Heilige Gees. Met redding ontvang ek die Heilige Gees soos toegang tot ‘n ewige fontein (Joh 4), maar met die vervulling kom strome van heerlikheid uit my binneste (Joh 7:37-39)

“Vol van die Heilige Gees” (Hand 6:3) Nog ’n woord wat telkens in die Nuwe Testament gebruik word is om vol te wees van die Heilige Gees. “Pleroo”, of “Plesres” beteken om te deurdrenk, te vervul, vol te maak, volledig, tot volheid te bring. Om letterlik ’n net vol te maak sodat dit span; om versadig te wees, klaar te maak, iets af te handel, perfek en volmaak. In Luk 4:1; Acts 6:3, 5; 7:55; 11:24; 13:52 en Eph 5:18 word ’n dieper innerlike werk aangedui wat meer langdurig is, en nie slegs ’n eenmalige of selfs meermalige gebeurtenisse is nie. 

Dis eerder ’n toestand as ’n spesifieke gebeurtenis. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; (Hand 6:3) Wat sou hierdie manne dan fisies onderskei het van die ander? Watter eienskappe en vermoëns sal jy aan iemand toeskryf wat vol is van die Heilige Gees? Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God. (Hand 7:55) Want hy was ’n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ’n aansienlike skare is aan die Here toegebring. (Hand 11:24) En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees. (Hand 13:52) Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. (Efe 5:18)

Wil ons regtig mense ontmoedig mbt die gawes van die Gees? 

Die enigste liturgieseorde wat in die NT beskikbaar is oor die diens orde van die vroeë kerk word verduidelik in terme van die administrasie en gebruik van die gawes. “Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ’n bydrae om te lewer: ’n psalm, ’n onderwysing, ’n openbaring, ’n ongewone taal of klank, ’n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop.” (1 Cor 14:26)

IN die onderliggend teksgedeeltes word verskillende bedieninge, en geestelike genade gawes verduidelik. 

Eph 4:11 

1 Cor 12:28;

Rom 12:6-8

1 Pet 4:9-10

Ek tref ek ’n onderskeid tussen die gawes van die Heilige Gees en die ander spesifieke gawes wat in die Bybel genoem word. Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om ‘n woord van wysheid te praat, aan ‘n ander ‘n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees. Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan ‘n ander die gawe om te profeteer, en aan nog ‘n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan ‘n ander om dit uit te lê. (1 Cor 12:7-10) 

Hierdie lys word anders omskryf as die ander skrif verwysings. Hierdie lys word spesifiek aangedui as ‘’n werking van die Gees’. Hierdie lys kan onderskei word, dat dit geensins verband hou met natuurlik talente en vermoëns soos in Rom 12:6-9 diens, bemoediging, leiding wat nie noodwendig gepaard gaan met ‘n bonatuurlik werking nie.

Die gawes van die Heilige Gees is hoegenaamd nie deel van jou menswees nie – jy het nie hierdie gawe van jou geboorte af nie! Dis bonatuurlik en vir almal beskikbaar om te gebruik in diens van Sy koninkryk tot die voordeel en opbou van Sy Liggaam. 

In hierdie Skrifgedeelte lys Paulus nege gawes van die Heilige Gees wat God in ons as Sy kinders werk tot die opbou en versterking van die Liggaam van Christus. Let wel, al hierdie gawes is afkomstig van die Heilige Gees en is nie binne die vermoë en talente van ’n mens nie, maar werk bonatuurlik deur die Heilige Gees in jou. Later word dit deel van jou en jy raak meer gemaklik in die gawes, maar dis nog steeds nie jóú gawes nie. Al hierdie gawes lê buite die vermoë en kennis van die natuurlike mens. 

Die persoon deur wie die Heilige Gees hierdie gawes openbaar, sal erken dat hy of sy niks daarmee te doen gehad het nie. Dis ook hoe jy weet dat dit nie een of ander hipnose, emosionele opsweping of uitsonderlike breinkrag is wat die werke vermag nie. Nee, dit is werklik die Heilige Gees! 

Onthou, die towenaars in Egipte kon ook sekere wondertekens verrig toe Moses voor Farao verskyn het, nietemin net die eerste drie; daarna kon hulle nie meer meeding nie. Die gawes van die Gees is so ontsettend belangrik in ons getuienis en bediening aan ongelowiges. Sou hierdie slegs natuurlike talente en gawes wees van die mens, verheerlik die gawes uiteindelik die mens. Soos met baie spiritiste gebeur wat selfs op televisie hulle geestelike talente paradeer en verkoop vir geld. Nee, hierdie is die gawes van die Heilige Gees wat deur gewone en alledaagse mense werk om God te verheerlik! 

Die werking van die Heilige Gees se gawes in ’n gelowige se lewe kan vergelyk word met die visioen van die Profeet Esegiël oor die stroom water wat uit die altaar gevloei het. (Es 47:1-12) Die profeet moes sekere afmetings doen en dan was die water ’n sekere hoogte. Eers enkeldiep, toe kniediep; toe het die water tot by sy heupe gekom, daarna kon hy nie meer in die water loop nie. Sou mens die verskille in persentasies sien, enkels – 5%; knieë – 25%; heupe – 50%; wanneer jy nie meer kan loop nie, impliseer dit 100%.

So werk die gawes ook in ons lewe in vlakke van intensiteit: Hoe meer jy die gawes beoefen en jou geloof toeneem, hoe groter die manifestasies en hoe meer akkuraat word jy. Alhoewel die Heilige Gees die gawes bewerkstellig, werk God tog deur ’n mens en word die gawes beperk of verryk deur die mens se persepsies, agtergrond, begripswêreld, taal en kennis van die Woord. Die eerste keer wat jy profeteer, sien jy byvoorbeeld iets. Jy is nie seker wat dit beteken nie en is onseker of dit van die Here is of nie; dis ’n vae ervaring. Dis soos die profeet wat enkeldiep in die water staan. As jy saam met die stroom gaan en dieper instap, word dit kniediep. Jy sien nou duideliker, jy ervaar met sekerheid dat dit die Here is. Jy kan selfs ’n Skrif daaraan koppel en verduidelik en interpreteer wat jy sien.

So raak die beelde duideliker en al hoe meer akkuraat, hoe dieper jy in die stroom van God se Gees gaan en leer om oor te gee. Later voel dit asof jy die heeltyd dinge sien; jy fokus net op die Gees en jy sien. Jy sien nie net soms en dan weer nie. Jy is deurdrenk met die Gees en deurentyd gevul met die Gees. Dis net ’n kwessie van fokus, soos iemand wat swem en deur die stroom meegesleur word. So werk elke gawe van die Gees. Ons groei in die gawes en ontwikkel in die effektiwiteit daarvan. Dit gebeur baie min dat jy net op ’n dag vir die eerste keer vir ’n verlamde man in ’n rolstoel sê hy moet opstaan en die geloof hê om dit te doen. Alhoewel God so deur ons wil werk en dit heeltemal moontlik is, word ons deur ons eie geloof beperk. Hoe meer jy die gawes van die Gees beoefen, des te beter verstaan jy hoe die Heilige Gees werk en leer jy om saam met Hom te werk.

Die spreek gawes

Profesie:

Die verskillende verbuigings en gebruik van die woord “profeet, profete, profeteer” kom 129 keer in die NT voor.  Verskillende mense is genoem wat in die profetiese amp gestaan het: En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk. (Acts 15:32) ‘n sekere profeet met die naam van Ágabus van Judéa afgekom. (Acts 21:10; Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly.

En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het. (Acts 21:8-9) 

Dan word daar ‘n direkte appél gemaak op die gelowige om die gawe van profesie ernstig op te neem: 
waarop julle tog moet ag gee” 2 Pet 1:19
julle moet die woorde onthou van die profete” 2 Pet 3:2
moenie profesieë geringskat nie” 1 Thes 5:20

sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry” 1 Tim 1:18

Lê julle toe op die gawes van die Gees, maar veral daarop om te profeteer. (1 Cor 14:1)

Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” Amos 3:7

In die meeste gereformeerde kerke word prediking as ‘n vorm van profesie gesien, aangesien die OT gebruik daarvan dan kwansuis oopgehou het. 

Tog in die samekoms kan daar iemand ‘n ‘openbaring apokalupsis bring (1 Cor 14:26) Dit spreek van iemand ontvang en deel ‘n goddelike openbaring.  

Profesie is so algemeen as gebed gesien. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy kop, doen sy hoof, Christus, oneer aan. Maar elke vrou wat bid of profeteer sonder iets op haar kop, doen haar hoof, haar man, oneer aan. (Acts 11:4) 

Dit is duidelik dat Profesie is wanneer iemand ‘n boodskap van die Here bring in God in die eerste persoon uitspraak: “So sê die Here… vandag sê ek vir julle!” 

Profesie is ’n essensiële deel van ons geloofslewe. Soos ’n weermag nie kan funksioneer sonder goeie intelligensie nie, net so min kan die kerk funksioneer sonder die bediening van die profete. As mens na die bogenoemde skrifgetuienis kyk in terme van hoeveel profete nog aktief was in die vroeë kerk, die verse oor die belangrikheid van profesie en ook die feit dat Paulus amper ’n hele hoofstuk aan die gebruik van profesie in die gemeente wy, dan kan mens onmoontlik by die gevolgtrekking kom dat profesie nie belangrik is nie. As God in die Ou Testament deur profete gewerk het, en boodskappers opgerig het om Sy woord en wil te verkondig, hoekom sal Hy nie vandag nog steeds dit doen nie? 

Tale:

Daar is verskillende tale: Al praat ek die tale van mense en engele (1 Cor 13:1)

  1. Tale van mense, waar iemand die bonatuurlike vermoë ontvang om in ’n verstaanbare taal te praat wat hy of sy nie self ken nie. 
  2. Tweedens is daar die tale van engele wanneer iemand in tale praat wat geen aardse taal op aarde verteenwoordig nie. 
  3. Dan is daar tale wat in die gemeente gebruik word, en daarna deur iemand uitgelê word. Hierdie taal trek mense se aandag en is soos iemand wat ’n boodskap of profesie sou bring, net in ’n ander taal. (1 Cor 14:27-29) 
  4. Vierdens is ons gebedstaal, wat ons enige tyd in privaatheid teenoor God gebruik. (1 Cor 14:13-15, 18) 

Interpretasie van tale: 

Hierdie gawe is bloot om ’n boodskap wat deur iemand in tale gebring word, uit te lê. Dit is nie ‘n vertaling van die boodskap in tale nie, maar ‘n uitleg of interpretasie van wat gesê word.  

Openbaring Gawes 

Openbaringskennis:

Die Heilige Gees wys jou iets spesifiek oor iemand se verlede, of iets wat hulle gedoen het. Dis spesifiek en baie duidelik. Twee uitstekende voorbeelde vind ons in die storie van Paulus en Ananias en later Petrus en Cornelius. “Gaan dadelik na Reguitstraat toe en vra by Judas se huis na ‘n man van Tarsus met die naam Saulus. Hy is besig om te bid en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam Ananias sien inkom wat hom die hande oplê sodat hy weer kan sien.” (Hand 9:10-12) 

Die tweede voorbeeld is Cornelius wat soos sy gewoonte was in gebed na God nader. Hy ontvang ook ’n visioen. “Stuur nou dadelik mense na Joppe toe en laat daar ‘n sekere Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy is tuis by ‘n ander Simon, ‘n leerlooier, wat by die see woon.” (Hand 10:5-6 en 19) 

Wysheid:

Ons het hierdie gawe nodig veral in die toepassing van die ander gawes. Byvoorbeeld: Die Here openbaar aan jou ’n geheim van iemand se hart, nou het jy goddelike wysheid nodig om te weet hoe om die openbaring oor te dra, sodat die persoon dit nie verkeerd opneem nie. Dieselfde beginsel geld ook met betrekking tot die onderskeiding van geeste; jy weet nou wat verkeerd is, maar hoe gaan jy die persoon benader en hoe sal jy te werk gaan op die persoon te bevry? Wysheid is gewoonlik gerig op die metodiek wat die Here wil hê ons moet volg om ’n persoon te kan help. Let wel dat hierdie gawe nie net menslike wysheid is nie. So kan die Here jou byvoorbeeld lei om die persoon te vra om iets te doen wat op die oomblik nie vir jou mag sin maak nie, maar later kom die wysheid en insig van God aan die lig wanneer die taak suksesvol afgehandel is. So het Elia vir Naäman beveel om hom sewe keer in die Jordaan te gaan was. Op daardie oomblik het die opdrag hoegenaamd nie sin gemaak nie, maar noudat ons die verhaal lees, sien ons dat die Here Naäman wou toets of hy homself sou verneder en die opdrag uitvoer voor sy manskappe, sodat God alleen die eer sou kry.

Deur die gawe van wysheid gee die Heilige Gees vir jou insig in iemand se huidige omstandighede wat tot ’n oplossing sal lei, indien hulle doen wat jy sê. Wysheid is gewoonlik prakties en ’n oplossing waaraan niemand sou gedink het nie, maar wat tog die logiese en sinvolle oplossing is vir ’n saak of probleem. So moes diakens gekies word wat vol van die Heilige Gees en wysheid was (Acts 6:3) en hulle kon nie die wysheid in Stefanus weerstaan nie. (Acts 6:10) Jesus was ook gevul met wysheid van ’n baie jong ouderdom wat selfs die skrifgeleerders verstom het. (Luk 2:4052) Tog is dit nie die wysheid van mense nie, maar van God. (1 Cor 2:6) Uit bogenoemde skrifgedeeltes kan ons die volgende afleidings maak:

Die gawe het mense verstom, dit beteken dat die persoon wat God hier gebruik het, bonatuurlike wysheid en insig oor moeilike kwessies en vraagstukke moes openbaar wat jy nie gewoonlik aan die persoon sou toevoeg nie.

Dit moes openbarend van aard wees, in die sin dat die konneksie van wysheid aan God toegevoeg is. Die grondslag van hierdie wysheid dra ’n goddelike element. Die gawe van wysheid het dinge vereenvoudig en ontlont. Daar is ook ’n edelheid (egtheid) en nobiliteit tot hierdie wysheid. (2 Cor 1:12) Hierdie wysheid staan duidelik teenoor die wysheid van die vlees en die wêreld wat gegrond is op jaloesie en persoonlike ambisie. (James 3:14-15) Maar hierdie wysheid het ook ’n praktiese sy. Om in voeling te wees met die werklikhede van ’n gegewe situasie of persoon. (Col 4:5 en Jud 19-23) Dit is om te weet wanneer om watter gereedskap te gebruik, en wanneer. Hierdie gawe gee jou ’n goddelike objektiwiteit. Die bron van hierdie gawe van wysheid is nie net die Heilige Gees nie, maar die woord van God wat in ons hart lewend geword het. (Heb 4:12) Die Woord is ’n onderskeier, wat die bedoelings van die hart beoordeel.

Die gawe van wysheid lig mense uit hulle aardsheid en beperkte denke en gedagtes na God se vlak. Daarom gaan hierdie wysheid grootliks gepaard met goddelike perspektief. Hierdie gawe gee lig, maak dinge duidelik en gee perspektief.

Onderskeiding van geeste:

Dis nie die gawe om mense te kritiseer en hulle te veroordeel nie. Nee, dis bloot die gawe om verkeerde geeste in mense te herken, te identifiseer en die bose geeste uit te dryf. Jesus het die Fariseërs se gedagtes onderskei en so die gesindheid en gees van hulle hart ontbloot. (Luk 6:8) Paulus onderskei die vrou met die waarsêer gees, en bestraf haar. (Acts 16:17-19) Onderskeiding van geeste is nie net om die negatief raak te sien nie, maar so het Paulus gesien en onderskei dat die kreupele die geloof gehad het om gesond te word. (Hand 14:8-10) So het Jesus onderskei dat daar geen bedrog in Nataniël se hart is nie. (Joh 1:47) Jesus het altyd geweet wat in die hart van die mens is. (Joh 2:25) So kon Petrus sien en onderskei dat Simon se hart vol bitterheid en boosheid is. (Hand 8:23) Johannes moedig ons aan om elke gees te toets. Want daar is baie valse leraars en bedienaars. (1 Joh 4:1) Om dinge te ondersoek en te onderskei wat waar is reg is, is essensieel vir ons geloofslewe in Christus. Selfs Job het dit verstaan. (Job 12:1134:1-3) Hy vergelyk onderskeiding met hoe ons luister en stemme en klanke onderskei, en hoe ons met ons tong smake onderskei. Die gawe van onderskeiding is nie net die natuurlike menslike onderskeidingsvermoë of intuïsie nie. Enige mens het hierdie onderskeidingsvermoë, die probleem is die mens kan verkeerd wees en verkeerd beoordeel. Die gawe van onderskeiding van geeste is om met goddelike kennis en insig te onderskei. Dis immers ’n gawe en vermoë van die Heilige Gees. Hy ken waarlik die hart van mense. Want wie van die mense weet wat in ’n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. (1 Cor 2:11) Daarom is die gawe en werking van die gees om geeste te onderskei nie gesetel in menslike opinie en beoordeling nie. Ons sien in die Gees volgens die Gees, omdat Hy ons iets laat sien wat nie vir die mens moontlik is om te sien nie. So het Jesus die geeste in die besetene van die Geraseners geïdentifiseer en hulle uitgedryf met ’n woord. (Mar 5:1-20) Jesus het ook met die seun wat epileptiese aanvalle gekry het onderskei dat dit ’n demoon was, die seun bevry en hom genees. (Mat 17:14-18)

Die demonstrasie gawes

Gawes van genesing:

Let wel gawes (meervoud), (1 Kor 12:9, 28, 30) dus is daar meer as een gawe van genesing. Ek klassifiseer hierdie gawes volgens die drie dimensies van die mens. Sommige kan vir mense bid om geestesversteurings en geestessiektes gesond te maak. Ander word deur die Here gebruik om mense met emosionele probleme te help en te genees, en dan is daar fisiese siektes en krankhede wat nie ’n geestes -of emosionele oorsaak het nie. 

Siekes is genees deur die oplê van hande (Mar 16:18) en die salf van olie. (Mar 6:13; Jak 5:14) 

Ander is genees deur die uitdryf van ’n demoon (Mat 17:14–20

Ander is genees deur hulle geloof (Mar 10:52) Geloof ook in die persoon wat vir siekes bid was soms belangrik (Hand 3:4; 5:15; 9:17) Ander kere was die geloof van die een wat bid essensieel (Mat 17:19) Sommige is genees met die vergewing van hulle sondes. (Mat 9:2-5) Sommige is genees toe doeke wat gesalf is op die sieke gelê is. (Hand 19:12) Jesus bestraf die krankheid en die vrou is genees (Luk 4:38–39) Op die einde is geloof die belangrikste bestanddeel vir genesing. (Mar 6:4–6) Daar is nie een metode van genesing nie, want dit is God wat genees, en nie ons metodes en tegnieke nie. Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. (1 Pet 2:24) Hy is die God wat genees. (Exo 15:26) 

Wonderwerke:

Wonderwerke is werklik bonatuurlike en kragtige dade waarvoor die mediese wetenskap gewoonlik nie antwoorde het nie. Om dooies op te wek, sal ook in hierdie kategorie val. Daar is hoofsaaklik twee kategorieë wonderwerke

1) dié wat deur die mens as agent verrig word, 

2) en dié wat algeheel deur God alleen verrig word. Byvoorbeeld Petrus en Silas se ontsnapping uit die tronk deur ’n Engel (Acts 16:24-26), die skeur van die voorhangsel en dié wat uit die graf uit opgestaan het tydens Jesus se sterfte. (Mat 27:52-53) In terme van eersgenoemde sal die volgende gebeurtenisse as wonderwerke beskryf kan word: 

Jesus wat die skares voed. (Joh 6:1-14

Jesus verander water in wyn. (Joh 2:1-12

Jesus genees die Koninklike beampte se seun met ’n woord. Hierdie genesing word deur Johannes as die tweede teken beskryf wat Jesus gedoen het sedert hy uit Judea in Galilea aangekom het. (Joh 4:54

Lasarus word uit die dood opgewek. (Joh 11:38-44 en Joh 12:18

Petrus en Johannes genees die verlamde man by die Tempelpoort. Hierdie genesing word deur die Sanhedrin as ’n sigbare en sekere teken beskryf. (Acts 4:16, 22) Wonderwerke blyk redelik algemeen te wees in die vroeë Kerk as ons oplet hoe Paulus so in die verbygaan van wonderwerke praat. (Gal 3:5) Hier maak Paulus dit ook duidelik dat wonderwerke nie plaasvind deur werke of die onderhouding van die wet nie, maar deur die geloof! 

Geloof:

Elke gelowige het tog ’n mate van geloof ontvang. (Rom 12:3) Die gawe van geloof is egter meer as dit. Dit is die bonatuurlike geloof om uitsonderlike opdragte wat God gee te kan uitvoer. Die geloof om berge te versit. (1 Cor 13:2) Jakobus praat van die gebed van geloof wat die kranke sal red, (James 5:15) en verwys dan na Elia se gebed wat meegebring het dat dit nie sal reën nie. Dit is ’n goeie voorbeeld van bonatuurlike geloof. Elia het hierdie opdrag van die Here ontvang en moes in gehoorsaamheid bid, met ’n natuurwonder tot gevolg. Petrus wat op die water loop is nie net ’n wonderwerk nie, maar ’n manifestasie van bonatuurlike geloof. (Mat 14:28-31) Dié gawe is uitsonderlik, sodat mense dit sou kon sien en waardeer in ’n individu se lewe, soos met Stefanus wat uitgesonder word dat Hy vol was van geloof en die Heilige Gees. (Acts 6:5) So ook word na Barnabas as ’n goeie man verwys, vol van geloof. (Acts 11:22-24) Geloof word in ons hart gewerk en geskenk as ’n gawe tot redding deur God se genade. (Eph 2:8) Ons hele lewe is ’n geloofslewe, want ons lewe nie deur wat ons sien nie, maar volgens wat ons glo. Maar af en toe het ons méér geloof nodig, geloof om bonatuurlike dade van gehoorsaamheid uit te voer volgens die spesifieke opdragte van God. Om hierdie verlossingsdade te kan deurvoer, het ons die gawe van geloof nodig. So het mense al motors en huise weggegee; alles wat hulle besit verkoop om na ’n ander land te gaan om ’n verlore mensegroep te bereik met die evangelie. Ander is gelei om presidente te konfronteer met die woord van waarheid, en hooggeplaastes te roep na verantwoording. Ons lewe as gelowiges is baie meer as om net in God te glo, dit doen die duiwels ook. Ons geloof is nie net vir redding en saligheid nie. God wil deur ons ongewone dade van verlossing bewerk tot Sy eer, en tot getuienis van Sy Naam.

Toets die Geestesgawes

Dit is uiters belangrik soos vroeër in die boek verduidelik dat ons nie moet probeer om die gawes van die Gees soos profesie te stop nie, maar eerder mense leer hoe om reg te onderskei en hoe om geestelik te beoordeel. Baie mense het al seergekry en foute gemaak omdat hulle alles wat vir hulle in die naam van Jesus aangebied word, soos soetkoek opeet. Beproef alle dinge; behou die goeie. (1 Thes 5:21) Let ook op die klem in hierdie vers, “behou die goeie.” Met ander woorde moet nie net die sleg uitwys en beoordeel nie, maar behou dit wat goed is. Ons gooi nie die vis weg oor die grate nie, ons haal die grate uit. 

Is die openbaring tot opbouing, bemoediging en vertroosting van die gemeente? Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. (1 Cor 14:3) “laat alles tot stigting geskied.” (1 Cor 14:26) Sommige mense voel om sekere verkeerde dade aan te spreek in die gemeente, maar hulle sluit hulleself uit, en praat van “julle doen so of maak só.” Hierdie tipe openbaring bou nie op nie, maar veroorsaak dat die persone wat luister veroordeel voel. Nog ’n voorbeeld is waar iemand van sy of haar openbaring praat, of dit wat hulle in die Here beleef het en weereens almal uitsluit, asof hulle alléén hierdie openbaring ontvang het. Dit is baie moeiliker om geloof by mense op te wek, as om foute uit te wys en net te veroordeel. Dit is nie moeilik om verkeerde dade te veroordeel nie, die uitdaging is hoe om dit op te los! 

Is dit in lyn met die Skrif en die Gees van die Woord? Geen openbaring moet kontrasterend wees met die beginsels en leer van die Woord nie. Die Heilige Gees sal ons immers herinner aan Jesus se woorde, en nie uit Sy eie praat nie. (Joh 14:2616:13) Byvoorbeeld iemand wat ’n openbaring ontvang om van sy vrou te skei en met ’n ander te trou, hou nie kers vas met die Woord van God wat sê dat God egskeiding haat nie. (Mal 2:16

Verheerlik die openbaring Jesus Christus? Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. (Joh 16:14Die getuienis van Jesus is die gees van die profesie. (Rev 19:10) Baie openbarings kan subtiel die aandag na die persoon en die boodskapper trek. Terwyl ware openbaring in totaliteit Christus verheerlik. Oppas dus vir die woord “ek” in profesieë of openbarings. Daar word soms te veel gepraat van wat ék moes doen, en hoe niemand anders dit gesien het nie, maar ék het dit gesien. Die menslike aspek van eie-ek en self, wil so graag eksklusief en spesiaal voel; “van hierdie naweek af gaan hierdie dorp nooit weer dieselfde wees nie.” Wat van al die persone wat al vir jare in die dorp bedien en werksaam is, het hulle dan nie ook Christus nie? 

Wat is die vrug van die openbaring na ’n tyd? Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! (Mat 7:15-16) Die vrug van die Heilige Gees is nie net die vrug wat aan elke bedienaar geken en gesien sal word nie, maar is ook die nalatingskap van die vrug wat agterbly. (Gal 5:22-23Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. (Efe 5:9) Ons gedrag en optrede vind plaas in die raamwerk van die karakter en bedryfstelsel van Christus. Maar nou moet ek ook balans bring in hierdie aspek, want baie keer wanneer God regtig met mense se hart praat, is daar ongemak en selfs verleentheid. Onthou, waarheid ontbloot harte en motiewe en dit is nie altyd lekker vir die vlees nie, veral enige vorm van korreksie. (Heb 12:11) Die vrug van korreksie is ook seën, maar dan moet die korreksie aanvaar word. Godsdienstiges wil ook altyd alles mooi en reg hou, en so word baie onheil en boosheid in harte bedek. Waarheid ontbloot die oordenking van die hart en konfronteer dit! Alhoewel die einde ook positief is, word die proses as negatief beleef. Op hierdie punt moet die kerk wakker word en leer om in een denke op te tree. In so ’n geval kry ons baie keer die persoon en mens jammer, en ons wil graag alles weer bedek. So ’n persoon kry dan twee boodskappe,en hy/sy verset gewoonlik hulself teen die boodskapper. Ons almal moet so ’n persoon help om die korreksie te verstaan en te sien, sodat daar belydenis kan kom en uiteindelike godsvrug! As die openbaring die toekoms voorspel, het dit toe waar geword? As ’n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie.” (Deut 18:22) Ek bespreek hierdie punt ook wanneer dit kom by valse profete. Sommige profetiese woorde kom met sekere voorvereistes en opdragte wat uitgevoer moet word, sou die persoon hierdie voorskrifte verontagsaam, sal die profetiese woord ook nie tot vervulling kom nie. 

Bring die openbaring vryheid of ’n vorm van slawerny? Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. (Rom 8:15) Hierdie is ’n absolute essensiële punt! Jesus het gekom om ons vry te maak en nie weer tot slawerny te bring met allerhande voorskrifte, wette en reëls nie. Sien (Col 2:16- 23; 1 Cor 14:33; 2 Tim 1:7) So baie profete profeteer nog vanuit ’n Ou Testamentiese perspektief – doen dit, dan sal jy dat kry. In Christus Jesus het ons alreeds alles ontvang wat ons nodig het vir ’n Godsvrugtige lewe, ons moet dit net in die geloof toe-eien vir ons self. In hierdie aspek bring Nuwe Testamentiese profete vir ons lig oor wat ons alreeds ontvang het. Dit help ons om te sien wie en wat ons in Christus is! 

Bring die openbaring lewe of dood? Die lewendmakende Asem van God bring LEWE in hoofletters maar die letter maak dood. (2 Cor 3:6) Die Heilige Gees bring groei, skep energie, en lig ons op, terwyl sommige openbarings ons moedeloos, hopeloos en as mislukkings agterlaat. 

Bevestig die Heilige Gees die openbaring? Wat júlle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle, en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles, en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie. Ja, soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly. (1 Joh 2:27) Die Heilige Gees sal in jou saam getuig dat die openbaring van God is. Dit is ook belangrik om die Here te vra om die woord vir jou op ander maniere te bevestig, soos wat Gideon gemaak het. Moet nooit net op jou eie aanvoeling gaan nie, toets die woord aan die punte wat alreeds genoem is. Maar God het ons ’n innerlike getuie en gesonde verstand gegee om sin te maak uit ’n openbaring.

Toets die geeste – Beproef alle dinge; behou die goeie. (1 Thes 5:21) Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. (1 Joh 4:1) Is die profeet se woorde en uitsprake in ooreenstemming met die Gees en Persoon van God? Bevestig die uitspraak dit wat die Here jou alreeds gewys het? Toets die gees van die profeet: Spreek sy/haar lewe van godsvrug en die karakter van Christus? Of is daar ’n ondertoon van arrogansie, beterweterigheid, selfgerigtheid en subtiele selfverering?

Word hierdie woord ook deur ander geestelik erken en goedgekeur? Wat die profete betref, twee of drie kan aan die woord kom, en die ander moet beoordeel wat hulle sê. (1 Cor 14:29) Ander wat ook geestelik is, moet alle profesie beoordeel. Geen profesie is vir private interpretasie nie, maar word deur die ouderlinge beoordeel. Veral wanneer dit kom by openbaring wat die kerk as geheel raak, of ’n sekere land, is dit belangrik om uit te vind of die woord deur ander profete bevestig word. God se Gees is mos in almal van ons, nie net in een persoon nie.  Ons moet ook leer om nie net ander te beoordeel nie, maar ook om onself te toets. Die grootste tragedie in die kerk vandag is dat ons nie onsself sien nie. Ons is gou om foute in ander te sien, maar self sien ons nie wat ons verkeerd doen nie. (Mat 7:1-5)

Ons Gees kan besoedel raak – (2 Cor 7:1; Luk 9:55; Isa 29:24) Let wel, ’n mens se gees is nie noodwendig perfek nie, en kan besoedel word deur sonde en onvergewensgesindheid. Dit kan ’n profetiese woord besoedel en ontneem van sy egtheid. Daarom moet profete altyd seker maak dat hulle rein voor God staan. Die volgende is gesindhede en sonde wat ons gees kan besoedel: Bitterheid, hardheid, trots, eiegeregtigheid, selfsug, hebsug, jaloesie, gemeenheid, selfbejammering, verontreg voel, onbeskoftheid, arrogansie, selfsugtige ambisie. Vra en bid die Heilige Gees om jou te wys en uit te lig watter verkeerd is in jou hart. ONTHOU, ons doen nooit selfondersoek nie, maar ons laat toe dat die Heilige Gees ons hart en niere ondersoek. (Ps 26:2139:23) Selfondersoek kan mens laat verval in ’n selfgesentreerde fokus wat net na binne neig en sodoende meehelp dat ons perspektief verloor. Paulus verklaar: Wat van my? Was ek betroubaar? Dis vir my werklik nie belangrik hoe julle of enige menslike regbank my beoordeel nie. Ek vertrou selfs nie eers my eie oordeel in hierdie opsig nie! (1 Cor 4:3) Ons kan nie onsself verander as die Heilige Gees nie deur Christus die genade en verandering in ons bewerk nie! Daarom leef ons ’n lewe van daaglikse selfverloëning aan die wil, plan en opdragte van God. Hierdie is nie ’n lewe van self gesentreerde selfkastyding nie, maar ’n lewe van gehoorsaamheid aan die Here in alles wat Hy leer en beveel.