Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Nie alle goed is goed vir jou nie.  Elke handelsmerk advertensie is daarop gerig om jou te probeer oortuig dat hulle produk besonder begeerlik, lekker, en goed is vir jou.  Geen regdenkende mens koop ‘n produk wat jou openlik dreig om jou stadig dood te maak nie! Tog sien ons die een dokumentêr na die ander, wat uitwys hoe sleg sekere kosse en produkte vir ons is!

Dit is duidelik dat die voorstelling van wat GOED is, ‘n blatante leuen en misleiding is! Elke politikus en filmster, wat beroemdheid begeer weet dat die geheim is in die baie goed wat jy aan jou medemens doen! So bemark hulle hulle goeie dade om daardeur in mense se goeie boekies te kom.  

As GOED die enigste manier is om in die mark te bly en ‘n bestaan te maak, dan is dit onvermydelik dat MISLEIDING en VERVALSING voorkom! Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.” (Mat 7:16-20) 

Geen film of storie eindig met boosheid wat oor die goeie triomfeer nie. Selfs die held wat tientalle skurke voor die voet doodmaak (net omdat hulle sy hond doodgemaak het), laat mens goed voel op die einde.  Elke mens glo in hulle eie goedheid.  Maar is al hierdie goed, gelykstaande aan God se standaard van wat GOED is? By elke begrafnis word mense se goedheid besing, as ‘n validasie van hulle reg tot die hemel. 

Baie mense reken dat hulle godsdienstige VROOMHEID goed genoeg is vir die Here.  Jesus skok ‘n goeie, welvarende, wetsgehoorsame jongman wat voor Hom op sy knieë val en vra: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Daarop sê Jesus vir hom: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. (Mark 10:18) 

Die mens se MAATSTAF van wat Goed is, is nie altyd reg en akkuraat nie! 

Sommige is daarop uit om juis die wat goed doen se ONDERGANG te bewerk. Gee tog ag op my, Here, hoor wat sê my vyande! Goed word tog nie met kwaad vergeld nie!

Maar hulle grawe ‘n gat vir my om in te val.  (Jer 18:20) Hulle vergeld my kwaad vir goed,

hulle gebruik elke geleentheid om my by te kom. (Ps 35:12) My vyande is vol lewenskrag

en daar is so baie wat my sonder rede haat, wat my kwaad vir goed vergeld en teen my is omdat ek die goeie najaag. (Ps 38:20)

Ander VERDRAAI dit wat goed is!  Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg,

wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter. (Isa 5:20)

Verder word die verkeerd GEREGVERDIG as die einddoel darem goed is. Die doel heilig die middele! Beteken dit dat ons sê: Laat ons die verkeerde doen sodat die goeie daaruit kan voortkom? Daar is mense wat ons dit wel lasterlik in die mond lê, maar hulle kry die oordeel wat hulle verdien. (Rom 3:8) 

Sommige is net inderdaad heeltemal ONBEWUS van hulle eie misrekende goedheid. Soos toe Petrus vir Jesus wou vermaan. “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.” (Mat 16:23) 

Hoe het Satan dit reggekry om Eva te VERLEI om God te minag en te verloën? 

Sy het geen geskiedenis van mense wat haar teleurgestel het of seergemaak het nie.  Adam en Eva is gesond, in ‘n pragtige tuin van ongeskonde perfekte nuutgevonde harmonieuse landskap van oormaat en voorsiening.  Dink aan die mooiste botaniese tuin waarin jy al ooit was, met elke moontlike gratis voorsiening!  Hoe het die slang hulle mislei, om dit alles op te gee, en God te ongehoorsaam?  

  1. “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?” Gen 3:1 Die Woord van God is ons rigsnoer en oorlewingshandleiding, hoe verder die mens VERVREEMD raak van God se voorskrifte, wil, en insig hoe nader hy of sy die afgrond van verdriet, lyding, verwoesting en die dood.  
  2. Dit is duidelik dat Eva praat uit TWEEDEHANDSE KENNIS van God, en nie ‘n direkte openbaring van waarheid nie.  “God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.” She lacked conviction! Sy was nie oortuig van God se goedheid nie.  Miskien is die Here besig om goed van ons te weerhou? 
  3. Die GOED misleiding: H2896. טוֹב ṭôḇ, טוֹבָה ṭôḇāh, טֹבָה ṭōḇāh: An adjective meaning good, well-pleasing, fruitful, morally correct, proper, convenient. 
  4. Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en

mooi om na te kyk en PLEASANT H8378. תַּאֲוָה ta’awāh: A feminine noun meaning desire, delight, bounty; craving, greed. It indicates something that is attractive and delightful to the EYES, desirable (Gen. 3:6).

  • begeerlik omdat dit kennis kan gee. (Gen 3:6) DESIRE H2530. חָמַד ḥāmaḏ, חֲמוּדָה ḥamûḏāh, חֲמֻדָה ḥamuḏāh: A verb meaning to take pleasure in, to desire, to lust, to covet, to be desirable, to desire passionately. The verb can mean to desire intensely even in its simple stem: the tenth commandment prohibits desiring to the point of coveting, such as a neighbor’s house, wife, or other assets (Ex. 20:17) WISE H7919. שָׂכַל sāḵal, שָׂכַל sākhal: A verb meaning to act with insight, to be prudent, to give insight, to teach, to prosper, to consider, to ponder, to understand, to act prudently, to act with devotion. The primary meaning of the word is to be prudent.

Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe. (1 John 2:15-17) 

Die mens kan ware goedheid vind SONDER GOD NIE! 

Geskiedenis is vol voorbeelde van mense wat ‘n onreg sonder God probeer regstel het, en uiteindelik meer skade berokken het.  Dit is natuurlik ook so dat daar in die Naam van die Here ‘n sogenaamde goed gedoen is, wat ook skade berokken het.  Ons moet dus verstaan, ons ‘n reguit lyn wil trek, ons altyd teen die liniaal moet druk om reguit te bly.  Dit is die Logos van goddelike wysheid en nugterheid wat ons lei om langtermyn volhoubare goed en reg te doen.  

Ware volgelinge van Jesus het die krag van die Woord beproef en self eerstehands gesien hoe daar redding, veiligheid, vertroosting en verlossing is Sy Woord is. Sy Woord hou ons veilig!! Die Skepper wil ons beskerm!! 

Die ware goeie goed in die lewe is nie altyd UITERLIK aantreklik en gemaklik vir die vlees nie. 

Oefening is nie lekker, gerieflik of laat jou op jou beste lyk nie! Tog is dit werklik goed vir jou! Hoe meer jy oefen, hoe meer wil jy oefen, want jy voel meer gesond!  Gesonde kos is nie altyd die mees smaaklikste of mooiste produkte nie! Tog is dit inderdaad werklik goed vir jou!

Daar is bewys, dat die meerderheid hoofstroom in die meeste gevalle nie die beste besluite neem nie, tog stem ons agter die meerderheid aan, omdat ons te lui is om die waarheid te ondersoek en teen die stroom te swem! 

The antichrist of the modern age is called convenience! 

If you want to be famous, seek obscurity.  
If you want to live, deny self. 
If you want more, give more. 
If you want to lead, serve people. 
If you want to win, make peace. 
If you feel resentful, forgive.  

If you want to stand on your rights, surrender

Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei. (Heb 5:14)