Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

7 Geestelike Oefeninge om in hierdie lewe te OORWIN: 

Die oomblik as ons die woord “oefening” hoor, kom beelde van sweet en swoeg by ons op, en nog ander minder positiewe gedagtes!  Tog as mens na sirkuskunstenaars kyk slaat hulle toertjies ons asem weg… toertjies wat maande se oefening geverg het! Dink aan die jongleur wat verskeie balle in die lug hou, terwyl hy op ‘n eenwielfiets homself balanseer.  So oefen musikante om ‘n instrument te kan speel, of om te kan sing. Kunstenaars skryf, skilder, teken of ontwerpers stik en tooi pragtige klere!  Al hierdie vaardighede is met harde toegewyde oefening bemeester!  

Feitlik elke beroep, behels sekere bepaalde spesifieke vaardighede, kennis, inligting verwerking, en konsentrasie wat ingeoefen moet word oor tyd! 

Mense wat ‘n kunsvorm of vaardigheid vervolmaak het, doen dit gewoonlik later onbewustelik, en sukkel om dit af te breek in stappe.  Hulle kan min-of-meer verduidelik wat hulle doen, maar jy gaan nie leer wat hulle doen, totdat jy nie ook begin oefen nie! In die begin gaan hulle jou wys, dan moet jy dit doen, dan gaan hulle jou korrigeer, en jy gaan dit weer doen, en dan deur baie herhaling kom jy uiteindelik reg.  

Die Koninkryk van God en die geestelike lewe is nie net ‘n filosofie en benadering tot die lewe nie, dit is ook ‘n lys van geestelike oefeninge wat jy bemeester deur die vermoë wat die Heilige Gees in jou werk.   Jesus se prediking en uitnodiging om die Koninkryk van God te ontvang, was nie kennis om maar net te weet nie.  Dit was stappe om te doen! Jy beleef nie Sy koninkryk, totdat jy nie Sy stappe en instruksies begin volg nie.  

Vergifnis klink mooi as dit as kennis vir jou voorgehou word, maar vergewe nou jou oortreder!! Dan is dit glad nie so maklik nie!! Gee ‘n tiende of enige bedrag wat die Here op jou hart lê, dit klink na sotheid, totdat jy Hom gehoorsaam, en die vrug en seën van GEE begin beleef, dan wil jy nog meer gee! 

Kennis Teenoor Ervaring

Ons leef in ‘n generasie, waar mense daagliks kennis versamel, maar niks inoefen en bemeester nie! 

Die evangelie is goeie nuus, want dit leer ons die stappe van reglewe met die mees langdurige voordeel-vir-almal resultate.  Whatever you have learned or received or heard from me, or seen in me—put it into practice. And the God of peace will be with you. (Phil 4:9). 

Verder nog behoort kinders van die Here geen verskoning te hê om sekere vaardighede te bemeester nie, want die Here SALF ons om sekere dinge te vermag, en stel ons bonatuurlik in staat om reg te lewe!  

Take pains with these things; be absorbed in them, so that your progress will be evident to all. (1 Timothy 4:15).

But he who practices the truth comes to the Light, so that his deeds may be manifested as having been wrought in God. (John 3:21)

contributing to the needs of the saints, practicing hospitality. (Romans 12:13)

But solid food is for the mature, who because of practice have their senses trained to discern good and evil. (Hebrews 5:14)

for bodily discipline is only of little profit, but godliness is profitable for all things, since it holds promise for the present life and also for the life to come. (1 Timothy 4:8)

7 Geestelike Oefeninge om in hierdie lewe te oorwin: 

  1. Moet nooit aannames maak totdat jy die FEITE het nie. Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ’n regverdige oordeel. (Joh 7:24). 
  2. Praat altyd die WAARHEID.  Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose. (Mat 5:33-36). 
  3. Tree op in die TEENOORGESTELDE gees. ‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, wees lief vir jou vyand, seën die wat jou vloek, bid vir die wat jou wil misbruik, as jy wil lei dien, as jy prominent wil wees werk agter die skerms.  (Mat 5:39-45).
  4. Hou jou verbondenheid met jou huweliksmaat HEILIG. (Mat 5:27-32).
  5. Doen GOED sonder om iets terug te verwag.  (Mat 5:45- Mat 6:1-4). 
  6. Innerlike TOEWYDING is beter of godsdienstige voorgee.  (Mat 6:5-7).
  7. Leef vanuit die ALLERHEILIGSTE van die Here. Die oorsprong van ons lewe begin in Hom, is in Hom, en vanuit Hom! 

Hierdie lewenstyl is gans onmoontlik vir die vlees.  Alleenlik mense gevul met die Heilige Gees, ervaar hoe die Here ons in staat stel om bonatuurlik in Christus te leef.  

Die lysie van geestelike oefeninge is baie langer, soos ons Sy geregtigheid beoefen:

  • Wees altyd dankbaar
  • Hou jouself te alle tye in geloof
  • Oorwin die kwaad deur die goeie  
  • Bid sonder ophou
  • Doen wat REG is eerder as wat gerieflik is  
  • Gee is beter as om te ontvang  
  • Ons leef nie vir onsself nie, en soek nie ons eie belang nie
  • Ons is altyd LIG en SOUT!
  • Ons soek nie ‘n aardse beloning of erkenning nie
  • Ons vind ons bestaan in Sy Heerlike Nabyheid!