Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Hoe die Here van ’n bang Petrus wat Jesus verloën ’n kragtige getuie gemaak het. 

Die Handelinge-UITSTORTING van die Heilige Gees gebeurtenis word die eerste kontak punt met die KRAGSTASIE van die KERK.  Wanneer gewone diverse mense van byna elke klas en kleur inprop by hierdie BONATUURLIKE kragbron verander hulle na KRAGDADIGE VREESLOSE ONGEVEINSE getuies van JESUS IN MY, die HOOP op HEERLIKHEID! 

Kom word HERLAAI en BEKRAGTIG in die GEES!! 

Die Bonatuurlike Kragstasie van die Heilige Gees is op Pinksterdag aangeskakel om vandag nog vir ons ononderbroke krag te voorsien! 

In Mat 26:69-75 verloën Petrus die Here deur te ontken dat hy Hom ken, in vrees om nie ook gevange geneem te word nie.  Na die uitstorting van die Heilige Gees staan Petrus vreesloos op om die Waarheid te verkondig van Jesus se opstanding. “Deur watter krag en in wie se naam het julle dit gedoen?” Toe het Petrus, vol van die Heilige Gees, vir hulle gesê: (Acts 4:6-8)

KRAG OM TE GETUIG 

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Acts 1:8 

Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen. (Acts 2:1-4) 

Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. (Acts 4:31 

Stefanus, aan wie God baie genade en krag gegee het, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.(Acts 6:8) 

Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.” (Acts 9:17) 

Dié het toe gegaan en vir die mense daar gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie; hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop. Die apostels het hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.  (Acts 8:15-17) 

“Skaars het ek begin praat, of die Heilige Gees kom op hulle net soos op ons in die begin. Toe dink ek aan die woorde wat die Here gesê het: ‘Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.’ (Acts 11:15-16) 

Paulus het hulle ook die hande opgelê. Toe het die Heilige Gees op hulle gekom, en hulle het ongewone tale of klanke gebruik, en hulle het geprofeteer. (Acts 19:6) 

Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God. (1 Cor 2:4-5) 

DIE WARE BETEKENIS VAN DIE JOODSE PINKSTER FEES

Die fees van weke of soos die meeste Christen kerke dit noem ‘Pinksterfees’ is die tweede mees belangrikste fees in die Joodse kalender.  Die fees gedenk die verkryging van die Wet op die berg Sinai deur Moses.  Dit het op die 50ste dag geval, sewe volle weke vandat die sekel die eerste keer in die ongesnede graan geslaan is (Deut. 16:9).

Die getal 50 word bereken as die hoeveelheid dae wat dit geneem vir die volk om uit Egipte tot by Sinai te trek. (Eks 19:1). Hulle het hierdie dag getel van die tweededag van die Paasfees.  Die naam Pinkster kom van die Griekse woord “hè pentekostè” = die 50ste.   Die fees word deur die Here ingestel en die voorskrifte van die fees word aan Moses deurgegee (Lev 23:15-21). Hierdie fees is vervul op die 50ste dag toe die Heilige Gees uitgestort is op die wat in die bovertrek gewag het op die vervulling van die belofte.  

Vergelyk hierdie twee tekste: “Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ‘n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” (Hand 1:5,8). 

Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.” (Mat 3:11) 

Die ooreenkomste tussen die gebeurtenis by Sinai en in Hand 2 is baie interessant:  

Toe die Here op die berg aan die volk verskyn… donderweer en weerlig… rook en vuur… die berg het geskud. (Exo 19:16-18) 

geluid van baie sterk basuin” en in Handelinge 2 “geluid soos van ʼn geweldige rukwind” 

omdat die Here in ʼn vuur daarop neergedaal het” – “tonge gesien soos van vuur” 

In Eks 32:28 word 3000 mans doodgemaak as straf vir hulle vrees, ongeloof en maak van ʼn valse god.  Na die uitstorting van die Heilige Gees kom 3000 mense tot bekering!  Tydens Moses se tyd op Sinai, word instruksies oor die bou van ʼn tent van samekoms, later word die volk opgeroep om vrywillige offers te bring vir die oprigting van ʼn heiligdom. (Exo 25:1) “ook moet hulle vir my ʼn heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon” (Exo 25:8) Na die uitstorting van die Heilige Gees word na ons as gelowiges verwys as die tempels van die Heilige Gees.  (1 Cor 3:16; 2 Cor 6:19; 2 Cor 6:16) Die kerk van Jesus Christus word die gebou en tempel van God, gebou met lewende stene  (Eph 2:21).  

Dit is ook baie duidelik uit die getuienis en vrug van die Pinksterdag belewenis dat die Here by hierdie geleentheid die nuwe verbond profesie deur Jeremia in Christus bekragtig en verwesenlik het. 

Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit. Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. ‘n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie. (Jer 31:31-34)

Die gebruik om twee brode voor die Here te wuif is baie interessant.  Veral as jy in aanmerking neem dat geen offer aan die Here suurdeeg mag bevat het nie (Lev 2:11). Maar in hierdie geval word die twee brode gebak van die opbrengs van die oes, met suurdeeg en voor die Here gewuif.  Die Jode sien die twee brode verwysend as een na die Jode en die ander na die Heidene.  Hierdie is ʼn geheimenis wat eers deur Paulus later duidelik gemaak is om te verstaan die middelmuur tussen Jood en Nie-Jood verwyder in Christus (Eph 2:11-22).  

Onthou toe die Jode uit Egipte gevlug het was daar die van gemengde bloed wat saam uitgetrek het (Exo 12:37,38). Met ander woorde, almal wat die woord gehoor het, en in geloof en gehoorsaamheid bloed aan die deurposte gehad het is gespaar.  God se hart is dat al die nasies gered sal word  (Ps 72:11; Mat 28:19; Rev 22:2). Maar beide Heiden en Jood het ʼn inherente hartprobleem met sonde.  Beide is vasgevang in die mag van sonde en kan nie hulself bevry nie.  Op Pinksterdag hoor elke nasie wat onder die hemel is die dissipels getuig oor die wonderdade van God in hulle eie taal!  

Die skrywer van Hebreërs werp nog meer lig op die vervulling van die fees en hoe God Sy ware bedoeling van wat by Sinai moes gebeur verwesenlik op Pinksterdag in Hand 2.  Julle het immers nie gekom by ‘n tasbare berg met brandende vuur, donderwolke, duisternis, stormwind, trompetgeskal en geklank van woorde nie. Hulle wat dit gehoor het, het gesmeek dat geen woord meer tot hulle gerig moes word nie. Die bevel dat selfs ‘n dier wat aan die berg raak, met klippe doodgegooi moet word, was vir hulle ondraaglik. So angswekkend was die verskynsel dat Moses uitgeroep het: “Ek sidder van angs!” 

Maar julle het wel gekom by Sionsberg en die stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met sy miljoene engele, by die feestelike samekoms, die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is. Julle het gekom by God wat Regter oor almal is, en by die geeste van dié wat vrygespreek en wat nou volmaak is, by Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond, en by die besprinkelingsbloed wat van iets beters getuig as die bloed van Abel.  (Heb 12:18-21) 

God wou Homself aan ʼn groep mense, sy volk, uitverkorenes persoonlik openbaar, maar die mens kon die heerlikheid nie uitstaan of hanteer nie.  In vrees en ongehoorsaamheid gaan maak hulle vir hulleself ʼn afgodsbeeld.  

Op Pinksterdag kom stort die Here Sy Gees in ons uit, en vind die kulminasie van honderde jare se belofte en goddelike verwagting plaas toe mens God van aangesig tot aangesig sien en ervaar.  Dit is die hoogtepunt en ware betekenis van wat gebeur tydens die vervulling met die Heilige Gees.  

#Pinkster #Pinkstererfenis #Kragdadigheid #Bonatuurlik #Buitengewoon #Vreesloos #Getuie #InnerlikSterk #Kragbron