Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

‘Ek is Jammer, Vergewe My Asseblief’

“In returning and rest you shall be saved;

In quietness and confidence shall be your strength.” Isa 30:15

“As julle julle bekeer en rustig wag, sal julle gered word.

As julle stil op My vertrou,sal julle krag hê.” [1]

“Deur berou en tot rus te kom, sal julle gered word.

Deur stil te raak en te vertrou, sal julle sterk word.[2]

As julle julle bekeer en tot rus kom,

sal julle gered word.

Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.[3]

In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag;[4]

“Ek is opreg jammer, sal jy my asseblief vergewe?”, het ‘n verlore frase in ons samelewing geword! Niemand sê meer hulle is jammer nie.  Ons regverdig ons verkeerd.  Ons blameer iemand anders! Min mense neem verantwoordelikheid vir hulle eie dade.  Sonder ware berou en bekering is daar dus ook nie genade nie.  Mense wil iemand wat opreg jammer sê, vergewe en help.  

Ons leef tans in ‘n wêreld waar foute daagliks in koerante gelys word, maar niemand erken en bely van enige foute of oortredings nie. Dit beteken ons het nie stories om van te leer nie. 

Omdat daar nie belydenis is nie, is daar nie vergifnis nie, wat daartoe lei dat ek die skade wat my aangedoen is wil vergeld. Vergelding vang ons in die strik van oorlog en geweld!

Sosiale media is die skou arena van ons beste dade en oomblikke! Niemand wil hulle skades op Sosiale Media bekend gemaak hê nie, regtelik ook so, want ons wil nie onredelike geskandvlek word nie. 

Die Bybel steek egter nie die rolspelers se foute weg nie, Abraham, Moses, Dawid, Jakob, en Simson se skandes is verewig vasgepen om ons te help onthou en leer, om nie dieselfde foute te maak nie.  

Jesus se eerste boodskap aan die mensdom was: Bekeer julle want die koninkryk van God het naby gekom  (Mat 4:12).  God se koninkryk is nie net seëning soos wonderlike musiek, huise, sorgelose bestaan, en geen meer smart en lyding nie… God se koninkryk behels ook OORDEEL!  In Sy koninkryk is daar geen meer geheime nie.  “Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.” (Mark 4:22; Mt. 10:26; Lk. 8:17; 12:2) 

Jesus verklaar dus: die heerlikheid van God se teenwoordigheid het naby gekom. God staan tussen Sy mense! Wie kan voor Hom staan en nie bewus wees van hulle mensheid en swakhede nie? Soos Moses voor die braambos in Exo 3:5: vuur het van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval. (Lev 9:24) 

Ons leef in ‘n tyd waar die arrogansie van die mens amper geen perke het nie.  Mense aanbid hulleself, vloek en verloën God, en regverdig elke denkbare oortreding teenoor God se Woord sonder enige begrip van die gevolge.  Omdat die mens hom of haarself as god verklaar, wil ons soos God nooit verskoning vra nie.  Ons matig onsself aan as spesiaal, en uitsonderlik, en strewe om anders te wees.  Ons wil soos God wees, sonder God! Ons is die alleenheerser van ons bestaan en toekoms.  

Ten spyte van pandemies, oorloë en groter hongersnood leef ons asof daar geen môre is nie, en geen lewe ná die dood nie! Ons leef net vir vandag, en is net gelukkig wanneer alles volgens ons plan en berekening uitgewerk het.  Die waarheid is: ons raak elke dag al hoe minder in beheer soos ons ouer en ouer raak.  

Net soos wanneer enige instrument gereeld gebruik word, die snare stel uit, en veroorsaak ‘n wanklank.  Belydenis, erkenning, en insig oor ons verkeerd doen is hoe ons, onsself weer instel op die “noot van Jesus Christus”.  Sommige mense het die vermoë om onafhanklik, sonder ‘n instrument, ‘enige’n valse noot oor die regte noot te sing.  Hulle is dus soos ‘n menslike “guitar tuner”.  Mag ons almal deur herhaaldelike luister en doen wat die Heilige Gees sê. Soos ‘n instrument ingestel word, mag ons innerlik, Jesus se “noot” hoor, en onsself daarvolgens ingestel hou.  

Selfbeeld en self-refleksie is ‘n misleiding, want ons is gewoonlik begaan oor foute wat God glad nie aangaan nie.  Soos die Fariseërs, is die mens begaan oor sigbare norms soos, sabbatsonderhouding, kleredrag, en aansien by mense.  God is begaan oor wat in die hart aangaan.  Die Fariseërs was begaan op wat by die mond ingaan, Jesus oor wat by mond uitgaan! (Matthew 15:11).

3 Waarheidspieëls van die Hart

  1. Die Liggaam en familie van gelowiges
  2. Die openbaring van Sy Woord
  3. Die lyding van die Heilige Gees

Deur in hierdie spieëls te kyk en te bely, word ons weer in die frekwensie van die Gees van Christus ingestel.

Die hart is die teelaarde van sonde! Wat bedink jy in jou hart? Wat is jou hart van vol? Hoe klink jou selftalk?  Waaroor dink jy, wat jy te bang is om vir iemand te sê?  Wat is die gesindheid waarmee ons ‘n dink sê.  

Jou gesindheid is die oorheersende atmosfeer van jou hart.  Wanneer jou hart vol vrees, angs, agterdog, “resentment”, bitterheid, onvergenoegdheid, self-geregtigheid en afguns is… kom dit iewers uit! Mens kan dit nie wegsteek nie.  Iewers gaan jou dade en woorde getuig waarvan jou hart vol is! 

Vandag sê die Here: BEKEER JOU!! Ek is hier! Ek sien wat in jou hart aangaan! 

Wat is Jammer-sê NIE?

  1. Dit wys nie ‘n ander se fout uit nie
  2. Dit hou nie aan om die fout te herhaal nie. 
  3. Dit is nie selfgeldend nie
  4. Dit soek nie verskonings nie
  5. Dit is nie kwaad nie

Wat is ware JAMMER-sê? 

VYF R’s:

  1. Recognition – “Erkenning van ‘n mens se sondes as sondes” is die geskenk van ‘n goddelike buite-myself-perspektief — van die impak van my sonde teenoor God, en op die mense om my (2 Kor 7:9). Dit behels ‘n konfrontasie met waarheid – soos iemand wat op heterdaad betrap word.  Dit behels die volslae erkenning van volledige skuld en begrip vir die ware motiewe waarom daar oortree is. Behold, You desire truth in the inward parts, And in the hidden part You will make me to know wisdom. (Ps 51:6) Byvoorbeeld, om te steel van iemand moet nie net gesien word as ‘n misdaad nie, maar ook as ‘n sonde teen die harmonie en veiligheid van die geheel.  Hoekom is moord, diefstal, egbreek, kindersoffer so streng gestraf in die OT? Omdat hierdie in hierdie dade het die oortreder sy of haar geluk/voordeel/begeertes hoër gestel as die van die familie en groter geheel. Daarom behels erkenning van sonder ook die besef dat sulke dade deel uitmaak van dieper patrone van verwantskap en dat dit gemotiveer word deur sommige van die diepste en donkerste elemente in ons wese.
  2. Remorse: “Berou” is ‘n diep goddelike emosie. Dit bestaan uit ‘n goddelike smart en hartseer omdat ons versuim het om God se koninklike morele nobiliteit doel te handhaaf.  Hierdie is nie trane van hartseer omdat ek uitgevang is nie, maar ware trane van berou omdat ek die omvang en skade wat ek veroorsaak het raaksien.  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, 26 en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen. (2 Tim 2:25-26). Hierdie berou is ‘n geskenk wat God in ‘n mens se hart werk.  “Laat daar onder julle geen hoereerder wees of onheilige mens soos Esau, wat vir een ete sy eersgeboortereg verkoop het. Want julle weet dat hy, toe hy later die seën wou beërwe, verstoot is, want hy het geen plek van bekering gevind nie, al het hy dit met trane gesoek.” (Heb. 12:16-17).
  3. Restitution: “Restitusie” is die daad om goed te maak, so goed as wat ‘n mens kan, vir enige skade wat aangerig word. As een gesteel het, moet ‘n mens die voorwerp teruggee of vergoeding betaal. As een ‘n ander se reputasie beskadig het, moet ‘n mens probeer om die oortreding teenoor die slagoffer reg te stel.  Hierdie is ‘n praktiese daad van herstel.  
  4. Remodel: “Desisting from sin” is nie ‘n moreel-intellektuele analise of ‘n gevoel nie; dit is ‘n aksie. Dit is ‘n ophou van sonde, ‘n afkeer van die patrone van sondige optrede waaraan ons verslaaf geraak het. Om van sonde af te sien, behels eintlik om die sondige optrede te stop, gedagtes en fantasieë oor die sondige aktiwiteit bewustelik te onderdruk en ‘n vaste oortuiging deur die Heilige Gees te ontvang om nooit weer die sondige daad te pleeg nie. 
  5. Repent: “Belydenis” is nie net om te sê: “Ek is jammer nie” want die genesing van die slagoffer is meer belangrik as die ootreder se vergifnis.  Daarom vereis ons nie vergifnis nie, mens vra inaggenome dat die slagoffer dalk nie gereed is om onmiddellik te vergewe nie.  In die belydenis is dit baie belangrik om die woorde reg te kies, om daardeur te toon dat die oortreder presies die daad op die naam noem, en die omvang van die skade reg sien.  Belydenis is dus ‘n waarheid regtelike uitspraak.   Dit toon wysheid en begrip wat net die Here sou kon openbaar.  

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. (1 John 1:9)

Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. (James 5:16)

Die samelewing het die vermoë verloor om te bloos! Ons harte het so verhard geraak in ons sonde, dat ons nie eers meer skaam is oor wat ons doen nie. Mag die Heilige Gees die gees van verootmoediging oor Sy kerk uitstort, ons harte sag gemaak deur die deurdringende uitstorting van Sy Gees! Mag ons elke dag Sy noot in ons harte hoor, en onsself gedurig daarooreenkomstig instel.

The reason we do not change is we because we focus on our righteousness, instead of receiving His righteousness.

Fickart Henn

FINALLY and most importantly…

After confession comes the step of faith, to look at His righteousness! By faith we receive His purity, faith, longsuffering, meekness, humility, gentleness, goodness, self-control!

Repentance is the first step, for that is how we humble ourselves, and bow our knee!

Now we need to embrace His forgiveness! Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; (John 1:12)

sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here. Rom 5:21

Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. (2 Cor 5:21)

VERKLAAR VANDAG: Ek is die geregtigheid van God in Christus Jesus.


[1] Die Lewende Bybel. Roodepoort: Christelike Uitgewersmaatskappy, 1982. Print.

[2] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling. Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006. Print.

[3] Die Bybel: Nuwe Vertaling. Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998. Print.

[4] Die Bybel: Ou Vertaling. Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1996. Print.