Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Weet Die Kerk Nog Nie Wie Haar Aardsvyand Is?

Die Judeo-Christen denke en lewensstyl is sedert die begin van tyd in stryd met die slang – ‘n argetipe van vertwyfeling in wat God sê.  Hierdie stryd hou op aarde nooit op nie.  

Vandag nog vra meer en meer mense, “Het God regtig gesê?” Is daar regtig ‘n hemel en ‘n hel, en ‘n hiernamaals? Is die Woord van God, regtig waar en betroubaar? Het Jesus regtig bestaan en opgestaan uit die dood? Is die God van Abraham, Isak en Jakob, die enigste ware God? Is homoseksualiteit sonde? 

Die VYAND van VERTWYFELING bleik al hoe meer grondgebied in ons harte te wen… 

— If any of you lack wisdom, let him ask of God, that giveth to all men liberally, and upbraideth not; and it shall be given him.

But let him ask in faith, nothing wavering. For he that wavereth is like a wave of the sea driven with the wind and tossed.

For let not that man think that he shall receive any thing of the Lord.

A double minded man is unstable in all his ways. (James 1:5-8) 

Twyfel

Twyfel word hier (KJV) vertaal met “wavering” in plaas van “Doubt” en gee ons ‘n baie mooi visuele beeld van hoe twyfel lyk. 

 

Twyfel is nie ongeloof nie, dit is, jy weet nie WAT om te glo nie.

Jan Oosthuizen

1252. διακρίνω diakrínō; fut. diakrinṓ, from diá (G1223), denoting separation, and krínō (G2919), to distinguish, decide, judge. To separate throughout, completely, used trans. In the mid., to separate oneself. Particularly, to separate oneself from. 

Hierdie afsnyding, vervreemding, en distansie is die begin van twyfel.  As Adam en Eva by die Here gebly het, met die Here gepraat het oor die slang se praatjies, het hulle moontlik nie gesondig nie.  

Hoe meer die wêreld vervreemd raak van die Bybel en die Here, gevolglik, is niks meer seker nie.  Byvoorbeeld, niemand weet wat om met Putin en die oorlog in die Oekraine te maak nie! Die vyand floreer in die atmosfeer van vertwyfeling: niemand word gearresteer nie; niemand word vervolg nie; niemand neem aksie nie en ongeregtigheid vermenigvuldig! 

Douglas Murray een van Brittanje se mees gerekende kommentators oor politiek en samelewing, mederedakteur van The Spectator verwoord ons hedendaagse geloofoortuigingsoorlog so: The explanations for our existence that used to be provided by religion went first, falling away from the nineteenth century onwards. Then over the last century, the secular hopes held out by all political ideologies began to follow in religion’s wake. In the latter part of the twentieth century, we entered the postmodern era[1]  

“WOKE” – “Die Nuwe Godsdiens”

Nou is die WOKE polisie besig om die nuwe godsdiens van wat mense moet glo te bepaal.  ‘n Goeie voorbeeld is die onlangse Dr Strange die “Multiverse Madness” fliek.[2] Die idee van ‘n “multiverse” het geen wetenskaplike of Bybelse gronde, maar word al hoe meer geprojekteer op ons kinders (sien die mees onlangse Spiderman No Way Home film fliek. Die heldin in die Dr Strange fliek is ‘n jong meisie wie se ouers, ‘n lesbiese paartjie, sterf tydens haar ontdekking van haar superpower.  Verder is die fliek deurweek met magiese beswerings en vloeke, antieke geskrifte, ens, ens! 

Niks is meer heilig of onaantasbaar nie! Jy mag nie meer sê iets is verkeerd of sonde nie, want dan skend jy die persoon se regte! 

Jan Oosthuizen

In hierdie proses het dit, byvoorbeeld, toe al duideliker geword dat die term “homoseksualisme” vermy behoort te word, aangesien dit alreeds ‘n vooraf bepaalde vertrekpunt impliseer wat ‘n negatiewe konnotasie daaraan verleen (en dus onmenswaardig is). Ons moet dus liewer praat van seksuele oriëntasie”, of van “homoseksuele oriëntasie”, of “homoseksualiteit”, of “gay” of “lesbiese persone” – maar nie van “homoseksualisme”‘ nie. [3]

Onderwysers mag nie meer kinders straf nie! Onderwysers word verbaal geteister, leerders vloek (selfs in die teenwoordigheid van onderwysers), hul baklei met mekaar, hulle kleredrag is swak en hulle kom dikwels laat vir klas.  Weereens ‘n reuse verwydering, tussen onderwyser en kind en gevolglike vertwyfeling waarin ongeregtigheid seëvier! 

As jy nog nie heeltemal weet waaroor die WOKE denke gaan nie, lees gerus Helen Zille se mees onlangse boek: #StayWoke: Go Broke – Why South Africa won’t survive America’s culture wars (and what you can do about it).[4] “Kritiese teorie”, algemeen bekend as “Wokeness” smelt die akademiese tradisies van Marxisme en Post-Modernisme saam. Kritiese Teorie (soos alle weergawes van Marxistiese teorie) verdeel die wêreld in twee hoofkategorieë: Slagoffers en Skurke. Die onophoudelike stryd tussen goed en kwaad, so gedefinieer, is die motor van die geskiedenis. Volgens Kritiese Teorie is hierdie skeiding egter nie meer langs klasselyne nie, (soos klassieke Marxiste beweer). Dit is ‘n stryd gebaseer op ingebore eienskappe van persoonlike identiteit, met die foutlyne ras, seks, seksualiteit, geslagsidentiteit en gestremdheid (en soveel ander kategorieë van benadeelde minderhede as wat ‘n mens kan bedink).  

Die “Woke’ beweging bestaan om verdeeltheid, verwydering, agterdog, leuens, en eensydige stories te promiveer tussen geslagte, kinders en ouers en rassegroeperinge! 

Jan Oosthuizen

Wat die moderne Westerse wêreld nie besef nie, is dat veelvoudige voorregte en gerief van hierdie era juis die gevolg is van 1800 jaar se Christen denke wat in die Bybel gegrondves is. Vishal Mangalwadi lê hierdie waarheid deeglik uit in sy boek “The Book That Made Your World: How the Bible Created the Soul of Western Civilization” Hy bewys dat die Bybel die basis is van ‘n universele woordeskat en begrip, nugter rasionaal en openlike dialoog, innerlike morele reg, deernis en die onderbou van alle geneeskunde, kreatiwiteit en tegnologiese uitvindsels, ekonomie van rentmeesterskap.  

Volgens Patric Hanlon[5] gebruik die beste handelsmerk bemarking agentskappe geestelike of spirituele ondertone om mense te trek: Apple verkoop nie net rekenaars nie, hulle bemagtig en ondersteun passievolle “buite-die-boks-dink”, kreatiewe, verandering aktiviste wat die wêreld ‘n beter plek wil maak. Jy sien weinig foto’s van hulle produkte, eerder video grepe van wat mense met hulle produkte vermag. Onlangs in die ingang voorportaal van Somerset Winkelsentrum is groot baniere: “Be kind, Be courageous, Be strong, Be fearless, Be fun, Be United!” Die winkelsentrum is die plek wat jou gaan help om die bogenoemde te verwesenlik!! Werklik?  

Gesonde mededinging is wat maatskappye laat floreer terwyl die kerk besig is om te kwyn omdat dié strategie om TEEN niks te wees, ons irrelevant maak .  

Jan Oosthuizen

Coca-Cola vs Pepsi, Apple vs Microsoft, ens., bied aan hierdie maatskappye hulle unieke handelskontribusie.  Daarom vandag se boodskap: Wie is vandag die Kerk se grootste vyand?

Natuurlik is hierdie punt parodoksaal, omdat die kerk juis geroep word om brugbouer, vredemaker, versoener en regverdige aktiviste vir die mees gemarginaliseerdes moet wees.  Vandag dra die “Woke”‘ Polisie en Populistiese Politieke Partye hierdie vaandel! 

Die Geloof-Oorlog

Die realiteit is egter, dat ‘n mens nie vrede, eenheid en versoening kan bewerk sonder om gedrag aan te spreek wat vir self en ander skadelik is nie.  In ons soektog na volhoubare vrede, heilsaamheid en welstand moet dade soos selfsug, leuens, luiheid, rebelse ongehoorsaamheid, hebsug, jaloesie, en verslawing aangespreek word.  

In die huwelik: Hoekom skei mense? Hulle het tog eertyds geglo hulle is vir mekaar bedoel en lief vir mekaar.  Dit is weereens sondes soos dislojalitiet, bitterheid, onvergewensgesindheid, tekort aan wederkerige samewerking en wedersydse opofferings, en hardheid van hart wat mense uit mekaar uit dryf.  

Die GELOOF oorlog is dus nog steeds: Wat sê God moet ons glo! Teenoor wat glo ons! 

Jan Oosthuizen

In die Media: Die grootste dilemma op die oomblik is dat dit glad nie meer so maklik is om vriend en vyand te skei nie.  Ons spandeer 80% van ons tyd op rekenaar of TV skerms, waar ons oorweldig word met nuwe inligting oor wat ons moet glo!! Elkeen selfs Putin, Trump en Putin glo hulle doen reg in hulle eie oë!!

In die samelewing: Niemand wil sekerlik opsetlik iemand anders skade doen nie, tog beleef ons veral in Suid Afrika ‘n samelewing met alhoe minder interne toleransie vir ons medemens! Bure maak musiek tot diep na middernag, en dink nie eers daaraan dat ander mense eerder wil slaap nie! 

In die gesin: Ons is so selfgerig in ons eie oorlewing, om toe te sien dat ons kinders hulle huiswerk doen, en hulle dan by al die sport en kultuur aktiwiteite te kry, dat geestelike tradisies heeltemal agterwee gebly het.  Hoekom sal kinders wat nooit weekliks in die samekoms van gelowiges gekom het as kind dit soek as hulle volwasse is? 

In ouerskap: Ons as volwassenes kan moontlik dit regkry om elke dag met die Here te praat, en sodoende naby die Here te leef sonder om kerk toe te gaan, maar hoe verwag jy moet kinders dit regkry? Hulle is so besig met skool daar is geen tyd vir interaktiewe geestelike aktiwiteite soos: lofprysing en aanbidding; gebed en intersessie; Bybelstudie en skrif memorisering; mededeelsaamheid en diens nie! Ouers is ook oorweldig en kan nie ook nog tyd hiervoor maak nie.  

Die kern vraag in die oorlog van geloof is: Ken JOU KINDERS die HERE? 

Jan Oosthuizen

Kan hulle hulleself handhaaf en verdedig in ‘n wêreld wat alhoe meer liberaal en vrydenkend raak? Meer nog, kinders moet die HERE bo alles beleef!

In die onderwys: Wat jy nie kan organiseer in ‘n skool sillabus nie! Mens weet nooit wanneer die Here vir ‘n kind ‘n werklikheid word nie, maar die meeste volwassenes sal jeugkampe, Sondagskool, en jeugdienste onthou.  Hierdie aktiwiteite gebeur nie meer nie, want niemand kom meer na hierdie aktiwiteite nie!

Die kerk moet nou meeding met die beste multimedia produkte denkbaar!! Dink maar aan die mees onlangse Top Gun fliek! Wie kan hoegenaamd met dit meeding? Die antwoord is sekerlik opgesluit in tasbare sensoriese samekomste van die Gees! Mense raak versadig van die valse nuwigheid van sosiale media… ons wil eerder doen en beleef en self ervaar as om vir ander mense te kyk.  Al hoe meer mense vlug in die natuur in! Dit is wonderlik en kinders kan die Here hier beleef.  

My vraag is, word daar ooit tydens hierdie ekskursies oor die Here gepraat, Bybel gelees, saam gebid, ens., ens.? 

Wen Ons As Gemeente?

Ek is bevrees dat ek, myself en ons gemeente is besig om ernstig hierdie oorlog te verloor!! Ons deel preke en gesonde leerstellings op elke moontlike manier – video, podgooi, blogs, radio, “snippits”,”reels”, maar kykgetalle, “likes”, en “shares” is minimaal!

Ons is nie ‘n groot genoeg indrukwekkende gemeente om getalle deur getalle te trek nie!  Mense is agterdogtig vir lokale kerke, en kry eerder hulle eie voorkeure op sosiale media.  Ons bepaal self ons eie geestelike dieët! 

ONS GROOTSTE PROBLEEM IS – ons is nie meer ‘n GEMEENSKAP nie! 

Die beste manier om vertwyfeling uit te wis is deur ‘n diep BETEKENISVOLLE gemeenskap! 

Jan Oosthuizen

Ons almal kry swaar, en sien nie kans vir nog iemand se swaar nie! Ooorlewing-mentaliteit word skadelik. Alhoewel geestelike leierskap en prediking ‘n groot rol speel, is dit nie die primêre rede hoekom mense by ‘n gemeente inskakel nie.  Dit is ‘n bepaalde portuurgroep waarmee ons kan identifiseer wat meestal die grootste trek pleister is.  Onlangs vertel ‘n jong tienermeisie haar storie op Ben Shapiro se Kanaal. [6] Helena Kerschner het begin met testosteroonbehandelings op die ouderdom van 18. Na ‘n jaar-en-‘n-half se behandelings het sy uiteindelik tot die besef gekom dat sy nie eintlik “transgender” is nie.  Wat haar verhaal so tragies maak, is hoe sy alhoe meer van haar eie gesin en skool vriende vervreemd geraak het, terwyl sy meer en meer tyd aanlyn op sosiale media begin spandeer het. Hier terwyl sy haar onbeholpenheid en frustrasies met haar eie lyf begin deel het, is sy gou aangemoedig (en is die saadjie geplant) dat sy moontlik in die verkeerde lyf gebore is. 

“Wat is die veerkragtigste parasiet? ‘n Idee. “‘n Enkele idee kan stede bou. ’n Enkele idee kan die wêreld transformeer en al die reëls herskryf.”  Dié woorde gespreek deur Cobb, die droommanipuleerder wat deur Leonardo DiCaprio uitgebeeld word in die wetenskap-riller fliek:  “Inception”, vorm die basis van ‘n film wat as ‘n soort “Mission-Impossible-of-the-mind” beskou kan word.  In ‘n neutedop, handel die komplot oor ‘n elite IMF-agtige span op ‘n geheime korporatiewe spioenasie-missie. Die missie is om in die gedagtes van die erfgenaam van ‘n afgestorwe korporatiewe titan te plant wat sal veroorsaak dat hy sy pa se ryk ontbind. Hulle doen dit nie deur hipnotiese suggestie nie, maar deur sy droomwêreld te manipuleer en letterlik binne te gaan. Natuurlik kom ernstige komplikasies voor want in die proses verloor ons die vermoë om te weet wat is werklik, en wat is droomwêreld! 

Om te glo, is om jou droom-vermoeë deur die Heilige Gees te gebruik. Dit is presies die OORLOG waarin ons as kinders van die Here gewikkel is!! Ons eie gevoelens kan ons mislei!! Ons eie gedagtes word ‘n doolhof waaruit ons sukkel om te ontsnap! Ons ervarings is ook subjektief, en kan nie geldend die universele waarheid bepaal nie! Ons persoonlikhede, intellek, en vermoëns beperk ons.  

Daar word deesdae soveel waarheid verkoop, ons weet nie meer watter waarheid om te glo nie!! Selfs ons groeperinge kan ons mislei! 

Wysheid Van Jakobus

Dit klink asof Jakobus vandag nog direk met ons praat, wetende al die vrae wat ons pla! 2022 jaar later en ons is soos die mense in Jesus se tyd vasgevang in die worstelinge van die lewe.  

Jakobus se raad is: Geloof sonder werke kan nie geloof genoem word nie. “Geloof sonder werke is dood” (2:26), en ‘n dooie geloof is erger as geen geloof nie. Geloof moet werk; dit moet produseer; dit moet sigbaar wees. Verbale geloof is nie genoeg nie; geestelike geloof is onvoldoende.

Geloof moet daar wees, maar dit moet meer wees. Dit moet tot aksie inspireer.  

Wanneer ons in LIEFDESDIENS en GEMEENSKAP ons liefde en geloof demonstreer, verdwyn vertwyfeling soos mis voor die son!! Jesus se koninkryk boodskap is ‘n NOU boodskap van genesing, bevryding, aanvaarding, vergifnis, versoening, vervulling!! 


[1] Douglas Murray, Madness of Crowds, gender, race, economy, Bloomsbury Publishing 2019

[2] https://christiananswers.net/spotlight/movies/2022/doctorstrange2022.html

[3] Die NG Kerk: Die pad na selfde geslag verhoudings 

[4] Helen Zille #StayWoke: Go Broke: Why South Africa won’t survive America’s culture wars (and what you can do about it) . Obsidian Worlds Publishing. Kindle Edition.

[5] Patric Hanlon, Primal Branding, Create Belief Systems that attract communities. Freepress, 2006. 

[6] https://youtu.be/HwVyozpWWAU