Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

So baie mense voel deesdae, ek is in die verkeerde werk, familie, lyf, huwelik, kerk, dorp! “Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.” Lelies groei omdat hulle in die regte habitat geposisioneer is!! 

Ons huidige lewensrealiteit is geskep deur TWEE INVLOEDE:

(1) Interne biologiese faktore en eksterne invloede soos kultuur, opvoeding, taal, godsdiensoortuigings

(2) Ekonomiese stand.  

  • Ons kan nie ons LIGGAME “inruil” nie, net beter na dit kyk!  
  • Jy het nie jou bloed FAMILIE gekies nie, maar jy kan deel word van ‘n geestelike familie waar jy floreer!
  • Ons het egter ons HUWELIKSMAATS self gekies, en elke dag kies ons weer en weer om OF dieper te bind, of weg te trek.  
  • Jy het jou WERK gekies, niemand forseer jou om daar te wees nie, maak jouself óf onmisbaar óf soek ander werk.  
  • Jy het nie die DORP van jou herkoms gekies nie, maar jy kan kies hoe jy jouself gaan ontwikkel en daar bly of ander plekke eksploreer. 

GROEI daar waar jy GEPLANT is! 

Die punt is: Jou POSISIE Bepaal Jou!  

In enige storm soek mens skuiling by ‘n plek van veiligheid. Jou gegewe posisie bepaal uiteindelik of jy die storm gaan oorleef of nie.  

Daar kom soms wonderlike geleenthede oor mens se pad net omdat jy op die regte tyd en plek die regte mense ontmoet.  

In ‘n hindernisbaan moet mens deurentyd die beste posisie of roete soek om die hindernisse die beste manier oor te steek.  

In muurbal veg die spelers vir die “middel-T” op die baan, die beste posisie om die spel te oorheers.  

Een van die mees belangrikste elemente van langafstand fietsry, is jou posisie op die fiets, wat presies volgens jou liggaamsbou bepaal word.  

Die Regte WEG!

Is Bybelse taal vir die beste posisie van lewe.  

U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig. Ps 16:11 

Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! Ps 139:24

Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. Mat 7:13-14

In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree; Pro 4:11

Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie. Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby; Spr. 4:14

Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe. Spr. 4:18

Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid. Spr. 4:26-27

Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. Prov 16:25

Elke weg van ‘n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte. Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers. Pro 21:2-3 

Every decision has an outcome, and every path has a destination.” 

― Andy Stanley

Die Gawe van Geregtigheid 

Kom ons definieer die beste POSISIE van lewe, uit al hierdie skrifte wat ons sover behandel het. 

  1. ONTVANG en EIEN Sy geregtigheid as jou ware posisie:  
    • Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Mat 6:33; 
    • Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. 2 Kor 5:21;
    • Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. Rom 5:19 
    • sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here. Rom 5:21 
  2. Die VRUG van hierdie regte posisie is: Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Rom 8:17 
  3. Omdat ons God se WIL verstaan, en Sy wil ken, kan ons die lewe reg BENADERDaarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig — Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. Kol 1:9-14 
  4. Uiteindelik is ons beste en regte posisie: GEHOORSAAMHEID! Ons doen net wat Hy ons sê om te doen.  Daarin vind ons rus, vrede, blydskap, en ryk vervulling! Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, n bewerker van ewige saligheid geword. Heb 5:8 

Deur gehoorsaamheid aan die Here:

  • Het 120 dissipels eendragtig hulleself geposisioneer in ‘n bovertrek en die uitstorting van die Heilige Gees ontvang. “En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.” (Han. 2). 
  • Deur gehoorsaamheid aan die Here het Ananias vir Saulus gaan bid en salf (die gevreesde martelaar van gelowiges) wie die skrywer van die NT sou word (Han. 9:10-16).
  • In gehoorsaam aan die Here om sy roeping van God na die heiden nasies te vervul het Paulus die storm op die see oorleef (Hand. 27:13-36). 

Transformering in Posisionering

In hierdie lewe blyk dit uit die geskiedenis dat die mensdom nie altyd toegee tot wat reg en waar is nie.  Verder is gewisse dood die einde van elke mens.  Om ‘n lewe te leef van betekenis en ‘n doelgerigte skeppingsdoel transformeer hierdie donker negatief in ‘n heerlike positiewe lig.  

Wanneer ons iemand se lewe vier, tydens ‘n gedenkdiens ontvang ons berusting as die persoon ‘n vol lewe van diensbaarheid en deernis vir ander geleef het! 

Posisioneer jouself:

  • vir optimale GROEI en SEËN vir andere! 
  • in gehoorsaamheid in die PLEK waar die HERE jou roep en jy sal moeiteloos groei en floreer!!
  • in REGLEEF en REGDOEN as die beste posisie van lewe! 

Vyfvoud-Bediening Bloodstelling

In ons gemeente sien ons mense die meeste geestelik floreer wanneer hulle gereeld aan die vyfvoud-bedieninge blootgestel word (Ef. 4:11):

  1. Bybelskool – Leraar
  2. Huiskerk – Herder
  3. Sending/bedieninge – Apostel
  4. Gebedsaande – Profeet
  5. Mentor iemand of word deur iemand gementor – Evangelis

“And [His gifts to the church were varied and] He Himself APPOINTED some as apostles [special messengers, representatives], some as prophets [who speak a new message from God to the people], some as evangelists [who spread the good news of salvation], and some as pastors and teachers [to shepherd and guide and instruct], 

12 [and He did this] to fully EQUIP and perfect the saints (God’s people) for works of service, to build up the body of Christ [the church]; 

13 until we all reach ONENESS in the faith and in the KNOWLEDGE of the Son of God, [growing spiritually] to become a mature believer, reaching to the measure of the fullness of Christ [manifesting His spiritual completeness and exercising our spiritual gifts in unity]. 

14 So that we are no longer children [spiritually immature], tossed back and forth [like ships on a stormy sea] and carried about by every wind of [shifting] doctrine, by the cunning and trickery of [unscrupulous] men, by the deceitful scheming of people ready to do anything [for personal profit]. 

15 But speaking the TRUTH in love [in all things—both our speech and our lives expressing His truth], let us grow up in all things into Him [following His example] who is the Head—Christ. 16 From Him the whole body [the church, in all its various parts], JOINED and knitted firmly together by what every joint supplies, when each part is WORKING properly, causes the body to GROW and mature, BUILDING itself up in [unselfish] love. – Eph. 4:11 (Amp.)