Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

In eenvoudige terme meet entropie die hoeveelheid wanorde in ‘n sisteem.  Entropie neig altyd om toe te neem: ‘n huis neig om te verval en moet in stand gehou word; dinge by ‘n hoë energietoestand neig om na ‘n laer energietoestand te beweeg; die son brand uit; erosie maak berge platter (verlies van potensiële energie); gepompte bande neig om af te blaas; kookwater koel af en ys smelt.  

Sosiale entropie beskryf hoe, onder andere, swak kommunikasie; ooreenkomste wat nie nagekom word nie; valse inligting; persoonlikheidsverskille; magsbeheptheid; kulturele diversiteit tot spanning lei in verhoudinge en gevolglik, die afbreking van verhoudingstelsels.  Daarenteen skep innovasie, leierskap, religie, gemene voordeel en die fynere kunste weer die energie tot samewerking en die vestiging van nuwe verhoudinge.  

Gesinne, families, dorpe, stede en uiteindelik ‘n land beleef gedurig hoe daar ‘n natuurlike entropie van spanning, divisie, faksies, protes, en ongelukkigheid samewerking en eenheid bemoeilik.  Kontrasterend, is daar ook altyd ‘n natuurlike energie aan die werk om ten spyte van hierdie toenemende afbrekende spanning gemeenskaplike doelwitte te soek en in harmonie na te streef.  

Volgens hierdie aksioom van sosiale entropie is daar altyd spanning en energie teenwoordig in die sosiale sisteem – ‘n mens moet dit dus verwag.  Eenheid, harmonie en samewerking is altyd onder druk en spanning om uitmekaar te breek en te vervlou.  Soos ‘n band altyd pap raak. Daarenteen na protesoptogte, oorloë en bakleiery kom daar altyd ‘n soeke na eenheid, samewerking en die vestiging van nuwe vennootskappe.  Voorbeelde is die rooikruis, verenigde state, handves van mense regte wat tot stand gekom het as gevolg van die derde wêreld oorlog.  Asook die bedreiging van Covid 19 het ook tot groter samewerking en nuwe innovasies gelei.  Selfs die oorlog in die Oekraine versterk die nodigheid van NATO en nuwe lidlande se deelword.   

Die Kerk Se Rol

Die kerk speel ‘n wesenlike rol as brugbouer, netwerker, vredemaker, agente vir versoening en samewerking in ‘n gemeenskap! Jesus versinnebeeld versoening: “Ego-sisteem” teenoor gesonde ekosisteem, selflose dade van liefde en opofferende omgee vir mekaar, vergifnis, erkenning en belydenis, dade van regdoen, eerlikheid en waarheid, eenheid in diversiteit.

Geen hoofstuk verduidelik die rol van die kerk so goed soos Handelinge 19 nie.  Hier sien ons die rol en invloed van die kerk wat soos sout, lig en suurdeeg in al die vlakke van regering en gemeenskap ‘n invloed het en spanning veroorsaak maar ook uiteindelik volhoubare harmonie vestig.  

Volhoubare eenheid is net in CHRISTUS te vind. Hy is as te ware die ideale bloudruk en standaard van ware eenheid en samewerking.  Ons verhoudinge val gewoonlik uit mekaar omdat ons nie die Jesus standaard van lewe en handel voluit leef nie. 

Oorlog Van Die Hart

Die kerk is in ‘n eeue lange ideologie oorlog gewikkel: 

  1. Die oorlog van die individu se hart – Han 19:1-7: 
    • Leerstellige Akkuraatheid: Volg Jesus, Doop en doping met die Heilige Gees. 
    • Fokus van hulle leering: Geredeneer oor die koninkryk van God v8
    • Bybelskool Dissipelskap Model – sodat al die inwoners van die provinsie Asië, Jode sowel as Grieke, die woord van die Here gehoor het. Acts 19:10 
  2. Godsdienstige oorlog met Jode – Han 19:8-10: 
    • Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem (v9). ‘n Mens kan nie verander terwyl jy nog in die OU SISTEEM dien nie.  Toe daar weerstand teen die Woord kom, het daar skeiding gekom.  
  3. Geestelike oorlog met demoniese geeste – Hand 19:11-20 
    • Geestelike toets van egtheid – seuns van Skeva (v11-16).
    • Die kerk is ‘n geestelike bonatuurlike entiteit – God het deur Paulus wonderbaarlike dinge gedoen. Selfs doeke of voorskote wat aan sy lyf geraak het, is op siekes gesit en dan het hulle siektes verdwyn; en die bose geeste het uit hulle uitgegaan. Hand 19:11-12. Die balans tussen gesonde leer en die demonstrasie van God se krag. die woord van die Here sy krag getoon (v20)
    • ‘n Radikale lewenstyl verandering – mens verbrand hulle boeke (kennis) en (afgode) waaruit hulle krag geput het! (v18-20).
  4. Ekonomiese oorlog – Hand 19:21-41: 
    • God se orde en manier van leef, raak uiteindelik hoe en op wat jy jou geld spandeer. Mense koop nie meer beeldjies nie.  Diegene wat uit die mense se onkunde munt geslaan het, se sakke word ook geraak! Georganiseerde opstand (v25-27). 
    • Die invloed van die Kerk was alreeds tasbaar in die bestaande leiers en amptenare van die staat. Ook het party van die hoë amptenare van die provinsie Asië wat goedgesind was teenoor Paulus, vir hom ‘n boodskap gestuur om hom te waarsku om nie na die amfiteater toe te gaan nie. (v30-31). Protesaksies is gewoonlik chaoties en wanordelik, niemand weet eintlik hoekom daar ongelukkigheid is nie. die hele vergadering was in die war. Die meeste mense het nie geweet hoekom hulle daar bymekaar was nie. (v32) want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. (Jak 3:16). Die Here het in Korinte al vir Paulus gewaarsku en bemoedig om nie fokus te verloor nie. Een nag het die Here in ‘n gesig vir Paulus gesê: “Moenie bang wees nie; hou aan met preek en moenie stilbly nie, want Ek is by jou. Niemand sal jou aanval of jou kwaad aandoen nie, want in hierdie stad behoort baie mense aan My.” (Hand 19:9).
  5. Kulturele oorlog: 
    • Die Tempel van Artemis is in 356nC totaal en al verwoes en die aanbidding van Artemis het verdwyn.