Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die Lewe is TRAGEDIE

Ons lees gewoonlik die boek Job wanneer dit met ons baie sleg gaan.  Maar die boek gaan nie net oor hoekom slegte goed met goeie mense gebeur nie, dit beantwoord die groot vrae oor die lewe: Bestaan daar ‘n satan, en hoekom? Wie is God regtig? Wie is ek regtig?  Hoe kan ons hoop hê vir ‘n beter toekoms? 

Die boek Job word beskou as een van die oudste geskrifte in die Bybel, en tel onder wysheid literatuur.  Dit is ‘n antieke filosofiese boek, wat tydlose antwoorde bied op tydlose vrae. 

Die Probleem Rondom Boosheid? 

Die feit dat Satan in die vergadering van die seuns van God toegelaat word is vir ‘n volledig gesprek op ‘n ander dag.  Sien meer inligting hieroor in die voetnotas.  Die Wêreldbeskouing van die antieke mens verskil in een sin nie baie van die hedendaagse moderne mens nie, alhoewel mense skugter is rondom die bonatuurlike en die donker onder wêreld is mense gefassineer deur die bonatuurlike en die bomenslike. Dink net aan die vermaaklikheidsbedryf die afgelope jare. Duisende boeke, televisieprogramme en flieks het die afgelope dekade gegaan oor engele, hemelwesens, monsters, demone, spoke, hekse, vampiere, weerwolwe en superhelde. Baie van Hollywood se blockbuster-franchises bevat die bonatuurlike: X-Men, Avengers, die Harry Potter-reeks, Superman en die Twilight-sage. Televisieprogramme soos Fringe en, natuurlik, Supernatural en X-Files het toegewyde volgelinge selfs lank nadat die verfilming van nuwe episodes geëindig het. 

Uit Ps 82:2;6 kan ons die afleiding maak dat die Bybel ‘n hemelse wêreld van geestelike wesens verstaan wat gesag het oor die hemele, en dieselfde geld vir die seuns van God op die aarde.  God roep rekenskap oor hierdie goddelike leiers, se leierskap en die vrug van hulle handewerk.  Die gedagte dat ons die seuns 

Satan se rol in hierdie vergadering is die aanklaer en toetser van die mens  (Job 1:9, 11; 2:5; Zech. 3:1; Rev 12:10).  Hy is inderdaad die fynproewer van ons diepste hartsmotiewe. Satan se mag is egter beperk.  Hy het nie volmag nie.  

Dit is opmerklik hoe God Job se posisie verdedig“Die Here vra toe vir die aanklaer: “Het jy vir Job opgemerk? Hy dien My. Daar is nie nog iemand soos hy nie. Hy lewe onberispelik. Hy is ’n mens met integriteit. Hy aanbid My en vermy die kwaad.” (Job 1:8) 

Hoekom laat God toe dat Job getoets word? God weet alle dinge en het nie nodig om Job te toets nie? Inteendeel God weet alreeds dat Job regverdig in blaamloos voor Hom is.  Satan het geen voordeel of rede om Job te toets nie.  Buiten om God se gevolgtrekking oor Job te probeer in twyfel trek.  God weet egter soos met Abraham, dat Job die toets gaan slaag.  Die toets is God se liefde vir Job se onthalwe! Job se geloof moet gelouter word, sodat dit soos goud in Sy eie hart kan word.  Die huidige wêreld kultuur stel ‘n hoë (goud) waarde op materiële besittings, aarde sukses en liggaamlike fiksheid.  Maar al hierdie aardse skatte is waardeloos teenoor wat ons hart, siel en gees werklik begeer – om God te sien en te ken!  

Omdat ons Hom nie ken nie, ken ons ook nie onsself nie! 

Satan is die opposisie maar hy is nie die voorwerp van ons stryd nie! Dis baie moeilik om die lewe reg te sien, wanneer mens vasgevang is in liggaamlike en emosionele pyn! Ons verloor perspektief.  Die boek Job is die stryd om goddelike ewige onverganklike insig te behou te midde van tragedie en pyn!  

Job Se Geloof, Woord en Begeerte 

“Ek weet dat my Verlosser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! Selfs nadat hierdie siekte my vel weggevreet het, sal ek nog lewe en God sien. Ek sal Hóm sien, met my eie oë sal ek Hom sien, Hom en niemand anders nie. Ek smag daarna met my hele lewe.” (Job 19:25-27) 

Job Se Wysheid: 

“Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here. Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.” (Job 1:21-22) 

“As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?” (Job 2:10) 

“En Hy het vir die mens gesê: Om die Here te dien, dit is wysheid, om die kwaad te vermy, dit is insig.” (Job 28:28) 

Job Se Eerlikheid. 

Job: “God slaan nie ag op die onreg nie.” (Job 24)

Die verskil tussen Job en Sy vriende is:

  • Job praat deurentyd met God, asof God teenwoordig is, en hom hoor.  
  • HY leef voor die aangesig van God.  
  • Sy vriende sê die regte goed, maar praat van God, soos iemand wat in die vertrek is, maar ons praat nogtans nie direk met Hom nie.  

Job Se Uiteindelike Perspektief 

Die moeilikste aspek van Job se stryd is nie net wat met hom gebeur het nie. Dit is die wagtyd voor God hom antwoord!  Job se geregtigheid en reg doen is gebaseer om ‘n diep innerlik sien en geloof in God.  Maar hierdie sien verdiep, na ‘n heeltemal ander vlak, deur die verloop van die tragedie! 

“Het ek op geld vertrou, of is ek veilig omdat ek baie goud besit? Hang my geluk af van my welstand en alles wat ek besit? Het ek ooit gekyk na die son wat skyn, of na die maan se silwerbaan deur die ruimte, en my heimlik laat verlei om hulle te aanbid? As dit so was, sou regters my gestraf het, en ek sou die God van die hemel verloën het.” (Job 31:24-28) 

God Vra Die Vrae! 

In hoofstuk 38 bereik ons die klimaks van die boek! God antwoord nie Job se vrae nie! God ondervra Job! 

“On my door is a cartoon of two turtles. One says, ‘Sometimes I would like to ask why he allows poverty, famine and injustice when he could do something about it.’ The other turtle says, ‘I am afraid that God might ask me the same question.'”

Peter Kreeft 

Die absolute hoogtepunt van die boek gebeur in Hoofstuk 42: 

“Ek weet nou U kan enigiets doen, en niemand kan U keer nie. U vra: ‘Wie waag dit om in sy onkunde my wysheid te bevraagteken?’ Dit was ek. Ek het gepraat oor dinge sonder begrip, dinge wat te wonderlik is vir my. “U het gesê: ‘Luister, want Ek wil praat! Ek sal jou vra, en jy moet My antwoord. Tot nou toe het ek net met my ore van U gehoor, maar nou het ek U met my eie oë gesien. (Job 42:2-4) 

Die Finale Gevolgtrekking! 

“Ek is wat ek is”  Exo 3:14  

“Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here hom weer voorspoedig gemaak. Trouens, die Here het hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het. Toe het al sy broers en susters en almal wat hom voorheen geken het, gekom en saam met hom in sy huis feesgevier. Hulle het hom getroos en moed ingepraat oor al die rampe wat die Here oor hom gebring het. Hulle het elkeen vir hom ’n stuk silwer en ’n goue ring gegee. Die Here het die laaste deel van Job se lewe meer geseën as die eerste.” (Job 42:10) 

Sy tweede seën is gegrondves nie net in aardse besittings wat hy versamel het nie, maar hoe die Here sy familie en vriende gebruik om hom weer te seën!  Die waarheid is dus dat God ons inderwaarheid wil seën en voorspoedig maak, maar in Sy alleenwysheid weet Hy hoe vinnig ons, ons harte op hierdie tydelike dinge kan verloor en die skat wat ons werklik soek verloor!  

Ons is werklik net hartsgelukkig wanneer ons Hom reg sien!! Hierdie goddelike SIEN herstel ons uitkyk op die lewe.   Wanneer ons HOM SIEN, sien ons die wêreld vanuit Sy oë, as diensknegte vir goed doen en reg doen! 

https://drmsh.com Dr Michael Heisler – The Unseen Realm – Biblical Worldview of the supernatural