Categories
Preke

Verwelkom die voordele van God se regstelling in jou lewe.

Dissipline is die primêre manier waarop God ons liefhet en verander. Of dit nou deur Sy sagmoedigheid, goedheid, instruksies, vermanings, leerstellings, bestraffing, leiding en tugtiging is; dit is alles met die oog op om Sy beeld in ons te herwin.  Kindskap impliseer en veronderstel dissipline, opvoeding, mentorskap en onderrig.  Ons as mens word nie gebore met instinktiewe kennis oor die lewe nie. Ons moet alles geleer word! Taal, vaardighede, karakter, gewoontes, waardes, denkpatrone, geloofsoortuigings, kultuur is alles aangeleer. 

Totdat ons Sy dissipline en onderrig omhels, sal ons voortgaan om ons eie self-gerigte lewenswyse te volg.  ‘n Persoon wat geen onderrig, dissipline of regstelling ontvang het is oorgelaat aan hulle eie diskresie en instinkte.  Konstante dissipline is nodig om ons voortdurend te rig na Sy beeld, waardes, denke, gewoontes, karakter en gesindheid. 

Elke keer as die Woord vir ons oopgemaak word en ons die teenwoordigheid van God beleef word ons reggestel in Sy geregtigheid. Jy hou ‘n motorvoertuig op die pad deur klein regstellings die heel tyd te maak, so is dit om deur die Heilige Gees gelei te word (Rom 8:12). 

Mense se boosheid lei uiteindelik tot hulle straf

Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die HERE jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die HERE van die leërskare. (Jer 2:19) 

5 Vlakke van Dissipline 

5Julle het ook vergeet van die woord van aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word: 

“My kind, jy moet dit nie geringskat

as die Here jou dissiplineer nie.

Moenie ontmoedig word as Hy

jou aanspreek nie.

6Die Here dissiplineer juis

die mense vir wie Hy lief is;

Hy tug elkeen 

wat Hy as sy kind aanneem.”

7Wanneer God julle as sy kinders dissiplineer, verduur dit dan as deel van sy opvoedingsprogram. Watter kind word nie gedissiplineer nie? 8As God julle nie dissiplineer soos Hy met al sy kinders doen nie, is julle nie regtig sy eie kinders nie, maar buite-egtelik.

9Ons fisiese vaders het ons gedissiplineer, en ons het hulle daarvoor gerespekteer. Sal ons ons dan nie nog veel eerder aan ons geestelike Vader onderwerp, en só waarlik lewe nie? 10Eersgenoemdes het ons vir ’n kort tydjie gedissiplineer soos hulle dit goedgevind het, maar God doen dit absoluut tot ons beswil, met die doel om ons te laat deel in sy heiligheid. 11Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik meer na ’n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gebrei is, die blye oes oplewer van ’n lewe volgens die wil van God. (Heb 12:5-11) Sien ook (Proverbs 3:11–12) 

  1. 3874. παράκλησις paráklēsis: BEMOEDIGING, bemoedig, moed, troos, aangedring, aanmoediging, aansporing, bemoedigende, lekker, opgebeur, prediking, preek, versoek, versterk[1].  Blessed be the God and Father of our Lord Jesus Christ, the Father of mercies and God of all comfort, who comforts us in all our tribulation, that we may be able to comfort those who are in any trouble, with the comfort with which we ourselves are comforted by God. (2 Cor 1:3-4) Die hele Skrif is eintlik ‘n paráklåsis, ‘n vermaning, vermaning of bemoediging met die doel om die gelowige in die geloof te versterk en te vestig (sien Rom. 15:4; Phil. 2:1; Heb. 12:5; Paulus praat van sy prediking van die evangelie as paráklēsis in 1 Thes. 2:3; Acts 13:15; 2 Cor. 8:4, 17). Die inhoud van die brief wat aan die kerk in Antiochië van die Apostoliese Raad gelewer is, is paramedaksis in Handelinge 15:31. Troos woorde, troos (Hand 9:31; 2 Thess. 2:16; Phil. 1:7; Heb. 6:18).[2]

2.  3809. παιδεία paideía KORREKSIE (vermaning van korreksie-opvoeding, onderwysing, tugtiging) All Scripture is given by inspiration of God, and is profitable for doctrine, for reproof, for correction, for instruction in righteousness  (2 Tim 3:16) Oorspronklik onderrig van kinders. Dit het ontwikkel om tugtiging te beteken omdat alle effektiewe onderrig vir die sondige kinders van mense insluit en impliseer tugtiging, teregwysing. Paideía kom voor met epanórthōsis (G1882), regstelling, in 2 Tim. 3:16. In paideía is daar dissipline. In Efe 6:4, en paideía . . . kuríou (en [G1722], in; kuríou, die genl. Deur sinecdoche, om vir die geheel deel te neem, beteken dit teregwysing, tugtiging (Hebr. 12:5, 7, 8, 11; Sept.: Spreel. 3:11; 22:15). Sien nouthesía (G3559), wat hoofsaaklik onderrig beteken deur woord, terwyl paideía is deur daad. 

3. 1651. ἐλέγχω elégchō BESTRAFFING (bestraf, aan die kaak stel, teregwys, weerlê, aangespreek, aanwys, bewys, gestel, tereggewys, veroordeel) And when He has come, He will convict the world of sin, and of righteousness, and of judgment(John 16:8)  Om skaam te maak. In die NT, om te oortuig, om verkeerd te bewys. (I) Om te oortuig van sonde, om te wys dat dit verkeerd is (Joh 8:9). Gevolg deur perí (G4012), aangaande (Joh 8:46; 16:8); hupó, deur (1 Kor. 14:24; Jakobus 2:9). Om van dwang te oortuig, te weerlê, (Titus 1:9, 13; 2:15; Job 32:12; 18:17). (II) Deur implikasie, om te bestraf, te bestraf, te vermaan (Matt. 18:15; Lukas 3:19; 1 Tim. 5:20; 2 Tim. 4:2; Sept.: Gén. Bewys 9:8). Om te bestraf deur tugtiging, korreksie, tugtig in ‘n morele sin (3:19); met paideúō (G3811), onderrig (Hebr. 12:5 van Prov. 3:11, 12. Sien Sept.: Job 5:17; Ps. 6:1; 38:1).

4.  3811. παιδεύω paideúō  OPVOEDING Oorspronklik om ‘n kind op te voed, op te voed, gebruik van aktiwiteit gerig op die morele, geestelike opleiding van die kind, om bewuste wil en aksie te beïnvloed. Om te onderrig, veral ‘n kind of jeug (Hand 7:22; 22:3; 2 Tim. 2:25 [vgl. Titus 2:12]); om deur tugtiging te onderrig (1 Tim. 1:20; Sept.: Ps. 2:10); om te korrigeer, te tugtig (Luk 23:16, 22; 1 Kor. 11:32; 2 Kor. 6:9; Heb. 12:6. In ‘n godsdienstige sin, om te tugtig met die doel om iemand op te voed om aan goddelike waarheid te voldoen (Hebr. 12:7, 10; Sept.: Prov. 19:18; 29:17).

5. 3146. μαστιγόω mastigóō PAKSLAE (Pakslae, tugtig, kasty, gesel, slaan, straf) plaag, sweep, géseling. (Matt. 10:17; 20:19; 23:34; Mark 10:34; Lukas 18:33; Johannes 19:1; Ex. 5:14; Deut. 25:3). Gebruik figuurlik van God, wat beteken om te tugtig, (Heb. 12:6 aangehaal uit Prov 3:12; Prov. 17:10). God se tugtiging sluit nie net Sy “sweep” in nie, vir spesifieke oortredings (met remediërende nie vergeldende optree), maar ook die hele reeks beproewings en verdrukkinge wat Hy voorsien het en watter straf sonde dood te maak en geloof te koester.

verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering.  (2 Tim 4:2) 

Om in die openbaar iemand tereg te wys

2008 ἐπιτιμάω epitimáō BERISPE aangespreek, geraas, bestraf, belet, tereggewys, beveel, stil, straf, uitdruklik.  Therefore rebuke them sharply, that they may be sound in the faith, (1 Titus 1:12) Those who are sinning rebuke in the presence of all, that the rest also may fear. (1 Tim 5:20) By implikasie, om sterk te vermaan, met dringendheid, gesag, die idee van sensuur.  

Wanneer iemand teen jou persoonlik oortree

Die enigste regte Bybelse oordeel is om iemand wat jou te nagekom het, of aanstoot gegee het, direk te konfronteer. 

Moenie in jou hart haat vertroetel teen enigeen van jou familielede nie. Konfronteer jou bure reguit sodat jy nie skuldig is aan wat hulle verkeerd doen nie.” (Leviticus 19:17 

“As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. Matthew 18:15-18 

If your brother sins against you, rebuke him. (Luk 17:1-5) 

Wanneer iemand op die dissipline ag slaan. 

Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil. (Rom 14:1)

Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie. (Rom 15:1) 

Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp. (Gal 6:1) 

Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met versigtigheid ontferm; en verafsku selfs die klere wat deur hulle sondige luste besmet is. (Jude 22) 

Watter gedrag moet ons veroordeel? 

Wat ek geskryf het, was dat julle nie moet omgaan met iemand wat homself ‘n gelowige noem, maar wat onsedelik of geldgierig of ‘n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieër is nie. Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie. (1 Cor 5:11) 

Pas op vir dié wat verdeeldheid veroorsaak en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af. (Rom 16:17) 

Wys die leeglêers onder julle tereg, (1 Thes 5:14) Onttrek julle aan elke broer wat leeglê en hom nie hou aan die opdragte wat julle van ons ontvang het nie. (2 Thes 3:6) 

Met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hê nie, (Tit 3:9) 

En as iemand nie ons bevele, soos ons dit in hierdie brief vir julle gee, gehoorsaam nie, sonder dan daardie man af en vermy hom, dat hy kan skaam kry. (2 Thes 3:13) 

Daar is baie, veral onder die bekeerlinge uit die Jodedom, wat in opstand kom teen gesag, wat onsin praat en mense verlei. Hulle mond moet gesnoer word. Hulle bring hele huisgesinne in beroering deur dinge te leer wat nie toelaatbaar is nie, en dít net om skaamteloos geld te maak. (Titus 1:10-11) 

Die Vrees van die Here

Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg (Acts 5:3) 

saam met die krag van ons Here Jesus, het vergader om hierdie man aan die Satan oor te gee. So sou sy sondige aard vernietig word, sodat sy gees gered kan word op die dag wanneer die Here kom. (1 Cor 4:4-5) 

Onder hulle is daar Himeneus en Aleksander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle daardeur kan leer om God nie te laster nie. (1 Tim 1:20)

 


[1] J. M. Els Prof, Grieks-Afrikaanse Woordeboek met Strong se numering, 2001.

[2] Spiros Zodhiates, The complete word study dictionary: New Testament, 2000.

Categories
Preke

Mag die Kerk Oordeel?

Oordeel word meestal in ʼn negatiewe lig gesien. Ons konnotasie met die woord bring ander woorde tot ons gedagtes soos: finaliteit, verwerping, afskryf, verwydering, straf en hel. Ons weet ook dat ons dit nie moet doen nie… maar tog doen ons almal dit selfs sonder dat ons weet. Skinder is ʼn vorm van oordeel, want ek het alreeds ʼn waarheid/oordeel oor iemand gevorm sonder dat die persoon ooit die geleentheid gekry het om hulleself te verdedig. Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Die wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter. (Jakobus 4:11)

Die wat daarvoor veg om nie te oordeel nie, oordeel die wat oordeel.

Die grootste rede hoekom die kerk sy stem verloor het om ʼn morele kompas vir die Wêreld te wees, is omdat ons nie eenstemmigheid het oor dissipline en oordeel nie. Ouers verloor ook op dieselfde wyse hulle gesag met hulle kinders wanneer die een sag is en die ander hard, en later met mekaar baklei oor die dissipline proses. Dit verwar die kind. Tog is die skrif duidelik oor die saak: Ons moet net eers ons eie voorbehoude en opinies uit die weg ruim. Soms is ons negatiewe perspektief oor dissipline ons eie subjektiewe seerkry ervarings waaroor ons nog nie genesing gekry het nie.

Maar wat is oordeel nou eintlik?

Uiteindelik is ons aardse oordeel net ʼn beoordeling en nie ware oordeel nie. Uiteindelik is God die enigste een wat oor ons almal gaan oordeel. Maar ek kies om God se oordele in my lewe nie te verontagsaam nie. (Ps 119: 4, 15, 27, 40, 45, 56, 63, 69, 104, 128, 134, 173) Eerder nou geoordeel word terwyl ons almal nog ʼn kans het om reg te maak, as die ewige oordeel, en ewige straf. Geen straf is sonder ʼn mate van oordeel nie. Daarom voel die persoon veroordeel. Oordeel en straf is onlosmaaklik deel van mekaar. ʼn Ouer wat sy kind die heeltyd waarsku maar nooit sover kom om sy kind te straf nie, verloor gesag in daardie kind se lewe.

Die kerk se straf en oordeel is die van ʼn mens en tydelik. Wanneer God finaal straf is daar geen uitkomkans nie . Dan is daar nie meer kans vir bekering nie. Menslike straf is altyd met die hoop op herstel en bekering! Wanneer die hele Christenkerk in eenheid kan kom met God se prosesse in ons lewens, kan ons meewerk tot genesing en herstel.

Dink gou aan die volgende scenario: Jou beste vriend kom vertel jou in die geheim, en neem jou in sy vertroue dat hy op pad is om moord te pleeg. Hoe sal jy dit hanteer? Gaan jy hom paai, en met hom barmhartig wees? Gaan jy sy sonde toe maak? Of gaan jy bereid wees om ʼn vriend te verloor om ʼn lewe te red? Hoe ondersteun jy ʼn vermeende moordenaar sonder om ʼn medepligtige te word? Hoekom breek jy kontak; hoekom gee jy jou vriend oor aan die gereg? Want uiteindelik wil jy hom/haar red van doodstraf en ook die persoon wat hy/sy wil vermoor.

Die kwessie is nie óf ons moet oordeel nie, maar hoe ons moet oordeel. Daar is net twee tipes oordeel: Regte oordeel en verkeerde oordeel. Om iemand te oordeel sonder dat jy al die feite het, betrokke is in die saak, en eerstehands getuienis het is soos om jouself regter oor ʼn saak te maak en die saak het nooit voorgekom nie. Regte oordeel is wanneer ons ʼn saak

en persoon direk konfronteer en na ʼn proses tot ʼn beslissing kom.

Verkeerde oordeel kom voor wanneer ons:

  • Iemand anders se gesag en hantering oordeel wat nie aan ons gegee is nie. Soos om ʼn pa wat sy kind straf te oordeel , bloot omdat ek nie van dissipline hou nie. Jy is nie betrokke in die verhouding en geskiedenis van ʼn saak nie. Paulus verduidelik dat ons nie iemand anders se hantering van sy dienskneg kan oordeel nie. (Rom 14:4) Kerke is soos gesinne en families, wanneer ʼn sekere kerk een van sy familie lede korrigeer en aanspreek, moet ander kerke die proses respekteer. Wanneer ons iemand wat onder dissipline is jammer kry, en simpatiseer misken ons die agent wat verandering en redding in daardie persoon se lewe moet bring. Dan begin die oortreder fokus op die sogenaamde verkeerde strafproses sonder om te deel met die oorsaak van die straf. Soos ʼn ma kan so ʼn persoon liefde wys, maar nie die straf in twyfel trek nie, eerder dit versterk en met sagtheid die persoon lei om hulle fout raak te sien. As almal saamwerk in die strafproses, is daar nie dubbelstandaarde en onsekerheid nie. Elkeen kan op verskillende wyses hulle onderskeie gawes gebruik om so ʼn persoon te help om tot hulle sinne te kom. Die Herder troos, maar is ferm om nie op die pak te fokus nie maar om die oorsprong van die sonde te vind. Die profeet vermaan van komende oordeel. Die apostel spreek saak direk aan, denkende aan die invloed wat sonde op die groter liggaam het. Die evangelis wys daarop dat so ʼn persoon hul invloed as getuie verloor. Die leraar wys op die skrifte en God se hart en hantering van die saak. Indien elkeen hulle rol in die restourasie proses verstaan, is die kans dat so ʼn persoon gered kan word mos soveel groter. (En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; 23 maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.” (Jud 21-23)
  • Jy iemand vanuit ʼn toeskouer rol oordeel, veroordeel en straf toepas. Jy moet betrokke wees, en as te ware lisensie/gesag/aangestel/mandaat hê om te oordeel. Is die saak aan jou gegee? Almal het ʼn opinie oor ʼn saak, maar Bybelse oordeel soek altyd een uitkoms : Redding! Selfs toe Paulus die sonde van ʼn gemeentelid in Korinte oordeel was dit met dié doel in gedagte: “om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, SODAT DIE GEES GERED KAN WORD IN DIE DAG VAN DIE HERE JESUS.” (1 Kor 5:5) Soos ʼn pa sy kind straf en ʼn pakslae gee om hom te red van onheil, so word oordeel gebruik as ʼn laaste uitweg om iemand tot sy/haar sinne te bring. Dit is vir die ouer geensins aangenaam om sy/haar kind te straf nie, inteendeel dis soms traumaties. Maar juis omdat ons, ons kinders lief het, en wil voorkom dat hulle in dwaasheid en in rebellie tot hul einde kom straf ons, ons kinders. (Heb 12:5-11) Dis tog algemene professionele praktyk, om nie mekaar se sake te bespreek en opinies daaroor te lewer alvorens ek nie aangestel is en al die feite voor my het nie.
  • Jy oordeel sonder dat jy die Bybelse pad met iemand gestap het.EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; 16 maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. 17 En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar. (Mat 18:15-17) Vinnige oordeel is nooit goed nie, gee dit tyd en stap die pad van dissipline uit. Die uitsondering is wanneer mens regtig deur die Heilige Gees gelei word soos toe Paulus die Waarsêer Gees in ‘n vrou bestraf het. (Hand 16:18) Maar dit het tot haar vrymaking gelei. Jy beplan dit nie, en die saak wat jy oordeel het niks met jou as persoon te make nie. Dis die Heilige Gees wat deur jou werk om orde in die kerk te bring. (1 Tim 5:20; 4:2; Tit 1:13; 2:15) Wanneer jy iemand bestraf (rebuke) is dit ook korrek, omdat dit direkte konfrontasie is. Jesus se styl van bediening was direk, nooit met ompaadtjies, en mooi praatjies nie. Ek glo dat as ons self-verwoestende gedrag direk reguit konfronteer en sake reguit met mekaar uitpraat daar baie meer vrede in die huis van die Here wees. “Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.” (Luk 17:3) Ons is soms so bang vir konflik en om iemand te na te kom, dat ons nie besef dat ons stilswye op die einde baie meer skade veroorsaak nie.
  • Jou oordeel nie waar en regverdig is nie. Lees Mat 23:1-31 Jesus spreek Hom uit teen die Fariseërs en Skrifgeleerdes. Hy maak baie kras en harde uitsprake: “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, blinde leiers, dwase, gewitte grafte, slange addergeslag!” Die feit is: Dit is die waarheid. Jesus voeg nie by, of oordryf nie. Hy sê dit presies soos dit is. Hy maak ook nie die oordeel as reaksie uit bitterheid of omdat hulle Hom nie ontvang nie. Enige kind ontvang sy pak wanneer Hy weet hy/sy was verkeerd. Wanneer hulle egter onregverdig of onskuldig gestraf word, maak dit hulle opstandig. Daarom is dit so belangrik om nie te vinnig ʼn oordeel te vel nie. Kry eers al die inligting ter sake, alvorens jy oordeel en konfronteer. Wanneer jy iemand konfronteer werk net met eerstehandse inligting en dit wat die Heilige Gees aan jou openbaar.

    Om nie regte oordeel toe te pas nie het konsekwensies:

    Sou ons as kerk nie die sonde in ons midde oordeel en hanteer nie, word die hele gemeente uiteindelik besoedel met die sonde. “Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?” (1 Kor 5:6)

    Die laaste uitweg wat niemand graag wil doen nie:

    Om iemand vir wie jy eens lief was te vermy, en die verhouding te breek oor sonde is geen maklike taak nie. Hierdie hantering van verkeerd druis regstreeks in teen populêre opinie en die gees van die wêreld. Tog is dissiplinêre optrede alledaags in die werksplek. Wat laat ons dink dat dissipline nie ook in die kerk geld nie? Toe priesters hulle skuldig gemaak het aan seksuele misdrywe, wou ons nie graag hê dat daar opgetree word teen hierdie individue nie? Die oordeel hoef nie in gevangenisstraf te eindig nie, maar die verkeerd moet aangespreek en hanteer word.

    Die Bybel is baie duidelik dat ons mense wat hulle skuldig maak aan die volgende oortredings uit ons gemeenskap moet verwyder; hulle soos heidene moet behandel, nie met hulle moet kuier of eet nie.

    1 Kor 5:11-13: hoereerders, gierigaards of rowers of afgodedienaars.

    Rom 16:17: tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het,

    Tit 3:10-11: ‘n man wat partyskap verwek,

    2 Tes 3:6: wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.

    2 Tes 3:14-15: iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie,

    1 Tim 6:3-5: 3 AS iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,

    Tit 1:10-11: wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is,

    Soos met enige vorm van straf is daar bitter min mense wat hulle sonde onmiddellik erken en bereid is om dit reguit en eerlik in die oë te kyk en ʼn pad van restourasie te soek.
    Tog is dit die enigste pad. Hoeveel huwelike het misluk en die partye het nog steeds nie ʼn benul oor wat verkeerd gegaan het nie. So stap ons met ons foute en tekortkominge van die een verhouding na die ander. Daar vind nie groei plaas nie, want ons regverdig ons verkeerd, ons verskuif die blaam, en ons is nie eerlik met onsself nie.

    Wanneer die kerk iemand tugtig is daar vele uitroepe wat sê: Wie is julle om te oordeel, het julle nie ook sonde nie. Is alle sonde nie dieselfde nie? Daar is ʼn reuse verskil tussen mense wat deur die geloof en Sy genade deurentyd wegstap van sonde, en diegene wat doelbewus en vasberade hulle oorgee aan sonde. Al het ons die grootste moontlike sonde gedoen, ons kan met ons sonde na die troon van genade kom en vergifnis ontvang. (Heb 4:14-16) As ons sonde bely is Hy getrou… om ons te vergewe (1 Pet 1:9) Vir die vrou wat op heterdaad in haar sonde gevang was, was daar genade. Jesus se Woord: “Gaan en sondig nie meer nie” was haar uitkomskaart na ʼn nuwe lewe. Sou sy egter nie gehoor gee, en terugdraai na sonde, sal sy nie van oordeel ontkom nie. Wanneer ons as kerk sonde oordeel sê ons nie ons is sonder sonde nie. Inteendeel die lig van God skyn tydens oordeel op almal se harte, en buig ons almal ons harte na die Here om ons te ondersoek. Ons tree nie uit hoogmoed op en oordeel nie. Ons verneder onsself voor die Here en laat juis toe dat Hy ons was. Inderwaarheid staan ons almal onder die Here se oordeel. Die kerk is net die Here se stem.

    Is dit dan nie die kerk se verantwoordelikheid om mense te vertel van God se genade EN oordeel nie. Ons sal mos nie die waarheid praat as ons net die een kant verkondig en swyg oor die ander nie?

    Jesus waarsku die fariseër van komende oordeel oor hulle valsheid. (Mat 23:14) Laster teen die heilige Gees sal nie vergewe word nie. (Mar 3:29) Dit sal draagliker wees vir Tirus en Sidon as vir die wat Hom nie ontvang het nie in die oordeelsdag. (Luk 10:14) En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. 20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. 21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. Die wat glo en doen sal die oordeel vryspring wat kom oor die hele aarde (Joh 5:24)

    Die Voordele om Dissipline en korreksie te ontvang:

    (Gal 6:1) Oordeel herstel in ʼn groot mate die vrees van die Here in ʼn huis. Net soos met enige familie: wanneer pa ʼn sekere kind straf, bring dit orde in die hele huis. Almal is sommer meer bewus van reg doen en reg leef. Paulus vertel dat hy sekere dinge gelei het ter wille van die liggaam. (Kol 1:24) Soms is een se korreksie ʼn geleentheid vir die wat nog wik en weeg om tot inkeer te kom. Daarom moet sekere sonde oop gemaak word, soos Dawid se owerspel, sodat ons vandag nog kan leer uit sy foute.

    Wanneer mens korreksie ontvang bespoedig dit die prosesse van God in jou lewe. Ons kan nie onsself verander nie, een van God se agente van verandering is korreksie (Heb 12:8) deur dit te weier en aan te hou om jouself te regverdig kan die verandering wat in jou nodig is nie plaasvind nie. (Heb 12:8) Jou smaak bly dieselfde (Jer 48 :11) God het ons genesing en herstel, restourasie in gedagte, sodat ons uiteindelike volkome in Christus sal wees en Hy volkome in ons. (Kol 1:27)

    Nog nooit was ons meer in gebed, meer voor die Here se lig en oë op ons lewens nie. Almal se harte word ontbloot by die straf van sonde. Mag die Here ons almal genadig wees en skenk dat ons goddelike berou sal ontvang en draai van dit wat sleg en verkeerd is. (2 Kor 7:7-10)

    Vrede en Genade in Christus !

    Jan Oosthuizen