Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

10 Bybelse Eienskappe van Ware Vriendskap

Wat is die karaktertrekke van ‘n diep vriendskapsband?

Deesdae het ons honderde en sommige het duisende sosiale media platvorm vriende, maar fisies is daar niemand wat jou in ‘n krisis kan kom bystaan nie.  Ons het al almal die vernietigende pyn beleef van ‘n vriend wat ons verraai, verlaat, of teen ons draai.  Aan die ander kant is ons die som totaal van ons diep betekenisvolle vriendskap bande.  

13Dis nie ’n vyand

wat my spot nie –

dit sou ek kon verdra.

Dis nie my vyand

wat teen my grootpraat nie –

ek sou vir hom

kon wegkruip.

14Maar nou is dit jy,

’n man soos ek,

my goeie vriend en my metgesel.

15Watter goeie kameraadskap

het ons geniet!

Ons het saam gegaan,

na die huis van God!  (Ps 55:12-14)

In Latyns is daar hierdie uitdrukking: sine qua non – sonder dit niks. 

Sonder familie wat gegrondves is in betekenisvolle wedersydse vriendskap is ons niks.  Dit is die mees absolute voorwaarde tot ‘n vrugtevolle bestaan.  Om te lewe nie net vir jouself nie, maar vir ander! 

Bybelse Vriendskap

Dit is egter nodig dat ons “vriendskap” Bybels definieer, sodat ons nie mislei word in ‘n wêreld van selfsug, voorgee, en valse voorwendsels nie! 

1. Ons is GEHOORSAAM

14Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.  Joh. 15:12-15.

Aktiewe gehoorsaamheid is om mekaar se wense te vervul nog voordat mens vra.  Dit gaan oor fyn luister en doen.  Die wesenlike probleem met ongehoorsaamheid is vervreemding of “disconnect” (alienation of the mind) — jy is van die hart van ‘n persoon vervreemd, en daarom gebruik jy “witchcraft” (eie-self-ego) om die gaping te vul.  

2. Ons HELP mekaar 

9Twee is beter as een, want hulle het ’n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid. 10Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar ’n tweede is om hom op te tel. 11Verder, as twee bymekaar lê, kry hulle warm; maar hoe kan een allenig warm word? 12En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en ’n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.  Klaag. 4:9-12.

Daar is genoegsaam navorsing gedoen om die voordeel van samewerking in sinergie te bewys.  Agt manne wat saam in ‘n skrum druk, is eksponensieel kragtiger as agt manne wat een-vir-een teen ‘n voorwerp druk.  Dink span! Doen dinge saam! 

3. Ons LOS NIE

24’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer.  Spr. 18:24

Die beginsel is: ONS LOS NOOIT NIE! Dit is wel mense se keuse om ons te los.  Ons DAAR-WEES vir mekaar vleg ‘n kragtige band in tye van nood. 

4. Ons STEM oor die selfde goed saam 

Can two walk together, unless they are agreed?  Amos 3:3.

Dit is moeilik om met iemand vriende te wees, as ons oor alles verskil.  Ons kan sekerlik verskil van tyd-tot-tyd, maar ons moet te minste dieselfde vertrek punt hê.  Dit is wat die beteken om een van Gees, hart en verstand te wees.  

5. Ons is in VERBONDENHEID met Christus 

Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul.  Kol 2:6-7.

Hierdie eenheid van Gees, is opgesluit in ons kennis en verbondenheid met Christus – Ef. 4:13. Daar is geen werklik volhoubare eenheid, of verbondenheid sonder dat beide partye:

  • geanker in Christus is
  • toenemend na Sy beeld hervorm word nie.  

6. Ons DRA mekaar se laste 

2Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Gal 6:2.

Ons maak mekaar se swakhede vol.  In sekere areas, soos ons persoonlikheid, sal ons nooit verander nie.  Dit is wie ons is.  Deur ons vriendskap, vul ons mekaar se leemtes, om ‘n natuurlike manier.  

7. Ons korrigeer mekaar 

5Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.  6Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ’n vyand is oorvloedig.  Spr. 27:5-6.

‘n Ware vriend is nie ‘n ja-broer nie! Elkeen van ons het vriende nodig, wat met ons eerlik is, en ons genoeg liefhet om ons te korrigeer.  

8. Ons bring die BESTE uit mekaar uit 

17Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander. Spr. 27:17.

Ware vriendskap bring die beste uit mekaar uit!  Jy word ‘n beter mens, met beter vaardighede, wat konstant saam bly ontwikkel en groei.  

9. Ons kan onafhanklik staan en kies WYSE vriende 

20Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.  Spr. 13:20.

Die keuse van vriende is so belangrik!! Kies vriende en mense wat slimmer, sterker, en meer suksesvol is as jy.  Dan sal hulle jou optrek!  Die binnekring van die mense met wie jy die meeste tyd spandeer, bepaal jou menswees. 

10. Ons is mekaar se FAMILIE – jou mense is my mense. 

want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God. 17Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die Here so aan my doen en so daaraan toedoen—net die dood sal skeiding maak tussen my en u. Rut 1:16-18

Ons is nie net individuele vriende nie, ons mense is mekaar se mense! Ware vriende is ook vriende met jou ouers, en wyer familie.  Ons vriendskappe bou uiteindelik ‘n nuwe nasie, ‘n Christus kultuur! 

Vir meer Inligting oor die onderwerp. [1]


[1] https://letterpile.com/religion/bible-verses-about-friendship-and-fellowship

Categories
Preke

God se Bloudruk vir Vriendskappe

Die Bybel is ‘n boek oor verhoudings en Vriendskappe. God is in wese ‘n drie-enige verhouding. Sonde is die dade wat verhoudings skade bring en verwoes.  Sonde het hoofsaaklik vier verhoudings verwoes: ons verhouding met God, met onsself, met mekaar en met die skepping.  Christus is God in mensvorm, om ons te wys hoe om al hierdie verhoudinge te herstel. Hy is die bemiddelaar en tussenganger wat ons verhouding met God herstel het, deur Sy eie lewe as offer te gee vir ons sonde en oortredinge.  Die hele skepping is in verhouding met al die dele van die skepping.  Die skepping is dus een groot verhouding van verhoudings! As een lid weggeneem word, affekteer dit die geheel.  God is dus ons antwoord en bloudruk vir verhoudings. Hoe meer ons nader aan hom leef, en in dieper verbondenheid met Hom leef, hoe gesonder en reg is ons verhoudings.  Om die Here te dien maak ons mooier mense: die vrug van die Gees, Jesus se voorbeeld wys ons hoe om in vergifnis en waarheid te leef.

Relationships are hard, exhausting, unpredictable, and time-consuming, which is one reason too many of us enjoy relationships with the lifespan of fruit flies. Relationships don’t come to us like Christmas packages, all neatly wrapped with ribbons and bows. Relationships come more to us like an abused package from the post office: ripped, torn, its guts spilling out, the contents often broken. (Beautiful, Leonard Sweet)

Ek kan jou nie seer maak, sonder om myself seer te maak nie. – Ghandi

Aristoteles se drie motiewe van vriendskap is: nuttigheid, plesier en assosiasie.  Ons het vriende nodig wanneer ons in nood is – Nuttigheid. Ons wil lekker dinge saam met vriende doen – Plesier. Ons voel meer waardevol wanneer iemand belangrik ons vriend is – Waarde.

In Johannes 11 wys Jesus ons ‘n baie meer dieper en goddelike motief.

Jesus leer ken die gesin tydens een van sy reise na Betanië, ’n dorpie net 3km buite Jerusalem, toe die oudste suster Martha Jesus in haar huis ontvang het. Luk. 10:38-42 Hier sien ons Marta is die ouer meer besorgde verantwoordelike een. Maria is die een wat Jesus se hart wou raak, sy wou niks mis nie.  Hy sou dikwels weer daar oorbly wanneer Hy in Jerusalem moes wees. Mark 11:11 Vriendskappe gaan werklik eers dieper, wanneer ons ‘n huis deel.  Daarom het Jesus se 12 vriende saam met hom geleef vir drie jaar.  Daar gebeur iets wanneer ons agter die voorgee van openbare profiele kom, wanneer ons mekaar beleef besig met aardse menslike dinge, soos kos maak, badkamers deel, toilette deel, slaapkamers deel. Dis ongemaklik en ongerieflik, maar dis waar ons werklik mekaar beter leer ken. Jesus se opgroeijare het meestal in Nasaret gebeur, ‘n klein gemeenskap van arm boere en skrynwerkers nie meer as 250 – 400 mense nie.  Almal het mekaar geken, moes alles deel, en huise was in klein groepies teen mekaar gebou.  Die lewe was moeilik en almal moes help, en hulle deel doen vir oorlewing.  Jesus verstaan dus verhoudings, Hy leef verhoudings!

Op hierdie tydstip van Jesus se bediening was dit vir Jesus gevaarlik om in Jerusalem te wees. Hy was amper gestenig ’n paar dae tevore, die Jode wil hom in hegtenis neem. Joh 11:8; 10:31, 39 Die familie weet dit, daarom net die in kennis stel woorde. “Die een wat jy lief het is baie siek” Hulle woorde wys hulle respek en geloof in Jesus, asook hulle vrymoedigheid met hom, Hy is hulle vriend. Hulle het hom al dikwels gehelp, en Hy sal hulle ook help.  Die dissipels is soos gewoonlik meer op hulle self ingestel as op die Here.  Hulle verstaan nie Jesus se woorde nie en hulle maak die verkeerde gevolgtrekkinge. Jesus moet hulle reguit verduidelik wat Hy bedoel toe hy eers sê Lasarus slaap, dat Lasarus dood is, want hulle verstaan nie.  Thomas se woorde, dat hulle saam met Lasarus gaan sterf, dui op sy pessimisme soos gewoonlik, Thomas die twyfelaar is bekommerd vir sy eie lewe. (Joh 14:5; 20:24–29)

Jesus het dus geweet Lasarus is dood, nogtans gaan Jesus nie onmiddellik nie. God wil die omstandighede gebruik vir Sy glorie.  Jesus sê Hy is bly dat hy nie onmiddellik gegaan het nie, want die Vader gaan die Seun verheerlik.  Vriendskap is ’n hefboom, ’n onsigbare band wat jou verplig om te help.  Mense sal op grond van ’n vriendskap dinge doen, wat hulle nie eintlik wil doen nie. Vriendskap is ’n emosionele kommoditeit.  Jesus bied sy vriendskap en liefde, maar laat hom nie verbind nie.  Dit moes maar ‘n bitter pil gewees het vir Marta en Maria om te sluk, dat Jesus nie dadelik kom nie.

Jesus se optrede druis in, teen wat reg is oor hoe die meeste mense vriendskap verstaan.

Jesus laat weet hulle nie dat Hy nie nou dadelik gaan kom nie – dus swak kommunikasie.  Jesus gee nie onmiddellik in tot hulle noodroep nie – dus nie ingestel op menslike behoeftes nie – Maar die wil van die Vader. Hy het voedsel beskikbaar om hom te vul wat nie van ’n mens is nie.  Joh 4:32, 34 Vgl Mat 4:4 Hier leer ons ook ‘n waardevolle les: Ons soek nie vriende omdat ons ‘n behoefte het na vriendskap nie, Jesus was die seun van God, en het niemand se hulp nodig gehad nie, ook nie vriende nie.  Tog kies hy vriende. Is hy die gestuurde wat vriende uitkies.  Dis die kern van die groot Kommissie: “Gaan dan heen en maak Vriende van alle nasies.” Ons kies dus nie ons vriende op grond van waaroor ons alles saamstem, en dat ons van dieselfde goed hou nie.  Ons kies ook nie vriende omdat hulle iets vir ons gedoen het nie.  Dis maklik om liefde te gee, as ek dit eers ontvang het. Jesus stuur ons, om ons vyande lief te hê, (Mat 5:44-48) om vriende te maak van mense wat vir ons niks kan beteken of gee nie.

“As u hier was sou Lasarus geleef het” Hulle verwyt liggies Jesus se afwesigheid. ( Joh 11:21; 32) Selfs die begrafnisgangers en toeskouers verwyt hom ook. Joh 11:37 “Kon Hy wat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?” Maar Marta en Maria neem nie “offense” nie.

Beide Maria en Martha spreek hulle geloof uit: ek glo: (Joh 11:7)

  • – Sy erken Jesus as die gekose Gesalfde (Messias: Christus – vgl. Joh 1:20,41).
  • – Hy is die Seun van God (vgl. Joh 1:34,39; 10:36)
  • – en die Profeet wat na die wêreld toe gestuur is (vgl. Joh 3:31) om God aan die mense bekend te maak. In een asem ’n belangrike getuienis oor Christus.

Offense: verwoes die vloei tussen en skakeling, konneksie tussen mense.  Moet nie offense vat teenoor die Here, omdat jy dink Hy laat is nie.  (Jes 55:8-9)

Jesus se trane wys egter op Jesus se seer in hierdie verhouding.  (Joh 11:38)  Hy het al by meer as een geleentheid vir hulle gesê, dat Hy gaan sterf. Hier by die dood van Sy vriend Lasarus, sien Jesus Sy dood. Hy moes dink aan die sonde las van hierdie mense wat Hy eersdaags sal moet dra, en hulle sien dit nie. Die Griekse woord “groaning”, embrimaomai  (em-brim-ah-om-ahee); Strong’s #1690:  Derived from en,  “in,” and brime,  “strength.” The word is used to express anger (Mark 14:5), to indicate a speaking or acting with deep feeling (John 11:33, 38), and for stern admonishment (Matt. 9:30; Mark 1:43). to roar, storm with anger; to be enraged, indignant, to express indignation against someone.  Since Christ could hardly have felt anger toward Mary and the mourning friends, it is probable that his deep emotion was due to his inwardly protesting the indifference, ignorance, blindness, thoughtlessness, of the people… seeing His own coming death… the crucified the wrong person.

Die grootste hartseer in enige vriendskap is, dat jou vriend(in) jou nie sien nie. Jou maat sien nie jou hart nie, sien nie jou swaarkry, lyding of swaarheid nie.  Dis die een enkele sonde/oortreding wat enige verhouding op die afdraandpad kan stuur en uiteindelike verwoes. Die persoon wat die naaste aan my is, sien my nie!  Jesus se liefde is groter as ons oortredings, Hy gee nog steeds Sy lewe, en vergewe ons.

Deur hierdie wonderwerk wil Jesus iets van die glorie van die verhouding (eenheid) wat Hy met die Vader het vertoon.  Let op Marta se woorde; “God sal U alles gee wat u vra” Toe Jesus by die graf staan bid Hy nie eers nie, Hy sê: “Ek dank U Vader dat U my verhoor het, ek weet dat U my ALTYD verhoor” Jesus het ‘n vriendskap, Vader Seun verhouding met die Vader.  As jy iemand enigiets kan vra is jy goeie vriende met daardie persoon.  Dis is die crux van die evangelie, Ons kan God “Pappa” noem.  Geen ander geloof op aarde het hierdie benaming vir hulle God nie.  Hierdie sou later ‘n tema word in Jesus se prediking, die feit dat ons deur ons geloof in Christus ook God enigiets kan vra. (Joh 14:13; 15:16)

Tweedens wil Jesus met die einde van alle vriendskappe deel naamlik die dood. Ons sê so graag “Friends forever”, maar besef vandag dit is ‘n illusie! Jesus wek Sy vriend op, en verklaar: As julle in My glo sal julle sekerlik nie sterwe nie.  Daar is geen ewige vriendskap sonde vriendskap met God nie.  Soos selle mees gesond is wanneer hulle verbind is aan mekaar, is ons die meeste gesond wanneer ons eerstens met God versoen is.

Indien ons nie eers met God vriende is nie,
gaan ons altyd goddelike eise stel aan aardse vriendskappe wat nie kan hou nie.

Na Jesus se opstanding, en uitstorting van die Heilige Gees word die kerk die vrug en resultaat van mense wat eers met God herstel en versoen is, en dan in ‘n goddelike eenheid met mekaar leef. Die eenheid in die Handeling Kerk is gegrond op: Acts 4:32; “Een van hart en sinne” – Afwesig in die vlees maar tog teenwoordig Col 2:5 – As een lid ly, ly die hele liggaam – 1 Cor 12:26.

Laastens: Joh 11:44 Lasarus word weer lewendig, sonder seremonie, en groot vertoon. Jesus spreek bloot ‘n woord, en Lasarus word lewendig.  Jesus bly nie eers vir ete nie! Weereens verbreek Jesus die reels van aardse-vriendskappe. Jesus gee daarop opdrag dat Lasarus losgemaak moet word sodat hy kan huis toe gaan.

Jesus se vriende het Hom nie gesien nie, die mense vir wie Hy Sy lewe gee, het Hom nie ontvang nie, maar daar was een vrou wat gesien het. Maria kom salf Sy voete met duur olie in die volgende hoofstuk. Joh 12:1–8 (Vgl Mat 26:6; Mark 14:3) Sy moes tydens Lasarus se opwekking, Jesus se oë gesien het, sy het dieper gekyk, en verstaan dat Jesus eersdaags Sy lewe gaan gee vir die mensdom.  Niemand anders het Jesus se vooraf leiding gesien of verstaan nie, Hy moes Sy las alleen dra.  Ons ontvang deur die geloof dié geskenk van Jesus se geregtigheid, hierdie spesiale verhouding met die Vader.  Deur ons verbondenheid met die Vader laat Hy ons anders kyk. Ons vergeet van onsself, en sien ander se seer en las raak.  Ons kyk met Jesus oë.