Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Wat verwag God van ONS?

Soos bome in ‘n woud kompeteer vir die Son, en hulle takke en kroon uitreik na die son, so soek ons die Son, Jesus Christus met genesing in Sy strale! Ons hunkering is na Hom. Hy is die middelpunt van ons bestaan, en uit Hom, deur Hom en in Hom vind ons, ons bestaan! Die gemeenskap van gelowiges wie se bestaan gegrondves is in Christus Jesus ons Here, ondervind ‘n sekere geestelike simbiose: uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. (Eph 4:16) Sien ook (1 Cor 12:12-26) Paulus verstaan die werkinge van die kerk soos die werkinge van al die organe, en ledemate in ‘n mens se liggaam. En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,

wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. (Eph 1:21-23) 

Die mens het kerk gereduseer tot ‘n organisasie, ‘n denominasie, ‘n kerkraad, ‘n gebou. Die kerk, bruid, tempel, volk, nasie, liggaam van Christus is baie meer kompleks, en funksioneer op soveel veelvoudige vlakke en werkinge die absolute genialiteit van God! Daarom moet Hy die kerk bou. (Mat 16:18) Dieselfde mistieke, misterieuse, bonatuurlike heerlikheid wat in die godheid bestaan, word in Sy liggaam gedemonstreer wanneer ons EEN is met Hom. (Joh 17:21) sien pastor J. John se snaakse refleksie oor die kerk. “Global Interprise” https://www.youtube.com/watch?v=L6TGxKvSqH8

Maar wat is God se plan met Sy liggaam? Wat moet ons vir Hom doen? Hoekom is ons hier? 

GENESING!! 

Die Here wil ‘n kollektiewe genesing van skaal in die wêreld bewerk deur Sy liggaam! Ons sien hierdie beeld baie duidelik wanneer ons die skrifte oor die kinders van God as bome vergelyk.

3Hulle is soos bome

geplant langs ’n rivier,

wat vrugte dra

op die regte tyd.

Hulle blare verwelk nie;

in alles wat hulle doen,

is hulle voorspoedig.[1] Ps 1:2-5 

Maar gelukkig is dié mense

wat op die Here vertrou

en hulle verwagting

in Hom stel.

8Hulle is soos bome

wat langs ’n rivier staan,

hulle wortels reik diep

tot by die water.

Hitte bedreig hulle nie,

hulle blare bly groen.

Lang maande van droogte

pla hulle ook nie,

hulle hou nie op

om vrugte te dra nie.[2] Jer 17:5-8

12Allerhande soorte vrugtebome sal aan weerskante van die rivier groei. Die blare van hierdie bome sal nooit verlep nie en daar sal altyd vrugte aan die takke wees. Daar sal elke maand ’n vrugte-oes wees, want die bome kry hulle water van die rivier wat uit die tempel vloei. Die vrugte sal kos wees en die blare sal genesing bring.”[3] Eze 47:10-12

Hulle sal genoem word:

Bome van Redding,

’n plantasie van die Here

om sy roem te vermeerder.[4] Isaiah 61:1–3,

Herlewing is die belewenis waar mense ontwaak tot die eenheid en eenheid wat in God vir ons opgesluit lê: Sien die wonderlike dinge wat gebeur wanneer ‘n gemeente een is van hart, en sinne: Acts 1:14; Acts 2:1; Acts 2:46; Acts 4:24, 32; Acts 5:12; Acts 8:6; Acts 15:25. Hierdie eenheid kan ons nie bewerk nie, ons word wel dikwels vermaan om hierdie eenheid te handhaaf en te beskerm. (Eph 4:1-50; Phil.1:27; 2:2-3; 5:11,14; Eph.4:3; 1Thes.5:13; 1 Cor 1:10; Eph. 4:13; Col. 3:14) 

Ons is dus saam ‘n habitat, en ‘n ekosisteem van genesing! Dis verstom en verbaas my, hoe die Here elkeen in die liggaam se behoeftes versorg in die liggaam. Ek as die pastor, is nie die enigste oplossing en genesing instrument nie. Elkeen speel ‘n rol in die genesingssiklus. Net soos in ‘n hospitaal, waar daar verskillende mense werk wat direk met die pasiënte werk, maar ook talle in die agtergrond funksioneer; is ons in die liggaam van Christus met mekaar verweef. 

Hierdie eenheid is geestelik: 

dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. (Joh 17:21) Ons eenheid is ons Bruto Binnelandse Produk! In hierdie wêreld van wanorde, verdeeltheid, selfsug, eie-geregtigheid is die ware eenheid van die kerk ‘n rariteit!  
Ons is interafhanklik van mekaar

En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. (1 Cor 12:26) 

Gelyke sorg

sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. (1 Cor 12:25) 

ondersteuning wat elke lid gee

ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. (Eph 4:16) 

Nie gebonde tot ‘n fisiese plek

Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus. (Col 2:5) 

Voorwerpe vir besonder gebruik en ander vir alledaagse

In ‘n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en klei. Sommige is vir besondere gebruik en ander vir die alledaagse. As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy ‘n voorwerp vir besondere gebruik wees. Dan sal hy vir die eienaar afgesonder en bruikbaar wees, voorberei vir enige goeie diens. (2 Tim 2:20) 

Jou Lyding te wille van die liggaam. 

NOU verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is; (Col 1:24) 

HOU JOU TUIN SKOON

Elkeen het dus ‘n verantwoordelikheid om nie net te funksioneer in die roeping waaroor God jou aangestel het nie. Bo alles moet ons soos ‘n boom, onsself beskerm teen parasiete, swamme, en investering van die bose.  

Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.  (Prov 4:23-27) 

Leer om bevryding op jouself te doen.  Indien jy ‘n verkeerde gesindheid, verontregting, onvergenoegdheid in jouself gewaar; bely en laat die Heilige Gees jou was en lei in waarheid.  Moet nie mense bespreek nie, bid vir hulle. Moenie probleme bespreek nie, wees die oplossing! Moenie op ‘n distansie oordeel nie, konfronteer die valsheid direk met die persoon.  Moenie aanstoot neem nie, vermaan die oortreder in liefde. Moenie kritiseer nie, leef in verbondenheid met Christus! 


[1] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, (Vereeniging, Suid Afrika: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006), Ps 1:3.

[2] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, (Vereeniging, Suid Afrika: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006), Je 17:7–8.

[3] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, (Vereeniging, Suid Afrika: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006), Eze 47:12.

[4] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, (Vereeniging, Suid Afrika: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006), Is 61:3.

Categories
Preke

Verseël jou verbondenheid met die Heilige Gees

Seal Your Bond with the Holy Spirit

“To have found God and still to pursue Him is the souls paradox of Love.”

Todd Atkins
Podcast: Sermon

Die meeste van ons was al in ‘n byeenkoms waar ons God se teenwoordigheid so intens beleef, die atmosfeer is heilig, intens, swaar maar liefdevol, gevul met Sy heerlike lig en helderheid! Daar is niks in die hierdie wêreld wat kan vergelyk met die manifestasie van God se teenwoordigheid nie.  

DIE GEOPENBAARDE HEERLIKHEID VAN GOD.

Ons weet God is alomteenwoordig (Col 1:17) maar daar is tye waar God se teenwoordigheid tasbaar word.  Soos met Sinai: (Exo 19:12-22; 20:18-21; Deut 4:11, 12; 5:22-27.) GLORY. A major biblical concept, in the word “glory” is the translation in KJV of a variety of Heb. and Gr. words, the most common being kābôd in the OT and doxa in the NT. Developing from the Heb. concept of “weight, heaviness, worthiness,” the term “glory” in a doctrinal sense is used of God in (Ps 19:1 and (63:2), speaking of the heaviness, awesomeness, or intrinsic worth of God’s being.  Central to the OT usage of the term is the idea of the “glory of Yahweh” (Isa 6:3). In this sense, glory is linked to revelation, and consists of the manifestation of God’s nature. The specific issue in (Isa 6) is the revelation of holiness, and the majestic holiness and glory of God are closely related. At times in the OT this manifestation approximates an overpowering physical appearance of glory, splendor, or brilliance (Lev 9:23; Ex 33:18 ff.). This is theologically represented by the terms “presence,” or “Shekinah glory.”[1] The glory of the Lord filled the temple as He filled the tabernacle (Ex. 40:34, 35), the temple of Solomon at its dedication (1 Kin. 8:11), and the temple in the vision of Isaiah (Is. 6:4).[2]

Hierdie oomblikke waar ons Sy teenwoordigheid fisies kan voel is baie spesiaal en onombeerlik vir ons Geestelike bestaan.  Ons is geskape vir Hom, om in harmonie en verbondenheid met God te lewe. Sonde het die skeiding gebring.  Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. (Gen 3:8) Alhoewel die mens gesondig het, kon hulle God hoor wandel in die tuin, hulle was nog steeds bewus van Sy teenwoordigheid.  Sonde het ons skaam gemaak, ons het ons vrymoedigheid verloor.  Sy teenwoordigheid is die tuiskoms wat die hele mensdom na soek. In Sy teenwoordigheid vind ons weer onsself, word ons genees en herstel, en vind ons rus vir ons siel.  

Hoekom is Sy teenwoordigheid dan so ongereeld en sporadies. Sommige noem dit herlewing, ander vernuwing. Ons hele wese hunker om te leef in Sy nabyheid, ons wil gedurig, en voortdurend Sy teenwoordigheid ervaar.  

DAAR IS VERSKILLENDE VEREISTES OM SY TEENWOORDIGHEID TE BELEEF: 

Selfverloëning en ware berou ->  Opstandingskrag van Sy heerlikheid en teenwoordigheid. Moses was van die min mense wat God van gesien het, al was dit van die agterkant. Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. (Exo 33:20) Dis juis ons sondige, rebellie, ongehoorsaamheid, en eie-sinnigheid wat verwydering gebring het.  

Gen 3:21 God het vir die mens klere gemaak van diere vel. Hiervoor moes Hy ‘n onskuldige dier slag om die sonde/skaamte van die mens toe te maak. Dit is hoekom die Here Abel se offer aanvaar het. Abel het gehoor hoe God maak, en daarvolgens gehandel. Kain het sy eie ding gedoen, om God te probeer behaag.  Hy het die eerstelinge van sy werk gebring. (Gen 4:3-4). “Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie?” Die eie-gerigte godsdiens, waar die mens die offer kies wat hy of sy wil bring, is die kern-oorsprong van die sonde-probleem.  

Gen 4:6-7 God soek die offer van ons hart:  Ek weet dat offerandes U nie kan tevrede stel nie, want al sou ek brandoffers bring is dit nie wat U wil hê nie. Die offerande wat U wil hê, is berou; o God, U sal nooit ’n mens verwerp wat opreg berou het en nederig is nie. (Ps 51:17–19; Isa 66:2-3; Hos 6:6; Mat 9:13)  

Onder vlees bedoel ons nie net sonde nie. Om fisies moeg te wees, maak dit moeilik om die teenwoordigheid van God te beleef. Ons bewussyn is opgeneem met die aarde. 

Om moeg te word is deel van die lewe en deel van menswees. Mens raak moeg. Ons moet egter oppas wanneer ons moeg is. Essau verkoop sy geboortereg omdat hy so moeg is: (Gen 25:29; Heb 12:16)

Dawid bekla dikwels sy lot, hoe hy in siekte ver van God af voel.  (Ps 13) 

Wanneer jy en jou familie argumenteer en nie vrede maak nie. Gaan jy ook voel asof God ver en onbereikbaar is. 

GOD WIL ONS NIE NET BESOEK NIE, HY WIL IN ONS WOON. 
Die Inwonende Teenwoordigheid van God) 

(“If you search for His visitation you miss His habitation” JHK)

Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees (Lev. 26:12)

Hulle moet vir My ‘n heiligdom oprig dat Ek tussen hulle kan woon. (Exo 25:8–9)

Ikabod – “die eer is weggevat uit Israel, want die ark van God is gevat.” (1 Sam. 4:21)

JESUS IS DIE KATALISATOR – DIE ‘MISSING LINK’ – DIE MIDDELAAR – DIE DEUR en TOEGANG tot GOD SE HEERLIKHEID en TEENWOORDIGHEID 

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. (John 1:14) 

Emmanuel God by ons – (Matt. 1:22–23; cf. Isa. 7:14)

Terwyl ons dan nou ’n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word” (Hebrews 4:14–16) 

Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het,” (Hebrews 10:19–21) 

GOD SE HEERLIKHEID IS IN SY KERK

want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle. (Matt 18:20)

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is” (2 Corinthians 3:18) 

Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul” (Ephesians 1:23) 

aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen” (Ephesians 3:21) 

God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.” (Colossians 1:27) 

Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is ’n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, op julle bly.” (1 Peter 4:14, AFRIKAAN) 

GOD INISIEER KONTAK 

Daar is iets misterieus omtrent God, Hy is immers God.    Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. (Joh 6:44) As medewerkers van God doen ons ‘n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie. Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor,  en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. (2 Cor 6:1-2) Die OT was ‘n dispensasie van werke, die NT is ‘n dispensasie van Ontvang.  Genade, vergifnis, geregtigheid, heiligmaking, gawes vd Gees, erflating, krag kan alles net ONTVANG word.  Ons is daarom aangewese, om op die Here te wag. Hy inisieer. Wanneer ons sien Hy beweeg/roep dan moet ons beweeg.  Ons is soos ‘n dienskneg, wat wag op sy/haar meester se opdrag.  

JESUS WYS GOD se TOEGANKLIKHEID

Geen mens kan liefde weerstaan nie. Iemand wat onbeskaamd liefhet, is vrymoedig. Ons is dikwels ons eie grootste vyand. Ons dink God het Homself weggekeer, oor ons doen en late, en tog is Hy nog steeds verwelkomend en toeganklik vir ons.  

Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra.” (Jeremiah 31:3, AFRIKAAN) 

Ek self het Efraim leer loop, Ek het hulle op my arms gedra, maar hulle wou nie erken dat dit Ek is wat vir hulle sorg nie.” (Hosea 11:3, AFRIKAAN) 

Ek het hulle met sorg en liefde gelei, Ek was vir hulle soos iemand wat die juk oplig as dit sy trekdier skaaf. Ek het na Efraim toe afgebuk en hom gereeld kos gegee,” (Hosea 11:4, AFRIKAAN) 

Petrus het Jesus verloën, net soos Jesus dit voorspel het. Na Jesus se dood en begrafnis, stel hy aan die manne voor dat hulle gaan visvang. Jy voel die spanning in die lug, daar is distansie, daar is verwydering. Die naby vriendskap voel ver.  Tog toe Johannes herken dit is Jesus, spring Petrus uit die boot Jesus tegemoet! Hierdie impulsiewe daad spreek boekdele, van Petrus se eie hart wat braaf en sonder vrees na Jesus toe hardloop. Hy soek dus toenadering. Maar dit spreek ook iets van Jesus se lewenstyl met die manne, wat hierdie toeganklikheid geleef het. Jesus was altyd verwelkomend! Jesus het altyd ‘n “yes-face’ gehad. Jesus het hierdie voortvarende geloof en aanspraak maak op wat skynbaar geweier word; groot geloof genoem! Die Kanaänitiese vrou. “Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” (Mat 15:28)

God is nie ‘n mens wat Hom opruk, en Sy hart wegdraai nie!! 

Wanneer ons dus ver voel, verwydering beleef, skeiding aanvoel: WEET dis is nie God wat weggedraai het nie! Indien Jy ook nie sonde gedoen het nie, WEET dis is ‘n sataniese illusie van leuens, en owerstes in die lug, wat ons onder ‘n wolk van veroordeling wil hou!  

Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Rom 8:38-39) 

Verseël jou verbondheid daar en dan met die Heilige Gees! Begin te bid is tale, fokus om in dankbaarheid raak te sien waar God alreeds beweeg het! “reclaim” en behou die eenheidsband van verbondenheid wat Jesus vir ons gekoop het met Sy eie bloed. Die voorhangsel is geskeur! Die “vlammende swaard wat heen en weer beweeg” (Gen 3:24) en EDEN versper is opgehef! Die Heilige Gees woon nou IN ons. Ons is nou die draers van Sy teenwoordigheid! Ons leef vanuit ‘n oop hemel![3]

5 MANIERE HOE JY JOU VRYMOEDIGHEID KAN DEMONSTREER 

Alhoewel ons niks kan doen om God te maak enigiets doen nie. Hy is immers God en Soewerein! Almagtig, alwetend, alomteenwoordig! Hy ken die diepste intensies en motiewe van ons hart. Kan ek myself posisioneer om God se geopenbaarde teenwoordigheid te beleef. 

  1. Nederigheid/ootmoed/belydenis: Bely wat die Heilige Gees jou van oortuig. 
  2. Eenheid/vergewe: Vergewe almal by name wat jou seer gemaak het, en te na gekom het. 
  3. Dankbaarheid: Lys waaroor jy dankbaar is, en verklaar dit aan die Here. 
  4. Lees die Bybel: Lees ‘n hele Bybelboek, en begin dan bybelstudie te doen oor wat vir jou uitstaan in die gedeelte. 
  5. Joernaal wat jy glo die Here vir jou wil sê. Begin… Jou Naam: “____ vandag sê EK vir jou _______________” 

[1] Frederic R. Howe, The Wycliffe Bible Encyclopedia, 1975.

[2] Jack W. Hayford, Ed., Spirit Filled Life Study Bible, electronic ed., (Nashville, TN: Thomas Nelson, 1997), Eze 43:5.

[3] http://walterbeuttler.com/the-manifest-presence-of-god/