Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die Gevaar van ‘n Samelewing Sonder STRAF

Om te dink Jesus het nooit oor straf gepraat nie, is ‘n ernstige misleiding en ontkenning van ‘n groot deel van Jesus se boodskap!! Ons as mens het ‘n ingebore vrees vir straf, ons probeer dit ten alle koste vermy.  Om in die publiek verneder te word, of voor mense oor ‘n fout aangepraat te word maak mens seer en diep skaam!  Om in die klas te hoor hoe almal se punte uitgelees word, en jy het die swakste gevaar is traumaties en sielskrenkend.  

Een manier om jouself hierdie vernedering te spaar, is om harder te leer, en hard te werk aan jou foute! Ongelukkig volg ons kultuur en samelewing nie hierdie pad nie.  Ons hou die punte geheim, sodat niemand weet nie! Ons doen dit met nasionale misdaad verslae, en feitlik elke indeks wat Suid Afrika se prestasie meet.   

Daar is ‘n interessante studie gedoen waaroor ‘n agnostiese prof Jonathan Haidt praat op sy opspraakwekkende anti-liberale TED toespraak. Hy homself ‘n aktiewe liberaal. Volgens hom speel godsdiens ‘n baie belangrike rol deur die eeue om mense te waarsku en soms te dreig teen immorele dade en die gevolge.  Die studie wat deur Ernst Fehr en Simon Gachter  gedoen is, was om te bepaal hoe volhoubaar sosiale samewerking projekte is.  In hierdie studie ontvang ‘n studie groep elkeen ‘n bedrag geld, wat hulle kollektief aan ‘n projek kan spandeer waaruit die groep elkeen gesamentlik voordeel trek.  

In al die studies het entoesiasme en samewerking afgeneem, omdat daar altyd mense is wat nie bydraes lewer nie, maar dieselfde voordele wil ontvang.  Mense voel dit is nie regverdig nie, en begin dan hulle goeie-wil en samewerking ontrek.  Wanneer die mense egter die geleentheid gegun is, om uit hulle eie sak diegene wat nie hulle kant bring nie, te straf het die volhoubaarheid en samewerking dramaties verbeter.[1]  

Tans beleef ons globale STRAF waaraan ons nie direkte skuld dra nie.  Ons almal voel die gevolge van staatskaping, intitlement, en swak werksprestasie, maar die oortreders word nêrens vervolg nie.  

JESUS SE PREDIKING het dikwels klem gelê op EWIGE STRAF. 

Daarom vandag hierdie ongewilde boodskap! 

En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. (Matt 18:8)

Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.

En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.  (Matt 25:45-46)

Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.  (Joh. 5:29)

Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!  (Matt 7:23) 

Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.  Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  (Mat 8:11-12)

En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  Want baie is geroep, maar min uitverkies.  (Mat 22:12-14) 

want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.  (Mat 25:29-30) 

Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.

Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:  die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,

en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. (Mat 13:39-43) 

SO BAIE PROFETE EN STEMME BEGIN VERKLAAR DIE EINDE IS IN SIG!! 

Of die einde vir jou kom in die vorm van die DOOD, vir jou wag die FINALE OORDEEL! 

Die EINDE van ‘n era is in SIG sommige praat van die “GREAT RESET” pandemies, oorloë en hongersnood is die aarde se manier om homself te “RESET” die vraag is wat kan ons as kerk doen, wat grootliks nie skuldig is aan die sosiale norme van self verwoesting en anargie nie? 

en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is. ( 2 Cor 10:6)  

ONS REGDOEN GEE ONS ‘n BEPAALDE OUTORITEIT IN TYE VAN STORMS.  

Dink aan Paulus in die storm op die see, hy is ‘n gevangene, maar hy gee uiteindelik leiding vir hoe hulle uit hierdie bepaalde krisis kan kom.  Daniel en sy vriende het nie hulleself laat intimideer met die goddelose norms van die Babiloniese Ryk nie, uiteindelik word hulle ADMINSTRATEURS in die STAAT om ORDE te handhaaf. SO het die Here JOSEF ‘n gevangene opgerig as die hoof van die tronk, later van die Egiptiese Ryk!! 

ONS REGDOEN IS DIE PADKAART UIT!! 

Oor die laaste paar jare is ons elkeen as gelowiges tot op die uiterstes getoets!! Maar hierdie toetse en krisisse het ons geleer om nog meer nougeset en reg in waarheid te wandel!! Hierdie gehoorsaamheid is NOU ons verlossing!! 


[1][1] https://web.mit.edu/14.160/www/Coop_PunAER.pdf

Very insightful video to watch!!!
Categories
Preke

Verstaan God se Oordele

Plaasmoorde is nie net moorde nie, maar GRUWELDADE van onmenslike wreedheid. Geld geoormerk vir COVID 19, verlore deur KORRUPSIE! Man los vrou en kinders vir ‘n ander vrou! Mense sê mekaar sleg op sosiale media sonder grense!  Wat word van ons wêreld? Is dit die begin van die einde? Waar is God se OORDEEL? Waar is die REGSPRAAK? 

Die mens leef vandag asof daar nie ‘n oordeel is nie!! 

“Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. (Mat 24:12)

Sonder REGTE oordeel, raak ‘n samelewing oorgegee aan anargie en wetteloosheid. Sonder oordeel het mens nie rigting nie. Sonder oordeel is daar nie meer ‘n standaard om na te strewe nie. “EVERYTHING GOES”.  Alles is aanvaarbaar! Daar is nie meer reg en verkeerd nie.  

DIT IS ‘N VERSKRIKLIKE GROOT MISLEIDING! 

Die voedsel wat ons eet, moet dan voldoen aan sekere veiligheid standaarde! 

Niemand wil in ‘n vliegtuig vlieg, as die vlieënier nie die standaard geslaag het nie, wat nog te sê geopereer word deur ‘n dokter wat nie die kursus voltooi het nie?  Die waarheid is, ons soek standaarde vir veilige gesonde lewe, ons kan nie daarsonder nie! Selfs afrigting impliseer gereelde beoordeling, om dan sekere regstellings te maak, deur oefening te verbeter, om sodoende die hoogste eer te bekom! 

Die moderne mens wil net nie meer hê dat die standaarde op hom of haarself van toepassing is nie! 

Dr Henry Cloud maak ‘n pragtige appél in sy boek: “Changes That Heal” – Four practical steps to a healthier you. In Hoofstuk 1 as ‘n fondasie. Jesus is GENADE en WAARHEID (Joh 1:14). Hy is die LEEU en die LAM!

Ons het beide Waarheid en Genade nodig om te groei in volwassenheid in Christus.  Waarheid wys die STANDAARD, en Genade bied die goddelike VERMOË om REG te lewe. 

WAARHEID impliseer oordeel, want waarheid is ‘n toets. Waarheid is onaanvegbaar. Waarheid bring dit wat nie waar is nie aan die lig.  

VERSTAAN GOD SE OORDEEL 

Dawid voel veilig in God se oordele, insettinge, en verordeninge.

Dawid het homself getroos toe Hy God se oordele van ouds onthou. (Ps 119:52) 

” want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie.”  (Ps 18:23) 

“Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.” (Ps 19:9) 

“…u oordele is ’n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!” (Ps 36:7). Die langste Psalm in die Bybel handel juis oor Dawid wat die Here loof vir Sy oordele! 

(Psalms 119:7, 13, 20, 30, 39, 52, 62, 66, 75, 102, 106, 108, 137, 156, 160, 164, 175)

Jesus preek gereeld oor oordeel: 

  • Die gelykenis van die ryk dwaas (Luke 12:16–21)
  • Die twee fondamente (Matthew 7:24–7; Luke 6:46–49)
  • Die gelyknis van die Saaier (Matthew 13:3–9; Mark 4:3–9; Luke 8:5–8)
  • Die gelykenis van die onkruid tussen die koring (Matthew 13:24–30)
  • Die onvrugbare vyeboom (Luke 13:6–9)
  • Die treknet (Matthew 13:47 –50)
  • Die eise van dissipelskap (Luke 14:28–33)
  • Die plig om te vergewe (Matt 18:23-35)
  • Die verlore seun (Luke 15)
  • Die ryk man en Lasarus (Lk 16:19-31)
  • Die gelykenis van die boere en die wingerd (Mat 21:33-41)
  • Die gelykenis van die bruilof (Matt 22:1-14; Lk 14:15-24)
  • Die vyf dwase en die vuf wyse maagde (Mat 25:1-13)
  • Die skape en die bokke (Mat 25:31-46)

Troos Vir Slagoffers

Misdadigers gaan nie straf vryspring nie!! Hierin is daar ‘n reuse troos!! 
“Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is.” (Luk 17:1-2) 

“Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here.” (Rom 12:19) 

Ons gaan elkeen moet rekenskap gee

“Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.” (Mat 12:36 

“Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.” (Mat 16:27)

“En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.”(Heb 4:13)

“Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel. Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees. En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid. Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ’n menigte sondes bedek.” (1 Pet 4:5)

“Alles wat in die geheim gedoen is sal openbaar word.” (Mar 4:22)

Daar wag ook ‘n beloning

Jesus het nie net oor die oordeel gepraat wat kom nie, maar ook oor die beloning wat wag vir die wat reg geleef het: 

  • Siele en dissipels wat gewen is – Kroon van Blydskap (1 Thes 2:19).
  • Heilige en toegewyde lewe – Kroon van geregtigheid (2 Tim 4:8).
  • Versoeking weerstaan – Kroon vd. Lewe (Jak 1:12; Open 2:10).
  • Goeie Herders – Kroon van heerlikheid (1 Pet 5:4).
  • Dissipline en volharding – Onverwelklike kroon (1 Kor 9:25).
  • Vervolging weerstaan – Groot beloning (Mat 5:12; Luk 6:23).
  • Gee sonder om gesien te word -Groot beloning (Mat 6:2).
  • Vas en bid in die geheim – Sal openlik beloon word (Mat 6:6; 18).
  • Ontvang gestuurde volgens sy gawe – Sal spesifieke gawe ontvang (Mat 10:41).
  • Goeie werke – Beloon volgens elkeen se werke (Rev  22:12; Mat 16:27; 1 Cor 3:8).
  • Vyande liefhê, teenoorgestelde gees – Groot beloning (Luk 6:35).
  • Op die regte fondament gebou – Sal beloon word (1 Kor 3:14).
  • Lewe in die geloof in Christus -Vryheid (Kol 2:18).
  • Dien die Here – Erfdeel saam met Christus (Kol 3:24).
  • Vaste vertroue – Groot loon (Heb 10:35).
  • Volharding – Volle loon (2 Joh 1:8). 

Die woord oordeel het iets uit te make met krisis. ‘n Krisis is dikwels ‘n toets van ons geloof, en dit wat in ons is. Die meeste leerlinge hou nie van eksamen nie, maar as jy goed voorberei het hoef jy nie te vrees nie. Dit is tog wonderlik om te sien hoe jy gevaar het op die einde! 

Die Groot wit Troon Oordeel (Bema verhoog) Toekomstige Oordeel

Die woord Bema wat in die NT Grieks gebruik word verwys na die verhoog waarop atlete staan, wanneer hulle in hulle sport gewen het. Dit impliseer dat die beoordelaars streng elke atleet se optrede ontleed het om te bepaal wie verdien om te wen.  

Lees Open. 20:11-15 

“…want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.” (Rom 14:11-12) 

“Maar, of ons hier woon of daar woon, ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil. Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.” (2 Kor 5:9-10) 

“‘n Atleet wat aan ‘n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding.” (2 Tim 2:5) 

“Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.” (1 Kor 9:24-27) 

Hel is ‘n realiteit – 2 Pet 2:4; Mat 22:13; 25:30 

Geen oordeel IN Christus – bekeer julle 

Jesus gebruik nie die slegte goed wat met mense gebeur om daardeur te wys dat sekere mense oordeel verdien nie. Almal het gesondig en ontbreek aan die heerlikheid van die Here (Rom 3:23). Rampe, wreedheid van mense gebeur al vir duisende jare. Nou ervaar ons hierdie tye soos ‘n vrou in haar baringstyd wanneer daar korter kontraksies op mekaar is!

NOGTANS bekeer jou! As jy nou vandag tot sterwe kom, is jou saak reg met die Here? (Luk 13:1-5) 

“God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg.” (Joh 3:16-19) 

Geen oordeel IN Christus Jesus nie. 

“Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.” (Rom 8:1) Sommige manuskripte voeg by: … “vir dié wat nie volgens die sondige natuur lewe nie, maar volgens die Gees. Dit impliseer dus net diegene wat Sy geregtigheid as geskenk en genade ontvang het, en IN Hom krag ontvang het (Phil 4:13) heers in dié lewe oor sonde en ongeregtigheid. (2 Kor 5:21; Rom 5:17) 

Christus het ons oordeel op die kruis gedra en die volle prys vir ons dade betaal (Heb 10:10). 

  • Hy het die vloek van ons sonde op Hom geneem (Gal 3:13).
  • Hy het satan gebind en hom ontklee van sy outoriteit (Col 2:15)

Daarom is ons wat in Christus is, nie bang vir oordeel nie! “Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. (1 John 4:17) 

Teenswoordige Oordeel – Die oordeel van die kerk. 

Die kwessie is nie óf ons moet oordeel nie, maar hoe ons moet oordeel.

  • Moenie die splinter oordeel met ‘n bank in jou eie oog nie. (Mat 7:1-5)
  • In 1 Cor 5:1-13 kla Paulus die kerk aan omdat hulle nie die sonde in hulle midde verwyder en beoordeel het nie. Hy maak dit dan ook duidelik dat ons nie die mense buite die huisgesin van God oordeel nie, maar wel die familie is. 

Daar is ‘n verskil tussen oordeel en beoordeel.  Om iemand te oordeel sonder dat jy al die feite het, betrokke is in die saak, en eerstehands getuienis het is soos om jouself regter oor ʼn saak te maak en die saak het nooit voorgekom nie. JY kan nie iemand beoordeel as jy nie kontak maak, en die sonde/fout/misleiding konfronteer nie.

Die Bybel is baie duidelik dat ons mense wat hulle skuldig maak aan die volgende oortredings uit ons gemeenskap moet verwyder; hulle soos heidene moet behandel, nie met hulle moet kuier of eet nie: 

  • hoereerders
  • gierigaards 
  • rowers 
  • afgodedienaars. 1 Cor 5:11-13:
  • tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, Rom 16:17:
  • ‘n man wat partyskap verwek, Tit 3:10-11:
  • wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie. 2 Thess 3:6:
  • iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, 2 Thes 3:14-15:
  • As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, 1 Tim 6:3-5: 3
  • wat tugteloos is
  • wat onsin praat 
  • verleiers is – Tit 1:10-11.

Die kerk se straf en oordeel is die van ʼn mens en tydelik.  Soos bv:

  • Oordeel die sonde 1 Kor 5:1-13
  • Restoreer die sondaar 2 Kor 2:3-11  

Uiteindelik oordeel ons eie dade ons daagliks. Ongehoorsaamheid aan God se voorskrifte veroorsaak dat die aarde uitroep met onuitspreeklike sugtinge. Die aarde en die ekologie rebelleer en ly as gevolg van ons selfsug. Ons self ly ook! Hoe wonderlik sal die wereld nie wees as alle mense IN Christus leef, en Sy waardes, denke, gewoontes, en gesindheid handhaaf nie?