Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Meer As OORLEWING

Daar is vêr meer in stoor vir die kind van God as om nét te oorleef! Dit is so dat baie mense geestelik dood is, en nie eers weet wat hulle mis nie.  Tragies egter is die talle kinders van God wat nooit die volle erfporsie, krag en skeppingsdoel wat in Christus se geregtigheid opgesluit lê ooit in besit neem nie! Ons oorleef soos weeskinders van die krummels wat van die tafel af val! 

  • Die Siro-Fenisiese vrou Markus 7:24-30 
  • Die Kanaänitiese vrou Matteus 15:21-28 

Deur REG TE “GLO” ontsluit HEMEL op AARDE! 

Jesus word herhaaldelik verwerp, en self teëgestaan deur Sy eie mense. Selfs sy eie familie twyfel. Jesus se moeder en familie is bekommerd oor Hom. (Mat 12:46-50; Mark 3:21,31-35; LK 8: 19-21) Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesê: “Hy het van sy kop af geraak.” (Mk 3:21)

Alhoewel Jesus so baie wondertekens voor die mense gedoen het, het hulle tog nie in Hom geglo nie. (Joh 12:37-43)

Die probleem lê nie my die mate van ons geloof nie, maar die teenwoordigheid van twyfel.  

Jan Oosthuizen

Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het.  (Mat 28:16)

Die vrou kry ‘n direkte NEE antwoord van Jesus. 23Maar Hy het Hom heeltemal doof gehou vir haar. Sy dissipels kom vra Hom toe: “Stuur haar tog weg. Sy hou nie op met tekere gaan al agter ons aan nie.” Mat 15:23

Hy het nie gekom vir heidene nie, maar eerstens die uitverkore volk van God die Jode! (Han 13:46; Rom 1:16) Daarom die woord ‘huishondjies’ wat dikwels honend deur die Jode gebruik is teenoor hulle vyande en alle heidene!  Daarna, groet sy Hom volgens sy Joodse titel: “Seun van Dawid” en dan wanneer Hy haar weer afjak val sy voor Hom neer en aanbid (proskonéo) Hom.

4352. προσκυνέω proskunéō; contracted proskunṓ, fut. proskunḗsō, from prós (G4314), to, and kunéō (n.f.), to kiss, adore. To worship, do obeisance, show respect, fall or prostrate before.  

Dan noem sy Hom: 2962. κύριος kúrios; gen. kuríou, masc. noun from kúros (n.f.), might, power. Lord, master, owner. Also, the NT Gr. equivalent for the OT Hebr. Jehovah.! 

Maar dit is die aktiewe-vorm van haar stelling wat Jesus se ingesteldheid teenoor haar draai: “Dit is so, Here, maar selfs die huishondjies eet tog darem van die krummels wat van hulle base se tafel afval.” Sy stem saam, en aanvaar die voordeel vir die Jode, maar sy sluit haarself in. Ek is alreeds besig om van die krummels te eet! Ek is alreeds besig om “to partake” van die maaltyd, al is dit die krummels.  Sy sluit haarself dus in, en maak aanspraak dat sy in die huis woon! 

28“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Jesus spreek haar nie aan as dogter of jongeling nie, maar mevrou! Hy sien haar statuur in die Gees.  Haar geloof word as GROOT bestempel! 3173. μέγας mégas; fem. megálē, neut. méga, adj. Great, large, particularly of physical magnitude.  Sy was vreesloos, en sonder enige twyfel!!

Die teenwoordigheid van twyfel bepaal die grote van jou geloof!  

Jan Oosthuizen

Sy het “persistantlyvolhou totdat die Here haar dogter bevry.  

Sy is nie net desperaat nie, Jesus is haar enigste hoop!

Toe sê Hy vir haar: “Op grond van wat jy gesê het, kan jy maar huistoe gaan; die bose gees het al klaar uit jou dogter uitgegaan.” (Mark 7:29) Jesus doen hierdie wonderwerk vir haar dogter oor ‘n afstand! Nog ‘n voorbeeld dat Jesus alomteenwoordig is, Hy is God! Hy bevry haar dogter sonder om enigiets te sê of te doen!  

Geloof Ontsluit Die HEMEL Hier Op AARDE! 

Meer nog haar woorde word as LOGOS bestempel: 3056. λόγος lógos; gen. lógou, masc. noun from légō (G3004), to speak intelligently. Intelligence, word as the expression of that intelligence, discourse, saying, thing.

Dit was dus meer as net haar woorde. In die vorige hoofstuk praat Jesus oor wat in die hart aangaan, hoe mense dink, bepaal wat hulle doen.  . 20Dit is die… 18Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dit is die dinge wat die mense onrein maak. 19Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery dinge wat ’n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak ’n mens nie onrein nie.” (Mat 15:18-19). Jesus doen juis na hierdie stelling besoek by mense wat die Jode as onrein beskou. Daarom Matteus se verwysing na Kanaänitiese vrou, omdat hy vir Jode skryf en wil benadruk hulle eertydse vyandskap met die Kanaäniete.  Markus wat weer aan die Grieke skryf benadruk haar Griekse afkoms.  Sy is in die Jode se oë onrein, tog dink sy reg! Sy dink intelligent, hulle is dwaas omdat hulle die oplossing wat voor hulle staan nie raaksien nie! 

Verder het Hy vir my gesê:“Maak hierdie volk traag van begrip, maak hulle ore doof en hulle oë blind sodat hulle nie met hulle oë sien, met hulle ore hoor,

en met hulle verstand begryp en hulle hulle bekeer en genees word nie (Isa 6:10)

Geloof is Intelligensie!

Geloof sien ‘n oplossing in ‘n probleem! Geloof sien soos God sien! Geloof is ingeskakel in die GEDAGTES van God! 

Die Jode se godsdienstigheid en valse vroomheid is sotheid en dwaasheid! Hulle kan nie die  futiel kragteloosheid van hulle eie rituele sien nie. Sou hulle handewas rituele hulle dan inderwaarheid die vermoë sou gee om vir siektes te bid en hulle gesond te maak – wonderlik!  Maar die rituele skep ‘n valse beeld van vroomheid sonder enige krag.  mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.  (2 Tim 3:5) wat, alhoewel dit ’n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees. (Col 2:23)  

Hierdie heidense onrein vrou het GROTER MEGA GELOOF as die Jode, Fariseërs, skrifgeleerdes en regsgeleerdes.  Want sy dink reg!! 

hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie,

dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,

verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;

en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte  (Efe 1:16-19) 

Dit is die kos op die tafel waarvan die Here wil hê ons moet van eet en geniet!  Sodat ons kan volraak om weer vir ander te gee!  

Wanneer mens iets moeilik oorleef het, voel mens geïnhibeer, futloos, en verlam! Jy het feitlik al jou kragte gebruik net om te oorleef!! Dat jy oorleef het is ‘n wonderwerk! Onlangs terwyl ek ‘n deurwinterde karoo boer ontmoet, sien ek voor my die vereelte hande, die trane wat vlak lê in die oë, die frons lyne van swaarkry ingeëts op sy voorhoof! Hierdie mense het geleer om met min te oorleef!!

Aan die ander kant sien ons die lelike en vetterige skyn van ‘n “entitlement” kultuur, wat wil hê sonder om te verdien, wat vereistes maak sonder enige innerlike gesag! Iewers tussen hierdie menslike verydeling is ‘n WARE KIND VAN GOD! 

Want AANSPRAAK maak net op die GENADE van GOD!! Ons verwagting is in ‘n GOEIE GOD wat Sy kinders altyd uitlei na RYKE VERVULLING. (Ps 66:12; Rom 8:28) 

Daar is meer as net krummeltjies!! 

Categories
Preke

Wanneer OORLEWING Skadelik Raak

Ons is almal oorlewendes! Dreigende internasionale kwessies soos die oorlog in die Oekraine, en meer en meer proteste a.g.v. hongersnood vul ons koerante daagliks.  Die verwarring en ontkenning van Bybelse norme wat deur die Liberale “woke” kultuur aangevuur word maak mens bang oor die toekoms vir ons kinders.  Nasionale kwessies soos Covid-19; ekonomiese resessie; staatskaping korrupsie; en Eskom krag tekorte is bitter ontwrigtend. Streek-kwessies soos droogte; hoë insetkoste; swak pryse; resessie en hoë insetkoste bedreig ons bestaan.  Persoonlike kwessies soos siekte; werkloosheid; versorging van bejaarde ouers en uitkom met jou geld aan die einde van die maand vul ons met bekommernis.  

TOG is die waarheid realiteit: Deur die mensdom se geskiedenis sien ons dat ons nog altyd hierdie tipe krisisse oorleef het! Ons lees van diktators, wêreldoorloë en totale ekonomiese insinking en vandag is ons globaal ryker en beter daaraan toe as ooit! Ons het oorleef! 

Alhoewel oorlewing die sterkste drang in die mens is, en ons dankbaar is vir die deursettingsvermoë van die wat ons voorafgegaan het, is daar ‘n gevaar om in ‘n oorlewing modus en mentaliteit vas te haak.  Oorlewing verg soms dat mens die reëls breek en bloot net doen wat nodig is om te doen.  In oorlewing het mens soms nie ‘n keuse as om reëls te breek, mense seer te maak, en alles in jou vermoë te doen om net te oorleef nie!! 

Krisisse vra nie ‘n adres nie:  die skielike dood van ‘n geliefde, of kind; die ontrouheid van ‘n  lewensmaat; die biopsie verslag van kanker; oeste word deur die wind verwoes; terwyl jou buurman se vrugte onaangeraak aan hulle bome hang; die bietjie wat jy gedink het jou gaan deurdra is ook na daarmee heen!

Krisse gebeur en soos ‘n fratsgolf moet mens veg net om kop bo water te hou.  Soms word mens onredelik in die werksplek hanteer, en vir iets beskuldig wat eintlik iemand anders se skuld was.  Die onregverdige uitslag van die regsbank:  ‘n afdankingsbrief.  

Die waarheid is: jy sal OORLEEF! Deur trane, en bloedsweet jy sal oorleef!

Ons kan almal vandag na feitlik enige mens om jou kyk en by hulle ‘n oorlewingstorie uitvis! Ons is almal SURVIVORS! 

Oorlewing kan egter ‘n mentaliteit raak.  Oorlewing is vir sommige ‘n werkswyse ‘n manier van leef.  Uiteindelik weerhou ‘n oorlewingsmentaliteit ons van God se beste.  

Vir oorlewing werk jy deur die nag vir ‘n paar aande, maar nou raak dit ‘n lewenspatroon. Vir oorlewing na trauma hou jy jouself eenkant, nou is jy alleen en het geen meer vriende nie. Vir oorlewing mis jy ‘n paar etes, omdat daar nie tyd is om te eet nie, nou eet jy net een keer per dag heeltemal te veel kos.  Vir oorlewing jaag jy met jou noodligte aan om by hulp te kom, maar nou ry jy gereeld oor die spoedgrens.  Vir oorlewing soek jy jou eie gewin, nou voel jy niks meer vir jou medemens nie.  Vir oorlewing het jy meer tyd in jou bed deurgebring tydens Covid-19, nou kom jy nie aan die gang met niks nie.  Vir oorlewing vat jy maar elke dag op ‘n slag, nou het jy geen toekomsplanne nie, en het ook niks gespaar vir jou oudag nie.  Vir oorlewing het jy nie meer jou kaste reggepak nie, nou sien jy nie kans vir die chaos nie.  

Krisisbestuur is swakbestuur, soms moet jy ‘n krisis hanteer en oplos maak of breek, maar vir volhoubare sukses moet jy begin beplan, en krisisse antisipeer en voorkom. 

In Brian Corbett se boek When Helping Hurts verduidelik hy die belangrike verskil tussen: 

1. Noodverligting

2. Rehabilitasie 

3. Ontwikkeling 

Die meeste noodlenigingagentskappe fokus net op nood verligting, kos, klere en ‘n slaapplek. Maar daarna moet daar rehabilitasie gedoen word, totdat die persoon leer om hulleself verder te ontwikkel.   Suid-Afrika se regeringstelsel het tot dusvêr nog net gefokus op noodverligting.  Mense kry SASSA-geld vir kos en klere, en verblyf.  Maar waar word mense gerehabiliteer om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie entrepreneurskap, vennootskappe, samewerking, en gesamentlike ontwikkeling?  

Ons moet verder aanbeweeg as net oorlewing! 

“Oorlewing-Mentaliteit” Teenoor “Slagoffer-Mentaliteit”

  • Word jy weerhou deur vrees om iets nuuts aan te pak, of tot ‘n verhouding te ‘commit’?  Vrees ons die onbekende?
  • Wil nie ‘n posisie of aanstelling hê nie want jy is te bang vir die verantwoordelikheid, jaloesie, teenkanting en risiko om te faal?
  • Jy verwag die ergste?  
  • Jy dink dit is nou maar my lot? Jy laat “God’s water oor Gods akker” loop?
  • Jy blameer gedurig ander vir jou tekortkominge?
  • Mense wat terminale siekte of ‘n ongeluk oorleef het, is geneig om gedurig die storie oor te vertel, soms talle mal vir dieselfde mense!?
  • Jou krisis oorheers die rak spasie in jou gedagtes
  • Seer mense maak ander mense seer. Hulle doen dit deur hul dade, hul woorde en hul onvermoë om te vertrou en hegte verhoudings te vorm?  

Wat Jy Nodig Het Om Te Oorleef

1. Oefen situasionele bewustheid – ken jou omgewing

2. Neem verantwoordelikheid – jy is in beheer van jou situasie

3. Glo in jouself – kanaliseer ‘n onbreekbare geloof

4. Wees beslissend – verbind tot aksie

5. Wees aanpasbaar – soek alternatiewe oplossings

6. Wees veerkragtig – weier om moed op te gee

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom 15:13) 

Mefiboset – ‘n Voorbeeld van ‘n “Net-Oorleef” Mentaliteit 

  • Mefiboset is laat val deur sy versorger, en sedertdien kreupel – 2 Sam 4:4. 
  • Dawid ontferm hom oor Jonatan se seun, Mefiboset – 2 Sam 9:1–13. 
  • Siba se valsheid – 2 Sam. 16:1–4.
  • Mefiboset se verduideliking – 2 Sam. 19:24–30. 

Mefiboset se lewe is vir ons ‘n lewensles, dat God ons wil nie laat oorleef nie, HY wil ons in lewensoorvloed uitlei! 

U het ons beproef, o God, ons gelouter soos silwer; U het ons in ‘n net gevang, ‘n swaar las op ons gelê; U het ons deur mense laat vertrap, ons het deur vuur en water gegaan; maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe. Ps 66:10-12 

Paulus – ‘n Voorbeeld van “Oorleef-Maar-Oorwin” Mentaliteit

Deur die Bybel leer ons om nie verskrik te wees wanneer allerhande vervolging, teleurstelling, verlies oor ons pad kom nie.  Dit is deel van die lewe, en ons kan rampe en teëspoed nie vryspring nie! God roep ons tot ‘n lewe van oorvloed en oorwinning

Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee, want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend. Maar bly jy in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, voer al die pligte van jou bediening uit.

Wat my betref, ek word alreeds as drankoffer uitgegiet. Die tyd van my dood is voor die deur. Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.  2 Tim 4:1-8

In verse 9-16 lees ons die hartseer van hoeveel mense Paulus verlaat het, en sekerlik diep teleurgestel het. 

MAAR DIE FINALE WOORDE IS: Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered. Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen.  2 Tim 4:17-18 

Vir verdere inspirasie, sien Bishop TD Jakes se preek oor dieselfde tema: https://youtu.be/AbZ_vYbnD_0

en Kris Valloton se preek oor “Give Him Your Ashes!” https://youtu.be/iEF4QZjjITw