Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Social Relevance

DIT IS GENOEG! Dis tyd vir ‘n draaipunt!

‘n Goddelike Omkeer Strategie!

Terwyl politieke groeperinge meeding vir die siel van die nasie… en almal asem ophou … selfs biddend … roep die bloed van die onskuldiges vir regspraak! Rooi bloed! Die bloed van onskuldiges … kinders, vroue, bejaardes, armes en boere, regoor ons land! Genoeg is nou regtig genoeg! Dis tyd vir ‘n draaipunt! ‘n Omkeer strategie! In plaas van vingers wys, van rassehaat, van arm teen ryk, oud teenoor jonk. Kom ons vat hande as gelowiges, as omgee-vir-mekaar-mense, burgers van ‘n nuwe vredevolle Suid-Afrika! Kom ons raak betrokke in ons eie gemeenskappe om vir almal se veiligheid te veg! Saam vorm ons ‘n net wat alle onwettige bedrywighede aan die lig bring. Ons hou die staat verantwoordbaar om regverdig remidiërend restitusie en straf toe te pas.

Dis tyd vir VREDE, ware vrede, waar mense reg leef, eerstens teenoor God en dan teenoor mekaar.

Plan van aksie:

Jesus bring herlewing in harte wat na Hom toe draai!!! Net dit wat Hy begin is volhoubaar.

1) Raak betrokke by formele lokale gemeenskap strukture: GPF – Gemeenskap Polisie Forum, Wykskomitee, BADISA, Sakekamer, Skoolrade ens. Hou op om ‘n kritiese toeskouer te wees en neem deel.

2) Doen ‘n waarde bepaling gemeenskap Profiel. (Asset Based Community Development)

3) Vorm ‘n neutrale waarde gedrewe sleutel rolspeler samewerkende forum: Gesondheid, Opvoedkunde, Sakelui, Wetstoepassing en Regering/leiers met kerke wat morele etiese waardes handhaaf.

4) Bereik konsensus oor werkbare meetbare aksieplan waarvoor ALMAL verandwoordelikheid neem. (Bou mure) volgens die prioriteite wat die gemeenskap bepaal het.

5) Hou aan werk en bou aan insluitende deursigtige verhoudinge wat genees!! Dit is tyd vir Biddende Aksie!

Categories
Preke

Die verskil tussen ‘n ‘pigeon’ en ‘n ‘dove’ lewenstyl.

Sessie 2 van Heilige Gees seminaar: Die Heilige Gees is sensitief en opreg soos ‘n duif, moet Hom nie bedroef nie.

As mense vol van die Heilige Gees, dra ons die vrug van sagmoedigheid, vredeliewendheid onpartydigheid, sensitief ingestel om Sy fluistering.

Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos ‘n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” Mat 3:16 

Verder het Johannes getuig: “Ek het duidelik die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien kom, en Hy het op Hom gebly. Joh 1:32-33 

As sy nie ‘n lam kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee ander duiwe bring, die een as brandoffer en die ander as sondeoffer, sodat die priester vir haar versoening kan doen en sy rein kan wees.” Lev 12:8 

H8449. תּוֹר tôr, תֹּר tōr: A masculine noun meaning a dove, a turtledove. It refers to wild doves known for their cooing and their affectionate ways of behaving toward each other. It was a sacrificial animal in Israel, especially for the poor (Lev. 1:14; 5:7, 11; 12:6, 8; 14:22, 30; 15:14, 29). It is used charmingly of the psalmist or of Israel being the Lord’s turtledove (Ps. 74:19). It was a harbinger of spring (Song 2:12); and had its built-in homing instincts (Jer. 8:7).

H3123. יוֹנָה yônāh: A feminine noun denoting a pigeon or dove. It was the bird used by Noah to test the conditions after the flood waters began to abate (Gen. 8:8-12). Its cooing sounds were compared to the moaning of a sick, suffering person (Isa. 38:14; 59:11; Ezek. 7:16). Its wings would glisten as gold or appear as gilded with silver, a symbol of a woman dwelling at home in safety (Ps. 68:13[14]). It was used as an endearing expression about one’s beloved (Song 2:14; 4:1; 5:2, 12). It is used in many more figurative expressions: of Ephraim like a silly dove (Hos. 7:11); of the exiles eagerly returning as doves (Hos. 11:11); of ships with white sails (Isa. 60:8) and many more. Dove’s dung was a last resort as food in a time of famine (2 Kgs. 6:25). A young dove or pigeon could be offered to the Lord (Lev. 1:14; 5:7, 11; 12:6, 8; Num. 6:10). The psalmist wished he had wings as a dove by which to escape his troubles (Ps. 55:6[7]).

1.  Turtledoves never fight; pigeons fight with each other all the time. Peter told me that the turtledoves he raises are always peaceful and quiet. Their soft cooing is very beautiful and reassuring. On the other hand, pigeons are belligerent, noisy and anything but tranquil.

2. Turtledoves can’t stand noise; pigeons don’t mind noise.

3. Turtledoves are afraid of humans; pigeons aren’t afraid of people.

4. Turtledoves are not territorial, that is, they do not defend a particular location; pigeons are very territorial and will even bully one another for a special place to perch.

5. Turtledoves cannot be trained or domesticated; pigeons, having a homing instinct, can be trained. Peter assured me, “I could put a red box in the center of New York City and train a pigeon to come to that box.”

6. Once let out of a cage, turtledoves will never return unless there is no other source of food. Pete told me, “I once released fifty white turtledoves, thinking they would at least return for food.

Excerpt from: “Sensitivity Of The Spirit: Learning to Stay in the Flow of God’s Direction” by R.T. Kendall. 

Dove did not return after it found food. (Gen 8:9, 11-12 

Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe. Mat 10:16 

185. ἀκέραιος akéraios; gen. akeraíou, masc.-fem., neut. akéraion, adj. from the priv. a (G0001), without, and keránnumi (G2767), to mix. Without any mixture of deceit, without any defiling material (Matt. 10:16; Rom. 16:19; Phil. 2:15). 

“gentleness” Gal 5:23; Phil 4:5) 

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” Mat 11:28 

‘n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en ‘n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier. En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.” Mat 12:20 

Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. James 3:17 

Alhoewel die Heilige Gees ook met Wind, Water, Olie of Vuur vergelyk word, is die Duif vergelyking nie beperkend tot Sy persoon nie. 

MANIERE HOE ONS DIE GEES WEERSTAAN

Maar hulle het in opstand gekom en het sy Heilige Gees bedroef, daarom het die Here vir hulle ‘n vyand geword Isa 63:10  

Asab: ‘n werkwoord beteken om seer, tot pyn, te treur, om te vorm tot mode.  

“Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie. As iemand iets teen die Seun van die mens sê, kan dit hom vergewe word; maar as iemand iets teen die Heilige Gees sê, kan dit hom nie vergewe word nie, nie in hierdie bedeling nie en ook nie in die toekomstige nie.” Matt 12: 31-32 

Petrus sê toe vir hom: “Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou? Acts 5: 3,9 

pseúdomai; fut. pseúsomai, mid. persoon van pseúdō (n.f.), om te bedrieg, bedrieglik, sal. Om te lieg, om te praat valslik of deceitfully 

“Julle hardkoppiges! Julle is heidens in julle harte. Julle is doof vir die woord van God. Julle weerstaan altyd die Heilige Gees. Soos julle voorvaders gemaak het, maak julle ook Acts 7:51 

antipíptō; fut. antipesoúmai, vanaf antí (G0473), teen, en píptō (G4098), om te val. Om te val of jaag teen of op ‘n vyandige wyse, aanranding, weerstaan deur krag en geweld, val of strewe teen (handelinge 7:51;

“Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop? In hierdie werk is daar vir jou geen plek nie, want jou gesindheid teenoor God is nie reg nie. Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. Acts 8: 18-22 

Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. 1 Thess 5:19 

Sbénnumi: Om te blus, blus

En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, Eph 4:30 

lupéṓ̄: om te treur, verdruk met verdriet; om te wees grieved, hartseer, bedroef, te beledig

Categories
Sermons

‘n Oproep tot VREDE in Suid Afrika

Die Here is besig om ‘grond’ te gebruik om ons oë oop te maak in SA.[1] Nog nooit het ons oor enige saak so baie gepraat en geredeneer, as tans oor die Grond Kwessie nie.

“Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond en maak met die spoeg ‘n bietjie klei aan. Toe smeer Hy die klei aan die man se oë en sê vir hom: “Gaan was jou in die Siloambad.” Siloam beteken die een wat gestuur is.” (Joh 9:4-21)

Ons verlossing gaan daarin lê dat ons nie onsself as grondeienaars sien nie, maar gestuurdes. President Cyril Ramaphosa se woorde “stuur my” is dalk meer profeties en rigtinggewend as wat ons dink.[2]

Daar is ’n spreekwoord in Swahili wat sê: “Wanneer twee bulle baklei, is dit die gras wat daaronder ly.” Dit is algemeen bekend dat Sosialiste/Kommuniste nie werklik omgee vir arm mense nie, hulle is net in wese woedend teenoor rykes.[3]Suiwer Kapitalisme verryk die individu ten koste van die geheel.[4]  Ons land is verdeeld tussen die wat veg om hulle rykdom te behou, die ekonomie in stand te hou, terwyl ander uitroep vir verlossing van ‘n geskiedenis van uitsluiting, marginalisering en die sinkgat van armoede.[5]

Die beste oplossing vir grondhervorming is nie “die beste plan” nie, maar is een waar swart en wit bymekaar kan kom met vergifnis en dienende harte om saam die oplossings te vind.[6]

Wanneer ons hande vat, kan niemand vingers wys nie. Ons verskeie kulture is baie meer geïntegreerd as wat ons dink. Swart en bruin ma’s het baie wit kinders help grootmaak. Ons genetiese poel is so vermeng dat baie min Suid-Afrikaners daarop kan aanspraak maak dat hulle ‘n suiwer wit of swart ras is. Ons tale is deurweef met stukkies en brokkies van die ander.[7]Ons oorspronklike inheemse kulture is verlore en word nog net in museums bewaar. Ons almal gaan elke dag winkel toe en ons koop dieselfde produkte. Ons is almal Suid-Afrikaners, inheems, uniek, ’n diverse Nasie met ’n spesiale boodskap van vrede en harmonie.

Ons almal soek mens-waardigheid, sosiale regverdigheid en waarheid. Ons land gaan gebuk en is besig om te sneuwel onder landswye korrupsie, leuens en bedrog van beide die regering en privaat-sektor leierskap. Ons verklaar dit is genoeg![8]

’n Nuwe maatskaplike verbintenis (Social Covenant) moet gesluit word tussen die mense, die privaat en die staatsektor sodat die lewensomstandighede van alle Suid-Afrikaners verbeter kan word.[9] Hierdie verbond kan net in die lokale gemeenskap op grondvlak geskep word waar leiers en mense nie meer oor mekaar praat nie maar met mekaar.[10]  Om die Konstitusie te verander of nie, beleide te skryf, en druk op die regering toe te pas gaan nie harte verander nie. Ons benodig ‘n wesenlike harts-verandering waar boere en werkers, en gemeenskappe hulle harte na mekaar draai, en saam begin oplossings soek.  Hou op protesteer en baklei, en begin innoveer, skep en bou aan ‘n nuwe toekoms, waar armoede aangespreek word, en burgers in vrede met mekaar saamwoon.[11]

Die enigste manier waarop hierdie LAND gaan oorleef, is om inklusief te dink, te praat, en te doen, om nie meer van hulle te praat nie, maar van ons.

Ons almal hunker na waardigheid, regverdigheid en vrede. Daar is geen waardigheid in korrupsie, bedrog, diefstal, leuens en oneerlikheid nie. Ware waardigheid is wanneer ons bou aan ’n beter toekoms vir almal, ook ons kinders. Daar is geen regverdigheid as net een groepering wen nie, en daar is geen vrede as ons nie almal deel is van die oplossing nie.

Ons kan ’n nuwe nasie word deur saam te werk, saam te bou en saam te regeer. As Rwanda na die ergste volksmoord in menseheugenis as ’n nasie kan opstaan deur saam te werk, hande te vat, korrupsie uit te wis en geregtigheid na te streef, kan ons verseker ook.[12]

Ons demokrasie is in sy onstuimige tienerjare. As ons egter by die waardes hou wat ons voorgeslagte en verskeie leiers, asook Madiba nagestreef het, sal ons ontwikkel tot ’n volwasse, jong verenigde nasie wat die wêreld in die oë kan kyk.

Mag die leuse “Eendrag Maak Mag”[13] nuwe definisie kry vir alle Suid Afrikaners.

Vrede gaan egter nie maklik kom nie! Ons sal almal moet hard werk en bid daarvoor, met alle erns, geduld en deursettingsvermoë.”Ek het een groot vrees in my hart, die dag wanneer witmense hulle tot liefde gewend het, sal uitvind dat swartmense hulle gedraai het om te haat.”[14]

Here stuur my! ‘n kampvegter vir Vrede!

 

[1]Gideon Basson, tydens ‘n mannegebed byeenkoms in Citrusdal, 25 Julie 2018.

[2]https://www.thesouthafrican.com/sona2018-read-the-full-text-of-cyril-ramaphosas-address-here/

[3]George Orwell, The road to wigan pier, 1937 (Chap 11) Mentioned in chapter 1 of Jordon P Peterson, Maps of meaning, the architecture of believe

[4]Thomas Piketty, Capital in the Twenty-First Century, Harvard University Press, 2013

[5]https://www.news24.com/Columnists/Jan_Gerber/what-white-people-need-to-understand-about-the-land-20180727

[6]Dr Arno van Niekerk, Facebook Post. Facebook post. 4 Julie 2018

[7]Elizabeth A Eldredge, Fred Mouton. Slavery in South Africa captive Labor on the Dutch Frontier, Pg 141994.

[8]Arno van Niekerk. Genoeg. Hoekom is ons hier. 2015

[9]http://www3.weforum.org/docs/WEF_GAC_NewSocialCovenant_Report_2014.pdf

[10]New Nation, Landbou Thinktank Consensus. 21 Julie 2018, Bloemfontein

[11]Read Full Transcript of Barack Obama’s South Africa Speech | Time.pdf Madiba’s 100 year Celebrations July 17, 2018

[12]Stephen Kinzer, A Thousand Hills: Rwanda’s Rebirth and the Man Who Dreamed It

[13]http://www.dievryburger.co.za/2014/03/oorsprong-van-eendrag-maak-mag/

[14]Alan PatonCry, The Beloved Country