Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Social Relevance

Wat Maak HRCO Anders?

’n Kerk waar die Heilige Gees die Here is, funksioneer heeltemal anders en is ook heeltemal anders. Die teenwoordigheid van die Here en Sy heerskappy kan nie net gesien word in spesifieke wonders, tekens en manifestasies nie, maar in die manier hoe die kerk funksioneer.

Die werking van die Heilige Gees in die kerk vandag is met die doel om God se skeppingsdoel te verwesenlik met die kerk. Dat die kerk tot volle wasdom sal kom as bruid van Christus.

Dan sal die kerk en die Gees uitroep; “Kom Here Jesus kom!”.

Die werk van die Heilige Gees is belangrik om te verstaan met betrekking tot ons persoonlike roeping en lewe as individue, maar meer nog moet ons tot begrip en kennis kom van die werk van die Heilige Gees in Sy Kerk.

Wat Maak Harvester Reformational Church Olifantsriviervallei Anders?

Van passasierskip mentaliteit tot vliegdekskip funksionaliteit.

Kerke bestaan nie meer vir die gerief van die lidmaat nie, maar vir die opleiding, toerusting, opvoeding en geestelike fiksheid en uitstuur van elke gelowige.

Van piramiede strukture tot planetêre stelsels waarin elkeen weet hoe om in sy wentelbaan te bly.

Kerkstrukture is dikwels saamgestel uit mense wat geen belang het by ’n gegewe saak nie. Hierdie vergaderings belemmer dikwels groei in die gemeente. In reformerende kerke word ’n meer funksionele model gebruik; leiers word geïdentifiseer op grond van ’n persoonlike roeping wat hulle beleef en nie volgens aanstelling of verkiesings nie. Vergaderings is kort en prakties van aard. Die behoefte om te beheer en te kontroleer deur ’n hoër raad, word as oorbodig beskou.

Van humanisme tot godsvrug. 

Godsvrug gebeur spontaan in mense se hart omdat hulle God ontmoet en ’n begeerte het om reg te leef. Stand- houdende verandering in mense gebeur nie deur motiverings en selfhelp tegnieke te preek nie, dit is die akkurate prediking van die Woord van God gelei deur die Heilige Gees wat die transformasie werk in ons doen. Ons preek geloof en nie om mense skuldig te laat voel nie. Ons preek nie die wysheid van mense nie, maar Christus Jesus se manier van lewe.

Van mensgerigte aktiwiteite tot Godgerigte fokus. 

Kerk kan soms baie mensgerig raak en sekere kerke word selfs geskoei op die sekere soeker sensitiewe model. Met die oogmerk om mense te bereik en die evangelie meer toeganklik te maak, kan ons in die gevaar beland dat ons nie mense wil afskrik nie en nie die volle evangelie verkondig nie. Kerk is nie vir ons gerief nie, maar vir God s’n!

Van selfgesentreerdheid tot bereidheid om te ly en op te offer. 

Soms kan ons so besig raak met mense se behoeftes en nood, dat die boodskap wat ons verkondig net gerig is op wat God vir ons kan doen, in stede van die fokus op wat ons vir God moet doen, en dan sal Hy in elk geval na ons behoeftes omsien.

Van konsentrasie op geboue en vaste bates tot die bemagtiging van die lidmaat. 

Party kerke se jaarboeke gaan oor die instandhouding van geboue en strukture, in stede daarvan dat God se Koninkryk uitgebrei word. Ons eerste verantwoordelikheid is die mens as kerk en nie geboue nie. Geboue moet die kerk dien, en nie ons geboue nie.

Van ’n ontsnappings tot voleindiger mentaliteit.

Sommige teoloë se fokus is om uit die Woord aan te dui hoe God ons gaan laat ontsnap van verdrukking en vervolging, terwyl God ons oproep om dit wat Hy ons beveel het klaar te maak! God se genade is vir ons genoeg, of Hy nou ons laat ontsnap of nie, daar is werk om te doen. Dit beteken raak betrokke, maak jou hande vuil, betaal die prys en wees gehoorsaam.

Van lokale tot globale perspektief. 

Ons kan partykeer so besig raak om skape in die kraal bymekaar te maak en te versorg, dat ons Sy roeping aan ons almal vergeet naamlik om te gaan. Gaan, waarheen? Nasies! Dis ’n apostoliese mandaat! Daar gebeur iets wonderlik in ’n mens wanneer jy buite jou wêreld na ’n ander nasie of kultuur uitreik.

Van selfgesentreerde lofprysing tot lofprysing wat God behaag. 

So baie lofprysingsliedere het heeltemaal te veel “my” woorde in die lirieke. Ons sing ook nie net van God nie, maar direk sing ons tot Hom. Van “die Here is lief vir my” na “ek is lief vir u” liede. Lofprysing in die Bybel gaan gepaard met ’n spontane emosionele en fisiese reaksie omdat ons ’n lewende God aanbid, en Hy nou hier by ons is! Wanneer God waarlik in die gees vir jou ’n realiteit en werklikheid word, sal jy hom anders aanbid. Dit is in wese wat Jesus bedoel het met die skrif: Ons moet Hom in Gees en Waarheid aanbid. (Joh 4:24)

Van onkunde tot volwassenheid in die geloof. 

My volk gaan ten gronde aan ’n gebrek aan kennis. Paulus spreek die gemeente aan omdat hulle nog deur iemand geleer wil word in stede daarvan om ander te kan leer. In reformerende gemeentes is daar ’n geweldige groot klem op opleiding en toerusting van die lidmaat, met die doel om elkeen ’n medewerker te maak en nie net ’n naam op die gemeente register nie.

Van wettisisme tot vryheid in die Gees. 

Die reëls en kode waar- volgens ons leef is die openbaring van Christus se bedryfstelsel en lewe in ons hart, nie die oorgedraagde wette van mense nie. Vryheid en vreugde is van die eienskappe van ware Christenskap en geloof in Christus. Alles wat ons doen is deur die geloof wat Hy in ons hart werk en waarin Hy ons dan die krag gee om opdragte uit te voer. Ons is dus vry van die val en opstaan bestaan van selfopgelegde godsdiens wat nie vrug dra nie.

Van statiese tot organiese groei. 

Die groei in ’n gesonde gemeente is beide kwaliteit en kwantiteit groei, en nie die een ten koste van die ander nie. Sommige gemeentes groei so vinnig dat Godsvrug en geestelike groei in die slag bly, ander groei weer net in kennis maar geen nuwe mense kom tot die geloof nie. Ware godsvrug sal altyd lei tot getalle groei.

Van leë toekomsbeloftes tot “dit is wat.” 

Mense is moeg om te hoor dat hulle moet bid, en hulle moet dit of dat. Mense wil leer hoe om dit te doen. Sommige kerke laat mens voel asof jy nooit godsvrug en geestelike karakter sal kan bereik nie, dit voel eenvoudig te ver en onmoontlik. Terwyl waar die evangelie van die koninkryk verkondig word, ervaar mense dat God naby gekom het. Ons prediking is nie net in woord nie, maar ook in daad.

Van Charismaties en gereformeerd tot reformerend. 

God se werk in ons hou nooit op nie, die hart van die eerste reformasie deur Luther was dan ook “Ekklesia reformans semper reformata”, die kerk moet aanhoudend reformeer. Ons dank God vir die kennis en begrip wat ons alreeds ontvang het, maar ons bly ingestel op wat God nou besig is om vir die kerk te sê.

Van sigbare manifestasies tot inwaartse hartsverandering. Sommige gelowiges is vasgevang in hul fokus op uiterlike sigbare manifestasies, as hierdie manifestasies nie gebeur nie, dan voel hulle verwyder van God en teneergedruk. Ons bediening is net in gehoorsaamheid aan God, en daarop rus Sy guns outomaties. Daarom hoef daar nie inisiële manifestasies te gebeur nie, wanneer Sy woord aangeneem word en toegepas word, sal daar vrug wees wat Hom eer bring en nie ’n mens nie.

Van vals tot eg. 

Omdat ons nie meer langer van die boom van kennis se vrugte eet nie, beskou ons nie ons foute en swakhede as negatief nie. God gebruik ons ten spyte van ons swakhede. In ’n atmosfeer van egtheid en eerlikheid is dit baie moeilik om vals te wees, inteendeel dit wys te maklik. Saam leer ons uit ons foute, en prys God vir Sy genade!

’n Nuwe perspektief op gebed:

Gebed moet beantwoord word met inspraak van God, anders het jy nog net met jouself gepraat.

Gebed is meer as rympies opsê aan tafel en snags voor ons gaan slaap. Gebed is nie ’n lys van behoeftes wat aan God deurgegee word vir Sy aandag nie.

Gebed is nie om God in te lig van jou probleme asof Hy dit nie weet nie. Gebed is om Sy wil te verstaan en daarvolgens te bid.
Gebed is om deur te dring in die geestelike dimensie en dinge vanuit Sy perspektief te sien.

Gebed is nie ’n program wat die kerk aanbied nie, maar die rede hoekom die kerk bestaan.
Gebed in al sy aspekte is die belangrikste oefening vir enige gelowige se strewe na godsvrug.

Ons hele lewe is ’n gebed, en elke asemteug ’n uitreiking van ons gees om kontak te maak en te bly met Syne.
Gebed is bloot die vorm van kommunikasie en verhouding in al sy fasette met ’n lewende nabye God.

Vas en gebed, en die vurige gebed van die regverdige, meditasie, intersessie, waak en wag is verskeie vorme van gebed om dieper met God in verhouding te staan. Elke gelowige behoort geoefen te wees in al hierdie aspekte van gebed.

Chuck D. Pierce in sy boek, The future war of the Church, beklemtoon die volgende verskille tussen die tradisionele kerke se perspektief op gebed en die nuwe apostoliese reformerings gemeentes se perspektief.

In tradisionele gemeentes is gebed ’n bykomstige omstandigheid, terwyl in apostoliese gemeentes gebed sentraal staan.
In tradisionele gemeentes is gebed ’n roetine, terwyl in apostoliese gemeentes is dit spontaan. Menigte kere sal jy hoor; “Kom ons stop en bid” gevolg deur ’n onbeplande en ernstige gebedsessie.

In tradisionele gemeentes is gebed nou en dan, terwyl in apostoliese gemeentes is dit dikwels, tydens die aanbidding, tydens prediking, te midde van geselskap.

In tradisionele gemeentes is gebed passief, terwyl in apostoliese gemeentes aggressief en onbeskroomd. Daar word werklik ’n antwoord op gebed verwag.
In tradisionele gemeentes is gebed stemmig en stil, terwyl in apostoliese gemeentes is gebed uitbundig. Die hele gemeente sal sommer by tye in gesamentlike luide gebed ingaan waar almal tegelykertyd saam bid.

In tradisionele gemeentes is gebed eerbiedig, terwyl in apostoliese gemeentes gebed uitdruklik en ekspressief is. Mense bid met hulle oë oop, sommige kniel of loop.

In tradisionele gemeentes is gebed emosieloos, terwyl in apostoliese gemeentes gebed baie emosievol is. Wanneer daar vir ’n saak ingetree word kan trane en weeklaag verwag word.

’n Nuwe perspektief op aanbidding:

Die herbou van die tabernakel van Dawid is ’n model van lofprysing vandag. Nuwe liede en sang geïnspireer deur die Gees, dans, hande klap en juig, bewegings gefokus om Hom in Gees en in waarheid te aanbid. Aanbidding gefokus op die realiteit van Sy teenwoordigheid hier en nou. Aanbidding wat wag en reageer op Sy inisiatief en liefdesteenwoordigheid. Aanbidding waar die hele gemeente jonk en oud saam beweeg en reageer op profetiese inspraak.

Aanbidding wat ’n lewenstyl word en in alles wat ek doen Hom verheerlik. Akkurate en seker bewegings in die geloof, nie los betekenislose rituele nie.

In ons lofprysing word daar nie ’n onderskeid getref tussen ou en nuwe liede nie, ook nie ’n voorkeur van ’n spesifieke styl nie. Musiek moet die hart van God op daardie spesifieke oomblik reflekteer. Ware lofprysing is nie ’n spesifieke styl of noodwendig sang nie, dis ’n hart wat uitroep na God.

’n Nuwe perspektief op Kerkstruktuur:

Die erkenning en aanvaarding van die vyf genadegawes wat deur Christus gegee is om die kerk toe te rus vir hulle dienswerk: Apostels, Profete, Evangelis, Herder, Leraar.
Gemeenskap van gelowiges waar elke lid sy bediening ken, verstaan en uitleef.

Fokus om elkeen se funksie te verstaan en te erken sonder dat enigiemand hom/haarself ’n posisie toe-eien. Geen struktuur waar enige iemand bo (meer belangrik) die ander verhef is nie. (Piramides)
Strukture is daar om funksioneel te wees en nie struktureel te beheer nie. (Planetêre stelsels)

Kerk is die gimnasium waar elke gelowige hom/haarself in die godsvrug kan beoefen terwyl hy of sy uitgaan en dissipels gaan maak.

’n Nuwe perspektief op Bediening:

Elke gelowige het ’n roeping en bediening om te vervul in samewerking met die gemeente.
Dit is die kerk se verantwoordelikheid om die hele gemeenskap te bedien en te versorg, armes te voed, dié wat siek is gesond te maak, dié wat vasgevang is te bevry, dié wat moed verloor het te bemoedig en te versterk, en dié wat rigting verloor het perspektief te gee.

Die kerk se verantwoordelikheid lê verder daarin om die gemeenskap op te voed, te leer en te rig in godsvrug, en mense te help om geestelik te groei deur voorbeeld en geïnspireerde Woord verkondiging.

’n Kerk is ’n liggaam waar elke deel van die liggaam bydra tot die versorging en versterking van die ander. Daar is geeneen wat enigiets kortkom nie, nie fisies, emosioneel of geestelik nie. Elke behoefte word deur die liggaam gediagnoseer, behandel en opgelos.

Mens gaan nie kerk toe nie, jy is kerk en het elkeen dus ’n funksie om te vervul in terme van woordverkondiging, getuie wees en bediening.

’n Nuwe perspektief op Leierskap:

Leierskap is nie posisie nie maar ’n funksie. Dis deur God gegee as gestuurde om ’n sekere taak te vervul.

Die leier dien die gemeente deur die mense hoër te ag as hom/haarself en sy/haar lewe vir die gemeente te gee.

Die gemeente dien die leierskap deur te doen wat hulle sê, opdragte uit te voer en sodoende die werke van God te vervul.

’n Nuwe perspektief op Christen karakter en leefstyl:

Die Bybel moet ’n realiteit word in ons lewe, deurdat ons deur die Gees gelei, die Woord toepas en leef in elke faset van ons lewe.
Self verloëning is die begin en einde van hierdie proses, deurdat self sterf en die individu deur die opstandingskrag van God begin om te leef in die volle karakter van Jesus Christus. Hierdie is ’n daaglikse proses waarin self sterf en die persoon elke dag meer en meer verander word om soos Jesus te wees.

Egtheid, eerlikheid, integriteit en waarheid word die basis waarop alle ander godsvrug geopenbaar word. Om jouself te wees, natuurlik te wees, eg te wees, is die voedingsaar van heilig wees.

Die vrug van die Gees en goddelike karakter word dan deel van jou natuur en menswees wat natuurlik na vore kom alvorens die self verdwyn. Volwassenheid in die Here beteken dan ook verder dat ek in terme van God se natuur soos ’n kind word en die goddelike eienskappe van kindwees beleef as deel van my identiteit en menswees.

Om gevul te wees met Sy Woord en Sy Gees daagliks en sodoende in die Gees te wandel, te dink en op te tree is my fokus elke dag, want hier lê ware vrede en blydskap.

’n Nuwe perspektief op ons mandaat en die Groot opdrag:

Ons is almal geroep om dissipels te maak en die woord te verkondig, aan alle nasies, hulle te doop en te leer aangaande die leer van die koninkryk. Elke gelowige het dus ’n rol om te vervul in terme van uitreiking en bediening, om ’n voorbeeld te wees in Godsvrug om sodoende dissipels te kan maak.

Bediening is vanuit die uitgangspunt dat Jesus alreeds in mense is, Hy stuur, ons preek, Hy roep, iemand glo en roep uit na redding. Ons werk is dus om saam met God te werk, en dié wie se hart hy alreeds voorberei het te help om tot die volle lig te kom.

Prediking, verkondiging, proklamering, lering, teregwysing, redenering is die gereedskap wat God gebruik om mense tot inkeer te bring. Ons verkondig net die goeie nuus dat die koninkryk van God naby gekom het.

’n Nuwe perspektief oor ons finansies:

Elke gelowige wat ’n inkomste verdien is geseën om te kan gee. As God se rentmeesters behoort niks aan ons nie, ons is bloot die instrumente waardeur Hy kies om te werk.

Maar dit wat geld vir die individu geld ook vir die kerk, wat moet gee en help om eerstens die evangelie te verkondig, dan die weduwee en die wees te versorg, die arme te voed en die lyding van die medemens te verlig.

Wanneer die kerk dus sy funksie vervul, kan die rentmeesters en regeer- ders ook hulle taak vervul deur die kerk te help om dié taak uit te voer. Die kerk en die besigheidslui is dus in vennootskap tot die uitvoering van bogenoemde behoefte.

Die gee van finansies in die kerk is nie bloot om ’n predikant se salaris te betaal en sodoende alle geestelike verantwoordelikheid op sy skouers te plaas nie. Maar die kerk in sy totaliteit word bloot die agent van hulpver- lening en uitreiking na die gemeenskap, waarin elke lidmaat ’n funksie vervul in terme van bydraes in persoon of in finansies.

Categories
Preke

‘n Heilige Kerk = ‘n Gesonde Samelewing

Reform the church to reform the land!

Dr Andre Pelser

As kerk is ons nie skaam om betrokke te wees in regering, skole, diensorganisasies, gemeenskap organisasies in ons gemeenskap nie. Ons glo in ‘n openhartige eerlike liefdevolle inklusiewe onpartydige verby die kerkmure tipe infiltrerende sout-en-lig tipe kerk!! 

Maar vandag wil die HERE ons net terugroep na SY eerste AGENDA en FOKUS – KERKWEES! 

“For thus says the LORD of hosts: Once more (it is a little while) I will shake heaven and earth, the sea and dry land; and I will shake all nations, and they shall come to the Desire of All Nations, and I will fill this temple with glory,’ says the LORD of hosts. ‘The silver is Mine, and the gold is Mine,’ says the LORD of hosts. The glory of this latter temple shall be greater than the former,’ says the LORD of hosts. ‘And in this place I will give peace,’ says the LORD of hosts.” (Hag 2:6-21) 

Christus is “the desire of all nations” – Hy is wat die mens na soek.  

“DAAR is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ’n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring. Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie. Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring. Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie; en die eilande wag op sy leer. So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel: Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ’n verbond van die volk, as ’n lig van die nasies, om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.” (Jes. 42:1-9)

Nog nooit in die geskiedenis was daar herlewing as gevolg van ‘n politieke party, ‘n nuwe toonaangewende sakeonderneming, of ‘n deernis gedrewe NGO nie. Herlewing gebeur in die kerk waar mense hulle harte na die Here bekeer, en saam God se oplossings vir die wêreld se nood demonstreer! 

Ekonomiese Jubileum waar niemand tekort gehad het nie, inklusiewe nie-rassige liefde en omgee, emosionele en geestelike vervulling, en koersvaste roeping identiteit is eerste deur die eertydse volgelinge van Jesus gedemonstreer!! Heiligheid is nie verhewe vroom witgepleisterde grafstene nie.  Heiligheid is die teenwoordigheid van ‘n liefdevolle regverdige God tussen Sy mense! 

Joernaliste, hoofstroom media en films tipeer die kerk in sterk negatiewe lig: Institusionalisme; Materialisme; Seksuele wanpraktyke; Bedrieglike bediening praktyke, leierskap magsmisbruik, is irrelevant tot sosiale nood. 22000 NGO’s in SA dryf nou sosiale ontwikkeling programme. Politieke partye word die profetiese stem van aanklag teen ekonomiese ongelykhede.  Para-kerk organisasies dryf gebed, dissipelskap, evangelisasie en versoening, restitusie agendas.  Met die COVID 19 pandemie word al hoe meer mense kerk-loos!! 

HIERDIE BOODSKAP IS ‘n TERUGROEP na GOD SE HART EN PLAN – DIE LOKALE KERK

Ons land staan op ‘n kantelpunt. Die lewendige, verenigde, geesvervulde, vrugdraende, gehoorsame, kerk wat Sy roeping verstaan en leef, gaan die katalisator wees wat konflik oor ekonomiese en sosiale inklusiwiteit en gelykheid gaan ontlont. ‘n Jesus waardesisteem, denke, gewoontes en gesindheid is die enigste oplossing vir ons land.   

Die kerk en gemeentes behoort voortdurend te transformeer om te word wat dit reeds in Christus is: Die volk van God, die huisgesin van die Vader, die liggaam van Christus en die tempel van die Heilige Gees. Daar is net één kerk, naamlik die kerk van Christus, wat nog altyd bestaan het en altyd sal bestaan. 

In die Ou Testament word die teenwoordigheid van God geopenbaar deur

  • ‘n Wolk wat die volheid van Sy heerlikheid simboliseer. Die wolk van heerlikheid – die Shekinah van God – het onder sy volk in die Tabernakel kom woon (Ex. 40:34) en later in die tempel (1 Kings 8: 10-11). In Esegiël is daar egter ‘n grafiese waarskuwing van hoe God se heerlikheid van Israel wegtrek weens die sonde van die volk (Eze 9: 3).
  • Terwyl Hy hier op aarde was, het Christus vir Petrus, Jakobus en Johannes ‘n bietjie kykie gegee van Sy heerlikheid toe Hy voor hulle verander het. (Matt. 17: 1-6; Mark 9:1–13; Luke 9:27–36; 2 Pet. 1:16–18) 

Christus is die volle demonstrasie van die heerlikheid van God. 

God se heerlikheid is nou gesentreer in Christus! Christus is die volheid van God se heerlikheid. Die OT heerlikheid was ‘n afskynsel, ‘n wolk, ‘n brandende braambos, ‘n lig, maar God het in persoon Sy volle heerlikheid in Christus geopenbaar. 

Die kerk is belangrik omdat sy vir Christus belangrik is: 

  • Christus het die kerk gestig (Matt 16:18)
  • dit met Sy bloed gekoop (Hand. 20:28)
  • identifiseer Homself intiem daarmee (Hand. 9:4).
  • Die kerk is die liggaam van Christus (Ef. 1:23; 4:12; 5:23-32; Kol. 1:18, 24; 3:15; 1 Kor. 12:12-27),
  • die woonplek van Sy Gees (Rom. 8:9, 11, 16; 1 Kor. 3:16-17; 6:11, 15-17; Ef. 2:18, 22; 4:4),
  • en die hoofinstrument om God in die wêreld te verheerlik.

“Dit is U wat die rol mag neem

om sy bande oop te breek

want U is doodgemaak,

en met u bloed het U mense gekoop

uit al die volksgroepe en tale

en volke en nasies wat daar is

sodat hulle aan God kan behoort

 10U het hulle konings en priesters

van ons God gemaak,

en hulle sal soos konings

op die aarde wees.” (Open. 5:9).

Die hoofrede hoekom nie-winsgewende organisasies, politieke partye, besighede, nie God se heerlikheid ten volle kan demonstreer nie, is omdat dit as sekulêre fidusiêre wetgewende instansies aan hierdie wêreld verslag moet doen, en dus op Christus moet komprimeer!

Hierdie instansies is belangrik, en deel van ons arsenaal om die wêreld te dien en te help, maar die kerk is ‘n heilige aan God instansie, om Sy heerlikheid in Christus te versprei!! 

Een van die massiewe verskille tussen die lewe met God in die Ou Testament en lewe met God in die Nuwe Testament is dat in die Nuwe Testament al ons bewuste verheerliking van God “deur Jesus Christus” moet wees.  

“Soek allereers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid…” (Mat 6:33) 

“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelykte word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” (2 Kor 3:18)

“God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seën ryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.” (Kol 1:25-28)

“…aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.” (Jud. 1:25; Rom. 16:27)

“As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.” (1 Pet. 4:11)

“…vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God. “(Fil. 1:11)

“…vrede by God deur onse Here Jesus Christus..”  (Rom. 5:1).

“…om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus.” (Ef. 1:5).

“…deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.” (Rom. 5:11).

“…wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus  (1 Kor. 15:57).

“…die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus.” (1 Thes. 5:9).

“…die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser” (Tit. 3:5-6).

“…julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.”  (Heb. 13:21).

” …geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.” (1 Pet. 2:5).

“En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” (Kol. 3:17)

Die Jesus-beweging, wat in ’n afgeleë deel van die Romeinse Ryk in Judea ontstaan het, het in ’n relatief kort tyd die godsdiens van die staat (Mainstream) geword. Die getal Christene het in die eerste drie eeue besonder vinnig gegroei. “En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.” (Hand. 19:10).  

Ons skuld ons medemens dat hulle Jesus se bloudruk van lewe in ons KERKWEES sal kan sien.  

Elke kerk groepering soek en streef na hulle eie verstaan van God se heerlikheid en heiligheid. Daar is soveel meer, ons stop ongelukkig kort van die VOLLE heerlikheid van God:

  • Pinkster: ‘n Mistiese bonatuurlike ekstatiese ervaring tussen God Sy mense. Want God is Gees. 
  • Charismaties: Elke lidmaat het ‘n bediening om deur die gawes van die Gees, die koninkryk van God te demonstreer so word God se bonatuurlike heerlikheid prakties gedemonstreer. 
  • Gereformeerd: Gelowiges wat deur akkurate leerstellige begrip en voorbeeldige lewe.[1] God se heerlikheid demonstreer. 
  • Katoliek: Die wêreld onder beheer van die moeder kerk. 
  • Baptis: Die diepste verlange van die menslike hart kan net ten volle tevrede wees deur God se heerlikheid na te jaag. Trouens, God is die meeste verheerlik in ons wanneer ons die meeste tevrede is in Hom.[2]
  • Die Dissipelskap gefokusde kerke glo dat die Here die meeste verheerlik word, wanneer gelowiges volwasse word in ‘n leefwyse wat Jesus reflekteer, in waardes, gewoontes, woord en daad.[3]  
  • Dan is daar die meditatiewe innerlike spiritualiteit groepering, wat God se heerlikheid beleef in gebed en meditasie.
  • Die sosiale reg beweging sien God se heerlikheid wanneer wetgewing verander en in lyn kom met God se Wet en Voorskrifte.
  • Die Evangelistiese beweging sien God se heerlikheid in die hoeveelheid mense wat gered word, en gedoop word.

Elkeen sien God se heerlikheid, maar ons soek dit alles saam, en nog meer soos God in Sy volheid deur die kerk Sy liefde aan die wêreld demonstreer.

Mense is honger vir die realiteit van God self.  

Ons moet dus as kerk aanhou reformeer sodat God Sy heerlikheid in Sy volheid deur ons kan verwesenlik word!! Elke keer wanneer ‘n kerk die Here inperk, en nie verder groei na SY volwassenheid nie en volheid nie, verloor die LIG sy skynsel, en verval die samelewing in duisternis.  

Die wêreld se grootste kerk: The Yoido Full Gospel Church, Seoul, Suid-Korea.  Gestig deur David Yonggi Cho en Choi Ja-shil in 1958, word die kerk tans gelei deur Dr Young Hoon Lee. Die grootste Pinkster kerk in die wêreld. 
https://www.youtube.com/watch?v=25Jpdfip8-4  
Die Pinkster Kerk verteenwoordig nou amptelik die grootste persentasie gelowiges. 15% van die Wêreldbevolking is pinkster geesvervulde kinders van die Here.  

Regoor die wêreld rig die Here geestelike families op, elkeen onder die patriargale ouerskap van geestelike leiers, wat ons noem ‘n gemeente of kerk.  Geen mens sal ooit die volheid van Christus kan demonstreer nie, ook so geen gemeente nie.  Net soos wat verskillende mense, Christus beperk deur hulle vrees, vertwyfeling, inhibisie, minderwaardigheid beperk gemeentes ook die Here.  God se heerlikheid begin in ‘n individu, Kerk is maar net ‘n groter verteenwoordiging van God se heerlikheid soos ons begin saamwerk.  

Kies ‘n gemeente in jou lokaliteit, en word deel, en begin KERKWEES saam demonstreer!

  • Nooi mense!
  • Begin Huiskerk groepe deur NAGMAAL te hou!
  • Bring LEWE en LIG oral waar jy gaan, maar CONNECT hierdie mense met die groter LIGGAAM van Christus!

Mense wat nie in ‘n lokale GEMEENTE familie ingeskakel is nie, nêrens verantwoordbaar is nie, nie iewers gewig dra en ondersteun nie, loop die gevaar om soos ‘n hout wat langs die vuur lê uit te brand! 

Geen KERK familie is perfek nie, met ‘n rede. Sodat ons deur die ongemak volwasse in die Here kan word!  Die kerk is die geboorte plek, asook die ontwikkelings ruimte waarin mense hulle skeppingsdoel in Christus ontdek en uitleef. Die kerk verskaf dus die “In Christus” mense kapitaal tot ‘n gesonde samelewing.

‘n Pelgrimslied. Van Dawid.
Ek was bly toe hulle vir my gesê het:
“Kom ons gaan na die huis van die Here toe.”
En nou is ons hier binne-in jou, Jerusalem!
Jerusalem is die stad wat stewig gebou is,
waarheen die stamme kom,
die stamme van die Here.
Dit is ‘n voorskrif vir Israel
om die Naam van die Here hier te loof.
Hier word reg gespreek,
hier lewer die koning sy uitsprake,
die koning uit die geslag van Dawid.
Bid dat Jerusalem vrede mag hê,
dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon.
Mag daar vrede wees binne jou mure,
rus in jou wonings.
Ter wille van my broers en my vriende
wens ek jou vrede toe.
Ter wille van die huis van die Here ons God
bid ek dat dit met jou goed sal gaan.”
(Ps 122)


[1] https://www.baptistpress.com/resource-library/sbc-life-articles/the-church-a-display-of-gods-glory/

[2] https://www.desiringgod.org/about-us

[3] http://www.forgeinternational.com/resources#our-books

Categories
Preke

Die kerk wat Jesus bou

En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Mat 16:18

Ons werk is om dissipels te maak, en God se koninkryk te demonstreer. Ons kan nie Sy kerk bou nie. God bou Sy kerk.

Hy voeg toe Acts 5:13 And believers were increasingly added to the Lord, multitudes of both men and women,

The War-like church / Aircraft Carriers, / Traffic Control Towers – To me, the very least of all saints, this grace was given, to preach to the Gentiles the unfathomable riches of Christ, and to bring to light what is the administration of the mystery which for ages has been hidden in God who created all things; so that the manifold wisdom of God might now be made known through the church to the rulers and the authorities in the heavenly places. This was in accordance with the eternal purpose which He carried out in Christ Jesus our Lord. Eph 3:8-11

  1. “Sonder goeie leiding stort ’n volk in duie; dit is veilig om baie raadgewers te hê.” (Spr 11:14, Nuwe Lewende Vertaling) Daar is soveel beskerming om besluite te neem binne in ʼn liggaam, omdat mens so maklik jou eie hart kan mislei. (Jer 19:9)

2. Ons geveg teen die “principalities” in ʼn sekere gebied kan nooit as individue plaasvind nie, maar alleenlik deur ʼn liggaam van gelowiges. (Mat 16:18; Eph 3:10) dis die eeue oue beginsel dat 5 sal ʼn 100 vyande laat vlug, maar ʼn honderd man, sal tien duisend op die vlug sit. (Lev 26:8) Die akkurate kerk soos enige ander organisasie benodig ʼn kritiese massa van mense om werklik ʼn verskil in ʼn omgewing te maak. Let wel dat ons nie hier van gemeentes praat wat ʼn duisend mens as skare trek nie, maar net ʼn honderd lidmate is medewerkers nie. ‘n Akkurate gemeente, waar elke lidmaat sy rol en bediening verstaan en uitleef, is ʼn kragtige wapen in God se hand.

3. Die versorging van mense in die Nuwe Testament is die kerk. “maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra” 1 Cor 12:25 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. Eph 4:16 Dit is in hierdie kerk waar daar geen tekort was nie. Hoekom? Omdat almal alles wat hulle besit het gedeel het met ander. Weerhouding van om deel te wees van ʼn lokale liggaam, verswak die kerk se vermoë om werklik effektief in hierdie doel te wees. Dit behels ook die aspek van jou bydraes aan die kerk. Om God se werk en koninkryk te bevorder op globale skaal kos geld, die meeste kerke beleef dat maar net 20% van die lidmate hulle tiendes betaal. Weereens verswak dit die kerk se vermoë om effektief te gee, te dien en te help! As almal maar net op die einde besluit om nie deel te wees van ʼn lokale liggaam nie, en hulle eie ding te doen rig ons uiteindelik skade aan ons eie geledere aan. Elkeen se betrokkenheid, selfs jou verskille met ʼn sekere kerk, is nodig vir groei.

4. Daar vind ʼn spesiale “impartation” plaas tydens ʼn Heilige Gees gedrewe diens wat op geen ander manier bekom kan word, as om daar te gewees het nie. “Ek begeer met my hele hart om julle te besoek. Ek wil vir julle ’n geestelike seëning (impart) bring om julle in julle geloof te versterk. ” (Romans 1:11, Nuwe Lewende Vertaling) Veral wanneer ons dienste beleef soos wat Paulus voorskryf aan die kerk in (1 Cor 14:26) Wanneer julle bymekaar kom dan het elkeen… ʼn Mens kan die impartation van ʼn sekere begaafde prediker deur DVD bekom, maar nie die impartation van ʼn liggaam nie.

5. Daar is in elke huis, ʼn sekere inherente bemagtiging en veiligheid asook ʼn spesiale genade gawe wat God aan ʼn spesifieke gemeente gee wat nie verkry kan word anders as om deel te wees van die gesin nie. Jy kan dienste besoek, maar die genade en goddelike vermoë kom deur deel te wees van die spesifieke gesin. Ons het dit al so dikwels gesien hoe sekere mense ʼn mate van beskerming in die huis beleef, en wanneer hulle eendag die huis verlaat en hulleself afsny, dan val alles deurmekaar en uitmekaar in hulle lewens. Om deel te wees van ʼn dinamiese gemeente, gee ook aan elke individu ʼn “sense of purpose”. Jy voel jy bestaan nie net nie, jy is deel van ʼn plan, en die uitvoering van daardie plan en visie!

6. Die vinnigste groei in my lewe het gekom deur korreksie. Ek is gementor. “I have been discipled” So baie gelowiges kom tot bekering en leef maar net op hulle eie voort, waar hulle die preke en insette van hulle lewe kan kies van TBN waarna hulle wil luister, maar hulle is nog nooit deur ʼn geestelike Pa of Ma gementor en persoonlik gedissippel in die waarheid nie. Hierdie is ʼn groot gebrek in die kerk en ook een van die redes hoekom so baie Christene vir jare in ʼn kerk sit en nog steeds nie wasdom bereik nie. Weereens God se model is familie en gesinne. Dis immers ook hoe die natuur werk, almal is in families gegroepeer en funksioneer binne ʼn spesifieke familie. Ons het baie instrukteurs in die Gees maar nie baie Vaders nie. (1 Cor 4:15) Die gevolg is ons het ʼn klomp kop-kennis wat nog nie deel geword het van ons waardesisteem en leefwyse nie. Want ʼn Pa stap met jou ʼn pad, hy leer en korrigeer jou die heeltyd! Die belangrikste egter is dat ʼn Pa jou WYS hoe! Mentorskap!

Net satan wen as mense nie deel wil wees van ʼn gemeente nie. Daar is nie so iets soos ʼn perfekte gemeente nie. Elke gemeente funksioneer soos ʼn betrokke gesin, en jy voel of inherent deel of nie. Dit is daarom belangrik dat jy ʼn gemeente vind waar jy deel voel, gemaklik is en weet jy ʼn bydrae sal kan lewer. Kry ʼn huis! Daarom is daar so baie kerke, almal met ʼn verkillende fokus en mandaat. Hoor by God waar hy jou gestuur het. Waar het God jou bygevoeg, want mens word nie net deel van ʼn gemeente en “join” ʼn kerk nie. (Acts 2:47; 5:14; 11:24) “’n Mens wat hom eenkant hou, lewe net vir homself. Hy het ’n afkeer aan gesonde oordeel.” (Prov 18:1, Nuwe Lewende Vertaling) Die kerk kan nie die kultuur van die dag konfronteer sonder die invloed en momentum van gesamentlike gefokusde optrede nie. Dit is die kollektiewe getal ware gelowiges wat werklik Jesus leef elke dag, wat ‘n gemeenskap/dorp/stad verander. Dit is ons grootste wapen, en ook die rede hoekom satan so hard probeer om die kerk in diskrediet te bring.

  1. Self Jesus was onder gesag, en so moet ons ook elkeen ons onder gesag stel. Efe 5:21. Hoekom die aanmoediging aan leiers om mooi en waardig om te sien na die mense onder hulle, as niemand meer gelei wil word nie. Ons moet hulle respekteer (1 Thessalonians 5:12–13), en eer (1 Timothy 5:17), en aan hulle gehoorsaam en onderdanig wees (Hebrews 13:17) Die tydsgees van ons dag fokus op self, leef om lekker te voel, wil nie voorgesê word nie. Selfs Jesus was tot die ouderdom van 30 aan aardse ouers gehoorsaam. Goeie leiers sal nie oor hulle mense heers nie. 1 Pet 5:3 Jesus was ook hierin vir leiers ‘n voorbeeld.

8. Om aan ‘n gemeente te behoort en betrokke te raak kos dat jy jouself sal verloën. Self-verloëning is nie maklik nie, of gemaklik nie, dit kos jou lewe, jou alles. Ons is bang vir hierdie tipe ‘commitment’, ons weet die prys. Die waarheid is egter dat die opstanding na die dood by verre die prys en offer oortref. Die vreugde en tevredenheid van deelwees, versorg wees, liefde, omgee, oortref by verre die offer. Die dinamika van gemeenskap het in wese ‘n ongeskrewe reël. Dit wat jy insit is wat jy uitkry. As jy liefde gee, omgee, help laste dra, ingestel is op ander, dien, help ondersteun, sal jy nooit kortkom aan dit wat jy weggegee het nie. Jou belegging is gemaak in ‘n ewige bankrekening, en as jy in nood is, en ontrekkings moet maak, sal jy vind daar is in oorvloed. Mens kan nie die voordeel trek, deur ‘n TV prediker se dienste op Sondag te kyk nie. Jy moet iewers betrokke wees.

Categories
Preke

Ontdek God se hart en plan vir jou deelwees in Sy familie

Ontdek God se hart en plan vir die familie

Familie is die Wieg van die Lewe – Pous Francis
’n Gelukkige familie is ons eerste verdedigingsmuur teen die bose en die duisternis van hierdie wêreld. Chantál Oosthuizen.
Jy weet nie hoe baie jy ’n kerk nodig het, tot jy ’n kerk nodig kry nie. André Pelser
God het van die begin af bestem dat daar families moet wees. God het Adam gemaak en gesien dat hy alleen was – hy het ’n maat nodig gehad. Hy het toe vir Eva gemaak. Daarna het hulle kinders gekry en die eerste opdrag nagekom, naamlik om kinders te kry en die aarde te vul (Gen 1:28). Hierdie reël om te vermeerder is tans die basiese manier waarop Islam die wêreld wil verower. Wanneer hulle na ’n ander land emigreer, wil hulle nie integreer, die taal aanleer, of afsien van hulle tradisies en kleredrag nie. Maar hulle woon nou al orals in die wêreld en hulle getalle groei teen 3,1 kind per gesin teenoor die 2,1 van Europa en Amerika. Lees gerus die volgende artikel oor hierdie onderwerp: http://brie-hoffman.hubpages.com/hub/Muslim-World-how-muslims-will-take-over-the-world-via-population-growth Alhoewel dit dalk waar is, is God se oorspronklike plan dat die aarde met Sy heerlikheid gevul word deur Godvresende en regverdige families.
Die heel eerste familie is ook ’n voorbeeld van families en die probleme wat hulle ondervind. Toe Adam se kinders hulle offers aan God gebring het, is Abel s’n aanvaar maar Kain s’n nie. Hy het sy broer vermoor omdat hy aanstoot geneem het en jaloers en woedend was (Gen 4:5-6). God se antwoord aan Kain is interessant: (v 7) “Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie – die sonde lê en loer voor die deur en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.” Dit wat in Kain se hart was, het sigbaar geword toe God sy offergawe verwerp het. “Is ek my broer se wagter?” (Gen 4:9). God stel nie belang in ons offergawes nie, maar in ons genade teenoor ander, ons bereidheid om mense wat in die moeilikheid is, te help (Matt 9:13 AMPLIFIED). Familielede neem maklik aanstoot onder mekaar. Wanneer ons dit regkry om nie aanstoot te neem nie, sal ons die lewe kan bemeester.

Om te vermeerder, was die maklike deel. Die moeilike deel is blykbaar om geestelik te groei en die kinders te leer om hul ouers se voorskrifte te volg.

God se familie word deur geloof en gehoorsaamheid gevorm. God het Abraham van die Galdeërs wat in Ur gewoon het geroep om Sy familie te word (Gen 12:1Rom 4:5). Abraham is die vader van geloof (Rom 3:30; Rom 4:1-2; Rom 4:16Heb 6:15). Sy naam, Abraham, beteken vader van baie nasies. Dit is eintlik die verhaal van ’n nasie se geboorte; die verhaal van Abraham, Isak en Jakob is die verhaal van ’n familie.

’n Geestelike familie – gebore op ’n bonatuurlike manier

Sara, Ragel en Rebekka was almal onvrugbaar en God moes elkeen se baarmoeder deur ’n wonderwerk open sodat hulle kinders in die wêreld kan bring. Die seën van die verbond met Abraham was van die begin af bedoel om ’n nageslag van families te wees (Gen 12:1-3). Nie een van hulle eersgeborenes het die seën van die verbond gekry nie. Abraham se eersgeborene was Ismael. Maar Isak wat uit Sara gebore is, het die belofte ontvang (Gen 17:18-21). Isak se eersgeborene was Esau, maar Jakob het sy vader bedrieg en die seën ontvang (Gen 27:20-29). Jakob se eersgeborene was Ruben en hy het ook nie die seën ontvang nie: “Jy sal die vernaamste nie wees nie” (Gen 49:3-4). Ruben se ontug met sy pa se byvrou, Bilha, (die ma van sy broers Dan en Naftali) word in Gen 35:22 vertel. Josef was Jakob se oudste seun by sy vrou, Ragel, en hy het die seën ontvang. Maar later het Benjamin die stam se seën ontvang. Josef se eersgebore seun was Manasse, maar Jakob het sy hande gekruis en Efraim geseën (Gen 48:1-20).
Die Joodse regeringstelsel word ’n teokrasie genoem waar God die koning is. Dit was nie God se oorspronklike plan dat Israel ’n aardse koning moes hê nie (1 Sam 8:1-21). Samuel het hulle teen die gevolge gewaarsku: “Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: ‘Nee, maar daar moet ’n koning oor ons wees, dat ons ook kan wees soos al die nasies – dat ons koning ons kan rig en voor ons uittrek en ons oorloë voer’ (v 19-20). Dit was nooit God se plan dat Sy mense die slawe en onderdane van ’n koning moes wees nie. God se plan is ’n familie!
Toe God die eerste koning van Israel aangestel het, het Hy die koning gekies op die manier waarop ‘n mens sou kies: “. . . ’n vermoënde man. En hy het ’n seun gehad met die naam van Saul, ’n jongman en mooi gebou, ja, daar was onder die kinders van Israel geeneen mooier as hy nie: van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk” (1 Sam 9:1-2). Dawid was die jongste seun van Isai en tog is hy as die volgende koning van Israel aangewys – die rede was sy geloof in en sy verhouding met God (1 Sam 16:13).
God wil hê ons moet Sy kinders wees; mense wat glo en volgens Sy wil en verordeninge leef. Dit is waarom mense wat nooit in die Koninkryk aanvaar sou word nie, wel ingesluit is weens hulle geloof, soos Boas, Rut en hul seun Obed. Ragab die prostituut, het die Israelitiese spioene by haar laat wegkruip en hulle gehelp om te ontsnap. Die Bybelse verhaal en geskiedenis is ’n verhaal van gelowige helde (Heb 11).
God heg baie groot waarde aan familie. Familie is God se manier om ons tot volwassenheid te laat groei. Fisioloë en opvoeders kan ’n lys maak van die negatiewe gevolge van ’n gebroke gesin, afwesige ouers en kindermishandeling weens ouers wat swak rolmodelle is en swak familiestrukture. Ons kan aanneem dat die meeste maatskaplike probleme van vandag die gevolg is van gebroke gesinne. Dit is baie duidelik wanneer ons 1 en 2 Konings bestudeer. Nie baie leiers in die Bybel het daarin geslaag om hul kinders Godvresend groot te maak nie. Eli, die hoëpriester, het in die skande gekom omdat hy nie sy seuns bestraf het nie (1 Sam 3:13). Samuel se kinders het ook nie vir God gedien nie. Hulle het op oneerlike maniere wins gemaak, omkoopgeld aanvaar en die reg verdraai. Dit is beslis nie die optrede van mense met ’n goddelike karakter nie (1 Sam 8:3).
Dit is interessant dat sommige van die regverdige konings van Juda nie hul vaders se voorbeeld gevolg het nie, maar gekies het om eerder terug te draai en in Dawid se voetspore te volg. “En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here en geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie” (2 King 22:2) Daar was konings wat nie omgegee het watter nalatenskap hulle vir hul kinders los nie, al het hulle geweet hul eie kinders sou die gevolge dra van hul vader se optrede. So het Hiskia al die rykdom van Juda aan die koning van Babilon se seun gewys. En uiteindelik het hy die boodskap van oordeel van die profeet Jesaja gekry dat die einste koninkryk van Babilon sal kom en al hierdie skatte sal wegdra. Maar hy was net te bly dat die oordeel nie gedurende sy leeftyd vervul sal word nie: “Toe sê Hiskia vir Jesaja: ‘Die woord van die Here wat u gespreek het, is goed.’ Ook sê hy: ‘Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees!’” (2 King 20:19)
Hierdie selfde houding kom voor by die meeste Afrikane in die Afrikakultuur. Hulle is meer bekommerd oor die dooies, en hulle voorvaders, as wat hulle probeer om dinge makliker te maak vir die opkomende geslag. In die Afrikakultuur is die kinders verantwoordelik vir die ouers. Bruidegomme betaal groot bedrae lobola as trougeskenk aan die vader. In die Westerse kultuur betaal die pa ’n klomp geld vir die troue. Albei is uiterste gevalle. God die Vader is ons voorbeeld as ons kyk hoe Hy Jesus opgevoed het deur dissipline en gehoorsaamheid aan Sy aardse ouers, in ’n klein, hegte gemeenskap; totdat Hy op dertig gereed was om die mag van God se Koninkryk te ontvang. Die einddoel van God se siening van die familie is volwassenheid. Die man moet, soos Christus, sy vrou volmaak en sonder blaam aan God voorstel – dit beteken volwasse (Eph 5:27). Dit word gewoonlik gedoen deur Jesus te volg, te gehoorsaam en aan Hom onderdanig te wees. Vroue moet die jongeres onderrig deur wysheid, voorbeeld, reinheid en respek (1 Tim 5:2Tit 2:3).

Die ewige Kerk is God se ontwerp vir familie. 

Die Kerk: Die Geesgevulde huisgesin van God – die Kerk is die ontvanger en vervulling van die Koninkryk en die verlossingsboodskap (Mat 16:18). Die Kerk word beskou as ’n aktiewe liggaam van gelowiges met baie lede wat elkeen ’n belangrike rol het om te vervul (Rom 12:3-82:19-22). Alhoewel die leiers in die Kerk belangrik is en gerespekteer moet word (Heb 13:7-817), is die aktiewe bediening en deelname van die lede as geheel noodsaaklik. Die apostels sien nie leiers as verhewe bo mense nie, maar as leiers tussen die mense. Hulle moet deur hul voorbeeld lei (Acts 18:320:3335). Dit is waarom die vyfvoudige bediening aan die Kerk gegee is – om die heiliges vir hul bediening voor te berei (Eph 4:11-12). Die Kerk word gesien as een liggaam, gevul met een Gees, met een Vader, een doop en een geloof (Eph 4:4-6).
God se gietvorm vir familie is kerk. Die woord kerk (ecclesia) bestaan uit twee stamme: ek – “vanuit” en kaleo – “geroep”. ’n Direkte vertaling van kerk is dus “dié wat Hy uitgeroep het”. “Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom [God s’n] verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,” (1 Pet 2:9).

Onderskei die liggaam van Christus. 

Ons probleem is nie dat daar te veel kerke is nie, of dat ons so baie verskil nie, maar omdat ons mekaar nie as broers van een Kerk erken nie (Eph 4:1-6). Die Vader bepaal wie die kinders is. Niemand kom na die Vader as Hy hulle nie trek nie (Joh 6:44). As gevolg van mense se seer rakende verhoudinge en misbruik van gesag, sien mense nie kerk nie.  Omdat satan die krag van kerk en familie verstaan probeer hy sy uiterste bes om verhoudinge en kerkwees te verongeluk.  Die grootste hartseer is; elke keer wat ons nie deur ons seerkry groei nie, bly ons onvolwasse in daardie area. Dis beteken die kerk in sy geheel bly onvolwasse.  Mens het dus nodig dat net soos Petrus Jesus as die Messias moes herken, die Vader ons oë oopmaak om Sy Kerk te sien.  Daar is geen perfekte kerk hier op aarde nie, maar daar is gemeentes wat nader aan Sy wil leef en beweeg.
“not discerning the Lord’s body” (2 Cor 11:29) Dié hele hoofstuk oor die nagmaal gaan nie eintlik ook die nagmaal ritueel per cé nie, dit gaan oor die herstel van verhouding en familie deur belydenis en vergifnis. Anders bring ons juis ‘n oordeel oor onsself (v29) en is daar baie siekes onder ons. (v30).  So baie mense probeer die Here alleen dien, sonder die hulp, ondersteuning van ‘n familie! Dis so baie hartseer!

Ons werk is nie om ons familie te kies nie, maar om dié te aanvaar wat Hy in ons familie aangeneem het.

Toe Jesus aarde toe gekom het, het Hy ’n liggaam nodig gehad; Hy het vandag steeds ’n ‘liggaam’ nodig (Heb 10:5) waarvan Hy die hoof is (Eph 1:22-23). Daar is verskeie soorte liggame: Die liggame van mense en diere –  ’n dooie liggaam of lyk, die lewendige liggaam van diere – die liggame van sterre of planete (hemelliggame) – word gebruik vir ’n (groot of klein) aantal mense wat ’n hegte eenheid vorm in een samelewing, of as familie; ’n sosiale, etiese, mistieke liggaam soos die Kerk in die Nuwe Testament – ’n vergadering burgers wat van hul huise na ’n openbare terrein geroep word, ’n byeenkoms – ’n byeenkoms van mense wat op ’n openbare plek byeenkom om oor die doel van die Israeliete se samekoms te beraadslaag – enige vergadering of samedromming van mense wat toevallig byeengekom het, rumoerig in ’n Christelike sin – ’n byeenkoms van Christene wat bymekaarkom vir lofprysing en aanbidding in ’n Godsdiensbyeenkoms; ’n vergadering getroue Christene wat reeds dood is en in die hemel ontvang word – ’n groep Christene of diegene wat hoop op ewige redding deur Jesus Christus, wat hul eie godsdienstige rituele volg, hul eie godsdienstige vergaderings hou en hul eie sake bestuur volgens die regulasies wat vir die liggaam voorgeskryf word om orde te verseker – dié wat op enige plek, in ’n stad of dorp, so ’n liggaam vorm en ’n eenheid is – die hele liggaam van Christene wat oor die aarde versprei is.
Ons kan dit opsom deur te sê dat die Liggaam van Christus op verskeie maniere uitdrukking vind. Kleingroepe, huiskerke, groot byeenkomste, bedienings wat op ’n spesifieke behoefte fokus; elke keer wat ons in Sy Naam bymekaarkom, verskyn Hy tussen ons (Mat 18:20). Ons kan dus nie ‘kerk’ reduseer tot een begrip of stelsel nie.  Kerk is organies en dinamies.

Ware kerk vertoon die genialiteit van God.

Daarom kan ons nie Sy Kerk bou nie, Hy bou Sy kerk. (Mat 16:18) Ons werk is om die Koninkryk van God te preek en te leef hier op aarde.  (Mark 1:14; Luk 4:43; 8:1; 9:11, 60; Acts 8:12; 19:8)

Vraag: Kan ek ’n Christen wees sonder om by die kerk aan te sluit? 

Antwoord: Ja, dit is moontlik. Dis soos:
’n Student wat nie wil skool toe gaan nie.
’n Soldaat wat nie by die weermag wil aansluit nie.
’n Landsburger wat nie stem of belasting betaal nie.
’n Verkoopsman sonder kliënte.
’n Ontdekker sonder basiskamp.
’n Matroos op ’n skip sonder bemanning.
’n Sakeman op ’n verlate eiland.
’n Skrywer sonder lesers.
’n Tuba-speler sonder ’n orkes.
’n Ouer sonder ’n gesin.
’n Sokkerspeler sonder ’n span.
’n Politikus wat ’n kluisenaar is.
’n Wetenskaplike wat nie sy uitvindings bekendmaak nie.
’n By sonder ’n korf.
Almal ken die storie van die ou gomtor wat 100 jaar oud geword het en ewe windmakerig sy lang lewe aan drank, swart sigare en mooi vrouens – en die feit dat hy nooit in die kerk gekom het nie – toegeskryf het. Volgens dr. George W. Comstock van Johns Hopkins School of Hygiene and Public Health, is daardie soort langlewendheid die uitsondering en nie die reël nie. In studies oor die verband tussen sosio-ekonomiese faktore en siekte in die bevolking van Washington-distrik, Maryland, het Comstock en sy kollegas heel per ongeluk tot ’n baie interessante ontdekking gekom. Deur gereeld kerk toe te gaan en die gesonde lewe te lei wat dikwels daarmee gepaard gaan, het mense vermoedelik ’n magdom van die ergste kwale en rampe vrygespring. Dit sluit hartsiektes, lewersirrose, tuberkulose, servikale kanker, chroniese brongitis, noodlottige ongelukke waarby net een voertuig betrokke is en selfmoord in. Die betekenisvolste bevinding was dat mense wat gereeld kerk toe gaan, minder kere die slagoffers van arteriosklerotiese hartsiekte is. Die jaarlikse sterftesyfer vir hierdie siekte was sowat 500 uit elke 100 000 mense wat elke week kerk toe gaan,  teenoor byna 900 per 100 000 onder dié wat “minder as een keer per week” kerk toe gaan. (Miskien het die sing van al die gesange gehelp om die buise oop te hou.) In elk geval, hy het ’n naam, of dan bynaam, vir die verskynsel wat hy tong-in-die-kies die “Leo Durocher”-sindroom noem.  “Gawe ouens,” volgens die goeie dokter, “eindig blykbaar laaste.”
Dokter Steward Wolf in Roseta, Pennsilvanië, het dieselfde verskynsel waargeneem. Hierdie klein gemeenskap is ’n spieëlbeeld van die oorspronklike tuisdorp in Italië; die straatname, boustyl en besighede se name is alles dieselfde, selfs die unieke Italiaanse dialek. Die krag van hierdie unieke gemeenskap lê in hulle siening van familie. Kinders word groot sonder die vrees dat hulle nie sal werk kry nie, want êrens in die gemeenskap sal iemand na jou kyk. Tot drie geslagte woon saam in een huis. Hulle besoek mekaar gereeld en kook vir mekaar. Hulle het ’n sterk grondslag, met die uitgebreide familie wat natuurlike familiegroepe vorm. Hulle hou groot byeenkomste waar almal saam eet en feesvier. Hulle sorg vir mekaar en het ’n sin vir verantwoordelikheid en aanspreeklikheid teenoor die groter gemeenskap. Die gevolg? Daar is byna geen hartsiektes in die gemeenskap nie. Dit is nie te danke aan die kos wat hulle eet nie, maar eerder aan die manier waarop hulle as ’n familie funksioneer. (Uit Outliers, bl. 3-11, Malcolm Gladwell.) In hierdie boek bewys Gladwell dat ons individuele vernuf nooit aan ons eie vermoë te danke is nie, maar dat dit die mense rondom ons se vermoëns is wat ons sterk maak! (https://en.wikipedia.org/wiki/Roseto_effect)

Ter wille van die familie

“Ter wille van die familie” word dikwels gehoor. Die familie se behoeftes is belangriker as my eie. In die Afrikakonteks kan hierdie siening misbruik word wanneer dit onmoontlik word om bo die kulturele “downforce” van die gemeenskap uit te styg. In die Weste is die klem wat ons op die individu plaas te hoog; en die Ooste verdwyn die individu in die geheel. In die Bybelse konteks het God ’n man gekies en deur die man met die groep gewerk. Dit is dus nie wat die mens wil, of wat die groep wil nie, maar wat God wil. Beide die mens en die groep moet hulle aan die wil en manier van God onderwerp.

  • Ons lyding is ter wille van die Kerk. Kyk na Paulus se voorbeeld: Col1:24“Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir Sy liggaam, wat die gemeente is.” Wanneer jy in die openbaar tereggewys word, aanvaar dit ter wille van die ander wat teenwoordig is sodat almal kan leer en vrees (1 Tim 5:20).
  • Die werking van die vrug van die Gees is nie vir jou eie voordeel nie, maar om die liggaam op te bou (1 Cor 14:12).
  • Ons verlaat ons familie ter wille van die Koninkryksfamilie (Luk 18:29).
  • Jesus bid vir Sy dissipels, maar ook vir die volgende geslag (Joh 17:20-21).
  • Paulus se begeerte is om by die Here te wees, maar hy bly lewe ter wille van die Kerk (Phil 1:23-24).

In die Ou Testament word hele geslagte dikwels deur God eenkant gehou om die linie van geloof en gehoorsaamheid te koester en te beskerm. Dit is ook waarom God egskeiding haat (Mal 2:16). God wil ’n Goddelike nageslag hê! Daar is geen groter aanval op ’n kind se toekomstige geloof as ouers skei. Aan die ander kant, daar sal baie minder egskeidings wees as ons getrou bly ter wille van die familie!

Word deel van God se familie. 

Ons moet deel wees van ’n kerk, of hoe? Ja! Maar dit is noodsaaklik om deel van die regte liggaam te wees! As ons 1 en 2 Konings en Kronieke bestudeer, ontdek ons gou die mag van leierskap en hoe dit die voorspoed van die mense beïnvloed. Dit is hoe God ons as mense geskape het: ons volg natuurlik ons leiers. Daarom kry ons hierdie streng waarskuwing in James 3:1“Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ’n groter oordeel sal ondergaan.” In die volgende verse van hoofstuk 3 word gepraat oor die mag van die tong, hoe dit die skip stuur. Ek glo dat leiers die rigting en vlak van volwassenheid in ’n plaaslike kerk bepaal. Jy kan nie aan ’n plaaslike kerk behoort en werklik bo die plaaslike leierskap se vlak van groei uitstyg sonder om baie gefrustreerd te wees nie.
Ons wil almal gelei word. Ons het leiers nodig. Óf ons haat hulle óf ons is lief vir hulle, maar ons wil nie hulle werk hê nie. Die lewe is moeilik en dis nie altyd maklik om by al die daaglikse takies uit te kom nie. Daarom wil ons nie die groot besluite neem nie; ons wil nie daardie verantwoordelikheid hê nie. Sommige van ons is egter vir presies daardie doel geskape; ons floreer op hierdie moeilike uitdagings. Dit is hoe God ons geskape het. Sommige hou daarvan om te lei en ander om te volg. Boonop moet ons in staat wees om leierskap en onderdanigheid te balanseer, want leiers wat nie ook onderdanig kan wees nie, versmoor hulle mense; en mense wat nooit inisiatief neem nie, frustreer leiers. Ons almal moet ’n mate van leierskap en onderdanigheid op alle gebiede van die lewe aanleer.
Wat groot groepe mense betref het ons Godvresende leiers nodig. Dit is die boodskap van Konings en Kronieke – hoe het die mens gevaar met ’n mens, en nie God nie, as koning? Toe die konings God gedien en Sy gebooie gehoorsaam het, was die mense voorspoedig. Toe die koning homself as god beskou het en die mense hom moes gehoorsaam, het ’n tyd van verwoesting gevolg.

Wie kies jy om te volg en hoekom? 

Die mense van Israel het ’n regverdige koning gesoek en Jerobeam gekies. Hierdie geslag Israeliete is na 19 konings oor die aarde versprei. In 400 jaar het nie een van hierdie konings God gedien of gehoorsaam nie. Jerobeam het sy eie vals godsdiens, tempels en priesterskap geskep. Die mense wat getrou gebly het aan God se Woord en Sy beloftes aan Dawid, het onder agt konings gedien wat op hulle beurt God gedien het – en hulle het die geboorte van die Messias gesien.
Sommige mense het Moses gevolg, maar ander is maklik oortuig om Aaron en Miriam, wat begin het om Moses se leierskap te betwyfel, te volg (Num 12:1-4). Daar is baie sulke voorbeelde van rebellie onder Moses se leierskap.
Om ’n hervormer te volg.
Die Bybelse riglyne wat ons moet gebruik wanneer ons moet kies wie om te volg, is:

  1. Het hulle ’n persoonlike verhouding met God?
  2. Het hulle ’n profetiese mandaat om te lei?
  3. Wil hulle steeds hervorm en bly hervorm volgens die standaard van God se Woord? Gehoorsaam hulle die Woord?
  4. Is hulle persoonlike lewe in ooreenstemming met die Woord?
  5. Hou hulle by die oorspronklike mandaat?

Dissipelskap in die konteks van familie

Wanneer ons kerk hou buite die grense van familie, gaan ons in die moeilikheid beland en uiteindelik foute maak. Familie is vir ewig. Jy kan nie uit familie bedank nie. Jy kan nie jou huis verlaat nie. Jy behoort vir ewig. Selfs jou aardse familie het hierdie mag oor jou: Jy kan jou naam verander, maar deur jou DNS en genetika bly jy steeds verbind. Dit is hoe God bedoel het dat familie moet wees. Maar ons probeer Sy orde deur rebellie omvêrwerp.
Die feit dat ons in- en uitgaan, verbind en weggaan, is die rede waarom sommige van ons pogings tot evangelisasie nie werk nie. Jesus het nie net vir skares gepreek nie. Hy het ’n familie gevorm toe Hy Sy dissipels saam het Hom geneem het. Ons preek en dan loop ons;  ons is nie bereid om ons lewe neer te lê vir ’n gemeenskap nie, om vaders en ouer broers te word wat hulle uit die duisternis na Sy wonderlike lig toe lei nie (1 Pet 2:9). Die ware hart van apostels is dus om vaders vir die kerke te wees (Gal 4:191 Cor 4:15). Die konteks van die ware Kerk is ook binne die konteks van familie vasgestel. Hoe kan jy na Sy Kerk omsien as jou eie familie in duie gestort het (1 Tim 3:5)? Die kerkgeskiedenis is vol verhale waar leiers hul eie families versaak het en dit het uiteindelik tot allerlei foute en wangedrag gelei. Verlossing is in die eerste plek die bekendstelling aan ’n nuwe familie. Jesus “die Seun” en ouer Broer is die Middelaar wat ons by die familie inbring. Toe Jesus Sy eerste preek gelewer het: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom”, het Hy Sy hand uitgesteek as bekendstelling en ’n manier aangebied waarop ons deel van God se familie kan word.
God se beskermingsplan vir die bediening is familie! As jy te besig raak vir jou familie, is jy te besig vir God. Wanneer ons ons familie afskeep en buite die familie-eenheid beweeg, is ons in gevaar. Weereens, God se ontwerp vir familie is nie net vir familie met ’n gedeelde naam of bloedlyn nie, maar om dieselfde eenheid te ervaar wat in die Godheid bestaan. Wanneer ’n familie saam God aanbid, saam God gehoorsaam en saam tot Sy heerlikheid lewe, maak dit dinge maklik en natuurlik. Ons hoef dan nie onnatuurlike maniere te vind om te beskerm en om te gee nie, om te groei en te bemagtig nie. Dit gebeur alles natuurlik sonder dat ons eens daaraan aandag hoef te gee. Hy werk op al die verskillende vlakke van die familie. Al wat ons behoort te doen, is om die eenheid te bewaar!
Op die ou end moet ons almal ons eie kultuur en tradisies laat vaar. Ons moet in ons godsdiens hervorm totdat Hy alles is. Tot ons volwassenheid volgens Sy beeld bereik.

Die negatief van ‘n goddelose familie

Alles wat God as voorsiening gee, verdraai die vyand tot ’n vloek. Net so word ’n familie sonder God ’n vesting, ’n sataniese verbond, teen die doel van God. Families dra die ongehoorsaamheid van een geslag oor na die volgende en na die volgende. Goddelose menslike tradisies word nie bevraagteken nie, maar blindelings nagevolg. Dit is waarom ons moet hervorm. Akkulturasie – akkulturasie: “Proses van wedersydse kulturele beïnvloeding tussen uiteenlopende groepe, waardeur die karaktertrekke  en elemente uitgewissel word en ’n nuwe lewenspatroon ontstaan” (HAT). Akkultureer: Dit is ’n moderne woord wat beteken: “Gaan maak dissipels van alle nasies” (Matt 28:19).
Ons het ’n sistematiese, gedrewe vasberadenheid nodig om God voortdurend toe te laat om ons denke te hervorm deur Sy Gees en Sy Woord. Let op hoe die duiwel altyd probeer om God se bepalings onverstaanbaar te maak en te ontheilig sodat ons probeer om self oplossings te vind en daardeur nog groter verwoesting te veroorsaak. Die belangrikste gevolg van sondige gedrag is gebroke families. Die eerste teken dat God se Koninkryk naby is, is families wat herstel word. In Handelinge is daar talle voorbeelde van hele huishoudings en families wat gered word (Acts 16:33, 34; 11:14; 18:8). Om deel van God se familie te word, beteken ons moet ons aardse familie opgee (Matt 10:21; Matt 10:34-39; Luk 12:49-53; Luk 14:25-33).
WAAROM? Want God wil hê ons moet Sy familie op aarde verteenwoordig (Matt 6:10). As jy jou familie wil behou, moet hulle deel word van God se familie.
Ons kultuur beïnvloed die liedjies wat ons sing, ons danspassies en die woorde wat ons skryf. Dit vorm ook ons brein. Wetenskaplikes weet lankal dat neuroplastisiteit toelaat dat individuele gebeure die brein se vorm en funksie verander. Daar is deesdae bewyse dat lewenservarings soos ’n mens se kultuur ook die neurologiese paaie in die brein kan reorganiseer.
“Don’t let the world around you squeeze you into its own mould, but let God re-mould your minds from within, so that you may prove in practice that the plan of God for you is good, meets all his demands and moves towards the goal of true maturity.” Rom 12:2 (JB Phillips Translation)

Die seën van ’n geestelike familie. 

Dit is baie makliker om eerder saam met iemand te bid as alleen, om eerder saam evangelisasiewerk te doen as alleen, om saam God te prys eerder as om alleen te sing. Korporatiewe salwing maak dit selfs makliker om God te dien. Dit is ons eie ego en selfgesentreerdheid wat wil hê ons moet altyd spesiaal, apart, anders, uniek wees; altyd ons eie pad vind en nuwe paaie uitdink. Dit is mos vernederend om te volg; om eers aanwysings te kry by mense wat nie volmaak is nie. Jesus het dit vir 90% van Sy lewe op aarde gedoen – Hy het Sy aardse ouers gehoorsaam. Hoe wil jy God gehoorsaam as jy nie jou ouers, werkgewer, die wet kan gehoorsaam nie? Natuurlik moet ons soms alleen wees; Jesus het ook tyd gemaak om alleen saam met God te wees sodat Hy gereed kan wees om op ’n Goddelike manier met mense om te gaan.

Die drie-stoel-beginsel – die krag van ervaring 

Ten slotte moet ons aandag gee aan die gevolg van generasie-regressie. Soos ek aan die begin gewys het, het nie baie vaders daarin geslaag om hul salwing en ywer vir God aan die volgende geslag oor te dra nie.
Dawid het God met sy hele hart gedien en is ’n vriend van God genoem. Tog het Salomo God net aan die begin gedien, maar daarna het hy kompromieë aangegaan en die pad byster geraak. Sy seun Rehabeam het God glad nie gedien nie. Ons sien dat dieselfde met Josua gebeur het. “Maar ek en my huis, ons sal die Here dien” (Jos 24:15). Die volgende geslag ouderlinge het ook die Here gedien (Jos 24:31), maar daarna het sy nageslag gedoen wat verkeerd is in God se oë en nie eens meer by Hom gaan hoor wat hulle moet doen nie (Judg 1:10).
Bruce Wilkerson skryf in besonderhede hieroor in sy boek, The Three Chairs Principle. Die vraag is: Waar het Dawid misluk om dieselfde tipe ywer wat hy vir God gehad het, aan Salomo oor te dra? Daar is natuurlik baie antwoorde, soos sy gebrek aan dissipline, hy het te min tyd saam met sy kinders deurgebring, ensovoorts.
Ek glo die belangrikste aspek wat ons vir die volgende geslag moet onthou, is dit waaroor hierdie hele webjoernaal gaan. God se familie kom op ’n bonatuurlike manier tot stand. Ons kan nie God se familie ‘maak’ met kunsmatige voortplanting nie.  Tweedens: Lees Ps 78. Hier sien ons die belangrikheid van om nie net die roemryke kragtige dade van God oor te vertel aan die volgende geslag nie, maar hulle ook aan die wonderdade bloot te stel.  Kinders wil God eerste-hands beleef. Hulle moet dus God in ons ons lewe en getuienis herken, maar ook self beleef en ervaar..

In God se familie is daar nie plek vir toeskouers nie!

Voorwaardes om deel van Sy Koninkryk en familie te word:

Luk 17:20  Fariseërs “Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.”
Acts 14:22  “Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.”
Joh 3:3  “. . . as iemand nie weer gebore word  nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”
Luk 18:29  Gee jou familie op ter wille van die Koninkryk van God.
Luk 6:20  “Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.”
Luk 18:24  Dis moeilik vir rykes om die Koninkryk binne te gaan.
Matt 5:20  “. . . as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.”
Matt 7:21  “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.”

Dit kos ‘n prys en opoffering om deel van ‘n familie te word.

Uiteindelik kos dit selfverloëning, kruis-opneem-gehoorsaamheid om Jesus te volg. (Mat 16:24).  God se familie-koninkryk werk anders, volgens ander reëls en beginsels, en dit kos ‘n pelgrimsreis om saam met Hom die pad te stap en te leer funksioneer in Sy familie. Daarom kan jy nie die Koninkryk kunsmatig tweedehands ontvang nie.
Dit maak nie saak hoe jy die Woord (stem) van God hoor nie, of dit deur Bybelstudie is, deur ’n bonatuurlike ervaring, visies, drome of ontmoetings, dit kom alles op een ding neer: Doen dit! Gehoorsaamheid aan die wil, stem en opdragte van God is die sleutel tot ’n koninkrykslewe!
Eerstehandse ervaring van die Boom van die Lewe, eerder as om van die boom van die kennis van goed en kwaad te eet. Die Nuwe-Testamentiese manier waarop die gees kennis oordra, is nie net deur woorde nie, maar deur krag (1 Cor 4:20). Dit is uit hierdie grondslag waaruit apostels hulle bediening doen (1 Joh 1:1). Ons het met ons eie oë gesien, met ons eie ore gehoor.

Daar is geen ander weg nie. Jesus is die deur. Jy moet deur Hom persoonlik gaan deur jou lewe aan Hom oor te gee (Matt 16:24). Niemand kan dit vir jou doen nie. Jou ouers kan vir jou die pad aandui deur hul voorbeeld en onderrig, maar jy moet self ingaan en Hom ervaar.

Selfs in ons Christus-gesentreerde fokus is die middelpunt die hart van die Vader, “as jy My sien sien, sien jy die vader (Joh 14:9) ’n Ware pa wil sy kinders sien grootword en volwasse mense wees. God wil ons vriendskap hê, nie ons slawerny nie.  Die Vader wil sien dat ons opgroei in volwassenheid volgens die voorbeeld van sy Seun. (Rom 8:29) Hierdie volwassenheid kan nie gebeur sonder ‘n familie, liggaam en gemeente nie. Jy moet binne die huisgesin van God funksioneer om die volle impak van Sy opvoedingmeganisme te verkry. Op die ou end is dit mense se eie seer, misstappe en teleurstellings wat maak dat hulle wrokkig en vol wantroue is teenoor die kerkfamilie. Mag God ons oë oopmaak sodat ons Sy uitnodiging en Sy voorsiening sal raaksien wat Hy vir ons in ’n Goddelike huisgesin voorberei het!