Categories
Preke

𝗪𝗮𝗻𝗻𝗲𝗲𝗿 V𝗲𝗶𝗹𝗶𝗴 G𝗲𝘃𝗮𝗮𝗿𝗹𝗶𝗸 R𝗮𝗮𝗸

#geloof #aksie #risiko #veilig #beweging #vastevertroue #vreesloos #aktief 

Geloof is altyd ‘n aksie. Ons veiligheid is belangrik, maar oordrewe veiligheid inhibeer ontwikkeling. Seuns ontwikkel juis deur soms gevaar te trotseer, en bedrewe te word in allerhande vaardighede, soos skaatsplank, boomklim, en van hoogtes afspring.  Ons geloof groei nie deur wat ons van die Here weet nie, maar deur dit wat ons weet in aksie te beproef!

Daar behoort ‘n gesonde spanning tussen die moederlike “veiligspeel” en die vaderlike “lekker-gevaar’ instink in die opvoedingproses na volwassenheid te wees. Beide is belangrik! Geloof is die heilige balans tussen die vroulike inhibisie, en die manlike triomf.

And this is the victory that has overcome the world—our faith.

(1 John 5:4) 

Hoofskrifgedeelte: Luk 19:11-27 

Hierdie gedeelte moenie vergelyk word met die een oor die talente nie (Mat 25:14-30). Dié gelykenis het heeltemal ‘n ander boodskap: 

Lukas 19:11-27 – Jesus vertel die verhaal van tien slawe wat ewe veel ontvang is (3 maande loon) en opdrag gegee om daarmee te handel en die geld aan die werk te sit… vir ‘n slaaf om sy bedrag met tien te vermenigvuldig is net indrukwekkend, maar word as heerser oor tien stede beloon, en kry selfs die deel van sy maat wat sy bedrag veilig gehou het.

Die les: Moenie wins moraliseer nie, moraliseer wat jy met jou wins doen. Om daardie soort wins met so min te maak, en boonop ‘n slaaf te wees, en nie ‘n edelman nie is merkwaardig! Dit is die soort vaardigheid wat nodig is om die wêreld te verander en om God se Koninkryk hier op aarde te vestig soos dit in die hemel is.

“‘n Man van adellike afkoms het na ‘n vêr land toe op reis gegaan om as koning aangestel te word en dan terug te kom.” – dit is duidelik dat Jesus, die man van adellike afkoms, wat nie deur Sy eie landgenote is nie aanvaar word nie. 

Hy gee tien slawe dieselfde bedrag. Teenoor die gelykenis waar diensknegte: elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid” – hul talente is omtrent twintig jare se verdienste.  Die verwysing na slawe en die getal tien: dit is ‘n heel getal, verwys na die totale versameling van diensknegte, slawe, volgelinge van Jesus, wat die belofte ontvang het; dat ons Heer, die koning is, en by Sy terugkeer gekroon gaan word. Ons is slawe van Sy koninkryk.  

(Pragmatic) 4231. πραγματεύομαι pragmateúomai; fut. pragmateúsomai, mid. deponent from prágma (G4229), matter, business. To be doing, to be busy, occupied, to do business, to trade or traffic (Luke 19:13). 

Deriv (afleiding).: diapragmateúomai (G1281), to gain by doing business, to bargain; pragmateía (G4230), a transaction, affair. 

Syn. (soortgelyke woorde): ergázomai (G2038), to work; katergázomai (G2716), to accomplish; energéō (G1754), to effect, operate; kámnō (G2577), to toil; emporeúomai (G1710), to carry on business. 

Antonym (teenoorgestelde).: argéō (G0691), to be idle. 

Daar was ‘n algemeen bekende historiese parallel aan hierdie verhaal. Beide Herodes die Grote en sy seun Archelaus het na Rome gereis om die koninkryk Judea van die keiser Caesar te ontvang. In die geval van Archelaus het die volk van Judea hom gehaat en ‘n afvaardiging na hom gestuur na Rome om aan die keiser te sê dat hulle nie wil hê dat hierdie man oor hulle moet regeer nie. Augustus het gekompromitteer deur Archelaus toe te laat om te regeer, maar slegs as landsheerser, onder die uitgangspunt dat hy die titel koning sou moes verdien, wat hy nooit gedoen het nie. Archelaus het vir hom ‘n pragtige paleis in Jerigo gebou, waar Jesus gaan preek het. Jerigo was ongeveer ses ure se stap, 19 kilometer van Jerusalem af.  

Die rede vir hierdie gelykenis word aan die begin verduidelik: Die aanleiding was dat Jesus naby Jerusalem was en die mense gedink het dat die koningsheerskappy van God skielik, ja, enige oomblik sou aanbreek.  Soos die mense wat na Jesus geluister het, hul het verwag dat Jesus dinge gaan verander: Sy koningskap aankondig; ‘n Revolusie begin; dit sal met almal beter gaan.  

Jesus benadruk ‘n ander realiteit: Hy gee vir ons elkeen dieselfde mate van geloof (Rom 12:3) en genade (Eph 4:7), ons moet egter daarmee handel dryf, dit uitgee, en dit wat ons ontvang het vermeerder (Mat 10:8).  Die eerste perspektief is ons is passief, en die koning is aktief. In Jesus se verhaal is die slawe aktief, en die koning op ‘n vêr reis.  Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag… (2 Pet. 1:3-4) 

Ons almal hou egter baie meer van passiwiteit, gemaklikheid, veiligheid, rus, niks doen… Ons leef tans in ‘n feministiese liberale wêreldbeskouing, gelykheid vir almal, voedselveiligheid, naspeurbaarheid, estetiese gemak en gerief, veiligheid, veiligheid!! 

Stabiliteit en veiligheid is natuurlike strewe van enige beskawing; dit is waarom ons lewens langer, gesonder en meer welvarend geword het.  Tog ondervind ons steeds van tyd-tot-tyd vernietigende finansiële krisisse, duur natuurrampe en dodelike ongelukke. As ons mooi kyk na die gedrag wat hierdie rampe voorafgaan, het hierdie gerief en veiligheid ons eintlik swakker, en minder paraat, aan die slaap gesus! Veiligheid beteken ook dat sommige mense juis hierdie veiligheid gebruik om groter risiko’s te eksploreer.[1]

Besparing is ‘n vorm van versekering en ‘n goeie ding. Individue spaar om hulleself te beskerm teen ekonomiese terugslae. Lande doen dieselfde deur buitelandse valuta reserwes te versamel. Maar vir een persoon wat spaar, moet iemand anders leen. As ‘n land as geheel meer spaar stoot rentekoerse af en moedig ‘n ander aan land om meer te leen, wat skuldgedrewe bateborrels lewer en derhalwe finansiële krisisse. As rentekoerse so laag is en almal meer spaar en minder spandeer verminder almal se inkomste en maak die land armer. Dit is die paradoks van spaarsaamheid.  

Hierdie gelykenis bied ons ‘n derde opsie om ‘n gesonde balans tussen die handhawing van veiligheidsmaatreëls en genoeg gevaar te handhaaf: Woeker; pragmatiese besig wees, handel dryf, sake doen, beweeg uit, en neem risiko’s.  

Greg Ip stel Gerald Wilde voor, ‘n sielkundige aan die Queen’s University in Kingston, Ontario, wat beweer dat almal ‘n “risikotermostaat” het wat ‘n mens se gedrag aanpas totdat hul voorkeurvlak bereik word. Hy demonstreer deur sy navorsing, dat mense gewoonlike meer goeie keuses maak, as hulle genoeg sensoriese terugvoering kry.  Soos ‘n bergklimmer ‘n fyn aanvoeling ontwikkel oor die sterkte van anker punte, en ‘n branderplankryer die brander swel kan aanvoel raak die avonturier veiliger deur hulle innerlike vernuf.   

Hierdie innerlike aanvoeling om die lewe voluit te leef, maar ook die regte grense te respekteer, maak die gelowige ‘n formidabele karakter-sterk mens, te midde van krisis.  Die geloofsdade van vermenigvuldiging, woeker, pragmatiese oplossings, getuienisse bring geestelike gesag mee.  Een slaaf het sy bedrag vertiendubbel. Hy word aangestel om oor tien stede te regeer. ‘n Slaaf word ook ‘n adellike koninklike heerser!  

Die vrugbare, oes-lewer-dade van ‘n gelowige bied ons geestelike gesag, nie net in die wêreld wat kom nie, maar ook in hierdie wêreld.  Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. Die wat vermeerder het, vrug gedra het, oes gelewer het, kry nog meer, en nog meer!  

Die skepper God, skep deur Sy woorde ‘n Eden uit chaos. 

Getuig, bid vir siekes, bedien mense, gee aan die armes, versorg die wees, dryf duiwels uit, raak aan die wat deur stigmas verstoot word… Dit kos geloofsrisiko selfopofferende geloofsdade!! Ons moet uitwaarts, dink en doen.  

Ontwortel enige vrees in jou lewe

Die groot hartseer van hierdie verhaal is dat die slaaf se vrees teenoor die Heerser gerig was. ‘Meneer, hier is u muntstuk. Ek het dit in ‘n doek gebêre. Ek was bang vir u, want u is ‘n harde man. U eis op wat u nie belê het nie, en oes wat u nie gesaai het nie.’ Soms kan godsdiens reëls en regulasies mense in vrees vir oordeel lamlê.  Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. (1 Joh 4:18) 

  • Vrees vir beheer verloor en die onbekende 
  • Kern probleem: God kompleks. Self is op die troon. 

1 Cor 10:13; Phil 4:13; Rom 8:31

  • Vrees vir afstand en isolasie 
  • Kernprobleem: 2de-handse realiteit van Liefde 

Rom 8:15; 1 John 4:18-19; Eph 1:6 

  • Vrees vir verwerping en gesig verloor 
  • Kern Probleem: Vrees vir die mens 

2 Tim 1:7; Isa 50:6-7; Num 14:9; Isa 8:12; Mat 10:28

  • Vrees vir die dood en seerkry 
  • Kern Probleem: Nog nie self-verloën, selfloos 

Gal 2:20; Heb 2:15; 1 Cor 15:55; Rom 8:28; 2 Tim 3:12

Ons oorwin deur die geloof 

  • Geloof is wysheid!
  • Geloof is nie haastig nie! 
  • Geloof is vaste vertroue! 
  • Geloof is ‘n vreeslose sekerheid! 
  • Geloof is ‘n daad! 
  • Geloof is Heilig en Goddelik! 
  • Geloof is ‘n genade-geskenk! 
  • Geloof is beweging! 
  • Geloof is Liefde! 


[1] Ip, G., 2015. Foolproof. 1st ed. Copyright © 2015 by Greg Ip. Reprinted with permission of Little, Brown and Company.

 

Categories
Preke

Hoe Lofprysing jou geestelike immuniteit opbou

In tye soos hierdie kan mens jouself nie help nie, om soms terneergedruk en swaarmoedig te voel nie: Die covid 19 pandemie en gepaardgaande onsekerheid, wetgewing wat nie sin maak nie, waarin ons geen sê gehad het nie, ontneem ons van noodsaaklike inkomstes. Terwyl die getalle nou vinnig besig is om te styg, voel mens benoud en bang! Die droogte wat sedert 2017 groot gedeeltes van ons land in ‘n knelgreep gehad het, het onherstelbare verliese veroorsaak. Dan was daar die kommando wurm wat oeste verwoes het in 2017-2018[1]. Tans is daar ‘n sprinkaan plaag wat oor oos-Afrika beweeg.[2] Daar was die brande in Australië[3] en Amerika se weskus, LA, Redding. Van 2010 is daar jaarliks Tsunamies wat verskriklike verwoesting saai. [4] En in hierdie week kyk ons met afsku die video’s van duisende winkels wat in Amerika geplunder[5] is, uit weerwraak oor George Floyd se dood.[6] Mens wil nie meer die TV aansit, die nuus kyk of op sosiale media besoek nie. EN daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ’n wolk, met groot krag en heerlikheid. (Luk 21:25-27)

Die ergste van al hierdie plae, vloede, vure, en storms is hoe dit ons magteloos laat! Wat kan ons doen? Ek wil vandag praat oor ‘n Bybelse Koninkryk wapen om jou geestelike immuniteit op te bou: LOFPRYSING! Deur die eeue was daar al baie swaar tye oor die aarde. Alhoewel die frekwensie meer gereeld raak, soos ‘n vrou se geboorte pyne nader aan mekaar is as die baba gereed is om te kom. Die Bybel gee ons iets om te doen! God het nie ons lofprysing nodig nie. Hy sit nie en behaag Homself in ‘n egoïstiese gee-my-nog-lofprysing selfsug nie! Lofprysing is vir ons! Ons lofprysing hier op aarde is ook soveel meer betekenisvol omdat ons God nie kan sien nie, nog nie die beloning of vervulling van ons geloof ontvang het nie! Ons loof die Here omdat ons glo!

Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ‘n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. ( 1 Pet 1:6-7) Sien die ryk betekenis van die woord verheug in hierdie vers! ἀγαλλιάω agalliáō; contracted agalliṓ, fut. agalliásō, aor. ēgallíasa, from ágan (n.f.), much, and hállomai (G0242), to leap. To exult, leap for joy, to show one’s joy by leaping and skipping denoting excessive or ecstatic joy and delight. Hence in the NT to rejoice, exult. Often spoken of rejoicing with song and dance (Sept.: Ps. 2:11; 20:5; 40:16; 68:3). Usually found in the mid. deponent agalliáomai.(I) Used in an absolute sense (Acts 2:26, “my tongue was glad,” meaning I rejoiced in words, sang aloud; Luke 10:21; Acts 16:34). It is sometimes put after chaírō (G5463), to rejoice, which is of less intense significance, and produces an expression meaning to rejoice exceedingly (Matt. 5:12; 1 Pet. 4:13; Rev. 19:7; see Ps. 40:16; 90:14).(II) With a noun of the same significance in an adv. sense (1 Pet 1:8 with chará [G5479], joy, “rejoice with joy unspeakable”).(III) Followed by hína (G2443), so that, with the subjunctive (John 8:56, “he rejoiced that he should see my day” [a.t.]).(IV) Followed by epí (G1909), upon, with the dat. (Luke 1:47).(V) Followed by en (G1722), in, with the dat. where a simple dat. might stand (John 5:35; Acts 16:34; 1 Pet. 1:16; Sept.: Ps. 13:5; 89:16).

Verder is dit interessant om te sien, dat lofprysing iets te doen het met toegang, ‘n hek, ‘n poort, ‘n deur, ‘n ingang! “Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.” (Psalm 100:4, DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling) “Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die Here loof.” (Psalm 118:19, DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling) In die boek openbaring word van die 12 poorte van pêrel gepraat. “En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.” (Revelation 21:21, DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling)

‘n Pêrel is ‘n klein, ronde verdikking wat deur weekdiere rondom sandkorrels of ander vreemde voorwerpe wat in die dier se liggaam of tussen sy liggaam en die skulp beland, gevorm word. Die belangrikste bron van pêrels is die pêreloesters, en pêrels wat hieruit gevorm word, is baie gesog in die juweliersbedryf. pêrels gevorm word wanneer ‘n vreemde voorwerp soos ‘n sandkorreltjie in die dier se liggaam of tussen die liggaam en die skulp van ‘n weekdier beland. Die weekdier reageer op die prikkel of irritasie deur skulpmateriaal daaromheen af te skei, wat ‘n verdikking veroorsaak en in ʼn tempo van 0,3 tot 0,6 mm per jaar tot ‘n pêrel uitgroei.Die lofprysing wat ons vir die Here bring wanneer dit juis swaar gaan, is baie spesiaal! Die irritasies in ons lewe, die doring in ons vlees, die swaarkry kan uiteindelik die instrument word waardeur die pêrel van God se heerlikheid in ons vorm aan neem. Die lyding is tydelik, maar die glorie is ewig! Daarom loof ons die Here, ten spyte van al die swaar! So they departed from the presence of the council, rejoicing that they were counted worthy to suffer shame for His name. (Acts 5:41) “bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly.” Dis ‘n manier hoe die Gees van die Here ons help om ons fokus van die probleem af te haal! Wanneer ons die Here begin loof, ten spyte van die boosheid, sleg, verkeerd, onreg, en oormag gebeur daar iets in ons gemoed. Ons verkry weer geloof! Ons kry weer hoop! Ons sien dinge vanuit God se perspektief! Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, (Rom 8:28)

Hier is ‘n voorwaarde tot hierdie vers: “dié wat Hom liefhet. Die primêre manier hoe ons die Here kan wys dat ons Hom liefhet is deur ons gehoorsaamheid en deur ons lofprysing! Te veel mense wat hulleself christene noem is toesighouers!! Dis lekker om na ander se lofprysing te luister! Maar die krag lê juis daarin, om self die Here te loof! ‘n boer wat in sy vrugteboord wat swak presteer inloop, en die Here begin loof! Terwyl hy die Here loof begin Hy profeteer oor die bome. Daardie jaar presteer daardie bome beter as al die ander! Loof die Here!! Dis wonderlik om saam met gelowige die Here te loof! Dis ongemaklik dat ons nie tans onder wetgewing wanneer ons bymekaar kom kan saamsing nie. Die kern van lofprysing gaan nie oor ons gerief, gemak, of om lekker te voel nie. Die kern van lofprysing is ‘n geloofsdaad waardeur ons die Here loof elke dag, heeldag, ten spyte van enige omstandighede! Die aanbidding van die een, voor die aangesig van die EEN!

[1] https://en.wikipedia.org/wiki/Fall_armyworm
[2] https://www.nationalgeographic.com/animals/2020/05/gigantic-locust-swarms-hit-east-africa/
[3] https://en.wikipedia.org/wiki/Bushfires_in_Australia
[4] https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_tsunamis
[5] https://www.cnbc.com/2020/06/06/new-york-george-floyd-protest-photos-video.html
[6] https://en.wikipedia.org/wiki/George_Floyd

Categories
Preke

Strome van Genesing – Vloei

Hoe om dit te kry, en daarin te bly. Genade, genesing, salwing, liefde, eenheid, voorsiening, is ‘n vloei. Hoe om dit te kry, en daarin te bly. Alles in die lewe is ‘n vloei van energie. Die bloed in jou are, die suurstof toevoer in jou longe, die klankgolwe wat ons hoor, die voertuie wat na die middestad in en uit beweeg, die omgang van transaksies wat die ekonomie lewend hou. Vloei spreek van voorsiening en orde: Lug vir ons longe, minerale vir ons spiere en organe, stimulasie vir ons brein, voedsel vir ons siel. ‘n Goeie bestuurder probeer in die momentum van die verkeer bly, om sodoende brandstof te spaar, maar ook om nie die insittendes naar te maak met te vinnige stop/wegtrek bewegings nie. ‘n Fikse persoon se toevloei van suurstof is beter as iemand wat nooit oefening doen nie. ‘n Goeie toespraak vloei gemaklik van insiggewende feite na 1 punt, ‘n appèl om iets te doen. ‘n Gesonde besigheid beheer die vloei van tyd, produktiwiteit, en kostes tot ‘n winsgewende roetine. In die positiewe sielkunde is ‘n vloeitoestand, ook bekend as die sone, die geestestoestand waarin ‘n persoon wat ‘n aktiwiteit doen, ten volle gedompel is in ‘n gevoel van energieke fokus, volle betrokkenheid en genot tydens die aktiwiteit. In wese word vloei gekenmerk deur die volledige opname in wat ‘n mens doen, en ‘n gevolglike transformasie in ‘n mens se gevoel van tyd.[1] Daar is egter ook mense wat ingeprop is in ‘n vloei van selfsugtige ambisie, korrupsie, self-vergelding, onvergifnis, jaloesie, selfsug, eie-waan wat tsunami’s van geweld en gebrokenheid veroorsaak. (Joh 10:10)

God is die oorsprong van alle gesonde vervullende vloei!

Toe God die mens geskape het, het God vir hom voorsiening gemaak. Die hele skepping is ‘n netwerk en biosfeer van voorsiening. Die sogenaamde “circle of life”. So was daar grond om te bewerk. (Gen 2:17) Die Here het ‘n rivier gegee, wat vier vertakkings gehad het. “where there is gold. And the gold of that land is good” (Gen 2:11b-12a) Daar is genoeg voorsiening vir die mens gemaak op die aarde, met geen tekorte nie, maar dan moet ons volgens God se voorskrifte die grond bewerk, die vrugbaarheid deel, ingedagte dat ons rentmeesters is, moet ons die grond oppas. Dit laat rus, sodat dit optimaal kan bly voorsien aan ons behoeftes. (Sien herlewingslandbou) Sakeleiers moet reg met werknemers en kliënte werk om vloei van inkomste te verseker. ‘n gesonde geloofsgemeenskap is ‘n vloei van voorsiening deur diepgaande verhoudinge en wederkerige deelname.
“The world has enough for everyone’s need, but not enough for everyone’s greed. ― Mahatma Gandhi

God se teenwoordigheid word verduidelik aan die hand van ‘n rivier metafoor.

(Ezek. 47:1–12) God se voorsiening aan ons is nie beperk nie, en word nooit bevraagteken nie. Om God se voorsiening te bevraagteken is so absurd as om die son te bevraagteken as ons dit nie sien tydens die nag nie, en as die wolke die hemelruim oorskadu nie. God is our refuge and strength, A very present help in trouble. Therefore we will not fear,Even though the earth be removed, And though the mountains be carried into the midst of the sea; Though its waters roar and be troubled, Though the mountains shake with its swelling. There is a river whose streams shall make glad the city of God, The holy place of the tabernacle of the Most High. God is in the midst of her, she shall not be moved; God shall help her, just at the break of dawn. (Ps 46:1-5) God voorsien vir Sy volk water selfs uit ‘n rots. (Num. 20:8, 10, 11; Ps 78:16) Then the lame shall leap like a deer, And the tongue of the dumb sing. For waters shall burst forth in the wilderness, And streams in the desert. The parched ground shall become a pool, And the thirsty land springs of water (Isa 35:6-7) Dit is Jesus se hele betoog tydens een van Sy eerste preke: (Mat 6:25-34) Die tekort aan voorsiening is nie God se toedoen nie. Dit is die mens se eie toedoen, dat ons wegbeweeg het van God se vloei van voorsiening. God se liefde, genade, vrede, salwing, voorsiening is ‘n ewige liefde rivierstroom wat nooit ophou vloei nie. Ons as mens verloor of rebelleer teen die vloei, of ons probeer dit manipuleer, of ons probeer ons eie vloei skep, wat ons uiteindelik droog en uitgehonger laat. My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie. (Jer 2:13) In hierdie deurmekaar wêreld, wie wil nie hierdie tipe geestelike vloei van die Heilige Gees se salwing en teenwoordigheid beleef nie? Hoe om dit te kry

HOOF TEKS GEDEELTE: (Isa 55)

Israel span hulleself op ’n verkeerde manier in om lewensbevrediging te kry: hulle betaal vir iets wat nie brood is nie en werk vir iets wat nie kan versadig nie. Maar hulle kan hulle diepste lewensbehoefte bevredig “sonder om iets te betaal” – deur te luister na wat die Here vry en uit genade aanbied. Dit omvat die hele lewe, stoflik en geestelik, en is iets blywends, ’n ewige verbond. Waarom gee julle geld uit vir kos wat ’n mens nie kan versadig nie? Julle verdienste gaan vir dinge wat nie werklik bevredig nie. (Isa 55:2)Billy Graham vertel hoe hy eendag een van die rykste persone in die wêreld ontmoet het. Die persoon kan enige iets koop wat sy hart begeer, en het sy eie Boeing besit, met talle wonings die een groter en pragryk as die ander, en nog steeds het hierdie persoon getuig dat hy een van die “mees mistroostige” mense op aarde is. Net die volgende week het Billy en sy vrou Ruth ‘n jong pastoor met ‘n klein kerkie in ‘n afgeleë dorp ontmoet. Die energieke jong pastoor het vrypostig vertel, dat hy niks geld het nie, maar homself as een van die mees bevoorregte en gelukkigste mense op aarde beskou. Die Here bied ons ‘n verhouding. Ons is op soek na kos en water, en tydelike vervulling. Hoe om in die vloei te bly

Maar verbondsverhouding met God is nie sommer soos enige verhouding nie:

· As julle mooi luister wat Ek sê (Is 55:2) · Luister wat Ek sê en kom na My toe (Is 55:3)· Luister, dan sal julle werklik lewe. (Is 55:3) · Kom na die Here toe, aanbid Hom, want Hy is nou by ons (Is 55:6)Verhouding, vriendskap, verbondenheid met God word beskryf in terme van ‘n dienskneg wat sy hele bestaan, eer en trots laat bestaan om te weet wat sy of haar meester wil hê, nog voordat hulle vra. Sien die “butlers guilt code of honor”[2]

Die ewige sikliese stroom van God se Woord:

(Isa 55:10-11) God se Lewende geopenbaarde Woord in Gees, is ewig! God se Woord hou die aarde in stand. (Heb 11:3) Dit kan nie leeg na Hom toe terugkeer nie. ‘n Paar maande gelede was ons in ‘n huiskerk byeenkoms waar twee persone vir die eerste keer besoek het. Ons het met groot verwondering gehoor hoe die getuienis van die jonger paartjie en wat hulle in die geloof vermag het, die presiese vervulling was van die ouer persoon, vir wie die Here 20 jaar tevore sekere beloftes oor ‘n plaas, en gemeenskap gegee het.
Man shall not live by bread alone… At the loss of possessions, status, freedom, companionship, and money; only the eternal living Word of God can sustain one’s heart to remain at peace, full of joy, and deeply content.Die lang lys van martelare wat vir hulle geloof, gely het en uiteindelike gesterf het is bewys van die bogenoemde stelling. Broeder Yun, die hemelse man. [3]Madame Guyon [4]Corrie ten Boom [5] Het Jy Jesus, of het jy HOM nie? As jy Jesus het, sal jy vrede, vreugde en vergenoegdheid beleef te midde van elke storm. Die geheim is om ons oë op Jesus te hou. (Heb 12:2) Petrus loop op die water (Mat 14:29-31)

Uiteindelik wil God die stroom van goddelike verbondsverhouing deur ons laat vloei, om die wêreld ‘n tuin van eden te maak.

12Julle sal in blydskap wegtrek en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal juig en die bome in die veld sal hulle hande klap! 13Waar daar eers net dorings was, sal daar nou sipresse groei. En in die plek van ’n dissel sal daar nou mirtebome groei. Dit sal wees tot eer van die Here, ’n blywende teken wat vir altyd sal bestaan.” (Is 55:12–13)But let justice run down like water, And righteousness like a mighty stream. (Amos 5:24) Strome van lewende water (Joh 7:36-39) As volgelinge van Jesus is ons strome van genesing, versoening, voorsiening, vrede, liefde, kreatiwiteit, en standvastigheid vir elke honger en dors persoon wat Jesus nog nie ken nie! Tans terwyl ons nie as kerk kan byeen kom nie, is ons mense strome van versoening en genesing op soveel plekke en maniere!! Dankie Jesus U is ons vloei van voorsiening! [1] https://exploringyourmind.com/positive-psychology-a-flow-state/
[2] https://www.butlersguild.com/staff/executive-membership/the-guilds-code-of-honor/
[3] The Heavenly Man: The Remarkable True Story of Chinese Christian Brother Yun by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B004SBF7OQ/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_BYwYEbDWK6QSS
[4] Experiencing the Depths of Jesus Christ by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B075QN44WF/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_dZwYEbWDVFZAG
[5] Experiencing the Depths of Jesus Christ by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B075QN44WF/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_dZwYEbWDVFZAG