Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Dankie vir 2016

The only thing I want in life, is to be known for loving Christ, to build His church to love His bride and make His name known far and wide

Ons vind oral mense baklei vir ‘n sekere saak. Natuurbewaring, aarde verwarming, mense regte is maar ‘n paar voorbeelde.  Paulus sê dat hy niks anders by die gemeente in Korinte wil hoor as Jesus, en Hom as die gekruisigde.  1 Cor 2:2 Ons beywer onsself vir die saak van Christus. Hy is die dieet wat ons navolg. Hy is die enigste self-help program wat werk, omdat ons eintlik nie onsself kan help totdat Hy die verandering in ons werk nie.  Hy is ons toevlug en plek van rus, en tuiskoms.  Hy is ons visie en missie. Hy is ons rolmodel. Deur Hom het ons die geregtigheid van God ontvang om as kinders van God te lewe.  Hy is ons skeppingsdoel. Rom 8:29 Ons oog is op Hom gevestig die voleinder van ons geloof. Heb 12:1. Hy is ons sending en ons boodskap. Hy is die uitkoms van elke program, lering, byeenkoms en aktiwiteit wat ons aanbied.  Hy is die somtotaal van alle dinge.  Hy is ons identiteit.  Col 3:2 Hy is ons vrede en geluk.

Christus is perfekte teologie. Hy is die waarheid wat ons verkondig.

Vir bykans 17jr veg en staan Chantál en ek vir hierdie saak. Die saak van Christus. Om ‘n kerk te wees wat Hy bou. Om ‘n gemeenskap van gelowiges te wees wat Hom akkuraat en reg uitbeeld in elke aspek van ons lewens.  Dit is die heerlike geskenk wat ons in Christus van God ontvang het, Hy is God teenwoordig, in ons en deur ons in ons huwelik, gesin, werksplek en gemeenskap. 

Ek dank God vir Sy heilige heerlikheid en teenwoordigheid wat Hy deur ons as gebroke kruike aan die wêreld vertoon.  Sedert die eerste dag toe hy ons ontwaak het van ons sluimer, en die Son van geregtigheid in ons harte begin skyn het, het alles verander.  Ons is wakker om te hoor en te doen.  Ons kry soms swaar soos alle mense onder die druk van die lewe se sorge en probleme, maar ons is is nie uitgelewer en magteloos nie. Ons het ‘n lewe wat in ons bruis, ‘n bruisende fontein van lewende water wat nie net ons eie dors les nie, maar ook die mense om ons.

Soos ‘n mens se liggaam bestaan elke deeltjie van hierdie liggaam, in diens van mekaar in die liggaam.  Elke bydrae in tyd, en geld beweeg hierdie ligaam om Jesus te wees vir ons gemeenskap.

Hierdie liggaam word 6 ‘n week gehoor op die Radiogolwe van Radio Namakwaland in ‘n totaal van een uur per week se geestelike insette, dmv Dinsdae 7:15 se Onder konstruksie program met Jan, Chantal se Verhoudings program om Maandae om 3uur, en Tafel gesprekke fokus op reformasie temas Woensdae 11:00.  Chantál bedien getrou mense met woord, en leiding soos die Heilige Gees haar lei op sosiale media, sms, en Whatsapp.

7 plase kry direk bediening van iemand vanuit ons gemeente en is besig om Koninkryksgerigte besighede te word.  60 honger kinders van die mees behoewende kinders in die gemeenskap kry 3 etes per week en word verder gehelp om ‘n vaardighede te ontwikkel om vir hulleself ‘n lewe te maak.  56 kinders word deur Ubuntu Kleuterskool toegerus vir die lewe.  Ons ryk tans uit na 6 skole oor die hele streek, deur gebed, Lewensafrigting, en Motivering toesprake en bediening insette.  Volgende jaar begin ons in samewerking met die NGK Clanwilliam die Lewens Oriëntering periode gebruik om kinders te bedien rondom relevante aspekte soos boelie gedrag, Seksuele misdrywe, identiteit, en beroepssekerheid. Teach with your life het nou Identity 129 geword, en werk ons saam met die AGS Kerk in Vredendal om Jongmense te bedien met die Woord op Vrydagaande. Deur verskeie kampe en dag seminare fokus ons op ‘n spesifiek relevante temas om mense se lewenstyl uit te daag om in lyn te kom met die Woord en Wil van God.

Tans is daar 14 huiskerke waar mense geestelik versorg word, en deel word vd liggaam.  Omdat ons gemeente groei deur kwaliteit verhoudinge en nie deur bywoning getalle nie, is die plek van deelword die huiskerk byeenkoms.  Tans is daar 135 aktiewe medewerkers deel vd gemeente, en 57 kinders in totaal. Meer as 50 mense het deur die Jaar die Bybelskool bygewoon in drie dorpe.  Die fokus hierdie jaar was die boek Openbaring, en die Fondasie Kursus.

Ons is ook betrokke by Bosassa, ‘n sentrum vir minderjarige jeug misdadigers in Clanwilliam.  Ons het onlangs ‘n werker diens sentrum begin om immigrante te help om hulle wettige werkspermitte te bekom. Meer as 300 mense is gehelp. Intussen fokus die bediening om mense die basiese werksetiek te leer, en het meer as 120 mense die jaar die “work4aliving” program voltooi.  Ons reik uit in die gemeenskap en was baie betrokke op vele vlakke, op forums soos die GPF, Wykskomitees, Toerisme, SAPS en die munisipaliteit.  Ons het deur ons netwerk van verhoudinge ‘n vergadering bekom met die Minister van behuising en hulp verkry om die Informele Nedersetting Infux te beredder.  Ons het verskillende diverse bedienaars in die Kerk ontvang en geleentheid gebied dat die hele gemeenskap bedien kan word.  Talle mense is deur middel van ons apostoliese fonds finansieel gehelp en bygestaan soos wat God in mense se harte gewerk het om te gee. Ons is besig om ‘n kommersiële plaas in Uganda te ontwikkel, met die oog op ‘n Bybelskool en opleiding sentrum, en bemarkingsplan wat die lokale gemeente in Uganda kan help om hulle fondse te versterk.

Stadig maar seker is God se koninkryk en wil besig om te kom, hier in die olifantsriviervallei soos wat dit in die hemel is. 

StorehouseOns gemeente is ‘n apostoliese “resource” sentrum, skuur en stoorplek van hulpbronne om geestelik te groei in die waarheid.  Ons fokus is om hierdie hulpbronne op verskillende maniere beskikbaar te stel aan die hele gemeenskap.  Om net ‘n paar temas te noem: Die grootste geheimenis van God is geopenbaar – Christus in ons die hoop van heerlikheid.  Hoe om God se stem te hoor. Die geskenk van geregtigheid om deur Sy vermoë heilig te lewe. Die gawes en volheid vd Heilige Gees. Lofprysing wat God behaag.  Ontdek jou roeping en bediening. Die krag en dinamiek vd Liggaam v Christus.  Verder het die Here ons geseën met so baie vermoëns wat ons wil deel met ander: Drama, Musiek, Mime, Dig en Skryfkuns, Public Speaking, Tydsbestuur en Administrasie, Besigheid op God se manier, en nog soveel meer.  In ‘n tyd van Geestelike hongersnood mag mense gevoed word met die rykdom wat God in ons geplaas het.

LighthouseOns staan as rentmeesters van die Waarheid in prediking en lewenstyl.  Soos ‘n lighuis staan ons vas in die Waarheid om elke verbygaande persoon na die veiligheid vd hawe te rig.  Genade wat jou nie heiliger maak nie is nie genade nie.  Die wet is ‘n rigtingwyser na die geskenk van reglewe wat ons alleenlik deur die geloof in Jesus Christus sou ontvang.  In ons lewe in Christus vervul ons die wet deur ‘n regte lewenswyse.  Die uiteinde en vrug van hierdie lewenswyse is vrede en vreugde in die Heilige Gees. Ons lewe vanuit die Heiligdom van God.  Ons vertrekpunt is in Hom.  Ons soek nie ons geregtigheid nie, ons leef vanuit Sy geregtigheid.  Ons fokus is nie op ons werke nie, maar ons kyk deurentyd na Sy werk.  Hy werk ‘n permanente nuwe lewe en geestelike krag in ons om heilig en godsvrugtig te lewe.  Christus is perfekte teologie! Wanneer ons Hom uit die oog verloor is ons alreeds besig om te dwaal. Hy is die Lighuis wat die pad na die veilige hawe aandui.  Ons is die ligdraers van hierdie realiteit.

AircraftcarrierOns gemeenste funksioneer soos ‘n vliegdekskip, waar bedieninge opgelei word, en dan uitgestuur word soos die Heilige Gees ons lei.  Elke bousteen in God se heiligdom lewe, en het ‘n funksie. Niemand bedien in isolasie nie. Ons bedieninge is vervleg met mekaar.  ONS is die sleutelwoord! Nie my bediening nie, maar ons bediening. Ons is versigtig om die te eer wat ons voor gegaan het, en ons volg in hulle voetstappe. Ons is ook versigtig oor hoe ons loop, want iemand is besig om ons te volg.  In harmonie beweeg ons saam as Sy liggaam.  God het Christus gestuur! Vandag stuur Hy ons! Ons bestaan nie maar net vir ‘n salaris aan die einde vd maand nie. Ons is gestuur na hierdie dorp, in ‘n spesifieke werk, om te lewe tot Sy eer! Elke gelowige moet ten minste een keer ‘n jaar op ‘n sending gaan.  Om deel te wees van ‘n bedieningspan en saam ‘n verskil te gaan maar in ‘n onbekende plek, verdiep jou geestelike lewe. Jy kry rigting en sin in die lewe!

 

 

 

 

Categories
Preke

Die krag van 'n vrolike hart in Jesus

“Die blymoedige mens se hele lewe is ’n fees” (Prov 15:15) Blydskap laat ‘n mens se gesig straal; smart maak ‘n mens terneergedruk. (Prov 15:13) ‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput. (Prov 17:22) Die Bekende KIPP Skole baseer onder andere hulle sukses met kinders deur te fokus om die kinders se “zest” passie te ontwikkel.  Gelukkige en “happy” kinders leer makliker. Hulle droom is om 100% van alle leerders te laat kwalifiseer vir Nagraadse Studies. https://www.youtube.com/watch?v=lAsSdyb6YMY&app=desktop

Scientists have been studying the effect of laughter on human beings and have found, among other things, that laughter has a profound and instantaneous effect on virtually every important organ in the human body. Laughter reduces health-sapping tensions and relaxes the tissues as well as exercising the most vital organs. It is said that laughter, even when forced, results in beneficial effect on us, both mentally and physically. Next time you feel nervous and jittery, indulge in a good laugh. —Executives’ Digest[i]

Die Here wil nie hê ons moet Hom dien soos slawe sonder vreugde nie.  Deut 28:47 Daarom was die Joodse Kalender gevul met 7 feeste. God wil hê ons moet kan feesvier! (Ezra 6:22)
Jesus was so ‘n vrolike blymoedige mens.  (Luk 10:21) “rejoiced in spirit” (agalliō) – to leap. To exult, leap for joy, to show one’s joy by leaping and skipping denoting excessive or ecstatic joy and delight.  Hy het die krag van vreugde in die Gees verstaan, en dit het Hom die krag te gee om Sy lyding te ontbeer. (Heb 12:2) Hy het geleef vanuit ‘n intieme verhouding met die Vader, wetende dat die Vader Sy gebede antwoord. (Joh 11:41-42) Hy het die guns ontvang van die Vader. (Mat 3:17) Die Vader het hom verheerlik (Joh 8:54) Sy verhouding met die Vader, en gehoorsaamheid aan die Vader, was die bron van Sy vreugde.  “the joy of the Lord is your strength.” (Neh 8:10) Sien die klem in hierdie vers. Sy vreugde gee ons krag. Soos ‘n man krag kry uit sy vrou wat gelukkig is, kry ons krag wanneer ons weet ons lewe behaag die Here.
Alhoewel Jesus ‘n man was wat lyding en pyn geken het, het Hy nogtans met vreugde gelewe. Sondaars was aangetrek na Hom en onthou hulle is nie juis bekend dat hulle die ernstige, gewyde, hoog heilige mense opsoek nie! Jesus se gelykenisse, en teenvraag stellings, wys op sy fyn sin vir humor.
Een van my gunsteling outeurs John Eldredge beskryf Jesus op die volgende manier vanuit die perspektief van die natuur wat van Hom getuig in sy boek Beautiful Outlaw.

I was sitting out back yesterday morning sipping coffee, watching the young chipmunks chase one another at breakneck speeds across the deck. One clever daredevil, hoping to get the advantage, jumped up on the fence rail and continued the chase from above, leaping at the last moment upon his littermate like a Hollywood stuntman. This morning one of them adopted a new strategy. The little rascal found an ambush spot, clinging from the side of the house, where he waited for his playmate to wander by unawares; he then pounced, and the two somersaulted off the deck and into the grass, squealing. Only to dash off and do it again. And again. Now—what does this tell us about the personality of Jesus, who created these little dynamos with striped masks and boundless enthusiasm? What do they say about his heart? Polar-bear cubs will hurl themselves down snowy hillsides headfirst and upside down, just for fun. Spinner dolphins love to romp in the bow-wake of a boat, cavorting, leaping into the air and, well, spinning. Otters play tag. Our horses play tug-of-war with a stick—which is really quite funny when you think of how nobly a horse normally likes to carry himself. [ii]

HOE ONTVANG EN LEEF JY IN HIERDIE BLYMOEDIGHEID?
Ons verbondenheid met Christus, die Vader en die Heilige Gees – (Joh 15:11-12) Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Ons verbondenheid met Jesus gee ons ewige vreugde. Soos ‘n wingerdtak in die boom ingeënt is, en sy lewe ontvang van die boom, so leef ons in Christus.  Maar ons kan nie in die boom ingeënt wees sonder dat ons outomaties nie ook in mekaar ingeënt is nie.  Vergelyk (Col 1:27) in die ou vertaling en die nuwe vertaling: Christus IN en Onder ons.
Ons verbondenheid met mekaar in Sy liggaam – Todd Adkins post op sy Twitter blad: “Geen mens kan Jesus alleen volg nie.” Ware Apostoliese leiers soos Johannes se teenwoordigheid het sy vriende en medegelowiges se harte met vreugde gevul. (2 Joh 1:12) In Johannes se eerste Brief weerklank hy Jesus se gebed in Joh 17:21 “Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.” (1 Joh 1:3-4) Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees. John Piper volg dieselfde gedagterigting wanneer hy verduidelik dat dissipels-maak eintlik ‘n korporatiewe en groeps-gebeurtenis is.  Want jy word deel van die “Jesus” groep.
Sy tasbare teenwoordigheid en heerlikheid – Deur ons verhouding en intimiteit met die Vader behou ons die vreugde. Hy is vreugde! Sy teenwoordigheid is loutere vreugde en ekstase!
ekstase = ecstasy, rapture
(Ephesians 5:18) Nie dronk van wyn nie, maar dronk/gevul met die Heilige Gees.
Full of joy, filled with HS.  (Acts 13:52) vergelyk (Acts 2:2) Die uitstorting van die Heilige Gees.
Shekhinah “that which dwells” the radiance, glory or presence of God dwelling in the midst of his people, is used by Targumist and Rabbi to signify God himself, for legal Judaism dislikes ascribing form or emotion to deity.[iii] It refers to the instances when God showed Himself visibly, as, for example, on Mount Sinai (Ex. 24:9–18) and in the Holy of Holies of the tabernacle and in Solomon’s Temple.[iv] This term is not found in the Bible. It was used by the later Jews, and borrowed by Christians from them, to express the visible majesty of the divine Presence, especially when resting or dwelling between the cherubim on the mercy-seat in the tabernacle and in the temple of Solomon[v] The Shekinah, nearest Jewish equivalent to the Holy Spirit,[vi]
Early Christian Prophetic Ecstasy The early church included an element of ecstatic prophecy. John describes his ecstatic encounter in stating, “I was in the spirit on the Lord’s day” (Rev 1:10 NRSV). This incident and others that he recounted involved an out-of-body experience during which John had visions into the heavenly realm and received instructions and revelations from God and/or the exalted Christ. Peter (Acts 11:5) and Paul (2 Cor 12:1–7) had similar ecstatic experiences.[vii]
Eugene Peterson says that the Hebrew root word for “prosperity” is more accurately translated “leisure”—“ the relaxed stance of one who knows that everything is all right because God is over us, with us and for us in Jesus Christ.” [viii]
Vrug van Sy karakter permanent in ons – Blydskap is deel van die vrug van die Gees. En die vrug is enkelvoud. Die primêre vrug is liefde! Al die ander 8 vrugte is ‘n voortvloeisel van liefde. Vergelyk (1 Cor 13:3-4), Liefde is geduldig, vriendelik ens. Blydskap, vreugde, vrolikheid is ‘n inherente eienskap van liefde.  Daar is net hoofsaaklik 2 primêre emosies wat ons as mens beleef, of liefde of vrees.  Woede/wraak/haat is die hoogste emosie van vrees: Euforiese sprankelende, huppelende, vreugde is die hoogste emosie van liefde! Om met God versoen te wees, en met Hom reg te wees – bring vrede en vreugde in die Heilige Gees. (Rom 8:17)
BLYDSKAP ROWERS:
Hierdie eenwording met Hom en met mekaar, is net moontlik as ‘n mens se hart heeltemal skoon is van “Offense”. Ons afrikaners sukkel maar met dié woord die woordeboek vertaal “offense” as volg: Gebelgd, gekrenk, beledig voel, gesteurdheid, afgehaal, gekwets, geraaktheid.  Luk 17:1-5 leer ons die stappe om met iemand te maak wat jou te na kom.  Hoe meer jy hierdie stappe volg, hoe sterker word jy, en hoe minder voel jy te na gekom.
BLYDSKAP EN VROLIKHEID IS ‘N WAPEN IN ONS GEESTELIKE ARSENAAL

  • Vreugde gee ons krag tydens verdrukking. In al ons sorge is ek vol moed en oorstelp van blydskap. 2 Corinthians 7:4
  • Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Romans 15:13–14) Vreugde versterk jou geloof.  Hoop en vreugde is vennote.  Joy is the keeper and vehicle of hope. Joyful expectation of hope. Vreugde hou jou in die atmosfeer van geloof, hoop en die bonatuurlike!
  • Vreugde maak ons beter getuies van Sy lewe.  Jesus se vertelling van gelykenisse en slim humor het sy luisteraars ontwapen om met ‘n vars oor en oop hart te luister.  ‘n lewendige, opgewekte, en opgeruimde onderwyser sal nie sukkel om sy of haar kinders se aandag te kry nie.
  • Innerlike vreugde en vrolikheid is ‘n teenmiddel teen verslawing.  Iemand wat innerlike vreugde beleef gaan nie probeer om dit chemies aan te vul of te kry nie. Jy is vol!
  • Vreugde ontlont moeilike situasies.  Dink maar hoeveel keer ‘n bietjie humor op die regte tyd, ‘n argument met jou huwelikmaat ontlont het.

WAT VREUGDE EN VROLIKHEID NIE IS NIE.
Dit nie sarkasme nie, ek lag vir jou.
Dit is nie ligsinning nie.
Dit is nie onkenning nie. Onkenning is ‘n vorm van “presumptuous” geloof. Jy het nie ‘n sekre Woord van God nie, maar wens maar net dat die probleem self sal verdwyn. Nou maak mens grappies en deel nie met die kern van ‘n probleem nie.
INSPIRASIE!
‘n pragtige voorbeeld van die krag van ‘n positiewe uitkyk op die lewe en die krag van blydskap is die film “Life is beautiful”. Rick Lawrence verduidelik dit pragtig in sy boek Shrewd.
Pain is a predator, and all of us have felt its bite—some have been eaten alive by it. But laughter raises its fist to a corrupted world and proclaims, “This cannot destroy me!” This is, in the end, the message delivered in the 1997 Oscar-winning foreign film Life Is Beautiful. In the film a Jewish-Italian man named Guido (played by writer/ director/ actor Roberto Benigni) uses laughter to help his four-year-old son survive a Nazi concentration camp. He convinces his son that the camp is just an elaborate game, and that the boy will win an actual tank if he’s the first child to earn one thousand points. He will lose points, explains Guido, if he cries, complains about missing his mother, or begs for food. Despite his stark and horrific surroundings, the boy believes his dad’s version of reality—the killing factory becomes his playground. In the end, as American liberators are closing in on the camp, Guido is caught trying to find his wife and led off by Nazi guards to be shot. He sees his son watching as he’s taken away, so he mimics and satirizes the guard as he marches behind him, to the delight of his son. The father is killed, but the son and the mother survive. Later, when the boy is old enough to understand what happened, he realizes that his father’s shrewd sense of humor saved his life. [ix]
George Mueller would not preach until his heart was happy in the grace of God; Ian Ruybroeck would not write while his feelings were low, but would retire to a quiet place and wait on God till he felt the spirit of inspiration. It is well-known that the elevated spirits of a group of Moravians convinced John Wesley of the reality of their religion, and helped to bring him a short time later to a state of true conversion. The Christian owes it to the world to be supernaturally joyful. —A. W. Tozer[x]
Nog verdere Skrifgedeeltes:
Ps 63:5; 66:1; 89:15; 96:12; 149:5-6


[i] Tan, P. L. (1996). Encyclopedia of 7700 Illustrations: Signs of the Times (p. 678). Garland, TX: Bible Communications, Inc.
[ii] Beautiful Outlaw – John Eldredge
[iii] Stewart, R. A. (1996). Shekinah. In D. R. W. Wood, I. H. Marshall, A. R. Millard, J. I. Packer, & D. J. Wiseman (Eds.), New Bible dictionary (3rd ed., p. 1090). Leicester, England; Downers Grove, IL: InterVarsity Press.
[iv] Youngblood, R. F., Bruce, F. F., & Harrison, R. K., Thomas Nelson Publishers (Eds.). (1995). In Nelson’s new illustrated Bible dictionary. Nashville, TN: Thomas Nelson, Inc.
[v] Smith, W. (1986). In Smith’s Bible Dictionary. Nashville: Thomas Nelson.
[vi] Stewart, R. A. (1996). Shekinah. In D. R. W. Wood, I. H. Marshall, A. R. Millard, J. I. Packer, & D. J. Wiseman (Eds.), New Bible dictionary (3rd ed., pp. 1090–1091). Leicester, England; Downers Grove, IL: InterVarsity Press.
[vii] Seal, D. (2016). Prophetic Ecstasy in the Ancient Near East. In J. D. Barry, D. Bomar, D. R. Brown, R. Klippenstein, D. Mangum, C. Sinclair Wolcott, … W. Widder (Eds.), The Lexham Bible Dictionary. Bellingham, WA: Lexham Press.
[viii] Eugene Peterson, A Long Obedience In the Same Direction (Downers Grove, IL: InterVarsity Press, 2000), 45.
[ix] Shrewd: Daring to live the startling command of Jesus. Rick Lawrence
[x] Tan, P. L. (1996). Encyclopedia of 7700 Illustrations: Signs of the Times (p. 679). Garland, TX: Bible Communications, Inc.
Categories
Preke

Die krag van ‘n vrolike hart in Jesus

“Die blymoedige mens se hele lewe is ’n fees” (Prov 15:15) Blydskap laat ‘n mens se gesig straal; smart maak ‘n mens terneergedruk. (Prov 15:13) ‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput. (Prov 17:22) Die Bekende KIPP Skole baseer onder andere hulle sukses met kinders deur te fokus om die kinders se “zest” passie te ontwikkel.  Gelukkige en “happy” kinders leer makliker. Hulle droom is om 100% van alle leerders te laat kwalifiseer vir Nagraadse Studies. https://www.youtube.com/watch?v=lAsSdyb6YMY&app=desktop

Scientists have been studying the effect of laughter on human beings and have found, among other things, that laughter has a profound and instantaneous effect on virtually every important organ in the human body. Laughter reduces health-sapping tensions and relaxes the tissues as well as exercising the most vital organs. It is said that laughter, even when forced, results in beneficial effect on us, both mentally and physically. Next time you feel nervous and jittery, indulge in a good laugh. —Executives’ Digest[i]

Die Here wil nie hê ons moet Hom dien soos slawe sonder vreugde nie.  Deut 28:47 Daarom was die Joodse Kalender gevul met 7 feeste. God wil hê ons moet kan feesvier! (Ezra 6:22)

Jesus was so ‘n vrolike blymoedige mens.  (Luk 10:21) “rejoiced in spirit” (agalliō) – to leap. To exult, leap for joy, to show one’s joy by leaping and skipping denoting excessive or ecstatic joy and delight.  Hy het die krag van vreugde in die Gees verstaan, en dit het Hom die krag te gee om Sy lyding te ontbeer. (Heb 12:2) Hy het geleef vanuit ‘n intieme verhouding met die Vader, wetende dat die Vader Sy gebede antwoord. (Joh 11:41-42) Hy het die guns ontvang van die Vader. (Mat 3:17) Die Vader het hom verheerlik (Joh 8:54) Sy verhouding met die Vader, en gehoorsaamheid aan die Vader, was die bron van Sy vreugde.  “the joy of the Lord is your strength.” (Neh 8:10) Sien die klem in hierdie vers. Sy vreugde gee ons krag. Soos ‘n man krag kry uit sy vrou wat gelukkig is, kry ons krag wanneer ons weet ons lewe behaag die Here.

Alhoewel Jesus ‘n man was wat lyding en pyn geken het, het Hy nogtans met vreugde gelewe. Sondaars was aangetrek na Hom en onthou hulle is nie juis bekend dat hulle die ernstige, gewyde, hoog heilige mense opsoek nie! Jesus se gelykenisse, en teenvraag stellings, wys op sy fyn sin vir humor.

Een van my gunsteling outeurs John Eldredge beskryf Jesus op die volgende manier vanuit die perspektief van die natuur wat van Hom getuig in sy boek Beautiful Outlaw.

I was sitting out back yesterday morning sipping coffee, watching the young chipmunks chase one another at breakneck speeds across the deck. One clever daredevil, hoping to get the advantage, jumped up on the fence rail and continued the chase from above, leaping at the last moment upon his littermate like a Hollywood stuntman. This morning one of them adopted a new strategy. The little rascal found an ambush spot, clinging from the side of the house, where he waited for his playmate to wander by unawares; he then pounced, and the two somersaulted off the deck and into the grass, squealing. Only to dash off and do it again. And again. Now—what does this tell us about the personality of Jesus, who created these little dynamos with striped masks and boundless enthusiasm? What do they say about his heart? Polar-bear cubs will hurl themselves down snowy hillsides headfirst and upside down, just for fun. Spinner dolphins love to romp in the bow-wake of a boat, cavorting, leaping into the air and, well, spinning. Otters play tag. Our horses play tug-of-war with a stick—which is really quite funny when you think of how nobly a horse normally likes to carry himself. [ii]

HOE ONTVANG EN LEEF JY IN HIERDIE BLYMOEDIGHEID?

Ons verbondenheid met Christus, die Vader en die Heilige Gees – (Joh 15:11-12) Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Ons verbondenheid met Jesus gee ons ewige vreugde. Soos ‘n wingerdtak in die boom ingeënt is, en sy lewe ontvang van die boom, so leef ons in Christus.  Maar ons kan nie in die boom ingeënt wees sonder dat ons outomaties nie ook in mekaar ingeënt is nie.  Vergelyk (Col 1:27) in die ou vertaling en die nuwe vertaling: Christus IN en Onder ons.

Ons verbondenheid met mekaar in Sy liggaam – Todd Adkins post op sy Twitter blad: “Geen mens kan Jesus alleen volg nie.” Ware Apostoliese leiers soos Johannes se teenwoordigheid het sy vriende en medegelowiges se harte met vreugde gevul. (2 Joh 1:12) In Johannes se eerste Brief weerklank hy Jesus se gebed in Joh 17:21 “Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.” (1 Joh 1:3-4) Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees. John Piper volg dieselfde gedagterigting wanneer hy verduidelik dat dissipels-maak eintlik ‘n korporatiewe en groeps-gebeurtenis is.  Want jy word deel van die “Jesus” groep.

Sy tasbare teenwoordigheid en heerlikheid – Deur ons verhouding en intimiteit met die Vader behou ons die vreugde. Hy is vreugde! Sy teenwoordigheid is loutere vreugde en ekstase!

ekstase = ecstasy, rapture

(Ephesians 5:18) Nie dronk van wyn nie, maar dronk/gevul met die Heilige Gees.

Full of joy, filled with HS.  (Acts 13:52) vergelyk (Acts 2:2) Die uitstorting van die Heilige Gees.

Shekhinah “that which dwells” the radiance, glory or presence of God dwelling in the midst of his people, is used by Targumist and Rabbi to signify God himself, for legal Judaism dislikes ascribing form or emotion to deity.[iii] It refers to the instances when God showed Himself visibly, as, for example, on Mount Sinai (Ex. 24:9–18) and in the Holy of Holies of the tabernacle and in Solomon’s Temple.[iv] This term is not found in the Bible. It was used by the later Jews, and borrowed by Christians from them, to express the visible majesty of the divine Presence, especially when resting or dwelling between the cherubim on the mercy-seat in the tabernacle and in the temple of Solomon[v] The Shekinah, nearest Jewish equivalent to the Holy Spirit,[vi]

Early Christian Prophetic Ecstasy The early church included an element of ecstatic prophecy. John describes his ecstatic encounter in stating, “I was in the spirit on the Lord’s day” (Rev 1:10 NRSV). This incident and others that he recounted involved an out-of-body experience during which John had visions into the heavenly realm and received instructions and revelations from God and/or the exalted Christ. Peter (Acts 11:5) and Paul (2 Cor 12:1–7) had similar ecstatic experiences.[vii]

Eugene Peterson says that the Hebrew root word for “prosperity” is more accurately translated “leisure”—“ the relaxed stance of one who knows that everything is all right because God is over us, with us and for us in Jesus Christ.” [viii]

Vrug van Sy karakter permanent in ons – Blydskap is deel van die vrug van die Gees. En die vrug is enkelvoud. Die primêre vrug is liefde! Al die ander 8 vrugte is ‘n voortvloeisel van liefde. Vergelyk (1 Cor 13:3-4), Liefde is geduldig, vriendelik ens. Blydskap, vreugde, vrolikheid is ‘n inherente eienskap van liefde.  Daar is net hoofsaaklik 2 primêre emosies wat ons as mens beleef, of liefde of vrees.  Woede/wraak/haat is die hoogste emosie van vrees: Euforiese sprankelende, huppelende, vreugde is die hoogste emosie van liefde! Om met God versoen te wees, en met Hom reg te wees – bring vrede en vreugde in die Heilige Gees. (Rom 8:17)

BLYDSKAP ROWERS:

Hierdie eenwording met Hom en met mekaar, is net moontlik as ‘n mens se hart heeltemal skoon is van “Offense”. Ons afrikaners sukkel maar met dié woord die woordeboek vertaal “offense” as volg: Gebelgd, gekrenk, beledig voel, gesteurdheid, afgehaal, gekwets, geraaktheid.  Luk 17:1-5 leer ons die stappe om met iemand te maak wat jou te na kom.  Hoe meer jy hierdie stappe volg, hoe sterker word jy, en hoe minder voel jy te na gekom.

BLYDSKAP EN VROLIKHEID IS ‘N WAPEN IN ONS GEESTELIKE ARSENAAL

  • Vreugde gee ons krag tydens verdrukking. In al ons sorge is ek vol moed en oorstelp van blydskap. 2 Corinthians 7:4
  • Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Romans 15:13–14) Vreugde versterk jou geloof.  Hoop en vreugde is vennote.  Joy is the keeper and vehicle of hope. Joyful expectation of hope. Vreugde hou jou in die atmosfeer van geloof, hoop en die bonatuurlike!
  • Vreugde maak ons beter getuies van Sy lewe.  Jesus se vertelling van gelykenisse en slim humor het sy luisteraars ontwapen om met ‘n vars oor en oop hart te luister.  ‘n lewendige, opgewekte, en opgeruimde onderwyser sal nie sukkel om sy of haar kinders se aandag te kry nie.
  • Innerlike vreugde en vrolikheid is ‘n teenmiddel teen verslawing.  Iemand wat innerlike vreugde beleef gaan nie probeer om dit chemies aan te vul of te kry nie. Jy is vol!
  • Vreugde ontlont moeilike situasies.  Dink maar hoeveel keer ‘n bietjie humor op die regte tyd, ‘n argument met jou huwelikmaat ontlont het.

WAT VREUGDE EN VROLIKHEID NIE IS NIE.

Dit nie sarkasme nie, ek lag vir jou.

Dit is nie ligsinning nie.

Dit is nie onkenning nie. Onkenning is ‘n vorm van “presumptuous” geloof. Jy het nie ‘n sekre Woord van God nie, maar wens maar net dat die probleem self sal verdwyn. Nou maak mens grappies en deel nie met die kern van ‘n probleem nie.

INSPIRASIE!

‘n pragtige voorbeeld van die krag van ‘n positiewe uitkyk op die lewe en die krag van blydskap is die film “Life is beautiful”. Rick Lawrence verduidelik dit pragtig in sy boek Shrewd.

Pain is a predator, and all of us have felt its bite—some have been eaten alive by it. But laughter raises its fist to a corrupted world and proclaims, “This cannot destroy me!” This is, in the end, the message delivered in the 1997 Oscar-winning foreign film Life Is Beautiful. In the film a Jewish-Italian man named Guido (played by writer/ director/ actor Roberto Benigni) uses laughter to help his four-year-old son survive a Nazi concentration camp. He convinces his son that the camp is just an elaborate game, and that the boy will win an actual tank if he’s the first child to earn one thousand points. He will lose points, explains Guido, if he cries, complains about missing his mother, or begs for food. Despite his stark and horrific surroundings, the boy believes his dad’s version of reality—the killing factory becomes his playground. In the end, as American liberators are closing in on the camp, Guido is caught trying to find his wife and led off by Nazi guards to be shot. He sees his son watching as he’s taken away, so he mimics and satirizes the guard as he marches behind him, to the delight of his son. The father is killed, but the son and the mother survive. Later, when the boy is old enough to understand what happened, he realizes that his father’s shrewd sense of humor saved his life. [ix]

George Mueller would not preach until his heart was happy in the grace of God; Ian Ruybroeck would not write while his feelings were low, but would retire to a quiet place and wait on God till he felt the spirit of inspiration. It is well-known that the elevated spirits of a group of Moravians convinced John Wesley of the reality of their religion, and helped to bring him a short time later to a state of true conversion. The Christian owes it to the world to be supernaturally joyful. —A. W. Tozer[x]

Nog verdere Skrifgedeeltes:

Ps 63:5; 66:1; 89:15; 96:12; 149:5-6

 


[i] Tan, P. L. (1996). Encyclopedia of 7700 Illustrations: Signs of the Times (p. 678). Garland, TX: Bible Communications, Inc.

[ii] Beautiful Outlaw – John Eldredge

[iii] Stewart, R. A. (1996). Shekinah. In D. R. W. Wood, I. H. Marshall, A. R. Millard, J. I. Packer, & D. J. Wiseman (Eds.), New Bible dictionary (3rd ed., p. 1090). Leicester, England; Downers Grove, IL: InterVarsity Press.

[iv] Youngblood, R. F., Bruce, F. F., & Harrison, R. K., Thomas Nelson Publishers (Eds.). (1995). In Nelson’s new illustrated Bible dictionary. Nashville, TN: Thomas Nelson, Inc.

[v] Smith, W. (1986). In Smith’s Bible Dictionary. Nashville: Thomas Nelson.

[vi] Stewart, R. A. (1996). Shekinah. In D. R. W. Wood, I. H. Marshall, A. R. Millard, J. I. Packer, & D. J. Wiseman (Eds.), New Bible dictionary (3rd ed., pp. 1090–1091). Leicester, England; Downers Grove, IL: InterVarsity Press.

[vii] Seal, D. (2016). Prophetic Ecstasy in the Ancient Near East. In J. D. Barry, D. Bomar, D. R. Brown, R. Klippenstein, D. Mangum, C. Sinclair Wolcott, … W. Widder (Eds.), The Lexham Bible Dictionary. Bellingham, WA: Lexham Press.

[viii] Eugene Peterson, A Long Obedience In the Same Direction (Downers Grove, IL: InterVarsity Press, 2000), 45.

[ix] Shrewd: Daring to live the startling command of Jesus. Rick Lawrence

[x] Tan, P. L. (1996). Encyclopedia of 7700 Illustrations: Signs of the Times (p. 679). Garland, TX: Bible Communications, Inc.

Categories
Preke

Waarheidsoomblik met minderwaardigheid

superior-inferior

Die groot vrae en soeke in die lewe:

  • Sosiale erkenning en waarde
  • Aanvaarding en liefde.
  • Sin en betekenis van die lewe.

Indien ‘n persoon nie wesenlike antwoorde op hierdie vrae kry nie lei dit tot

  • Jaloesie of selfbejammering.
  • Verwaandheid, ydelheid en leegheid.
  • Liggeraaktheid en onsekerheid.  “Easily offended” – gou op sy perdjie.
  • Twyfelagtige en onvastige bestaan.
  • Onvergenoegdheid en leegheid.
  • Minderwaardigheid  So ‘n persoon loop rond met ‘n reuse vakuum en lugleegte in hulle binnekant wat hulle dan op allerhande maniere probeer vul.

Ons lewe in ʼn wêreld van intimidasie.  Verskillende vorme van intimidasie:

  • Vergelyk jouself met ander in terme van geld, besittings, kennis, vermoëns, skoonheid, geestelikheid, en persoonlikheid.
  • Intimidasie gebaseer op ras, geslag, ouderdom, of ʼn sekere portuurgroep.
  • Kultuur en groepsintimidasie.
  • Tradisies en religieuse sisteme kan intimiderend wees.
  • Elke ware kind van God wat vir waarheid staan en nie meer saam met die stroom loop nie beleef vorme van intimidasie.
  • ʼn Kerk soos Harvester en sy manier van aanbidding en prediking kan intimiderend wees.
  • Die duiwel intimideer ons deur op ons sondes te fokus.  Deur sonde verloor ons, ons vrymoedigheid voor God en sy mense.
  • Elkeen van ons het verskillende swakhede en defekte, waaroor ons skaam en selfbewus is.  Ons kan derhalwe gou geïntimideer word, omdat ons nie graag van onsself ʼn gek wil maak nie.
  • Intimidasie in die werksplek is ʼn werklikheid.
  • Intimidasie wat daartoe lei dat jy nie met vrymoedigheid kan praat en jou saak stel nie, is nie van die Here nie.  Jy kan niks daaraan doen dat iemand probeer om jou te intimideer nie, maar jy kan besluit om nie in te gee nie!

DAAROM: steek ons, ons swakhede weg. Ons plak vyeblare, en soek verskonings. Ons kruip weg en verdoesel die waarheid.  We hide our shame! Ons kompenseer vir ons gebreke, deur ‘n valse lewe te leef.

  • Grootsheidwaan
  • Fantasie lewe
  • Valse mikpunte
  • Valse spesialis
  • Vereenselwig wet Wenners

So sien ons dat Saul ook gesukkel het met minderwaardigheid, toe hy hoor hoe juig die vroue oor Dawid se suksesse. (1 Samuel 18:1-7) Daarom wou hy ook vir Dawid doodmaak.  Die man wat bo al die ander uitgestaan het! Die eerste Koning van Israel was onseker oor homself, daarom raadpleeg hy Samuel en soek sy aanvaarding, uiteindelik raadpleeg hy die waarsêer.  As gevolg van die leegheid in sy binneste voel hy gou bedreig, hy is suspisieus, besluitloos en rigtingloos.  Niks kan hierdie leegheid vul nie, nie eers rykdom of mag.

Sommige mense verlang dat ‘n persoon hierdie leegheid vul.  Maar die skrif sê dat dit beter is om op die Here te vertrou as op mense (Psalm 118:8-9) want in hierdie lewe gaan ons verseker herhaaldelik te na gekom word en teleurgestel word deur mense. (Lukas 17:1) Moenie eers jou vertroue in jou familie en naasbestaandes plaas nie. (Miga 7:5-7)

Op watse fondament is jou huis gebou?  (Matteus 7:26) Geld, besittings, mag, posisie, vermoëns: Dit kan alles in ‘n oomblik van jou weggeneem word en dan?

Net die liefde van die Here kan hierdie leegheid vul. Hoor hoe praat die bruid van Salomo oor haar geliefde.  “Ek is bruin gebrand maar ek is mooi, vroue van Jerusalem. Ek is so bruin soos die tente van Kedar, soos die tentdoeke van Salomo. Moet my nie so aankyk omdat ek donker is nie, omdat die son my gebrand het nie: my broers het my so bruin laat brand, hulle het my die wingerde laat oppas; ek kon my eie wingerd, myself, nie versorg nie. (Hooglied 1:5-6) Sy moes verseker geïntimideer gevoel het tussen al die mooi meisies van die koningshof, tog styg sy bo dit uit. Hoekom? Want sy het geweet sy het die Koning se hart gewen!  Hy het haar gekies! Die man wat ek liefhet, is myne, en ek syne. (Hooglied 2:16) Salomo is ook nie skaam om sy bruid vir almal te wys, en ook hoe lief hy haar het nie.  Hy is nie skaam vir ons nie en is nie bang om in die openbaar saam met ons gesien te word nie. Hy wil met ons geassosieer word.  Hy vat my na ’n feesplek toe; hy straal van liefde vir my. (Hooglied 2:4)

So het God ons ook lief, en is Sy liefde ons sekuriteit en teenmiddel teen intimidasie.  Die evangelie is die goeie en blye nuus, dat Hy ons liefhet en Sy lewe vir ons afgelê het.  (Joh 3:16) Baie mense vra egter; “hoe weet ek dat hy MY regtig liefhet?” Paulus gee vir ons ʼn barometer van liefde in 1 Korintiërs 13:4-8  Die eerste bewyse van iemand se liefde is geduld.  Is God geduldig met jou?  Is God sagmoedig met jou? Wel daar is jou bewys! Lees gerus deur die hele gedeelte en toets God aan Sy liefde vir jou.

Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou: (Zephania 3:17)

Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra. (Jeremiah 31:3)

Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe. (Isaiah 43:4)

Hy self was die engel wat hulle gered het. Hy het hulle verlos deur sy liefde en ontferming; Hy het hulle opgetel en hulle altyd gedra. (Isaiah 63:9)

Ek dank God dat ons nie die enigste mense is wat gesukkel het met intimidasie nie.  Dawid het maar ook gesukkel.  “Maar ek is ’n wurm en geen man nie, ’n smaad van die mense en verag deur die volk.” (Psalms 22:7) Later verander sy perspektief en hy verklaar: Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. 15My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. 16U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. (Psalms 139:14-16)

Uiteindelik bou ek my selfvertroue (confidence) nie op wat ek doen en is nie. Ek kyk en fokus op die perfekte werk wat Jesus gedoen het. My legitimacy, rightness, confidence is based on/in Him. Hierdie geloof in Hom, bemagtig my om die onmoontlike te doen.  Die para-olimpiese spele toonbeeld mense wat ten spyte van ‘n fisiese gebrek, oefen en meeding op internasionale vlak!  ‘EK IS TOT ALLES INSTAAT DEUR CHRISTUS WAT MY DIE KRAG GEE’ Ek kon nooit skool toe gaan nie, met Sy hulp gaan ek terug skool toe, en kry my matriek sertifikaat.  God gaan dit nie vir jou doen nie, Hy wil dit deur jou doen.  Ons oorwin minderwaardigheid in die waarheidsoomblik met Jesus. Die vrou by die put se lewe is ontbloot voor Hom, en tog is sy nie daardeur geintimideer nie. Sy kry egter haar skeppingsdoel, en gaan vertel die mense wie sy ontmoet het. Sy word die instrument wat redding bring aan haar hele gemeenskap.  Wanneer ons voor Hom staan, staan ons naak en onbeskaamd.  Soos ons gehoorsaamheid leer in ons swaarkry, ontdek ons wie ons is, om die outeur te word van ons storie, sodat ander daardeur ook lewe kan ontdek. Heb 5:8

Categories
Preke

Oorwin die laagtes in jou lewe!

Conquer your lowland

So the Lord was with Judah. And they drove out the mountaineers, but they could not drive out the inhabitants of the lowland, because they had chariots of iron. Judg 1:19 “Die Here was by Juda, en hulle het die Bergland in besit geneem. Maar Juda kon nie die inwoners van die Vlakte verslaan en hulle stede verower nie, want hulle het yster strydwaens gehad.”  Judah se roeping en “destiny” is om te regeer. Gen 49:8-12 Hy was bestem om al sy vyande te oorwin, en tog as gevolg van een nederlaag, gee hy moed op en neem nie hierdie land in beslag nie.  Daar is areas in ons lewens, waar ons nie in oorwinning lewe nie, omdat die vyand sterker wapens het.  Die Here was met Judah, maar hy kon nie die gebied inneem oor hierdie baie wettige en wesenlike probleem. Die vraag is, kon Judah nie ook leer om strydswaens van yster te vervaardig nie? Hoekom net hierdie probleem aanvaar asof dit nou maar net so is, en niks verder daaraan doen nie?

Daar is sekere areas in ons lewens waar ons gevange gehou word en beperk word deur wesenlike weerstand, maar God is met ons, Hy het bedoel dat ons die vlaktes “lowlands” in besit neem, nou word ons net tot die bergagtige gebied beperk.

Elke mens het ‘n wettige verskoning om iets nie te doen nie.  Baie verskonings: legally, realities Luk 14:16-2 Die een het ‘n os gekoop, die ander ‘n vrou getrou, en die ander het ‘n stuk lang gekoop. Wettige verskonings om nie die fees by te woon nie.

Ons is maar as mens altyd bang om ‘n nuwe vaardigheid aan te leer. ‘n kind aanvaar ‘n 50% punt vir wiskunde, ek is nie goed met somme nie, die onderwyser is moeilik en pik op my, die onderwyser verduidelik swak… Alles dalk wesenlike verskonings, maar beteken dit nou dat jy moet dit nou maar aanvaar? Ek kan nie swem nie, daarom gaan ek nie in water in nie… Daar het ‘n opposisie reg oorkant ons winkel oop gemaak daarom…

Terwyl ons onlangs in Uganda bedoen het, hoor jy die talle “challenges”:

Bv. Droogte in ‘n hoë reënval tropiese gebied – Feitlik geen besproeing word gebruik nie.

Grond is gefragmenteer – Hoekom werk julle nie saam in Kooperasies nie?

Elke groot uitvindsel van die 21ste eeu, was eertyds ‘n reuse probleem.

Words spelled out in the 18th Olympics in 1964 in Tokyo “The most important thing in the Olympic Games is not to win, but to take part, just as the most important thing in life is not the triumph, but the struggle, the essential thing is to have fought well”.

•George Stephenson spent fifteen years to perfect the locomotive.

•Watts worked for thirty years on the condensing engine    

•Charles Goodyear spent ten years of study, poverty and public ridicule.

William Wilberforce early became enflamed with the idea of stopping the slave trade and slavery in England. He succeeded in becoming a member of Parliament. Goaded by William Pitt, he spoke often against slavery and the slave trade but suffered repeated defeats in Parliament. In 1807 he persuaded his colleagues to ban the slave trade. Not until 1833 did both houses of Parliament finally abolish slavery in Britain. The news of total victory came to Wilberforce on his deathbed. He was motivated in his life’s career by an idea whose time finally came.

“Our men were not braver than the enemy. They were brave five minutes longer” (attributed to Lord Wellington after the great victory won over Napoleon at Waterloo).

Edison did not give up when his first efforts to find an effective filament for the carbon incandescent lamp failed. He did countless experiments with countless kinds of materials. As each failed, he would toss it out the window. The pile reached to the second story of his house. Then he sent men to China, Japan, South America, Asia, Jamaica, Ceylon and Burma in search of fibres and grasses to be tested in his laboratory. One weary day on October 21, 1879—after 13 months of repeated failures—he succeeded in his search for a filament that would stand the stress of electric current. This was how it happened:

 

 

 

 

 

Categories
Preke

Wat moet ek doen om gered te word?

Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: “Broers, wat moet ons doen?” 38 Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as geskenk ontvang. 39 Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.” 40 Petrus het nog lank aanhou preek en ’n ernstige beroep op sy hoorders gedoen: “Laat julle red uit hierdie afgedwaalde geslag!”(Acts 2:37-40)

1 Bekering:

Kom tot inkeer – Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is “μετανοέω” metanoéō. Dit beteken om jou posisie/uitkyk/denke te verander. ‘n Ander rigting inslaan. Soos die bekende CS Lewis eers ‘n befaamde ateïs was, het hy sy uitkyk en siening verander, en een van die mees gesogde Christen Apologete geword. Om tot inkeer te kom veronderstel ‘n omdraai en algehele omkeer. Om tot nuwe insig te kom. Jy sien ‘n nuwe realiteit wat jou huidige sienswyse totaal verander.  Hierdie tot inkeer kom is eenmalig in terme van kind van God word, maar dit is ook ‘n reis saam met Jesus, waar Hy ons weer en weer tot nuwe insigte bring soos wat ons saam met Hom die pad stap.

Maak reg met God – Sedert jou kinderdae beweeg die meeste mense weg van God af. Ons raak van Hom vervreemd. (Col1:12) Ons het geen vrymoedigheid om te bid, of tot God te nader nie. Soos met enige vervreemding in ‘n verhouding begin mens allerhande aannames maak, valse veronderstellings oor die ander persoon omdat ons nie die persoon werklik ken of kontak het nie. Later gaan sommige mense so ver, dat hulle God se vyand raak. Hulle leefstyl en dade druis lynreg teen Sy wil en plan vir hulle lewens in. Hierdie self-verwoestende lewenstyl en rigting van mens se lewe eindig uiteindelik op die plek van die dood, sonder God, sonder Vrede, sonder ware blywende innerlike geluk.  Die lewe is vol lewensroetes: Sommige vertrou hulle intellek en rede, ander hulle geld en posisie, ander hulle fisiese krag en vermoeëns. Om met God reg te maak is, om soos die verlore seun terug te stap na die Vader se huis, en jou aan hom oor te gee. Die verlore seun het vir homself gesê: “17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! 18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, 19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. Luk 15:17-19

Glo in Jesus – Die term dat iemand tot geloof kom word die meeste gebruik in die NT om te verduidelik hoe mense gered geword het.  (Mark 16:16; Joh 2:23; 4:39, 41; 8:30; 11:45; 12:42; Acts 9:42; 11:21; 18:8) Hulle het eenvoudig begin glo toe hulle die prediking en getuienis van die Waarheid gehoor het. “Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons gered. Soos die Skrif sê: “Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.”” (Romans 10:9–11) “Hulle het toe vir Hom gesê: “Wat moet ons doen om God se wil uit te voer?” Jesus het hulle geantwoord: “Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het.” Hulle sê vir Hom: “Watter wonderteken doen u dan sodat ons kan sien en in u kan glo? Wat besonders doen u vir ons?” (John 6:28–30, Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling) ‘n Professor het my op ‘n tyd besoek. Hy was in sy middeljare en het volgens hom sy intellek totaal uitgeput, en kon steeds nie vrede vind nie.  Ek vra hom toe: Glo jy dat Jesus ‘n werklikheid is? ‘n Eenvoudige ja of nee antwoord, nie ‘n diskussie van ‘hoekom’ en ‘maars’ nie. Hy’t my stip aangekyk, sy oë het tranerig geword en hy het afgemete geantwoord; “Ja ek glo Jesus is ‘n werklikheid” Op daardie oomblik het redding vir die man gekom. Later sou hy my vertel dit het op daardie oomblik rustig in hom geword het. Hy glo! “Hulle het toe vir Hom gesê: “Wat moet ons doen om God se wil uit te voer?” Jesus het hulle geantwoord: “Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het.” Hulle sê vir Hom: “Watter wonderteken doen u dan sodat ons kan sien en in u kan glo? Wat besonders doen u vir ons?” (John 6:28–30)

Die geloof moet egter later in werke oorgaan, wanneer ons doen wat Hy ons beveel.  Die vrou wat sopas op heterdaad betrap was in die daad van owerspel. Sekerlik kan mens hulle dadelik veroordeel! Jesus skryf op die grond, dat die een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi. Uiteindelik toe almal weg is, sê Hy vir die vrou: “Ek veroordeel jou ook nie, gaan heen en sondig nie meer nie!” Haar redding begin die oomblik as sy hierdie genade woord gehoorsaam en gaan uitvoer.  (Joh 8:3-11)

Wedergeboorte – Wedergeboorte is ‘n teologiese verduidelik van die Redding wat God in ons werk. By bekering is die onus op ons om te reageer op die verkondiging van die Woord. Wedergeboorte is ‘n bonatuurlike werking wat God in ons werk, wanneer Hy ons Sy kinders maak. (Joh 3:5; 1 Pet 1:21; 2 Cor 5:17) Hy doen die werk, (Phil 1:12) en produseer die vrug van die Heilige Gees as ons nuwe karakter. (Gal 5:21-22) Hoe weet mens of jy wedergeboorte deelagtig geword het? Spurgeon verduidelik dit mooi aan die hand van ‘n vark en kat storie.  Die vark kan nie ‘n kat wees nie. Dit is in sy natuur om vuil te wees. Die kat daarenteen hou nie van vuil word nie. Net God kan ons natuur verander. Een van die eerste tekens dat ek kind van God geword het, is dat ek nie meer wil vuil wees nie, en vuil dinge doen nie.  My ingesteldheid oor kleredrag, taalgebruik, rassisme, en begeertes verander radikaal.  Ek sien die Wêreld in ‘n heel ander lig.  Sy liefde oorweldig my met ‘n nuwe vrymoedigheid, vrygewigheid, en omgee vir mense.

2 Doop

Petrus se 2de opdrag was dat die mense hulle sal laat doop.  “Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word”. Hierdie was ‘n belangrike opdrag vir die vroeër kerk. Dit is tydens die doop dat publieke belydenis van geloof afgelê word. Toe Paulus dissipels in Efese kry, toe vra hy hulle: “Met watter doop is julle dan gedoop?” Hulle is toe weer gedoop, omdat hulle deur die doop van Johannes gedoop is. Soos met ‘n huwelikseremonie word die liefde tussen die verloofdes bevestig voor getuies.  Die doop seremonie is ook ‘n pragtige uiterlike simboliese handeling van wat innerlik met mens gebeur het, naamlik begrafnis.  (Rom 6:3-4) Om Jesus se volgeling te word impliseer dat mens jou eie-ek en self verloën, kruisig en aflê om nou presies te doen en te lewe in gehoorsaamheid aan Jesus.  Dit is dan juis die ek-mens, wat weggestap het van God af.  “Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom. As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind. Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jy ly skade aan jou diepste menswees? Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie. Ek, die Seun van die Mens, sal inderdaad kom, vergesel van God se engele. Ek sal met die heerlikheid van my Vader bekleë wees, en Ek sal almal oordeel volgens hulle dade.” (Matthew 16:24–27) Die self-sterf gedagte staan sentraal tot ons nuwe lewe in Christus.  Dit is belangrik vir die nuwe gelowige om ‘n monument te hê, ‘n oomblik waarna mens kan terug verwys, om jou te herinner. Jy is dood, jy lewe nie meer nie. (Rom 2:20) Ons stryd teen sonde is verby want ons leef nie meer nie. (Gal 5:16, 24) Dis ons redelike godsdiens, ons is aan Hom geoffer as lewende heilige offers. (Rom 12:1; Rom 6:11)

3 Word gevul met die Heilige Gees

Toe Jesus die Samaritaanse vrou lei tot redding, wys Hy haar dat Hy die fontein van lewende water is, want as Sy van Hom drink, sal sy nooit weer dors kry nie. “Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ’n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel.”” (John 4:14) Dis presies wat gebeur as jy begin Glo in Jesus. Hy word ‘n fontein van wysheid, waarheid, rigting en nuwe waardes waarvolgens jy leef. (Jer 31:31-34) Die Woord van God word vir jou begrip oopgesluit en jy begin verstaan wat jy lees. Die Woord word lewendig en werk in jou om dit nie net te hoor nie, maar ook toe te pas in jou lewe.  ‘n Paar hoofstukke verder in Johannes 7 maak Jesus die volgende aankondiging.  “Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: ‘Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.’” Dit het Jesus gesê oor die Gees wat die mense wat in Hom glo, sou ontvang.”” (John 7:38–40) By redding toe jy tot geloof gekom het ontsluit die Here in jou ‘n innerlike fontein, maar wanneer Hy jou vul met die Heilige Gees word die fontein strome van lewende water wat uit jou uitvloei na ander. Die vervulling met die Heilige Gees en die Gawes van die Heilige Gees wat daarmee gepaard gaan is ‘n goddelike bemagtiging om sy getuie te wees. (Acts 8:1) Al die gawes is gerig tot bediening, die opbou en stigting van God se mense. Soos Jesus word jy ‘n werktuig in God se hand om mense te oortuig van die waarheid. (Joh 18:37)  Johannes die doper maak die volgende verklaring oor Jesus tydens sy bediening; “Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”” (Mat 3:11; Mark 1:8) Die term was nog nooit in die Bybel gebruik nie. Niemand sou verstaan wat hy hiermee bedoel nie.  Jesus maak weer die opmerking by Sy hemelvaart: “Johannes het met water gedoop, maar júlle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”” (Acts 1:5) Die volgende hoofstuk vertel in detail van die uitstorting van die Heilige Gees.  “Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat.” (Acts 2:4) Dit was nie ‘n eenmalige uitstorting net vir die eerste gelowiges nie. Later is hulle weer op dieselfde wyse aangeraak. “Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.” (Acts 4:31) Later sou Petrus deur ‘n visioen gelei word om ook die Heidene in te sluit in God se goeie nuus boodskap. “Terwyl Petrus nog hierdie dinge sê, het die Heilige Gees op almal gekom wat sy boodskap gehoor het.” (Acts 10:44) Om gevul te wees met die Heilige Gees was ‘n voorwaarde tot diens in die gemeente.  “Medegelowiges, kyk uit vir sewe mans onder julle wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Ons sal hulle dan vir hierdie bediening aanstel.” (Acts 6:3) Almal van ons wil ‘n lekker tyd en lewe hê, en sommige vind hierdie lekker tyd in verskillende soorte alkohol. Paulus vra dat ons nie dronk sal word van wyn nie, maar gevul word met die Heilige Gees. (Eph 5:18) ‘n lekker tyd sonder ‘n “hang-over”! Soos wat ‘n mens dronk word van wyn, (gevul word met wyn) kan ons wese gevul word met die Heilige Gees. Die Heilige Gees maak ‘n mens meer vrymoedig en “bold”. Mens verloor jou inhibisies en is nie meer skaam om te getuig of voor mense te bid nie. Ek dank God dat redding nie net ‘n reeks besluite en gedagtes is nie, maar ‘n ervaring en ontmoeting met ‘n lewende God. Wanneer Hy jou aanraak is jou lewe nooit weer dieselfde nie. Sommige mense se ontmoeting met God is dramaties soos Paulus wat ‘n lig sien en van Sy perd af val. (Hand 9:3-9) Nie elke mens se ervaring is so dramaties nie, maar iewers in die proses van redding en kind van God word moet daar iewers ‘n beduidende ervaring met God wees.  Die Heilige Gees is ook die een wat jou kindskap seël en bevestig. “Hy het ons as sy eiendom gemerk en die Gees in ons harte gevestig as deposito wat as waarborg dien van alles wat Hy nog vir ons gaan gee.” (2 Corinthians 1:22)

Geloofsekerheid

So baie mense wil eers reg wees, ophou met verkeerde dade wat hulle weet God nie van hou nie voordat hulle kom en regmaak.  So stel hulle uit, en kom nooit tot ‘n oorgawe nie.  Of sommige mense werk hard om reg te lewe en reg te doen, sodat hulle werke vir God aanneemlik sal wees. Hulle vergelyk hulleself met ander sogenaamde gelowiges en oordeel dat hulle ook nie altyd reg doen nie. Op die einde kan hulle nooit sê en erken “ek is ‘n kind van God nie”. Hulle voel nie waardig nie! Hulle doen nog te veel sonde. “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (Matthew 6:33) Ons is almal soekers: Soekers na vrede en geluk, en innerlike tevredenheid. Ons soek ook na reg. Wat is die regte ding om te doen of te sê. Ons wil tog hê dat daar aan ons reg gedoen word in besigheid en dienslewering.  Die geregtigheid van die mens staan egter in kontras teenoor God se geregtigheid. Die grootste misdadiger regverdig sy of haar optrede op die een of ander manier. Die egbreker regverdig die verraad, deur die skuld op sy of haar huweliksmaat te pak.  Jesus vertel verskeie stories van mense wat gesoek het: Die man wat die pêrel van groot waarde gekry het (Mat 13:45-46); Die vrou wat die verlore muntstuk gesoek het. (Luk 15:8) en die man wat ‘n groot skat op ‘n land gekry het. (Mat 13:44) “Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.” (Matthew 5:6) Om die koninkryk te vind is soos om ‘n groot skat te ontdek.  Hierdie skat is ewig, onwankelbaar en onverganklik. (Heb 12:28) Maar wat is die Koninkryk van God? Jesus begin Sy prediking met hierdie boodskap: “Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.” (Matthew 4:17) Die koninkryk van God spreek van Sy heerskappy, Sy wil, Sy orde en wêreld.  Is dit nie die uitroep van so baie mense in hierdie tye van onheil nie? Ons verlang en hunker na God se wêreld! Sommige oorweeg selfmoord, net omdat hierdie wêreld so donker en onmoontlik vir hulle geword het.  Wat wel alle verstand te bowe gaan is hoe soveel oënskynlike suksesvolle, bekende, en selfs bekroonde mense selfmoord pleeg. Dit is dus duidelik dat die geveg nie noodwendig fisies is nie, maar in mens se gedagte wêreld.  Sommige mense kry dit reg om tevrede en gelukkig te wees. Ander kry nooit genoeg nie, en soek gerug na nog meer.  “Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.” (Romans 14:17)

Hier is die koninkryk nou mooi verduidelik: Die koninkryk is nie wat jy van buite af in die liggaam sit nie, maar wat van binne uit jou kom. Geregtigheid – Om met God reg te wees. Vrede – nie die afwesigheid van konflik nie, maar die vermoeë om te midde van konflik rustig en tevrede te wees. Vreugde in die Heilige Gees – Hierdie vreugde is aansteeklik! Dit is ‘n borrelende fontein van ‘n deurentyd bewustheid van God se teenwoordigheid.  Hierdie drie ervarings is dan ook jou bewys dat jy wel reg met God is.  Die geheim is die geskenk van geregtigheid! “Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra.” (Isaiah 53:11) Dis ‘n skat wat ontdek is! Soos iemand wat die lotto gewen het, of ‘n stuk goud opgetel het. Dis verniet! Jy het nie daarvoor gewerk nie. “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.” (Romans 3:23–25) Geregtigheid is die geskenk van Kindskap om weer soos Adam en Eva eertyds in volle verhouding sonder sonde met God te wandel. Geregtigheid wys ook na God se geregtigheid – Hy is die Ewige en absolute standaard van reg.  Sy woord is reg en waar.  Sy karakter is onbesproke en regverdig. Sonde is in wese ongeregtigheid, om Sy standaard te mis.  Toe die Jongman by Jesus kom, hy het die wet volledig nagekom en kon nie aan iets dink waar hy nog kortkom nie. Hy wou volmaak wees.   “Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad. En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ’n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan.” (Matthew 19:21–23) Dit som presies die tema van geregtigheid tema op: Ons beste geregtigheid is nog steeds nie genoeg nie, want ons kan nie onsself red nie. As ons sou kon, hoekom het ons dan ‘n redder nodig?  “Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word? Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik. (Matthew 19:25–27)

Ons het dus geen ander keuse as om Sy geregtigheid as geskenk te ontvang nie.  “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. DAAROM, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,” (Ephesians 2:8–11) Ons is geskape om in Sy beeld, volgens sy wil en geregtigheid te leef, maar die eie-ek, en eie-wil het gekies om ons eie ding te doen.  Mat 6:33 sê fokus op Sy geregtigheid, dit is dus wesenlik belangrik. Ons vertroue is nie in ons geregtigheid nie, maar Sy geregtigheid.  “Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.” (Romans 5:17) Sy geskenk van geregtigheid stel ons instaat om weer te heers soos Adam, en die mens se skeppingsdoel te vervul. (Gen 1:28 en Rom 8:29) “In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.” (Jeremiah 23:6) Ons lewe dus elke dag met hierdie woorde op ons lippe: “Die Here ons geregtigheid” “Jesus is my geregtigheid!” Die feit dat ons alle-eers hier begin, is ook belangrik. As ons in enige godsdiens oefening of praktyk begin, is die fokus weer op ons geregtigheid en word dit dooie werke. (Heb 6:1) Maar ons begin altyd eerstens, bo-alles deur Sy geregtigheid te soek, en vanuit Sy volmaakte offer te leef. Dis vanuit Sy geregtigheid dat ons

nou vrymoedigheid het om God te nader. (Heb 10:19; Heb 4:16)

in staat is om alles te doen. (Phil 4:13)

meer as oorwinnaars is. (Rom 8:37)

satan oorwin het (1 Joh 2:13; 4:4; 5:4-5)

die slawerny van sonde ontsnap (Joh 8:34-36)

elke geestelike gawe ontvang het in die hemel (Eph 1:3)

saam met Jesus sit in hemelse plekke (Eph 2:6)

Hierdie geskenk van geregtigheid maak ons eie, ons eien dit vir onsself toe, en Hy werk Sy krag in ons om Sy kinders te wees. Dis die krag van die Evangelie! Jesus beveel ons nie net om reg te leef nie, Hy werk die vermoë en krag in ons om Sy wil te doen. (Joh 1:12; Phil 2:13; Heb 13:21) “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;” (John 1:12)

Dit is God se genade aan die mens, dat Hy nie net vir ons gesê het hoe om te lewe nie, Hy het ons kom wys!! Jesus was net soos ons versoek en waarlik mens. (“TERWYL ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Hebrews 4:14–16)

Hoe word ek gered? Glo in Jesus!

Hoe leef ek as Christen? Jy leef Jesus se lewe en voorbeeld. In jou konteks, omgewing, situasie leef jy soos Jesus.

Kom ons kyk in meer diepte na Jesus se voorbeeld.  Jesus het op meer as een geleentheid verklaar dat Hy niks kan doen sonder die Vader nie.

Joh 4:34 Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.

Joh 5:19-20, 30 die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so

Joh 5:30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

Joh 6:38 Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.

Joh 8:28 uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.

Joh 12:49 Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar die Vader wat My gestuur het, het aan My ’n opdrag gegee oor wat Ek moet sê en wat Ek sal verkondig

Joh 14:10 Glo jy dan nie dat Ek in ’n hegte verhouding met die Vader leef en Hy met My nie? Die gedagtes wat Ek met julle deel, kom nie uit Myself nie, maar dit kom van die Vader wat in My bly en deur My sy werke uitvoer.

Joh 14:24 Wie My egter nie liefhet nie, is nie gehoorsaam aan my woorde nie. Die boodskap wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s’n wat My gestuur het

Joh 14:31 “Ek sal nie meer baie langer met julle praat nie, want die regeerder van hierdie wêreld is op pad, alhoewel hy geen houvas op My het nie. 31 Die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom nougeset doen wat die Vader aan My opgedra het. Staan op, laat ons hiervandaan vertrek!”

Joh 16:13 Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel

Mat 26:39 Hy het toe ’n entjie verder neergeval en met sy gesig plat teen die grond gebid: “O my Vader! As dit moontlik is, neem tog hierdie lydensbeker van My weg. Doen nogtans nie soos ek wil nie, maar soos Ú wil.”

Ons lewe volg dieselfde patroon. Soos iemand wat ‘n nuwe dieët volg en lewenstyl aanpassings maak.

Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.” (John 14:21)

maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (John 14:26)

Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” (John 15:5)

Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” (Romans 8:14)

En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.” (1 John 2:27)

Jesus se lewe van geregtigheid was dus Sy gehoorsaamheid aan die Vader.  Hierin was Hy vir ons ‘n voorbeeld.  Dit is dan moontlik om so ‘n verhouding met die Here, skepper van die heelal te hê! Hierdie nuwe rigting en lewensuitkyk word ‘n wonderlike pelgrimsreis van avontuur saam met Jesus.  Die Heilige Gees maak die Woord lewendig en relevant in ons lewe, en leer ons hoe om te leef. Soos wat ons hoor en doen, groei ons geestelik en word verander van heerlikheid tot heerlikheid in die volheid wat Christus vir ons bestem het.

Categories
Preke

God se Bloudruk vir Vriendskappe

Die Bybel is ‘n boek oor verhoudings. God is in wese ‘n drie-enige verhouding. Sonde is die dade wat verhoudings skade bring en verwoes.  Sonde het hoofsaaklik vier verhoudings verwoes: ons verhouding met God, met onsself, met mekaar en met die skepping.  Christus is God in mensvorm, om ons te wys hoe om al hierdie verhoudinge te herstel. Hy is die bemiddelaar en tussenganger wat ons verhouding met God herstel het, deur Sy eie lewe as offer te gee vir ons sonde en oortredinge.  Die hele skepping is in verhouding met al die dele van die skepping.  Die skepping is dus een groot verhouding van verhoudings! As een lid weggeneem word, affekteer dit die geheel.  God is dus ons antwoord en bloudruk vir verhoudings. Hoe meer ons nader aan hom leef, en in dieper verbondenheid met Hom leef, hoe gesonder en reg is ons verhoudings.  Om die Here te dien maak ons mooier mense: die vrug van die Gees, Jesus se voorbeeld wys ons hoe om in vergifnis en waarheid te leef.
Relationships are hard, exhausting, unpredictable, and time-consuming, which is one reason too many of us enjoy relationships with the lifespan of fruit flies. Relationships don’t come to us like Christmas packages, all neatly wrapped with ribbons and bows. Relationships come more to us like an abused package from the post office: ripped, torn, its guts spilling out, the contents often broken. (Beautiful, Leonard Sweet)

Ek kan jou nie seer maak, sonder om myself seer te maak nie. – Ghandi

Aristoteles se drie motiewe van vriendskap is: nuttigheid, plesier en assosiasie.  Ons het vriende nodig wanneer ons in nood is – Nuttigheid. Ons wil lekker dinge saam met vriende doen – Plesier. Ons voel meer waardevol wanneer iemand belangrik ons vriend is – Waarde.
In Johannes 11 wys Jesus ons ‘n baie meer dieper en goddelike motief.
Jesus leer ken die gesin tydens een van sy reise na Betanië, ’n dorpie net 3km buite Jerusalem, toe die oudste suster Martha Jesus in haar huis ontvang het. Luk. 10:38-42 Hier sien ons Marta is die ouer meer besorgde verantwoordelike een. Maria is die een wat Jesus se hart wou raak, sy wou niks mis nie.  Hy sou dikwels weer daar oorbly wanneer Hy in Jerusalem moes wees. Mark 11:11 Vriendskappe gaan werklik eers dieper, wanneer ons ‘n huis deel.  Daarom het Jesus se 12 vriende saam met hom geleef vir drie jaar.  Daar gebeur iets wanneer ons agter die voorgee van openbare profiele kom, wanneer ons mekaar beleef besig met aardse menslike dinge, soos kos maak, badkamers deel, toilette deel, slaapkamers deel. Dis ongemaklik en ongerieflik, maar dis waar ons werklik mekaar beter leer ken. Jesus se opgroeijare het meestal in Nasaret gebeur, ‘n klein gemeenskap van arm boere en skrynwerkers nie meer as 250 – 400 mense nie.  Almal het mekaar geken, moes alles deel, en huise was in klein groepies teen mekaar gebou.  Die lewe was moeilik en almal moes help, en hulle deel doen vir oorlewing.  Jesus verstaan dus verhoudings, Hy leef verhoudings!
Op hierdie tydstip van Jesus se bediening was dit vir Jesus gevaarlik om in Jerusalem te wees. Hy was amper gestenig ’n paar dae tevore, die Jode wil hom in hegtenis neem. Joh 11:8; 10:31, 39 Die familie weet dit, daarom net die in kennis stel woorde. “Die een wat jy lief het is baie siek” Hulle woorde wys hulle respek en geloof in Jesus, asook hulle vrymoedigheid met hom, Hy is hulle vriend. Hulle het hom al dikwels gehelp, en Hy sal hulle ook help.  Die dissipels is soos gewoonlik meer op hulle self ingestel as op die Here.  Hulle verstaan nie Jesus se woorde nie en hulle maak die verkeerde gevolgtrekkinge. Jesus moet hulle reguit verduidelik wat Hy bedoel toe hy eers sê Lasarus slaap, dat Lasarus dood is, want hulle verstaan nie.  Thomas se woorde, dat hulle saam met Lasarus gaan sterf, dui op sy pessimisme soos gewoonlik, Thomas die twyfelaar is bekommerd vir sy eie lewe. (Joh 14:5; 20:24–29)
Jesus het dus geweet Lasarus is dood, nogtans gaan Jesus nie onmiddellik nie. God wil die omstandighede gebruik vir Sy glorie.  Jesus sê Hy is bly dat hy nie onmiddellik gegaan het nie, want die Vader gaan die Seun verheerlik.  Vriendskap is ’n hefboom, ’n onsigbare band wat jou verplig om te help.  Mense sal op grond van ’n vriendskap dinge doen, wat hulle nie eintlik wil doen nie. Vriendskap is ’n emosionele kommoditeit.  Jesus bied sy vriendskap en liefde, maar laat hom nie verbind nie.  Dit moes maar ‘n bitter pil gewees het vir Marta en Maria om te sluk, dat Jesus nie dadelik kom nie.
Jesus se optrede druis in, teen wat reg is oor hoe die meeste mense vriendskap verstaan.
Jesus laat weet hulle nie dat Hy nie nou dadelik gaan kom nie – dus swak kommunikasie.  Jesus gee nie onmiddellik in tot hulle noodroep nie – dus nie ingestel op menslike behoeftes nie – Maar die wil van die Vader. Hy het voedsel beskikbaar om hom te vul wat nie van ’n mens is nie.  Joh 4:32, 34 Vgl Mat 4:4 Hier leer ons ook ‘n waardevolle les: Ons soek nie vriende omdat ons ‘n behoefte het na vriendskap nie, Jesus was die seun van God, en het niemand se hulp nodig gehad nie, ook nie vriende nie.  Tog kies hy vriende. Is hy die gestuurde wat vriende uitkies.  Dis die kern van die groot Kommissie: “Gaan dan heen en maak Vriende van alle nasies.” Ons kies dus nie ons vriende op grond van waaroor ons alles saamstem, en dat ons van dieselfde goed hou nie.  Ons kies ook nie vriende omdat hulle iets vir ons gedoen het nie.  Dis maklik om liefde te gee, as ek dit eers ontvang het. Jesus stuur ons, om ons vyande lief te hê, (Mat 5:44-48) om vriende te maak van mense wat vir ons niks kan beteken of gee nie.
“As u hier was sou Lasarus geleef het” Hulle verwyt liggies Jesus se afwesigheid. ( Joh 11:21; 32) Selfs die begrafnisgangers en toeskouers verwyt hom ook. Joh 11:37 “Kon Hy wat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?” Maar Marta en Maria neem nie “offense” nie.
Beide Maria en Martha spreek hulle geloof uit: ek glo: (Joh 11:7)
– Sy erken Jesus as die gekose Gesalfde (Messias: Christus – vgl. Joh 1:20,41).
– Hy is die Seun van God (vgl. Joh 1:34,39; 10:36)
– en die Profeet wat na die wêreld toe gestuur is (vgl. Joh 3:31) om God aan die mense bekend te maak. In een asem ’n belangrike getuienis oor Christus.
Offense: verwoes die vloei tussen en skakeling, konneksie tussen mense.  Moet nie offense vat teenoor die Here, omdat jy dink Hy laat is nie.  (Jes 55:8-9)
Jesus se trane wys egter op Jesus se seer in hierdie verhouding.  (Joh 11:38)  Hy het al by meer as een geleentheid vir hulle gesê, dat Hy gaan sterf. Hier by die dood van Sy vriend Lasarus, sien Jesus Sy dood. Hy moes dink aan die sonde las van hierdie mense wat Hy eersdaags sal moet dra, en hulle sien dit nie. Die Griekse woord “groaning”, embrimaomai  (em-brim-ah-om-ahee); Strong’s #1690:  Derived from en,  “in,” and brime,  “strength.” The word is used to express anger (Mark 14:5), to indicate a speaking or acting with deep feeling (John 11:33, 38), and for stern admonishment (Matt. 9:30; Mark 1:43). to roar, storm with anger; to be enraged, indignant, to express indignation against someone.  Since Christ could hardly have felt anger toward Mary and the mourning friends, it is probable that his deep emotion was due to his inwardly protesting the indifference, ignorance, blindness, thoughtlessness, of the people… seeing His own coming death… the crucified the wrong person.
Die grootste hartseer in enige vriendskap is, dat jou vriend(in) jou nie sien nie. Jou maat sien nie jou hart nie, sien nie jou swaarkry, lyding of swaarheid nie.  Dis die een enkele sonde/oortreding wat enige verhouding op die afdraandpad kan stuur en uiteindelike verwoes. Die persoon wat die naaste aan my is, sien my nie!  Jesus se liefde is groter as ons oortredings, Hy gee nog steeds Sy lewe, en vergewe ons.
Deur hierdie wonderwerk wil Jesus iets van die glorie van die verhouding (eenheid) wat Hy met die Vader het vertoon.  Let op Marta se woorde; “God sal U alles gee wat u vra” Toe Jesus by die graf staan bid Hy nie eers nie, Hy sê: “Ek dank U Vader dat U my verhoor het, ek weet dat U my ALTYD verhoor” Jesus het ‘n vriendskap, Vader Seun verhouding met die Vader.  As jy iemand enigiets kan vra is jy goeie vriende met daardie persoon.  Dis is die crux van die evangelie, Ons kan God “Pappa” noem.  Geen ander geloof op aarde het hierdie benaming vir hulle God nie.  Hierdie sou later ‘n tema word in Jesus se prediking, die feit dat ons deur ons geloof in Christus ook God enigiets kan vra. (Joh 14:13; 15:16)
Tweedens wil Jesus met die einde van alle vriendskappe deel naamlik die dood. Ons sê so graag “Friends forever”, maar besef vandag dit is ‘n illusie! Jesus wek Sy vriend op, en verklaar: As julle in My glo sal julle sekerlik nie sterwe nie.  Daar is geen ewige vriendskap sonde vriendskap met God nie.  Soos selle mees gesond is wanneer hulle verbind is aan mekaar, is ons die meeste gesond wanneer ons eerstens met God versoen is.

Indien ons nie eers met God vriende is nie,
gaan ons altyd goddelike eise stel aan aardse vriendskappe wat nie kan hou nie.

Na Jesus se opstanding, en uitstorting van die Heilige Gees word die kerk die vrug en resultaat van mense wat eers met God herstel en versoen is, en dan in ‘n goddelike eenheid met mekaar leef. Die eenheid in die Handeling Kerk is gegrond op: Acts 4:32; “Een van hart en sinne” – Afwesig in die vlees maar tog teenwoordig Col 2:5 – As een lid ly, ly die hele liggaam – 1 Cor 12:26.
Laastens: Joh 11:44 Lasarus word weer lewendig, sonder seremonie, en groot vertoon. Jesus spreek bloot ‘n woord, en Lasarus word lewendig.  Jesus bly nie eers vir ete nie! Weereens verbreek Jesus die reels van aardse-vriendskappe. Jesus gee daarop opdrag dat Lasarus losgemaak moet word sodat hy kan huis toe gaan.
Jesus se vriende het Hom nie gesien nie, die mense vir wie Hy Sy lewe gee, het Hom nie ontvang nie, maar daar was een vrou wat gesien het. Maria kom salf Sy voete met duur olie in die volgende hoofstuk. Joh 12:1–8 (Vgl Mat 26:6; Mark 14:3) Sy moes tydens Lasarus se opwekking, Jesus se oë gesien het, sy het dieper gekyk, en verstaan dat Jesus eersdaags Sy lewe gaan gee vir die mensdom.  Niemand anders het Jesus se vooraf leiding gesien of verstaan nie, Hy moes Sy las alleen dra.  Ons ontvang deur die geloof dié geskenk van Jesus se geregtigheid, hierdie spesiale verhouding met die Vader.  Deur ons verbondenheid met die Vader laat Hy ons anders kyk. Ons vergeet van onsself, en sien ander se seer en las raak.  Ons kyk met Jesus oë.
 

Categories
Preke

Wat is God se hart rakende seksuele sondes?

OWERSPEL | ONTROUHEID | VERKRAGTING | VOORHUWELIKSE SEKS | HOMOSEKSUALITEIT | MASTURBASIE | BLOEDSKANDE | ONTUG | LOSBANDIGHEID | WELLUS | PEDOFIEL | UITLOKKEND | PORNOGRAFIE | FLIRTASIE | PROSTITUSIE | VOYEURISME | NUDISME

Seksuele sondes is ’n donker ‘abyss’ van misbruik, geweld en verwoesting. God het ons seksuele drange gegee omdat dit goed is, sodat ons geestelik, emosioneel maar ook fisies EEN met ons huweliksmaat kan raak. Ons verwelkom Sy lig, want as kinders van die lig het ons nodig dat Sy lig ons genees en al hoe nader bring na die Son van geregtigheid met genesing in Sy strale. Die Bybel lys al die sondes, maar wat is God se hart, wat is Sy begeerte vir ons?

Die kern van al die bogenoemde sondes is die fokus op self. “Self idolatry” Ek word die God, en ek moet aanbid word, ek moet kry, my wil, my plesier.

God se verhouding met Sy bruid, ons voorbeeld. 

Die verhouding tussen God en Sy bruid is nie nuut nie, maar is vir ons ‘n voorbeeld oor God se verhouding met Sy kerk, maar ook ons verhouding met ons huweliksmaats.  (Ezekiel 16:4-10) En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou ’n verbond aangegaan, spreek die Here Here, en jy het myne geword.[1] Is die liefdestaal nie mooi nie? God voel oor sy volk/kerk soos ‘n man oor Sy bruid. Ons sien weer hierdie taalgebruik in Efesiërs 5. Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het 26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, 27sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.[2] Dit is duidelik dat God ons wil wys hoe die liefde werk in ‘n huwelik: Soek die beste vir jou maat. Jou maat se groei, ontwikkeling, heiligmaking, opheffing, opbouing en soos Jesus word is jou fokus en einddoel.  Hoe ons maat blink, skyn, en sprankel van vrede en geluk is jou beloning.

Hoerery en ontrouheid is die groot sonde van die volk Israel.  Telkemale verraai Israel God se liefde deur agter ander gode aan te hardloop, en op hulle te vertrou.  Die storie herhaal homself regdeur die ou Testament oor en oor.  Paulus deel juis, met seksuele onreinheid en immoraliteit. (Eph 5:1-7) Weet dus dat geen hoereerder geen erfdeel het aan die Koninkryk van God nie.

Ons almal soek na Sy liefde:

Die mens het ‘n diep behoefte om opreg liefgehê te word. Ons soek almal iemand wat vir ons goed sal wees, sag en teer met ons is, geduldig en lojaal is. Iemand wat ons kan vertrou, en wat ons onvoorwaardelik liefhet. God is liefde. God draai hierdie behoefte om en stort Sy Gees in ons uit sodat ons nou ander kan liefhê soos Hy. Die vrug van die Gees is alles maniere van hoe jy liefgehê wil word, maar nou werk God Sy liefdesvrug in jou om Sy liefde uit te gee eerder as om te ontvang. Dis die eerste manier van hoe God se liefde anders werk as die liefde van ‘n mens.  Liefde, vreugde, vrede, sagmoedig, geduldig, goed, nederig, geloof en selfbeheersing is God se manier hoe Hy liefhet.  (Love, peace, joy, patient, kind, good, faith, meekness and temperance) Ons raak maklik verlief op iemand wat ons liefhet, waar ons vrede en tuiste vind, waar ons gelukkig is.  Ons voel veilig by iemand wat nie op hulleself fokus nie, en wat in ons glo en wat hulle eie behoefte om te wil ontvang uitstel.  Onlangs vertel ‘n vrou met opregte seer in haar oë dat sy liefde gevind het in die arms van ‘n ander vrou, oor haar diep teleurstelling met mans se hulle liefde wat net nie bevredig nie.  Sy vind nou van hierdie Goddelike eienskappe in ‘n ander vrou.  Ek wonder watter persentasie van alle seksuele misdrywe se oorsaak dalk te wyte is aan gebroke verhoudings as gevolg van ‘n gebrek aan Goddelike liefde.

Die slagveld van seksuele misbruik lê diep en wyd vol gewondes wat nie weet hoe om lief te hê of liefde te ontvang nie.

Die konteks van seksualiteit is ‘n gesonde familie. 

Die eerste seksuele oortreding volgens die Bybel is wanneer ons ‘n familielid ‘n seksobjek maak, broers met susters, ouers met kinders, bloedskande. (Lev 18:17; 20:12) Die Bybelse familie het die meeste van die tyd dieselfde vertrek gedeel, wat die fokus op seks beperk het.  Die meeste seksuele misbruik is egter vandag ook binne die raamwerk van familie, maar in isolasie.  Die gesonde familie bied ‘n atmosfeer vir seksualiteit om normaal te bly. Familie is die wese van die Godheid. Vader, Seun en Heilige Gees.  Wanneer die kerk die hart van familie verloor, verloor ons die wese van God se hart.  Vaders en moeders wat mekaar en hulle kinders liefhet met ‘n goddelike vrug van die Gees liefde, maak gesonde en selfstandige kinders groot.  Kinders wat hulle ouers en broers en susters liefhet op ‘n goddelike vrug van die Gees liefde, versterk die band nog verder, en maak die familie ‘n ondeurdringbare krag.

Dis met hierdie gedagte en begrip dat Paulus die Korinte gemeente vermaan; “’N MENS hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ’n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het. 2        En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.”[3] Die gemeente is ‘n geesvervulde kragtige gemeente, en tog sien hulle seksuele misdrywe maklik oor. Hulle ‘tolerate’ dit! Hulle mis God se hart oor familie.  Die bruid is bestem om die vrou van die Seun van God te word! Seksuele sonde is ‘n regstreekse verraaiing van God se hart, van eenheid, van Sy liefde, van Sy orde.  Daarom die drastiese optrede, weereens binne die raamwerk van familie. Paulus maak dit duidelik, dat hy verwys na mense binne die huisgesin van God. (1 Cor 5:12)

Dissipline en God se Gesin

Die kern van Bybelse straf en tug is gerig om te red, nie totaal weg te stoot en te verwerp nie.  Ons kyk met ‘n ewigheidsblik en motief. “Dat hy so iemand aan Satan oor lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.”[4] Ons kan nog nie die wêreld oordeel nie, ons sal eendag. (2 Cor 6:2) Nou roep Paulus die kerk om die binne in die gesin van God streng te vermaan, soos ‘n Pa ‘n rebelse kind vermaan en straf. Die rebelsheid van een kind wat oorgesien word, maak die ander kinders ook rebels. Die kind moet voel hoe dit voel om uitgelewer te word, buite te wees. Sonder beskerming, sonder al die voordele.  Sodat die kind tot inkeer sal kom, sy liggaam die konsekwensies betaal van sy of haar dade maar gered vir die ewigheid.

As die kerk en geestelike ouers nie ferm op tree nie, word die hele familie en gesin besoedel. (1 Cor 5:6) Dis sekerlik die waarheid van al die sondes, seksuele sonde is die maklikste oordraagbaar.  Dit is ook duidelik uit hierdie skrifgedeelte dat nie alle sonde dieselfde is nie.  Iemand wat verkrag word, beleef nie dieselfde seer as om voor gelieg te word, of om van geskinder te word nie. Die verwoesting van egbreek en owerspel raak gesinne, die hele uitgebreide familie, en generasies om te kom. (Mal 2:10-16)  Seksuele sonde is ‘n sonde teen jou eie liggaam. (2 Cor 6:18) Dit verraai die verbondenheid en eenheid van God se liefde.

Verbond, eenwording, in verbondenheid tekens van ‘n dieper konneksie.

Die woord verbond kom telkens voor in hierdie 2 hoofstukke.  God het verbond daar gestel om ons te wys op die eenheid wat in die Godheid bestaan.  Jy kan nie God skei nie, hulle is een! Net so min kan ‘n man en vrou skei. Sien die blog oor hoe hierdie eenheid werk. Dit is hoekom die volgende sondes teen die karakter en hart van verbond is.  “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.”[5] Paulus praat eksplisiet oor die eenheid tussen man en vrou en die verkeerd van egbreek. Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? 20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.[6]

“en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.”[7] Die dwaling van homoseksualiteit probeer hulle dade regverdig, maar ‘n mens sien ongelukkig nie sy dwaling reg in die begin nie, dis eers baie later wanneer jy ouer is wat sien hoe ver jy afgedwaal het van God se plan.  Hulle redeneer dat dit nie ‘n sonde is nie, hulle is dan so gemaak, so geskape deur die Here.  Maar om ‘n rowwe humeur te hê van jongs af, maak nie jou humeur toelaatbaar nie. Dieselfde geld vir al die sondes. Ons is almal in sonde gebore en het ‘n innerlike geneigdheid na die verkeerde, maar dit regverdig nie ons verkeerde gedrag nie, ek is nou maar so gemaak, dit is hoe dit is nie … (Rom 2:23) Jesus red sondaars! Hy alleen kan ons verander in ‘n oomblik en ons nuwe mense maak. (2 Cor 5:27). Die krag van Jesus Christus tot redding is groter as die misleiding van die vyand.

Die verskil tussen wellus en Goddelike liefde

Seksuele sondes is egter volop in die kerk: Egbreek, owerspel, pornografie, voorhuwelikse seks, pedofiele en ook verkragting.  Vir gelowiges is ons gesig gerig na Hom, en stap ons elke dag verder weg van hierdie praktyke na Sy heerlike lig.  (Kol 3:1-10) Iemand wat vasgevang is in seksuele sonde eien hulleself die reg toe om bevredig te word ten koste van iemand anders. Hulle bou hulle geluk/bevrediging/plesier/genot op iemand anders se seer.  God het bedoel dat seks ‘n wonderlike ‘celebration’ is van die eenheid tussen ‘n man en ‘n vrou! Dan is die huweliksdaad gemaklik, normaal en bied beide partye wederkerige plesier en genot. Dis vloei uit die vrug van die Heilige Gees.

John Piper skryf in sy boek “Sex and the supremacy of Christ” Sexuality is designed by God as a way to know God in Christ more fully. Knowing God in Christ more fully is designed as a way of guarding and guiding our sexuality” Soos my vriend Mike Wood my geleer het: “all addiction is a sign of malnutrition” Ons seksuele begeerte soek ‘n dieper konneksie as bloot net kontak met ‘n liggaam. Ons is soekend na ‘n eenheid en ‘n volheid, ‘n vervulling wat net in ons verbondenheid met Christus vervul kan word. Jesus oorwin alle seksuele temptasies omdat Hy liefhet soos God liefhet.  Hy betaal vir ons sonde met Sy lewe, sodat ons vry kan wees.  HY genees elke keer op ‘n ander manier, want hy wil nie net die liggaam genees nie, Hy wil ons genees op elke vlak. Die vrou wat lei aan verwerping oor haar siekte met bloedvloeiing word openlik herstel, die owerspelige vrou wat op heterdaad betrap is kry Sy genade, die moeder se seun lewe, die blinde sien.

Seksuele sonde is selfsugtig, selfbehep, self-indulgent.  God se liefde gee, en gee, en gee vanuit ‘n onuitputbare fontein van wie Hy is! Soos ons groei om elke dag meer soos Hy lief te hê, herstel hy die soeke in ons eie hart, en maak ons vol, vergenoegd, en tevrede!

Die wonderlike goddelike geskenk van selibaat wees.

Selibaat wees is ‘n geskenk. Dis die eerste prys volgens Paulus. (1 Cor 7:7) Om selibaat te wees is nie ‘n vloek of straf nie, inteendeel Jesus was selibaat, Paulus verkies sy alleenwees bo ‘n huweliksmaat. Weereens vanuit die perspektief van die die vrug van die Heilige Gees, leer God ons om seks nie eerste prioriteit te maak nie. Ons kan wag. Dit is die vrug van selfbeheersing, temperance (abstaining from excess). Die jongmens wag en hou sy pad rein tot op die huweliksnag. Die man en vrou kan wag vir tye van gebed en toewyding aan God. (1 Kor 7:1-5) Daar is swangerskap, terminale siekte, maandstonde… alles tye van wag en seksuele stilte. Seksualiteit is siklies, soos die getye in die see. Ons is nie gemaak om altyd op stormsterkte te funksioneer nie. Dit is abnormaal.  Paulus bring sy liggaam en vlees onder beheer, deur dit te ‘restrain’. (1 Cor 9:27) But [like a boxer] I buffet my body [handle it roughly, discipline it by hardships] and subdue it, for fear that after proclaiming to others the Gospel and things pertaining to it, I myself should become unfit [not stand the test, be unapproved and rejected as a counterfeit]. [8]

Die bruid verteenwoordig God se hart, waardes en leefstyl op aarde. Ons dade is belangriker as woorde, want ons dade preek. Wanneer kerkleiers nie daadwerklik optree en die gesin van God soos waardige geestelike ouers opvoed nie, dan verloor die kerk Sy mandaat en krag.  Daarom Paulus se sterk optrede! Dit gaan oor God se eer!

Heiligmaking is hoe God die kerk gebruik om mense tot ‘n sondebesef te bring.

Die kerk se een groot opdrag is gaan maak dissipels. Bekering en sondebesef kom deur die prediking en leefwyse van die gemeente en die werking van die Heilige Gees. Let wel, ‘HEILIGE’ Gees. Wanneer die kerk sonde oorsien, sonder om die sondaar te help om bevryding te verkry, wanneer die kerk dan gevolglik lou word, verloor ons ons krag. Die sout is laf, die water is lou! Die kerk versamel nie net mense om ‘n program, persoon of gebou nie. Die kerk lei mense om ‘n lewe van “repentance” te leef.  Ons laat toe dat die Heilige Gees ons elke dag, by elke geleentheid aanspreek en oortuig van sonde, sodat ons kan verander en meer en meer word soos Jesus.

Gaan lees gerus weer 1 Corintians 5, 6 en 7.  Sien God se hart vir familie! Sien Sy hart en soeke na volwassenheid, mense wat sake kan oordeel en uitsluitsel gee.  Sien God se hart oor die heiligheid van Sy kerk, jy die individu, die lokale gemeente en die kerk universeel.


[1] Die Bybel: Ou Vertaling. (1996). (Eze 16:8).

[2] Die Bybel: Ou Vertaling. (1996). (Eph 5:25–27).

[3] Die Bybel: Ou Vertaling. (1996). (1 Co 5:2).

[4] Die Bybel: Ou Vertaling. (1996). (1 Co 5:5).

[5] Die Bybel: Ou Vertaling. (1996). (1 Co 6:10).

[6] Die Bybel: Ou Vertaling. (1996). (1 Co 6:19–20).

[7] Die Bybel: Ou Vertaling. (1996). (Ro 1:27).

[8] The Amplified Bible. (1987). (1 Co 9:27).

Categories
Preke

Wie is my Navolger? Wie los jy in jou plek, wanneer jy weg is?

DiscipleshipWie is my Navolger?

PATTERN YOURSELVES after me [follow my example], as I imitate and follow Christ (the Messiah). 1 Cor 11:1 Wie is jou navolgers? Kan jy ook hierdie vers met oortuiging vir jou kinders en volgelinge sê? In terme van Leierskap sê John Maxwell; “If you leading and no one is following, you’re only taking a walk in the park.” Iemand het my eendag gevra: “What type of Christianity are your church creating?” Die vraag het lank by my gebly. Die vraag wat elke leier sekerlik sal moet antwoord aan die Here is; watse tipe Christene wil God hê? Die Woord is egter duidelik. Ons verheerlik God die meeste wanneer ons die meeste soos Jesus leef en handel! Mense wat nie meer rondgegooi word deur winde van lering nie, wat standvastig in hulle geloof kan bly staan selfs in tye van verdrukking, vervolging en lyding.  Mense wat onder die moeilikste omstandighede, nog steeds Jesus se geur versprei! Mense wat nie meer vasgevang is in gewoonte sondes nie, maar heilig en toegewy aan God lewe, sonder trots, ego en selfverheerliking.  Mense wat gesterf het in self, en daagliks hulle kruis opneem in Sy opstandingskrag! DIT IS DIE TIPE CHRISTENSKAP WAT GOD SOEK!

Van alle aktiwiteite, programme, byeenkomste, konferensies, wat die kerk ook al mag hou; as ons nie dissipels maak nie, is die groei en getalle van korte duur. Dis maklik om duisende mense te kry vir een byeenkoms, maar baie moeilik om een dissipel te maak wat uiteindelik op hulle beurt ook weer ‘n dissipel sal maak.

Volhoubare groei in die kerk is alleenlik moontlik wanneer elkeen lewe om die wêreld volgelinge te maak van Jesus!

DiscipleOns natuurlike navolgers is ons kinders.  Hulle sien, hoor, en voel ons elke beweging en modelleer hulle lewens volgens ons voorbeeld, en ook ons foute. Casting Crowns se liedjie “Slow Fade” sê dit mooi; “Be careful little feet where you go, for it’s the little feet behind you that are sure to follow”.
Jy maak dissipels sonder dat jy dit weet. Wat jy praat en leef, raak mense om jou. Sonder dat jy weet sien hulle of jou dade ooreenstem met jou uitsprake. Jesus leef in jou, en mense word outomaties na Hom toe aangetrek. Skinder is niks anders as dissipels maak van jou storie nie.  Deur jou offense te deel, en mense te kry om simpatie te hê, wen jy dissipels vir jou ‘cause’, oor hoe verontreg jy is. Ons is geroep om mense te inspireer om ook te wil hê wat ons het – JESUS die Christus!
Die groot “Commission” Jesus se opdrag aan sy dissipels was: “Go out and train everyone you meet, far and near, in this way of life” (Message) of “Daarom moet julle na elke volk op aarde toe gaan en hulle my volgelinge maak” (Lewende Bybel) Mat 28:19 Dis die enigste volhoubare groei in die Kerk. Jou redding is nie net vir jouself nie, God wil deur jou die Wêreld raak met Sy genade en manier van lewe.

Jesus is ons missie, visie en algehele rede waarom ons bestaan.

Ons geloofspad met Jesus is ‘n reis van groei na volwassenheid in Hom. Hierdie groei kan nie sonder die medewerking van die liggaam plaasvind nie. (Efe 4:11-16) Dit is belangrik om ook te besef dat dissipelskap die beste werk binne die liggaam, want ons skiet almal tekort, mense faal ons, dit is ongesond dat leiding net van een persoon afkomstig is. Binne die raamwerk van familie, en die dinamiek van familie, en juis die diversiteit van verskillende rolle, ouderdomme en persoonlikhede wat optimale groei meebring.  Die dissipelskap verhouding is net vir ’n tydperk, nie vir ’n leeftyd nie. Jesus het net 2,5 jr gehad om sy dissipels gereed te kry om oor te neem.

Lewensfase Behoefte Volgeling se rol Leier se rol
Geboorte Voorbeeld en rigting gee Gehoorsaamheid Inspireer
Kleuter Onvoorwaardelike Liefde, en beskerming Waarheid Modelleer
Jongmens Vorming van identiteit en vryheid om op eie te ontwikkel Nederigheid Afrigter
Volwassene Vennootskap en vriendskap Samewerking Vennoot

Terwyl ons almal in Hom opgroei na volwassenheid, hardloop ons ons eie wedloop. Petrus wou weet wat van Johannes? Jesus antwoord hom: “As Ek wil hê dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie. Volg jy My!” Dis nog een van die paradokse van die Evangelie: Ons kan nie sonder mekaar nie, maar elkeen hardloop volgens sy of haar eie pas.  Ons oë is nie op mense gevestig nie, maar op Jesus die voleinder van ons geloof. (Heb 12:2)
Harvester is by uitstek ‘n verhouding georiënteerde gemeente, mense stap nie noodwendig sommer net in ‘n diens in en word deel nie. Groei vind veral binne die raamwerk van verhoudinge en spesifiek die dissipelskap-verhouding plaas.  Ons hou tans verskeie “oes” (Harvest Events) waar mense kom besoek, dit is belangrik dat elke medewerker in die geloof wakker is in die gees om konneksie te maak met hierdie ‘soekers’. As volwasse gelowige kom jy nie meer na die diens net om te kom ontvang nie, jy kom om mense te bedien met dit wat jy in Christus ontvang het.
andyDISSIPELSKAP 101
–   Kom gereeld bymekaar. Weeklikse saambid, Bybelstudie, gesprekke, berading, uitreike en bediening aan ander.
–   Die ideale dissipelskap groep is 3 mense.  Dit verplaas die fokus van een persoon as die leidende figuur, na die hele groep. Dit maak die mees volwasse lid ook ‘n deelnemer. Daar is meer veiligheid, volhoubaarheid, balans en krag in die verhouding van drie as net twee.
–  Die kleingroep bring intieme interpersoonlike vertroue en oopmaak mee, sodat Jesus se lig verandering kan bring deur die krag van die Heilige Gees.  Onbybelse geloofsoortuigings wat mense gevange hou, kan aangespreek word soos die die Here dit na voorskyn bring. Dissipelskap is die proses, waar die Here alles wat nie Jesus is nie wegsny.
–  Beweging is lewe en groei: Deur passief net dienste by te woon, lei tot stagnasie. Deur aktief te begin bedien, van jouself te gee, en mense se groei op jou hart te dra bring jou eie groei mee.  Ons Christenskap kan nie net oor ons eie belange gaan nie, dus juis in jou uitgee dat jy weer vol word. Dis in dien, dat jy bedien word. Dis in gee, dat jy vol word! Ha nee, spectators!
AKSIES:
1.  Vas en Bid oor dissipelskap: Laat die Here self vir jou sleutels gee en lei hoe om te begin.
2.  Lys die name van wie die Here na jou toe gestuur het om te help en te mentor. Identifiseer jou dissipels, hulle is na jou toe gestuur, en jy na hulle. “Divine Connections” Dink aan Cornelius en Petrus.
3. Verskillende tipe en vlakke van dissipels. (3, 12, 70, skare) Wie is jy besig om op te rig, om te doen wat jy doen? Aan wie gaan jy oorgee? Wat los jy agter, en wat vat jy saam na jou dood? Siele is ’n ewige kommoditeit.
4.   Kry ’n tyd wanneer jul bymekaar kan kom. As jy net 2.5 jr gehad het om iemand alles te leer wat jy weet, met watse dringendheid sou jy aandag gegee het aan die taak?
 

Categories
Preke

5 Goeie redes hoekom jy nie ‘n erediens moet mis nie

5 Goeie redes hoekom jy nie ‘n erediens moet mis nie. 

Hoekom kom Christine op ‘n Sondag byeen?

In die reformasie van die kerk ontdek ons ou waarhede, en maak dit weer nuut en relevant vir vandag. Die gevaar is : in die klem wat outomaties saam met die nuut gaan, die hedendaagse goeie tradisies te minag of te vergeet.  Ek het myself ook al gevang waar ek die erediens minder maak teenoor bv. die belangrikheid van die familie en huiskerk, die belangrikheid van dissipels maak teenoor die samekoms op ‘n Sondag.

Die Sondagdiens was van die eerste nuwe verrigtinge waarmee die vroeë gelowiges weggebreek het van die tradisie van die Jodedom.  Dit was geen klein wegbreek nie, vir eeue is die Sabbat geheilig as God se dag.

Die samekoms was in essensie wat kerk beteken het. In al die 114 kere wat die woord Ecclesia gebruik word in die NT, verwys dit na die publieke samekoms van gelowiges. “geroep vanuit”. [1]

Uit Paulus se briewe kan ons aflei dat die kwessie oor die Sabbat ‘n punt van debat en verskille was, en daarom die fokus van die NT kerk om weg te beweeg van die krag wat gesien is in ‘n heilige dag, na die krag van ‘n persoon naamlik Jesus Christus. (Gal 4:10; Col 2:16-17; Rom 14:5-6).

Die enigste manier om die krag van ‘n ritueel te ontneem is om daarvan af weg te bly, weg te beweeg en dit te ignoreer.  Die NT het gekies om eerder op die eerste dag van die week byeen te kom. (1 Cor 16:2) Die dag was ook dikwels genoem is “die dag van die Here” (Rev 1:10) Die keuse van die dag was simbolies belangrik, want die onderliggende klem van alle NT prediking was opstanding! (Acts 1:22; 2:31; 4:2; 4:33; 17:18) Paulus se prediking oor die opstanding is wat juis die tema wat die skare oproerig gemaak het in Atene. (Acts 17:16-19, 33) Later was die prediking oor die opstanding van Jesus weer ‘n kwessie toe Paulus sy saak voor die Jode stel in Jerusalem wat toe daartoe lei dat hy hom beroep op die Keiser. (Acts 23)

Jesus het opgestaan op die 1ste dag van die week, Sondag! (Mark 16:2; Matthew 28:1; Luke 24:1; John 20:1, 19)

Die feit dat Paulus die gemeente aanmoedig om op die eerste dag van die week hulle Offerhande gereed te kry, verwys dat die dag alreeds as spesiaal herdenk is, anders sou hy nie die dag genoem het nie.  In Acts 20:7 word die dag egter ook uitdruklik genoem. En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek.

Paulus maak die saak ook later baie duidelik dat ons nie een dag belangriker moet ag as die ander nie. Ons vier die dag vir die Here! (Rom 14:5-6) Later spreek hy die Gemeente in Kollosense aan, wat meestal heidenne of nie-jode was, om nie weer in ‘n vorm ingedruk te word oor Heilige dae nie. (Col 2:16-17) Dis duidelik dat in die vroeë kerk, beide die Sabbat en die 1ste dag van die week uitgesonder is vir die Here. (Acts 16:13; 17:2; 18:4) Maar die Sabbat byeenkoms was meestal in die sinagoge voordat die kerk heeltemal van Jodedom geskei het.  Daarna het die byeenkoms op die Sabbat heeltemal verdwyn.  Die Sondag byeenkoms was nie as rusdag gevier nie, die mense moes werk en het daarom meestal eers in die aand byeen gekom.

Die eerste Kerk het meestal in huise byeen gekom, Pricilla en Aquila se huis (Acts 16:3-5) en in Ephese by ‘n huis (1 Cor 16:19), in Filemon se huis (Phil 2), broeders in Laodicéa en Nimfas se huis (Col 4:15) and in Lydia se huis (Acts 16:40).  Inteendeel die kerk het vir die 1ste 250 jaar van sy bestaan geen formele strukture of kerk geboue gehad nie.  Paulus het in Efese in die skool van ’n sekere Tiránnus samesprekinge gehou. (Acts 19:9) Die huise in Bybelse tye was soms bo op die besigheid gebou, daarom die samekoms waar Paulus te lank gespreek het, en Eútichus uit die venster drie verdiepings ver geval het.

Tog kan ons nie die krag van ‘n groot byeenkoms onderskat nie. Kyk net na die momentum wat die Mighty Men beyeenkomste in ons land het. Manne wat nooit kerk toe of na ‘n huisgroep toe sou gaan nie, het na hierdie groot byeenkomste gegaan.  Die groot saamtrek was in Jesus se tyd, asook die apostoliese tydperk populêr.

line-up-blur_1640070iVYF REDES HOEKOM EK NIE DIE KERK SE BYEENKOMSTE KAN VERSUIM NIE.

en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. (Heb 10:25)

“The single Christian is no Christian” – Old Latin Saying

The Power of Agreement:  Die Here manifesteer Homself waar daar meer as een byeen is en oor ‘n saak saamstem en daaroor bid. (Mat 18:20) Geen saak in die NT kerk is hanteer sonder twee of drie getuies nie. (Mat 18:16; 2 Cor 13:1; 1 Tim 5:19; Heb 10:28) Profesie is nie privaat vir mense gebring sonder dat twee of drie dit kan oordeel nie. (1 Cor 14:27, 29) Hierin is daar ‘n reuse beskerming. Ons neem nie besluite alleen nie, ons hoor nie God se stem alleen nie, dit wat ons hoor moet resoneer in ander gelowiges se harte ook.  (Prov 11:14; 15:22; 24:6) Hy wat homself isoleer soek sy eie gewin. (Prov 18:1)

The Power of Declaration: Tydens die samekoms word verskeie verklarings in die Gees gemaak, die feit dat ons onsself verenig met hierdie verklarings, beweeg owerstes in die Gees.  sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word, (Eph 3:10) Die lofprysing veral gee uitdrukking aan die gesamentlike deklarasie, wat magte in die Gees ontwapen en nuetraliseer. 6 Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ’n tweesnydende swaard in hulle hand; 7 om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke; 8 om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie, 9 om ’n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. ’n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja! (Ps 149:6-9) Ons kan nooit alleen die vyand konfronteer nie. Die geveg voel altyd gefokus op die individu, want die vyand wil  soos wilde honde en leeus die swakste in die trop isoleer en oorrompel.

The Power of Corporate Anointing: Die krag van die Here is korporatief, en die individu ontvang makliker sonder moeite, net deur sy of haar deelname die krag en openbaring van die Here. Dit het met Koning Saul gebeur toe hy spontaan die vermoeë ontvang het om te profeteer, toe hy die profete besoek het. (1 Sam 10:1, 12) Later het dit ook met van sy boodskappers gebeur, toe hulle onder die profete kom, kom die salwing van die profete oor hulle. (1 Sam 19:20, 24) God plaas ‘n spesiale salwing op sekere mense, en deur onder hulle bediening te sit, ontvang jy en deel jy in die krag van daardie bediening. (Mat 10:41) So baie mense kla dat hulle oorgewig is, maar hulle doen niks om hulle dieët of oefen program aan te pas nie.  So voel baie mense hulle is nie op die regte plek met die Here nie, maar hulle woon nie gereeld die samekoms van gelowiges by nie. Die samekoms van gelowiges waar die Gees van die Here beweeg is ‘n baie spesiale en kragtige plek waar jy uitgedaag, versterk, bemoedig, geleer en toegerus word.  Dit is soos om na ‘n gimnasium toe te gaan.

The Power of Presence: Die teenwoordigheid van die Here manifesteer in die samekoms. (Ps 22:4) Jy kan dit bloot nie ontvang en daarvan deel wees deur elektroniese media nie.  Alhoewel digitale media ‘n wonderlike hulpbron is, kan dit nie teenwoordigheid vervang nie. Hoeveel keer moes ek al gehoor het, jy moes daar gewees het!  Wanneer iemand die oomblik van God se teenwoordigheid oordra is dit tweedehands.  Jy kon dit eerstehands beleef het! Wanneer jy ‘n diens op audio hoor, is net jou ore sintuiglik betrokke, as jy in die samekoms en diens was, kan jy met al vyf jou sintuie God beleef.  Dit is ook imperatief vir die hele gesin om almal saam die byeenkoms by te woon.  Daar is niks so sleg dat die Here jou as individu kragtig aanraak tydens ‘n diens, en jy kan dit nie met jou maat deel nie.  Dit is wat partykeer veroorsaak dat die een party verder en vinniger in die Here groei as die ander een, omdat hulle nie saam blootgestel word nie.

The Power of Resonance: When I tune my vibrating strings of energy to his frequencies as a sheer gift of grace, there will come a moment of resonance. You have seen what happens when resonance is reached in the old Ella Fitzgerald commercials, or in opera singer Caruso’s ability to launch notes at will that could shatter glass. When resonance is reached, there is a tremendous explosion of energy, and something has got to give; and it’s not going to be Jesus. The weaker instrument is transformed into a new identity, and we become “new creatures in Christ,” with resurrection wavelengths. In this state of resonance, we truly become the Jesus Vibe and “all things are possible.” In sync with the Spirit, we are one “in the Spirit.” [2] Die weermag gebruik vandag nog musiek en klank om hulle vyand te ontsenu. “Heavy Metal” musiek word teen 150 decibels vir 24 uur lank oor kragtige luidsprekers gespeel om rus te verstoor.  In antieke tye is musiek en geraas ook dikwels in oorlogvoering gebruik.  In die gees is die resonansie van Gelowiges wat in eenheid is, ‘n kragtige wapen waarteen die hekke van die hel nie kan stuit nie.  Mat 16:18 Kragtige dinge het in die kerk van Handelinge gebeur omdat die kerk in eenheid saamgekom het.

Acts 1:14 Early apostolic gathering – continued with one accord.

Acts 2:1 they were all with one accord in one place.

Acts 2:46 continuing daily with one accord in the temple.

Acts 5:12 the were all with one accord in Solomon’s porch.

Acts 8:6 and the multitudes with one accord heeded the things spoken by Phillip.

The Power of Tuning in: Ons almal het nodig om elke dag ingestel te word. Soos snaar instrumente is dit baie maklik om uit te stel, van Jesus se frekwensie. Gereelde samekoms en saamwees, is ‘n outomatiese instel.

Dit is baie bemoedigend vir jou eie geloof en groei om te hoor dat dit wat jy gehoor het dieselfde as mede-gelowiges is.  Dit bevestig God se Woord in jou hart.  Gelowiges wat nie gereeld byeenkom nie, is later soos ‘n vals noot wat ‘n wanklank in die gees maak.  Hulle harte is opreg, en hulle is lief vir die Here, maar jy kan nie die Here dien en liefhê sonder om vir Sy mense lief te wees nie.  Die hele 1 Johannes brief handel hieroor.

Laastens: Dit is demoraliserend as jy by ‘n samekoms is, en jou familie daar verwag, maar hulle het net nie gekom nie.  Ons voel sterker saam! Dis lekker as almal saamtrek! ‘n Weermag kan nie funksioneer sonder dat almal in posisie is nie.  Die NT samekoms is nie ‘n plek waar ek kom om te ontvang nie, eerder ‘n plek om te kom gee. (1 Cor 14:26) Wanneer mense soms in nood verkeer, is die gemeente gewoonlik baie meer toegeeflik teenoor mense wat gereeld en getrou gewig gedra het, as ander wat nie het nie.  Dis nie ’n vereiste vir liefde en omgee nie, maar dit maak liefhê meer spontaan en maklik.

place-at-table-2158

Ons het nog nooit mense verplig om aktiwiteite by te woon nie, want ons glo in vryheid en dat ons meelewing in die Here vrywillig moet wees, volgens elkeen se geloof. Ons is al telkemale juis vir hierdie vryheid bedank wat heers in ons midde, omdat sommige mense uit kerke kom wat van hulle mense slawe gemaak het.  Sien egter die geestelike ‘significance’ van jou bydrae en daar wees! Dis vir jou eie beswil!!

 


[1] “Pagan Christianity” Bl 12, Viola/Barna, Tyndale 2002

[2] “Nudge” Leonard Sweet