Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Hoeveel ‘onse’ in jou pond

Die woordjie ‘Ons’ is ‘n kritiese woord in NT verbondstaal. Jesus leer ons bid: ‘Ons Vader’ nie ‘My Vader’ nie.  Ons bid altyd met ‘ons’ in gedagte.  Ons lewe in ’n samelewing waar die ‘ek’ heeltemal te veel gebruik word.  Ons het ’n  ‘ek’ bewussyn en ook ’n ‘ek’ kultuur terwyl in die Nuwe Testamentiese Kerk het alles om die ‘ons’ gesentreer. Die OT Joodse Godsdiens was eksklusief terwyl die NT Kerk inklusief is.  (Efe 2:14)

Leiers word aangestel vir ‘ONS’ nie vir ‘EK’ nie – Jes 55:4 ‘Commander and Leader of the People’ Leiers wat die “ons” perspektief verloor, verloor hulle mandaat.  As leiers gaan dit nie oor jou posisie, mag en titels nie.  Jy praat namens die mense: Soos Mordegai “well received by the multitude of his brethren, seeking the good of his people and speaking peace to all his countrymen.”

Ons gebede is namens ONS en nie op self gerig nie – Ese 22:30 (Identificational Repentance) Nehemia bid vir sy mense en sluit homself in by hulle oortredings. (Neh 1:6-7) So ook Daniel (Dan 9:3-19) Abraham tree in namens die volk. (Gen 18:23-33) en so ook Moses (Ps 106:23) God is not interested in what He can do for you, but what He can do through you.

Ons bediening is as ’n span – 1 Kor 1:12 ‘we write’  Paulus is die skrywe tog verwys hy na homself as ONS.  Die meeste van sy sendbriewe word geskryf, waar die span deel is van die seëngroet of afsluiting.  Daar is nie so iets soos ‘my’ bediening nie.  Ons is altyd deel van die groter geheel. Ons vul mekaar aan (1 Kor 3:6) die een plant, die ander gee water, maar God gee die groei. Ons bediening staan ook nooit op sy eie nie, ons bou voort op die wat ons voor gegaan het, en ander bou weer voort op ons werk. (Joh 4:37-38)

Ons het almal saam deel aan Jesus Christus 1 Joh 1:3 Daar is een liggaam, een Vader, een geloof. (Efe 4:4-6) Ons is een gemeenskap van gelowiges in Christus. In Hom is ons beskerming nie in ons groeperinge nie.

The Genius of God is displayed in US – Kol 1:27 Christ in AND Among US. Die volle heerlikheid van Christus kan nie deur een mens omvang word nie.  Ons saam verteenwoordig Sy volheid.

Sout werk nie wanneer jy dit nie in die sop gooi nie – Mat 5:13 Ons het geen invloed en outoriteit oor ‘n ander as ons oor ‘n distansie skiet nie.  Ons is in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie.  (Joh 17:15) Paulus het ‘n Jood geword om die Jode te bereik, (1 Kor 9:20) Ons moet kontak maak oor die grense wat onsself gestel het.  Reik uit en ontmoet jou vyande, met ‘n oop gemoed.

Jy maak nie lig onder ‘n emmer toe nie – Mat 5:15 Ons kan nie die lig van Jesus vir onsself hou nie.  Ons kan Hom nie vasmaak en onder ons kerk se vaandel probeer vasmaak nie.  Jesus werk nie deur isolasie nie, maar soos suurdeeg affekteer die koninkryk van God die hele deeg.  (Mat 13:33)

Elkeen wat vir sy medemens (ons) kwaad bly sal self geoordeel word – Mat 5:22

Partyskappe is ‘n werk van die vlees – Gal 5:20 (SECTARIANISM) sekteywer, sektegees. Dis die werk van die vlees om partyskappe te loots.  Mens soek ‘n aanstelling, posisies, wil belangrik wees.

Die wat nie teen ons is nie is vir ons – Mar 9:38-40 en Num 11:27–29 Jesus laat toe dat daar mense bedien in Sy naam, wat nie deel was van hulle groep nie.  Ons as mens wil so graag alles beheer, en onder ons beheer kry.

In God’s Kingdom there is no divisions between Jew and Greek – (Rom 2:10; 10:12; Gal 3:28; Col 3:11)

Die eerste linie van die geveg is soms in ons eie huise.  Ons ontrek, en begin ons eie ‘ons’ teenoor die ander.  Wanneer jy en jou vrou baklei en stry is dit baie keer omdat een buite die sirkel staan.  Ons gebruik JY en JOU taal.  Verbondstaal is ‘ONS’.  As ons hierdie woord gebruik forseer dit ons om anders te dink.  Ons haal onsself so baie keer uit die sirkel.  Of ons laat mense nie toe in ons sirkel nie.

Wie is my naaste? Wie is die ons? Luk 10:29-37 Jesus leer ons dat ons dieselfde vir ’n vreemdeling doen as wat ons vir die binne die sirkel sal doen. Die man het gedoen, wat familie vir hom sou doen – en hy was ’n vreemdeling, inteendeel hy was van ’n totale ander stand en ras.

Hoe definieer jy jou ONS?  Hoe definieer ons kerk – ONS?  Sien ons die plek waar ons bly as “ONS” dorp?  Die mense van ons dorp as “ONS” mense.

DIE GEVARE EN UITKOMS VAN TE VEEL “ONSE” IN DIE “POND”

(VERDEELDHEID) Dis baie gevaarlik om van binne ’n kollektiewe raamwerk van “hulle” the praat terwyl God net een ‘ons’ sien. Bv.

– Binne een nasie, praat ons van hulle.

– Binne die universele kerk praat ons van ’n ander kerk as ‘hulle’.

– Binne die raamwerk van die Christelike kerk in ’n lokaliteit, praat ons van ander gemeentes as ‘hulle’.

– In ’n maatskappy praat ons van die bestuur as ‘hulle’ die bestuur praat van die mense as ‘hulle’.

– In ’n huwelik praat ons van Jy en Jou, myne.

‘Hulle’ bring skeiding in jou denke, en veroorsaak isolasie. Jou perspektief raak eensydig.  Jy kyk net vanuit een perspektief, en verloor objektiwiteit.

Wanneer ons praat van ‘hulle’ is dit nie lank nie of ons gee ‘hulle’ ’n etiket. (LABELING) (Mat 5:22) Noem mekaar name. Jy is altyd so, en jy maak altyd so, en jy doen dit nooit nie. Jy (DEMONISEER) die ander persoon as altyd verkeerd en boos, wat eenvoudig nie die waarheid is nie.  Terwyl jy jouself as die engel voorstel, wat ook nie die waarheid is nie.  Later sien ons net die etiket en nie die mens agter die etiket nie.  (DEHUMANISERING)

(LIEFDELOOS) Wanneer ons praat van ‘hulle’ kan dit lei tot trots – Ons disassosieer met die foute en sonde van ’n groep, en plaas onsself op ’n beter/hoër/verhewe plek.  Gevolglik verloor jy jou stem by daardie groep. Hulle beleef jou as (TROTS), hooghartig, en beterwetig. Hulle voel die skeiding aan – en beleef dat daar nie meer liefde is nie.  Sonder liefde het jy jou stem tot daardie groep verloor.  (Gal 6:1)

(VIKTIMISERING) (Mat 5:22) ‘Jou gek’ Dis is natuurlik dat wanneer jy net fokus op ‘n persoon se foute, en net dit raaksien dat jy op so persoon gaan pik.  Jy is negatief ingestel teenoor so ‘n persoon, en het ‘n outomatiese renons.  Jy (DISASSOSIEER) jouself van die persoon.  In ‘n huwelik is dit bitter gevaarlik want die gevolg is:

(STONEWALLING) Ontoeganglik, hard, en gemeen.

(CONTEMPT) Veragting, minagting, versmading – parmantig

(CRITISISM) Veroordeling, oordeel, afkeuring

Lyk die bogenoemde eienskappe vir jou soos die Koninkryk van God?  Nee sekerlik nie! Ons het die hart van Jesus gemis! Jesus het die grense wat mense tussen mekaar stel kom afbreek.  Hy het binne al die klieks en groeperinge ingestap en ons ‘n beter weg kom wys. Ons is in geen groepering veilig tov mense se verkeerde en sondige dade nie.  Selfs binne jou klein groepie gaan daar mense wees wat jou seermaak. Ons beskerming lê in Jesus! Ons moet deel raak van God se familie en gesin, koninkryk! Dit is ewig! Al die aarde groepies is tydelik, en bied nie veiligheid nie.

As koninkryksburgers het ons dan juis die opdrag ontvang om in hierdie wêreld vredemakers te wees (Not Peace keepers) ons het die bediening van versoening ontvang om mense met Jesus te versoen, (2 Kor 5:18) nie tot ‘n spesifieke kerk groepering nie.

PRAKTIES:

1) Probeer om positiewe en menslike eienskappe by die ander groepering te identifiseer. Dis die begin van ‘EERBIED’ en ‘RESPEK’.  Dit impliseer kontak, jy moet jouself bietjie in hulle skoene plaas.

2) Versprei die inligting – Praat positief (Mat 5:46-48) Ons werk mekaar negatief op teenoor mense wat ons nog nooit ontmoet het nie, net deur een persoon se negatiewe storie.  Dit spreek van blindheid en kortsigtigheid.

3) Bid vir jou vyande – Wanneer jy bid kry jy weer God se perspektief op die persoon. (Mat 5:33)

4) Wees lief vir jou vyande – gaan dien en bedien mekaar.  Gebruik die 1 Kor 13 barometer van wat liefde werklik is en pas dit toe.

5) Wanneer jy iets teen jou broer ‘ONS’ het – gaan konfronteer die probleem en praat dit uit.  (Mat 18 en Luk 17) Dit is onvermydelik dat ons deur mense seergemaak gaan word of te na gekom word. Dit gebeur met ons almal, maar oppas om groepies van steun te werf terwyl die probleem nooit aangespreek word nie.

6) Wanneer jy agterkom jou broer het iets teen jou, los jou offer en gaan maak eers reg. – (Mat 5:23-24) Ons moet nie net die wat teenoor ons oortree konfronteer nie, maar ons moet sensitief wees, as ons dalk teenoor iemand oortree het. Gaan maak dit reg.

Wanneer ons as mens begin fokus op ons verskille, verdeel ons die mensdom in groeperinge ons bou grense en mure, ons verloor ons volwassenheid om goddelik en objektief na die mensdom te kyk en aan te raak Ons is (KLEINLIK) en (ONVOLWASSE) en verloor outoriteit om inspraak te hê tot die mensdom.  Ons verloor (TOEGANG) en ons (ISOLEER) onsself.  Weereens is dit alles oorwinnings vir satan, en God se Koninkryk is vêr verwyder van ons realiteit. Leef as Koningkryksburgers met ‘n ‘ons’ bewyssyn en floreer in Sy oorvloedige genade!

 

 

 

 

 

 

 

Categories
Preke

Hoe om God se stem te hoor Deel 1

“WIE ORE HET EN KAN HOOR,

 MOET LUISTER!”

 In Lukas 8:4-15 (Mat 13 en Mark 4) vertel Jesus die gelykenis van die saaier asook die uitleg daarvan. Hierdie gelykenis is ‘n sleutel tot al die ander geheimenisse van God se Koninkryk.

Ons leer hieruit die belangrikheid van “luister”. Om te kan luister is ‘n baie belangrike vorm van geestelike dissipline en noodsaaklik vir ons om as geestelike mense te kan funksioneer. Dit is nie moeilik nie, want die oomblik wanneer ons moeite doen, sál ons hoor. Die geheim is egter om reg te hoor en nie te hoor wat ons dink ons wil hoor nie. Daarom sê die Here in Jes 6:9: “Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie,….” Hierdie skrif beskryf die realiteit van “being disconnected” Ek het my konneksie met my maat verloor wanneer ek hoor, maar nie hoor nie, sien maar eintlik nie sien nie.  Mag die Here ons konneksie met Hom en met mekaar herstel, sodat ons werklik mekaar kan begin hoor en sien.

Verder lees ons in Mat 13:16: “….julle oë is bevoorreg dat hulle sien, en julle ore dat hulle hoor.” Om hoegenaamd geestelik te kan hoor (God se stem te hoor) is ‘n geskenk van God……’n Godgegewe gawe! Die begin van jou geestelike bestaan, is om te hoor. Om te hoor is die proses van redding deur die gehoor: Luk 8:11: “Die saad is die woord van God…” en die bekende teksvers Rom 10:9-12 sê: “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.” Van die oomblik wanneer ons “gehoor” het, raak ons hoorders – as ons dus nie hoor nie, het ons nie geloof nie en as ons nie geloof het nie, kan ons nie vrugte voortbring nie.

Ons gehoor word verhinder deur

drie tipe obstruksies wat ons mee moet

 deel, om reg te kan hoor.

1)    Dit word dan ook die eerste obstruksie van hoor: Luk 8:12 “…maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie.” Die satan kom belemmer ons hoor sodat hy die saad van hoor sommer reg in die begin kan steel. Hy wil die Woord steel, want hy weet ook God se Woord is saad en dit genereer groot, sterk bome “….soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak” (Ps 1:3). Satan wil die volheid wat uit die saad moet kom met alle geweld keer! Koester die éérste saad, die saad van lewe. Leer om fyn te luister, want God praat met ‘n stil stem en gee in die begin klein opdragte – as ons nie leer om moeite te doen met die klein “hoor” nie, sal ons nie die groot “hoor” kan doen nie. Wees wakker vir satan se versoekings en vleeslike moegheid.

2)    Luk 8:13 sê: “….die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net ‘n tydjie…” Wat ons hoor moet met geloof gemeng word, anders geld dieselfde vir ons waarvan Heb 4:2 praat: “…maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie.” En omdat ons weet dat geloof ‘n aksie is, moet ons reageer op dit wat ons hoor in geloof.  Ons kan nie net hoorders wees en nie doeners nie! Jak 4:22 “Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.”  Die Woord van God wil gelééf word – dit is wanneer dit krag het! Ons moet begin deur die Woord in ons binnekant te hoor en dit te doen. God het reeds die woord in ons geplant: Jak 1:21 “….en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red.”  En net soos ons God is, Hy plant die saad, maar sit ook genade en die lus en wil  daarby om dit uit te voer! Die grootste fout wat ons egter maak is dat ons nie die Woord uitloop nie! Gal 6:9 sê: “Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.” Penetrate the truth of the Word beyond the suffering! Die tiende-beginsel is ‘n voorbeeld hiervan: géé, al sien jy nie vrug op jou saad nie! Ons moet dus volhard in geloof soos die geloofshelde gedoen het waarvan Heb 11 praat, want “As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader (moeite doen om Hom te hoor), moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” (Heb 11:6). God se Woord is nie kitskoffie nie – dit is om konstant in die aroma en geur (koninkryk) van God te leef. Dit is ‘n lewensstyl. Wanneer ander met ons te doen kry, moet hulle die koninkryk van God (lieflike geur) beleef!

3)    Luk 8:14 sê: “…dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie.” Baie keer kan die einste dinge / seëninge waarvoor ons gevra het, die bekommernisse word wat ons weghou van die Here. Die genietinge van die lewe lei ons aandag af en blokkeer die hoor van God se woord.

Akkurate gehoor ontstaan vanuit ʼn

gesonde rein hart!

Die groot geheimenis van hierdie gelykenis word in Luk 8:15 geopenbaar: “Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met ‘n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.” (Amp – “But as for that [seed] in the good soil, these are [the people] who, hearing the Word, hold it fast in a just (noble, virtuous) and worthy heart, and steadily bring forth fruit with patience.)

Die Here is agter ons harte aan. Daar is ‘n groot verskil om net met ons ore te luister en om met ons harte te luister.  Wanneer ons harte enigsins besoedel is, kan ons nie met ons ore hoor nie. Ons ore is verbind met ons harte en wanneer ons harte kwaadwilligheid, afguns, bitterheid, vertwyfeling, angs, bekommernisse, verwerping en onvergenoegdheid huisves, besoedel dit ons harte en belemmer dit ons gehoor sodat ons nie kan hoor nie. Wanneer ons dus ook emosioneel nie op ‘n goeie plek is nie, gaan ons nie kan hoor nie. Ons moet te alle tye ons harte beskerm en reg hou, want dit gaan beïnvloed hoe ons hoor. “Pas dus op hoe julle luister, want wie het, vir hom sal daar nog meer gegee word, maar wie nie het nie, van hom sal ook wat hy dink dat hy het, weggevat word.” (Luk 8:18).

Hoe ons hoor, gaan bepaal wat die oes of vrug op ons lewens gaan wees. Wanneer ons harte reg is, kan saad inval en ‘n honderdvoudige oes oplewer.  Die dinge wat dan uit daardie oes groei, is werke van die lig. Ons kan duidelik uit mense se lewens aflei of hulle goeie luisteraars is – hulle dra vrug en is besig met dade en aksies wat getuig van mense wat by die Here was. Dink byvoorbeeld aan Henry Zackson ʼn boer van Zimbabwe se getuienis…

Jesus sê: “My moeder en my broers is dié wat na die Woord van God luister en daarvolgens handel.” (Luk 8:21). Ons is Jesus se familie wanneer ons hoor en doen.

The Gospel is simple… it takes simple people to do the things God order to do…..

We now have way too much knowledge to ever apply in one lifetime.

Luister is ʼn kuns wat ons moet leer ontwikkel. Hier is ʼn paar praktiese beginsels om jou te help om ʼn beter luisteraar te word.

First key to listening – become an empty canvas, so that the other person can draw in your space and you can hear the other persons heart. Hearing implies that we become silent. Stop being busy with “self” and hear!!! Die grootste en algemeenste argumente in verhoudings is: “jy hoor my nie!” Een van die grootste behoeftes van die mens is om gehoor te word, geken te word en te ken. Ons sal dit eers regkry wanneer ons leer om God se hart te hoor en te ken – to experience first hand knowledge from and of Him.

Second key to listening – The direction of our hearts. Ons moet ons harte oefen, sodat ons reg kan hoor. Wanneer twee harte op mekaar gefokus is, hoor hulle mekaar akkuraat. In akoestiek is dit bewys: sound is all about direction and focus. Hoe ons mekaar hoor, dui op die rigting van ons harte. Die rigting waarin jou hart gefokus is, is die rigting waarin jy sal hoor. As ek dus my hart na God rig – as ek Hom wíl hoor, sál ek Hom hoor.

Third key in listening – Deal with the  distractions, noise, alienation of the mind.  Practically make time, sit still, find a private place, silence your soul.  Make an appointment/time to speak to someone, engage, look at one another, penetrate beyond the chit-chat, and go deeper.

Die praktiese applikasie vir ons gemeente is:

Baie keer het iemand net ‘n vriend nodig wat sal luister… Hoe gaan ons ‘n mensdom aanraak, as ons nog nie eers die hoor-beginsel (wat blyk uit die gelykenis van die saaier essensieel is) baasraak nie? Daarom is dit nodig om mense in die liggaam te hê wat dieper luister, wat gefokus is op ander mense se harte, want dit is ‘n groot sleutel tot dissipelskap.

Omdat God se Woord reeds in en deur die Gees aan ons die sleutel van “hoor” bekend maak, hoef ons net stil te word, ons harte na God te rig, te luister en deur die geloof tot aksie oor te gaan! Hierin vertrou ons die Here vir ‘n nuwe kapasiteit om te hoor en akkuraat met opregte harte te hoor!

Uiteindelik gaan dit in hierdie gelykenis oor gehoor, en luister met jou hart.  ʼn Hart wat bereid is om te doen en te gehoorsaam.

 

Amen!

 

 

Categories
Preke

Hoe werk die lofprysing by Harvester?

Lofprysing wat God behaag.
Die objek van ons lof is die Here, God van hemel en aarde, verlosser en koning van ons hart! Ons fokus is nie die orkes, die sangleier, die liedjies, of die bewegings nie. Ons fokus is God en God alleen.
Ons lofprysing en aanbidding is nie gefokus om mense te vermaak nie. Jy kan ook nie eintlik ʼn toeskouer van ons aanbidding wees nie. As aanbidding span fasiliteer en help ons mense om elkeen sy/haar individuele offer van lof aan God te bring. (Heb 13:15) Die fokus is egter nie net op die individu se konneksie met God nie, ons fokus ook op mekaar om saam ons lof en eer aan die Here te bring.  Omdat God nie in offers belang stel nie, maar in gehoorsaamheid is ons vandag nog steeds saam met die Heilige Gees en die Woord op ʼn pelgrimsreis om die lof te ondek wat God behaag. (1 Sam 15:22) Ware lofprysing is nie net die sing van liedjies nie, maar ʼn regte lewenswyse gebaseer op Jesus Christus en sy Koninkryk bedryfstelsel. (Amos 5:23-24; Mat 5-6) Soos wat ons meer vrymoedig raak om nie meer lof te gebruik om by God uit te kom nie, maar Hom te loof en prys op grond van die voltooide werk wat Jesus Christus alreeds vir ons gedoen het om ons te regverdig, maak ons gedurig nuwe ondekkings soos Hy Sy hart aan ons ontbloot. Lofprysing is dus ʼn geloofsweg om elke dag meer en meer God se hart te ondek soos ons in die geloof op grond van die kruis in Hom leef en wandel.

Aanbid Hom in gees en waarheid. (Joh 4:24)

Dit beteken om Hom te loof met opregtheid, eerlikheid, ongeveinste, lof wat nie omgee wat die mense sê nie. Waarheid spreek van die egtheid van ons fokus. Ons bid nie gebede om deur mense gehoor te word nie. (Mat 6:5-8) Aanbidding deur die Gees spreek van aanbidding wat uit jou hart kom, deur die Gees in jou geplaas tot God se eer. Dit is die kern van ons hele aanbidding is om terwyl ons sing en aanbid die Heilige Gees se hulp te soek, dat Hy ons help. Want niemand kan God werklik aanbid of sien sonder dat die Vader Homself deur Sy Gees aan ons openbaar nie. (Mat 16:17; Matt. 11:27; 1 Cor. 2:10; Gal. 1:16)

Lofprysing begin die dag wanneer God vir jou ʼn werklikheid word.

Wanneer jy God persoonlik sien, beleef of ervaar sal jy Hom loof en prys. Niemand sal jou hoef te leer hoe om dit te doen nie. Dis ʼn spontane reaksie op die werklikheid van Sy bestaan in jou lewe. Die probleem is dat baie mense oor die jare in ʼn kerk groot geword het, waar God net op een sekere manier geloof en geprys word. As gevolg van kulturele invloede en humanisme het aanbidding in die kerk vervreemd geraak met die voorskrifte en voorbeelde wat die Bybel leer. Spontane lofprysing gebeur hoogstens in ons binnekamer of in privaatheid. Die meeste mense wat in die kerk grootgeword het se reaksie oor ons lofprysing is: “Ons hou daarvan en dit is mooi, maar dit is vreemd” Mense is dit nie gewoond nie, en weet nie wat hulle moet doen nie. Ons begeerte is om ons eie opinies en idees neer te lê en soos kinders te word sodat die Heilige Gees ons kan leer deur die Woord hoe ons God moet aanbid in Gees en in Waarheid.

Hoekom Loof ons die Here so? Ons loof die Here volgens Bybelse Voorskrifte en nie ons eie opinie of mensgerigte planne nie.

Nadat Dawid se eerste poging om die Ark terug te bring na Jerusalem misluk het omdat hy nie die voorskrif wat God neergelê nagekom het nie, maak Dawid groot voorsorg en stel verskeie families aan om hulle lewe te wy aan die ontwikkeling van lofprysing en aanbidding soos God dit verlang. Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die Here onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie. (1 Kron 15:13) Dit is dan ons doel om die skrif te ondersoek en presies soos die woord vir ons voorskryf God te aanbid met ons hele hart, krag en verstand.

Loof die Here met jou alles, die hele mens is betrokke.

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, al jou krag en jou hele verstand” (Luk 10:27) Dit impliseer eenvoudig dat jy die Here moet liefhê met jou gedagtes, jou emosies, jou liggaam, jou alles! Ons hele menswees is teenwoordig en betrokke om God voluit lief te hê. God is dus die fokus van ons hart. Ons alles, ons wil, ons lewe, ons begeertes, ons drome ons passies, ons gedagtewêreld is gerig om God te loof en te prys. Geen meer dualisme (verdeling in opponerende kompartemente)

Lofprysing is nie ʼn offer om God se guns te probeer verdien nie.

Die ondekkings wat ons gemaak het oor tyd rakende lofprysing is nie ʼn nuwe lys van werke om God te probeer behaag en so Sy guns te wen nie. Jesus het alreeds God se guns vir ons bekom. Soos ons in Sy teenwoordigheid staan en leef sien ons Sy hart en liefde om selfs in ons dade van lofprysing, óns aan te raak en te seën. Dis is wonderlik om te ondek hoe elkeen van die dade van lof, eintlik gerig is tot ons voordeel. God het nie ons lofprysing nodig nie, maar soos ons Hom meer en meer loof en prys verander ons perspektief, ondervind ons genesing, restoureer Hy ons lewe, en word ons getuies van Sy liefde. Daar is al so baie mense wat kan getuig dat hulle genesing, bevryding en redding ontvang het tydens ons lofprysing.

Verskillende tipe Liede en die sing van Geestelike Liede, ʼn nuwe lied, “the song of the Lord” 

Terwyl julle saam psalms en lofgesange en geestelike liedere sing. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. (Efe 5:19) Psalms is skrifgefundeerde melodieë met begeleiding van ‘n musiek instrument. ‘n Deuntjie wat jy sal onthou. “op die wysie van…” Gesang = ‘n uitgewerkte musikale verwerking van ‘n lering, poësie, lofsang. Gesange is liede wat meer skrifgebonde is en die fokus is op die woorde wat ons sing. Tydens gesange staan ons gewoonlik stil en konsentreer op die inhoud van die woorde wat ons sing.

Geestelike liede is liedjies wat uit ons gees kom, dit word op die oomblik geskep volgens dit wat ons in ons hart ervaar en in ons gees sien. Dit is ook die tipe liede waarvan Paulus in Korintiërs 14:15 praat. Ons sal met ons verstand sing, maar ook met ons gees. In vers 14, verduidelik Paulus dat iemand wat in tale bid, of dan in die gees bid se verstand nie betrokke is nie, die woorde kom deur die Gees. Wanneer ons dus in die gees bid of sing, gebeur dit in tale. Maar Paulus lê in die hoofstuk juis klem op die feit dat ons eerder moet profeteer en die taal moet uitlê, sodat mense daardeur opgebou kan word. Tale is gerig tot die Here, en nie ʼn mens nie. (1 Kor 14:2) Die vraag is: is alle liede nie per definisie geestelik nie? Hoekom die verwysing dat dié liede dan nou meer geestelik is as psalms en gesange. Dis duidelik dat geestelike liede verwys na die oorsprong. Psalms en gesange kan ons sing met ons verstand omdat ons die woorde en lirieke ken, maar geestelike liede is deur die gees geïnspireer en werk soos tale en profesie, dis bonatuurlik. Wanneer ek ʼn nuwe lied begin sing, is die deuntjie sowel as die lirieke spontaan en uit die gees. Net so min as wat ek die profetiese woord kon uitdink en uitwerk, so min kan ek ʼn nuwe geestelike lied oefen of uitwerk. Wanneer mens dit eers regkry om in die gees te sing, raak dit ʼn fontein wat nie opdroog nie. Jy kan vir ure aangaan, want in die gees is daar nie beperkinge nie.

Soms het dit spontaan in die byeenkoms gebeur dat iemand ʼn lied gesing het, hier word nie melding gemaak van ʼn sangleier nie, maar dat elkeen ʼn lied kon sing en bydra tot die opbouing en stigting van die liggaam. (1 Kor 14:26; Heb 2:11-12) Die term “nuwe lied” kom 19 keer in die Bybel voor, en beteken juis net dit: sing ʼn lied uit jou hart. Soos jy nie ʼn gebed kan aflees wanneer jy met God praat nie, maar eerder uit jou hart met God praat is dit die fokus van ʼn nuwe lied. (Ps 33:3; 40:3; 96:1; 98:1; 149:1)

Dit is glad nie moeilik vir mense wat vervul is met die Heilige Gees om spontaan lof aan God te bring nie. (Hand 2:11; 10:46) Die klem op al die bogenoemde skrifgedeeltes is die spontane lofprysing wat onvoorbereid gebeur. Dit is ook wat die mense gedoen het toe hulle palmtakke voor Jesus se donkie gegooi het en uitgeroep het “Hossanna, Hosanna in die hoogste hemele” (Mat 21:9-11) Die gebeurtenis staan in sterk teenstelling met die organiseerde Godsdiensbeoefening van die Fariseërs in die tempel en hierdie spontane feestelikheid op straat.

Die rol van die aanbiddingsleiers teenoor die rol van die gemeente.

In 2 Kron 29:25 – 29 sien ons hoe die volk die Here loof en prys. “Terwyl die brandoffer aangebied is, het die lofliedere tot eer van die Here begin. Hulle is begelei met die trompette en ander instrumente van Dawid, koning van Israel. 28Die hele gemeente het die Here aanbid terwyl die sangers gesing en die trompette weerklink het” In die gedeelte kan ons aflei dat die aanbidding van die volk baie spontaan was, die volk het nie noodwendig die liedjies geken of saamgesing nie. Later sou hulle spesifieke liede sing en saamsing. “Koning Hiskia en die amptenare het die Leviete beveel om die Here te prys met die psalms van Dawid en Asaf die siener. Hulle het met vreugde lofliedere gesing, neergebuig en aanbid.”

Lofprysing as gebed en intersessie.

Ek sal aan hulle vreugde gee in my huis van gebed, hulle brandoffers, hulle offers op my altaar sal vir My aanneemlik wees, want my tempel sal uitgeroep word tot ’n huis van gebed (tephillah) vir al die volke. (Je 56:7) Tephillah is ‘n gesang wat as ‘n gebed aan God gesing word. Die Bybel is vol voorbeelde van hierdie tipe gesange. Ps 7, 9, 10, 11, 17, 55, 57, 70. So is ook ons klaagliedere en versoeke aan God gesing. Ps 22, 94, 102, 109, 140. Verder is mense bemoedig en versterk deur sang. Ps 66, 100, 103, 113, 114, 150.

Profeteer deur musiek.

Dawid en die amptenare in beheer het die seuns van Asaf, Heman en Jedutun vir ’n besondere diens afgesonder. Hulle was mense wat onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete opgetree het. Hier volg besonderhede oor die manne wat ’n funksie gehad het in hierdie diens. (1 Kron 25:1) Moreover David and the captains of the host set apart for the service certain of the sons of Asaph, and of Heman, and of Jeduthun, who should prophesy with harps, with psalteries, and with cymbals: and the number of them that did the work according to their service was: (1 Chro 25:1)

Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld, geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm! My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand. (Ps 49:2-4) My mouth shall speak wisdom, And the meditation of my heart shall give understanding. I will incline my ear to a proverb; I will disclose my dark saying on the harp. (Ps 49:2-4)

Skryf dan nou vir julle hierdie lied op, en leer dit aan die kinders van Israel; lê dit in hulle mond, dat hierdie lied vir My ’n getuie teen die kinders van Israel kan wees. (De 31:19)

Maar bring nou vir my ’n siterspeler. En toe die siterspeler op die snare speel, het die hand van die Here op hom gekom, (2 Konings 3:15)

Then Hezekiah commanded them to offer the burnt offering on the altar. And when the burnt offering began, the song of the Lord also began, with the trumpets and with the instruments of David king of Israel. (2 Kr 29:27)

Dans
En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het ’n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse. (Exodus 15:20) Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die aangesig van die Here; en Dawid was omgord met ’n linneskouerkleed. (2 Samuel 6:14) Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter. (Psalm 149:3) Loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit (Psalm 150:4) Die beste voorbeeld van hoe hierdie “koordanse” gelyk het is ons volksdanse of die Indiese Groep Danse. Dans vir die Here is so spontaan en natuurlik soos ʼn kind wat skielik aan die das raak vir sy ma en pa. Ons moet nie probeer om die dans te veel te vergeestelik nie. Sommige mense glo dat koordanse verwys na ʼn in ʼn geestelike vervoering, in-ʼn-trans tipe beweging. Alhoewel dit verseker kan gebeur dat ons só meegevoer kan raak in die teenwoordigheid van die Here, is dans bloot ʼn reaksie op wat God gedoen het. Omdat hy ons gered het, omdat ons gevul is met Sy vreugde volg ons liggaam spontaan ons hart en begin ons jubel en dans.

Selfs Jesus het spontaan in ‘n dans losgebreek! Jesus het die Vader geprys – Luk 10:21 In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae. (Lu 10:21) Agalliao = Om te spring, om in die lug te spring van blydskap, ekstaties en uitermatig bly en vol vreugde.

Die dans was gewoonlik gelei deur ʼn dansleier. (Miriam – Eks 15:1-20; Jefta – Rig 11:34; Barak en Dobora -Rig 5) Dit is ook waarskynlik dat Koning Dawid spontaan begin het om die dans te lei. (2 Sam 6) Die gebruik van tamboeryne tydens die dans was ook algemeen – (2 Sam 6:5; 6:19-20; 6:22) Volgens Wiseman was Mikal se probleem juis dat sy veronderstel was om as Koningin die Vroue se groep te lei, maar sy het geweier. Die doel van hierdie gesamentlike volksdanse, was om die volk te verenig in hul aanbidding en omdat hulle as nasie God gedien het. Die Jodedom is ʼn teokrasie – naamlik: ʼn volk waar God die Koning is, en die kultuur bepaal. Dit staan teenoor ʼn demokrasie, waar die mense die leiding en kultuur bepaal. Dans was dus deel van hul kultuur om vir die ander volke te wys, dat hulle nie dans vir plesier, self verheerliking of seksuele konnotasies nie, hulle dans vir die Here!

Profetiese aksies en beweging is die dans:

Toe die Here die dans herstel het in ons kerk, het ons begin besef dat net soos daar verskillende ekspressies is in Lofprysing is daar verskillende fokusse in die dans: Die musiek en fokus van die lofprysing bepaal dan ook die vorm wat die dans gaan aanneem. Sou die fokus oorlogvoering en oorwinning wees, dan is die dans meer ekspressief en meer manlik, sterk, vorstelik. Sou die fokus van die aanbidding wees, hoe lief ons die Here het, raak die dans meer vloeiend en vroulik van aard. Soms is die dans kinderlik, en gefokus om die kinders te kan laat deelneem, ander kere is die dans diep en intens en ernstig. Die dans het al hoe meer ʼn fisiese ekspressie geword van wat ons as kerk gesamentlik moet doen. Sou die fokus byvoorbeeld wees dat gedurende ons aanbidding die Here ons lei om die oes te gaan insamel, dan beeld ons dit uit in die dans. Die dans word dan ʼn sterk visuele metafoor en profetiese teken van wat die Here besig is om vir die kerk te sê.

In Ou Testamentiese tye was dit ook algemeen dat die mans en die vrouens apart in groepe gedans het, en baie keer teenoor mekaar gestaan het in die dans. Mans sou dan ʼn sekere boodskap aan die vrouens dans, en die vrouens wees aan die mans. Dit is baie praktiese omdat mans se liggame anders werk as vroue sin, en sekere bewegings beter vertoon by mans as by vrouens. Daarom sal jy opmerk in ons dienste dan daar gewoonlik ʼn man dansleier voor staan met die mans agter hom, en die vrouens het ook ʼn dansleier met die vrouens agter haar. Soos in die tyd van Dawid, het die hele volk nie altyd saam gedans nie, die dansers was uitgekies en het die volk voorgegaan in die dans. Tog was daar tye waar die hele volk saam gedans het. Toe ons kerk anders begin sien, nie meer as ʼn organisasie of klub nie, maar as ʼn liggaam waarvan elke lid deel vorm en aktief sy of haar rol speel, het ons besef dat God die hele gemeente wil bevry en genees deur die dans. So alhoewel ons ook dans leiers het, wil ons graag dat die hele gemeente saamdans, anders is dit weer ʼn kwessie van toeskouers teenoor “performers”. Dans is so bevrydend, en al hoe meer New-Agers is besig om die krag van dans te ondek, en hou dans kampe waar mense soos die Indiane om ʼn vuur dans. Dans behoort aan die Here, en ons is besig om dans weer terug te eis van die vyand wat dans verwring en besmet het vir sy doeleindes. Dar is vir my niks lekkerder om te sien hoe die kinders lofprysing geniet as gevolg van die dans nie. Hulle is natuurlike dansers en is nie gepla oor wat die mense sou sê nie, en nou dans ons vir die Here!

God jubel en juig oor ons.

Die Here jou God is by jou, ’n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel. (Sef 3:17) Suws = om bly te wees, vreugdevol, verblydend, vrolik en opgeruimd. Rinnah = jubel, ‘n skril geluid, van blydskap of rou, uitroep van vreugde en blydskap, proklameer.

Selah.

Die woord word meer as 70 keer gebruik in die OT. Die betekenis van die woord is onduidelik, maar sommige dink dit is ʼn “A liturgical mark (sālal, ‘to lift up’; Akkadian sullu, ‘prayer’), perhaps to lift up the voice or the hands in prayer. It may have come into use, possibly in the exilic period, in connection with psalms used in public worship to denote those places at which the priest should pronounce a benediction. Some take it to mean ‘to lift up’ the eyes, for the purpose of repeating the verse, thus the equivalent of ‘da capo’. Others would derive it from an Aramaic root sl, ‘to bow’, and so interpret it as directing the worshipper at this point to prostrate himself.” Vir ons beteken dit dat daar tydens aanbidding tyd vir refleksie en meditasie moet wees. Lofprysing is nooit eenrigting nie, ons wil ook op die Here wag, en hoor wat Hy wil sê tydens die aanbidding.

Verder gebeur die volgende sporadies en spontaan tydens ons Aanbidding.

Hande Klap – Ps 47:2; Jes 55:12
Juig, toejuig, uitroepe – Esra 3:11; Ps 95:1-2
Sang – Ps 100:4; Ps 101:1; Ps 105:2
Op jou aangesig lê – Gen 17:3
Kniel en neerbuig – Ps 95:6; Esra 9:5; Efe 3:14
Staan – Gen 18:22
Ophef van hande – Ps 63:5; Ps 28:3; 1 Tim 2:8; 1 Kon 8:54
Antifonies – (Weerklink, ego) Ps 107; 136; Neh 12:31, 40-42

Wat moet jy doen tydens aanbidding?

Bono die bekende popgroep U2 se hoofsanger wat ‘n belydende Christen is; sê dat alle musiek ‘n vorm van aanbidding is. Die een persoon aanbid sy verlore liefde, of ‘n plek, of ‘n persoon ens. ens. Wanneer ons dan dans en saam hande klap op die ritme van ‘n mooi liedjie waarvan ons hou is ons besig met ‘n vorm van aanbidding. Wanneer ons egter God moet aanbid dan is ons geïnhibeerd en voel ons ongemaklik.

Beweeg en sing saam. Al kan jy nie al die bewegings doen nie, of al ken jy nie die liedjies nie. Neem deel. Dis familie! Ons is mos nie vreemd saam met familie nie? Ons wys die gereedheid en gesindheid van ons hart, deur onsself nooit te vervreemd van familie nie. Sou jy gelowiges van ʼn ander taal en nasie besoek het, sou jy nie eers die woorde kon verstaan nie, maar nog steeds saam neurie en deelwees!

Moet net nie die werk van die Gees teëstaan nie, of verag soos Migal, Saul se dogter nie. (2 Sam 6) Niemand word verplig om enigiets te doen tydens aanbidding nie, ons doel is om mense te lei en te help om hulle eie lofoffer aan die Here te bring. Fokus dus op die Here, en loof Hom met jou hele hart.

Soms is daar tyd vir individuele aanbidding.

Toe buig die man hom neer en aanbid die Here (Ge 24:26)
En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses. En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent. Dan spreek die Here met Moses van aangesig tot aangesig soos ’n man met sy vriend spreek. (Ek 33:9-34:8)

Die belangrikheid van korporatiewe aanbidding.

Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou die Here julle God. Toe het die hele vergadering die Here, die God van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die Here en voor die koning neergeval. (1 Kr 29:20) Wanneer ons byeenkom is dit nie eintlik nie die tyd vir individuele aanbidding nie, alhoewel ons meestal daarvoor tyd inruim. Die liggaam wat saam die Here soos een mens aanbid, is welbehaaglik vir die Here! (Hy woon onder die lofsange, let wel meervoud, van Sy volk) Ps 133:1

Die gees waarin ons aanbid.
God sien ons hart en nie ons lofprysing bewegings nie. Jy kan dans, spring en juig maar God sien die hart waarmee jy dit doen. Dit is wesenlik belangrik dat ons sonder toorn, bitterheid, twis, onenigheid ons hande op steek na die Here. (1 Tim 2:8) Die Gees van aanbidding is die Gees van Christus nl: diens, onderwerping, die ander hoër ag, sensitief, nugter en ongeveins. Dit is wat die dinamika van korporatiewe aanbidding so kragtig maak, ons leer om saam die Here te loof en eer. Die hele gesin, en die hele gemeente loof die Here saam. Niemand staan eenkant of vervreem nie. God se koninkryk is insluitend, niemand word uitgesluit nie. Daarom neem ons mekaar in ag, ook in die keuse van die liedjies. Jonk en oud, lê ons eie smake en voorkeure neer om God saam te aanbid. Al hierdie ‘saam’ aksies is gesetel in die verloëning van self. Dit is in sterk teenstelling waar lofprysing maklik kan ontaard in selfgerigtheid, self verheerliking, mens verering, vleeslikheid en wedywering, vleeslike drif en fokus op menslike prestasies. Nederigheid, diensbaarheid, eenheid, ootmoed, gehoorsaamheid is die Gees van Christus wat moet heers in ons aanbidding.

Categories
Preke

Groei 2014

Die Here is met ons op pad … reg v.d. begin af, sedert daardie 1ste dag wat Hy ons laat omdraai het om Hom te volg, het alles verander. Ons sien die lewe vanuit ‘n hele nuwe perspektief. Ons lewe het nuwe sin en betekenis gekry. Hy voer ons saam in Sy triomftog totdat ons voluit in Sy volheid lewe en handel.  Die eindbestemming van hierdie pad is om elke dag meer en meer in alles wat ons doen soos Jesus te wees en te lewe. Hy is die somtotaal van ons lewe. En ons hele lewe is opgesluit in Hom. (Kol 3:2) Sy lewe: is nederig, ‘n dienskneg, vol van geloof, sagmoedig, rein, ongeveins, opreg, eerlik, lojaal, met integriteit, gehoorsaam, vrymoedig, gemaklik, ongekunsteld, en vry. Die einddoel van ons lewens is dieselfde vir ons almal: of ons nou ryk is aan aardse goed of nie, of ons die aansien het by baie mense of min, of ons leiers of volgelinge is, jonk of oud.  Die bogenoemde eienskappe is die vrug van intimiteit met God.  Ons is almal afhanklik van die Here om Sy karakter deur ons te laat manifesteer.

In Hom is die oorsprong van ware lewe. (Joh 1:4; 11:25) Deur hom het ons ewige lewe en ware lewe ontvang (1 Joh 5:11) Sy lewe en manier van lewe is die beste manier om te lewe. (Joh 14:6) Ons wil dus aanhou groei, en opgroei in volwassenheid in al hierdie eienskappe in Hom (Gal 4:19; Kol 1:28-29) dis immers ons skeppingsdoel (Rom 8:29). Hierdie groei is nie beperk tot hierdie jaar nie, maar elke jaar werk die Here verdere groei in ons, soos ons hierdie pad met Hom stap.  Uiteindelik moet elke ervaring wat ons met God het, lei tot die bogenoemde karakter eienskappe wat ongeforseerd natuurlik uit ons voortvloei. Dis ons redelike godsdiens, om as lewende en heilige offers Sy wil en lewe te leef hier op aarde. (Rom 12:1-2)

Mense soek met elke nuwe jaar nuwe hoop, nuwe openbarings, en selfs nuwe visie.  Dit is nie verkeerd nie, maar nie ten koste van dit wat God reeds gesê het nie, en wat ons nog nie voltooi het nie.  Ek is dus versigtig vir al die nuut, terwyl ek nog sukkel om dit wat ek wel weet gedoen te kry.  Ek het dus nie ‘n nuwe woord of rigting ontvang nie. My begeerte is bloot om hierdie reis in Hom te voltooi.

2014 is ‘n progressie van 2013 se posisioneer vir groei. God is altyd besig om ons te posisioneer vir groei. (Joh 15:1) Hy buig en snoei die lote om optimale groei in Hom te bewerkstellig. Soms is die skuiwe radikaal, en ander kere gering, maar ons is dankbaar en verwelkom dit wanneer Hy ons ‘strategies posisioneer’ vir Sy doelwitte.  So het die Here Adam en Eva strategies in Eden geplaas.  Dis immers presies wat die frase “and there He put man” in Gen 2:8 beteken.  Hierdie posisie en plek waar God ons plaas is onontbeerlik vir enige verdere groei en Koninkryksinvloed wat Hy ons toelaat om te hê. Die dorp, die mense, die tipe werk, die omgewing, die tyd, alles werk mee in God se voorsiening aan jou, om Sy wil te doen.

In Malcolm Gladwill se boek staaf hy hoe mense se sukses nie soseer afhang van hulle DNA en genetiese samestelling nie, maar van die omgewing, die familie, vriende en ondersteuningsnetwerk wat om hierdie persone is.  Soos met Jesus het God ook vir jou ‘n liggaam voorberei om deel van te wees. (Heb 10:5) Jesus is alreeds in Adam, daarna Abraham, Isak en Jakob, asook Sy hele geslagregister geposisioneer vir Sy aankoms en verskyning aan die mensdom.  So het God ons ook voorberei vir die werk op hande.

2014 is dus die jaar van groei vir ons gemeente. Oor die laaste 14 jaar het die Here ons toegerus, ons kapasiteit vergroot, ons denke vernuwe, en ons lewe gereformeer in lyn met Sy Woord, en sal Hy aanhou om dit te doen. Die Here het in sommige van ons in 2013 groot skuiwe bewerk vir nuwe groei, ander gaan beleef hoe die Here hulle in hierdie nuwe jaar weer skuif en posisioneer vir groei, en sommige moet nog die skuif maak om deel te word.  Hierdie proses hou nooit op nie, maar ek is opgewonde oor hoe die Here my en Chantál nie net fisies geskuif het in die jaar nie, maar ook hoe Hy ons innerlik versterk het, vir ‘n nuwe tydvak in ons lewe en bediening.

Dinge waaraan ons aandag gaan gee in 2014:

  • Die Here het ons geroep vir die Olifantsriviervallei, spesifiek die Afrikaans sprekende. Ons vertrou die Here dat Hy ons gaan help om meer in Afrikaans te doen. Die webtuiste volledig in Afrikaans is gereed en opgegradeer. Ons wil meer Afrikaanse liedjies skryf en sing, en ons het ‘n paar boeke wat ons graag wil voltooi en uitgee. Ons wil ook ons radio bediening verbeter en meer ontwikkel.
  • Ons mense is wonderlik toegerus oor die jare, en nou is dit tyd om te bedien, en uit te gee, dit wat jy geleer het toe te pas en ander te leer wat jy geleer het. Ons gaan nuwe huiskerke plant, en ons opleiding uitbrei sodat diegene wat toegerus is , ook die geleentheid kry om te leer en ander toe te rus.
  • Leon en Liebenette begin ‘n nuwe huiskerk vir jong getroudes of paartjies wat gaan trou.
  • Ons gaan publiek met ons lofprysing en aanbidding. Opelug en straat byeenkomste van tyd tot tyd waar ons aanbid en die Here vertrou vir ‘n kragtige demonstrasie van Sy koninkryk om mense te bevry en te restoureer.
  • Kort seminare oor – huwelike, ouerskap, sakevernuf en die persoon en werk van die Heilige Gees.
  • Ek en Chantál gaan soos ons kan ook tyd afstaan aan ons tieners, een van die eerste fokus areas die jaar, ontdek jou eie Christus identiteit.
  • Boere in God se koninkryk gaan ook ‘n belangrike fokus wees hierdie jaar. Ons bou voort om elke plaas in ons gemeente ‘n ware Jesus plaas te maak, en God se koninkryk te vestig. Goeie werksverhoudinge en optimale produksie deur:  opleiding, leierskap ontwikkeling, huisvesting, waardes en etiek, en ekonomies bemagtiging. Ons vertrou ook die Here om opkomende boere te mentor in Afrika d.m.v. ons Afrika uitreik model.  Ons vlieg al vroeg in die jaar met ‘n paar boere na Uganda, om die hoenderprojek uit te brei, en te gaan kyk na nuwe landbou moontlikhede in hierdie land.
  • In ons eerste kwartaal begin ons met ‘n nuwe Bybelskool kursus nl. “Die Jesus Lewe”. Ons gaan leer hoe om prakties soos Jesus te lewe, in terme van jou tyd, jou gesin, familie en vriende, jou gewoontes, belangrike rituele en jou innerlike welstand.  Die kursus is nie net vir gemeente lede nie, en ons gaan dit in al drie die dorpe aanbied.
  • Ons Mannekamp skuif weer terug na die begin van die jaar, so verwag die datums einde Maart.  Hierdie jaar gaan ons groot!  Plaaswerkers, voormanne, bestuurders en boere moet nie hierdie geleentheid misloop nie!
  • Ons vertrou ook die Here om meer sigbaar te wees in die gemeenskappe waar God ons geplaas het, in ons ouetehuise, hospitale, skole, en die armstes van die armstes. Ons werk in HUG het ‘n reuse hupstoot gekry deur Rob en Jan Mathis se betrokkenheid by Ubuntu Crèche in Riverview informele nedersetting. Die crèche word tans ontwikkel om ‘n volwaardige onderrig sentrum te word, sodat die kinders ‘n beter kans en self ‘n voorsprong sal kan hê wanneer hulle skool toe gaan.  Sodoende kan ons begin om die siklus van armoede te breek in hierdie gemeenskap. Ons beplan ook om van die begin van die nuwe jaar met ‘n Bybelskool in die buurt te begin o.l.v Rob Mathis.  Die doel is om die kerkleiers beter toe te rus, sodat hulle weer hulle mense beter kan lei en help.

Soveel mense se gelukwensinge en woorde van bemoediging vir ons vir 2014, en tydens ons huweliksherdenking en my verjaarsdag het die woord ‘groei’ bevat.  Groei is ‘n teken dat daar lewe is.  Orals waar daar lewe is, is daar groei.  Ons gemeente en bediening lewe, want Jesus is ons lewe.  Hy is die lewe van ons bediening.  Die uitkoms van ons bediening is Jesus. Die metode van verandering, transformasie, en reformasie is Jesus! Die hoof van ons kerk is Jesus en Hy is die middelpunt waarom ons hele sonnestelsel beweeg.  Een van die eerste dinge wat ons mense leer in ons gemeente is om akkuraat God se stem te kan hoor, te onderskei en te toets aan die woord.  Ons ideaal is om mense te bou op Jesus as fondament.  Groei is dus onvermydelik en spontaan, dis normaal en deel van ons DNA.  Ons groei in geestelike volwassenheid in Hom, maar ons groei ook in invloed en gesag soos God Sy grondgebied deur ons vergroot in die Olifantsriviervallei.

Vrede en Genade vir julle elkeen wat deur God saam met ons geroep is tot hierdie pad en reis van die geloof in Christus Jesus ons Here!

Categories
Preke

Hoe bly mens vir ‘n leeftyd getrou aan jou huweliksmaat?

Dit is die belofte wat feitlik elke man en vrou aan mekaar sweer voor die Here en getuies op hulle troudag. “Ek belowe ek sal getrou aan jou wees… tot die dood ons skei.” Tog breek ons hierdie belofte so gou vir byna elke rede onder die son. “Ek is nie meer lief vir jou nie” of “ek voel eensaam” of “my maat verstaan my nie, ek voel nie meer in voeling met my maat nie.” of “My maat doen dit… of dat…” Die feit is ons regverdig ons ontrouheid. Ons bou innerlik ʼn regsaak op om ons optrede te regverdig.

Die verdere hartseer is dat die party wat ontrou is dikwels meer woede toon en meer verontreg voorkom as die maat teenoor wie oortree is, selfs nadat hulle oortreding ontbloot is. Hoe is dit moontlik? Die onskuldige party wat meestal ook al hierdie emosies en bogenoemde dinge en redes ervaar het, was nie ontrou nie, het nie losmaking gesoek nie, en kom op ʼn dag met ʼn skok agter dat die ander party al vir ʼn geruime tyd ontrou is! Die onreg in egbreuk is: Die getroue party het ook al die negatiewe elemente van die verhouding beleef, en het nietemin getrou gebly. Jy leef in ʼn illusie as jy dink, net jý beleef alleenheid, onvervuldheid, tekort aan erkenning, onbevredigde behoeftes en begeertes, en onregverdigheid. In honderde berading sessies het ek dit feitlik elke keer eerstehands beleef, dat beide partye meestal dieselfde negatiewe dinamika in die verhouding ervaar. Die misleiding en sluier word vinnig gelig wanneer die rolle omgeruil word. Wat sal jy doen as jou maat ontrou is?

Egbreuk begin as ‘n misleiding van die hart. Ons beleef ‘n negatief, en in plaas daarvan om direk met dit te deel totdat oplossings verkry word gooi ons die handdoek in, en begin inwaarts skei, onttrek, terugtrek, wegdraai, ontknoop.

Die dialoog en redes hoekom mense ontrou was, dui ook verder op die misleiding: Want as mens sal ons altyd ons verkeerd regverdig.

“Kan ʼn mens nie maar twee mense dieselfde tyd liefhê nie?” Dit is ʼn fantasie uit die put van die hel!! Want ons almal weet jou hart kan nie op twee persone fokus nie: Jy sal of die een haat en die ander een liefhê; die een aanhang en die ander verag. (Mat 6:24) Tydens die tydperk van ontrouheid, het jy nog liewer vir jou maat geword, meer geduldig, sagter, meer ingestel op sy/haar gevoelens? Nee die waarheid is, terwyl jy jou hart vir iemand anders oop gemaak het, het jy begin om jou maat te verag, te haat en het jy stadig maar seker al hoe verder weg begin beweeg. Dit is hoe mens agterkom hier is fout, want op intieme vlak verloor maats selfs hulle behoefte vir seksuele bevrediging by hulle maats, want hulle word nou êrens anders gevoed.

“Ons het dit nie gesoek nie” is die ander verduideliking wat mens telkens hoor by getroudes wat ontrou was. Dit is ook nie die waarheid nie. Elke huwelik gaan deur moeilike tye, mens verander, ons liggame verander, ons behoeftes verander. Jou maat verander nie sy of haar slegte gewoontes nie. Ons stry oor dieselfde goed oor en oor. Daar is dae wat ons werklik nie lief voel vir mekaar nie. Ons stry en bereik nie ʼn ooreenkoms nie. My maat gee nie in nie en is onverbiddelik. Ons maak mekaar seer, en voel alleen, onvervuld, en gekrenk. DAN DRAAI MY HART. In plaas daarvan dat ek aanhou “engage” aanhou praat, dinge deurwerk, met my maat ‘stoei’ totdat ons ʼn deurbraak kry… gee ek op, en stilweg begin my hart draai. Ek skei lank alreeds in my hart. God se antwoord teen huweliksontrou is: ‘n Gelukkige en vervulde (gees, siel en liggaam) verhouding met jou maat. (1 Kor 7:1-5) Die waarheid is; jy is nie gelukkig nie maar het nie die moed om met jou ongelukkigheid te deel nie. Jy het al probeer, maar jou maat… Sy/hy sal nooit verander nie… Ons het al gegaan vir hulp maar dit het nie gehelp nie… Die “maars” is ʼn baie lang lys. Die waarheid is, jy het nie hard genoeg probeer nie, as die een oplossing nie werk nie, dan probeer jy iets anders. Die verhouding is dit werd! Die mens het al baie moeiliker goed reg gekry. Ons het ʼn ruimtetuig geland op Mars! Daar is so baie onmoontlikheid wat oorwinnings geword het omdat iemand dit regtig WOU doen.

Die vraag bly dus: Hoe bly ek vir ʼn leeftyd aan my maat getrou? Is liefde genoeg? Ja liefde is genoeg, maar saam met liefde kom karakter. Liefde is ʼn emosie, liefde is ʼn uitvloeisel van die keuse en die fokus van my hart. Maar liefde is onvoorspelbaar. Liefde is met tye eenvoudig nie genoeg nie. Wat doen jy wanneer jou maat jou nie meer kan terug liefhê nie, soos wanneer jou maat siek word en dalk Altzeimers kry. Wat doen jy wanneer jou maat te siek raak om vir jou te sorg, en jy moet jou maat versorg? Dis tog dit wat ons belowe het. “In siekte of gesondheid”.

Karakter: Integriteit, Respek, Eerbied, en Lojaliteit!

Karakter: dit is wat my getrou hou aan my maat aan die einde van die dag. Om die regte ding te doen, aan te hou doen, al voel ek wat! Om ontrou te wees is ʼn skending van my eie karakter en waardes. Ek is ʼn persoon van my woord, my ja is my ja. Ek is eerbaar en lewe met eerbied en lojaliteit! Ons leer nie ons kinders hoe om lief te hê nie, want dit gebeur vanself. Ons leer ons kinders hierdie waardes, omdat hierdie waardes nie vanself kom nie. Dis ʼn keuse elke dag, om deur temptasie my hart gefokus te hou. Die huweliksverbond gaan oor baie meer as net liefdesgeluk! Dis ʼn verbond van trou, eerlikheid, deursigtigheid en vennootskap. Dis die boustene van ʼn gesonde samelewing. Wanneer ons as samelewing ons waardes verloor begin ons op ʼn afdraande die afgrond binne jaag! Ons is nie meer vir ons kinders en kleinkinders rolmodelle nie. Wanneer ons ingee tot ontrouheid, assosieer ek myself met leuens, ek word ʼn leuenaar. Ek lieg vir myself, my maat, my kinders en familie. Om uiteindelik in skaamte te moet erken, ek is vals, wat julle gesien het was ʼn leuen. Ons huwelik, die liefde, die mooi saam, die vakansies, die neseier opbou, die veiligheid van huis; alles ʼn leuen!

Temptasies kom, daar is niemand wat nie al versoek is en voor temptasies te staan gekom het nie. Die skrif sê egter ons moet temptasie “endure” verdra . (Jak 1:12) Ons gee nie in nie, ons karakter word getoets. Ons kies om aanhoudend en voortdurend ons hart te bly draai na mekaar. Partykeer met moeite! Maar ons doen dit, omdat dit is wie ek is! Wanneer ek ingee, verraai ek nie net my maat nie, maar myself! Seksuele sonde is eerstens primêr teen myself. (1 Kor 6:18) Want ons is tempels van die Heilige Gees. Ons is God se verteenwoordigers op aarde. Uiteindelik staan elkeen wat gesondig het en in gegee het vir die temptasie, in skaamte. Kinders van die Here is NIE ontrou nie Ongelukkig moet ons deesdae sê: “veronderstel om ontrou te wees nie)!

Ons het ons identiteit in God verraai vir die luste van die vlees. (Rom 6:12) Soos Esau ons geboortereg verkoop vir ʼn pot lensiesop. (Heb 12:16) Die bietjie kos maak nie op vir die geweldige prys wat ons op die ou einde moet betaal nie.

Hoe bly ek dus getrou aan my maat oor ʼn leeftyd? Omdat ek my woord gegee het, veg ek om te alle tye in eerbied, integriteit, lojaliteit en respek te leef met my maat elke dag ten spyte van enigiets wat my maat doen of nie doen nie. Dit is wie ek is! Ek kies om te veg vir ons verhouding, want ons huwelik is ʼn monument van bogenoemde waardes. Omdat hierdie waardes die boustene is van ʼn gesonde samelewing veg ek met alles in my vir dit! Dis tog die waardes waarop ons volhoubare besighede bou. Dis is ook die waardes waarop ons ons gesinne bou. Liefde vloei spontaan en natuurlik uit hierdie waardes wanneer ons dit leef en doen. Liefde maak dit lekker, maar is nie my vertrek plek nie. Omdat ek kies om aanhoudend my hart te draai, groei liefde in vlakke en in diepte tot die punt waar ek soos God begin liefhê, en ek en my maat een word soos God een is. Dit is wat ons almal soek, maar nie altyd bereid is om die prys voor te betaal nie. Dit kos harde werk, karakter! Soos God se karakter ook in my groei, en ek al hoe meer transformeer na Sy beeld, word eerbied, lojaliteit, integriteit en respek nie goed wat ek doen nie maar die persoon wie ek is!

Eerbied:
Die Bybel sê dat ons, ons ouers moet eer. (Mar 7:10) Maar hoe eer ʼn mens iemand? “Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.”
As jy iemand eer is jy gehoorsaam:
Jesus maak dit duidelik in hierdie gedeelte, dit help nie julle eer my met julle lippe, maar julle doen nie wat ek sê nie. (Mat 15:6-8) As jy werklik iemand eer, doen jy wat die persoon van hou, en wil gedoen hê.

Eerbied is ʼn lewenswyse: Ons word deur Paulus verder vermaan om “die een moet die ander voorgaan in eerbetoning” Petrus sê dat ons “almal moet eer” (1 Pet 2:17) Eer is dus ook ʼn ingesteldheid ʼn manier hoe ek optree teenoor iemand vir wie ek baie agting het. Ons eer hooggeplaastes, en eregaste, die Bybel leer ons leer met hierdie eerbied met alle mense, jou broers en susters in die Kerk, en jou vrou! Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, EER BEWYS, omdat julle ook mede- erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie. (1 Pet 3:7) Ons word te familiêr met die mense in ons huis, ons sal vir hulle enigiets sê, dinge wat ons nooit in die openbaar sal sê nie. Wanneer ons dit doen dan eer ons nie ons maat nie.

As jy iemand eer, hou jy daardie persoon die heel tyd ingelig: Dit is hoe Jesus die Vader geëer het. Joh 15:19; 5:20, 30; 6:38; 8:28; 12:49; 14:10, 24, 31; 15:5; 16:13 Ek eer nie my maat as ek vir my maat geheime het, of hom of haar nie ingelig hou van my besluite, waar ek gaan, en wat ek mee besig is nie. Wanneer ek nie my maat inlig nie wys ek deur my dade, dat my maat nie vir my belangrik is nie, dat ek nie haar of sy insette nodig het nie, en dat ek nie eintlik glo hy of is deel van die span nie.

As jy iemand eer is jou ja, ja en jou nee, nee!: Maar kyk, in hierdie stad is ‘n man van God, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom sekerlik uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die tog wat ons onderneem het. (1 Sam 9:6) Iemand wat ʼn persoon van sy of haar woord is, leef eerbaar. Wanneer jy ontrou is, verloor jy hierdie vertroue wat iemand in jou woord het. Skielik word alles wat jy sê in twyfel getrek.

Lojaliteit:

Lojaliteit is ʼn kwessie van die hart. Ontrouheid vind lankal reeds in die hart plaas voordat dit in die openbaar bekend word. Daarom sê Jesus dat iemand wat self net na ʼn vrou kyk en haar begeer, het alreeds in sy hart met haar egbreek gepleeg. (Mat 5:27-29) ʼn opregte hart is ʼn onverdeelde hart. IN Psalm 101:2b word ons op geroep om: “In my huis wil ek lewe met ‘n opregte hart.”

Die hart is baie bedrieglik (Jer 17:9) en dit is in die hart waar ontrouheid begin (Mat 15:19). For as he thinks in his heart, so is he. “Eat and drink!” he says to you, But his heart is not with you. Ons kan die leuens van ons hart vir mense wegsteek maar nie vir God nie. (1 Sam 16:7b) Daarom moet ons bo alles altyd sorg dat ons, ons hart bewaar. Guard your heart above all else, for it determines the course of your life. (Spr 4:23)

Lojaliteit teenoor my maat, beteken om my maat in my hart eerste te stel. God is altyd heel eerste in ons harte, maar daarna is dit ons eggenoot, dan ons kinders, werk, kerk en familie. Wanneer ons hierdie orde verbreek, is ons dislojaal. Wanneer ek my ma of pa, bo my maat stel, of eerder hulle guns wil behou as my maat sin is ek dislojaal. Wanneer ek enigiemand se belang bo my maat sin stel, is ek ontrou aan my maat.

In die huwelik verloor ons iets van ons individualiteit, om dit uiteindelik juis terug te wen. Hoe gesonder die verhouding is, hoe meer ruimte is daar vir gesonde individualiteit. ʼn Goue reël in hoe jy te werk gaan met die teenoorgestelde geslag is: om nooit jouself te bemark as enkel nie. Ek is getroud, ek dra ʼn ring sodat almal dit kan sien. Ek gebruik gereeld die woord “ons”. Ek stel nie net myself voor nie, maar ook my maat al is sy nie by nie. Ek wys ʼn foto van my maat, en stel hom of haar altyd in die heel beste lig. Ek is een van die mees gelukkigste mense op aarde om met “Eggenoot se Naam” getroud te wees. As ek stories vertel sluit ek my eggenoot in die verhaal in. “ONS was daarheen op pad en toe het…” Ons Praat nooit negatief of sleg van ons maat teenoor ʼn ander persoon nie. Ek is versigtig hoe ek my maat aanspreek en hanteer wanneer my maat ʼn fout in die publiek maak. Liefde maak toe! (1 Kor 13) Ek praat nooit neerhalend met my maat nie, en soveel te meer voor ander mense. Ek spot nie met my maat nie. Ek is nie sarkasties of afbrekend nie.

Respek:

Respek is die “awe” (ontsag) wat ek vir my maat het. Ek kyk op na my maat. Respek moet verdien word, maar al hoewel my maat dalk my respek verdien omdat hy ʼn goeie atleet is, is hy nie so netjies nie, en het hy irriterende gewoontes. Ons respekteer mense gewoonlik in een area, maar dit is nie so maklik wanneer ons met die mens getroud is nie. Mense het almal foute. Nou hoe nou gemaak? Bybelse respek is in die geloof. Omdat ek my maat in die Gees sien. Ek respekteer byvoorbeeld my vrou omdat sy ‘n goeie ma is, my man omdat hy ʼn getroue voorsiener is, maar ek moet meer in my maat raaksien om die hele persoon te respekteer. Sien ek Christus in my maat? Sien ek my maat se roeping in die Here, en waarheen God met my maat op pad is? As ek hierdie dieper en meer permanente geestelike eienskappe begin raaksien, sien ek my maat in heeltemal ‘n ander lig.

Respek het ook met gesag te doen. In ʼn huwelik is die man dalk meer gesaghebbend wat rekenaars betref, dan onderwerp die vrou haar in respek in daardie area aan die man. Die vrou is dalk goed met finansies, en die man onderwerp hom weer in daardie area aan die vrou. Wanneer ons dit regkry word huwelik ʼn wonderlike vennootskap.

Integriteit:

Integriteit gebeur in jou private lewe. Die dinge wat jy doen wat niemand sien nie. Die gedagtes wat jy nooit uiter nie. Integriteit word veral toegepas in die deel van jou lewe wat niemand sien nie. Dis die kern van die ware jy. Dis die besluite wat jy neem waarvan niemand ooit sal weet nie, of waarvoor jy nooit erkenning sal kry nie. Baie mense kan self-opofferend dienskneg wees, en heiligheid regkry voor mense, maar dis wanneer niemand sien nie waar dit regtig tel. Geestelike volwassenheid is wanneer ons publieke lewe en private lewe in sinergie met mekaar is. Daar is dus geen tweeledigheid (dualiteit) in my optredes privaat en publiek nie.

Why is it that so few men finish well? “They learn the possibility of breing fruitful without being pure… they begin to believe that purity does not matter. Eventually they become like trees rotting inside that are eventually toppled by the storm. Jim Downing

Integriteit het te doen met innerlike waarheid. Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheid van onbetroubare mense bring hulle ondergang. (Spr 11:3) Integriteit is ʼn basiese bestanddeel van leierskap. Moses moes manne van integriteit (waarheid) aanstel. (Eks 18:21) Die integriteit van ʼn kleipot in die ooste is bepaal deur dit in die son te laat staan vir ʼn tyd, sodoende sou enige krake wat met was of vet toegesmeer is maklik wys. Ongeveins, onbesproke, deursigtig, onomkoopbaar, onkreukbaarheid. Dit het ook te doen met eerlikheid. Daar is nie boekgehou van die geld wat aan die opsieners van die bouery gegee is nie, want hulle was eerlik en getrou. (2 Kon 12:15) Getrouheid is die mees basiese bousteen en onderbou van ʼn gesonde samelewing. Ons as ouers leer integriteit in ons kinders, sodat hulle suksesvol kan wees. Daarom moet ons ook in integriteit, getrouheid, eerbaarheid, lojaliteit, respek met ons maat saamleef. Wees getrou in die kleine en jy sal getrou wees ook in die groter dinge. (Luk 16:10)

Ontrouheid verbrokkel hierdie waardes se krag in ons lewe. Een keer se ontrouheid, en jy sukkel die res van jou lewe om gesig te gee aan hierdie waardes. Soos ʼn goeie naam, kry jy dit net een keer in jou lewe. Daarna moet jy maar toesmeer, stilbly, en jou skaamheid probeer toemaak, soos Adam en Eva. Klink dit asof mense wat getrou in huwelike bly dan glad nie sondig nie? Is hulle maar nie ook met geheime dinge besig nie? Wel as hulle is, gaan die son van die lewe die krake uitwys op een of ander tyd! Daarom moet ons almal, let wel ALMAL! Die wat in huwelike staan en die wat ʼn misstap begaan het onsself opbou in Goddelike Karakter! Hoe meer SY karakter deel word van ons lewe en bestaan hoe kleiner die mag van die duiwel om ons te versoek. Die volheid van goddelike karakter is die teenmiddel teen ontrouheid. Hoe meer ons ontwikkel en groei in ons karakter, hoe beter kans het ons om temptasies te weerstaan.

Versoekings sal nooit ophou nie, maar as ek en my maat beide as dissipels en leerlinge van Christus SY pad begin stap, wys Hy die onreinheid en valsheid in ons harte uit, en ons groei, bly groei om meer soos Hy te word. Die perfekte huwelik is wanneer beide persone só in Christus gegroei het en bly groei. Ek deel met die foute van ons verhouding deur self meer soos Jesus te word. Wanneer my maat dieselfde doen, begin ons verhouding in eenheid en sinergie in Hom te groei. Dan word die huwelik wat God bestem het dit moet wees. ʼn Heilige Goddelike eenwording! In stede van na my maat se foute te kyk, staan ek deursigtig voor God en laat Hom die donker in my hart wys. Uiteindelik besef ek dat ek méér foute het as my maat. Dat ék tekort skiet om my maat se behoeftes te vervul. In Sy teenwoordigheid word ek sag en soos klei in Sy hande, Hy vorm my en maak my soos Hy wil! Wie wil nie getroud wees met so ʼn maat nie? Iemand wat sag is, nederig, liefdevol, vol van passie, vredemakers, ongeveins, eerlik, standvastig, gehoorsaam, regverdig, wys, onselfsugtig, gemaklik. Die foute wat ons oënskynlik in die begin weggedryf het van mekaar is op die ou einde deel van die mens wat God nog moet verander. Dis die eienskappe van ons menswees wat nog nie onder Jesus se heerskappy is nie.

My gevolgtrekking is dus: Die enigste manier om vir ewig getrou te wees aan my maat is om elke dag meer en meer te word soos Jesus, in karakter, lewenstyl en gesindheid! As beide partye tot hierdie proses verbind is… het ons hemel op aarde!

 

 

 

Categories
Preke

Geskep om te regeer

God het ons oorspronklik geskape om te heers. Genesis 1:28
En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Selfs oor sonde. Genesis 4:7
Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jý moet daaroor heers. Romans 6:12 Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Romans 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.

Ons moet oor ons liggame heers. 1 Corinthians 9:27 27 Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

REIGN IN LIFE THROUGH THE ONE, JESUS CHRIST. Romans 5:17

Ons as individue kan nie God se gesag in onsself alleen vestig en uitvoer nie. Daarom in die NT lê die gesag van God in SY kerk. Mat 16:18 “build my church and the gates of hell” Alle gesag is onder die voete van Sy Kerk en liggaam. (Efe 1:22-23) Die kerk maak die heerlikeheid van God bekend aan die geestelike owerstes en maghebbers. (Efe 3:10) Oh what a foolishness to try to attain victory over satan in your life without the church!!! PLEASE WAKE UP!

Jesus het ons as voorbeeld vooruit gegaan, en vir ons gewys dit is moontlik om as mens te regeer oor die volgende:

  • Oor Boosheid: Matthew 8:16 Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met ‘n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak. Colossians 2:15 Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.
  • Oor satan: John 14:30 Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie,
  • Oor voorsiening: Vermeerder die brood Joh 6; Vang baie vis deur nette aan die ander kant in te gooi Joh 21:6-13; muntstuk in die vis se bek. Mat 17:27
  • Oor die natuurlike elemente: Maak die storm stil Mt 8:26-27; Loop op die see Mt 14:25; Vervloek die vyeboom Mt 21:19
  • Oor elke tipe krankheid en siekte: Acts 10:38 Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom.
  • Oor die dood: Romans 6:9 Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.
  • Oor sonde: Matthew 9:4–6 Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê vir hulle: “Waarom het julle sulke slegte gedagtes in julle harte? 5 Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes word vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’? 6 Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.” Hy sê toe vir die verlamde man: “Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”

In die Woord is al die sleutels opgesluit om oor elke saak en situasie te heers:

Leierskap – Wees die minste en dien (Mat 10:27)

Grimmigheid – sagte antwoord (Spr 15:1)

Tekort – gee (Die weduwee Mark 12:42-43; Gee en vir jou sal gegee word Luk 6:38)

Sonde – dood (Rom 6:6)

1 Corinthians 4:8–13 8 Julle het mos klaar alles wat julle begeer! Julle is al klaar ryk! Julle regeer al klaar soos konings! Ons nog nie. As julle tog maar werklik konings was, sodat ons saam met julle kon regeer. 9 Dit lyk vir my God het aan ons, die apostels, die laaste plek in die ry gegee asof ons mense is wat tot die dood in die arena veroordeel is. Ons het ‘n skouspel geword vir die wêreld, vir engele sowel as vir mense. 10 Ons is dwaas ter wille van Christus, julle is verstandig in Christus; ons is swak, julle is sterk; julle geniet aansien, ons word verag. 11 Tot op hierdie oomblik ly ons honger en dors, ons is armoedig aangetrek en word mishandel. Ons swerf rond 12 en werk hard met ons eie hande.

  • Ons word uitgeskel, en ons antwoord met seënwense;
  • ons word vervolg, en ons verdra dit;
  • 13 ons word beledig, en ons bly vriendelik.

Ons het die uitvaagsels van die wêreld, die skuim van die samelewing geword, en dit is nou nog so.

 

2 Corinthians 6:6

  • by purity,
  • by knowledge,
  • by longsuffering,
  • by kindness,
  • by the Holy Spirit,
  • by sincere love,

 

2 Corinthians 6:10

  • as sorrowful, yet always rejoicing;
  • as poor, yet making many rich;
  • as having nothing, and yet possessing all things.
Categories
Preke

Kyk met nuwe oë na die hemel

Elke dag word ons gekonfronteer deur die agteruitgang, verbrokkeling, verwoesting, en gebrokenheid van hierdie wêreld. Ons sien duidelik die verganklikheid, die kortstondigheid, en die tydelikheid van hierdie bestaan, tog hou ons soms krampagtig daaraan vas terwyl die Vader vir ons iets talloos beter in stoor het.

Daar is ‘n sterk konnotasie tussen wat ons begeer en hoe ons die hemel sien. Mense se beelde van die hemel is meestal gebaseer op die dinge wat hulle die graagste in die lewe sal wil hê. Vir die Moslem is dit ‘n Haarlem met baie vroue, vir die Boeddhiste is dit ‘n plek van vrede en stilte. Vir Christene is, die hemel ‘n plek waar ons nie meer gaan swaarkry, trane stort en siek wees nie. Mense gebruik die woord hemels, wanneer hulle ‘n heerlike ete beskryf, of die seksdaad, of ‘n lekker oomblik tussen vriende, avontuur en oomblikke van ekstase. Hemel is waar jou hart is. (Mat 6:21) Die hemel waarna ons smag lê opgesluit in ons begeertes. Die dinge wat ons begeer dui uiteindelik op die tipe hemel wat ons sal wil hê.

Dit kan egter nie hemel wees nie! Hemel is die plek waar God se begeertes en wil seëvier. Omdat ons egter nie ʼn idee het waaroor God se hemel en koninkryk gaan nie, het ons gee natuurlike behoefte daarvoor nie. Leef ons maar die beste lewe wat ons kan leef, en hoop maar op die beste. Ons hou krampagtig vas aan ons stukkies hemel en wil nie laat gaan nie. Ons hou vas aan hierdie lewe, en maak hierdie lewe se dinge so waardevol dat ons dit uiteindelik aanbid, en God se plan heeltemal uit ons versier verloor. Geld, tyd, take, werk, en materiële rykdom word so belangrik, dis al waarvoor ons leef, veg en bestaan. Jesus moedig ons aan om te werk vir ewige voedsel. Joh 6:27; Mat 4:4; Joh 4:13-14

Die aarde is oorgegee aan verval en gebrokenheid

Dit is ook die rede hoekom ons as mens so hard probeer om van die aarde ‘n beter plek te probeer. Ons raak perfeksionisties, ons strewe na die volmaakte. Sommige soek na ware liefde, ander na welvaart om gemaklik en sonder probleme te probeer leef. Ander probeer weer elke moontlike kuur om jonk te bly. Alles is ‘n gejaag na wind, ‘n eindelose soeke na ‘n stukkie hemel. Ons probeer hemel maak hier op aarde! Die hartseer is: al hierdie dinge is kortstondig, dit bly nie mooi nie alles is uitgelewer aan verganklikheid. Maak nie saak hoe hard ons probeer, netjies maak, orde skep, regmaak en mooimaak nie, alles verval weer en verwelk onder die krag van verderflikheid. Roem, eer, respek, aansien, is vlietende oomblikke van glorie, maar op die ou end is alles weer vergete. ʼn Dwelm verslaafde leef vir sy volgende “high” daardie oomblik van “invincibility” maar dit hou nie. Hoe hoër die hoogte van ekstase so laag val ek in diep depressie en verdriet. Die tragedie is sulke persone mis uit op die lewe en eindig op in hulle middeljare, as hulle die dwelms oorleef, met niks, geen geld, eiendom, gesin of lewe. Elke keer as ons probeer om van hierdie lewe te ontsnap en ons eie hemel te skep ontken en verloor ons die geskenk wat God wel vir ons in hierdie lewe opgesluit het.

Die woord hemel kom 149 keer voor in die NT.

Kyk ek maak alles nuut: Rev 21:5; Mat 19:28

Loon /Reward Mat 5:12; 6:1-4, 20; 16:27; Rev 22:12

Regeer: Gen 1:28; Exo 19:6; Rev 5:10 oor stede Luk 19:12-19;

Huise: Isaiah 65: 17–19, 21; Mat 19: 28–29; Mat 25:31-36

Yes, Revelation implies “there was no longer any sea” (Rev 21: 1). But many scholars believe this is alluding to the fact that the ancients, including the Jews, held the sea to be a habitation of evil.

Ons sal skyn soos die Son: Mat 13:43

Ons sukkel om te go en verstaan dat “Hemel” regtig beter is: Philippians 1: 23

JESUS is Hemel

Christus is die enigste antwoord en ingang tot ‘n ewige hemel. Hy is ook nie net die deur nie, hy is ook die verpersoonliking van die hemel. Waar hy is, is hemel. (Mat 4:17) Hy is die presiese verpersoonliking van die Vader. (Heb 1:3) As jy Hom sien en leer ken, sien jy die Vader. Hy versoen ons weer met die Vader. (Col 1) As gevolg van sonde is die aarde uitgelewer aan verderf en verbrokkeling. Dis hoekom die aarde uitroep met reikhalsende verlange na die openbaarmaking van die seuns van God. (Rom 8:19-25) Soos ons gelykvormig word aan die beeld van die Seun (Rom 8:29) bring ons hemel aarde toe. Hemel wag vir ons, maar ons kan ʼn stuk van die hemel alreeds hier beleef wanneer ons Sy lewe en manier van lewe leef.

Dis hoe Jesus ons geleer het om te bid; “laat u koninkryk kom, u wil geskied, hier op aarde soos wat dit in die hemel is.” Hemel kan net kom, as daar mense is wat die wil van God doen. Jesus se lewe is God se wil. God se wil is nie meer ‘n geheimenis nie of misterie nie. God se wil is dat ons moet glo in die een wat Hy gestuur het, Jesus Christus. Soos wat Hy ons leer en help en laat opgroei in die wasdom van Jesus se lewe, begin die landskap om ons verander, alles waarmee ons in aanraking kom verander. ‘n Dorre woestyn word ‘n oase!

Hemel is ‘n aarde sonder Sonde

Sonde verwoes lewens, breek af wat mooi en edel is, takel ons liggame af, verbrokkel verhoudings, verskeur en verwoes gesinne, maak dood. God het Christus gestuur om ons lewe en lewe in oorvloed te gee. Jesus red, genees en herstel. Jesus restoureer en maak ons heel. Hierdie restourasie kan nie volkome gebeur terwyl ons nog op aarde is nie. Dis hoekom ons ‘n verheerlikte liggaam gaan ontvang wanneer ons ontslaap. As hierdie aardse liggaam alreeds verheerlik was, sou ek mos nie nog ‘n verheerlikte liggaam nodig hê nie?

God laat toe dat ons wel deur Christus ‘n stukkie hemel hier op aarde beleef, om ons ‘n voorsmaak te gee van wat wag vir ons. (Rom 1:20) Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie Die skepping getuig en wys ons hoe die hemel werklik gaan lyk.

Hoe sal ons die hemel beskryf? Niemand was al daar nie, sommige het ‘n veraf blik gekry. Hemel is die aarde se glorie sonder die gebrokenheid van sonde en nog soveel meer. Dink net hoe wonderlik sou die aarde wees sonder sonde! Dit is die kern van die koninkryk boodskap wat Jesus verkondig het. (Mat 4:23; Mar 1:15; Luk 8:1; Acts 1:3)

Wanneer die volkome kom, sal ons totaal verlos wees van sonde. Ons is saam met die aarde uitgelewer aan die verdorwenheid van sonde, alhoewel nie meer slaaf van die sonde nie. Ons moet almal tot sterwe kom, alhoewel ons wat in die Here sterf nie sterf tot die ewige verderf nie maar die ewige lewe. Ons verander net ‘n seisoen, soos van winter na somer. Ons lewe gaan voort in Christus sonder die beperkinge van sonde en die teenswoordige wêreld. Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. (1 Cor 13:12

Wat is die koninkryk? Dis waar God heers, en Sy wil geskied. In sy Koninkryk/hemel/woning is dinge soos dit moet wees. Byvoorbeeld: Ons word nie meer siek nie, genesing het uit Jesus gevloei na elkeen wat siek is, omdat die koninkryk naby gekom het. (Mat 4:23; Luk 9:11) Ons lewe vir ewig, dood het sy angel verloor. (1 Cor 15:54-56) Dit is die restourasie van alle dinge waarvan die skrif praat. (Acts 3:21)

Dis asof met elke sonsondergang en sonsopkoms, die Here ons attent wil maak op die heerlikheid wat kom.

Die skepping getuig van God se karakter en skeppingsvermoë. Daar is soveel mooi, en verwondering in die skepping. Hemel is soveel meer. Ons hou soms so krampagtig vas aan hierdie lewe en wêreld, omdat ons in wese eintlik nie glo in dit wat kom nie. Ons huil oor ‘n kind se vroeë dood, en die lewe waarop die kind uitgemis het sonder om te besef dat die eintlike lewe eers hierna gebeur. As die kind in die Here is, het hy of sy uitgemis en ontsnap van hierdie gebroke, sondige, verwoestende wêreld. Hoekom sou ons die kind hier wil hou om eers te ly onder sonde? Jesus rig ons gereeld in sy leringe na die ewigheid. Deur vir ons te wys op die loon wat ons dan sal hê, ( Mat 5:12; 46; 6;1-6; 16, 18) en dat hierdie krone en eer nie kan verwelk nie. (1 Cor 9:25)

Why are you grieving? The question felt strange, insensitive. Why? You very well know why. But his question had the same tone the angels used when the disciples came to the grave of Jesus on Easter morning: “Why do you look for the living among the dead?” (Luke 24: 5). Jesus went on, Craig is not dead; you know that. So let us talk about your loss. He began to help me differentiate between grief and devastation, between “good-bye for now” and what felt like utter loss. All Things New: Heaven, Earth, and the Restoration of Everything You Love by John Eldredge[1]

Ons harte en begeertes is waar hemel is. (Mat 6:21) Ons hemel is soms ‘n klein stukkie proe van sorgelose geluk toe ons jonk was. Vir die res van ons lewe loop ons in sirkels om weer dié oomblik te proe. Ons hardloop op soek na dit wat was. Ons drink uit leë bottels, en begeer net-nog- ʼn-keer oomblik. Hemel is waar mense God se wil leef en doen. Wanneer ons soos Jesus dien, liefhet, vergewe, aanraak, ophef dan laat ons mense deel aan die hemel wat nou in ons harte leef. Hemel het nou tuiste gevind in ons harte. Vrede en vreugde diep in jou gees, al gaan dit ook hoe swaar. Ons is nou alreeds besig om ‘n stuk van hemel te leef, wanneer ons intiem is met God.

Uiteindelik gaan God ʼn nuwe hemel en aarde maak. (Isa 65:17; Rev 21:1) Hy gaan alles nuut maak. (Rev 21:5) Hemel is meer ʼn werklikheid as hierdie wêreld. Ons gaan nie in die hemel een baie lang kerkdiens hou nie. Kom ons kyk net hoe Jesus saam met sy dissipels vir eet en kuier na sy opstanding. (Joh 21:12)

Ons lewe met die medalje in ons sak. Die hoop is in ons harte. (Col 1:27) Daarom kyk ons met groot verwagting na die wenstreep. Daarom fokus ons, hart gedurig op Hom! Ons kyk nie na mense nie, want hulle gaan ons faal, selfs if possible not all the elect will make it. Ons kyk nie na die omstandighede nie, want dinge gaan erger raak, ons weet dit, want ons leef in die eindtye. Ons kyk nie na valse drome en ideale nie, ons hou ons oë stewig gefokus op ons enigste hoop Jesus Christus in en onder ons. (Heb 12:2)

Hemel hier op aarde is om die wil van God te doen.

En die wil van God is geopenbaar Jesus die Christus. Wanneer ons Hom leef en ons harte op Hom rig, ondek ons die rykdom en oorvloed van Sy genade. Moet ons dan nou ophou regmaak, mooi maak, en ophef? NEE! Hemel is die plek van gehoorsaamheid. My loon en ewigheid is opgesluit in of ek gehoorsaam is of nie. Inteendeel: Gehoorsaam is ʼn plek. Al wat God van my wil hoor as ek eendag in die hemel gaan arriveer is: was ek gehoorsaam of nie? So baie gaan sê Here, Here? (Mat 7:21) Wanneer ek my lewe oorgee en myself verloën sluit God die hemel vir my oop in Christus. Dis immers die enigste manier om God te dien en te volg. (Mat 16:24) Wanneer ek my drome, begeertes en ideale vir Hom gee en nie meer probeer om dit self te verwesenlik nie, maak God my drome waar. Hierin is ʼn groot sleutel opgesluit: WAARVANDAAN kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? 2Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. 3Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. 4Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? (Jam 4:1-4) Wanneer ons godsdiens probeer om God se arm te draai om my hemel te probeer kry, slaan die hemel se deure vir my toe. Dis juis wanneer ek oorgee, en Hom vertrou om hemel aan my te openbaar soos wat Hy wil, dan gebeur dit spontaan.

Lewe vanuit Sy rus

Hierin kan ek dus totale rus vind in Hom. Ek hoef nie die hele wêreld te probeer red nie. Ek hoef nie die aarde ʼn beter plek te probeer maak nie. Ek kan nie die verganklikheid van die aarde stop nie, en dit is ok! Al wat God van my verwag is om Hom te gehoorsaam! Dit is na my mening ook die hoogtepunt van geestelike volwassenheid: Om Hom juis te gehoorsaam wanneer ek nie daarna voel of lus is nie. Dis die kern en wese van ons godsdiens/dissipelskap in Christus. Ek moet net doen wat Hy sê! Wanneer die opdrag van Hom kom, dan gee Hy genade en krag om die opdrag uit voer. Hy werk saam met ons! Wanneer ek op my eie dit doen, staan ek alleen.  Ons hou ook nie op om mooi  na die wêreld te kyk nie, want ons is Sy Rentmeesters, wat sal rekenskap gee.

Ons redding en vrymaking is ook nie net vir onsself nie. Ons wil vry wees van self, selfsug, selfbewustheid en die “shame” van ons foute, om uit gehoorsaamheid te dien, te gee, te help, instrument te wees! Ons wil vry wees van skuld, en geldelike verknorsing en resessie, nie om self lekker te leef nie, maar om te kan gee. Ons werk nie om ons eie hemel te skep nie. Ons werk om te kan gee. (Eph 4:28) Ons wil so vry wees dat ons sonder verskoning, bagasie, en attachments net kan gehoorsaam!

Ann Unsworth het ons geleer:

‘hold on loosely’

Ons is burgers van God se koninkryk, hier woon ons in tentwonings, ons is bywoners, ons werklike huis is by Hom, ʼn ewige tuiste. (Phil 3:20) Ons is hou liggies vas aan die dinge van hierdie lewe, omdat ons, ons oë gevestig hou op ʼn ewige hoop! Die somtotaal van my lewe is gehoorsaamheid aan God, that is it! My loon is by Hom!

[1] http://a.co/fTmrci8

Categories
Preke

Kyk met nuwe oë na die hemel

Daar is ‘n sterk konnotasie tussen wat ons begeer en hoe ons die hemel sien.  Mense se beelde van die hemel is meestal gebaseer op die dinge wat hulle die graagste in die lewe sal wil hê.  Vir die Moslem is dit ‘n Haarlem met baie vroue, vir die Boediste is dit ‘n plek van vrede en stilte. Vir Christene is, die hemel ‘n plek waar ons nie meer gaan swaarkry, trane stort en siek wees nie.  Mense gebruik die woord hemels, wanneer hulle ‘n heerlike ete beskryf, of die seksdaad, of ‘n lekker oomblik tussen vriende, avontuur en oomblikke van ekstase. Hemel is waar jou hart is. (Mat 6:21) Die hemel waarna ons smag lê opgesluit in ons begeertes. Die dinge wat ons begeer dui uiteindelik op die tipe hemel wat ons sal wil hê.

Dit kan egter nie hemel wees nie! Hemel is die plek waar God se begeertes en wil seëvier. Omdat ons egter nie ʼn idee het waaroor God se hemel en koninkryk gaan nie, het ons gee natuurlike behoefte daarvoor nie. Leef ons maar die beste lewe wat ons kan leef, en hoop maar op die beste. Ons hou krampagtig vas aan ons stukkies hemel en wil nie laat gaan nie. Ons hou vas aan hierdie lewe, en maak hierdie lewe se dinge so waardevol dat ons dit uiteindelik aanbid, en God se plan heeltemal uit ons versier verloor. Geld, tyd, take, werk, en materiële rykdom word so belangrik, dis al waarvoor ons leef, veg en bestaan.

Dit is ook die rede hoekom ons as mens so hard probeer om van die aarde ‘n beter plek te probeer. Ons raak perfeksionisties, ons strewe na die volmaakte. Sommige soek na ware liefde, ander na welvaart om gemaklik en sonder probleme te probeer leef.  Ander probeer weer elke moontlike kuur om jonk te bly. Alles is ‘n gejaag na wind, ‘n eindelose soeke na ‘n stukkie hemel. Ons probeer hemel maak hier op aarde! Die hartseer is: al hierdie dinge is kortstondig, dit bly nie mooi nie alles is uitgelewer aan verganklikheid. Maak nie saak hoe hard ons probeer, netjies maak, orde skep, regmaak en mooimaak nie, alles verval weer en verwelk onder die krag van verderflikheid. Roem, eer, respek, aansien, is vlietende oomblikke van glorie, maar op die ou end is alles weer vergete. ʼn Dwelm verslaafde leef vir sy volgende “high” daardie oomblik van “invincibility” maar dit hou nie. Hoe hoër die hoogte van ekstase so laag val ek in diep depressie en verdriet. Die tragedie is sulke persone mis uit op die lewe en eindig op in hulle middeljare, as hulle die dwelms oorleef, met niks, geen geld, eiendom, gesin of lewe. Elke keer as ons probeer om van hierdie lewe te ontsnap en ons eie hemel te skep ontken en verloor ons die geskenk wat God wel vir ons in hierdie lewe opgesluit het.

He has made everything beautiful in its time. Also He has put eternity in their hearts, except that  no one can find out the work that God does from beginning to end. (Eccl 3:11) Ons is almal in die beeld van God geskape. (Gen 1:24) Ons is uit hom en in hom geskape. (Joh 1:1-2) Ons het dus alreeds ʼn stuk van hemel in ons, en ons hunker eintlik sonder dat ons dit wil erken na Hom, na ons Vader, ons Huis. God is liefde is ons hunker na Sy liefde, want net Sy liefde is volkome, en ewig.

Christus is die enigste antwoord en ingang tot ‘n ewige hemel.  Hy is ook nie net die deur nie, hy is ook die verpersoonliking van die hemel. Waar hy is, is hemel. (Mat 4:17) Hy is die presiese verpersoonliking van die Vader. (Heb 1:3) As jy Hom sien en leer ken, sien jy die Vader. Hy versoen ons weer met die Vader. (Kol 1) As gevolg van sonde is die aarde uitgelewer aan verderf en verbrokkeling.  Dis hoekom die aarde uitroep met reikhalsende verlange na die openbaarmaking van die seuns van God. (Rom 8:19)  Soos ons gelykvormig word aan die beeld van die Seun (Rom 8:29) bring ons hemel aarde toe.  Hemel wag vir ons, maar ons kan ʼn stuk van die hemel alreeds hier beleef wanneer ons Sy lewe en manier van lewe leef.

Dis hoe Jesus ons geleer het om te bid; “laat u koninkryk kom, u wil geskied, hier op aarde soos wat dit in die hemel is.”  Hemel kan net kom, as daar mense is wat die wil van God doen. Jesus se lewe is God se wil.  God se wil is nie meer ‘n geheimenis nie of misterie nie. God se wil is dat ons moet glo in die een wat Hy gestuur het, Jesus Christus. Soos wat Hy ons leer en help en laat opgroei in die wasdom van Jesus se lewe, begin die landskap om ons verander, alles waarmee ons in aanraking kom verander.  ‘n Dorre woestyn word ‘n oase!

Sonde verwoes lewens, breek af wat mooi en edel is, takel ons liggame af, verbrokkel verhoudings, verskeur en verwoes gesinne, maak dood.  God het Christus gestuur om ons lewe en lewe in oorvloed te gee.  Jesus red, genees en herstel. Jesus restoureer en maak ons heel.  Hierdie restourasie kan nie volkome gebeur terwyl ons nog op aarde is nie. Dis hoekom ons ‘n verheerlikte liggaam gaan ontvang wanneer ons ontslaap. As hierdie aardse liggaam alreeds verheerlik was, sou ek mos nie nog ‘n verheerlikte liggaam nodig hê nie?

God laat toe dat ons wel deur Christus ‘n stukkie hemel hier op aarde beleef, om ons ‘n voorsmaak te gee van wat wag vir ons.  (Rom 1:20) Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie Die skepping getuig en wys ons hoe die hemel werklik gaan lyk.

Hoe sal ons die hemel beskryf? Niemand was al daar nie, sommige het ‘n veraf blik gekry.  Hemel is die aarde se glorie sonder die gebrokenheid van sonde en nog soveel meer.  Dink net hoe wonderlik sou die aarde wees sonder sonde! Dit is die kern van die koninkryk boodskap wat Jesus verkondig het. (Mat 4:23; Mar 1:15; Luk 8:1; Hand 1:3)

Wanneer die volkome kom, sal ons totaal verlos wees van sonde.   Ons is saam met die aarde uitgelewer aan die verdorwenheid van sonde, alhoewel nie meer slaaf van die sonde nie.  Ons moet almal tot sterwe kom, alhoewel ons wat in die Here sterf nie sterf tot die ewige verderf nie maar die ewige lewe.  Ons verander net ‘n seisoen, soos van winter na somer.  Ons lewe gaan voort in Christus sonder die beperkinge van sonde en die teenswoordige wêreld. Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. (1 Kor 13:12) 

Wat is die koninkryk? Dis waar God heers, en Sy wil geskied.  In sy Koninkryk/hemel/woning is dinge soos dit moet wees.  Byvoorbeeld: Ons word nie meer siek nie, genesing het uit Jesus gevloei na elkeen wat siek is, omdat die koninkryk naby gekom het.  (Mat 4:23; Luk 9:11) Ons lewe vir ewig, dood het sy angel verloor. (1 Kor 15:54-56) Dit is die restourasie van alle dinge waarvan die skrif praat. (Hand 3:21)

Dis asof met elke sonsondergang en sonsopkoms, die Here ons attent wil maak op die heerlikheid wat kom.  Die skepping getuig van God se karakter en skeppingsvermoë.  Daar is soveel mooi, en verwondering in die skepping.  Hemel is soveel meer.  Ons hou soms so krampagtig vas aan hierdie lewe en wêreld, omdat ons in wese eintlik nie glo in dit wat kom nie. Ons huil oor ‘n kind se vroeë dood, en die lewe waarop die kind uitgemis het sonder om te besef dat die eintlike lewe eers hierna gebeur.  As die kind in die Here is, het hy of sy uitgemis en ontsnap van hierdie gebroke, sondige,  verwoestende wêreld. Hoekom sou ons die kind hier wil hou om eers te ly onder sonde?  Jesus rig ons gereeld in sy leringe na die ewigheid. Deur vir ons te wys op die loon wat ons dan sal hê, ( Mat 5:12; 46; 6;1-6; 16, 18) en dat hierdie krone en eer nie kan verwelk nie. ( 1 Kor 9:25)

Ons harte en begeertes is waar hemel is. (Mat 6:21)  Ons hemel is soms ‘n klein stukkie proe van sorgelose geluk toe ons jonk was. Vir die res van ons lewe loop ons in sirkels om weer dié oomblik te proe. Ons hardloop op soek na dit wat was.  Ons drink uit leë bottels, en begeer net-nog- ʼn-keer oomblik. Hemel is waar mense God se wil leef en doen. Wanneer ons soos Jesus dien, liefhet, vergewe, aanraak, ophef dan laat ons mense deel aan die hemel wat nou in ons harte leef.  Hemel het nou tuiste gevind in ons harte. Vrede en vreugde diep in jou gees, al gaan dit ook hoe swaar.  Ons is nou alreeds besig om ‘n stuk van hemel te leef, wanneer ons intiem is met God.

Uiteindelik gaan God ʼn nuwe hemel en aarde maak. (Jes 65:17; Ope 21:1) Hy gaan alles nuut maak. (Ope 21:5) Hemel is meer ʼn werklikheid as hierdie wêreld. Ons gaan nie in die hemel een baie lang kerkdiens hou nie. Kom ons kyk net hoe Jesus saam met sy dissipels vir eet en kuier na sy opstanding. (Joh 21:12)

19Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. 20Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe—nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het — 21in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. 22Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. 23En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. 24Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? 25Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. (Rom 8:19-25)

 

Ons lewe met die medalje in ons sak. Die hoop is in ons harte. (Kol 1:27) Daarom kyk ons met groot verwagting na die wenstreep. Daarom fokus ons, hart gedurig op Hom! Ons kyk nie na mense nie, want hulle gaan ons faal, selfs if possible not all the elect will make it. Ons kyk nie na die omstandighede nie, want dinge gaan erger raak, ons weet dit, want ons leef in die eindtye. Ons kyk nie na valse drome en ideale nie, ons hou ons oë stewig gefokus op ons enigste hoop Jesus Christus in en onder ons. (Heb 12:2)

 

Hemel hier op aarde is om die wil van God te doen. En die wil van God is geopenbaar Jesus die Christus. Wanneer ons Hom leef en ons harte op Hom rig, ondek ons die rykdom en oorvloed van Sy genade. Moet ons dan nou ophou regmaak, mooi maak, en ophef? NEE! Hemel is die plek van gehoorsaamheid. My loon en ewigheid is opgesluit in of ek gehoorsaam is of nie. Inteendeel: Gehoorsaam is ʼn plek. Al wat God van my wil hoor as ek eendag in die hemel gaan arriveer is: was ek gehoorsaam of nie? So baie gaan sê Here, Here? (Mat 7:21) Wanneer ek my lewe oorgee en myself verloën sluit God die hemel vir my oop in Christus. Dis immers die enigste manier om God te dien en te volg. (Mat 16:24) Wanneer ek my drome, begeertes en ideale vir Hom gee en nie meer probeer om dit self te verwesenlik nie, maak God my drome waar. Hierin is ʼn groot sleutel opgesluit: WAARVANDAAN kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? 2Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. 3Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. 4Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? (Jak 4:1-4) Wanneer ons godsdiens probeer om God se arm te draai om my hemel te probeer kry, slaan die hemel se deure vir my toe. Dis juis wanneer ek oorgee, en Hom vertrou om hemel aan my te openbaar soos wat Hy wil, dan gebeur dit spontaan.

Hierin kan ek dus totale rus vind in Hom. Ek hoef nie die hele wêreld te probeer red nie. Ek hoef nie die aarde ʼn beter plek te probeer maak nie. Ek kan nie die verganklikheid van die aarde stop nie, en dit is ok! Al wat God van my verwag is om Hom te gehoorsaam! Dit is na my mening ook die hoogtepunt van geestelike volwassenheid: Om Hom juis te gehoorsaam wanneer ek nie daarna voel of lus is nie. Dis die kern en wese van ons godsdiens/dissipelskap in Christus. Ek moet net doen wat Hy sê! Wanneer die opdrag van Hom kom, dan gee Hy genade en krag om die opdrag uit voer. Hy werk saam met ons! Wanneer ek op my eie dit doen, staan ek alleen.

Ons redding en vrymaking is ook nie net vir onsself nie. Ons wil vry wees van self, selfsug, selfbewustheid en die “shame” van ons foute, om uit gehoorsaamheid te dien, te gee, te help, instrument te wees! Ons wil vry wees van skuld, en geldelike verknorsing en resessie, nie om self lekker te leef nie, maar om te kan gee. Ons werk nie om ons eie hemel te skep nie. Ons werk om te kan gee. (Efe 4:28) Ons wil so vry wees dat ons sonder verskoning, bagasie, en attachments net kan gehoorsaam!

Ann Unsworth het ons geleer: hold on to life lightly. Ons is burgers van God se koninkryk, hier woon ons in tentwonings, ons is bywoners, ons werklike huis is by Hom, ʼn ewige tuiste. Ons is hou liggies vas aan die dinge van hierdie lewe, omdat ons, ons oë gevestig hou op ʼn ewige hoop! Die somtotaal van my lewe is gehoorsaamheid aan God, that is it! My loon is by Hom!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Categories
Preke

Verstaan die wet van God se voorsiening

Ons hoef niks te doen om die voorsiening van die Here te verkry nie. Saam met die voorsiening van asem, kom die voorsiening vir die lewe.

Daar sal altyd seisoene wees, en saad vir elke seisoen. Gen 8:22
22“So lank as die aarde bly bestaan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, ook nie koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie.”

Luke 12:6–7
6“Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. 7Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Mat 6:25-34
25“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? 26Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 27Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? 28En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. 29Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. 30As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? 31“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. 32Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. 33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. 34“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

God se bonatuurlike voorsiening:

Eks 16:11-14 – God voorsien Kwartels vir die volk Israel

Rigters 15:18-19 – God voorsien water vir Simson

1Kon 17:5-6 – God voorsien dmv kraaie vir die profeet by die spruit Kedron

2Kon 4:42-44 – God vermeerder die Eerste vrug offerhande vir almal om te eet.

Mat. 14:13–21; Mar 6:31–44; Luk 9:11–17; Joh 6:1-13 – Jesus vermeerder die brood.

Die feit dat daar ʼn appèl gemaak word om tevrede te wees met kos en klere. Is omdat dit altyd daar sal wees. Dis deel van God se basiese voorsiening aan die mens. 1 Tim 6:6-8
6Die godsdiens is ‘n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, 7want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. 8As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.

Die Here trek Adam en Eva aan. Gen 3:21
21Daarna het die Here God vir die mens en sy vrou velklere gemaak, en hulle dit aangetrek.

Self in tye van hongersnood en gebrek, sal daar voorsiening wees. Ps 37:19, 25
19In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie, in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê. 25Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ‘n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.

Ps 136:25
25
Hy gee voedsel aan al wat lewe. Aan sy liefde is daar geen einde nie.


Voorsiening is deel van God se karakter, dis wie Hy is. Kyk hoe mildelik voorsien God deur Sy skepping vir ons. Abraham glo dat God self die ram gaan voorsien. Genesis 22:13
13Toe Abraham weer kyk, sien hy agter hom ‘n skaapram wat aan sy horings in ‘n bos vasgevang is. Hy het die ram gaan vat en hom in die plek van sy seun as brandoffer geoffer. 14Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.”

Die probleem van voorsiening lê nie voor God se deur nie. Hy voorsien! Ons is nie altyd goeie rentmeesters van God se voorsiening nie, en verloor die reg en toegang tot hierdie voorsiening. Ons verloor toegang tot God se voorsiening deur:

  • Nie na ons liggame te kyk nie.
  • Nie die natuurlike hulpbronne te beskerm nie.
  • Toe te laat dat sonde oor ons heers.

 

 

 

 


Categories
Preke

Die Ekstase van ‘n Christus Gevulde Lewe

Jesus die bron van ons VREUGDE

God verlang dat ons Hom sal dien met vreugde en blydskap.

Die Here se hart vir ons is, dat ons die lewe en alles wat Hy ons gegee het sal geniet! Ons hoef nie hierdie vreugde te soek en deur pynigende rituele te gaan om dit te ervaar nie, Hy werk ware “bliss” geluk, vreugde en passie in ons deur Christus! Omdat jy die Here jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie, Deut 28:47 God beplan werklikwaar vir ons lewe en lewe in oorvloed! (Joh 10:10)

Daarteenoor … “On the celebration of the birthday of their prophet and other festivals, they work themselves, by the constant repetition of “Allah, Allah,” into a state of unconscious ecstasy, “in which they plant swords in their breasts, tear live serpents with their teeth, eat bottles of glass, and finally lie prostrate on the ground for the chief of their order to ride on horseback over their bodies.”

GLORY . A major biblical concept, in the word “glory” is the translation in KJV of a variety of Hebrew and Greek words, the most common being kābôd in the OT and doxa in the NT. Developing from the Hebrew concept of “weight, heaviness, worthiness,” the term “glory” in a doctrinal sense is used of God in (Ps 19:1 and (63:2), speaking of the heaviness, awesomeness, or intrinsic worth of God’s being.

Central to the OT usage of the term is the idea of the “glory of Yahweh” (Isa 6:3). In this sense, glory is linked to revelation, and consists of the manifestation of God’s nature. The specific issue in (Isa 6) is the revelation of holiness, and the majestic holiness and glory of God are closely related. At times in the OT this manifestation approximates an overpowering physical appearance of glory, splendor, or brilliance (Lev 9:23; Ex 33:18 ff.). This is theologically represented by the terms “presence,” or “Shekinah glory.”

In the NT the glory of the Lord is seen in connection with Jesus Christ in a variety of ways. The birth narrative in the Lucan account shows that the first advent of Messiah was marked by the appearance of the glory of the Lord (Lk 2:9, 14, 32). This glory, the fullness or sum of all the perfections of the Godhead, was veiled during the earthly incarnate ministry of Christ, except for a brief glimpse at the transfiguration (Lk 9:28 ff.), and at crucial points in Christ’s ministry (Jn 2:11; 11:40). (Heb 1:3) delineates Jesus Christ as the effulgence or radiation of the glory of God.

By sovereign grace, the NT believer is seen as sharing to some extent in this glory now (Rom 8:30; II Cor 4:6). In the resurrected state the believer will be conformed to the glorified Saviour to a far greater extent than now realized, and will share in the eschatological glory of Christ (I Pet 5:4; Rev 21:23). He will be free of the fallen nature and have a resurrection body. Pfeiffer, C. F., Vos, H. F., & Rea, J. (1975; 2005). The Wycliffe Bible Encyclopedia.

Die mens is geskape met ʼn soeke en begeerte vir ekstase. God het bedoel dat ons hierdie ekstase vind in Hom (Ps 119:16; Job 22:25-26), jou huwelik (Spr 5:18) en die Liggaam van Christus (Joh 17:21). Wanneer ons ons hart wend en fokus op enige goedkoop alternatief, raak ons een met ʼn objek (substance) en verloor ons ons menslike en goddelike eienskappe. Dit is die kern van alle tipes van verslawing. Ons diepste begeerte in verhoudings is om met iemand een te word, ʼn sielsgenoot te vind met wie ons kan oud word. Ware geluk is nie geluk as dit nie met iemand gedeel kan word nie. Verslawing lei tot diepe eensaamheid en ʼn konstante verwydering van sulke sinvolle verhoudings. God het ons dan ook geskape om in eenwording ekstase te ondervind.

Spiritual ecstasy is an altered state of consciousness characterized by greatly reduced external awareness and expanded interior mental and spiritual awareness which is frequently accompanied by hallucinations and emotional/intuitive (and sometimes physical) euphoria. Eksase bring mee dat ons “invincible” voel, ons voel kragtig en “bold”, jy kan onthou, jy het helderheid, beleef euphoria, en jy is ontspanne.

Omdat ons nie hierdie ekstase eerstens in Hom kry nie, (Mat 6:33) en ook nie in ons maats nie, soek ons dit op ander plekke, en vul die honger in ons hart met musiek, seks, dwelms, voorskrifmedisyne, alkohol, sport, en kos. Alhoewel daar opsigself niks boos is omtrent enige van hierdie “substances” nie, is dit bedoel as aanvullers en nie die kern en wese van ons ontvlugting nie. Hierdie dinge offer kortstondige ontvlugting en ons “voel” tydelike beter, maar hierdie middels bied nie die krag, vermoë en genade om ons probleme te oorkom nie. Dit kan net die Here doen!

Ons het ecstacy die meeste nodig wanneer ons “vulnerable” weerloos is: Moegheid, uitbranding, alleenheid, verveeldheid, stres, spanning, angs, en woede.

Die volgende chemiese middels word natuurlik en spontaan in jou liggaam vrygestel wanneer jy intimiteit met jou maat bereik.

Dopamine: Elevated levels of dopamine in the brain produce extremely focused attention. This chemical causes people to focus intensely on the object of my affection at the exclusion of everything else around them. A release of dopamine is associated with craving and dependency in addiction. Inside the brain, dopamine plays important roles in motor controlmotivationarousal, cognition, and reward,

Norepinephrine: This chemical generates exhilaration and increased energy by giving the body a shot of natural adrenaline. Norepinephrine has also been linked to raising memory capacity. Whatever stimulus is being experienced in the presence of this chemical is “seared” in the brain.
An increase in norepinephrine from the sympathetic nervous system increases the rate of contractions in the heart.[6]

Testosterone: Testosterone is known as the hormone of sexual desire in both men and women. Key hormone of desire, triggering feelings of positive energy and well-being.

Oxytocin: The flood of oxytocin at climax acts as a natural tranquilizer, lowering blood pressure, blunting sensitivity to pain and stress, and inducing sleep.

Serotonin: This natural chemical is released right after climax, exercise, breathing, ecstasy bringing on a deep feeling of calmness, satisfaction and release from stress. Anti-depressant drugs like Prozac are designed to increase levels of serotonin.

Buite die raamwerk van intimiteit en eenwording in ons verhouding met God, ons maat, en die liggaam, word die einste middel wat ons gebruik vir ontvlugting ons tronksel. Ons wat geskape is na God se beeld, raak slaaf van geskape middels.

 

Hierdie middels werk gewoonlik in ons diepste wese en affekteer ons “reptilian en mammal” brein, alhoewel ons in ons logiese rasionele denke weet en wil om nie in te gee nie, hunker ons diepste wese na hierdie middels, en word ons in die tregter van goedkoop ekstase ingetrek. Die enigste manier om dit te voorkom, is om in ons diepste wese God te ontmoet en te beleef, en met Hom eenwording te ervaar. Sy liefde laat ons blom, skyn, gloei van Sy heerlikheid. Soos wat Moses se gelaat gegloei het.

The Reptilian Brain

This brain is the first to be developed. It is responsible for autonomic bodily functions such as heartbeat, breathing, and temperature control. It is also responsible for the most important human needs, such as survival, feeding and mating.

This brain is part of your subconscious mind. It has a set of pre-programmed instructions that it will always execute. This brain cannot change or learn from past experiences. It only understands images, and does not understand language.

Some of the traits associated with the reptilian brain are: aggression, dominance, obsessiveness, compulsiveness, fear, worship, submission, greed, sex, and seeking a mate.

The Mammalian Brain

This is the type of brain developed by most mammals on top of their reptilian brain. It is your emotional brain – this is the brain that is responsible for making you feel the way that you do. This brain creates chemical messages that allow you to store information in memory. The more emotionally charged the message is, the stronger effect on the brain it is going to have.

This part of the brain is able to learn from past experiences. It ensures that you feel pleasure from the activities intended for your survival, such as eating and sex. This function helps to ensure that you will continue to repeat the favorable behaviors. The emotional brain is also able to learn to associate pain with activities that may threaten your existence, such as getting burned or getting hit by a car.

We like to think that we make most of our decisions based on what we think is right. In actuality, however, we make most of our decisions, on what we feel is right. And this “feeling” is the response that we get from our emotional brain.

The Primate Brain

This is the thinking brain. It controls such things as thinking, language, and creative thinking. This brain is responsible for telling us who we think we are.

Unfortunately, this brain does not have a priority over its two predecessors. For example, in an emergency situation, your brain can cause you to automatically react in a certain way, without you ever having to think about it. This function is crucial to our survival, but it can also present some real problems if our subconscious mind decides to take over, as it often does, in non-emergency situations.

Jesus is pure vreugde!

Die voorhangsel is geskeur (2 Kor 3:7-4:6) Die heerlikheid en glorie wat net vir die hoë priester bedoel was, het nou in ons kom woon. Soos wat ons vanuit hierdie diepe intimiteit met Hom leef, is daar deurentyd momente waar Sy vreugde tasbaar in ons word.

Toe Johannes nog in sy moeder se buik net in Jesus se teenwoordigheid kom, het hy met vreugde opgespring. Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.
Lukas/Luke 1:44 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, Lukas/Luke 2:10 Elke keer wat ons Jesus ontmoet, Hom beleef, die Woord vir ons duidelik word, Hy met ons praat, ons lei, ons wys deur iemand anders wat Jesus leef, in die alles vind ons ware vreugde!!!

Kyk net na die volgende “mindmap” en sien die vrymaking en verlossing van jou redding!

Die koninkryk van God (hemel, vrede, vreugde) het gekom, en tuiste in ons hart gevind! (Luk 17:21) Hierdie koninkryk is nie ʼn destinasie nie, maar ʼn bedryfstelsel. Soos wat ons in gehoorsaamheid in Sy genade leef, vul Hy ons lewe met vreugde, nie net subjektiewe ervarings van vreugde nie, maar vreugde wat ander lewens raak. Daar is ʼn plek vir ʼn ekstatiese ervarings in die Here. (2 Kor 5:13) Maar God wil hê ons moet hierdie vreugde deel!

Die Heilige Gees vul ons met vreugde!

Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
Romeine/Romans 14:17 En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees. Handelinge/Acts 13:52

Dis beter om te gee as om te ontvang.

dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid. 2 Korintiers/Corinthians 8:2

‘n Gelukkige huwelik!

Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet…

Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug — Pred 9:9 die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees. Spreuke/Proverbs 5:18

Die vreugde van om ‘n siel te wen.

En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf. Handelinge/Acts 15:3

Eenheid is vreugde!

maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. Fillipense/Philippians 2:2 Ek doen ‘n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging. 1 Korintiers/Corinthians 1:10

Geniet die gawe van jou werk!

Kyk, wat ek as ‘n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel. 18 Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit ‘n gawe van God.19 Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie, omdat God hom laat besig wees met die vreugde van sy hart. Prediker/Ecclesiastes 5:17

In hierdie tyd van verdrukking en probleme op baie vlakke, landbou, ekonomie, verbrokkelings verhoudings gee die Here vir ons ʼn sleutel!

“For you shall go out with joy, And be led out with peace; The mountains and the hills Shall break forth into singing before you, And all the trees of the field shall clap their hands. Instead of the thorn shall come up the cypress tree, And instead of the brier shall come up the myrtle tree; And it shall be to the Lord for a name, For an everlasting sign that shall not be cut off.” Jesaja/Isaiah 55:12-13

 

LEWE ELKE OOMBLIK IN DIE VREUGDE VAN SY NABYHEID!