Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die Groeipad van die gelowige

Doen die SELFTOETS – Kliek HIER

Ontwaak tot Jesus Christus

Vanuit Ɖ suiwer skriftuurlike perspektief: Het Jesus ooit ‘n appùl gemaak dat mense Hom moet aanbid? Nee, Hy het nie. Sy appùl oor en oor was: “Volg my.” (Mat 4:19; 8:22; 9:9; 10:38; 16:24; 19:21). Jesus soek dus nie ons admirasie nie, Hy soek ons gehoorsaamheid. Natuurlik is aanbidding ‘n belangrike deel van me geestelike lewe en groei, maar lofprysing is nie wat ons red nie. Lofprysing, aanbidding, godsdiens beoefening is nie ons middelaar nie, Jesus is.

Doop in Water

Doop is ’n baie kontroversiĂ«le onderwerp tussen Christene.  Die een ding waaroor  almal egter ooreenstem is die feit dat elke gelowige gedoop moet word, want daaroor is die Bybel baie duidelik.  Die probleem is hoe en wanneer? Ons weet dat die kern van die evangelie handel oor die aflĂȘ van die ou mens, en die opneem in die geloof van jou nuwe Christus natuur.  TOE sĂȘ Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloĂ«n en sy kruis opneem en My volg  (Mat 16:24-25; Gal 2:20; Phil 3:18).

Doop in die Heilige Gees

Die wonderlike natuurlike voorsiening wat God gee word dikwels deur satan verdraai of vervals sodat ons dit verwerp. Uitgehonger aan God se liefde, koop ons dan makliker in tot die swak  nabootsing wat satan ons aanbied. Ons as mens het almal ‘n geestelike spirituele honger. 

Skakel met die liggaam

Skakel en raak deel van die Familie: Die wese van kerkwees is die samekoms van gelowiges  (Acts 2:42, 46). Die wese van hierdie samekoms is dat ons mekaar sal opbou, stig en versterk in bediening (Matt. 22:39; Acts 2:44-45; 1 Cor 14:26).

Leer die Wil/Woord van God

Rus jouself toe vir bediening (Matt. 28:18-20, Acts 2:42). Elke volgeling van Jesus hoort deurgaans in ‘n Bybelskool. 

Aanbid in Gees en in Waarheid

Aanbid die Here in Gebed en Lofprysing (Matt. 22:36-37, Acts 2:43, 47; Acts 2:42). God is Gees en moet in Gees en waarheid aanbid word (Joh 4:35). 

Lei iemand om ‘n volgeling van Jesus te word

Lei iemand om ‘n volgeling van Jesus te word (Matt. 28:18-20, Acts 2:41, 47). Daar is niks wat mens so verkwik en versterk as die voorreg om iemand na die Here toe te lei nie.  

Dien die gemeenskap met Jesus se lewe.

Dien die gemeenskap en WĂȘreld met Christus en help vorm gemeenskap na die beeld van Jesus Christus (Col. 1:28).

Categories
Preke

Die ‘Ek Is’ Beginsel

Die ‘ek is’ beginsel – God se teenmiddel teen minderwaardigheid.

Die mees belangrikste uitspraak in jou lewe begin met: “Ek is
”. Jesus se versoeking het die “ek is” uitspraak in Sy lewe bevraagteken: “As jy dan regtig die Seun van God is…” (Mat 4:3). As die vyand ons onkant betrap rondom ons identiteit, dan vang Hy ons in Sy strik van leuens om uiteindelik sy wil te doen (2 Tim 2:26).

Dit is wesenlik belangrik dat ons elkeen moet weet ‘wie’ ons is. Jou skeppingsdoel is in werklikheid Christus (Rom 8:29). Alhoewel ons nooit fisies soos Jesus kan wees nie, wil God dat ons soos Hy sal dink, optree en leef. Hy is die beste manier om te leef. Sy waardes en motiewe is suiwer! Hy is die volmaakte wil van God. Ons is dus die mooiste mense, wanneer ons die meeste soos Hy is. Die basis van ‘belief therapy’ wat in tronke en rehabilitasie sentrums gebruik word is: Wat jy oor jouself glo, bepaal jou gedrag en keuses.

Maar ons skeppingsdoel gaan ook verder as dit. God het ‘n plan met elkeen van ons, en sodra ons daardie plan verstaan kan ons ‘n lewe van sin en betekenis leef (2 Pet 1:10). Die “ek is” het eerstens nie te doen met wat ons kan doen en vermag nie. Because God created us as ‘Beings’ not ‘Doings’! Mense wat deur trauma gaan wil net iemand teenwoordig hĂȘ, jy hoef niks te doen nie. Ouer mense wat teen die einde van hulle leeftyd nie meer al die dinge wat hulle eers kon doen meer vermag nie, is nie nou minder werd en belangrik nie. Hulle teenwoordigheid, wie hulle was is vir ons belangrik! Jy is eerstens ‘n gees mens. Wie jy in die Gees is, jou teenwoordigheid, jou gesindheid is bepalend. Iemand met ‘n verkeerde gees, kan ‘n hele vertrek mense negatief beĂŻnvloed. Die teendeel is ook waar! Iemand met ‘n positiewe ingesteldheid kan geskiedenis verander!

Kyk na die rots waaruit jy gekap is:
Dis waarom Paulus die broeders vermaan: “Want let op julle roeping, broeders” (1 Cor 1:26). Hulle moes onthou hoe God hulle geroep het. Hulle was nie vername mense nie. “Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.” Isa 51:1. Jou redding en die manier hoe God jou red, kan betekenisvol wees om jour roeping te verstaan.

Die man wat die bekende EE3 Evangelisasie tegniek en kursus ontwikkel het, het juis deur die twee diagnostiese vrae tot bekering gekom: Waarvan het die Here jou verlos?, en hoe het Hy jou verlos wat ook nou vir ander van hulp wees? “Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword.” (Heb 5:8-9). Selfs Jesus het ‘n liggaam nodig gehad wat hom voorberei is deur generasies heen (Heb 10:5). Selfs jou ouerhuis en omstandighede waarin jy gebore is, is belangrik. Moet nie dit as ‘n vloek sien nie.

Vind Jouself in die Woord:
Johannes die doper moes homself in die Woord sien, om sy roeping te verstaan (Mal 3:1 vergelyk Mar 1:2). Paulus het geglo dat hy deur spesiale roeping lewendig gemaak is (Gal 1:1 Sien hoe Paulus sy roeping sien en verstaan: “Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig.” (Gal 1:15-16).

Profetiese Woord en Openbaring:
“Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesĂȘ: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak.” (Jer 1:5.) So het die Here vir Abraham, Moses, Samuel en nog baie ander geroep om vir Hom te werk. Wanneer ons God ontmoet, kry ons ons identiteit. Ons is juis identiteitloos omdat ons Hom nie ken nie.

Adam en Eva het in ongehoorsaamheid die verhouding wat hulle met God gehad het verbreek en weggestap en sodoende hulle identiteit verloor. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag (Gen 25:34). Ons eie drange en vleeslike begeertes mislei ons. Ons dink ons is die somtotaal van ons drange en begeertes. God het ‘n hoĂ«r doel met ons as mens, daarom het Hy ons geskape met goddelike vermoĂ«ns.

Paulus was eers op ‘n verkeerde pad, omdat hy in die tradisies van sy voorvaders geloop het en nie geweet het wat hy doen nie (Han. 9:3-6). Hy het ook deur profetiese woord van Ananias sy roeping ontvang (Han. 9:15-16).“Maar deur die genade van God is ek wat ek i.s” Paulus maak hierdie kragtige stelling in (1 Kor 15:10). Hierdie is ‘n diep geestelike paradoks: Om self te verloĂ«n (Mat 16:24; Rom 2:20) en uiteindelik net jouself te wees.

Madame Guyon het dit verduidelik dat God soos met ‘n slang die gif uit ons ‘self’ wil haal om ons uiteindelik onsself gesond terug te gee. Die selfsug, ambisie, selfregverdiging, passiwiteit, trots, van die eie-ek verwoes ons lewe. As ons egter sterf tot hierdie self, gee Hy ons ‘self’ terug om in nederigheid, ootmoed, gehoorsaam aan Hom te lewe. Daar is ‘n unieke deel van die beeld van Christus in ons elkeen opgesluit. (Philemon 6)

Categories
Preke

Die Krag van Goddelike Self-beheersing

ONTDEK DIE GAWE VAN GODDELIKE INPERKING

Iemand wat geduldig is, is groter as ’n oorlogsheld, en iemand wat homself kan beheers, is groter as iemand wat ’n stad inneem. (Spreuke 16:32)

Die vermoĂ« om nee te sĂȘ, terug te hou, plesier en beloning uit te stel, is sinoniem met koningskap, adellikheid, en volwassenheid. Dit is inderdaad baie moeiliker as emosionele impulsiewe oorgawe aan begeertes en drange.  Dit is immers wat ons onderskei van ons dierlike instinkte. Jesus is ‘n perfekte voorbeeld van onthouding, inperking en selfdissipline – WEES bemagtig in HOM om ook koninklik te regeer in hierdie LEWE.

In hierdie era van wetteloosheid en anargie mag ons die krag van Sy genade ontdek wat in ons die vermoĂ« werk om onsself te weerhou en te dissiplineer om gematig en in beheer van ons fakulteite te wees vir Sy heerlikheid en eer, Amen.  

Die bekamping van die Gees van Anargie of Wetteloosheid wat vandag vinnig in ons wĂȘreld versprei, het ons die beperking van die Heilige Gees nodig om in ons lewens toe te neem. As ons in geloof vra, kan ons glo dat die Gees se wonderlike weerhoudingskrag van vandag af in ons lewens sal toeneem.

Jesus het homself daarvan weerhou om die hulp van Engele te roep – Mat 26:53 

Dit was een van die apostoliese onderwerpe wat Paulus met Felix bespreek het – Acts 24:25

4 keer word genoem as ‘n belangrike kwaliteit geestelike leiers moet besit – Titus 1:7-8; 2:2; 2:5; 3:2.

Dit word genoem onder die lys van deugde wat elke gelowige moet hĂȘ – 2 Pet 1:6

Dit is een van die vrugte van die Gees – Gal 5:23. 

Spesifieke gebiede waar inperking toegepas moet word.

Heers oor jou aptyte vir voedsel in die teenwoordigheid van konings – Prov 23:1; 29:11

Inperkingsvorm werk te hard op soek na rykdom – Prov 23:4

Heers oor jou emosies – Prov 25:28

Beheer en beperk jou seksuele aptyte – Song of Solomon 2:16

Bedien die Here in vas en gebed – Acts 13:1-3

Inperking ter wille van die evangelie – 1 Cor 9:22

Wees gematig in alle dinge – 1 Cor 9:25

Lei jou liggaam op en verhard dit onder volledige beheer 1 Cor 9:27

Verstaan jou metron van gesag en invloed – 2 Pet 2:12

Hoe doen ons dit? 

Solank as wat julle hier op aarde is, is daar drange wat vir julle sal probeer oorheers. Sulke drange moet julle doodmaak. Hier noem ek veral enige onsedelikheid en onbehoorlikheid, maar ook ander verkeerde drange en begeertes. Dan is daar nog die begeerte na rykdom wat nooit genoeg kry nie—dit is net so goed asof ’n mens ’n afgod aanbid. 6Dit is oor hierdie soort ding dat die straf van God sal toesak op almal wat ongehoorsaam was aan Hom. (Lees Col 3:5-17)

“Doodgemaak” of “sit die ou man af” = Bekeer jou van verkeerde gedrag.

Trek die nuwe mens aan, barmhartigheid, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid, verdra mekaar, trek liefde aan! v12 – 15 

Laat die woord van God ryklik in jou woon v16 

Boodskap van Ap Andre Pelser: 

Sonder inperking vergaan mense. Dit is noodsaaklik om die gebiede te ken wat vir ons buite perke is as kinders van die Here. Wanneer ons diĂ© grense oortree, maak ons onsself oop vir die vyand wat niks daarvan dink om ons lewens binne ‘n oomblik te vernietig nie. Selfs al het ons die vryheid van seuns van God, moet ons hou by die weerhoudende invloed van die Heilige Gees.  Die Gees kan bedroef word oor ons onwilligheid om na Hom te luister. Hy mag ook uiteindelik geblus word as ons volhard in ons hardkoppigheid. Laat ons vandag vergifnis vra as ons die Heilige Gees met ons hardnekkigheid bedroef en weerstaan. Kom laat ons weereens die teĂ«houdende invloed van die Gees in ons lewens verwelkom. Dae word meer boos as ooit tevore omdat die vyand weet dat sy tyd op aarde kort is. Hy het gekom om soveel siele as moontlik te steel en dood te maak en te vernietig; maar Jesus het gekom sodat ons lewe kan hĂȘ en dit in oorvloed. Wees onderwerp aan die goddelike inperking van die Heilige Gees wat jou hart, verstand en dade bewaak.Beoefen inperking in die hoeveelheid wat jy eet en drink.  Beheer jouself om te vinnig te praat of te antwoord.  Plaas inperking op jou uitgawes, ook oor hoe jy jou tyd bestee.  Sonder inperking vergaan mense: geen perke en geen grense lei tot self-vernietiging. 

Categories
Preke

Die postuur van ‘n aanbidder.

Lofprysing wat God behaag. Die objek van ons lof is die Here, God van hemel en aarde, verlosser en koning van ons hart! Ons fokus is nie die orkes, die sangleier, die liedjies, of die bewegings nie. Ons fokus is God en God alleen. Ons lofprysing en aanbidding is nie gefokus om mense te vermaak nie. Jy kan ook nie eintlik Ɖ toeskouer van ons aanbidding wees nie. As aanbidding span fasiliteer en help ons mense om elkeen sy/haar individuele offer van lof aan God te bring. (Heb 13:15) Die fokus is egter nie net op die individu se konneksie met God nie, ons fokus ook op mekaar om saam ons lof en eer aan die Here te bring. Omdat God nie in offers belang stel nie, maar in gehoorsaamheid is ons vandag nog steeds saam met die Heilige Gees en die Woord op Ɖ pelgrimsreis om die lof te ondek wat God behaag. (1 Sam 15:22) Ware lofprysing is nie net die sing van liedjies nie, maar Ɖ regte lewenswyse gebaseer op Jesus Christus en sy Koninkryk bedryfstelsel. (Amos 5:23-24; Mat 5-6) Soos wat ons meer vrymoedig raak om nie meer lof te gebruik om by God uit te kom nie, maar Hom te loof en prys op grond van die voltooide werk wat Jesus Christus alreeds vir ons gedoen het om ons te regverdig, maak ons gedurig nuwe ondekkings soos Hy Sy hart aan ons ontbloot. Lofprysing is dus Ɖ geloofsweg om elke dag meer en meer God se hart te ondek soos ons in die geloof op grond van die kruis in Hom leef en wandel. Aanbid Hom in gees en waarheid. (Joh 4:24) Dit beteken om Hom te loof met opregtheid, eerlikheid, ongeveinste, lof wat nie omgee wat die mense sĂȘ nie. Waarheid spreek van die egtheid van ons fokus. Ons bid nie gebede om deur mense gehoor te word nie. (Mat 6:5-8) Aanbidding deur die Gees spreek van aanbidding wat uit jou hart kom, deur die Gees in jou geplaas tot God se eer. Dit is die kern van ons hele aanbidding is om terwyl ons sing en aanbid die Heilige Gees se hulp te soek, dat Hy ons help. Want niemand kan God werklik aanbid of sien sonder dat die Vader Homself deur Sy Gees aan ons openbaar nie. (Mat 16:17; Matt. 11:27; 1 Cor. 2:10; Gal. 1:16) Lofprysing begin die dag wanneer God vir jou Ɖ werklikheid word. Wanneer jy God persoonlik sien, beleef of ervaar sal jy Hom loof en prys. Niemand sal jou hoef te leer hoe om dit te doen nie. Dis Ɖ spontane reaksie op die werklikheid van Sy bestaan in jou lewe. Die probleem is dat baie mense oor die jare in Ɖ kerk groot geword het, waar God net op een sekere manier geloof en geprys word. As gevolg van kulturele invloede en humanisme het aanbidding in die kerk vervreemd geraak met die voorskrifte en voorbeelde wat die Bybel leer. Spontane lofprysing gebeur hoogstens in ons binnekamer of in privaatheid. Die meeste mense wat in die kerk grootgeword het se reaksie oor ons lofprysing is: “Ons hou daarvan en dit is mooi, maar dit is vreemd” Mense is dit nie gewoond nie, en weet nie wat hulle moet doen nie. Ons begeerte is om ons eie opinies en idees neer te lĂȘ en soos kinders te word sodat die Heilige Gees ons kan leer deur die Woord hoe ons God moet aanbid in Gees en in Waarheid. Hoekom Loof ons die Here so? Ons loof die Here volgens Bybelse Voorskrifte en nie ons eie opinie of mensgerigte planne nie. Nadat Dawid se eerste poging om die Ark terug te bring na Jerusalem misluk het omdat hy nie die voorskrif wat God neergelĂȘ nagekom het nie, maak Dawid groot voorsorg en stel verskeie families aan om hulle lewe te wy aan die ontwikkeling van lofprysing en aanbidding soos God dit verlang. Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die Here onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie. (1 Kron 15:13) Dit is dan ons doel om die skrif te ondersoek en presies soos die woord vir ons voorskryf God te aanbid met ons hele hart, krag en verstand. Loof die Here met jou alles, die hele mens is betrokke. “Jy moet die Here jou God liefhĂȘ met jou hele hart, jou hele siel, al jou krag en jou hele verstand” (Luk 10:27) Dit impliseer eenvoudig dat jy die Here moet liefhĂȘ met jou gedagtes, jou emosies, jou liggaam, jou alles! Ons hele menswees is teenwoordig en betrokke om God voluit lief te hĂȘ. God is dus die fokus van ons hart. Ons alles, ons wil, ons lewe, ons begeertes, ons drome ons passies, ons gedagtewĂȘreld is gerig om God te loof en te prys. Geen meer dualisme (verdeling in opponerende kompartemente) Lofprysing is nie Ɖ offer om God se guns te probeer verdien nie. Die ondekkings wat ons gemaak het oor tyd rakende lofprysing is nie Ɖ nuwe lys van werke om God te probeer behaag en so Sy guns te wen nie. Jesus het alreeds God se guns vir ons bekom. Soos ons in Sy teenwoordigheid staan en leef sien ons Sy hart en liefde om selfs in ons dade van lofprysing, Ăłns aan te raak en te seĂ«n. Dis is wonderlik om te ondek hoe elkeen van die dade van lof, eintlik gerig is tot ons voordeel. God het nie ons lofprysing nodig nie, maar soos ons Hom meer en meer loof en prys verander ons perspektief, ondervind ons genesing, restoureer Hy ons lewe, en word ons getuies van Sy liefde. Daar is al so baie mense wat kan getuig dat hulle genesing, bevryding en redding ontvang het tydens ons lofprysing. Verskillende tipe Liede en die sing van Geestelike Liede, Ɖ nuwe lied, “the song of the Lord” Terwyl julle saam psalms en lofgesange en geestelike liedere sing. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. (Efe 5:19) Psalms is skrifgefundeerde melodieĂ« met begeleiding van ‘n musiek instrument. ‘n Deuntjie wat jy sal onthou. “op die wysie van…” Gesang = ‘n uitgewerkte musikale verwerking van ‘n lering, poĂ«sie, lofsang. Gesange is liede wat meer skrifgebonde is en die fokus is op die woorde wat ons sing. Tydens gesange staan ons gewoonlik stil en konsentreer op die inhoud van die woorde wat ons sing. Geestelike liede is liedjies wat uit ons gees kom, dit word op die oomblik geskep volgens dit wat ons in ons hart ervaar en in ons gees sien. Dit is ook die tipe liede waarvan Paulus in KorintiĂ«rs 14:15 praat. Ons sal met ons verstand sing, maar ook met ons gees. In vers 14, verduidelik Paulus dat iemand wat in tale bid, of dan in die gees bid se verstand nie betrokke is nie, die woorde kom deur die Gees. Wanneer ons dus in die gees bid of sing, gebeur dit in tale. Maar Paulus lĂȘ in die hoofstuk juis klem op die feit dat ons eerder moet profeteer en die taal moet uitlĂȘ, sodat mense daardeur opgebou kan word. Tale is gerig tot die Here, en nie Ɖ mens nie. (1 Kor 14:2) Die vraag is: is alle liede nie per definisie geestelik nie? Hoekom die verwysing dat diĂ© liede dan nou meer geestelik is as psalms en gesange. Dis duidelik dat geestelike liede verwys na die oorsprong. Psalms en gesange kan ons sing met ons verstand omdat ons die woorde en lirieke ken, maar geestelike liede is deur die gees geĂŻnspireer en werk soos tale en profesie, dis bonatuurlik. Wanneer ek Ɖ nuwe lied begin sing, is die deuntjie sowel as die lirieke spontaan en uit die gees. Net so min as wat ek die profetiese woord kon uitdink en uitwerk, so min kan ek Ɖ nuwe geestelike lied oefen of uitwerk. Wanneer mens dit eers regkry om in die gees te sing, raak dit Ɖ fontein wat nie opdroog nie. Jy kan vir ure aangaan, want in die gees is daar nie beperkinge nie. Soms het dit spontaan in die byeenkoms gebeur dat iemand Ɖ lied gesing het, hier word nie melding gemaak van Ɖ sangleier nie, maar dat elkeen Ɖ lied kon sing en bydra tot die opbouing en stigting van die liggaam. (1 Kor 14:26; Heb 2:11-12) Die term “nuwe lied” kom 19 keer in die Bybel voor, en beteken juis net dit: sing Ɖ lied uit jou hart. Soos jy nie Ɖ gebed kan aflees wanneer jy met God praat nie, maar eerder uit jou hart met God praat is dit die fokus van Ɖ nuwe lied. (Ps 33:3; 40:3; 96:1; 98:1; 149:1) Dit is glad nie moeilik vir mense wat vervul is met die Heilige Gees om spontaan lof aan God te bring nie. (Hand 2:11; 10:46) Die klem op al die bogenoemde skrifgedeeltes is die spontane lofprysing wat onvoorbereid gebeur. Dit is ook wat die mense gedoen het toe hulle palmtakke voor Jesus se donkie gegooi het en uitgeroep het “Hossanna, Hosanna in die hoogste hemele” (Mat 21:9-11) Die gebeurtenis staan in sterk teenstelling met die organiseerde Godsdiensbeoefening van die FariseĂ«rs in die tempel en hierdie spontane feestelikheid op straat. Die rol van die aanbiddingsleiers teenoor die rol van die gemeente. In 2 Kron 29:25 – 29 sien ons hoe die volk die Here loof en prys. “Terwyl die brandoffer aangebied is, het die lofliedere tot eer van die Here begin. Hulle is begelei met die trompette en ander instrumente van Dawid, koning van Israel. 28Die hele gemeente het die Here aanbid terwyl die sangers gesing en die trompette weerklink het” In die gedeelte kan ons aflei dat die aanbidding van die volk baie spontaan was, die volk het nie noodwendig die liedjies geken of saamgesing nie. Later sou hulle spesifieke liede sing en saamsing. “Koning Hiskia en die amptenare het die Leviete beveel om die Here te prys met die psalms van Dawid en Asaf die siener. Hulle het met vreugde lofliedere gesing, neergebuig en aanbid.” Lofprysing as gebed en intersessie. Ek sal aan hulle vreugde gee in my huis van gebed, hulle brandoffers, hulle offers op my altaar sal vir My aanneemlik wees, want my tempel sal uitgeroep word tot ’n huis van gebed (tephillah) vir al die volke. (Je 56:7) Tephillah is ‘n gesang wat as ‘n gebed aan God gesing word. Die Bybel is vol voorbeelde van hierdie tipe gesange. Ps 7, 9, 10, 11, 17, 55, 57, 70. So is ook ons klaagliedere en versoeke aan God gesing. Ps 22, 94, 102, 109, 140. Verder is mense bemoedig en versterk deur sang. Ps 66, 100, 103, 113, 114, 150. Profeteer deur musiek. Dawid en die amptenare in beheer het die seuns van Asaf, Heman en Jedutun vir ’n besondere diens afgesonder. Hulle was mense wat onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete opgetree het. Hier volg besonderhede oor die manne wat ’n funksie gehad het in hierdie diens. (1 Kron 25:1) Moreover David and the captains of the host set apart for the service certain of the sons of Asaph, and of Heman, and of Jeduthun, who should prophesy with harps, with psalteries, and with cymbals: and the number of them that did the work according to their service was: (1 Chro 25:1) Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wĂȘreld, geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm! My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand. (Ps 49:2-4) My mouth shall speak wisdom, And the meditation of my heart shall give understanding. I will incline my ear to a proverb; I will disclose my dark saying on the harp. (Ps 49:2-4) Skryf dan nou vir julle hierdie lied op, en leer dit aan die kinders van Israel; lĂȘ dit in hulle mond, dat hierdie lied vir My ’n getuie teen die kinders van Israel kan wees. (De 31:19) Maar bring nou vir my ’n siterspeler. En toe die siterspeler op die snare speel, het die hand van die Here op hom gekom, (2 Konings 3:15) Then Hezekiah commanded them to offer the burnt offering on the altar. And when the burnt offering began, the song of the Lord also began, with the trumpets and with the instruments of David king of Israel. (2 Kr 29:27) Dans En Mirjam, die profetes, die suster van AĂ€ron, het ’n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse. (Exodus 15:20) Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die aangesig van die Here; en Dawid was omgord met ’n linneskouerkleed. (2 Samuel 6:14) Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter. (Psalm 149:3) Loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit (Psalm 150:4) Die beste voorbeeld van hoe hierdie “koordanse” gelyk het is ons volksdanse of die Indiese Groep Danse. Dans vir die Here is so spontaan en natuurlik soos Ɖ kind wat skielik aan die das raak vir sy ma en pa. Ons moet nie probeer om die dans te veel te vergeestelik nie. Sommige mense glo dat koordanse verwys na Ɖ in Ɖ geestelike vervoering, in-Ɖ-trans tipe beweging. Alhoewel dit verseker kan gebeur dat ons sĂł meegevoer kan raak in die teenwoordigheid van die Here, is dans bloot Ɖ reaksie op wat God gedoen het. Omdat hy ons gered het, omdat ons gevul is met Sy vreugde volg ons liggaam spontaan ons hart en begin ons jubel en dans. Selfs Jesus het spontaan in ‘n dans losgebreek! Jesus het die Vader geprys – Luk 10:21 In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesĂȘ: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae. (Lu 10:21) Agalliao = Om te spring, om in die lug te spring van blydskap, ekstaties en uitermatig bly en vol vreugde. Die dans was gewoonlik gelei deur Ɖ dansleier. (Miriam – Eks 15:1-20; Jefta – Rig 11:34; Barak en Dobora -Rig 5) Dit is ook waarskynlik dat Koning Dawid spontaan begin het om die dans te lei. (2 Sam 6) Die gebruik van tamboeryne tydens die dans was ook algemeen – (2 Sam 6:5; 6:19-20; 6:22) Volgens Wiseman was Mikal se probleem juis dat sy veronderstel was om as Koningin die Vroue se groep te lei, maar sy het geweier. Die doel van hierdie gesamentlike volksdanse, was om die volk te verenig in hul aanbidding en omdat hulle as nasie God gedien het. Die Jodedom is Ɖ teokrasie – naamlik: Ɖ volk waar God die Koning is, en die kultuur bepaal. Dit staan teenoor Ɖ demokrasie, waar die mense die leiding en kultuur bepaal. Dans was dus deel van hul kultuur om vir die ander volke te wys, dat hulle nie dans vir plesier, self verheerliking of seksuele konnotasies nie, hulle dans vir die Here! Profetiese aksies en beweging is die dans: Toe die Here die dans herstel het in ons kerk, het ons begin besef dat net soos daar verskillende ekspressies is in Lofprysing is daar verskillende fokusse in die dans: Die musiek en fokus van die lofprysing bepaal dan ook die vorm wat die dans gaan aanneem. Sou die fokus oorlogvoering en oorwinning wees, dan is die dans meer ekspressief en meer manlik, sterk, vorstelik. Sou die fokus van die aanbidding wees, hoe lief ons die Here het, raak die dans meer vloeiend en vroulik van aard. Soms is die dans kinderlik, en gefokus om die kinders te kan laat deelneem, ander kere is die dans diep en intens en ernstig. Die dans het al hoe meer Ɖ fisiese ekspressie geword van wat ons as kerk gesamentlik moet doen. Sou die fokus byvoorbeeld wees dat gedurende ons aanbidding die Here ons lei om die oes te gaan insamel, dan beeld ons dit uit in die dans. Die dans word dan Ɖ sterk visuele metafoor en profetiese teken van wat die Here besig is om vir die kerk te sĂȘ. In Ou Testamentiese tye was dit ook algemeen dat die mans en die vrouens apart in groepe gedans het, en baie keer teenoor mekaar gestaan het in die dans. Mans sou dan Ɖ sekere boodskap aan die vrouens dans, en die vrouens wees aan die mans. Dit is baie praktiese omdat mans se liggame anders werk as vroue sin, en sekere bewegings beter vertoon by mans as by vrouens. Daarom sal jy opmerk in ons dienste dan daar gewoonlik Ɖ man dansleier voor staan met die mans agter hom, en die vrouens het ook Ɖ dansleier met die vrouens agter haar. Soos in die tyd van Dawid, het die hele volk nie altyd saam gedans nie, die dansers was uitgekies en het die volk voorgegaan in die dans. Tog was daar tye waar die hele volk saam gedans het. Toe ons kerk anders begin sien, nie meer as Ɖ organisasie of klub nie, maar as Ɖ liggaam waarvan elke lid deel vorm en aktief sy of haar rol speel, het ons besef dat God die hele gemeente wil bevry en genees deur die dans. So alhoewel ons ook dans leiers het, wil ons graag dat die hele gemeente saamdans, anders is dit weer Ɖ kwessie van toeskouers teenoor “performers”. Dans is so bevrydend, en al hoe meer New-Agers is besig om die krag van dans te ondek, en hou dans kampe waar mense soos die Indiane om Ɖ vuur dans. Dans behoort aan die Here, en ons is besig om dans weer terug te eis van die vyand wat dans verwring en besmet het vir sy doeleindes. Dar is vir my niks lekkerder om te sien hoe die kinders lofprysing geniet as gevolg van die dans nie. Hulle is natuurlike dansers en is nie gepla oor wat die mense sou sĂȘ nie, en nou dans ons vir die Here! God jubel en juig oor ons. Die Here jou God is by jou, ’n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel. (Sef 3:17) Suws = om bly te wees, vreugdevol, verblydend, vrolik en opgeruimd. Rinnah = jubel, ‘n skril geluid, van blydskap of rou, uitroep van vreugde en blydskap, proklameer. Selah. Die woord word meer as 70 keer gebruik in die OT. Die betekenis van die woord is onduidelik, maar sommige dink dit is Ɖ “A liturgical mark (sālal, ‘to lift up’; Akkadian sullu, ‘prayer’), perhaps to lift up the voice or the hands in prayer. It may have come into use, possibly in the exilic period, in connection with psalms used in public worship to denote those places at which the priest should pronounce a benediction. Some take it to mean ‘to lift up’ the eyes, for the purpose of repeating the verse, thus the equivalent of ‘da capo’. Others would derive it from an Aramaic root sl, ‘to bow’, and so interpret it as directing the worshipper at this point to prostrate himself.” Vir ons beteken dit dat daar tydens aanbidding tyd vir refleksie en meditasie moet wees. Lofprysing is nooit eenrigting nie, ons wil ook op die Here wag, en hoor wat Hy wil sĂȘ tydens die aanbidding. Verder gebeur die volgende sporadies en spontaan tydens ons Aanbidding. Hande Klap – Ps 47:2; Jes 55:12 Juig, toejuig, uitroepe – Esra 3:11; Ps 95:1-2 Sang – Ps 100:4; Ps 101:1; Ps 105:2 Op jou aangesig lĂȘ – Gen 17:3 Kniel en neerbuig – Ps 95:6; Esra 9:5; Efe 3:14 Staan – Gen 18:22 Ophef van hande – Ps 63:5; Ps 28:3; 1 Tim 2:8; 1 Kon 8:54 Antifonies – (Weerklink, ego) Ps 107; 136; Neh 12:31, 40-42 Wat moet jy doen tydens aanbidding? Bono die bekende popgroep U2 se hoofsanger wat ‘n belydende Christen is; sĂȘ dat alle musiek ‘n vorm van aanbidding is. Die een persoon aanbid sy verlore liefde, of ‘n plek, of ‘n persoon ens. ens. Wanneer ons dan dans en saam hande klap op die ritme van ‘n mooi liedjie waarvan ons hou is ons besig met ‘n vorm van aanbidding. Wanneer ons egter God moet aanbid dan is ons geĂŻnhibeerd en voel ons ongemaklik. Beweeg en sing saam. Al kan jy nie al die bewegings doen nie, of al ken jy nie die liedjies nie. Neem deel. Dis familie! Ons is mos nie vreemd saam met familie nie? Ons wys die gereedheid en gesindheid van ons hart, deur onsself nooit te vervreemd van familie nie. Sou jy gelowiges van Ɖ ander taal en nasie besoek het, sou jy nie eers die woorde kon verstaan nie, maar nog steeds saam neurie en deelwees! Moet net nie die werk van die Gees teĂ«staan nie, of verag soos Migal, Saul se dogter nie. (2 Sam 6) Niemand word verplig om enigiets te doen tydens aanbidding nie, ons doel is om mense te lei en te help om hulle eie lofoffer aan die Here te bring. Fokus dus op die Here, en loof Hom met jou hele hart. Soms is daar tyd vir individuele aanbidding. Toe buig die man hom neer en aanbid die Here (Ge 24:26) En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses. En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent. Dan spreek die Here met Moses van aangesig tot aangesig soos ’n man met sy vriend spreek. (Ek 33:9-34:8) Die belangrikheid van korporatiewe aanbidding. Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesĂȘ: Loof nou die Here julle God. Toe het die hele vergadering die Here, die God van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die Here en voor die koning neergeval. (1 Kr 29:20) Wanneer ons byeenkom is dit nie eintlik nie die tyd vir individuele aanbidding nie, alhoewel ons meestal daarvoor tyd inruim. Die liggaam wat saam die Here soos een mens aanbid, is welbehaaglik vir die Here! (Hy woon onder die lofsange, let wel meervoud, van Sy volk) Ps 133:1 Die gees waarin ons aanbid. God sien ons hart en nie ons lofprysing bewegings nie. Jy kan dans, spring en juig maar God sien die hart waarmee jy dit doen. Dit is wesenlik belangrik dat ons sonder toorn, bitterheid, twis, onenigheid ons hande op steek na die Here. (1 Tim 2:8) Die Gees van aanbidding is die Gees van Christus nl: diens, onderwerping, die ander hoĂ«r ag, sensitief, nugter en ongeveins. Dit is wat die dinamika van korporatiewe aanbidding so kragtig maak, ons leer om saam die Here te loof en eer. Die hele gesin, en die hele gemeente loof die Here saam. Niemand staan eenkant of vervreem nie. God se koninkryk is insluitend, niemand word uitgesluit nie. Daarom neem ons mekaar in ag, ook in die keuse van die liedjies. Jonk en oud, lĂȘ ons eie smake en voorkeure neer om God saam te aanbid. Al hierdie ‘saam’ aksies is gesetel in die verloĂ«ning van self. Dit is in sterk teenstelling waar lofprysing maklik kan ontaard in selfgerigtheid, self verheerliking, mens verering, vleeslikheid en wedywering, vleeslike drif en fokus op menslike prestasies. Nederigheid, diensbaarheid, eenheid, ootmoed, gehoorsaamheid is die Gees van Christus wat moet heers in ons aanbidding.
Categories
Preke

Die Ekstase van die normale Christelike Lewe.

4Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sĂȘ dit weer: “Wees bly!” 5Laat almal sien hoe bedagsaam julle lewe. Onthou: Die Here kom binnekort! 6Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. 7As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat ’n mens ooit kan dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ’n veiligheidswag oppas. 8Ten slotte, liewe broers en susters beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. 9En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.(Phil 4:4-9) 

Hierdie Skrifgedeelte is gelaai met praktiese riglyne vir REGLEWE te midde van moeilike tye. Die lewe was nog nooit maklik nie. Elke dag is vol uitdagings, wat ons moet oorkom. Baie mense probeer die LEWE ontsnap op vele maniere… om later te ondervind ons vlugtog het net sake vererger… Die Jesus KULTUUR en LEWE ontsluit ‘n innerlike geluk en vreugde wat mens anker en versterk te midde van die moeilikste van tye.  

Die ekstatiese ontvlugting wat Vader God vir ons bied, is nie ‘n oomblik of ervaring van ONVLUGTING NIE maar ‘n leefwyse waar ons te midde van moeilike omstandigheid vreugde en welgeluksaligheid beleef. 

11Dit het Ek vir julle gesĂȘ sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees. (Joh 15:11) 

8Hom het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie. Al sien julle Hom nou nie, vertrou julle op Hom; julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie. 9Julle ervaar hierdie blydskap, want julle is reeds besig om julle finale redding, wat die doelwit van julle geloof is, te verkry. (1 Pet 1:8-9)

13“Ek is nou na U toe op pad. Ek sĂȘ hierdie dinge terwyl Ek nog in die wĂȘreld is sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulleself kan ondervind. (Joh 17:13) 

God het bedoel dat ons hierdie ekstase vind in Hom (Ps 119:16; Job 22:25-26), jou huwelik (Prov 5:18) en die Liggaam van Christus (Joh 17:21). 

Wanneer ons ons hart wend en fokus op enige goedkoop alternatief, raak ons een met Ɖ objek (substance) en verloor ons ons menslike en goddelike eienskappe.  Dit is die kern van alle tipes van verslawing.  Ons diepste begeerte in verhoudings is om met iemand een te word, Ɖ sielsgenoot te vind met wie ons kan oud word.  Ware geluk is nie geluk as dit nie met iemand gedeel kan word nie.  Verslawing lei tot diepe eensaamheid en Ɖ konstante verwydering van sulke sinvolle verhoudings.  God het ons dan ook geskape om in eenwording ekstase te ondervind.  

Spiritual ecstasy is an altered state of consciousness characterized by greatly reduced external awareness and expanded interior mental and spiritual awareness which is frequently accompanied by hallucinations and emotional/intuitive (and sometimes physical) euphoria.  Eksase bring mee dat ons “invincible” voel, ons voel kragtig en “bold”, jy kan onthou, jy het helderheid, beleef euphoria, en jy is ontspanne.  

Ons natuurlike soeke in tye van nood is ontsnapping en ontvlugting.  

Omdat ons nie hierdie ekstase eerstens in Hom kry nie, (Mat 6:33) en ook nie in ons maats nie, soek ons dit op ander plekke, en  vul die honger in ons hart met musiek, seks, dwelms, voorskrifmedisyne, alkohol,  sport, en kos.  Alhoewel daar opsigself niks boos is omtrent enige van hierdie “substances” nie, is dit bedoel as aanvullers en nie die kern en wese van ons ontvlugting nie.  Hierdie dinge offer kortstondige  ontvlugting en ons “voel” tydelike beter, maar hierdie middels bied nie die krag, vermoĂ« en genade om ons probleme te oorkom nie.  Dit kan net die Here doen! Buite die raamwerk van intimiteit en eenwording in ons verhouding met God, ons maat, en die liggaam, word die einste middel wat ons gebruik vir ontvlugting ons tronksel.  Ons wat geskape is na God se beeld, raak slaaf van geskape middels.  Jesus is pure vreugde! 

Die voorhangsel is geskeur (2 Cor 3:7-4:6) Die heerlikheid en glorie wat net vir die hoĂ« priester bedoel was het nou in ons kom woon.  Soos wat ons vanuit hierdie diepe intimiteit met Hom leef, is daar deurentyd momente waar Sy vreugde tasbaar in ons word.  

Diagram Description automatically generated
Toe Johannes nog in sy moeder se baarmoeder in Jesus se teenwoordigheid kom, het hy met vreugde opgespring.  Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring. Lukas/Luke 1:44 En die engel sĂȘ vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal weesLukas/Luke 2:10 Elke keer wat ons Jesus ontmoet, Hom beleef, die Woord vir ons duidelik word, Hy met ons praat, ons lei, ons wys deur iemand anders wat Jesus leef, in die alles vind ons ware vreugde!!! 

Kyk net na die volgende “mindmap” en sien die vrymaking en verlossing van jou redding! 

Die koninkryk van God (hemel, vrede, vreugde) het gekom, en tuiste in ons hart gevind!  (Luk 17:21) Hierdie koninkryk is nie Ɖ destinasie nie, maar Ɖ bedryfstelsel.  Soos wat ons in gehoorsaamheid in Sy genade leef, vul Hy ons lewe met vreugde, nie net subjektiewe ervarings van vreugde nie, maar vreugde wat ander lewens raak.  

  1. Die Heilige Gees vul ons met vreugde!

Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.Romeine/Romans 14:17 En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige GeesHandelinge/Acts 13:52

  • Dis beter om te gee as om te ontvang.

dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid. 2 Korintiers/Corinthians 8:2 

  • ‘n Gelukkige huwelik! 

Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet… 

Mag jou fontein geseĂ«nd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug â€” Pred 9:9 die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees. Spreuke/Proverbs 5:18

  • Die vreugde van om ‘n siel te wen.

En hulle is deur die gemeente uitgelei en het FenĂ­ciĂ« en SamarĂ­a deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.  Handelinge/Acts 15:3

  • Eenheid is vreugde!

maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe.  Fillipense/Philippians 2:2 Ek doen ’n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging.  1 Korintiers/Corinthians 1:10

  • Geniet die gawe van jou werk! 

Kyk, wat ek as ’n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel.  18 Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit ’n gawe van God.19 Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie, omdat God hom laat besig wees met die vreugde van sy hart. Prediker/Ecclesiastes 5:17

  • Die euforie van goed doen. 

Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. (Eph 2:10) Wanneer ons goed doen aan ander, laat dit ons goed-voel, en kry die lewe weer betekenis.  

LEWE ELKE OOMBLIK IN DIE VREUGDE VAN SY NABYHEID!

Categories
Preke

7 Maniere om geestelik Fiks te Bly

  1. Voed jou gees deur die Woord, gebed en meditasie. 

Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” 

Die woord waarna hier verwys word is áż„áż†ÎŒÎ± rhᾗma; die stem van iemand wat praat.  Dit impliseer God se hoorbare stem.  Hy het julle laat swaarkry en julle laat hongerly en toe vir julle die manna gegee om te eet—iets wat julle nie vantevore geken het nie en julle voorouers ook nie. Hy wou julle laat besef dat ’n mens nie net van brood leef nie, maar van elke woord wat die Here sĂȘ. (Deut 8:3) 

Wanneer ons Bybel lees, doen ons dit biddend, ingestel om Sy stem te hoor.  Meditasie is juis die bepeinsing van God se Woord, sodat die gedeelte wat Hy deur Sy Gees in jou hart verlig het kan insink, ons begrip kry om te verstaan wat ons moet doen, om in die praktyk toe te pas. Hierdie hoorbare insprake vanuit God se Woord, anker ons, en maak ons bestendig in tye van onheil en krisis. Hierdie woorde spreek tot ons gees, en help om om insig te verkry.  Hierdie woorde van God raak die padkaart van ons geloofsreis met die Here.  Hoe meer tyd jy met die woord maak, dit lees, memoriseer, bid, preek en leef hoe meer Woordfiks raak ‘n mens. Jy hoor Sy stem al hoe duideliker, want jy het ‘n geloofs-woord-woordeskat.

 

2. Aktiveer jou Geloof. 

Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? 

Geloof is ‘n aksie, ‘n werkwoord, dit is gehoorsaamheid. Dis is die doen en handeling van die Woord, wat ons geestelik fiks maak. Geloofsfiks!

Om Jesus te dien is onmoontlik vir die vlees, dit kos geloof om te vergewe, te dien, die persoon wat nie liefde verdien nie lief te hĂȘ, jou laaste geld te gee, vir siekes te bid, iemand na die Here toe te lei. Hoe meer jy die woord in geloof begin toepas, hoe fikser word jy.  Jy bou as te ware geloofspiere, en ‘n geloofs-kapasiteit wanneer jy byvoorbeeld die Here fisies loof in moeilike omstandighede.

Jy kan iemand wat baie tyd in die gimnasium spandeer dadelik uitken aan hulle fisiese fikse voorkoms – die grote van hulle spiere. So kan jy gelowiges dadelik uitken aan die grootheid van hulle geloofsdade.  

3. Beoefen jou geestelike gawes: 

Die Vader het deur die Heilige Gees vir ons voorsiening gemaak om bonatuurlik soos Jesus te leef: Die 9 vrugte van die gees (Gal 5:20-21) en 9 gawes van die Gees (1 Cor 12:4-11) is God se bonatuurlike bekragtiging om Godsvrugtig te lewe.

Hierdie is bonatuurlike genadegawes om God se liefde in die wĂȘreld te demonstreer.  Hierdie gawes maak ons bediening gerig, en fokus ons om te gee. 

Wanneer ons iets betekenisvol vir iemand kan doen, laat dit ons goed voel, en ons voel geĂŻnspireerd. ‘n Waardevolle geestelike oefening in tye van nood en verlies.  Wanneer jy fisies niks het om vir iemand te gee nie, maar jy kan deur ‘n profesie iemand se gemoed verlig en nuwe hoop gee, voel jy ryk.  Ons is ryk in Christus, deurdat Hy ons toegang gegee het tot Sy koninkryk, ‘n geestelike erfenis van goddelike gawes en vermoĂ«ns. (Eph 1:3; 2 Pet 1:3-4) 

 

4. Rus. 

Jesus het tyd gemaak om selfs te midde van ‘n dagreis, neer te lĂȘ en te slaap. (Mark 4:35-41) Studies het bevind dat slaap is ononderhandelbaar wanneer dit kom by konsentrasie en denk vermoĂ«ns, en emosionele stabiliteit. [1] 

‘n Konsert violis slaap tot 9 ure om totaal verstandelik uitgerus te wees, om hulle beste te gee. In ‘n studie groep is ‘n moeilike kode-woord ontdekking oefening aan 2 groepe gegee. Die een groep het genoegsaam geslaap en gerus, die ander het wakker gebly. Die groep wat gerus het, het 2 keer vinniger die probleem opgelos as die ander groep.  

Om goed te slaap veronderstel sielsrus. Mens raak nie aan die slaap as jy ontsteld is, of bekommerd is oor ‘n sekere krisis nie.  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. (Phil 4:6-7) Hierdie is ‘n wesenlike belangrike daaglikse oefening wat geloofsmense moet baasraak.  Ons moet elkeen leer hoe om in gebed, deur petisie, en dan danksegging jou behoeftes aan die Here bekend te maak, en dan in Sy teenwoordigheid die geskenk van sielsrus te ontvang.  Ons hele geestelike geveg in hierdie lewe is vanuit die posisie van rus. Ons baklei harder, deur harder te rus! Hierdie rusposisie is ons posisie van gesag en outoriteit om soos Jesus die storm stil te maak.  

 

5. Interaksie met die gemeenskap van gelowiges.  

Saamkuier is onmisbaar, en kern tot ons geestelike bestaan. Die saampraat, getuig, deel, en stories vertel bou ons op in ons geloof.  

Dr Henry Cloud vertel van sy swaer wat besig was om sy Navy Seals opleiding te voltooi toe hy op die laaste dag van “Hell’s week” fisies nie meer in staat was om die moordende swem poging te voltooi nie.  Sy vriend het hom gesien sukkel, en hom van die kant af begin moed inpraat, skielik amper bonatuurlik het hy krag gekry om klaar te maak.  Om saam met die regte mense tyd te spandeer, te eet en te kuier, stig jou gemoed. Dis veral in hierdie saamwees tye waar ons juis ons geestelike gawes beoefen om mekaar op te bou, te stig, te bemoedig, en aan te spoor. Sommige mense sukkel nog om voor mense te bid, wat nog voor mense in tale te spreek, die uitleg te verkry, en te profeteer?!  HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging — laat alles tot stigting geskied.(1 Cor 14:26) Om geestelik fiks te word is dus nie net die kuier aspek nie, dit is om oor te gaan na dieper gesprekke en geestelike bediening. Om vir mekaar die hande op te lĂȘ, en te bid word ons geestelik versterk en fiks.  

 

6. Maak jouself oop vir mentorskap. 

Ons het almal terugvoering nodig van ‘n spesialis, om ons te help groei en ontwikkel in ‘n sekere area.  Soos met atlete wat wil beter presteer, het ons elkeen ‘n geestelike mentor en afrigter nodig. In ons hart dink elke mens hy of sy doen reg. Dit is wanneer ons lewe onder die lig en standaard van Christus Jesus staan, besef ons ons sonde en misrekende self-regverdiging.  

Geestelike Vaders wil toesien dat hulle kinders opgroei in volwassenheid in Christus Jesus se lewe, denke, gewoontes en waardes. (Gal 4:19; Col 1:28-29) Dit beteken daar is ‘n spesifieke aanmoediging, korreksie, vermaning, bestraffing en tugtiging proses. (Heb 12:5-11) Mense wat nie geestelike direkte afrigting ontvang wat op Christus se voorbeeld gerig is nie, is geneig om Jesus te misverteenwoordig.

 

7. Dink reg.  

‘n Groot deel van ons spiritualiteit is opgesluit in ons denke. Hoe ons dink, die spesifieke manier en proses van dink bepaal ons lewe. Geestelike mense het hulle denke laat formeer deur die Woord. Hulle dink woord, en volgens die voorskrifte en wyshede van die woord. Dink aan die wyshede van prediker en spreuke.  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.

Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. (Rom 8:5-11) Denkwyses volg geloofsoortuigings, of wĂȘreldbeskouings wat uiteindelik ‘n ideologie vorm.  Dit gaan nie hier soseer oor wat jy dink nie, maar hoe jy dink. Dink jy liniĂȘr of sistemies. Dink jy vanuit God se perspektief of die van ‘n mens soos Petrus. (Mat 16:23) Dink jy redusering na een aspek of pluralisties geheeldenkend? Geestelike mense het die sinne van Christus. (2 Cor 2:16) Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. (Joh 3:8) Geestelike   mense is dus onvoorspelbaar, vars en nuutdenkend, maar bepalend van ‘n sekere rigting – die troonkamer van die Here. Voorbeelde van negatiewe denke is prakties: dink jy altyd die slegste van iemand? Is jy soos Thomas altyd ongelowig omdat jy eers wil sien? Is jy neerhalend op jouself? Meet jouself gedurig aan ander? Doen jy die heeltyd selfondersoek? Soek jy altyd eers die fout by iemand anders? Is jy vol verskonings? Voel jy geregtig tot iets waarvoor jy nie gewerk het nie? Hierdie gedagtes is alles voorbeelde van denke wat nog nie geestelik fiks geraak het nie. Hoe lank vat dit jou om vanuit ‘n ‘default’ ou manier van dink, te beweeg na weer reg dink? Hierdie proses moet vinniger plaasvind, vir die persoon wat geestelik fiks is.  

In tye soos hierdie is dit wesenlik belangrik dat ons geestelik fiks raak, met groot waarde tot jou algehele immuniteit . Geestelike fiksheid help om al die ander aspek. te van jou menswees, emosies, drifte, gewoontes te anker en reg te rig.  Geestelik gesonde mense hanteer spanning, en krisisse beter. Hulle kan verandering beter hanteer. Hulle is nie so baie ingestel op die daaglikse nuusgebeure en omstandighede nie. Hulle is gewoonlik meer hulpvaardig en soek praktiese oplossings. Hulle is mens-georiĂ«nteer om mense se nood vinniger te herken, en daadwerklik te help. Hulle is meer dankbare mense.  


[1] June J. Pilcher, Allen I. Huffcutt; Effects of Sleep Deprivation on Performance: A Meta-Analysis, Sleep, Volume 19, Issue 4, 1 June 1996, Pages 318–326, https://doi.org/10.1093/sleep/19.4.318

Categories
Preke

Wanneer dit voel asof God nie reageer nie?

Wanneer dit voel asof God nie reageer nie? In tye van nood en swaarkry, waarin ons nie ‘n keuse of aandeel gehad het nie, voel mens soms AFGESTOMP, kwaad, verontreg en VER van God af. Wat ons VOEL is nie die WAARHEID nie!

Ons is as mens geweldig perseptueel beperk 

Soms voel mens waar is God, hoekom lyk dit asof Hy niks doen nie. Die probleem met hierdie vraagstuk is hoe arrogant die veronderstelling is. DiĂ© wĂȘreld, natuur, klimaat, ekonomie, samelewing is ‘n reeks onbepaalde komplekse sisteme waarvan ons beperkend min weet. Kan jy sien hoe ‘n boom groei? Kan jy die miljoene mikroörganismes onder die grond sien, en verstaan hoe hulle werk? Ons verstaan nie eers hoe ons motor werk nie? Ons eie liggame is ook Ɖ reuse raaisel, en die werklike goed-voel oomblikke ver en soms jare uitmekaar gestrek. Dit is dus ‘n baie beperkte persepsie om te dink God doen niks nie. 

Mens kan ook nie jou emosies vertrou nie

Die Skrif sĂȘ: die wĂȘreld het deur Hom tot stand gekom (Joh 1:10) Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. (Col 1:17) Mens kan dan teĂ«stribbel dat dit maar net Skrifte is, my fisiese werklikheid lyk soos chaos! Gevoelens en emosies doen juis dit: dit dramatiseer ‘n sekere gebeure om ons of te waarsku van gevolglike pyn, of opgewonde maak oor moontlike plesier.  Ons kan dus nie ons emosies vertrou nie.  Studies het bevind dat alhoewel die mensdom in die algemeen statisties beter vaar in terme van lewensverwagting, hongersnood, kinderslawerny, en lewenskwaliteit, voel mense in die algemeen meer mismoedig.  

Die lewe is nie maklik nie, almal kry swaar

Ander bou dadelik ‘n historiese narratief, en beskryf die een probleem en uitdaging na die ander. Die doodluiterse vraag is dan weer: Is die Here dan teen my of iets? Weereens is dit ‘n kwessie van perspektief. Jy kan letterlik enigiemand op straat voorkeer en vra vir ‘n koffie afspraak. Na ‘n tyd sal jy in elke afspraak ‘n storie van siekte, verdriet, verlies, verraad, pyn en ellende hoor. Natuurlik verskil die intensiteit van die lyding van persoon tot persoon, maar nogtans beleef selfs die mees bevoorregte mense inperking van een of ander aard. Hoekom pleeg ook ryk en gesiene mense selfmoord.  Die lewe is vol daaglikse uitdagings op elke vlak: elke dag genoeg water drink, oefen, dieet, verhoudinge gesond en positief in stand hou, kinders groot maak, inkomstes verdien, jouself verbeter, geestelik groei, en goed doen aan ander is ‘n voltydse werk van baie balle in die lug hou. 

God is ewig en alwys – soewerein

AteĂŻste vol ons as gelowiges aan met, hoekom laat ‘n almagtige goeie God soveel pyn en lyding toe? God is egter nie net almagtig en goed nie, Hy is ook ewig en alwys.  Die feit dat God ewig is en nie in tyd vasgevang kan word nie, hy is gister, vandag en toekoms alles terselfde tyd, verander alles! Hy is ook alwys! Hy weet regtig wat vir ons die beste is.  â€˜n kind wat gaan om hulle inspuitings te kry, verstaan ook nie hoekom hulle nou so seergemaak moet word nie. Die ouer kan dit ook nie op daardie tydstip aan die kind verduidelik, sodat die kind dit kan verstaan nie.  

Jesus ly saam met ons 

Verder is dit God se karakter om tussen en deel van ons lyding te wees. Dit is immer hoekom Jesus die gedaante van ‘n dienskneg aangeneem het. Jesus het lyding, verwerping, tekort, harde werk, en armoede geken.  Sy lydingsuur voor die kruisiging was intens! Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gesĂȘ: “Ek voel doodsbenoud. Mat 26:37 Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sĂȘ? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom. Joh 12:27 “Die ontsteltenis het nou vir My te veel geword. (Mk 14:34) Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val. (Luk 22:44) 

Stilte is ‘n toetstyd 

Diagram

Description automatically generatedDie Boek rigters vertel die verhaal van die Jode na Josua, tot net voor die aanstelling van die eerste koning.  Daar was altesaam 12 Rigters, 6 groot vername rigters, en 6 kleiner minder bekende rigters.  Die volk se geskiedenis neem die selfde verloop: Israel verval in afgodery, God straf die volk deurdat ander volke primĂȘr die Medianiete, Amalekiete, en Filistyne oor hulle heers, hulle roep uit vir verlossing en bevryding, die Here stuur ‘n rigter wat hulle in ‘n bonatuurlike oorwinning uitlei, en dan ‘n tydperk stilte, voordat die siklus weer herhaal word soos die volk weer in sonde verval. Die les wat ons uit hierdie boek leer, is om ten spyte van God se stiltes, koers te hou en die Here te dien ten spyte wat ons daaruit kry.  Josef moes 13 jaar wag, Abraham 25jr, Moses 40jr, Jesus 30jr voor hulle die beloftes van die Here in vervulling gesien het.  

Ons het al almal by tye gevoel dat omstandighede nou net tĂ© erg raak.  

Moses was bekend met teleurstelling: 

Hy lewe in die geheim as Joodse seun in die Egiptiese koninklike hof vir 40jr, met die verwagting dat God hom mag gebruik om sy volk te verlos. Die oomblik toe hy optree, lei dit dat hy sy posisie en werk verloor, en deur sy eie mense verwerp word.  Hy word ‘n vlugteling in die woestyn en ‘n skaapwagter. Acts 7:23-25. 

In sy swerwelinge in die woestyn as skaapwagter, verskyn God aan hom in ‘n braambos. Exo 3:7-12 In tye van isolasie, openbaar God Homself direk aan ons. Soos met Elia, wat ook worstel met sy teleurstelling en in ‘n grot die Here se aangesig soek. Hy het vuur uit die hemel geroep, maar verwag dat dit sal lei tot Koning Agab en Zezebel se inkeer. 

Duidelik kan ons sien dat Moses is ‘n verslane, onsekere man. Exo 3-4 Hy het geen selfvertroue of geloof oor nie.  “Here stuur asb iemand anders” Exo 4:10-13. 

Die keer toe Moses na die mense toe gaan, word hy deur die mense aanvaar en verwelkom. Maar nadat hy na die Farao gaan, versleg die mense se lot. Dis moses se skuld. Exo 5:20-21

Die mense draai teen Moses.  

Moses bekla eerlik sy lot voor die Here. As die mense nie na my luister nie, hoe sal die Farao luister.  Exo 6:1,12 

Die Here doen kosmiese wonderwerke en tekens, die 10 plae, die rooisee, Mara se bitter water word soet.  ‘n vuurkolom in die nag, wolk kolom is die dag. Manna! Bonatuurlike voorsiening. Niemand kan tog nou meer twyfel in God se bestaan en liefde nie? Die mense kla nou oor vleis, hulle kan nie net van manna leef nie! Weereens bekla Moses sy lot by die Here. Num 11:10-15 

Die mense se onvolwassenheid maak Moses moeg, die Here gee vir hom ‘n praktiese oplossing om manne te kies om te help die gewig dra.  Num 11:16-17 

Uiteindelik is Moses se grootste teleurstelling toe in sy oomblik van frustrasie met die mense, hy die Here ongehoorsaam en die klip slaan.  Die Here weier hom om die beloofte land in te gaan. Die Here weier ook dat hy weer die saak aanroer. Deut 3:26 

Kan jy jou hierdie teleurstelling voorstel? Hy wat sy lewe toegewy het aan die droom van ‘n beloofte land, kan self nie daar ingaan nie. Hy word opgeneem na ‘n hemelse beloofte land.

WAT NOU GEMAAK? 

Die vyand het een uitsluitlike doel, en dit is om ons te kry om niks te doen nie!! Wanneer ons nie ons skeppingsdoel vervul nie, wen boosheid. “Another one bites the dust!” Saul word gesalf as koning terwyl hy sy pa se donkies soek. (1 Sam 9) Gideon was besig om koring te dors op die dorsvloer, toe die engel hom besoek. (Judg 6:11) Stefanus bedien die tafels kos vir die wees en weduwee. (Acts 6:5, 8) Paulus skryf die NT in gevangenisskap. Jesus daag as gas by ‘n bruilof op. (Joh 2) Dit is in die allerdaagse, wees getrou in die geringe, waar God ons ontmoet.  Ons kan nie bekostig om niks te doen nie!! 

Categories
Preke

Behou geestelike fokus in tye van onrus.

I continue to pray for your love to grow and increase beyond measure, bringing you into the rich revelation of spiritual insight in all things. Phil 1:9 Passion Translation

Ons leef tans in ‘n wĂȘreld van miljoene opinies en agterdog oor geheime sameswerings, emosioneel gelaaide waarskuwings, grootskaalse verwarring, teenstrydige navorsing, kommer oor inperking maatreĂ«ls, diskriminerende persoonlike aanvalle en opswaai van aanranding en geweld!!! Mens hoor elke dag van meer egskeidings, gesinsgeweld, en gesonde mense se sterftes. Hoe hou mens FOKUS? Hoe kry mens goddelike INSIG? Nou meer as ooit is dit nodig dat ons, ons geestelike sintuie sal verskerp in die daaglikse stryd, om fokus op Jesus te behou. 

Ons word daagliks gebombardeer met ‘n magdom inligting, tog weet bitter min mense hoe om reg en gesond te leef.  Inligting is nutteloos sonder INSIG om te weet wat om op die regte tyd met die regte mense te doen.  Insig verbind die kop met die hart. Insig wys jou nie net wat om te doen nie, maar ook die hoe, asook wanneer om dit te doen. Insig bring al die punte bymekaar. Insig word beskryf as die vroeg-mĂŽreson wat opkom in mens se hart, en jou nuwe stukrag gee vir ‘n gegewe saak. 

Dictionary.com defines insight as:

  • An instance of apprehending the true nature of a thing, especially through intuitive understanding;
  • Penetrating mental vision or discernment;
  • Faculty of seeing into inner character or underlying truth; an understanding of relationships that sheds light on or helps solve a problem;
  • An understanding of the motivational forces behind one’s actions, thoughts, or behavior; self-knowledge.

Iemand wat dieper dink oor ‘n saak verkry insig. Die meeste mense dink nie deur hul probleme nie. Hulle is geneig om teen hul berge vas te kyk in plaas daarvan om deur die berg te dink om ‘n sleutel te bekom om dit te oorwin. Geloof wat berge versit, begin met die verskuiwing van klein molshope. Soos in ‘n vorige boodskap verduidelik, maak die meeste mense van ‘n molshoop ‘n berg. Kinders van God wat in oorgawe Sy geregtigheid ontvang het, is geloofsmense! Ons dink, praat en leef geloof! Ons maak berge molshope… bergplatmakers! 

Visie kom deur insig. Lig en visie gaan saam. Wanneer God Sy waarheid aan ons belig, kry ons insig, insig lei tot visie. Visie stel kreatiwiteit vry. Sodra ons visie ontvang, kan ons ons deur die geloof dinge tot stand te bring wat nie bestaan ​​nie. God het roep dinge wat nie bestaan nie asof dit bestaan! 

Uiteindelik word mens verlam deur al die negatiwiteit om jou! ‘n Vis bestaan in die water, omdat die water nooit binne die vis kom nie. So bestaan ons in ‘n bose stormagtige wĂȘreld, omdat ons nie toelaat dat die storm ooit in ons woed nie!!  

Meer as ooit het ons goddelike INSIG nodig om ons deur die doolhof van misleiding, leuens, verraad, korrupsie, en bose intensies uit te lei. 

Understanding establishes you. Once you understand something you know how to operate. 

Die Here het vir BesaleĂ«l toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen (Exo 31:3) Die Here het hom toegerus met sy Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen: (Exo 35:31) 

Verder het die Here vir Moses instruksies gegee om die volke te verdeel onder leiers met insig. Bring uit julle stamme verstandige manne, manne met insig, manne van aansien, sodat ek hulle as hoofde oor julle kan aanstel. (Deut 1:13) 

Salomo het ook hierdie INSIG by die Here gesoek: Die Here het dit goedgevind dat Salomo dĂ­t gevra het. Hy het vir hom gesĂȘ: “Omdat dĂ­t jou versoek is en jy nie vir jou ‘n lang lewe, of rykdom, of die dood van jou vyande gevra het nie, maar insig in wat reg is, sal Ek aan jou versoek voldoen. (1 King 3:10-12) 

H8394. ŚȘÖ°ÖŒŚ‘Ś•ÖŒŚ ÖžŚ” teជûnāh: A feminine noun meaning understanding, insight. It occurs primarily in the Wisdom Literature and is associated with both wisdom and knowledge (Ex. 35:31; Prov. 8:1; 21:30); and is contrasted with foolishness (Prov. 15:21; 18:2). A person of understanding is slow to wrath and walks uprightly (Prov. 14:29; 15:21). God has understanding and gives it (Job 12:13; Ps. 147:5; Prov. 2:6; Isa. 40:28). On the other hand, idolaters, who fashion idols by their own understanding, have no understanding at all (Isa. 44:19; Hos. 13:2). 

My seun, neem aan wat ek jou sĂȘ,

maak wat ek jou voorskryf jou eie,

hou jou ore oop vir die wysheid,

span jou in om te verstaan.

Roep insig by,

vra na gesonde begrip.

Soek dit soos jy silwer sou soek,

spoor dit op soos ‘n verborge skat.

Dan sal jy weet hoe om die Here te dien,

sal jy ontdek wat dit is om God te ken.

Dit is die Here wat die wysheid gee,

uit sy mond kom die kennis en die insig.

Hy laat eerlike mense sukses behaal

en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe.

Hy sien toe dat reg geskied,

Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars.

As jy aanneem wat ek jou sĂȘ, sal jy insig kry

in wat regverdig en reg en billik is

en sal jy op die goeie pad bly.

Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem,

kennis sal vir jou iets aangenaams word,

oordeelkundigheid sal oor jou wag hou

en verstandigheid sal jou bewaak. (Prov 2:1-11) 

‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam. (2 Tim 2:24-26) 

Hoe verkry mens goddelike geestelike INSIG? 

Om INSIG te bekom kos gedetermineerde fokus, om te staak met dit waarmee jy besig is, en deur die oorverdowende lawaai en geraas van die WĂȘreld bewus te raak van die influistering van Sy stem in jou gemoed! 

Bolangse waarneming en bietjie kennis is nie genoeg nie om ware insig te verkry nie.  Ware insig verg werk; dit is ‘n vaardigheid wat kreatiwiteit, deursettingsvermoĂ« en diep denke verg. Die kragtigste insigte kom uit noukeurige en ernstige ontledings om groot hoeveelhede data in bondige en spesifieke bevindings op te som. Soos ‘n arend ‘n wye perspektief het in die lug en dan afpyl op sy prooi, is insig ‘n spesifieke oplossing. 

  1. Mens moet die Here vir INSIG vra

Hy is en bly die bron van ware INSIG. Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. (Prov 3:5) Die Heilige Gees gee ware insig. (1 Cor 2:9-16) Om die sinne van Christus te hĂȘ, is ware INSIG. Die gawes vd Gees, is ook ‘n reuse bron van Goddelike Bonatuurlike Insig: Profesie, Woord van Kennis, Wysheid. (1 Cor 12 & 14)

  • Leer ken God se weĂ«

Met groot ontsag getuig almal dan van die dade van God omdat hulle insig gekry het in wat Hy doen. (Ps 64:10) Hoe meer jy ontwikkel in die Kennis van die Here en Sy wee, hoe makliker sien jy deur al die misleidings, die regte pad van Sy wil.  (2 Cor 10:5-6; Eph 1:17; 4:13; Col 1:10; 1 Pet 1:2) Apostles en Profete is God se geskenke aan Sy liggaam om geheimenisse te openbaar. (Eph 3:4)

  • Onttrek en kom tot stilte. 

Jesus het dikwels ontrek na ‘n berg (hoogte) om te bid. (Mat 14:23; Mark 6:46; Luk 6:12; 9:28) Om soms weg te breek, weg te gaan, vir ‘n tyd te vas en bid verkry mens nuwe insig tot jou omstandighede. Breek die roetine. Insig impliseer objektiwiteit en nugterheid d.w.s die vermoĂ« om jou maat, jou situasie, jou probleem vanuit ‘n goddelike verhewe perspektief te benader.  Om hierdie insig te verkry, moet mens die vlees stil maak. 

  • Omring jou met mense wat INSIG het.

Where there is no counsel, purposes are disappointed; But in the multitude of counsellors they are established. (Prov 15:22) Deur gereeld tyd te maak om buite jou bekende wĂȘreld met groeperinge bymekaar te kom wat nuwe denke kan stimuleer kan jy groei. Deur robuuste dialoog en aanhou vrae vra, kom mens tot dieper insig. Jy sien jou probleem in ‘n ander lig.  Vir bykans 2 jaar kom ‘n groep van koninkryksburgers bymekaar om insig te verkry oor die ekonomie en versplinterde samelewing. Dis ‘n wonderlike voorreg om die genialiteit van Jesus se liggaam te kan ontgin. 

Insig en geloof werk saam, INSIG maak dit duidelik wat jy moet doen, geloof gee jou die krag om dit te doen! Verdagmakery, verontreg te voel, aanstoot te neem, agterdog, negatiwiteit, kritiek, oordeel en beskuldigings steel die suurstof waarin geloof moet asemhaal.  Bely en erken hierdie sondes voor die Here, en kom in Sy teenwoordigheid met lofsang en dankbaarheid!! In hierdie atmosfeer van triomf en geestelike verligting verkry mens INSIG en GELOOF om berge te versit!! 

Wees die verandering.  

Categories
Preke

Verander jou berg in ‘n molshoop.

“đ—©đ—Čđ—żđ—źđ—»đ—±đ—Č𝗿 đ—Żđ—Č𝗿𝗮đ—Č đ—¶đ—» đ—șđ—Œđ—čđ˜€đ—”đ—Œđ—œđ—Č” 

Om van elke molshoop ‘n berg te maak kan ‘n toksiese gewoonte raak, wat die mense om jou en jou geestelike lewe negatief beïnvloed. Ons doen dit meestal sonder dat ons daarvan bewus is, maar baie mense sien in die geringste kwessie ‘n reuse probleem of krisis. Almal beleef swaar en probleme, maar sekere mense sal met dramatiese byvoeglike naamwoorde dit altyd laat klink asof hulle slagoffers is van ‘n geheime sameswering.  Ander sal altyd die fout wat begaan is van ‘n byeenkoms, transaksie of idee uitlig. “Beproef alle dinge; behou die goeie” (1 Thes 5:21) Wat ek glo die Here lig op wil werp vandag is nie ‘n spesifieke persoonlikheidtipe nie. Sommige mense sien die glas half vol, en ander half leeg. Ons benodig beide positiewe en kritiese denke om van enige saak ‘n sukses te maak.  Om van elke molshoop ‘n berg te maak is egter teken van ‘n sekere denkwyse wat skade berokken.  Mag die Here vandag deur Sy Woord ons gedagtes vernuwe, om ander te dink.  

Mense wat gediagnoseer is met kompulsiewe gedrag versteuring, of post-traumatiese stress of wat baie kompeterend en beheervrate is geneig om van elke molshoop ‘n berg te maak.[1] Op die oomblik word ons ook toegegooi met sosiale media en nuusagentskappe wat die kyker getalle najaag deur die mees sensasionele nuusberigte te promoveer. Die meeste berigte is ook ‘n dramatisering van wat werklik gebeur het. Natuurlik gebeur daar bitter slegte goed met mense! Mense word vermoor, ander veg teen kanker wat jou liggaam van binne af opvreet! Sommige mense oorleef ongelukke en moet daagliks worstel deur die rehabilitasie proses! Mense kry regtig baie swaar! Sommige mense het regtig nie kos om te eet nie. Miljoene immigrante leef in haglike omstandighede genoodsaak om hulle geboorte land en wonings te verlaat.  

Wat sĂȘ God se Woord? Wat is die Bybelse manier van dink? Ons gaan vyf teksverse bestudeer. Mag hy vandag ons uitkyk oor die lewe geheel en al verander! 

7“Wie is jy, grote berg? Voor Serubbabel word jy sommer ’n gelyk pad! Hy sal die laaste klip van die tempel lĂȘ en die mense sal uitroep: ‘Genade, genade oor hom!’” (Zechariah 4:7)

3Luister! Ek hoor die stem van iemand wat roep: “Maak ’n pad vir die Here deur die  wildernis. Maak ’n reguit pad deur die woestyn vir ons God. 4Vul die valleie op!

Maak elke berg en heuwel gelyk, elke ruwe plek ’n gelykte, elke koppie ’n vlakte.

5Dan sal die heerlikheid van die Here bekend word en alle mense sal dit sien. Die Here self het so gesĂȘ.” (Isaiah 40:3–5)

20“Julle geloof was nie sterk genoeg nie,” was Jesus se antwoord. “DĂ­t verseker Ek julle, as julle geloof selfs so klein soos ’n mosterdsaadjie was, sou julle vir hierdie berg sĂȘ: ‘Skuif soontoe,’ en hy sal dit doen. Ja, niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” (Matthew 17:20)

5Berge smelt soos was voor die Here,  voor die Here van die hele wĂȘreld. 6Die hemele verkondig sy geregtigheid; elke volk sien sy heerlikheid. (Psalm 97:5–6)

25Dit kan jy maar weet, vernietigende berg, verwoester van die wĂȘreld, Ek is jou vyand,”

sĂȘ die Here. “Ek sal teen jou optree, Ek sal jou teen berghange afrol. Ek maak jou ’n verskroeide berg. 26Jy sal vir altyd verwoes lĂȘ. Niemand sal eers uit jou rommel ’n klip vir ’n hoeksteen of ’n fondasie gebruik nie,” sĂȘ die Here. (Jeremiah 51:25–26)


[1] https://www.learning-mind.com/making-a-mountain-out-of-a-molehill-toxic-habit/

Categories
Preke

Verwelkom die voordele van God se regstelling in jou lewe.

Dissipline is die primĂȘre manier waarop God ons liefhet en verander. Of dit nou deur Sy sagmoedigheid, goedheid, instruksies, vermanings, leerstellings, bestraffing, leiding en tugtiging is; dit is alles met die oog op om Sy beeld in ons te herwin.  Kindskap impliseer en veronderstel dissipline, opvoeding, mentorskap en onderrig.  Ons as mens word nie gebore met instinktiewe kennis oor die lewe nie. Ons moet alles geleer word! Taal, vaardighede, karakter, gewoontes, waardes, denkpatrone, geloofsoortuigings, kultuur is alles aangeleer. 

Totdat ons Sy dissipline en onderrig omhels, sal ons voortgaan om ons eie self-gerigte lewenswyse te volg.  ‘n Persoon wat geen onderrig, dissipline of regstelling ontvang het is oorgelaat aan hulle eie diskresie en instinkte.  Konstante dissipline is nodig om ons voortdurend te rig na Sy beeld, waardes, denke, gewoontes, karakter en gesindheid. 

Elke keer as die Woord vir ons oopgemaak word en ons die teenwoordigheid van God beleef word ons reggestel in Sy geregtigheid. Jy hou ‘n motorvoertuig op die pad deur klein regstellings die heel tyd te maak, so is dit om deur die Heilige Gees gelei te word (Rom 8:12). 

Mense se boosheid lei uiteindelik tot hulle straf

Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die HERE jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die HERE van die leërskare. (Jer 2:19) 

5 Vlakke van Dissipline 

5Julle het ook vergeet van die woord van aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word: 

“My kind, jy moet dit nie geringskat

as die Here jou dissiplineer nie.

Moenie ontmoedig word as Hy

jou aanspreek nie.

6Die Here dissiplineer juis

die mense vir wie Hy lief is;

Hy tug elkeen 

wat Hy as sy kind aanneem.”

7Wanneer God julle as sy kinders dissiplineer, verduur dit dan as deel van sy opvoedingsprogram. Watter kind word nie gedissiplineer nie? 8As God julle nie dissiplineer soos Hy met al sy kinders doen nie, is julle nie regtig sy eie kinders nie, maar buite-egtelik.

9Ons fisiese vaders het ons gedissiplineer, en ons het hulle daarvoor gerespekteer. Sal ons ons dan nie nog veel eerder aan ons geestelike Vader onderwerp, en só waarlik lewe nie? 10Eersgenoemdes het ons vir ’n kort tydjie gedissiplineer soos hulle dit goedgevind het, maar God doen dit absoluut tot ons beswil, met die doel om ons te laat deel in sy heiligheid. 11Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik meer na ’n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gebrei is, die blye oes oplewer van ’n lewe volgens die wil van God. (Heb 12:5-11) Sien ook (Proverbs 3:11–12) 

  1. 3874. Ï€Î±ÏÎŹÎșλησÎčς parĂĄklēsis: BEMOEDIGING, bemoedig, moed, troos, aangedring, aanmoediging, aansporing, bemoedigende, lekker, opgebeur, prediking, preek, versoek, versterk[1].  Blessed be the God and Father of our Lord Jesus Christ, the Father of mercies and God of all comfort, who comforts us in all our tribulation, that we may be able to comfort those who are in any trouble, with the comfort with which we ourselves are comforted by God. (2 Cor 1:3-4) Die hele Skrif is eintlik ‘n parĂĄklĂ„sis, ‘n vermaning, vermaning of bemoediging met die doel om die gelowige in die geloof te versterk en te vestig (sien Rom. 15:4; Phil. 2:1; Heb. 12:5; Paulus praat van sy prediking van die evangelie as parĂĄklēsis in 1 Thes. 2:3; Acts 13:15; 2 Cor. 8:4, 17). Die inhoud van die brief wat aan die kerk in AntiochiĂ« van die Apostoliese Raad gelewer is, is paramedaksis in Handelinge 15:31. Troos woorde, troos (Hand 9:31; 2 Thess. 2:16; Phil. 1:7; Heb. 6:18).[2]

2.  3809. παÎčΎΔία paideĂ­a KORREKSIE (vermaning van korreksie-opvoeding, onderwysing, tugtiging) All Scripture is given by inspiration of God, and is profitable for doctrine, for reproof, for correction, for instruction in righteousness  (2 Tim 3:16) Oorspronklik onderrig van kinders. Dit het ontwikkel om tugtiging te beteken omdat alle effektiewe onderrig vir die sondige kinders van mense insluit en impliseer tugtiging, teregwysing. PaideĂ­a kom voor met epanĂłrthƍsis (G1882), regstelling, in 2 Tim. 3:16. In paideĂ­a is daar dissipline. In Efe 6:4, en paideĂ­a . . . kurĂ­ou (en [G1722], in; kurĂ­ou, die genl. Deur sinecdoche, om vir die geheel deel te neem, beteken dit teregwysing, tugtiging (Hebr. 12:5, 7, 8, 11; Sept.: Spreel. 3:11; 22:15). Sien nouthesĂ­a (G3559), wat hoofsaaklik onderrig beteken deur woord, terwyl paideĂ­a is deur daad. 

3. 1651.Â áŒÎ»Î­ÎłÏ‡Ï‰ elĂ©gchƍ BESTRAFFING (bestraf, aan die kaak stel, teregwys, weerlĂȘ, aangespreek, aanwys, bewys, gestel, tereggewys, veroordeel) And when He has come, He will convict the world of sin, and of righteousness, and of judgment(John 16:8)  Om skaam te maak. In die NT, om te oortuig, om verkeerd te bewys. (I) Om te oortuig van sonde, om te wys dat dit verkeerd is (Joh 8:9). Gevolg deur perĂ­ (G4012), aangaande (Joh 8:46; 16:8); hupĂł, deur (1 Kor. 14:24; Jakobus 2:9). Om van dwang te oortuig, te weerlĂȘ, (Titus 1:9, 13; 2:15; Job 32:12; 18:17). (II) Deur implikasie, om te bestraf, te bestraf, te vermaan (Matt. 18:15; Lukas 3:19; 1 Tim. 5:20; 2 Tim. 4:2; Sept.: GĂ©n. Bewys 9:8). Om te bestraf deur tugtiging, korreksie, tugtig in ‘n morele sin (3:19); met paideĂșƍ (G3811), onderrig (Hebr. 12:5 van Prov. 3:11, 12. Sien Sept.: Job 5:17; Ps. 6:1; 38:1).

4.  3811. παÎčΎΔύω paideĂșƍ  OPVOEDING Oorspronklik om ‘n kind op te voed, op te voed, gebruik van aktiwiteit gerig op die morele, geestelike opleiding van die kind, om bewuste wil en aksie te beĂŻnvloed. Om te onderrig, veral ‘n kind of jeug (Hand 7:22; 22:3; 2 Tim. 2:25 [vgl. Titus 2:12]); om deur tugtiging te onderrig (1 Tim. 1:20; Sept.: Ps. 2:10); om te korrigeer, te tugtig (Luk 23:16, 22; 1 Kor. 11:32; 2 Kor. 6:9; Heb. 12:6. In ‘n godsdienstige sin, om te tugtig met die doel om iemand op te voed om aan goddelike waarheid te voldoen (Hebr. 12:7, 10; Sept.: Prov. 19:18; 29:17).

5. 3146. ΌαστÎčÎłÏŒÏ‰ mastigóƍ PAKSLAE (Pakslae, tugtig, kasty, gesel, slaan, straf) plaag, sweep, gĂ©seling. (Matt. 10:17; 20:19; 23:34; Mark 10:34; Lukas 18:33; Johannes 19:1; Ex. 5:14; Deut. 25:3). Gebruik figuurlik van God, wat beteken om te tugtig, (Heb. 12:6 aangehaal uit Prov 3:12; Prov. 17:10). God se tugtiging sluit nie net Sy “sweep” in nie, vir spesifieke oortredings (met remediĂ«rende nie vergeldende optree), maar ook die hele reeks beproewings en verdrukkinge wat Hy voorsien het en watter straf sonde dood te maak en geloof te koester.

verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlĂȘ, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering.  (2 Tim 4:2) 

Om in die openbaar iemand tereg te wys

2008 ጐπÎčτÎčÎŒÎŹÏ‰ epitimáƍ BERISPE aangespreek, geraas, bestraf, belet, tereggewys, beveel, stil, straf, uitdruklik.  Therefore rebuke them sharply, that they may be sound in the faith, (1 Titus 1:12) Those who are sinning rebuke in the presence of all, that the rest also may fear. (1 Tim 5:20) By implikasie, om sterk te vermaan, met dringendheid, gesag, die idee van sensuur.  

Wanneer iemand teen jou persoonlik oortree

Die enigste regte Bybelse oordeel is om iemand wat jou te nagekom het, of aanstoot gegee het, direk te konfronteer. 

“Moenie in jou hart haat vertroetel teen enigeen van jou familielede nie. Konfronteer jou bure reguit sodat jy nie skuldig is aan wat hulle verkeerd doen nie.” (Leviticus 19:17 

“As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. Matthew 18:15-18 

If your brother sins against you, rebuke him. (Luk 17:1-5) 

Wanneer iemand op die dissipline ag slaan. 

Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil. (Rom 14:1)

Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie. (Rom 15:1) 

Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp. (Gal 6:1) 

Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met versigtigheid ontferm; en verafsku selfs die klere wat deur hulle sondige luste besmet is. (Jude 22) 

Watter gedrag moet ons veroordeel? 

Wat ek geskryf het, was dat julle nie moet omgaan met iemand wat homself ‘n gelowige noem, maar wat onsedelik of geldgierig of ‘n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieĂ«r is nie. Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie. (1 Cor 5:11) 

Pas op vir dié wat verdeeldheid veroorsaak en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af. (Rom 16:17) 

Wys die leeglĂȘers onder julle tereg, (1 Thes 5:14) Onttrek julle aan elke broer wat leeglĂȘ en hom nie hou aan die opdragte wat julle van ons ontvang het nie. (2 Thes 3:6) 

Met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hĂȘ nie, (Tit 3:9) 

En as iemand nie ons bevele, soos ons dit in hierdie brief vir julle gee, gehoorsaam nie, sonder dan daardie man af en vermy hom, dat hy kan skaam kry. (2 Thes 3:13) 

Daar is baie, veral onder die bekeerlinge uit die Jodedom, wat in opstand kom teen gesag, wat onsin praat en mense verlei. Hulle mond moet gesnoer word. Hulle bring hele huisgesinne in beroering deur dinge te leer wat nie toelaatbaar is nie, en dít net om skaamteloos geld te maak. (Titus 1:10-11) 

Die Vrees van die Here

Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg (Acts 5:3) 

saam met die krag van ons Here Jesus, het vergader om hierdie man aan die Satan oor te gee. So sou sy sondige aard vernietig word, sodat sy gees gered kan word op die dag wanneer die Here kom. (1 Cor 4:4-5) 

Onder hulle is daar Himeneus en Aleksander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle daardeur kan leer om God nie te laster nie. (1 Tim 1:20)

 


[1] J. M. Els Prof, Grieks-Afrikaanse Woordeboek met Strong se numering, 2001.

[2] Spiros Zodhiates, The complete word study dictionary: New Testament, 2000.